About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1999
>>
[1999] ZASCA 5
|
|
Santam Bpk. v Henery (333/97) [1999] ZASCA 5; 1999 (3) SA 421 (SCA); [1999] 2 All SA 312 (A) (30 March 1999)
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN
SUID-AFRIKA
In die saak tussen:
SANTAM BEPERK
Appellant
en
MARGARITA ANNE HENERY
Respondent
CORAM
: Hefer, Vivier, Nienaber, Plewman, Streicher ARR
VERHOOR : 23 Maart 1999
GELEWER : 30 Maart 1999
Aksie van afhanklikes - geskeide vrou met ’n bevel tot
onderhoud in haar guns - gewese man gedood - aksie in beginsel erken.
UITSPRAAK
NIENABER AR:
[1] Waar ’n broodwinner op nalatige wyse
gedood word, het sy afhanklikes ’n aksie teen die persoon wat sy dood
veroorsaak
het (
Boberg, The Law of Persons and the Family, 302-3
). Is die
afhanklike ’n weduwee, is daar regtens nie ’n probleem nie. Maar wat
nou as sy van haar man geskei is en ingevolge
art 7(2) van die Wet op
Egskeiding, 70 van 1979, kragtens ’n hofbevel op ’n bepaalde bedrag
aan onderhoud geregtig was?
Is sy dan teenoor die dader (of teenoor die
derdeparty-versekeraar indien sy dood deur die nalatige bestuur van ’n
motorvoertuig
veroorsaak is) op skadevergoeding geregtig? Dit is die
primêre vraag. En wat as sy en die broodwinner na die egskeiding steeds
as
man en vrou saamgeleef het en hy haar, ten tyde van sy dood, ten volle onderhou
het? Is sy dan, ondanks die bestaande onderhoudsbevel,
as ’n party tot
’n sogenaamde "gebruiklike verbinding" op skadevergoeding geregtig selfs
al oorskry dit die bedrag van
die onderhoudsbevel? Dit is die tweede vraag. En
wat nou as die [2] partye, na die egskeiding, ’n formele
skikkingsooreenkoms
aangegaan het waarin hy onderneem om haar ten volle te
onderhou en sy instem om, solank as wat die partye saamwoon, nie op nakoming
van
die hofbevel aan te dring nie? Het sy dan, afgesien van die bestaan van die
onderhoudsbevel en bloot op grond van die inmenging
met haar kontraktuele reg op
onderhoud, ’n eis teen die derdeparty- versekeraar? Dit is die derde
vraag. Al drie hierdie vrae,
wat as alternatiewe eise ingeklee is, het in
’n aksie in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ter sprake gekom waarin
die respondent
as eiseres skadevergoeding gevorder het van die appellant as die
derdeparty-versekeraar van ’n voertuig wat op ’n nalatige
wyse
bestuur is as gevolg waarvan die eiseres se gewese man sy lewe verloor het. In
’n gestelde saak ooreenkomstig hofreël
33(4) beantwoord Du Plessis R
die eerste vraag bevestigend en die tweede en derde ontkennend. Met verlof van
die hof a quo dien al
drie vrae tans voor hierdie hof, die eerste by wyse van
’n appèl, die tweede en derde by wyse van ’n
kruis-appèl.
[3] Die eiseres is op 22 Januarie 1983 binne
gemeenskap van goed met haar man, na wie ek voortaan as die oorledene verwys,
getroud.
Twee kinders is uit die huwelik gebore.
Op 20 September 1991 is
hulle geskei. Ingevolge die hofbevel wat kragtens art 7(2) van die Wet op
Egskeiding, 70 van 1979, verleen
is, was die eiseres op onderhoud vir haarself
teen ’n koers van R1000 per maand geregtig. (Onderhoud vir die kinders is
op
R800 per maand per kind bepaal.)
Op 2 Oktober 1991, twaalf dae na die
egskeiding, gaan die eiseres en die oorledene ’n skriftelike ooreenkoms
aan wat vir die
verdeling van hul gemeenskaplike boedel voorsiening maak en wat
voorts bepaal dat die onderhoudsbevel opgeskort word vir solank as
wat die
eiseres en die kinders in die gemeenskaplike woning te Flamboyantstraat 24,
Witkoppies, Klerksdorp, bly woon.
Vir doeleindes van die gestelde saak is
aanvaar dat die eiseres en die [4] oorledene na die egskeiding ooreengekom het
dat hulle
"ongeag die egskeidingsbevel ... en sonder onderbreking in tydsverloop ... hul
huweliksverhouding en gemeenskaplike huishouding voortgesit
en ten minste in die
vorm van ’n Gebruiklike Verbinding as man en vrou saamgeleef het tot en
met die Oorledene se dood, en
die Eiseres en die Oorledene voortgegaan om mekaar
as eggenote te ondersteun, te voldoen aan hulle pligte as eggenote en om hul
pligte
met betrekking tot die gemeenskaplike huishouding na te kom, en die
Oorledene voortgegaan om die Eiseres en die minderjariges tot
die dag van sy
dood te onderhou en te versorg ooreenkomstig dieselfde lewenstandaard as voor
die datum van egskeiding, tot so ’n
mate dat sy onderhoud aan en
versorging van die Eiseres en die minderjariges sy verpligtinge kragtens die
egskeidingsbevel te bowe
gegaan het."
Die ooreengekome feite
meld egter nie dat die eiseres en die kinders by die gegewe adres bly woon het
nie.
Amper ’n jaar later, op 6 Oktober 1992, is die oorledene in
’n motorbotsing oorlede. Die botsing was te wyte aan die nalatigheid
van
die bestuurder van die versekerde voertuig.
Die verweerder was ’n
"benoemde agent" vir doeleindes van die destyds [5] geldende Multilaterale
Motorvoertuigongelukkefondswet,
93 van 1989 wat as sodanig kragtens a 40 van die
Ooreenkoms (soos omskryf)
"verplig [was] om enigeen wie ook al (in hierdie Ooreenkoms die derde partye
genoem) te vergoed vir verlies of skade wat die derde
party gely het as gevolg
van -
a) ...
b) die dood of liggaamlike besering van iemand anders, wat .... veroorsaak is
deur of voortvloei uit die bestuur van ’n motorvoertuig
... indien die ...
dood te wyte is aan die nalatigheid of ... van die persoon wat die motorvoertuig
bestuur het ..."
Ingevolge a 48(a) is die
benoemde agent egter
" ... nie verplig om iemand ... vir enige verlies of
skade te vergoed nie -
a) waarvoor nòg die bestuurder nòg die eienaar van die betrokke
motorvoertuig aanspreeklik sou gewees het indien Hoofstuk
XVI nie by hierdie
Ooreenkoms ingesluit was nie."
Die pertinente
regsvraag is dus of die bestuurder, was dit nie vir die bepalings van die Wet
nie, teenoor die eiseres aanspreeklik
sou wees omdat hy vir die dood van haar
gewese man wat kragtens ’n hofbevel onderhoud aan haar [6] verskuldig was,
verantwoordelik
was.
Die kinders se eis teen die appellant is geskik; die
eiseres s'n nie. Ingevolge die gestelde saak staan die kwantum van die eis vir
latere beslegting oor.
Die aanloop tot die aksie wat hedendaags vir
bepaalde afhanklikes beskikbaar is om teen die dader op te tree wat die dood van
hul
broodwinner veroorsaak het, is meermale al beskryf en is vir huidige
doeleindes nie omstrede nie. Daar kan volstaan word met die
opsomming in 8 LAWSA
(Eerste her-uitgawe) par 11:
"The action of dependants for the recovery of loss suffered as a result of the
wrongful killing of their breadwinner was unknown
to Roman law. An action for
the recovery of compensation for loss occasioned by the wrongful killing of a
breadwinner was, however,
available to the dependants in Roman-Dutch law. The
exact origins of the action are uncertain. It probably evolved under the
influence
of the indigenous Germanic law concerning the institution of zoengeld
and the concepts of natural law as formulated by medieval and
sixteenth century
theologians."
[7] Presies wat die ontstaansbron
van die onderhoudsplig was en watter afhanklikes volgens die ou skrywers daarby
betrek is, is kwessies
waaroor daar nie volkome duidelikheid bestaan
nie.
In sy
De Jure Belli ac Pacis
(2.17.13) skryf De Groot dat die
aksie toekom:
"..
. iis quos occisus alere ex officio solebat, puta
parentibus uxoribus liberis
..."
(wat deur Feenstra,
1972
Acta
Juridica
234
vertaal is as
"... those whom the deceased was accustomed to aliment ex officio, for example
his parents, his widow, his children ...")
In sy
Inleidinge
(3.33.2) meld De Groot weer dat die aksie toekom aan
"... de weduwe, kinderen, oock anderen zoo daer eenighen zijn, die door des
nedergeslagens arbeid plagen onderhouden te werden. ..."
Of
die woorde "oock anderen zoo daer eenighen zijn" op die "ouers" slaan na wie hy
in
De Jure Belli ac Pacis
verwys het, dan wel of dit op ander
bloedverwante betrekking het of selfs op iemand wat bloot feitelik deur die
broodwinner [8] onderhou
is, kan nie met sekerheid bepaal word nie. Waarskynlik
het hy, benewens huweliksgenote, naaste aanverwante in gedagte want in die
Inleidinge 3.33.3. praat hy weer van
" ... oock de weduwe, weduwenaer, kinderen ende by ghebreecke van dien andere
naeste maghen, de klachte moghen doen."
En later van:
"...
echtgenoten, kinderen ofte maghen van den overleden"
wat op ’n noue
familieverwantskap dui.
Dieselfde soort onduidelikheid tref mens ook by
die latere skrywers aan na wie
Davel, Skadevergoeding aan Afhanklikes
, 38
en volgende verwys. So byvoorbeeld noem Voet 9.2.11
"uxori liberisque fuis
aut aliis propinquis
" ("wife, children or other close relatives") asook
"uxori, liberis, similibusque" (dit wil sê, "wife, children and the like"
(Gane se vertaling)).
Uit frases soos "oock anderen zoo daer enighen zijn"
van De Groot en "and [9] the like" van Voet kan kwalik ’n beginsel afgelei
word. Die frase word nie toegevoeg by ’n register van ál die
erkende lede van die klas nie. Die moontlikheid bly dus
bestaan dat dit ook
betrekking kan hê op ontbrekende lede van die klas. Gevolglik is dit
onmoontlik om tot ’n vaste gevolgtrekking
te kom of die ou skrywers slegs
huweliks- en bloedverwante bedoel het, en indien wel, of daar onder die
bloedverwante ’n numerus
clausus was (vgl Davel aw, 46).
In Union
Government (Minister of Railways & Harbours) v Warneke
1911 AD 657
word daar
nietemin wel, na aanleiding van die ou skrywers, van ’n beginsel gepraat.
Daar het dit gegaan oor die eis van ’n
wewenaar vir die skade wat hy as
gevolg van die dood van sy gade gely het. Met verwysing na Voet 9.2.11 verklaar
Lord De Villiers
op 663:
"It would be no undue extension of this right to hold that, where a wife during
her lifetime actively assisted her husband in the
support and education of their
children, he would be entitled, upon her being killed through negligence, to
claim such pecuniary
damages as he can be proved to have sustained by reason of
the permanent loss of such
[10] assistance."
Innes
R
verklaar op 664-5 weer soos volg:
"The books agree, in confining the remedy to certain relatives dependent on the
deceased for support. A wife whose husband has been
killed is universally
recognised as being entitled to claim it, yet strange to say there is no express
authority for the existence
of a corresponding right in a husband. Among the
many commentators who discuss the question, some in considerable detail, there
is
not one who states that an action of this nature is competent to a widower.
The omission is highly significant; but in the absence
of express authority the
other way, one would not be justified in regarding it as decisive. Recognising,
as I think we must, that
it never occurred to the jurists of the seventeenth
century to extend this remedy to a husband, and that there is no reported
decision
so extending it, we are still at liberty to inquire whether there is
any reason why we should not make it available now. The position
of our law with
regard to negligence to-day is the result of the growth and the regulated
expansion of the original provisions of
the
Lex Aquilia
. Crude and
archaic in some respects, their operation was gradually widened by the
application of the
utilis actio,
and by the interpretation of the Roman
jurists. The broadening process was continued by Dutch lawyers on the same
lines; and there
is no reason why our Courts should not similarly adapt the
doctrine and reasoning of the law to the conditions of modern life, so
far as
that can be done without doing violence to its
principles."
[11] Of mens hier werklik met ’n
uitbreiding van die aksie te doen het (vgl De Groot Inleidin
ge 3.33.3 en
Matthaeus II 48, 5, 7, 11), is vir huidige doeleindes nie ter sake nie; wat
eerder van belang is, is dat die hof dit
as ’n uitbreiding met die oog op
die eise van die moderne samelewing ingesien het en bereid was om die kategorie
van afhanklikes
aan wie ’n aksie verleen word, daarvolgens aan te pas (vgl
Ongevallekommissaris v Santam Bpk
[1998] ZASCA 93
;
1999 (1) SA 251
(A) 258E-H).Die
beginsel waarna in Warneke se saak verwys word, word op 661 so
geformuleer:
"With regard to the particular form of
utilis actio
of which the
plaintiff desires to avail himself, the authorities allowed it only to near
relatives who were dependent in whole or
in part on the deceased for support.
And they give full effect to the principles regulating claims for damage under
the
Lex Aquilia,
because the only cases in which they recognise the
action are cases in which the deceased was under an obligation to support the
claimant. They do not as a rule make special reference to this obligation,
because the relationship of the parties imports it. For
they deal in terms only
with the claims of the wife, children or parents, to all of whom of course the
deceased owed a legal duty.
Yet some of them make special reference to the
existence of this duty.
Matthaeus (
De Crim. 48, 5, 11) says that the
action is competent to the spouse, the children and others whom the deceased man
was bound to support.
And
Vinnius
(Inst. 4, 3, 1) gives it to those whom
the deceased was wont
ex officio
to maintain. So that in all the cases
actually mentioned in the books, the right of the claimant to demand assistance
was a right
of property, the deprivation of which by the
culpa
of the
defendant would quite naturally found a claim for patrimonial damages. I can
find no authority for the proposition that the
law of Holland would have given
an action of this nature to any relation not damnified by being deprived of
benefits supplied by
the deceased under a legal duty to do so. I do not think
that we should depart from the principles to which I have drawn attention,
and
it only remains to consider whether consistently with their observance the
statements in the declaration make out a case for
relief".
Hoe die beginsel ook al geformuleer word, die geval
van die geskeide vrou kan nie daaronder tuisgebring word nie. Gemeenregtelik het
sy, na ontbinding van die huwelik, geen aanspraak op onderhoud teen haar gewese
man gehad nie. So ’n aanspraak het trouens
eers in 1953 in Suid-Afrika
ontstaan met die aanvaarding van die Wet op Huweliksaangeleenthede, 37 van
1953.
’n Aksie soos die onderhawige, waar ’n geskeide vrou
met ’n hofbevel tot [13] onderhoud in haar guns teen die dader
optree wat
vir haar gewese man se dood verantwoordelik is, kan na my mening dus nie op
grond van die geskrifte van die ou skrywers
geregverdig word nie.
En dit is
presies wat in
Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransiemaatskappy v
Fondo
1960
(2) SA 467
(A) ook gesê is. Die Fondo-saak was nie gemoeid
met die lot van die geskeide vrou nie, maar begaan oor die sogenaamde
"naturelle-weduwee"
wie se man op nalatige wyse gedood is. Die hof bevind dat so
iemand wat in ’n gebruiklike verbinding volgens naturellereg en
-gebruik
as man en vrou saamgeleef het, nie ’n afhanklike vir doeleindes van die
gemeenregtelike aksie aan afhanklikes was
nie. Botha Wnd AR verklaar op
471E-F:
"Die regsmiddel wat deur die respondent aangewend word, is die actio sui generis
wat ons reg aan die afhanklikes van ’n oorledene
verleen om op hul eie
naam en uit eie reg vergoeding van die vermoënskade, d.w.s. die verlies van
onderhoud, wat die dood hulle
veroorsaak het, op die wandader te
verhaal."
[14] Die ratio van die beslissings is myns insiens
te vind in die volgende dictum op 472G-H:
"Dit is duidelik uit die boeke sowel as die doel van die regsmiddel dat dit
beperk was tot persone wat vir hul onderhoud van die
arbeid van die oorledene
afhanklik was, en aangesien volgens die Romeins-Hollandse Reg niemand verplig
was om ’n ander buite
sy familiekring te onderhou nie, en gesien die
waarskynlike oorsprong daarvan in die gebruik van
soengeld
, volg dit myns
insiens uit die aanhalings hierbo dat die regsmiddel nooit anders as beperk was
nie tot die vrou en daardie familielede
van die oorledene wat hy verplig was om
te onderhou en daadwerklik onderhou het."
Ter illustrasie
word dan op 472H-473A gesê:
"Indien ’n reg op onderhoud deur die oorledene die enigste voorwaarde vir
die aanwending van die regsmiddel vir die verhaal
van vermoënskade as
gevolg van die dood was, sou die aanname van iedere wetsbepaling wat iemand
onder ’n verpligting stel
om aan ’n ander onderhoud te betaal,
’n uitbreiding van die regsmiddel meebring. So sou, byvoorbeeld, ’n
bevel
tot onderhoud kragtens art. 10 van Wet 37 van 1953 ten gunste van ’n
vrou wat van haar man geskei is, ’n uitbreiding
van die regsmiddel
meebring tot die vrou om by die dood van haar gewese man skadevergoeding te
vorder. Dit is myns insiens uit die
aard en doel van die regsmiddel duidelik dat
dit vir so ’n uitbreiding nie vatbaar is nie."
[15]
Hierdie illustrasie dek presies die geval wat tans onder bespreking is. Vir die
beslissing in
Fondo
was die stelling egter nie essensieel nie en myns
insiens was dit klaarblyklik
obiter
. Die uitspraak vervolg:
"Die vraag of die respondent die regsmiddel tot verhaal van haar
vermoënskade wat sy gely het as gevolg van die dood van haar
man, kan
aanwend, hang dus af nie slegs van die vraag of die oorledene teenoor haar onder
’n regsverpligting gestaan het om
haar gedurende die bestaan van die
gebruiklike verbinding te onderhou en daadwerklik onderhou het nie, maar ook of
sy volgens die
gemenereg, wat die enigste regstelsel is wat by ’n in die
Hooggeregshof ingestelde geding toegepas kan word, daarop kan staatmaak
dat sy
die vrou van die oorledene was volgens ’n huwelik wat ooreenkomstig die
gemenereg as ’n wettige huwelik erken
word, want slegs so ’n huwelik
kan aan haar die status van ’n getroude vrou in ons reg verleen" (op
473C-D).
En aangesien ’n gebruiklike verbinding nie
’n huwelik was wat ooreenkomstig die gemenereg as ’n wettige huwelik
erken is nie, word die eis afgewys.
Die
Fondo
-beslissing is deur
akademici aan skerp kritiek onderwerp (vgl Boberg,
The Law of Delict,
728;
Van der Merwe en Olivier
,
Die Onregmatige
Daad in die
Suid-Afrikaanse Reg
, 6de uitg 344 en volgende;
Neethling, Potgieter en
Visser, Deliktereg
277-8;
Davel,
aw, 49 en volgende) en ook nie deur
die Zimbabwiese hof gevolg nie (
Chawanda v Zimnat Insurance Co
Ltd
1990
(1) SA 1019
(ZH);
Zimnat Insurance Co Ltd v Chawanda
1991 (2) SA 825
(ZS)).
Tans gaan dit nie soseer oor die korrektheid van die
Fondo
-beslissing as sodanig nie maar oor die juistheid van die obiter
dictum, hierbo aangehaal, wat die geskeide vrou ondanks die reg op
onderhoud wat
sy aan die hofbevel ontleen ’n aksie teen die dader sou ontsê. In
effek beteken die obiter dictum dat haar
eis om vergoeding, waar haar onderhoud
vanweë die dood van haar gewese man in gedrang kom, regtens nie erken word
nie; anders
gestel, dat haar onbetwiste reg op onderhoud, anders as dié
van ander afhanklikes, regtens nie teen sodanige optrede as beskermingswaardig
geag word en dat die optrede van die dader dus nie teenoor haar as onregmatig
beskou word nie.
Die dictum raak die aksie wat die gemenereg aan sekere
afhanklikes verleen. [17] Dat so ’n aksie, soos dit in ons reg ontplooi
het, in ’n sin anomalies van aard is, word deur die moderne skrywers sterk
beklemtoon (vgl die vroeëre verwysings) en
is lank reeds deur hierdie hof
toegegee. Vandaar dat dit as
sui generis
bestempel is. Aldus is in
Legal Insurance Co Ltd v Botes
1963 (1) SA 608
(A) op 614D
gesê:
"The remedy has continued its evolution in South Africa - particularly during
the course of this century - through judicial pronouncements,
including
judgments of this Court, and it has kept abreast of the times in regard to such
matters as benefits from insurance policies.
The remedy relates to material loss
"caused to the dependants of the deceased man by his death". It aims at placing
them in as good
a position, as regards maintenance, as they would have been in
if the deceased had not been killed. To this end, material losses
as well as
benefits and prospects must be considered. The remedy has been described as
anomalous, peculiar, and sui generis - but
it is
effective."
En in
Evins v Shield Insurance Co Ltd
1980
(2) SA 814
(A) op 837H tot 838A is verklaar:
"An essential and unusual feature of the remedy is that, while the defendant
incurs liability because he has acted wrongfully and
negligently (or with dolus)
towards the deceased and thereby caused the death of the deceased, the claimant
(the dependant) derives
his right of action not through the deceased or from his
estate but from the facts that he has been injured by the death of the deceased
and that the defendant is in law responsible therefor. Only a dependant to whom
the deceased was under a legal duty to provide maintenance
and support may sue
and in such action the dependant must establish actual patrimonial loss, accrued
and prospective, as a consequence
of the death of the
breadwinner."
Die anomalieë waarna verwys word, is
tipies van die aksie van die afhanklikes as sodanig en is nie eie aan die geval
van die
geskeide vrou wat ’n hofbevel tot onderhoud in haar guns het nie.
Die betoog van die appellant dat dié soort aksie wat
haar betref derhalwe
eerder beperk as uitgebrei moet word, gaan dus nie op nie. Of daar, om die
onthalwe van regselegansie en toekomstige
regsontwikkeling, ’n noodsaak
bestaan om die erkende anomalieë uit ons regspraak te weer, en wat die
praktiese implikasies
daarvan in ’n gegewe geval sou wees, is kwessies
waaroor daar in hierdie saak nie na behore betoog is nie en wat gevolglik
nie
beslis hoef te word nie. Die enigste vraag wat tans ter sprake is, is of die
klas van afhanklikes uitgebrei behoort te word om
ook die geval van die geskeide
vrou met ’n hofbevel in haar guns daarby te betrek. Die geleentheid om
opnuut oor die dogmatiese
kwelvrae te besin, sal te pas kom wanneer die uitslag
van ’n geding pertinent daarvan afhang - wat hier nie die geval is
nie.
Die verlies aan onderhoud wat ’n afhanklike ondervind wanneer
die broodwinner gedood word, word allerweë as ’n verskyningsvorm
van
sogenaamde suiwer ekonomiese verlies erken (vgl Boberg, aw 104, 123, 499; 8
LAWSA Deel I (Eerste her-uitgawe) par 62), dit wil
sê, waar die skade
nie-fisies van aard is (vgl Burchell,
Principles of Delict
, 47;
Neethling,
Potgieter en Visser, aw 286).
Dat daar sedert die
vroeë sestigerjare, toe
Fondo
beslis is, ’n enorme
ontwikkeling op die gebied van die erkenning van instansies van eise om suiwer
ekonomiese verlies plaasgevind
het, weliswaar in situasies waar ’n
omskrewe reg makeer, is oorbekend. Die ontwikkeling word in al die bekende
handboeke oor
die deliktereg beskryf. In Neethling, Potgieter en Visser aw 288,
om maar een te noem, word dit soos volg saamgevat:
"Die maatstaf wat by hierdie beoordeling aangewend moet word, is die algemene
redelikheids- of boni mores-onregmatigheidskriterium.
Soos bekend, vereis
dié kriterium dat die hof "a value judgement embracing all relevant facts
and involving considerations
of policy" moet uitspreek. Dit word gewoonlik
beskryf as die "policy-based aspect of the 'duty of care' concept, by means of
which
the scope of delictual liability is judicially controlled". Die
boni
mores
-kriterium behels basies ’n noukeurige afweging van die belange
van die betrokke partye met inagneming van die
gemeenskapsbelang."
Word hierdie benadering en gedagterigting
op die onderhawige geval toegepas, waar die Fondo-dictum ’n leemte geskep
het, is
daar in my gemoed weinig twyfel dat die gemeenskapsbelang verg dat
’n geskeide vrou se aanspraak op onderhoud, net soos dié
van enige
ander afhanklike, beskermingswaardig is. Logies, regspolities en op
billikheidsgronde bestaan daar na my mening geen rede
om die geval van die
geskeide vrou van dié van ander afhanklikes te onderskei nie; dat die
bron van die reg in die een geval
gemeenregtelik en in die ander statutêr
is, kom nie daarop aan nie - trouens, die statutêre verlening van die reg
op
onderhoud aan die geskeide vrou is op sigself die produk van langdurige
regsontwikkeling gegrond op die gemeenskapsoortuiging van
wat reg en billik is.
Die onderhoud post huwelik is in ’n sin bloot die voortsetting van die man
se onderhoudsplig
stante matrimonio
. Akademiese skrywers begunstig
omtrent almal die verlening van so ’n aksie. En die vrees wat soms om
regspolitiese redes teen
die toestaan van ’n aksie om suiwer ekonomiese
verlies uitgespreek word ("liability in an indeterminate amount, for an
indeterminate
time to an indeterminate class:
Ultra Mares Corporation v
Toche
(1931) 255 NY 170
, aangehaal deur Burchell aw 47), geld nie hier nie.
Na my mening bestaan daar dus geen gegronde rede om iemand in die
eiseres se posisie in beginsel’n aksie om skadevergoeding
te ontsê
nie.
Namens die appellant is egter betoog dat daar sekere addisionele
anomalieë bestaan wat aan die eis van die geskeide vrou eie
is. Wat in die
besonder [22] beklemtoon is, is dat haar eis, anders as dié van ander
afhanklikes, gegrond is op ’n hofbevel
wat ’n spesifieke bedrag
vermeld, sodat die omvang van haar eis aan die hand van daardie bedrag bepaal
word en nie aan die
hand van haar daadwerklike behoeftes nie. Die argument
oortuig nie. Solank as wat daar ’n onderhoudsplig uit hoofde van ’n
hofbevel bestaan, soos hier die geval is, sal die bedrag in die hofbevel stellig
die eerste faktor wees by die bepaling van die bedrag
wat uiteindelik aan
’n eiseres in so ’n geval toegeken word, maar dit is nie die enigste
of selfs ’n deurslaggewende
faktor nie. Die feitelike vraag bly telkens
watter bedrag die eiseres by wyse van onderhoud van haar gewese man sou ontvang
het.
Daardie bedrag verg, soos elke geval waar dié tipe eis
gekwantifiseer moet word, ’n veelvoud van oorwegings en vooruitskouings
(vgl Boberg, The Law of Persons and the Family 304-5; Ongevallekommissaris v
Santam Bpk
[1998] ZASCA 93
;
1999 (1) SA 251
(A) 258E-H). Na my oordeel steek daar in hierdie
aspek niks anomalies nie.
[23] ’n Verdere argument, gegrond op die
bepalings van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades, Wet 27 van 1990, is
myns
insiens ewe onoortuigend. Die Wet bepaal dat indien ’n huwelik deur
dood ontbind word die langslewende ’n vordering teen
die boedel van die
afgestorwe gade het vir die voorsiening in sy of haar redelike
onderhoudsbehoeftes tot by sy of haar dood of hertroue
vir sover hy of sy nie
uit eie middele en verdienste daartoe in staat is nie. Omdat die Wetgewer
beskerming verleen aan die gade,
en nie aan die gewese gade nie, is dit ’n
aanduiding, so is betoog, dat die gemeenskap die posisie van die voormalige gade
nie as beskermingswaardig beskou nie. Dit volg nie. Dat die Wetgewer een euwel
of leemte besweer, regverdig nie die afleiding dat
’n ander euwel of
leemte óf nie bestaan nie óf nie aandag verdien
nie.
Kortom, daar is enersyds genoegsame positiewe redes om die geskeide
vrou wat oor ’n hofbevel in haar guns beskik tegemoet te
kom deur haar by
die klas van afhanklikes in te sluit aan wie so ’n aksie verleen word; en
andersyds, in die [24] woorde van
Innes R in Union Government (Minister of
Railways and Harbours) v Warneke, supra, 665:
"... there is no reason why our Courts should not similarly adapt the doctrine
and reasoning of the law to the conditions of modern
life, so far as that can be
done without doing violence to its principles."
Om gemelde
redes behoort die appèl na my mening te misluk.
Dit laat die twee
vrae wat by wyse van kruisappèl geopper is. Albei is in die alternatief
tot die hoofeis ingeklee. En waar
dit die geval is, het die advokaat vir die
eiseres die hof tydens betoog meegedeel dat hy dié kwessies laat vaar.
Ten opsigte
van albei bestaan daar, op die feite waarop ooreengekom is, op die
oog af in elk geval afdoende antwoorde, waarop dit, vanweë
die toegewing,
egter nie nodig is om verder in te gaan nie.
Die appèl word van
die hand gewys met koste, insluitend die koste van twee advokate. Die
kruisappèl misluk met koste.
P M NIENABER AR
Stem
saam:
Hefer AR
Vivier AR
Plewman AR
Streicher AR