Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd and Others (138/97) [1999] ZASCA 6; [1999] 2 All SA 127 (A) (5 March 1999)

70 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Execution — Sale in execution — Validity of sale — Appellant contested the legality of the sale of his rights, title, and interest in a pending litigation following a writ of execution. The court examined whether the rights sold were legally attachable and whether the sale could be declared void. The court held that the rights in question were not merely a spes but were validly transferred through the judicial sale, and thus the sale could not be declared void on the grounds of abuse of process or public interest.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1999
>>
[1999] ZASCA 6
|

|

Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd and Others (138/97) [1999] ZASCA 6; [1999] 2 All SA 127 (A); 1999 (3) SA 389 (SCA) (5 March 1999)

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 138/97
In
die saak tussen:
PAULUS PHILLIPUS BRUMMER Appellant
en
GORFIL
BROTHERS INVESTMENTS (PTY) LTD Eerste Respondent
SOLLY GORFIL Tweede Respondent
DAVID
GORFIL Derde Respondent
NYLSTROOM
HOTEL BK Vierde Respondent
CORAM : Van Heerden AHR, Nienaber, Harms, Streicher
ARR en
Ngoepe
Wnd AR
VERHOOR : 12 November 1998
GELEWER : 5 Maart 1999
__________________________________________________________
UITSPRAAK
__________________________________________________________
/NIENABER AR
NIENABER AR
:
Die uitspraak van Streicher AR het ek gelees. Ons
verskil, vrees ek, wesenlik van mekaar oor die tweede van die twee
vrae wat
in die loop van die appèl ter sprake gekom het. Die
vrae is:
(1) of die “reg, titel en belang” waarop
beslag gelê en wat in eksekusie verkoop is, regtens
beslaglegbaar was;
en
(2) of die beslaglegging en eksekusieverkoping agterna
nietig verklaar kan word.
Ad (1
)
:
Of die “reg,
titel en belang” waarop beslag gelê en wat in eksekusie
verkoop is, regtens beslaglegbaar was
.
Nóg die eksekusielasbrief, nóg die
stukke in verband met die geregtelike verkoping het van die
dokumentasie voor
die hof deel gevorm. Wat verkoop is, is
agtereenvolgens in die pleitstukke, die voorverhoornotule en in die
korrespondensie
beskryf as die eiser se reg, titel en belang “in
die hangende geding”, “in sy eis” en “in die
betrokke
saak”. (Ek verwys, na gelang van die geval, na die
appellant as die eiser en na die betrokke respondente as die
verweerders.)
Die eiser betoog dat wat in
werklikheid tydens die geregtelike verkoping verkoop (en gevolglik
gesedeer) is ‘n
spes
was, te wete, die
spes
dat die hof, na afhandeling van die geding, ‘n bepaalde bedrag
aan hom sou toeken; en dat daar regtens, volgens
Mears
v Pretoria Estate and Market Co Ltd
1906
TS 661
en die gesag wat daarop gevolg het, nie op ‘n blote
spes
beslag gelê kan word nie.
Tydens betoog is daar nie na
Waikiwi Shipping Co
Ltd v Thomas Barlow and Sons (Natal) Ltd and Another
1978 (1) SA 671
(A) verwys nie. In die uitspraak van Jansen AR is
daar wel
dicta
wat met die eerste oogopslag die indruk mag skep dat wat in die
geval van ‘n
res
litigiosa
sedeer word, juis ‘n
spes
is (te 677H; 678A; 678H-679B). Blykens die uitspraak het ‘n
actio in personam
in die gemene reg by
litis
contestatio
‘n
actio litigiosa
geword. Voor daardie moment kon ‘n vorderingsreg ten opsigte
waarvan aksie ingestel is, wel sedeer word.
Na
litis contestatio
verander die posisie egter. Aldus verklaar Jansen AR te 678E-H:

That after
litis
contestatio
a
plaintiff should not be entitled by mere agreement between himself
and a third party to transfer his right to prosecute the
action,
appears to be not only in conformity with the basic principles of
our law but also in conformity with our present day
practice. If
the Roman prohibition against alienation of
actiones
litigiosae
still
obtains -
cadit
quaestio
. If the
relaxation of the prohibition, which clearly occurred in Holland in
respect of
res
litigiosae,
is
also related, by way of analogy, to the alienation of
actiones
,
it follows that such purported alienation cannot be complete - it is
only effective
salvo
jure
the
defendant. In practice any purported transfer after
litis contestatio
could only become effective if the Court allowed the cessionary to
be substituted as the plaintiff. This is a matter apparently
within
the discretion of the Court and the Court will refuse the
substitution if there is any prejudice to the other side (
Friedman
v Woolfson, supra
at p. 525H). The transfer is, therefore, only perfected when the
Court gives its seal of approval by granting the substitution.”
Waikiwi
was nie begaan oor beslaglegging en geregtelike verkopings nie.
Daar was die vraag of die verweerder (die eiser in rekonvensie)
wat
sy “right, title and interest to the claim” teen die
eiser (die verweerder in rekonvensie) na
litis
contestatio
aan ‘n
derde sedeer het, daarmee sy
locus
standi
verbeur het
om die saak voort te sit. Die verhoorhof oordeel van ja; hierdie
hof van nee.
Die beginsel wat na my mening uit
die
Waikiwi
-beslissing
te abstraheer is, is dit: waar ‘n vorderingsreg wat die
onderwerp van ‘n geding is na
litis
contestatio
sedeer
word, moet die sessionaris, as hy die geding in eie naam wil
voortsit, by die hof aansoek doen om as eiser gesubstitueer
te word;
alvorens hy dit doen, beskik hy nie oor die nodige
locus
standi
nie; die
keersy is dat die sedent, tot tyd en wyl sodanige substitusie
plaasvind, nie sy
locus
standi
verbeur
nie. Dit is ‘n suiwer prosesregtelike aangeleentheid waarvoor
daar gesonde praktiese redes bestaan.
Afhangende van wat die partye
afspreek, gaan die vorderingsreg waaroor daar gelitigeer word by die
sessie daarvan, op een aspek
na, op die sessionaris oor. Daardie
aspek is die sessionaris se bevoegdheid om die aksie in eie naam
voort te sit. Dit staan
die partye natuurlik vry om onderling
ooreen te kom dat die sedent, wat sy
locus
standi
behou (vgl
Portion 1
of 46
Wadeville (Pty) Ltd
v Unity Cutlery (Pty) Ltd and Others
1984 (1) SA 61
(A)), die aksie in eie naam sal voortsit en aan die
sessionaris van die opbrengs daarvan rekenskap doen. Andersins is
substitusie
nodig.
In die loop van die uitspraak word
na
Government of
the Republic of South Africa v Ngubane
1972 (2) SA 601
(A) verwys. Daar het dit gegaan oor ‘n reg op
genoegdoening wat nie voor nie maar wel na
litis
contestatio
sedeerbaar was. Om hierdie eienaardigheid te verklaar, het Holmes
AR in
Ngubane
se saak ‘n onderskeid getref tussen die “interest in the
claim” en die “interest in the result of the

litigation”. In
Waikiwi
het Jansen AR hierdie onderskeid te 677H na drie gevalle verfyn, te
wete, “(i) the original founding right, (ii) the
right
arising from
litis
contestatio
to
proceed with the action to its conclusion, (iii) the
spes
in respect of the benefits that will flow from the successful
conclusion of the proceedings.”
Op 678H tot 679A word dan gesê:

To the extent that the
dictum
in
Ngubane's
case
assumes that a right to prosecute a claim is not freely cedable, it,
with respect, appears to be correct. It is, therefore,

understandable that it could be said that a cession after
litis
contestatio
should
be construed as a cession of the
spes
,
thus giving some immediate legal effect to the agreement. This,
however, can only be the general rule. The agreement may in
terms
envisage a transfer of the right to prosecute the action, but in
such a case it will only in law divest the plaintiff of
his right if
and when the Court grants substitution of the plaintiff.”
Die klem val op die woord “freely”.
Wat nodig is, indien die sessionaris die aksie wil voortsit, is ‘n
addisionele
stap, te wete, sy substitusie as eiser. Die verwysing
na ‘n
spes
is ‘n verwysing na die situasie waarmee
Ngubane
se saak te doene gehad het.
Of die onderskeid wat tussen die
drie genoemde gevalle in
Waikiwi
getref word, dogmaties suiwer is, is debateerbaar (vgl Lubbe,
(1980) 43 THRHR 117
126-129). Dit bly ‘n vraag of dit regtens
doenlik is om die bevoegdheid “to prosecute the action”
van die vorderingsreg
self af te skilfer (vgl
First
National Bank of SA Ltd v Lynn NO and Others
[1995] ZASCA 158
;
1996 (2) SA 339
(A) te 352C-D; 2 Lawsa (first re-issue) par 229
voetnoot 14; par 241 voetnoot 3; par 272 voetnoot 14); en of die
dictum
in
Waikiwi
tred hou met die regsreël dat ‘n vorderingsreg nie by
wyse van sessie en sonder die instemming van die skuldenaar

versplinter kan word nie (2 Lawsa a.w. par 259). Dit daar gelaat.
Ek is dit met my kollega eens dat
Waikiwi
nie meebring dat die vorderingsreg in die onderhawige geval nie
regsgeldig deur middel van die geregtelike verkoping op die eerste

verweerder oorgedra is nie; voorts, dat wat die eerste verweerder
aldus ingekoop het, nie bloot ‘n
spes
was nie.
Gevolglik is dit nie nodig om op
die verdere vraag in te gaan of die beredenering in die
Mears
saak,
supra
,
op die feite van die huidige geval van toepassing is nie.
Ad (2
)
:
Of die
beslaglegging en eksekusieverkoping agterna nietig verklaar kan
word
:
Dit wil voorkom of daar twee gronde is aan die hand
waarvan gesê word dat die betrokke beslaglegging en die
eksekusieverkoping
agterna nietig verklaar kan word.
Die eerste is dat sodanige optrede op ‘n
misbruik van die sogenaamde regsproses neerkom. Die tweede is dat
die eerste
en vyfde verweerders se optrede met die openbare belang
strydig is.
Indien eersgenoemde ‘n goeie grond vir die
aanvegting van die beslaglegging en die eksekusieverkoping is, is
laasgenoemde
grond onnodig. Kom die regshandelinge waarteen beswaar
gemaak word daarenteen nie op ‘n misbruik van die regsproses
neer
nie, is dit moeilik in te sien hoe hulle origens met die
openbare belang strydig kan wees. Ewewel, die tweede grond kom net

te pas as die eerste grond misluk.
Wat die begrip “misbruik van
die regsproses” presies behels, is nie allesins duidelik nie.
Die gesag waarop daar
in die uitspraak van my kollega gesteun word,
het te make met ‘n moontlike misbruik van die
hof
proses
(“abuse of the process of the court”) en nie met ‘n
misbruik van die
regs
proses
(“abuse of the legal process”) nie. Word dit in die
breedste sin verstaan, het mens denkbaar met die leerstuk
van
“misbruik van reg” te doen, iets waarna die advokaat vir
die eiser in sy betoog verwys het, maar wat nie in my
ampsbroer se
uitspraak genoem word nie. Van daardie leerstuk kan daar in die
onderhawige geval in elk geval nie sprake wees
nie aangesien die
verweerders opgetree het, nie met die uitsluitlike oogmerk om die
eiser te na te kom nie, maar om die belange
van die vyfde verweerder
te bevorder (vgl Neethling
et
al
Deliktereg,
3de uitg, 112-113).
“Misbruik van die
regsproses”, wat dit ookal presies mag beteken, moet onderskei
word van “misbruik van die
hofproses oftewel hofprosedure”.
In laasgenoemde sin is dit gepleit. ‘n Hof, so is meermale
al geleer, beskik oor
die inherente bevoegdheid om enige misbruik
van sy verrigtinge hok te slaan. Dit is ‘n bevoegdheid wat
aan die gemene
reg ontleen en gedeeltelik ook statutêr gereël
word. (Sien oor die algemeen Herbstein & Van Winsen,
The
Civil Practice of the Supreme Court of South Africa
,
4de uitg, 546-7; 1110 - 1113; die Wet op Kwelsugtige Gedinge 3 van
1956; en artikel 173 van die Grondwet 108 van 1996.)
Ek bepaal my hoofsaaklik by die gesag waarna my
kollega in sy uitspraak verwys. Die buitelandse gewysdes het deur
die bank met
‘n beweerde misbruik van die hofproses in die
loop van die litigasieproses te doen.
Wat die Engelse reg betref, bepaal Order 18 soos volg:

1) The Court may at any stage of the
proceedings order to be struck out or amended any pleading or the
indorsement of any writ
in the action, or anything in any pleading
or in the indorsement, on the ground that -
(a) it discloses no reasonable cause of action or
defence, as the case may be; or
(b) it is scandalous, frivolous or vexatious; or
(c) it may prejudice, embarrass or delay the fair trial
of the action; or
(d) it is otherwise an abuse of the process of the
Court;
and may order the action to be stayed or dismissed or
judgment to be entered accordingly, as the case may be.”
Die woorde “an abuse of the process of the
Court”, so is gesê,

connotes that the process of
the Court must be used
bona
fide
and properly
and must not be abused. The court will prevent the improper use of
its machinery, and will, in a proper case, summarily
prevent its
machinery from being used as a means of vexation and oppression in
the process of litigation” (The Supreme
Court Practice (1995)
344).
In
re Majory
[1955] 1
Ch 600
623 het te doene gehad met die vraag of die skuldeiser
“extortion” (soos dit in daardie saak verstaan is) beoog
het.
In
Goldsmith
v Sperrings Limited
[1977] 2 All ER 566
(CA) verduidelik Lord Denning die beginsel soos
volg te 574:

In a civilised society, legal process is the
machinery for keeping order and doing justice. It can be used
properly or it can
be abused. It is used properly when it is
invoked for the vindication of men's rights or the enforcement of
just claims. It
is abused when it is diverted from its true course
so as to serve extortion or oppression; or to exert pressure so as
to achieve
an improper end. When it is so abused, it is a tort, a
wrong known to the law. The judges can and will intervene to stop
it.
They will stay the legal process, if they can, before any harm
is done. If they cannot stop it in time, and harm is done, they

will give damages against the wrongdoer ...
At other times the abuse can only be shown by
extrinsic evidence that the legal process is being used for an
improper purpose.
On the face of it, in any particular case, the
legal process may appear to be entirely proper and correct. What
may make it
wrongful is the purpose for which it is used. If it is
done in order to exert pressure so as to achieve an end which is
improper
in itself, then it is a wrong known to the law. This
appears distinctly from the case which founded this tort.”
Die klem val telkens op die
onbehoorlikheid van óf die optrede óf die oogmerk.
In die Engelse reg, blykens die
dictum
,
kan die misbruik van so ‘n aard wees dat dit op ‘n
“tort” neerkom. By ons kan dergelike optrede in

gepaste gevalle onder die algemene rubriek van “kwelsugtige
gedingvoering” tuisgebring word (vgl, oor die algemeen,
15
Lawsa par 595 en volgende). Dit verg bewys van die afwesigheid van
“reasonable and probable cause”.
Die begrip “misbruik” veronderstel
onbehoorlikheid (waarby ongeoorloofdheid inbegrepe is). Die
onbehoorlikheid in
die geval van misbruik van die hofproses kan
geleë wees, in Engeland sowel as hier, óf in die aard
van die optrede
van die betrokke litigant óf in die resultaat
wat hy nastreef, óf albei.
Voorbeelde van eersgenoemde soort
geval, waar die metodes wat hy aanwend onbehoorlik is, is onder meer
Hudson v Hudson &
Another
1927 AD
259
en
Janit &
Another v Motor Industry Fund Administrators (Pty) Ltd & Another
[1994] ZASCA 110
;
1995 (4) SA 293
(A).
In
Hudson
het die eiser, wie se eksepsie teen die eerste verweerder se
verweerskrif voorheen misluk het, twee dae voor die verhoor ‘n

aanvang moes neem wesenlik dieselfde eksepsie teen die tweede
verweerder se verweerskrif geopper, tesame met ‘n aansoek
om
uitstel van die verhoor. Die tweede verweerder antwoord daarop met
‘n aansoek om die deurhaling van die eksepsie.
Die aansoek
slaag, die uitstel word geweier en dit lei tot die afwysing van die
eis. Op sy beurt misluk die eiser se appèl
teen gemelde
bevele. Die optrede van die eiser, om ‘n eksepsie te opper
wat vantevore reeds misluk het en aldus geen meriete
gehad het nie,
was ‘n blote taktiese set om ‘n uitstel te bekom waarop
hy andersins nie geregtig was nie; en was
as sodanig klaarblyklik
onbehoorlik. Dit is in daardie verband wat die
dictum
van De Villiers AR te 268 verstaan moet word:

When therefore the Court finds an attempt made
to use for ulterior purposes machinery devised for the better
administration of
justice, it is the duty of the Court to prevent
such abuse. But it is a power which has to be exercised with great
caution,
and only in a clear case. In the present instance I have
no doubt that the exception was taken solely for the purpose of
forcing
the postponement which had been refused by WATERMEYER, J.
on the same day.”
In
Janit
het dit onder meer gegaan om ‘n interdik om die respondent te
verbied om van ‘n gesteelde bandopname wat vertroulike
en
geprivilegeerde en andersins irrelevante besonderhede bevat het,
gebruik te maak. Die respondent het die bandopname blootgelê.

Hy het dit van die dief ontvang wat ‘n grief teen die
appellant gekoester het. Die respondent was van voorneme om in
die
hangende geding tussen die partye daarvan gebruik te maak wat vir
die appellant in die pers ‘n verleentheid kon skep.
Dit is ‘n
klinkklare geval waar die optrede van die party as sodanig
onbehoorlik was; die taktiek is gefnuik.
Gevalle van misbruik wat ‘n
onbehoorlike oogmerk behels, is legio. So byvoorbeeld sê Lord
Watson te 732-3 van
King
v Henderson
[1898]
AC 720
, ‘n beslissing waarna sydelings in my kollega se
uitspraak verwys word:

In
In
re Davies
the
Court of Appeal refused to make an adjudication in bankruptcy, where
it was clearly shewn that the proceedings had been used
and was
meant to be used for the illegitimate and fraudulent purpose of
extorting money from the debtor. And, again, in
Ex
parte Griffin,
the
same Court, although there was a good petitioning creditor's debt,
and an act of bankruptcy had been committed, refused to
make an
adjudication. The ratio of the decision was thus explained by James
L.J.: 'I think I never knew a case so transparent
as to the fraud
with which the whole thing was conceived, and the oppression which
it was intended to exercise. It would, I
think, be a shocking thing
for any court of justice in a civilised country to be made the
instrument of proceedings like these'.”
Dié soort geval kom ook voor
waar ‘n litigant in die loop van die gedingvoering stappe doen
wat opsigself geen meriete
het nie en bloot bedoel is om sy opponent
te treiter. ‘n Tipiese voorbeeld hiervan is
Beinash
v Wixley
[1997] ZASCA 32
;
1997 (3)
SA 721
(A). Daar het dit gegaan oor die tersydestelling van ‘n
dagvaarding
duces
tecum.
Op grond
van die wye en onpresiese strekking en die tydsberekening daarvan,
word bevind dat die uitreiking van die dagvaarding
met ‘n
onbehoorlike oogmerk geskied het - om te teister - en as sodanig
tersyde gestel moes word. Aldus word deur Mahomed
HR te 736I-737C
gesê:

Significantly, the appellant
declined all of these opportunities. The inference which I am
forced to draw is that the appellant's
objective in invoking the
machinery of Rule 38(1) did not constitute a
bona
fide
attempt to
secure documentary evidence which he thought he needed for the
preparation of his case. The impugned subpoena appears
to me to be
intended as a missile to oppress and harass the respondent.
Mr
Zar
contended that the discovery provisions of Rule 35 and the subpoena
provisions of Rule 38 constitute independent and separate

instruments, both of which a litigant is entitled to employ in the
preparation of a case. I have no doubt that this is indeed
so. The
objective of Rule 35 is to enable a litigant to discover documents
in the possession or control of another party to
the proceedings,
whereas the primary objective of Rule 38 is to secure the production
of documents from persons who are not necessarily
parties in the
main proceedings, such as Wixley. The distinction is perfectly
sound, but the machinery contained in both of
these Rules must be
utilised in a
bona
fide
manner and
not for the purposes of pursuing ends extraneous to the real
objectives sought to be attained through these Rules.
The existence
of
bona fides
is the basic precondition upon which both of these Rules are
premised.”
Die blote aanwending van ‘n
bepaalde hofprosedure vir ‘n doel anders as waarvoor dit
primêr bestem is, is
tiperend, maar nog nie voldonge bewys,
van
mala fides
nie;
daarvoor is die verdere afleiding nodig dat die resultaat wat
beoog is, soos in
Wixley
,
onbehoorlik was. ‘n Sodanige aanwending (vir ‘n doel
anders as waarvoor dit primêr bestem is) is dus ‘n

kenmerk, eerder as die definisie, van
mala
fides
.
‘n Voorbeeld van die werking
van die beginsel is te vinde in sekwestrasieverrigtinge. Die
primêre oogmerk van sekwestrasie
is om ‘n
concursus
creditorum
te
bewerkstellig. In
Estate
Logie v Priest
1926 AD 312
is pertinent beslis dat dit, anders as in die Engelse
reg, nie onbehoorlik is indien die sekwestrasieprosedure aangewend
word
nie om ‘n
concursus
creditorum
teweeg
te bring nie maar om die skuldenaar aan te spoor om sy skuld te
delg. Dieselfde gedagtegang is ook aan te tref in
Kalil
v Decotex (Pty) Ltd and Another
1988 (1) SA 943
(A) te 955 waar Corbett AR verklaar:

The English authorities so
relied upon seem to be distinguishable as they emphasise that it is
a scandalous abuse of process of
the Court to seek to use a
winding-up procedure to seek to enforce payment by the company of a
disputed debt as a means to exercise
pressure to seek to exact
payment. To seek to enforce payment by way of such proceedings is
legitimate in South Africa.
Estate
Logie v Priest
1926 AD 312
at 319, 320;
Laeveldse
Koöperasie Beperk v Joubert
1980 (3) SA 1117
(T) at 1121H-1122F. ... The fact that the
application is intended to enforce payment is irrelevant to the
appellant bringing
his application as a member of the first
respondent; and is, in any event, not a good ground in law, as such
intention is legitimate
in such proceedings.”
Weer eens val die klem, ondanks die
aanwending van die prosedure vir ‘n sekondêre doel, op
die regmatigheid en dus
die behoorlikheid van die uiteindelike
oogmerk. Daarbenewens ondervang dié
dictum
heelwat van die Engelse gesag waarop my kollega hom verlaat.
In die onderhawige geval gaan dit
nie om ‘n beweerde misbruik in of tydens die litigasie as
sodanig nie. Die “regsproses”
waarvan daar in my
ampsbroer se uitspraak gewag gemaak word, is die volgende: (i) ‘n
Vonnisskuld van die eiser.
(ii)
Versuim deur die eiser as vonnisskuldenaar om die vonnisskuld te
delg. (iii) ‘n Beslaglegging deur die vonnisskuldeisers
(die
tweede en derde verweerders) van die eiser se vorderingsreg teen die
vyfde verweerder. (iv) Volgehoue wanbetaling van die
vonnisskuld
deur die eiser. (v) ‘n Eksekusieverkoping ooreenkomstig die
voorskrifte van die reg ingevolge waarvan die vorderingsreg
deur die
balju aan ‘n bondgenoot van die vyfde verweerder, die eerste
verweerder, verkoop word.
Tot
sover skeel daar niks aan enige van die stappe wat deur die
verweerders geneem is en kan daar van onbehoorlikheid aan hul
kant
ook geen sprake wees nie. As iemand te blameer is, was dit die
eiser self. Dit was hy wat die verkeerde partye voor die
hof
gesleep en ‘n kosterekening van oor die R50 000 opgeloop het
wat hy op sy beurt nie vereffen het nie. Sy vorderingsreg
teen die
vyfde verweerder was ‘n bate in sy boedel. Dit was ‘n
bate waarop hy self, in sy besonderhede van vordering
in die aksie,
‘n waarde van oor die miljoen rand geplaas het. As dit
enigsins ‘n realistiese beskouing was, was
die beslaglegging
daarvan terdeë voorsienbaar.
Volgens die eiser setel die onbehoorlikheid wat die
geldigheid van die uitwinningsproses in gedrang bring daarenteen in
die oogmerk
van die verweerders om die eis in te koop met die
uitsluitlike oogmerk om ‘n einde aan die hangende geding te
maak. Die
doel ontheilig as 't ware die middel. Was dit die eiser
self of een van sy bondgenote wat die eis ingekoop het, sou die
transaksie
stellig in orde wees. So ook as ‘n derde die eis
ingekoop het, al was hy nie van voorneme om die aksie voort te sit
nie.
Oogmerk of motief, selfs ‘n
moedswillige of kwaadwillige motief, is oor die algemeen nie ‘n
onregmatigheids- of ongeldigheidskriterium
nie (vgl
Bress
Designs (Pty) Ltd v G.Y. Lounge Suite Manufacturers (Pty) Ltd and
Another
1991 (2)
SA 455
(W) 475C-476A). Vandaar die
dictum
in
Tsose v Minister
of Justice
1951
(3) SA 10
(A) te 17G-H:

For just as the best motive will not cure an
otherwise illegal arrest so the worst motive will not render an
otherwise legal arrest
illegal”,
waarop die hof
a
quo
hom beroep
het. Aldus sou die oorname deur ‘n verweerder van al sy
eiser-maatskappy se aandele nie aanvegbaar wees nie,
al was dit
uitsluitlik gedoen met die oog daarop om beheer oor die maatskappy
te verkry en sodoende ‘n einde aan die hangende
geding te
maak; so ook indien ‘n verweerder om dieselfde oorweging ‘n
klag lê wat tot sy eiser se deportasie
en die gevolglike
abandonering van die litigasie lei. Mens kan jou talle dergelike
gevalle voorstel.
‘n Onbehoorlike motief kan,
soos reeds gesê, egter wel ‘n faktor wees waar misbruik
van die hofproses ter sprake
is. Die formele beëindiging van
‘n geding is deel van die hofproses. Die uitbuiting, op ‘n
onbehoorlike wyse
of vir ‘n onbehoorlike doelwit, van ‘n
bepaalde hofreël wat op die beëindiging van die geding
betrekking
het, sou dus binne die verskynsel van misbruik van die
hofproses val (vgl
Castanho
v Brown & Root (UK
)
Ltd
[1981] AC 577
; en die Australiese sake waarna in my kollega se
uitspraak verwys is, t.w.
Packer
v Meagher
[1984] 3
NSWLR 486
en
TJM
Products (Pty) Ltd
v A & P Tyres
(Pty) Ltd
[1988]
78 ALR 579
(FC)).
Die huidige geval is iets heel
anders. Die voortsetting van die hofgeding is in gedrang nie as
gevolg van die interne (ofskoon
onbehoorlike) aanwending van ‘n
hofreël wat op so ‘n beëindiging betrekking het,
deur die ander litigant,
die vyfde verweerder, nie. Die
voortsetting van die geding word hier bedreig deur ‘n eksterne
faktor wat los staan van
die hofreëls of hofprosedure. Sou die
vyfde verweerder self die eiser se vorderingsreg ingekoop het, was
die eksterne faktor
die werking van
confusio
(vgl
Grootchwaing
Salt Works Ltd v Van Tonder
1920 AD 492
497). Dit is egter nie die vyfde verweerder wat die
vorderingsreg ingekoop het nie, maar sy bondgenoot, die eerste
verweerder.
Op sigself bring die inkoop van ‘n vorderingsreg
deur ‘n buitestander nie ‘n einde aan die geding nie.
Dit
sou eers die geval wees indien, soos in ons geval, die eerste
verweerder as nuwe reghebbende opdrag gee om die aksie te staak en

daar aan sodanige opdrag uitvoering gegee word. Dat hy ‘n
bondgenoot van die vyfde verweerder is en die vyfde verweerder
se
belange op die hart dra, kom nie daarop aan nie. As die werking van
confusio
in die hande van die vyfde verweerder self nie onbehoorlik sou wees
nie - wat eintlik die vraag is - kan die eerste verweerder
se
samewerking met die vyfde verweerder om ‘n einde aan die aksie
te maak, ook nie onbehoorlik wees nie. Van ‘n
onbehoorlike
komplot kan daar, in die afwesigheid van ‘n onbehoorlike
motief aan vyfde verweerder se kant, dus nie sprake
wees nie.
Die beoogde beëindiging van
die geding het met misbruik van die hofproses as sodanig dus
eintlik niks te make nie. Maar
daar is gesag wat daarop dui dat die
uitwinningsproses as deel van die hofproses beskou word (vgl
Graham
v Graham
1950 (1)
SA 655
(T) 658;
Strime
v Strime
1983 (4)
SA 850
(C) 852A), al geskied dit ook na afloop en na afhandeling van
die litigasie; en vir doeleindes hiervan sal ek dié
benadering
in die guns van die eiser as korrek aanvaar. In daardie
opsig kan die vyfde verweerder se motief dus wel relevant wees.
Net soos in die geval van “misbruik van die
hofproses” in egte sin, moet die misbruik hier ook ‘n
element van
onbehoorlikheid inhou, hetsy in die optrede self, hetsy
in die resultaat wat beoog word. Die enkele feit dat die
“regsproses”
anders as vir sy primêr bestemde doel
aangewend word, is, volgens die uitspraak van my kollega, op sigself
darem nie fataal
nie, want so iets sou tog deug mits dit redelik was
om dit te doen. Die keersy daarvan is dat dit wel tersyde gestel
sou kon
word indien die aanwending van die regsproses onredelik sou
wees. As onder “regsproses” “hofproses”
verstaan word, en “onredelikheid” as “onbehoorlikheid”
vertolk word, pas dit in by die bespreking van
die gesag hierbo.
Die onredelikheid, oftewel
onbehoorlikheid, setel volgens die eiser in die uitgespoke oogmerk
van die eerste en vyfde verweerders
om ‘n einde aan die geding
te maak. Dit gaan om hul, veral die vyfde verweerder, se motief.
Maar indien hul motief die
deurslaggewende faktor is, moet dit nie
selektief beoordeel word nie, maar in sy volle omvang. Die motief
van die eerste en
vyfde verweerder blyk uit ‘n skrywe van hul
prokureur aan die balju, gedateer 3 November 1992 wat op 413C-D van
die gerapporteerde
uitspraak,
Brummer
v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere
1997 (2) SA 411
(T), voorkom:

U sal merk dat dit die saaknommer is waaronder
hierdie lasbrief uitgereik is. Mnr. Brummer het ‘n aksie teen
ons kliënt
gebring en ons kliënt glo dat die aksie
kwelsugtig is. Ons kliënt wil op die reg, titel en belang
beslag lê
en dit dan per veiling inkoop om sodoende die aksie
tot niet te maak.”
‘n Verweerder wat van ‘n statutêre
prosedure gebruikmaak, naamlik die beslaglegging en inkoop op die
ope mark
van ‘n vorderingsreg, ten einde op dié wyse ‘n
aksie teen hom tot niet te kan maak wat hy as kwelsugtig beskou,
het
myns insiens nie ‘n afkeurenswaardige of onbehoorlike oogmerk
nie. Die vraag of sy siening van die saak as kwelsugtig
objektief
gesproke geregverdig was, is nie ter sake nie, want dit gaan, op die
eiser se benadering, bloot om die vyfde verweerder
se motief. Maar
selfs al sou die kriterium “bybedoeling plus onredelikheid”
wees, soos in my kollega se uitspraak
gesuggereer word, kan die
vyfde verweerder op die ooreengekome feite na my mening nie
verkwalik word nie.
Dit is geen antwoord om te beweer, soos in my kollega
se uitspraak gedoen word, dat daar ander middele is om kwelsugtige
optrede
af te weer nie. Die vraag is nie of die eiser se optrede
werklik kwelsugtig was en aan die vereistes van Wet 3 van 1956
voldoen
nie, maar, vanuit die vyfde verweerder se oogpunt, of hy
geglo het dat die aksie kwelsugtig was. As hy dit werklik geglo
het,
was sy motief nie onbehoorlik of selfs onredelik nie. Op die
feite wat hier gemeensaak was, kan die teendeel nie betoog word nie.
Na my mening was die besluit van die twee verweerders
om op die vorderingsreg beslag te lê en dit by die geregtelike
verkoping
in te koop (ten einde op dié manier van ‘n
aksie ontslae te raak wat met behulp van regshulp teen die vyfde
verweerder
gevoer word sodat hy op stuk van sake op eie koste
litigeer), nie onbehoorlik nie, nie onredelik nie, en nie deur ‘n
afkeurenswaardige
motief aangevuur nie.
In
Madden
v B.P. Southern Africa (Pty) Ltd
1967 (2) SA 326
(D) is te 328A-B gesê:

It does not follow, of course, that the judgment
creditor will acquire this right at the sale in execution but, even
if he does
and decides to utilise his right in a way which would
frustrate the applicant's right of appeal, that is merely one of the
incidents
of the sale in execution; it is part of the price which
the judgment debtor, who cannot pay his creditor in any other way,
has
to pay in order to put the judgment creditor in possession of
funds which will go towards satisfying his claim.”
Die
dictum
is met goedkeuring aangehaal in latere sake soos
Marais
v Aldridge and Others
1976 (1) SA 746
(T) te 750B-C en
Soja
(Pty) Ltd v Tuckers Land Development Corporation (Pty) Ltd and
Another
1981 (2)
SA 407
(W) te 410B-C. Met daardie siening gaan ek akkoord.
Sowel die eiser as my kollega steun
swaar op
Whitfield
v Van Aarde
1993
(1) SA 332
(E) en sekere beslissings wat dit voorafgegaan het. Dit
is almal sake wat te doene gehad het met ‘n aansoek om ‘n

voorgenome eksekusieverkoping tydelik op te skort. Die hof, so is
daar beslis, beskik oor ‘n diskresie om dit te beveel.
Indien
die benadering van die eiser en van my kollega reg is, is al hierdie
sake natuurlik verkeerd beslis, want dan was die
beslaglegging en
die daaropvolgende verkoping uit wans uit nietig en het die kwessie
van ‘n diskresie glad nie ter sprake
gekom nie. Maar op die
veronderstelling dat so ‘n diskresie wel bestaan, sal ‘n
hof vanselfsprekend alle relevante
faktore in ag neem. Een daarvan
kan stellig wees dat die beslaglegging en die eksekusieverkoping
besmoontlik tot die beëindiging
van ‘n aksie kan lei wat
op die oog af meriete het en wat op die punt staan om beslis te
word. Dit is iets heel anders
as om te konkludeer dat ‘n
beslaglegging en die daaropvolgende eksekusieverkoping wat behoorlik
en reëlmatig geskied
het, op ‘n misbruik van die
regsproses neerkom wat as sodanig deur ‘n hof tersyde gestel
kan word omdat die voortsetting
van die aksie daardeur bedreig
word. (Vgl, vir die erkende gronde vir die tersydestelling van so
‘n geregtelike verkoping,
Le
Roux v Yskor Landgoed (Edms) en Andere
1984 (4) SA 252
(T).)
Die tweede grond wat vir die nietigheid van die
beslaglegging en die eksekusieverkoping aangevoer word, is dat dié
regshandelinge
met die openbare belang in stryd sou wees. Dié
grondslag sou alleen ter sprake kom indien ‘n misbruik van die
hofprosedure
(of die regsproses) nie bevind kan word nie. En as dit
nie bevind kan word nie, kan dit ook nie ‘n faktor wees by die

oorweging van wat nou eintlik met die openbare belang in stryd sou
wees nie.
Die uitreiking van ‘n
lasbrief, die beslaglegging en die eksekusieverkoping is
opeenvolgende regstappe, statutêr
gereël, ten einde die
delging van ‘n vonnisskuld te bewerkstellig (
Herbstein
& Van Winsen
a.w.
754). In die onderhawige geval het al dié stappe reëlmatig
en sonder teenkanting van die appellant geskied.
Die bedrag wat by
wyse van geregtelike verkoping deur die eerste verweerder vir die
inkoop van die eis betaal is, is in die
afhandeling van die proses
aangewend.
‘n Eksekusieverkoping is in
wese ‘n ooreenkoms wat, soos enige ander ooreenkoms,
ongeoorloof en as sodanig nietig
sou wees indien, algemeen gesproke,
die sluiting daarvan, die prestasie wat daarvolgens gelewer moet
word, die strekking daarvan
of die oogmerk van albei die
kontrakterende partye met óf die reg, óf die goeie
sedes óf die openbare belang
(en dus die openbare beleid) in
stryd sou wees (vgl Van der Merwe
et
al
Contract
General Principles,
139). ‘n Onbehoorlike oogmerk sou die ooreenkoms slegs
aanvegbaar maak indien dit die bedoeling van albei die
kontrakterende
partye was. Daarvan is daar hier geen sprake nie.
Die onbehoorlike oogmerk wat een van die kontrakterende partye mag
koester,
is irrelevant (Van der Merwe
et
al
a.w. 143).
Wat dan oorbly, indien die misbruik
van die sogenaamde regsproses buite rekening gelaat word, is,
blykens die uitspraak van my
kollega, onredelikheid, onbillikheid,
“simple justice between man and man” en die afleiding
wat skynbaar gemaak word
dat die eiser “‘n minvermoënde,
ongesofistikeerde persoon” is wat uitgebuit kan word deur ‘n
“vermoënde
persoon” wat die eis hand en tand beveg.
Dat die appellant met regshulp ageer, is ‘n faktor wat na my
mening buite
rekening gelaat moet word. ‘n Litigant wat
regshulp ontvang is, afgesien daarvan dat sy eis deur die staat
gesubsidieer
word, nie
vis-à-vis
sy teenparty
regtens in ‘n sterker posisie as enigiemand anders nie.
Kom dit by die eiser se beroep op
billikheid en die openbare belang, is ek bevrees dat my kollega en
ek op die feite van hierdie
geval eenvoudig net van mekaar verskil.
Hy is geneë om die beroep te handhaaf. Ek nie. Openbare
beleid, gegrond op die
openbare belang, is g'n juridiese doepa nie.
Die juiste benadering daartoe word gekenskets deur drie onlangse
dicta
.
Die eerste het te doen met billikheid, die ander twee met die
openbare beleid.
In
Fisheries
Development Corporation of SA Ltd v Jorgensen and Another
1979 (3) SA 1331
(W) te 1340B-D verklaar Nicholas R:

The Courts do not however act
on abstract ideas of justice and equity. They must act on
principle. Cf the
Western
Assurance Co
case
supra
at 275. And see the remarks of INNES CJ in
Kent
v Transvaalsche Bank
1907 TS 765
at 773-774:
“(The appellant) also asked us to stay the
proceedings on equitable grounds, urging that we had an equitable
jurisdiction
under the insolvency law. The Court has again and
again had occasion to point out that it does not administer a system
of equity,
as distinct from a system of law. Using the word
'equity' in its broad sense, we are always desirous to administer
equity; but
we can only do so in accordance with the principles of
the Roman-Dutch law. If we cannot do so in accordance with those
principles,
we cannot do so at all.”
Die tweede
dictum
kom ook van Nicholas Wnd AR in
Longman
Distillers Ltd v Drop Inn Group of Liquor Supermarkets (Pty) Ltd
[1990] ZASCA 39
;
1990 (2) SA 906
(A) te 913G-914C, wat op die feite ‘n veel
sterker saak as die eiser s'n is vir ‘n beroep op die openbare
beleid:

Public policy is an imprecise
and elusive concept. It is said to reflect the mores and
fundamental assumptions of the community
(Cheshire, Fifoot and
Furmston's
Law of
Contract
11
th
ed at 345). Wessels
Law
of Contract in South Africa
vol 1 s 488, says:
'An act which is contrary to the interests of the
community is said to be an act contrary to public policy.'
Public policy is the general sense
of justice of the community, the
boni
mores
, manifested
in public opinion ... When a court is asked to hold that something
is against public policy, it does well to remind
itself of the
much-quoted passage in the judgment of Burrough J in
Richardson
v Mellish
[1824] EngR 715
;
(1824) 2
Bing 229
at 252
[1824] EngR 715
;
(130 ER 294
at 303):
'I, for one, protest ... against arguing too strongly
upon public policy; - it is a very unruly horse, and when once you
get
astride it you never know where it will carry you. It may lead
you from the sound law. It is never argued at all but when other

points fail.'
I cannot see how public policy can
be at all involved in a question whether a particular incorporeal
right should be attached
ad
fundandam
, or
whether a particular
incola
should be permitted to sue a particular
peregrinus
in the Cape Provincial Division. Only the interests of Longman and
Drop Inn are involved, not the interests or general sense
of justice
of the community. The question does not raise any important moral
issue, or any principle affecting the fundamental
assumptions of the
community. It seems to me that
au
fond
Longman's
objection is that the attachment was 'unfair'; and that its
representatives have attempted to elevate this into a matter
of
public policy.”
Die derde
dictum
word deur my ampsbroer self aangehaal. Dit is die vermanende woorde
van Smalberger AR in
Sasfin
(Pty) Ltd v Beukes
1989 (1) SA 1
(A) te 9B:

One must be careful not to conclude that a
contract is contrary to public policy merely because its terms (or
some of them) offend
one's individual sense of propriety and
fairness.”
Die appèl word van die hand gewys met koste.
............................
P M NIENABER
APPÈLREGTER
STEM SAAM:
Van Heerden AHR
Harms AR
STREICHER AR/
STREICHER AR:
Die wesenlike vraag wat in
hierdie appèl beslis moet word, is of `n eksekusieverkoping
wat gehou word om `n skuldenaar
se reg, titel en belang in `n aksie
te bekom ten einde die litigasie te beëindig en nie om die
onderliggende vonnisskuld
te verhaal of gedeeltelik te verhaal nie
regsgeldig is en of dit teen die openbare belang is en tersyde
gestel kan word.
Die
appellant het `n aksie vir skadevergoeding uit hoofde van die
beweerde repudiasie van `n kontrak teen die tweede, derde en
vyfde
respondente ingestel. Hy het later die aksie teen die tweede en
derde respondente teruggetrek en is beveel om hulle koste
te betaal.
Die getakseerde koste het R52 436,48 beloop. Die appellant het nie
die koste betaal nie waarop die tweede en derde
respondente opdrag
aan die balju gegee het om beslag te lê op sy reg, titel en
belang in die aksie teen die vyfde respondent
(“die hangende
geding”). Die balju, die vierde respondent, het daarop op die
appellant se reg, titel en belang in
die aksie teen die vyfde
respondent beslag gelê as synde sy enigste bate en dit in
eksekusie verkoop.
Die
eerste respondent, `n maatskappy, was die koper teen `n koopprys van
R300 welke bedrag nie eers die koste van die beslaglegging
en
eksekusieverkoping gedek het nie. Die tweede en derde respondente is
vader en seun en die vyfde respondent, die oorblywende
verweerder in
die hangende geding, is `n beslote korporasie waarvan die tweede
respondent die enigste lid is. Die eerste respondent,
die
eksekusiekoper, is `n maatskappy wat die tweede en derde respondente
as sy enigste aandeelhouers en direkteure het.
Ten tyde van die verkoping
was die hangende geding deels verhoor en het die verhoorregter reeds
`n aansoek deur die vyfde respondent
om absolusie van die instansie
van die hand gewys. Na die eksekusieverkoping het die eerste
respondent se prokureurs die appellant
se prokureurs in kennis
gestel dat die eerste respondent reghebbende geword het van die
appellant se belang in die hangende geding
en opdrag gegee dat
verdere litigasie gestaak moes word. Die appellant het daarop
aksie ingestel teen die respondente vir die
tersydestelling van die
eksekusieverkoping op grond daarvan dat dit 'n misbruik van die
"hofprosedure" daargestel het
en
contra
bonos mores
was. In
die onderhawige geval moes die eksekusielasbrief uitgereik word deur
die griffier van die hof en ingevolge die reëls
van die hof en
moes die eksekusieverkoping plaasvind ingevolge die reëls van
die hof. Vir die rede word die eksekusieverkoping
in die appellant
se besonderhede van vordering beskryf as 'n misbruik van die
hofprosedure. Ek verkies om te praat van die regsproses
synde die
prosedure wat daargestel is vir die verhaal van 'n geldskuld.
Dit
sluit dus die litigasieproses sowel as die eksekusieproses in.
Slegs die eerste, tweede, derde en vyfde respondente het die
aksie
verdedig.
Ek sal
voortaan na hulle gesamentlik verwys as die respondente.
Die hof
a
quo
het die
appellant se aksie van die hand gewys. Die uitspraak is gerapporteer
as
Brummer v Gorfil
Brothers Investments (Pty) Ltd
1997 (2) SA 411
(T). Die hof
a
quo
het beslis dat
waar eksekusiestappe gedoen word en dit nog nie volvoer is nie, daar
geen twyfel bestaan dat `n hof in gepaste
gevalle daarmee kan inmeng
nie maar dat die posisie anders is waar die eksekusieproses reeds
volvoer is. In laasgenoemde geval
sou `n hof slegs inmeng as daar `n
hersienbare onreëlmatigheid in die proses was wat die
skuldenaar benadeel het. Bybedoelings,
bedekte beweegredes of selfs
nydigheid, sou dan nie meer aangevoer kon word as gronde waarop die
volvoerde proses tersyde gestel
moes word nie.
Met
die verlof van hierdie hof appelleer die appellant teen die
uitspraak.
Tydens die
voorverhoorsamespreking het die respondente erken dat hulle
gesamentlik besluit het om beslag te laat lê op
die appellant
se reg, titel en belang in sy eis en om dit te koop by die
eksekusieverkoping. Hulle het verder erken dat hulle
hoofbedoeling
was om `n einde aan die litigasie te maak. In die opdrag aan die
balju om voort te gaan met die eksekusieverkoping
het die
respondente se prokureurs in opdrag van die tweede en derde
respondente en tot die kennis van die eerste en vyfde respondente,

gesê dat hulle kliënt glo dat die aksie kwelsugtig is.
Die afleiding kan gevolglik gemaak word dat die beslaglegging
en
eksekusieverkoping nie geskied het met die doel om die tweede en
derde respondente se koste te verhaal nie.
`n
Reg op skadevergoeding uit hoofde van kontrakbreuk is `n
onliggaamlike saak. Dit is `n bate in die reghebbende se boedel en

kan in die reël deur hom verkoop word en by wyse van sessie
oorgedra word. Na instelling van aksie deur die reghebbende
en voor
litis contestatio
kan die reg steeds deur hom verkoop en oorgedra word. In die
Romeinse reg was die voorwerp van die oordrag `n aksie en nie `n
reg
nie (Scott,
The Law
of Cession,
2de
uitgawe, bl.12). By
litis
contestatio
het `n
actio in personam
`n
actio
litigiosa
geword waarvan die oordrag verbode was (
Waikiwi
Shipping Co. Ltd. v Thomas Barlow and Sons (Natal) Ltd.
1978
(1) SA 671
(A) (“
Waikiwi”
)
op 676H). In
Waikiwi
is die vraag oopgelaat of die Romeinse verbod steeds geld, d.w.s. of
die oordrag van `n eiser se reg, titel en belang in `n aksie
steeds
nie na
litis
contestatio
kon
geskied nie (678F). Dit is egter wel beslis dat indien dit gedoen
kon word, `n gepoogde vervreemding slegs effektief kon
wees tot die
mate wat die verweerder nie daardeur benadeel word nie (678F). Soos
uitgewys in
Waikiwi
op 677G is sedert 1926 in `n aantal Suid-Afrikaanse sake óf
aanvaar óf aangeneem dat `n
actio
litigiosa
gesedeer
kan word. In beginsel is daar geen rede om die sessie van `n reg
vóór
litis
contestatio
toe te
laat, maar nie die sessie van die reg, titel en belang van die
reghebbende in die aksie, onderhewig aan die regte van
die
verweerder, ná
litis
contestatio
nie. Na
my mening geld die Romeinse verbod gevolglik nie meer nie.
Die appellant betoog dat die
beslaglegging en verkoping slegs die beslaglegging en verkoping van
`n
spes
was, en met `n beroep op die beslissing in
Mears
v Pretoria Estate and Market Co. Ltd
1906 TS 661
op 668, dat `n
spes
nie beslaglegbaar is nie. In
Waikiwi,
op 677H, is `n onderskeid getref tussen die reg ten opsigte waarvan
die aksie ingestel is, die reg wat voorspruit uit
litis
contestatio
om die aksie te volvoer tot sy einde en die vooruitsig op voordele
wat mag voortspruit uit `n suksesvolle volvoering van die
aksie of
te wel `n
spes
.
Of `n bepaalde vervreemding `n vervreemding is van die reg ten
opsigte waarvan die aksie ingestel is, of slegs van `n
spes,
is `n vraag wat aan die hand van die feite van die bepaalde geval
beantwoord moet word (
Waikiwi
op 678
in fine
).
In die onderhawige geval was die beslaglegging en verkoping nie `n
beslaglegging en verkoping van die
spes
of die vooruitsig op
die voordele wat die appellant moontlik kon toeval as gevolg van `n
gunstige volvoering van die hangende
geding nie, maar wel van die
appellant se reg, titel en belang in die hangende geding.
Die appellant betoog verder
dat alhoewel die tweede en derde respondente beslag kon lê op
sy reg, titel en belang in
die hangende geding en dit in eksekusie
kon laat verkoop, hulle dit nie kon doen met die doel om die
geding tot 'n einde
te bring nie. So’n oogmerk, is aldus die
appellant se betoog, `n “ulterior motive” wat “die
regmatigheid
van andersins regmatige optrede negativeer”. Die
appellant voer aan dat dit uiters onbillik en teen die openbare
belang
is om so’n verkoping toe te laat. As gesag steun hy
hoofsaaklik op die beslissing in
Whitfield
v Van Aarde
1993 (1)
SA 332
(EC) (“
Whitfield”)
.
In
Whitfield
het die applikant aansoek gedoen vir die opskorting van `n
eksekusieverkoping tot 14 dae na die finale afhandeling van `n aksie

deur hom ingestel teen die respondent. Die aksie was vir skade wat
na bewering deur die applikant gely is as gevolg van nalatige

behandeling deur die respondent, `n neurochirurg. Op die dag waarop
met die verhoor begin sou word, is die aksie op versoek van
die
applikant uitgestel omrede een van sy deskundige getuies hom die
aand vantevore meegedeel het dat hy van mening verander
het. Die
applikant is beveel om die koste te betaal en op grond van `n
getakseerde kosterekening het die respondent op die applikant
se
reg, titel en belang in die aksie teen hom beslag gelê. Nepgen
R het beslis dat die hof `n inherente diskresie het om
`n
eksekusieverkoping op te skort (337F). In dié verband het hy
gesteun op
Graham v
Graham
1950 (1) SA
655
(T) op 658 waar Clayden R na 'n verwysing na `n skuldeiser se
reg ingevolge die toepaslike reël om `n eksekusielasbrief uit

te reik, gesê het “the discretion must, I think, still
be in the Court to stay the use of its process where ‘real
and
substantial justice’ requires such stay, where injustice would
otherwise be caused.” Daarbenewens het Nepgen
R gesteun op
Strime v Strime
1983 (4) SA 850
(C) op 852A met dieselfde strekking;
Soja
Ltd v Tuckers Land Development Corporation
1981
(2) SA 407
(W) (“
Soja”)
op 411A-C;
Bestbier v
Jackson
1986 (3) SA
482
(W) op 484 I en
First Consolidated Leasing Corporation Ltd v Theron
1974 (4) SA 244
(T) op 247.
Ten aansien van die vraag of
hy sy diskresie ten gunste van die applikant moes uitoefen, het
Nepgen R gesê (op 339C-G):

In my judgment a factor
which has a considerable bearing on the question of whether I should
exercise my discretion in the applicant's
favour is that the
respondent has little, if any, prospect of obtaining satisfaction of
the whole or any part of the judgment
debt should the sale in
execution be allowed to take place. However, of even greater
importance in this regard is the fact that
it is apparent that the
respondent is not really seeking satisfaction of the judgment. His
motive is to put an end to the litigation
by obtaining possession
and control of the applicant's claim against him. During the course
of argument this was expressly stated
by Mr Buchanan, who appeared
on behalf of the respondent, to be the respondent's only motive. .
.
I have no hesitation whatsoever
in coming to the conclusion that I should exercise my discretion in
the applicant's favour. The
contentions to the contrary, insofar as
they relate to the actual payment of the costs, advanced on behalf
of the respondent
are of no significance, once it is realised that
the respondent's motive is not to recover such costs but to put an
end to the
litigation. This is not a case of a judgment debtor
having to pay the price of forfeiting his claim in order to put the
judgment
creditor in possession of funds which will go towards
satisfying his claim, for the judgment creditor is not in this case
seeking
to obtain such funds. Therefore the reliance the respondent
seeks to place on the dicta referred to in
Madden's
case supra and
Marais
v Aldridge and Others (supra)
,
is unfounded. The true position is that the respondent is attempting
to make use of a process of the Court, which is designed
to enable
him to obtain satisfaction of the judgment for costs granted in his
favour, for the purpose of putting an end to the
litigation against
him and for that purpose only. His purpose is therefore an ulterior
one. In this regard it is in my view appropriate
to refer to what
was stated by De Villiers JA in
Hudson
v Hudson and Another
1927 AD 259
at 268:
'When therefore, the Court
finds an attempt made to use for ulterior purposes machinery devised
for the better administration
of justice, it is the duty of the
Court to prevent such abuse. But it is a power which has to be
exercised with great caution,
and only in a clear case.'
A clearer case of an abuse of
the process of Court than the present one is difficult to imagine.”
In
Bestbier
v Jackson
1986 (3)
SA 482
(W), `n ander beslissing waarop die appellant steun, het die
verweerder op grond van `n kostebevel vanweë `n uitstel van die

saak op die eiser se belang in die aksie beslag gelê. Hangende
`n aansoek vir die hersiening van die taksasie van die betrokke

kosterekening het die verweerder opdrag gegee aan die balju om voort
te gaan met die eksekusieverkoping. Die eiser het daarop
aansoek
gedoen vir die opskorting van die eksekusieverkoping. Coetzee R het
die aansoek toegestaan. Hy het saamgestem met Nestadt
R se
beslissing in
Soja
op 411A dat hy `n diskresie het om so’n bevel te maak. Dit was
vir Coetzee R duidelik dat die belang waarop beslag gelê
is
geen waarde gehad het vir enigiemand anders as die twee verweerders
nie; dat, indien dit opgeveil sou word, dit verkoop sou
word vir
feitlik niks nie en dat die eiser van sy vordering in die saak
waarin die kostebevel gemaak is, ontneem sou word. Op
485B-F het hy
gesê:

(T)his kind of execution
is something that ought not to be and will not be encouraged by the
Courts. . . .
It is perfectly obvious that
justice requires that this review of taxation be proceeded with, or
at least that the applicant be
given an opportunity to proceed with
it, and that, pending that, this rather harassing sale in execution
of his very cause of
action in that action, be stayed.”
Die appellant betoog dat die
feit dat, anders as in
Whitfield
,
in die onderhawige geval reeds `n verkoping plaasgevind het, nie
enige verskil maak nie omrede die tersydestelling van die
eksekusieverkoping nie die regte van onskuldige derdes affekteer nie
en dit moet volg, aldus die betoog, dat indien die beslaglegging

teen die openbare belang is, die verkoping ook teen die openbare
belang moet wees.
Enige twyfel wat mag bestaan
het oor die bevoegdheid van `n hof om `n verkoping in eksekusie op
te skort, is uit die weg geruim
deur die bepalings van hofreël
45A wat uitdruklik bepaal dat die hof die uitvoering van `n bevel
mag opskort vir sodanige
tydperk as wat dit mag goeddink. Waar die
vonnisskuldeiser en beslaglegger van `n eiser se reg, titel en
belang in `n aksie die
verweerder in daardie aksie is, sal die feit
dat die eiser se eis, indien suksesvol, sy vonnisskuld teenoor die
verweerder sal
uitwis, `n relevante faktor wees wat die hof in die
uitoefening van sy diskresie ingevolge reël 45A in ag sal moet
neem.
Indien die verweerder `n teeneis, anders as `n vonnis maar wat
deur die eiser erken word, teen die eiser gehad het vir die betaling

van `n geldsom, sou die eiser ingevolge reël 22(4) kon vra dat
uitspraak ten opsigte van daardie gedeelte van die verweerder
se
teeneis wat deur sy eis, indien suksesvol, uitgewis sou word,
uitgestel word tot tyd en wyl uitspraak op sy eis gegee is.

Uitspraak op die verweerder se teeneis sou dan in die geheel of
gedeeltelik uitgestel word tensy die hof anders sou beveel.
Dit kan
duidelik onbillik teenoor `n verweerder wees om van hom te verlang
om sy skuld aan `n eiser te betaal indien dit moontlik
uitgewis sal
word deur `n ongelikwideerde teenvordering wanneer vonnis ten
opsigte daarvan gegee word. Dit is waarskynlik die
oorweging wat
aanleiding gegee het tot die aanname van reël 22(4). Dieselfde
oorweging geld ook waar `n party tot `n geding
`n kostebevel teen `n
ander party wat `n ongelikwideerde vordering teen hom het, wil
afdwing. In die onderhawige geval was die
beslaglegger natuurlik nie
die verweerder in die betrokke aksie nie.
In
Eastwood
v Shepstone
1902 TS
294
(“
Eastwood”)
op 302 het Innes HR gesê:

Now this Court has the
power to treat as void and to refuse in any way to recognise
contracts and transactions which are against
public policy or
contrary to good morals. It is a power not to be hastily or rashly
exercised; but when once it is clear that
any arrangement is against
public policy, the Court would be wanting in its duty if it
hesitated to declare such an arrangement
void. What we have to look
to is the tendency of the proposed transaction, not its actually
proved result.”
Ooreenkomste is “against
public policy” indien hulle teen die openbare belang is (sien
Sasfin (Pty) Ltd v
Beukes
1989 (1) SA 1
(A) (
“Sasfin”)
op 8A-C). Smalberger AR sê in
Sasfin
op 8D:

Agreements which are
clearly inimical to the interests of the community, whether they are
contrary to law or morality, or run
counter to social or economic
expedience, will accordingly, on the grounds of public policy, not
be enforced”.
Alhoewel normaalweg `n
onderskeid getref word tussen kontrakte wat onwettig of
onafdwingbaar is omrede hulle teen die openbare
belang is of omrede
hulle
contra bonos
mores
is, wys
Smalberger AR daarop dat die klassifikasie van kontrakte in
kontrakte wat
contra
bonos
mores
is en kontrakte wat teen die openbare belang is, omruilbaar is, en
dat wanneer `n hof weier om `n kontrak af te dwing dit per
slot van
rekening gedoen word op grond van die openbare belang (8E-F). Vir
dié rede is die feit dat die appellant in sy
besonderhede van
vordering beweer het dat die verkoping
contra
bonos
mores
was, maar betoog het dat dit teen die openbare belang was, van geen
belang nie.
Die waarskuwing in
Eastwood
om nie te geredelik
te weier om erkenning aan `n kontrak of transaksie te verleen op
grond daarvan dat dit teen die openbare belang
sou wees om dit te
doen nie, is weer eens beklemtoon in
Sasfin
.
Smalberger AR sê in dié verband op 9 B en E:

No court should ...
shrink from the duty of declaring a contract contrary to public
policy when the occasion so demands. The
power to declare contracts
contrary to public policy should, however, be exercised sparingly
and only in the clearest of cases,
lest uncertainty as to the
validity of contracts result from an arbitrary and indiscriminate
use of the power. One must be careful
not to conclude that a
contract is contrary to public policy merely because its terms (or
some of them) offend one’s individual
sense of propriety and
fairness. . . .
. . .
In grappling with this often
difficult problem it must be borne in mind that public policy
generally favours the utmost freedom
of contract, and requires that
commercial transactions should not be unduly trammelled by
restrictions on that freedom.”
`n Faktor wat in ag geneem
moet word by die beoordeling van die vraag of `n transaksie teen die
openbare belang is al dan nie,
is dat die openbare belang ook gedien
word deur “simple justice between man and man” (sien
Sasfin
op 9G en ook per Van Heerden AR op 28A-B; sien ook
Botha
(now Griessel) v Finanscredit (Pty) Ltd
1989 (3) SA 773
(A) op 783A-B).
Ek handel eers met die vraag
of die beslaglegging en eksekusieverkoping met die doel om die
hangende geding te beëindig
en nie om 'n vonnisskuld, synde die
tweede en derde respondente se getakseerde koste, te verhaal nie, 'n
misbruik van die regsproses
daargestel het.
In
Hunter
v Chief Constable of West Midlands and Another
[1981] 3 All ER 727
(HL) (“
Hunter
”)
het Lord Diplock gesê op 729:

My Lords, this is a case
about abuse of the process of the High Court. It concerns the
inherent power which any court of justice
must possess to prevent
misuse of its procedure in a way which, although not inconsistent
with the literal application of its
procedural rules, would
nevertheless be manifestly unfair to a party to litigation before
it, or would otherwise bring the administration
of justice into
disrepute among right-thinking people. The circumstances in which
abuse of process can arise are very varied;
those which give rise to
the instant appeal must surely be unique. It would, in my view, be
most unwise if this House were to
use this occasion to say anything
that might be taken as limiting to fixed categories the kinds of
circumstances in which the
court has a duty (I disavow the word
discretion) to exercise this salutary power.”
Wat in `n bepaalde geval as
`n misbruik van die regsproses in Engeland beskou mag word, sal
natuurlik nie noodwendig as sodanig
in Suid-Afrika beskou word nie.
Die beginsel hierbo aangehaal en waarop die saak beslis is, is egter
dieselfde beginsel as waaraan
erkenning verleen is in
Hudson
waarna in
Whitfield
verwys is en wat ook hierbo aangehaal is. In
Hudson
het die eiser `n
eksepsie opgewerp teen `n tweede verweerder se verweerskrif op
dieselfde basis as waarop eksepsie onsuksesvol
geneem is teen die
eerste verweerder se verweerskrif. Die hof het bevind dat dit gedoen
is slegs om `n uitstel te verkry en dat
dit `n misbruik van die
regsproses was. Die eksepsie is gevolglik geskrap. Die respondente
het gepoog om
Hudson
te onderskei op die
basis dat die eiser in
Hudson
geen bedoeling gehad het om `n eksepsie op te werp nie terwyl die
bedoeling in die onderhawige geval wel was om op die betrokke
reg
beslag te lê en dit in eksekusie te verkoop. In
Hudson
is geen aanduiding te vinde dat die beslissing enigsins anders sou
gewees het indien die eiser, ten einde `n uitstel te verkry,
van
voorneme was om deur die futiele oefening, om sy eksepsie te
argumenteer, te gaan nie. Dit blyk ook nie dat die hof van mening

was dat dit nie die bedoeling van die eiser was nie. Dit is
nietemin, aldus die respondente, die basis waarop die beslissing
in
Hudson
versoen
moet word met die beslissing in
Tsose
v Minister of Justice
1951 (3) SA 10
(A) (“
Tsose”)
.
In
Tsose
het Schreiner AR op 17G-H gesê

For just as the best
motive will not cure an otherwise illegal arrest so the worst motive
will not render an otherwise legal arrest
illegal.”
Tsose is gearresteer op `n
klagte dat hy onwettig op `n plaas was. Die saak teen hom is
uitgestel en hy is op borgtog vrygelaat.
Daarna en voor die datum
waarna die saak uitgestel is, is hy weer eens gearresteer. Die saak
is na dieselfde datum as die vorige
een uitgestel maar geen borgtog
is aan hom verleen nie. Hy het aansoek gedoen vir `n interdik wat
die polisie sou verbied om
hom te arresteer op `n klagte van
betreding terwyl `n ander klagte van betreding hangende was. Dit was
nie betwis dat die polisie
te kenne gegee het dat hulle sou
voortgaan om hom te arresteer wanneer ookal hy op die plaas gevind
word tot tyd en wyl hy die
plaas verlaat het nie. Die vraag was of
hierdie motief die arres onregmatig gemaak het. Schreiner AR het ten
aansien van hierdie
vraag beslis op 17 C-E:

If the object of the
arrest, though professedly to bring the arrested person before the
court, is really not such, but is to frighten
or harass him and so
induce him to act in a way desired by the arrestor, without his
appearing in court, the arrest is, no doubt,
unlawful. But if the
object of the arrestor is to bring the arrested person before the
court in order that he may be prosecuted
to conviction and so may be
led to cease to contravene the law the arrest is not rendered
illegal because the arrestor’s
motive is to frighten or harass
the arrested person into desisting from his illegal conduct.”
Tsose
is geen gesag vir die proposisie dat waar die prosedurereëls
van die hof aangewend word ten einde `n ander doel te bereik
as
waarvoor hulle bestem is, `n hof niks daaromtrent kan doen nie. Die
arrestasies was waarskynlik wettige arrestasies ingevolge
die
Strafproseswet 31 van 1917 wat op daardie stadium gegeld het en is
nie gedoen ingevolge die prosedurereëls van die hof
nie. Hulle
is gevolglik nie geraak deur die beginsel waarna in
Hudson
en
Hunter
verwys
is nie.
In
Estate
Logie v Priest
1926
AD 312
(“
Estate
Logie
”)
het die hof beslis
dat dit nie onbehoorlik van `n krediteur was om aansoek te doen vir
die sekwestrasie van sy skuldenaar se boedel
met die doel om
betaling van sy skuld te kry en nie om `n
concursus
creditorum
te bewerkstellig nie. Die hof was van mening dat die beweegrede van
persone wat sekwestrasieverrigtinge aanhangig maak normaalweg
was om
betaling van hulle skuld te verkry en dat hulle nie beïnvloed
word deur altruïstiese oorwegings of besorgdheid
oor ander
skuldeisers wat hulle eie belange kan behartig nie (319). Die hof
was gevolglik van mening dat die regsproses nie misbruik
is nie. In
sy uitspraak het Solomon AR verwys na
King
v Henderson
[1898]
AC 720
(“
King
”).
Volgens Solomon AR (op 320) is in
King
beslis dat “it is neither fraud nor an abuse of the powers of
the Court to petition for a sequestration order with an indirect

motive, that is, for a purpose other than the equal distribution of
the testator’s assets, as, for example, to exclude
the
appellant from a partnership”. Hierdie passasie was egter nie
bedoel om te sê dat motief of doel nooit ter sake
is nie en
dit is ook nie hoe Solomon AR dit verstaan het nie. Al wat in
King
beslis is, is dat motief op sigself nie `n misbruik van die
regsproses daarstel nie. Lord Watson het op 731 gesê:

In the opinion of their
Lordships, mere motive, however reprehensible, will not be
sufficient for that purpose (to constitute
an abuse of process or a
fraud on the Court); it must be shewn that, in the circumstances in
which the interposition of the Court
is sought, the remedy would be
unsuitable, and would enable the person obtaining it fraudulently to
defeat the rights of others,
whether legal or equitable.”
[Die gedeelte tussen hakies is
deur my ingevoeg.]
Ter illustrasie het Lord Watson
verwys na
Ex parte
Gallimore
2 Rose 424
(“
Gallimore
”);
Ex parte Wilbran
[1820] EngR 155
;
5 Madd. 1
(“
Wilbran
”);
In re Davies
3 Ch. D. 461
(“
Davies
”)en
Ex parte Griffin
12 Ch. D. 480
(“
Griffin
”).
In
Gallimore
is sekwestrasieverrigtinge tersyde gestel nieteenstaande die feit
dat al die vereistes aanwesig was omrede die applikant `n indirekte

en onbehoorlike doel gehad het, naamlik die beëindiging van `n
huurkontrak. Dit is beskou as `n gebruik van die prosedure
vir `n
bedrieglike doel (
King
op 732). Na verwysing na en goedkeuring van die stelling in
Wilbran
dat “the courts of justice had no concern with the motives of
parties who asserted a legal right” het Lord Watson
op 732
gesê:

Motive cannot in itself
constitute fraud, although it may incite the person who entertains
it to adopt proceedings which, if successful,
would necessarily lead
to a fraudulent result; and
it
is not the motive, but the course of procedure which leads to that
result, which the law regards as constituting fraud
.”
(My kursivering.)
Hierdie passasie is met
oënskynlike goedkeuring deur Solomon AR aangehaal in
Estate Logie
(320).
In
In
re Majory
[1955] Ch
600
op 623-624 het Evershed M.R., Jenkins en Romer L.JJ. na
verwysing na verskeie gewysdes, ook
Wilbran,
gesê dat daar
`n algemene reël is “that court proceedings may not be
used or threatened for the purpose of obtaining
for the person so
using or threatening them some collateral advantage to himself, and
not for the purpose for which such proceedings
are properly designed
and exist; and a party so using or threatening proceedings will be
liable to be held guilty of abusing
the process of the court and
therefor disqualified from invoking the powers of the court by
proceedings he has abused.”
Die beginsel dat die regsproses
misbruik word wanneer dit gebruik word vir `n doel waarvoor dit nie
bestem is nie word ook in
Australië erken (sien
Packer
v Meagher
[1984] 3
NSWLR 486
op 492 en
T
J M Products (Pty) Ltd v A & P Tyres (Pty) Ltd
[1988]
78 ALR 579
(Federal Court) op 585).
Sedert die beslissing in
Hudson
is ook in verskeie Suid-Afrikaanse beslissings geweier om toe te
laat dat die regsproses misbruik word deur die aanwending daarvan

vir 'n doel waarvoor dit nie bestem is nie (vgl
Janit
v Motor Industry Fund Administrators (Pty) Ltd
[1994] ZASCA 110
;
1995
(4)
SA
293
(A)
op 308G
;
Beinash v Wixley
[1997] ZASCA 32
;
1997 (3) SA 721
(SCA) (
"Beinash"
)
op 734G).
In
Beinash
moes die hof beslis of die uitreiking van 'n getuiedagvaarding 'n
misbruik van die regsproses was. Mahomed HR sê op 734
F-G:
"What does constitute an
abuse of the process of the Court is a matter which needs to be
determined by the circumstances
of each case. There can be no
all-encompassing definition of the concept of 'abuse of process'.
It can be said in general terms,
however, that an abuse of process
takes place where the procedures permitted by the Rules of the Court
to facilitate the pursuit
of the truth are used for a purpose
extraneous to that objective. ... A subpoena
duces
tecum
must have a
legitimate purpose."
In
Standard
Credit Corporation Ltd v Bester
1987 (1) SA 812
(W) is in nog meer algemene terme gesê (op
820A-B):
"In general terms,
however, an abuse of the process of the court can be said to take
place when its procedure is used by
a litigant for a purpose for
which it was not intended or designed, to the prejudice or potential
prejudice of the other party
to the proceedings."
In
Goldsmith
v Sperrings Ltd
[1977]
2 All ER 566
[CA] was die vraag of sekere aksies `n misbruik van die
regsproses daargestel het. Scarman LJ het die toets soos volg
geformuleer
op 582c:

In the instant
proceedings the defendants have to show that the plaintiff has an
ulterior motive, seeks a collateral advantage
for himself beyond
what the law offers, is reaching out ‘to effect an object not
within the scope of the process’:
Grainger
v Hill
[1838] EngR 365
;
(1838) 4 Bing NC 212
at 221
per
Tindal CJ. In a phrase, the plaintiff’s purpose has to be
shown to be not that which the law by granting a remedy offers
to
fulfil, but one which the law does not recognise as a legitimate use
of the remedy sought: ...”
Dit is nie net die hoofdoel
waarvoor 'n spesifieke regsproses bestem is wat geoorloof is nie en
ek meen nie dat die voormelde
formulerings van die toets om te
bepaal of 'n aanwending van die regsproses 'n misbruik daarvan is,
verstaan moet word om te
sê dat dit die geval is nie. Die
aanwending van 'n regsproses vir 'n doel anders as die spesifieke
doel waarvoor dit bestem
is, kan nietemin redelik wees. Dit sal die
geval wees indien daardie doel binne die breë bestek van die
betrokke regsproses
val. So byvoorbeeld kan in sekere omstandighede
aansoek gedoen word vir 'n bevel dat die eiser sekuriteit vir koste
verskaf.
'n Verweerder wat so 'n aansoek doen met die doel om 'n
einde aan die litigasie te maak, maak nietemin redelike gebruik van

die betrokke regsproses omrede sy doel binne die breë bestek
van die betrokke regsproses val. Dit is in die woorde van Mahomed

HR 'n "legitimate purpose". Daarteenoor, indien dit
onredelik is om die regsproses vir sodanige doel te gebruik, word

dit misbruik. Dit sal die geval wees indien die regsproses gebruik
word vir 'n doel wat geen verband hou met die doel waarvoor
dit
bestem is nie.
In
King
,
Wilbran
en
Estate Logie
was die hof nie van mening dat die regsproses onbehoorlik aangewend
is nie. In beide
Wilbran
en
King
is beslis dat `n sekwestrasie om die vennootskap wat aan die
applikant geld skuld te ontbind eenvoudig `n bymotief was wat geen

misbruik van die prosedure daargestel het nie. In
Estate
Logie
is na my
mening heeltemal tereg bevind dat die aanwending van die
sekwestrasieprosedure ten einde betaling van `n geldskuld te
bekom
nie `n onbehoorlike aanwending van daardie prosedure was nie.
Weer eens word nie te kenne
gegee dat wat elders beskou is as `n misbruik van die regsproses ook
in Suid-Afrika so beskou sal
word nie. Opvattings verander van tyd
tot tyd en van gemeenskap tot gemeenskap
Die uitwinningsprosedure
vervat in die hofreëls is bestem om gebruik te word om `n
vonnisskuld te verhaal. In die onderhawige
geval het die respondente
die uitwinningsproses ten opsigte van die appellant se reg, titel en
belang in die hangende geding
teen die vyfde respondent aangewend,
nie om die appellant se vonnisskulde teenoor die tweede en derde
respondente of `n gedeelte
daarvan te verhaal nie, maar wel om
sodanige reg, titel en belang te bekom ten einde die litigasie te
beëindig.
Die respondente betoog dat
soortgelyke optrede goedgekeur is in die sake
Marais
v Aldridge
1976 (1)
SA 746
(T) (“
Marais
”),
Madden v BP Southern
Africa (Pty) Ltd
1967
(2) SA 326
(D) (“
Madden
”),
Mahabeer v Rajpathi
1961 (4) SA 269
(D) (“
Mahabeer
”)en
Klisser v Gold
1961 (1) SA 821
(D) (“
Klisser
”).
Na my mening is dit nie so nie.
In
Marais
het `n derde party op `n eiser se belang in `n aksie beslag laat lê
en is dit in eksekusie verkoop aan die verweerder in
die aksie. Enige
samespanning tussen die derde party en die verweerder is ontken. Daar
was geen suggestie dat die derde party nie
gepoog het om die eiser se
vonnisskuld teenoor hom te verhaal nie. Onder die omstandighede stem
ek saam met die stelling van Melamet
R wat die saak beslis het, dat
dit nie saak maak dat die koper die reg van die eiser om met die
aksie voort te gaan, sou frustreer
nie (750C). Die
uitwinningsprosedure is nie misbruik nie. Die derde party het dit
gebruik om sy vonnisskuld te verhaal.
In
Madden
het die respondent beslag laat lê op die applikant se belang
in die uitslag van `n appèl wat die applikant aangeteken
het
teen `n vonnis ten gunste van die respondent betreffende die
applikant se reg op okkupasie van sekere persele. Die applikant
het
aansoek gedoen vir `n opskorting van die eksekusieverkoping op grond
daarvan dat die respondent sy reg kon inkoop en die
appèl kon
frustreer. Miller R het soos volg beslis (328 A-C):

It seems to me to be
correct that in the event of Mr. Friedman's clients purchasing this
particular asset, namely the interest
which the judgment debtor has
in the appeal presently pending, he could in effect frustrate the
applicant's whole intent and
purpose, which is to have the decision
of this Court set aside by a higher tribunal. It does not follow, of
course, that the
judgment creditor will acquire this right at the
sale in execution but, even if he does and decides to utilise his
right in a
way which would frustrate the applicant's right of
appeal, that is merely one of the incidents of the sale in
execution; it
is part of the price which the judgment debtor, who
cannot pay his creditor in any other way, has to pay in order to put
the
judgment creditor in possession of funds which will go towards
satisfying his claim.
No other ground has been
advanced by the applicant why the advertised sale should be stayed
nor am I aware of any.”
Dit is dus nie aangevoer dat
die uitwinningsprosedure nie aangewend word om `n skuld te verhaal
nie. Wat die effek sou wees indien
dit die geval was, is gevolglik
nooit deur die hof oorweeg nie.
Ook in
Klisser
en
Mahabeer,
waarin die applikante aansoek gedoen het vir bevele wat die balju
magtig om op hul teenpartye se belange in die betrokke gedinge

beslag te lê, is nie aangevoer dat die uitwinningsprosedure
nie aangewend word vir die doel waarvoor dit bestem is nie
en dat
dit gevolglik `n misbruik van die regsproses daargestel het nie.
Alhoewel die sake waarna
hierbo verwys is en waarin gehandel word met 'n misbruik van die
regsproses, meestal handel met 'n
misbruik van die resproses
insoverre dit betrekking het op die litigasieproses,bestaan daar na
my mening geen logiese rede of
beginsel op grond waarvan 'n hof se
plig om 'n misbruik van die "machinery devised for the better
administration of justice"
(synde die woorde gebruik in
Hudson
)
te voorkom, beperk behoort te word tot die litigasieproses nie en
waarom dit nie ook moet geld ten opsigte van die eksekusieproses

nie.
Dit is onwaarskynlik dat
enigiemand anders as `n verweerder, of `n vriend van die verweerder,
of `n persoon wat `n belang in
die verweerder het (hierna `n
handlanger genoem), met die doel om `n einde aan die litigasie te
maak, op `n eiser se eis teen
die verweerder sal laat beslag lê
en dit sal koop op die eksekusieverkoping. So’n aanwending van
die eksekusieproses
is `n aanwending daarvan vir `n doel wat geen
verband hou met die doel waarvoor die uitwinningsproses bestem is
nie. Daar is
ander prosedures wat gevolg kan word om `n eiser aan
bande te lê indien beweer word dat die verrigtinge deur hom
ingestel,
kwelsugtig is. So’n aanwending van die
uitwinningsproses is verder `n aanwending daarvan wat onbillik
teenoor `n verweerder
kan wees en wat die regsadministrasie in `n
swak lig kan stel. Indien dit toegelaat word, kan enige kostebevel
of enige ander
skuld van `n minvermoënde eiser teenoor die
verweerder of `n handlanger of 'n skuld wat deur die verweerder of
handlanger
bekom kan word, fataal wees vir die eiser se eis. Dit kan
meebring dat hy, omrede hy nie `n skuld kan betaal nie, sy eis
ontneem
word sonder dat sy skuld enigsins verminder word en dít
deur die aanwending van `n prosedure wat nie vir daardie doel bestem

is nie. Dit is so omrede litigasie `n baie duur en uitgerekte
proses kan wees en in baie gevalle, veral waarskynlik waar die
eiser
`n minvermoënde, ongesofistikeerde persoon is; die verweerder
`n vermoënde persoon is; die eis hand en tand beveg
word en die
bewys daarvan afhang van die eiser se getuienis, daar hoegenaamd
geen mark vir daardie eis sal wees nie. Indien so’n
proses
toegelaat word, word die minvermoënde eiser, indien hy 'n fout
in die geding deur hom ingestel sou maak wat 'n kostebevel
teen hom
tot gevolg het, uitgelewer aan die genade van die verweerder. Die
feite in
Whitfield
illustreer die onbillike resultate wat sulke optrede tot gevolg kan
hê. In die onderhawige geval het die appellant, wat
met
regshulp litigeer en wat geen ander bates gehad het waarop beslag
gelê kon word nie, dan ook sy eis verloor sonder
dat sy
vonnisskuld teenoor die tweede en derde respondente verminder het.
Aan die ander kant sal dit geensins onbillik wees om
nie die
verweerder of `n derde toe te laat om so op te tree nie. Al wat van
hulle verlang word, is om nie die regsproses te gebruik
vir `n doel
waarvoor dit nie bestem is nie.
Vir die voormelde redes is ek
van mening dat die beslaglegging op appellant se reg, titel en
belang met die doel om dit by die
eksekusieverkoping te koop ten
einde `n einde aan die litigasie te maak en nie om die onderliggende
vonnisskuld te verhaal nie,
`n misbruik van die uitwinningsproses
was wat nie toegelaat behoort te word nie.
Dit is betoog dat selfs
indien die beslaglegging tersyde gestel kon word dit nie meer die
geval was toe die verkoping plaasgevind
het nie. Aldus die betoog
moes die appellant aansoek gedoen het vir die opskorting van die
tenuitvoerlegging van die hofbevel.
Nieteenstaande die feit dat die
appellant nie aansoek gedoen het vir die opskorting van die
beslaglegging nie, was die eksekusieverkoping
`n integrale deel van
die misbruik wat van die uitwinningsproses gemaak is. Die misbruik
is van so 'n aard en die gevolge daarvan
is sodanig dat dit teen die
openbare belang is om dit toe te laat. Die verkoping as sulks was
gevolglik teen die openbare belang
In
Sookdeyi
v
Sahadeo
1952 (4) SA 568
(A) op 572A verwys Van den Heever AR na die
traagheid, volgens ons gewysdes, om met eksekusieverkopings wat
reeds uitgevoer is
in te meng. Hy noem egter ook dat hulle in sekere
uitsonderlike gevalle aangeveg kan word. Daar kan na my mening geen
rede bestaan
waarom `n eksekusieverkoping wat teen die openbare
belang is nie tersydegestel kan word as geen onskuldige derdes deur
so’n
tersydestelling geraak sal word nie.
Ek meen gevolglik dat die
appèl behoort te slaag en dat die eksekusieverkoping tersyde
gestel behoort te word.
__________________
P E STREICHER
APPéLREGTER
NGOEPE Wnd AR - Stem saam