About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2001
>>
[2001] ZASCA 125
|
|
S v Esterhuizen and Others (116/01) [2001] ZASCA 125 (22 November 2001)
Saaknommer
: 116 / 01
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN
SUID-AFRIKA
In die appèl van
LUCINDA
INGRID ESTERHUIZEN Eerste
Appellant
ELSABÉ SHARON SOENIES
Tweede Appellant
HELENE LEEUW
Derde Appellant
EUGENE LEEUW
Vierde Appellant
GUSTAV WELLINGTON FRANCIS Vyfde
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Regbank
:
OLIVIER, NAVSA ARR en BRAND Wnde AR
Verhoordatum
: 22
November 2001
_____________________________________________________
R
E D E S V I R U I T S P R A A K
_____________________________________________________
P
J J OLIVIER
Olivier AR
[1]
Hierdie appél is
aangehoor op 22 November 2001 en in 'n
ex
tempore
uitspraak van die hand gewys. Die
uitspraak was volledig gemotiveer maar die hof het onderneem om die
redes vir die uitspraak
op skrif te stel. Dit volg hieronder.
[2]
Die appèl dien
voor ons met verlof van hierdie Hof en is gerig teen 'n uitspraak
van die volle bank van die Transvaalse
Afdeling van die Hoërhof
(per Smit R, Coetzee Wnde R samestemmend), waarin 'n appèl
teen 'n uitspraak van die verhoorlanddros,
streeklanddros H C
Jonker, gelewer te Vereeniging van die hand gewys is.
[3]
Die huidige appellante
was die beskuldigdes in 'n verhoor wat voor die gemelde landdros
plaasgevind het. Ek sal hierin bloot
gerieflikheidshalwe na die
appellante as die beskuldigdes, en wel volgens die nommers soos op
die dekblad hiervan aangedui, verwys.
[4]
Die beskuldigdes is
almal aan klagte 2 en 3 wat hulle ten laste gelê was,
onskuldig bevind. Dit verg dus nie verdere
bespreking nie. Hulle
is egter almal aan klag 1 skuldig bevind, d w s dat hulle
skuldig is aan die misdaad van huisbraak
met die opset om te moor en
moord, deurdat op of omtrent 26 Januarie 1997 en te of naby De Deur
in die Streekafdeling van Suid-Transvaal
die beskuldigdes
wederregtelik die huis van Jamila Cajee oopgebreek en binnegegaan
het met die opset om vir Jamila Cajee te vermoor
en toe daar
wederregtelik en opsetlik vir Jamil Cajee, 'n vroulike persoon,
doodgemaak het.
[5]
Die agtergrond van die
gebeure is kortliks soos volg : Die oorledene was saam met ander
persone woonagtig te Kiepersolstraat
34, Rust te Vaal, Ennerdale,
suid van Johannesburg. In daardie buurt was daar 'n familie- of
buretwis tussen 'n groep waaraan
die oorledene behoort het, en 'n
groep waaraan die beskuldigdes behoort het. Soos dikwels gebeur,
is ook ander mense by die
twis betrek. Die onmiddellike aanloop
tot die moordklag was 'n konfrontasie tussen die oorledene en lede
van haar groep en
beskuldigdes 1 en 3 en hul groep. Dit het
plaasgevind by die oorledene se huis toe hulle besig was om vleis te
braai. 'n
Bakleiery het by die huis langsaan, waar van die
beskuldigdes gewoon het, uitgebreek. Die bewering is dat
beskuldigdes 1 en
3 'n bierbottel gebreek het en daarmee ene
Florence, met die bynaam Queen, ernstig verwond het. Die oorledene
se mansvriend,
Sandemela, was 'n vriend van Queen en hy het haar
gaan help. 'n Bakleiery het ontstaan waarby die oorledene
aangesluit het.
Die geveg het oorgespoel na die werf van die
oorledene se huis, maar mev Bruintjies, 'n huisgenoot van die
oorledene, het die
strydende partye verdryf.
[6] Die volgende oggend het aangebreek met 'n
gevloekery deur die mense langsaan die oorledene se huis, en wel
deur beskuldigdes
1 en 3 en hul moeder. Hulle het voor die
oorledene se huis kom staan en op mev Bruintjies en die oorledene
gevloek. Hulle
het later die toneel verlaat, maar die
woordewisseling tussen beskuldigdes 1 en 3 en hul moeder enersyds en
die oorledene andersyds
het later weer opgevlam. Dit het ge-eindig
met 'n dreigement deur die moeder van beskuldigdes 1 en 3 dat hulle
later sal terugkom
en die oorledene "vrekmaak".
[7]
Daardie
middag het mev Bruintjies, die oorledene en 'n aantal vriende buite
hul huis op die grasperk gesit. Om ongeveer 20:25
het mev
Bruintjies een van hul besoekers halfpad na sy huis vergesel.
Toe
sy by haar woning, Kiepersolstraat 34, terugkom, was daar 'n groep
mense aldaar. Beskuldigdes 1 en 3 en hul moeder het weer
op mev
Bruintjies begin vloek. Ene Esmé het haar met 'n bofbalkolf
geslaan; beskuldigde 1 het 'n mes in haar hand gehad
en mev
Bruintjies gejaag. Laasgenoemde het op die vlug geslaan. Sy is
tot in die huis van 'n vriend agtervolg en met die
dood gedreig.
Sy het egter geskuil. Kort daarna het sy verneem dat die oorledene
dood is.
[8]
Mev Bruintjies is in die
loop van die verhoor fotos van haar huis wat amptelik, na die dood
van die oorledene, geneem is, gewys.
Sy het bloedkolle en spatsels
op die rusbank en op die vloer van die voorkamer uitgewys; asook in
die badkamer en teen die
muur in die oorledene se slaapkamer. Die
voordeur was oopgebreek; so ook die agterdeur.
[9]
Wat onmiddellik voor die
oorledene se dood plaasgevind het, is uiteraard van groot belang.
Dit was by die verhoor erg omstrede.
Mnr Small-Smith, wat namens
die beskuldigdes in hierdie Hof op baie bekwame wyse opgetree het,
het in sy betoogshoofde, die
twee teenoorgestelde weergawes soos
volg opgesom:
"15 In
breë trekke
kom die drie
staatsgetuies se
weergawe
daarop neer dat die oorledene alleen in die huis
agtrergebly het nadat die groep persone bestaande uit onder andere
die appellante
daar opgedaag het. Op 'n stadium is die oorledene
in die huis opgemerk.
Die huis se voordeur is
oopgeskop en die appellante is die huis binne. Van die appellante
was gewapen gewees. 'n Geskreeuery
is in die huis gehoor, die
appellante het op 'n stadium uit die huis gekom.
Die
staatsgetuies is toe die huis binne waar hulle die beseerde
oorledene aangetref het.
16 In
breë trekke
kom die
appellante se weergawe
daarop neer dat beskuldigde 4, wat volgens hom die oorledene goed
geken het, die oorledene by die huis opgemerk het en besluit
het om
met haar te gaan praat oor die voorval die vorige aand. Dat
appellant 4 alleen die huis binne gegaan het by die voordeur
en die
oorledene in die kombuis aangetref het. Die oorledene het 'n ketel
en 'n mes by haar gehad. Appellant 4 het haar gevra
waarom hulle
die vorige dag vir appellant 1 aangerand het, die oorledene het vir
appellant 4 beskuldig dat hy haar kêrel
Sandamela wil aanrand.
Die oorledene het toe begin vloek en die mes rond geswaai. In
die proses het die ketel geval, die
water het op die vloer
uitgeloop. Die oorledene het appellant 4 in sy linkerbobeen met
die mes gesteek. Appellant 4 het op
die water gegly en geval.
Appellant 4 het vir appellant 5 geroep.
Appellant
5 het toe die huis binne gegaan. Appellant 5 het vir appellant 4
van die vloer opgetel en hom gehelp om uit die huis
te kom.
In
die tussentyd het die oorledene nog steeds gevloek en wild met die
mes aangegaan.
Appellant 1,2, en 3 het, terwyl
appellante 4 en 5 besig was om uit die huis te gaan, die huis binne
gegaan. Volgens appellant
4 het hy nie gesien wat in die huis
aangaan nie maar het hy net 'n gestoeiery en gevloekery binne in die
huis gehoor. Daarna
het appellante 1, 2 en 3 uitgekom en is hulle
terug huis toe. Ongeveer 03:00 die volgende oggend is daar
pertolbomme op sy
huis gegooi.
17 Volgens appellant 4 was beskuldigde 6 op geen stadium die
betrokke aand in die huis van die oorledene nie.
18 Appellant 4 voer ook aan dat geeneen van die appellante gewapen
was nie.
19 Appellant 4 getuig dat hy mediese hegsteke vir die steekwonde wat
die oorledene hom op die linkerbobeen toegedien het, ontvang
het.
Appellant 4 getuig dat appellante 1,2 en 3
skraapwonde op hulle hande gehad het en dat hulle pleisters daarop
moes gesit het.
20 Appellant 4 getuig verder day ny nie die bedoeling gehad het om
die oorledene te beseer nie en dat hy net toe appellant 1,
2 en 3
die huis binnegegaan het gedink het dat daar iemand daar gedood sal
word nie.
21 Appellant 3 staaf die eerste gedeelte van
appellant 4 se getuienis. Haar getuienis betreffende die gebeure
nadat appellant
4 en 5 die huis verlaat het behels dat die oorledene
daarna probeer het om haar met die mes te steek.
Volgens
appellant 3 het sy sny en krapmerke aan haar hande opgedoen soos sy
gekeer het en is sy ook in haar blaas "getrap".
Appellant 3 getuig dat appellant 1 en 2 gepoog het om die oorledene
tot bedaring te bring en dat hulle in die proses ook krap
en
snywonde aan hulle hande opgedoen het.
Volgens
appellant 3 het sy op 'n stadium daarin geslaag om die mes nadat dit
op die vloer geval het te bekom.
Die oorledene het egter
nog steeds baklei en appellant 3 op 'n stadium om haar lyf vasgehou.
Appellant 3 getuig dat sy toe ten
einde die oorledene af te weer
kap bewegings in haar rigting uitgevoer het en dat sy die oorledene
toe kon raak gesteek het.
Nadat die oorledene
haar gelos het is sy saam met appellant 1 en 2 die huis uit.
Appellant 3 getuig dat sy nie weet wat van
die mes geword et nie.
Appellant 3 getuig dat sy nie gewapen was toe sy die huis
binne gegaan het nie. Appellant 3 getuig verder dat sy nie bedoel
het
om die oorledene te dood nie en dat toe sy die kap bewegings na
die oorledene gemaak het, sy nie voorsien het dat die oorledene
sou
sterf nie.
22 Die verdediginsgetuie Jansen staaf in breë trekke die
essensie vand die weergawes van appellante 3 en 4.
23 Die geskilpunte
in casu
blyk te wees of appellante en meer
spesifiek appellant 3 gewapen was toe die appellante toegang tot die
huis verkry het, of die
deur daarvan oop geskop is en of die
appellante die huis in 'n groep binne gegaan het soos wat die
staatsgetuie beweer en of
hulle die huis op 'n wyse binne gegaan het
soos appellante 3 en 4 getuig."
[10]
Vir die verdediging het
appellante 3 en 4, mnr Norbid Jansen en speurdersersant Manaba
getuig; vir die staat, oor die tersaaklike
gebeure, Van Rooyen, ene
Valerie Dollie en mev Pepper. Hulle het in wese die staat se
weergawe gesteun.
[11]
Mnr Small-Smith het
kritiek teen al die staatsgetuies geopper; mnr Mosing, wat vir die
Staat verskyn het, het die verdedigingsgetuies
insgelyks
gekritiseer. Die feit van die saak is dat die verhoorlanddros die
getuienis van die onafhanklike getuie, Valerie
Dollie, onomwonde
aanvaar het. Uit die getuienis blyk dat sy deur die aanvallende
groep van die beskuldigdes gevra was, toe
hulle daar opdaag, om die
oorledene se huis te verlaat. Sy het gesien hoe hulle 'n deur
oopgeskop het om toegang tot die huis
te kry. Sy het gesien dat al
ses die beskuldigdes saam in die huis in is. Sy het gesien dat
beskuldigde 3 met 'n mes bewapen
was en beskuldige 6 met 'n
piksteel. Sy het gesien dat hulle almal later saam uit die huis
uitgekom het.
[12]
Geen staatsgetuie kon
kom getuig oor wat binne in die huis tussen die ses beskuldigdes en
die oorledene gebeur het nie. Die
verhoorlanddros het hul
weergawe, dat hulle maar net met die oorledene wou gaan gesels,
verwerp, so ook hul weergawe dat hul
stuksgewys in-en-uit die huis
gegaan het; so ook dat hulle nie 'n deur of deure oopgebreek het
nie; so ook hul weergawe dat
die handtastelikhede slegs in die
strykkamer plaasgevind het (gesien die bloed in die ander
vertrekke). Die agbare landdros
het hul weergawe verwerp dat dit
die oorledene was wat hulle aangeval het en dat sy met 'n mes, wat
beskuldigde 3 van haar afgeneem
het, verwond is. Hy het ook hul
getuienis dat toe hulle die huis verlaat het die oorledene nog daar
gestaan het, verwerp.
Die verhoorhof het bevind dat die
beskuldigdes opgesweep was en na die huis van die oorledene gegaan
het met één
gemeenskaplike doel; dat hulle die deur
oopgeskop het, die oorledene aangerand het en haar uitgebreide en
dodelike wonde toegedien
het met die bedoeling om haar dood te maak,
soos hulle inderdaad gedreig het.
[13]
Dat die landdros in
sekere mindere opsigte fouteer het (bv met die stelling dat die
getuie Norbid Jansen uit die lug geval het)
kan nie weggepraat word
nie. Maar, dit alles in ag genome, meen ek dat sy bevindinge
korrek is.
Die getuienis
van Valerie Dollie is tereg deur die landdros aanvaar en dit is van
deurslaggewende belang. Dit ondergrawe die
beskuldigdes se
weergawe tot die mate dat dit, wat betref hul ingaan en uitgaan uit
die huis, hul gesindheid en bedoeling, en
die vraag of beskuldigdes
3 en 6 bewapen was of nie, nie redelikerwys moontlik waar kan wees
nie.
Dit werp ook onoorkomelike twyfel
oor hul weergawe van wat binne in die huis gebeur het, ten spyte van
die feit dat sommige van
hulle daarna wonde aan hul liggame getoon
het. Tel hierby die leuens wat hulle vertel het oor waar die
stryery sou plaasgevind
het en die groteske onwaarskynlikheid dat
ses van hulle, gewapend, die huis binnegaan, deur die oorledene
aangeval is en dat
sy gedood is, dan meen ek dat hul weergawe met
reg deur die vorig twee howe verwerp is.
[14]
Wat die vonnisse
betref, hoef nie veel gesê word nie. Die beskuldigdes is
almal volwasse persone. Gesien hul persoonlike
omstandighede en
agtergrond, en die omstandighede waaronder hulle, as groep met die
gemeenskaplike doel om die oorledene te gaan
dood, haar om die lewe
gebring het, is daar geen rede om met die opgelegde vonnisse in te
meng nie.
[15]
Die appèlle van
al die appellante teen die skuldigbevindings en vonnisse word
afgewys.
P J J OLIVIER AR
SAMESTEMMEND :
NAVSA AR
BRAND Wnde AR