About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1998
>>
[1998] ZASCA 19
|
|
Lavers v Hein & Far BK (240/96) [1998] ZASCA 19; 1998 (3) SA 195 (SCA); (25 March 1998)
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak No: 240/96
In
die
saak
tussen:
N H LAVERS
Appellant
en
HEIN &
FAR
BK
Respondent
CORAM: HEFER, EKSTEEN, HOWIE, SCHUTZ
ARR et FARLAM
Wnr
AR
VERHOOR
: 20 Maart 1998
GELEWER
: 25
Maart 1998
UITSPRAAK
HEFER AR
2
Die bevel waarteen geappelleer word is di
van die
Transvaalse
Provinsiale Afdeling in Lavers v Hein & Far
BK 1997(2)SA 396 (T)).
Die feite blyk uit die uitspraak en vir huidige doeleindes is dit voldoende
om te meld dat 'n polisiebeampte beslag gel
het op 'n vermoedelik
gesteelde motorvoertuig wat die respondent kort vantevore van die
appellant gekoop het. Verdere ondersoek het die vermoede bevestig en
die voertuig is aan die eienaar oorhandig. Daarna het die respondent
aksie ingestel om sy skade van die appellant te verhaal op grond van
die waarborg teen uitwinning wat van regswe
aan 'n koper verleen
word. By die verhoor was die enigste geskilpunt uiteindelik of die skuld
verjaar het. Die landdros het ten gunste van die respondent bevind en
op app
l het die Hof a quo die bevinding gehandhaaf.
Die geskil gaan uitsluitlik oor die aanvangsdatum van die
verjaringstermyn. Ooreenkomstig art 12(1) van die Verjaringswet 68
van 1969 begin bevrydende verjaring loop sodra die skuld opeisbaar is
en kragtens art 12(3) word dit geag die geval te wees wanneer die
skuldeiser kennis dra van die identiteit van die skuldenaar en die feite
3
waaruit die skuld ontstaan, of sodanige kennis deur die beoefening van
redelike sorg kon bekom. Volgens die respondent het hy eers
gedurende Januarie 1992 amptelik verneem dat die voertuig aan die
eienaar oorhandig sou word. Sy saak is - en die landdros en die Hof a
guo het hom gelyk gegee - dat verjaring toe eers begin loop het.
Volgens die appellant is aan die vereistes van art 12 reeds gedurende M
ei 1988 voldoen toe die voertuig in beslag geneem is of gedurende November 1988 toe die respondent van die polisie verneem het dat
dit
inderdaad gesteel was en nie weer aan hom oorhandig sou word nie.
Indien een van hierdie alternatiewe korrek is, het die skuld verjaar en
het die landdros en die Hof a guo fouteer.
Ek vind dit nie nodig om die onderskeie standpunte volledig te
bespreek nie. Die beslaglegging het geskied uit hoofde van art 20 van
die Strafproseswet 51 van 1977 op grond van 'n redelike vermoede dat
die voertuig gesteel was. Art 20 en die bepalings van die wet ten
opsigte van die uiteindelike beskikking oor 'n voorwerp waarop beslag
gel
is, is breedvoerig bespreek in Minister van Wet en Orde en 'n
4 Ander
v
Datnis
Motors
(Midlands)
(Edms) Bpk 1989(1) SA 926 (A) en
Vrystaat
Motors
v Henry Blignaut (Edms) Bpk 1996(2) SA 448 (A). Soos
uit hierdie uitsprake blyk, is die strekking van die betrokke bepalings dat
so 'n voorwerp terugbesorg moet word aan die persoon van wie dit in
beslag geneem is slegs "indien so 'n persoon daardie voorwerp wettiglik
mag besit gevolglik, omdat niemand wetend gesteelde goedere
wettig mag besit nie, word 'n gesteelde voorwerp nie terugbesorg aan
die persoon van wie dit in beslag geneem is nadat hy bewus geword
het van die diefstal nie (Datnis Motors 933J-934D; Vrystaat Motors
458F-I). In Vrystaat Motors (op 458I-459B) is verder aangedui dat die
koper in 'n situasie soos die onderhawige nie deur die beslaglegging as
sodanig uitgewin word nie maar wel wanneer dit blyk dat die gesteelde
voorwerp nie aan hom terugbesorg sal word nie.
Dit volg dus dat die betoog namens die appellant dat verjaring In
die onderhawige geval reeds by die beslaglegging begin loop het,
verwerp moet word. Op daardie stadium was daar inderdaad geen
skuld waarop art 12 van die Verjaringswet van toepassing kon wees
5
nie. Wat oorbly is die vraag wanneer dit vir die eerste maal tot die
respondent se kennis gekom het dat die voertuig nie aan hom
terugbesorg sou word nie.
In hierdie verband kom 'n brief wat die polisie op 30 November
1988 aan die respondent se prokureurs gerig het, ter sprake. Voordat
na die inhoud verwys word, is dit nodig om te meld dat die appellant in
sy verweerskrif slegs gepleit het dat verjaring gedurende Mei 1988 by
die beslaglegging begin loop het. In sy skriftelike betoogpunte in hierdie
Hof het respondent se advokaat daarop gewys dat die verweerskrif
nooit gewysig is nie en aangevoer dat 'n uitbreiding daarvan nie
toegelaat behoort te word nie. Tydens sy mondelinge betoog het hy
egtertoegegee dat die betmkke aspek volledig ondersoek is. Gevolglik
kan die brief oorweeg word ten spyte daarvan dat die verweerskrif nie
gewysig is nie. Die relevante gedeelte daarvan lui soos volg:
"Hierdie kantoor wil dit graag duidelik stel dat die betrokke
voertuig reeds as gesteel ge
dentifiseer is en ook deur die
regmatige eienaar positief uitgeken is as die voertuig wat vanaf
hom gesteel is....
Die voertuig sal dus nie aan u kli
nt terugbesorg word nie en sal
6
ingevolge Art 31 van die Strafproses Wet 51/77 aan die
regmatige eienaar terug oorhandig word alternatiewelik aan die
betrokke versekerings maatskappy."
In die lig van die duidelike stelling dat die voertuig inderdaad
gesteel was en nie aan die respondent terugbesorg sou word nie, was
respondent se advokaat verplig om toe te gee dat verjaring by ontvangs
van die brief begin loop het. Die toegewing was onvermydelik.
Respondent se advokaat het egter aangevoer dat verjaring
ooreenkomstig art 14(1) van die Verjaringswet gestuit is deur die
appellant se uitdruklike of stilswyende erkenning van aanspreeklikheid.
Ek is nie van plan om breedvoerig uit te wei oor die betoog in hierdie verband nie omdat daar klaarblyklik niks in steek nie. Dit
het geskied
aan die hand van 'n reeks briewe wat na die beslaglegging tussen die
partye se prokureurs gewissel is. Geeneen van hierdie briewe bevat 'n
erkenning van aanspreeklikheid nie. Kort na die beslaglegging het
respondent se prokureurs terugbetaling van die koopprys van die
appellant ge
is en in die briewe wat daarna deur appellant se
prokureurs geskryf is, is redes aangevoer waarom daar nie aan die eis
7
voldoen sou word nie. Die strekking van elke brief is inderdaad dat
aanspreeklikheid ontken word. Daar is geen sprake van hetsy 'n
uitdruklike of 'n stilswyende erkenning van aanspreeklikheid nie.
Dit volg dus dat die verweer van verjaring gehandhaaf moes
gewees het.
Ek maak die volgende bevel:
Die app
l word gehandhaaf met koste.
2. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en vervang met
die volgende:
(a)
Die app
l word gehandhaaf met koste.
(b)
Die landdros se bevel word tersyde gestel en vervang met
'n bevel waarvolgens die verweer van verjaring
gehandhaaf word en die eiser se eis met koste van die
hand gewys word.
JJF
HE
FER
App
lregter
EKSTEEN
AR } HOWIE
AR } SCHUTZ
AR } Stem saam
FARLAM Wnr
AR }