About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2002
>>
[2002] ZASCA 3
|
|
Akasia Road Surfacing (Pty) Ltd en 'n ander v Shoredits Holdings Ltd en andere (258/2000) [2002] ZASCA 3; [2002] 3 All SA 117 (A); 2002 (3) SA 346 (SCA) (7 March 2002)
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
rapporteerbaar
Saak nr:
258/2000
In die saak tussen:
Akasia
Road Surfacing (Pty) Ltd
1ste
Appellant
Marthinus
Johannes (Bou) Raath
2de
Appellant
en
Shoredits
Holdings Ltd
1ste
Respondent
Akasia
Asphalt (Pty) Ltd
2de
Respondent
Akasia
Asphalt (North West) (Pty) Ltd
3de
Respondent
Coram
:
Marais,
Streicher, ARR en Heher, Wnde AR
Verhoor
:
15
Februarie 2002
Gelewer
:
7 Maart 2002
Eksepsie
– vaagheid van ware ooreenkoms tussen partye staan nie in weg
van aanspraak op rektifikasie deur verweerder.
U I T S P R A A K
STREICHER
AR
:
[1] Die
appellante appelleer teen `n bevel gemaak in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling ingevolge waarvan paragrawe 4 en 5 van
hulle
verweerskrif, in `n aksie ingestel deur die respondente, deurgehaal
is. Die deurhaling het geskied op grond van `n bevinding
deur die
verhoorhof dat `n kontrak tussen die partye nie vatbaar is vir die
uitleg deur die appellante in paragraaf 4 van die verweerskrif
beweer
nie en die appellante nie geregtig is op die rektifikasie van die
kontrak ooreenkomstig die bewerings in paragraaf 5 van
die
verweerskrif nie.
[2] Die
partye het op 8 Desember 1995 `n skriftelike kontrak (‘die
kontrak’) en `n aanvullende kontrak aangegaan ingevolge
waarvan
die respondente sekere besighede en die bates en klandisiewaarde van
daardie besighede aan die eerste appellant verkoop
het. Die
ooreengekome koopprys was R6 237 000 ten opsigte van die besighede en
daardie bates van die besighede wat genoem word
in aanhangsels tot
die kontrak; R400 000 ten opsigte van `n vaste eiendom; en R2 582 000
ten opsigte van klandisiewaarde. Een van
die bates ter sprake is in
die aanhangsels tot die kontrak beskryf as `n ‘new asphalt
plant’ met `n markwaarde van
R2 990 850. Die tweede appellant
het hom as borg, vir die behoorlike nakoming deur die eerste
appellant van sy verpligtinge teenoor
die respondente, verbind. Na
die sluiting van die kontrakte het die respondente aksie ingestel
teen die appellante vir betaling
van die bedrag betaalbaar ten
opsigte van klandisiewaarde.
[3] In
paragraaf 4 van hulle verweerskrif beweer die appellante dat, ten
tyde van die sluiting van die kontrakte, die sogenaamde
‘new
asphalt plant’ nog nie voltooi was nie; dat die respondente op
`n behoorlike uitleg van die kontrakte verplig
was om `n voltooide
asfalt aanleg aan die eerste appellant te lewer; en dat die
respondente dus verplig was om die aanleg te voltooi.
In hierdie
verband beweer die appellante dat die partye ten tyde van die
sluiting van die kontrakte bewus was dat die eerste appellant
die
besigheid wat deur die respondente bedryf is sou voortsit en dat die
nuwe asfalt aanleg daarvoor benodig sou word tot die mate
dat die
besigheid nie daarsonder voortgesit kon word nie. Die appellante
beweer verder dat die respondente nagelaat het om die
aanleg te
voltooi; dat die eerste appellant die aanleg gedurende die tydperk
Januarie 1996 tot ongeveer Oktober 1996 voltooi het
teen `n koste van
R1 664 945,55; en dat laasgenoemde bedrag teen die koopprys in
verrekening gebring moet word.
[4] In
paragraaf 5 van hulle verweerskrif beweer die appellante in die
alternatief tot die voormelde bewerings dat hulle geregtig
is op die
rektifikasie van die kontrak deur die toevoeging van die volgende
klousule:
‘
The Purchaser shall pay the full sum of R2 990
850,58 in respect of the new Asphalt plant to the Sellers as
hereinbefore provided,
regardless of the fact whether the aforesaid
Asphalt plant is completed and erected at the time of signature
hereof or not. The
Sellers shall be obliged to complete and erect the
new Asphalt plant according to plan and to the Purchaser’s full
satisfaction
on or before the 31
st
of October 1996. The
completion and erection of the new Asphalt plant shall be effected at
the Sellers’ cost. Should the
Sellers fail to complete and
erect the said new Asphalt plant, or should the Sellers fail to
commence with the completion and erection
of the afroresaid new
Asphalt plant immediately after the builders’ holidays of
December 1995/January 1996, the Purchaser
shall be entitled to
complete and erect the Asphalt plant at the Purchaser’s cost,
whereupon the Purchaser shall be entitled
to deduct the full amount
of the monies expended upon the construction and erection of the
aforesaid plant from the outstanding
balance from time to time owing
and due to the Sellers in terms of this agreement.’
[5] Verder
in die alternatief beweer die appellante in klousule 6 van hulle
verweerskrif dat die respondente en die eerste appellant
gedurende
die tydperk 1 Februarie 1996 tot 30 Junie 1996 skriftelik ooreengekom
het om die ooreenkomste te wysig om daarvoor voorsiening
te maak dat
die eerste appellant die aanleg sou voltooi en dat die eerste
appellant geregtig sou wees om die koste daaraan verbonde
van die
koopprys af te trek.
[6] Voor
die aanvang van die verhoor het die respondente kennis gegee dat
hulle aanvoer dat die appellante se verweerskrif geen
verweer
openbaar nie en dat hulle by die verhoor die verhoorhof sou versoek
om eers uitsluitsel in hierdie verband te gee. Die
verhoorhof het aan
hierdie versoek voldoen en het die respondente gelyk gegee wat betref
paragrawe 4 en 5 van die verweerskrif
maar nie wat betref paragraaf 6
daarvan nie. Die verhoorhof het gevolglik beveel dat paragrawe 4 en 5
van die appellante se verweerskrif
deurgehaal word, dat aan die
appellante 15 hofdae verleen word om die verweerskrif reg te stel en
dat die koste voorbehou word.
[7] Die
appellante betoog dat die verhoorhof verkeerdelik die skrapping van
paragraaf 4 van die verweerskrif beveel het aangesien
die woorde ‘new
asphalt plant’, aldus die betoog, ten minste redelikerwys kan
beteken `n aanleg in voltooide vorm.
Verder, dat indien aanvaar word
dat `n voltooide aanleg verkoop is en aangesien die partye bewus was
daarvan dat die aanleg onvoltooid
was, dit volg dat die respondente
die aanleg moes voltooi. In isolasie gesien mag dit die betekenis van
die woorde ‘new asphalt
plant’ wees. Woorde in `n kontrak
kan egter nie in isolasie geïnterpreteer word nie maar moet
geïnterpreteer word
met inagneming van die aard en opset van die
kontrak en die samehang van die woorde in die kontrak as `n geheel
(sien
Swart v Cape Fabrix (Pty) Ltd
1979 (1) SA 195
(A) op
202C).
[8] Die
kontrak maak geen melding van die voltooiing van die aanleg nie en
bevat geen aanduiding dat die respondente die aanleg
sou voltooi nie.
Volgens klousule 5.1 van die kontrak het die respondente aan die
eerste appellant ‘the Sellers’ respective
Businesses and
Assets, as going concerns’ verkoop. Die volle ‘
dominium’
in die bates wat verkoop is, insluitende die ‘new asphalt
plant’, sou op die eerste appellant oorgaan teen betaling
van
die koopprys ten opsigte van die besighede en bates welke betaling
voor of op 31 Januarie 1996 moes geskied en die risiko ten
opsigte
daarvan sou op die eerste appellant oorgaan op 1 Januarie 1996
(klousule 5.3). Die respondente sou aanspreeklik wees vir
‘their
respective Liabilities pertaining to the Businesses and assets . . .
as at the Effective date’ (klousule 7.1).
Klousule 18.5 bepaal:
‘The assets are sold in the condition as inspected,
“voetstoots”, there being no obligation
on the SELLERS to
effect any repairs, maintenance or replacements of the Assets.’
[9] Indien die woorde ‘new
asphalt plant’ in die samehang van die woorde in die kontrak as
geheel geïnterpreteer
word kan hulle nie geïnterpreteer
word as verwysende na `n voltooide aanleg nie en wel vir die volgende
redes:
9.1 Dit is hoogs onwaarskynlik dat die partye vir so`n
belangrike aspek soos die voltooiing van die asfalt aanleg, wat
volgens die
appellante oor `n tydperk van 8 maande sou strek,
voorsiening sou maak deur bloot te sê dat een van die bates wat
verkoop
word `n ‘new asphalt plant’ is.
9.2 Die verkoping van die besighede en bates ‘as
going concerns’ dui daarop dat die bates verkoop word soos
hulle is.
9.3 Indien ‘new asphalt plant’ uitgelê
sou word om te beteken voltooide nuwe asfalt aanleg sou dit beteken
dat
die volle eiendomsreg in `n voltooide asfalt aanleg en die risiko
ten opsigte daarvan op die eerste appellant sou oorgaan voor die
voltooiing daarvan.
9.4 Die respondente sou slegs aanspreeklik wees vir die
verpligtinge wat betrekking het op die besighede en die bates soos op
die
effektiewe datum. Dit sluit verpligtinge ten opsigte van werk
gedoen na die effektiewe datum uit. Die eerste appellant sou daarvoor
aanspreeklik wees.
9.5 Enige twyfel wat daar nog kon bestaan word uit die
weg geruim deur die bepaling dat die bates verkoop word in die
toestand waarin
dit was toe dit geïnspekteer is.
9.6 Die feit dat die eerste appellant die besighede sou
voortsit en dat `n nuwe asfalt aanleg daarvoor benodig sou word, maak
dit
nie waarskynlik dat die respondente, eerder as die eerste
appellant, die aanleg sou voltooi nie.
[10] Die
appellante se advokaat het betoog dat die prys wat op die ‘new
asphalt plant’ geplaas is daarop dui dat die
partye bedoel het
om `n voltooide asfalt aanleg te verkoop en nie die gedeeltelik
voltooide aanleg nie. In hierdie verband het
hy gepoog om te steun op
twee aanhangsels tot die verweerskrif en betoog dat volgens die
aanhangsels die prys van R2 990 850 wat
op die ‘new asphalt
plant’ geplaas is die prys van die voltooide asfalt aanleg was.
Die dokumente waarna verwys is
dui daarop dat die eerste appellant
ten einde finansiering te bekom `n asfalt aanleg aan Bankfin verkoop
het en dit weer ingevolge
`n afbetalingsverkoopooreenkoms aangekoop
het teen `n koopprys van R2 990 850. Die afbetalingsverkoopooreenkoms
is egter op 5 Februarie
1996 gesluit. Inagnemende dat, volgens die
appellante, die kontrak op 8 Desember 1995 gesluit is; daar gedurende
Desember en Januarie
`n bouersvakansie was; en dit die eerste
appellant tot 31 Oktober 1996 geneem het om die asfalt aanleg te
voltooi teen `n koste
van R1 664 945,55, kom dit op die oog af voor
of die prys van R2 990 850 die prys van die onvoltooide asfalt aanleg
was en nie
van die voltooide aanleg nie. Die dokumente verleen dus
geen stawing aan die appellante se betoog nie. Die appellante het ook
nie
in hulle verweerskrif beweer dat die prys wat op die asfalt
aanleg geplaas is aanduidend daarvan is dat die partye bedoel het om
`n voltooide aanleg te verkoop nie.
[11] Ek is gevolglik van
mening dat die verhoorhof tereg bevind het dat die kontrakte nie
vatbaar is vir die uitleg deur die appellante
beweer nie en dat die
appèl, wat betref die deurhaling van paragraaf 4 van die
verweerskrif, nie kan slaag nie.
[12] In
antwoord op `n versoek van die appellante om aan te toon in presies
welke opsig die appellante se verweerskrif nie `n verweer
daarstel
nie het die respondente met betrekking tot
paragraaf
5 van die verweerskrif gesê dat die rektifikasie van die
kontrak soos voormeld bepalings in die kontrak inkorporeer
wat self
vaag en teenstrydig is en wat ook teenstrydig met die uitdruklike
bepalings van die kontrak is. Die verhoorhof het bevind
dat die
aangevraagde wysiging opsigself vaag is omrede `n bewering dat iets
volgens plan gebou moet word vaag is. Volgens die verhoorhof
moet
pleitstukke geskilpunte dermate identifiseer dat dit duidelik is wat
beweer word die regte en verpligtinge van die partye
is. As iets
volgens plan gebou moet word blyk die regte en verpligtinge van die
partye uit die plan en is dit onvoldoende en vaag
om slegs te sê
dat volgens plan gebou moet word. Verder het die verhoorhof bevind
dat die beweerde kontrak self nietig is
weens vaagheid omdat nie uit
die kontrak bepaal kon word welke plan na verwys word nie of hoe die
plan lees nie. Vir dié
redes was die verhoorhof van mening dat
die eksepsie moes slaag en is beveel dat paragraaf 5 geskrap moes
word. Die verhoorhof
het dus beslis dat rektifikasie nie kon
plaasvind nie, enersyds omrede die wysiging self vaag is en andersyds
omrede die beweerde
kontrak te vaag is om afdwingbaar te wees.
[13]
Die verhoorhof het na my mening fouteer om sondermeer te bevind dat
`n bewering dat ooreengekom is dat die asfalt aanleg volgens
plan
gebou sou word vaag is. Dit is onwaarskynlik dat die oprigting van
die aanleg nie volgens `n bestaande plan geskied het nie
en die
verwysing in die voorgestelde rektifikasie na `n plan is waarskynlik
`n verwysing na daardie plan. Dit is ten minste vatbaar
vir so’n
uitleg. Daar is geen rede om te dink dat daardie plan nie
geïdentifiseer sal kan word nie. Dit kan dus nie
gesê word
dat die verwysing na `n plan te vaag is nie. `n Bewering dat die
aanleg volgens plan voltooi moes word dui ook
in voldoende
besonderhede aan wat na bewering die verpligting van die respondente
was.
[14] In
ieder geval, al sou `n ooreenkoms dat die aanleg deur die respondente
volgens plan voltooi sou word vaag wees sou dit nie
in die weg
gestaan het van `n aanspraak op die rektifikasie van die kontrak deur
die appellante as verweerders nie. Rektifikasie
van `n kontrak het
ten doel om die skriftelike dokument in ooreenstemming te bring met
die ware bedoeling van die kontrakterende
partye welke bedoeling
hulle vanweë `n gemeenskaplike fout nagelaat het om korrek op
skrif te stel. Indien daardie ware bedoeling
vaag is mag dit die
geldigheid van die gerektifiseerde kontrak affekteer maar nie `n
verweerder se aanspraak op rektifikasie van
die kontrak nie. Die reg
is immers nie dat effek gegee sal word aan `n skriftelike dokument
wat die ooreenkoms tussen partye verkeerdelik
weergee op grond
daarvan dat die verkeerde skriftelike weergawe wel `n geldige kontrak
daarstel terwyl dit waarop die partye werklik
ooreengekom het nie `n
geldige kontrak daar kon stel nie.
[15] Die
respondente het nietemin aanvanklik betoog dat indien die werklike
ooreenkoms tussen die partye, welke ooreenkoms hulle
vanweë `n
fout nie korrek op skrif gestel het nie, vaag is, die ooreenkoms nie
gerektifiseer kon word nie. In die verband
het hulle gesteun op
Levin
v Zoutendijk
1979 (3) SA 1145
(W) 1147 tot 1148,
Strydom v
Coach Motors (Edms) Bpk
1975 (4) SA 838
(T) op 840H en
Anglo-African Shipping Co (Rhod) (Pvt) Ltd v Baddeley &Another
1977 (3) SA 236
(R) op 241. Die genoemde beslissings is egter geen
gesag vir die proposisie nie. In hierdie beslissings het dit nie
gegaan oor
die vaagheid van die ooreenkoms nie maar oor die vaagheid
van die beskrywing van wat die ooreenkoms tussen die partye was. In
die
Levin
-saak het Coetzee R gesê op 1147H tot 1148A:
‘
It is essential for any
party to a written contract to know what the other party contends
regarding the actual wording of the contract.
Important rights and
obligations may arise or be affected by the form of a written
contract. Merely a general description of the
omitted terms such as
one finds in para 3 (b) and the prayer, is calculated to embarrass
the defendant, not only in the course
of the trial but if this claim
is eventually granted in this form, he is then left with a written
contract in which there is a
vague summary only of these conditions.
The very cause of action for rectification postulates that the
parties' agreement or common
intention was clear and unmistakable on
those aspects in respect whereof the writing is to be reformed. Cf
Anglo-African Shipping Co (Rhod) (Pvt) Ltd v Baddeley and Another
1977 (3) SA 236
(R) at 241.’
[16] Om
te sê dat die partye se ooreenkoms of gemeenskaplike bedoeling
‘clear and unmistakable’ moet wees is iets
heel anders as
om te sê dat dit wat duidelik deur die partye ooreengekom is
ook opsigself duidelik genoeg moet wees om regtens
afdwingbaar te
wees. Dat dit so is kan maklik aan die hand van die volgende
voorbeeld geïllustreer word. A kom mondeling ooreen
om `n
ongedefinieerde deel van sy plaas aan B te verkoop en vra `n tikster
om hierdie ooreenkoms te tik. Die tikster tik dat A
sy enigste hotel
aan B verkoop.
A en B merk egter nie die fout op
en teken die ooreenkoms. Die werklike ooreenkoms tussen A en B is
duidelik maar, selfs indien
op skrif gestel, nie bindend vanweë
die vaagheid daarvan. Die
Levin
-saak
is geen gesag daarvoor dat die partye
nou gebonde is aan die skriftelike ooreenkoms en A inderdaad sy hotel
aan B verkoop het alhoewel
geen een van die partye enige bedoeling
gehad het om die hotel te koop nie. Hierdie onderskeid blyk ook
duidelik uit die gedeelte
in
Anglo-African
Shipping Co (Rhod) (Pvt) Ltd
-saak
waarna Coetzee R hierbo verwys en wat soos volg lees:
‘But
the allegation of an entitlement to rectification in defendants'
particulars is vague and embarrassing. It is not stated
with any or
adequate precision what defendants wish to delete or vary in the
suretyship agreement. Defendants allege an intention
to seek
rectification without informing plaintiff what is the alleged real
contract with which the provisions in the suretyship
do not
correspond (
Luttig v Jacobs
,
1951 (4) SA 563
(O)).’
Indien
wat na bewering ooreengekom is vaag is maar duidelik uitgespel word
is daar geen vaagheid in die aangevraagde wysiging nie
maar wel in
die beweerde ooreenkoms, wat, soos reeds aangetoon, nie in die weg
kan staan van `n aanspraak op rektifikasie deur
die appellante as
verweerders nie.
[17] Voor
ons het die respondente nie betoog dat die regte en verpliginge van
die partye wat blyk uit die plan waarvolgens die aanleg
na bewering
voltooi moes word, in die appellante se verweerskrif uiteengesit moes
word soos bevind deur die verhoorregter nie.
Die respondente het wel
betoog dat die klousule wat volgens die appellante in die kontrak
ingevoeg moes word teenstrydig is met
ander terme van die kontrak en
dat die appellante vir daardie rede nie geregtig was op die
rektifikasie van die kontrak nie. Indien
dit so is mag dit beteken
dat die kontrak ook in ander opsigte gerektifiseer moet word om
gevolg te gee aan die ware bedoeling
van die partye. Die respondente
het betoog dat dit gevolglik nie duidelik is hoe die appellante
beweer die kontrak moes lees nie.
In hierdie verband het die
respondente weer eens gesteun op die hierbo aangehaalde passasie in
Levin
-saak. Die teenstrydighede waarna die respondente verwys
het is egter niks meer as oënskynlike teenstrydighede nie. Die
respondente
kon nie wys op `n enkele bepaling van die kontrak wat nie
vatbaar is vir `n uitleg wat nie teenstrydig met die rektifiserende
klousule
is nie. Onder die omstandighede is dit nie nodig om te
handel met die vraag wat die posisie sou wees indien daar `n
onoorkomelike
teenstrydigheid was nie.
[18] Die
partye is dit eens dat in soverre die eksepsie ten opsigte van
paragraaf 5 gehandhaaf is op die basis dat dit vaag en verwarrend
is
die appellante nie daarteeen kon appelleer nie. Die verhoorhof het
egter nie die eksepsie op daardie basis gehandhaaf nie. Die
respondente het kennis gegee dat
in limine
betoog sou word dat
die verweerskrif geen verweer openbaar nie. Die verhoorhof het dan
ook in die inleidende paragraaf tot sy uitspraak
gesê dat die
eksepsie geopper word op die basis dat die verweerskrif geen verweer
openbaar nie. Daarna het die verhoorhof
voortgegaan om te bevind dat
`n vae bepaling nie in `n kontrak by wyse van rektifikasie
geïnkorporeer kan word nie en ook
dat die regte en verpligtinge
van die partye nie blyk uit die verweer soos geformuleer in paragraaf
5 nie. Dit wil sê die
verhoorhof het die eksepsie gehandhaaf op
die basis dat die verweerskrif geen verweer openbaar nie.
[19] Die
appèl moet dus gedeeltelik gehandhaaf word. Aangesien die
partye `n gelyke mate van sukses in die appèl behaal
het meen
ek nie dat enige kostebevel teen enige van die partye gemaak behoort
te word nie.
[20] Die
volgende bevel word gevolglik gemaak:
Die
appèl slaag ten dele.
Paragraaf
1 van die bevel gemaak deur die verhoorhof word vervang met die
volgende bevel:
‘1 Paragraaf
4 van die verweerders se verweerskrif word deurgehaal.’
______________
P
E STREICHER
Appèlregter
Marais, AR )
Heher, Wnde AR) stem saam