Amalgamated Banks of South Africa Bpk. v De Goede en 'n Ander (318/95) [1997] ZASCA 30; 1997 (4) SA 66 (SCA); [1997] 2 All SA 427 (A); (27 March 1997)

80 Reportability

Brief Summary

Suretyship — Validity of suretyship agreement — Respondents, married in community of property, signed suretyship without written consent of spouses as required by section 15(2)(h) of the Matrimonial Property Act 88 of 1984 — Appellant contended that section 15(6) exempted them from this requirement as the suretyship was executed in the ordinary course of business — High Court found the exemption inapplicable, leading to dismissal of the appellant's claim — Supreme Court of Appeal held that the respondents' actions as members of a closed corporation constituted a business activity, thus the exemption applied, validating the suretyship agreement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 30
|

|

Amalgamated Banks of South Africa Bpk. v De Goede en 'n Ander (318/95) [1997] ZASCA 30; 1997 (4) SA 66 (SCA); [1997] 2 All SA 427 (A); (27 March 1997)

DIE HOOGSTE
HOF
VAN APP
L
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 318/95
In die saak tussen:
AMALGAMATED BANKS OP SOUTH AFRICA BEPERK
Appellant
en
JOHANNES JACOBUS DE GOEDE
1
steRespondent
ALBERT BERNARD EAGER
2de Respondent
Coram:
HEFER, F H GROSSKOPF, MARAIS, SCHUTZ ARR
en STREICHER Wnd AR
Verhoordatum:
25 Februarie 1997
Leweringsdatum:
27 Maart 1997
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Volkskas Beperk (hierna "Volkskas" of "die bank" genoem) het
omstreeks September 1989 ooreengekom om oortrokke bankfasiliteite aan
Lydenburg Passasiersdiens BK ("die beslote korporasie") te verleen, maar het
vereis dat die lede van die beslote korporasie hulleself as borge teenoor
Volkskas verbind. Die eerste en tweede respondente en 'n sekere C H de
Goede het elk 'n 12% ledebelang in die korporasie gehou terwyl die
oorblywende 64% ledebelang deur J J de Goede (senior) gehou was. Hy is die
vader van die eerste respondent en die skoonvader van die tweede respondent.
J J de Goede (senior) en die twee respondente het op 4 Desember 1989
op versoek van Volkskas 'n onbeperkte borgakte ten gunste van die bank
onderteken. Volkskas het daarop van tyd tot tyd geld op oortrokke rekening
aan die beslote korporasie geleen, maar die beslote korporasie het uiteindelik
3
versuim om die verskuldigde bedrag op aanvraag aan die bank te betaal.
Die appellant het sedertdien alle regte van Volkskas in hierdie verband
oorgeneem. In April 1992 het die appellant 'n aksie vir betaling van die
uitstaande bedrag van R74 863,43 met rente in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling teen vier verweerders ingestel. Die beslote korporasie was die eerste
verweerder, die eerste respondent die tweede verweerder, die tweede
respondent die derde verweerder en gemelde C H de Goede die vierde
verweerder. J J de Goede (senior) se boedel was toe reeds gesekwestreer. Die
hof het op 16 Junie 1992 summiere vonnis teen die eerste en vierde
venveerders toegestaan maar op 6 November 1992 verlof aan die eerste en
tweede respondente (as tweede en derde verweerders) verleen om die aksie te
verdedig.
Die eerste en tweede respondente se verweer is dat hulle beide ten tyde
van die borgstelling binne gemeenskap van goed getroud was en dat hulle
onderskeie gades nie ooreenkomstig die vereiste van art 15(2)(h) van die Wet
op Huweliksgoedere 88 van 1984 ("die Wet op Huweliksgoedere") skriftelik
4
toegestem het dat hulle mag borgstaan nie. Art 15(2) (h) van die Wet op
Huweliksgoedere lui soos volg:
"(2) So 'n gade [nl 'n gade in 'n huwelik in gemeenskap van
goed] mag nie sonder die skriftelike toestemm
ng van die ander
gade -
(h) hom as borg verbind nie."
Dit is gemene saak dat daar nie aan die vereistes van hierdie artikel voldoen is
nie.
Die appellant beroep hom egter op die bepalings van art 15(6) van die
Wet op Huweliksgoedere wat soos volg lui:
" (6) Die bepalings van paragrawe (b), (c), (f), (g) en (h) van subartikel
(2) is nie van toepassing nie waar 'n handeling in daardie paragrawe
beoog deur 'n gade in die gewone loop van sy beroep, bedryf of besigheid verrig word."
Die saak teen die twee respondente het by wyse van 'n gestelde saak
ingevolge hofre
l 33(4) vir die beslissing van sekere regsvrae voor die hof a qu
o (Kirk-Cohen R) gedien. 'n Dokument (bewysstuk A) wat sekere
5
oreengekome feite bevat is ingedien, asook 'n bundel met dokumente wat
olgens ooreenkoms is wat hulle voorgee om te wees. Die partye het
laarblyklik bedoel dat die inhoud van hierdie dokumente ook as feite aanvaar
lag word want die hof a quo is versoek om in die lig van die ooreengekome
site en in die lig van die dokumente te beslis of:
"13.1 Die uitsondering vermeld in art 15(6) van Wet 88 van 1984
aanwending vind bloot vanwe
die feit dat tweede en derde
verweerders [eerste en tweede respondente] in hul
hoedanigheid as lede van 'n beslote korporasie, borg gestaan het vir die skuld op oortrokke rekening deur daardie beslote
korporasie aan eiser verskuldig;
13,2 Die nie-nakoming van die bepalings van artikel 15(2)(h) van Wet
88 van 1984 nietigheid van die betrokke borgakte tot gevolg het."
Die hof a quo het bevind dat die vraag in paragraaf 13.1 hierbo
negatief" beantwoord moet word, en die vraag in paragraaf 13.2 "positief". D
ie appellant se eis is gevolglik van die hand gewys. Die uitspraak van die hof qu
o is sedertdien gerapporteer onder die naam Amalgamated Bank of South A
frica Bpk v Lydenburg Passasiersdienste BK en Andere 1995(3) SA
6
314(T).
Die appellant appe
leer met verlof van die hof a quo na hierdie hof, maar
slegs teen die bevinding waarvolgens die vraag in paragraaf 13.1 "negatief"
beantwoord is.
Die hof a quo het die ooreengekome feite soos uiteengesit in bewysstuk
A in die geheel in die uitspraak aangehaal en dit is dus nie nodig om al daardie
feite te herhaal nie. Ek wil egter na sekere van daardie ooreengekome feite
verwys wat myns insiens van belang mag wees by beoordeling van die vraag
of die bepalings van art 15(6) in die onderhawige geval van toepassing is of nie.
Dit blyk dat die eerste respondent destyds 'n onderwyser van beroep was terwyl
die tweede respondent 'n klerk in diens van die Suid-Afrikaanse lugmag was.
Soos vroe
r gemeld, het hulle elkeen 'n 12% ledebelang in die beslote
korporasie gehou. Hulle het die borgakte in hulle hoedanigheid as lede van die
beslote korporasie onderteken. Hulle het egter nie deel gehad aan die dag tot
dag bedryf van die beslote korporasie se besigheid nie, maar het die daaglikse
bestuur van die besigheid aan J J de Goede (senior) oorgelaat.
7
Daar is 'n verdere feit wat myns insiens relevant is en wat nie uit die
ooreengekome feite in bewysstuk A blyk nie, maar wel uit die beslote
korporasie se finansi
le state van 28 Februarie 1990. Hierdie state, wat deur geoktrooieerde rekenmeesters opgestel en geteken is, vorm deel van die bundel
en toon aan dat die twee respondente bo en behalwe hulle ledebydrae elkeen 'n
lening van R2 500,00 aan die beslote korporasie gemaak het. Hulle het dus 'n
bykomstige finansi
le belang in die besigheid gehad.
Die respondente se ondertekening van die borgakte op 4 Desember
1989 het gepaard gegaan met die ondertekening van sekere ander bankdokumente op dieselfde dag. Hierdie dokumente vorm deel van die
bundel. Daar is onder andere 'n " huweliksverklaring" deur elke respondent
onderteken waarin hy verklaar dat hy binne gemeenskap van goed getroud is en
dat daardie huwelikesgoederebedeling nie sedertdien verander het nie. Die
respondente het ook 'n "verklaring ten opsigte van borgstelling" onderteken
waarin hulle onder andere erken en verklaar dat Volkskas hulle meegedeel het
dat hulle borgstelling vir die skuldverpligtings van die beslote korporasie
8
teenoor Volkskas is, en dat dit ook as voortdurende sekuriteit vir toekomstige
skulde van die beslote korporasie sal dien.
In die lig van die voorgaande volg daar 'n verdere oorweging wat nie uit
die oog verloor moet word nie. Toe die twee respondente die borgakte en die
verklaring ten opsigte van borgstelling as lede van die beslote korporasie
onderteken het, was hulle klaarblyklik bewus van die onderliggende
leningsooreenkoms tussen Volkskas en die beslote korporasie. Die feit dat hulle
die borgakte as lede onderteken het, veronderstel dat hulle as lede van die
beslote korporasie ook die onderliggende leningsooreenkoms uitdruklik of
stilswyend goedgekeur het.
Die betoog namens die respondente dat hulle bloot "papierlede" was,
strook dus nie met die feite nie. Die ondertekening van die borgakte was myns
insiens 'n doelbewuste en oorwo
stap wat die respondente in die lig van al die relevante feite geneem het. Na my oordeel was dit nie slegs 'n handeling in die
loop van die beslote korporasie se besigheid nie, maar, soos later verder
aangetoon sal word, ook 'n handeling in die gewone loop van die respondente
9
se besigheid as lede van en belanghebbendes in die beslote korporasie.
Soos die geleerde regter in die hof a quo opgemerk het, het die Wet op
Huweliksgoedere verreikende veranderings in die gemene reg teweeggebring.
Hoofstuk
III
van die Wet op Huweliksgoedere handel met huwelike in
gemeenskap van goed. Soos blyk uit art 14 was die oogmerk van die wetgewer
om gelyke bevoegdhede met betrekking tot die gemeenskaplike boedel aan
gades getroud binne gemeenskap van goed te verleen. In aansluiting by hierdie
beginsel van gelyke bevoegdhede van die gades is daar die bepalings van art
15(1) waarvolgens elke gade in 'n huwelik in gemeenskap van goed in beginsel enige regshandeling met betrekking tot die gemeenskaplike
boedel kan verrig.
Hierdie bevoegdheid van 'n gade om enige sodanige regshandeling te verrig,
is weliswaar onderhewig aan die bepalings van subartikels (2) en (3). Volgens
daardie subartikels word die toestemrning van die ander gade vir sekere
regshandelinge vereis. Dit is regshandelinge wat moontlik die ander gade se belang in die gemeenskaplike boedel kan benadeel. So bepaal
art 15(2)(a) bv
dat 'n gade nie sonder die skriftelike toestemming van die ander gade
10
onroerende goed wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, mag
vervreem of beswaar nie. Soos gesien, vereis art 15(2)(h) ook d
e ander gade
se skriftelike toestemming alvorens 'n gade hom as borg verbind. Die vereiste
van toestemming geld egter in gelyke mate vir beide gades, d w s sonder om
afbreuk te doen aan die beginsel van gelyke bevoegdhede.
Waar 'n gade egter in die gewone loop van sy beroep, bedryf of
besigheid optree, kan die vereiste van toestemming die normale handelsverkeer
onnodig belemmer en beperk. Dit was vermoedelik om daardie beswaar die
hoof te bied dat die wetgewer in art 15(6) bepaal het dat die toestemming van
die ander gade nie vereis word waar die gemelde regshandelinge in die gewone
loop van 'n gade se beroep, bedryf of besigheid verrig word nie. Borgstelling
is een van daardie regshandelinge gemeld in art 15(6). Art 17(1)(c) bevat 'n
soortgelyke bepaling. Volgens art 17(1) mag litigasie deur of teen 'n gade
getroud in gemeenskap van goed normaalweg nie sonder die skriftelike
toestemming van die ander gade ingestel of bestry word nie, behalwe geregtelike verrigtinge -
11
"(c) ten aansien van 'n aangeleentheid wat betrekking het op sy beroep,
bedryf of besigheid."
Dit is dus duidelik dat die beskerming teen eensydige optrede van 'n gade wat
die gemeenskaplike boedel nadelig kan raak, nie volkome is nie.
Voordat ek in meer besonderhede met die bepalings van art 15(6)
van die Wet op Huweliksgoedere handel, is dit nodig om na sekere bepalings
van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 ("die BK Wet") te kyk.
Hierdie saak handel immers met die geval waar die twee respondente in hulle
hoedanigheid as lede van 'n beslote korporasie borg gestaan het.
Art 42 van die BK Wet bepaal dat elke lid van 'n beslote korporasie in 'n vertrouensverhouding tot die korporasie staan. Kragtens
art 46(a) van die
BK Wet is elke lid geregtig om deel te neem aan die dryf van die besigheid van die korporasie vir sover die wet self of 'n samewerkingsooreenkoms
nie
anders bepaal nie. In die onderhawige geval was daar geen
samewerkingsooreenkoms nie en was die respondente nie as gevolg van ander
bepalings van die BK Wet beperk in hulle reg tot deelname nie. Behoudens die
12
bepalings van art 47 van die BK Wet (wat nie in die onderhawige geval van
toepassing is nie) het lede kragtens art 4
(b) van die BK Wet gelyke regte met
betrekking tot die bestuur van die besigheid van die korporasie en met
betrekking tot die bevoegdheid om die korporasie te verteenwoordig by die dryf
van sy besigheid. Die uitsonderings gemeld in art 4
(b) is nie hier ter sake
nie. Wat die onderlinge of interne verhoudings betref blyk dit dus dat alle
lede, ongeag hulle ledebelang, in beg
nsel gesamentlik beheer oor die
korporasie mag uitoefen. Dit staan lede egter vry om 'n meer passiewe rol te
speel.
Wat die eksterne verhoudings betref bepaal art 54(1) van die BK
Wet dat elke lid in beginsel die bevoegdheid het om die korporasie teenoor
derdes te bind indien die handeling verband hou met die gewone loop van die
korporasie se besigheid, of indien die handeling uitdruklik of stilswyend deur
die korporasie gemagtig is of later bekragtig word.
'n Lid van 'n beslote korporasie staan dus in 'n besondere verhouding tot
die korporasie. Hy is regtens 'n mede-bestuurder van die korporasie en
13
geregtig om deel te neem aan die dryf van die korporasie se besigheid. Daar moet egter onderskei word tussen die beslote korporasie
se besigheid (bv om
passasiersdienste te verskaf) en die lid se besigheid (om die beslote korporasie
se besigheid te dryf en te bestuur). Wanneer hy as lid 'n regshandeling verrig
wat verband hou met die gewone besigheid van die beslote korporasie, tree hy
op in sy hoedanigheid as mede-bestuurder van die beslote korporasie, en dus
ook in die loop van sy besigheid as sodanig.
Ek keer terug na die uitleg van art 15(6) van die Wet op
Huweliksgoedere. Soos ges
en, bepaal art 15(6) dat die skriftelike toestemming
van die ander gade nie vereis word waar 'n gade getroud in gemeenskap van
goed sekere regshandelinge "in die gewone loop van sy beroep, bedryf of
besigheid" verrig nie. Die Afrikaanse teks van die Wet op Huweliksgoedere
is die getekende een. Die Engelse teks gebruik die uitdrukking "in the
ordinary course of his profession, trade or business".
Na my oordeel moet daar by 'n behoorlike uitleg van art 15(6) bepaal
word of 'n (eenmalige) regshandeling wat 'n gade verrig, bv borgstaan, in die
14
gewone loop van sy betrokke beroep, bedryf of besigheid verrig word, en nie of hy in die gewone loop van daardie beroep, bedryf of
besigheid normaalweg
borgstaan nie.
Dit kan myns insiens aanvaar word dat die twee respondente in die onderhawige saak nie in die gewone loop van hulle "beroep"
of "bedryf"
opgetree het toe hulle vir die beslote korporasie borg gestaan het nie. Die
vraag is egter of hu
le in die gewone loop van hulle "besigheid" borggestaan
het. Die antwoord op hierdie vraag hang saam met die betekenis van die
woorde "besigheid" en "business" in die konteks waarin dit in art 15(6) gebruik
is.
Die algemene re
l by wetsuitleg is dat woorde volgens hulle gewone
betekenis verstaan moet word. Sonder om mens blind te staar teen woordeboek
definisies moet daar gelet word op die verskillende betekenisse van die woorde
"besigheid" en "business".
Die
Woordeboek van die Afrikaanse Taal
("
WAT")
, die
Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
3e uitgawe, en die
Verklarende
15
Afrikaanse Woordeboek
van Labuschagne en Eksteen 8e uitgawe, gee almal
"werk" aan as eerste betekenis van die woord "besigheid". Verdere betekenisse
wat in
WAT
aangegee word, sluit onder andere in "iets waarmee 'n mens jou
besighou" en "handelsonderneming".
The Oxford English Dictionary
2e uitgawe gee onder andere die volgende
betekenisse van die woord "business":
"1. The state of being busily engaged in anything ....
11. A task appointed or undertaken; .... function ....
13. In general sense: action which occupies time, demands attention
and labour ....
15a. A particular matter demanding attention .... "
Volgens
The Concise Oxford Dictionary of Current English
8e uitgawe beteken
die woord "business" onder andere die volgende:
"2 a thing that is one's concem.
3
a task or duty.
4
serious work or activity.
8 a commercial house or firm."
Die hof a quo het ook na die volgende omskrywing van "business" in Webster
16
New Universal Unabridged Dictionary
verwys:
" ....that which occupies the time, attention and labour of men for the
purpose of profit or improvement."
Dat die respondente 'n wins oogmerk gehad het, moet op die waarskynlikhede
aanvaar word.
Dit blyk dat die woorde "besigheid" en "business" 'n wye verskeidenheid
van betekenisse het waarvan slegs sommige hierbo genoem is. So kan die
woord "besigheid" in die konteks van art 15(6) enersyds uitgel
word as
"werk", "taak" of "funksie". In daardie geval moet bepaal word of die
respondente se regshandeling van borgstelling in die gewone loop van hulle werk, taak of funksie as mede-bestuurders verrig is. Die
woord "besigheid" kan andersyds ook uitgel
word as "iets waarmee mens jou besighou" ("thing
that is one's concern"), en dan moet gevra word of die respondente die
borgakte in die gewone loop van hulle betrokkenheid as mede-bestuurders van
die beslote korporasie geteken het. Daar is ook ander betekenisse wat in die
samehang van art 15(6) pas. So kan "sy besigheid"verwys na sy betrokkenheid
17
in die handelsonderneming waarin hy 'n belang het.
Die woord "besigheid" word onder andere ook gebruik in wetgewing wat
met sg derde party versekering handel. Die uitleg van die woord geskied egter
in die konteks van daardie besondere wetgewing, soos blyk uit die beslissing in
A A Mutual Insurance Association Ltd v Biddulph and Another 1976(1) SA
725 (A) op 738D-739F. Die volgende insiggewende opmerking kom voor op
739C:
"Thus,
I
think that even a single, isolated activity, enterprise, or pursuit
of serious importance that occupies a person's time, energy, or resources
would also, in appropriate circumstances, be included within the meaning
of 'business' in proviso (iii)."
Ek stem saam met die geleerde verhoorregter dat art 15(6) slegs van
toepassing is indien die regshandeling (die borgstelling) in die gewone loop van die
betrokke gade se besigheid verrig is (321F-H van die gerapporteerde uitspraak). Maar ek kan met eerbied nie saamstem met die verdere
bevinding
dat die borgakte in die onderhawige geval nie in die gewone loop van die
betrokke gade se besigheid onderteken is nie (322A-D).
18
Die feit dat die eerste respondent 'n onderwyser van beroep was, en die
tweede respondent 'n klerk, is geensins deurslaggewend nie. 'n Onderwyser
getroud in gemeenskap van goed kan bv in sy vry tyd 'n besigheid as
meubelmaker in die naam van 'n beslote korporasie dryf. Indien hy die enigste
lid van d
e korporasie is en hy hom in die loop van daardie besigheid sonder toestemming van die ander gade as borg verbind, sal art 15(6) van
die Wet op
Huweliksgoedere na my mening wel van toepassing wees. Die posisie sal myns
insiens ook nie verander indien die dag tot dag besigheid van die korporasie bv
deur 'n bestuurder behartig word nie. (Kyk woordomskrywing van "beampte"
in art 1 van die BK Wet.) Hoewel die besigheid van meubelvervaardiging
regtens die beslote korporasie se besigheid is, is die korporasie as sodanig nog
steeds die onderwyser se besigheid in die sin dat dit sy handelsonderneming is,
en in die sin dat hy as lid regtens die persoon is wat daardie besigheid dryf en
bestuur. Myns insiens kan dit in beginsel ook geen verskil maak nie as die
onderwyser nie die enigste lid van die korporasie is nie, maar slegs een van meerdere lede, en dat een van die ander lede die dag
tot dag bestuur van die
19
beslote korporasie behartig.
Soos reeds genoem is dit die besigheid (werk, taak, funksie) van 'n lid
van 'n beslote korporasie om die korporasie te bestuur en sy besigheid te dryf.
Na my oordeel is dit irrelevant of die lid daardie besigheid daagliks doen of
nie. Die vraag is of die lid die betrokke regshandeling gemeld in art 15(6) (bv
die borgstelling) in d
e gewone loop van van besigheid as mede-bestuurder verrig
het of nie. Na my mening het hy. 'n Enkele ge
soleerde aktiwiteit kan trouens in 'n gepaste geval as "besigheid" beskou word, soos blyk uit die aangehaa
de
passasie in die Biddulph saak, supra. Die eenmalige regshandeling van borgstelling kan dus die lid se besigheid wees.
Die verdere vraag is of die borgstelling in die gewone loop van sy besigheid geskied het. Die uitdrukking "in die gewone loop
van besigheid"
kom ook in ander wetgewing voor, maar dit dra nie noodwendig presies dieselfde betekenis in al die gevalle nie. In Hendriks NO v Swanepoel
1962(4) SA 338(A) het hierdie hof op 345B die vraag of 'n vervreemding "in
die gewone loop van besigheid" in die konteks van art 29 van die
20
Insolvensiewet 24 van 1936 geskied het, soos volg beantwoord:
"Die Hof benader die vraag of 'n transaksie in die gewone loop van sake
geskied het, objektief wanneer hy hom afvra of, in ag genome die
voorwaardes van die ooreenkoms en die omstandighede waaronder dit
aangegaan is, die bedoelde ooreenkoms een is wat normaalweg tussen
solvente besigheidsmense aangegaan sou word."
(Vg
ook Joosab v Ensor NO 1966(1) SA 319(A) op 326D-E; Ensor NO v Rensco Motors (Pty) Ltd 1981(1) SA 815(A) op 824H-825A.)
Hierdie objektiewe toets onder die Insolvensiewet kan egter nie sonder
meer op die feite van die onderhawige saak toegepas word nie en moet
aangepas word sodat daar nie na solvente besigheidsmense nie, maar slegs na
besigheidsmense verwys word.
Die vraag of die borgs
elling in die onderhawige geval in die gewone loo
p van die respondente se besigheid geskied het, moet aan die hand van die
volgende feite beoordeel word. Die beslote korporasie het aansoek om
oortrokke bankfasiliteite gedoen ten einde bedryfsuitgawes te betaal. Die bank
het die fasiliteite toegestaan op voorwaarde dat elke lid van die beslote
21
korporasie homself as borg teenoor die bank verbind.
Indien die toets onder die Insolvensiewet mutatis mutandis op die
bogenoemde feite toegepas word, is ek van oordeel dat die respondente se
borgstelling in die gewone loop van hulle besigheid geskied het. Dit is myns
insiens 'n transaksie met gebruiklike terme wat gewone besigheidsmense
normaalweg onder die gegewe omstandighede sou aangegaan het.
Na my mening is die borgstelling dus in die gewone loop van besigheid
verleen. Dit is reeds bevind dat die borgsteliing van elke respondent in die
loop van sy besigheid geskied het. In die omstandighede is daar aan die
bepalings van art 15(6) van die Wet op Huweliksgoedere voldoen en die app
l
moet dus slaag,
Die volgende bevel word gemaak:
1.
Die app
l word gehandhaaf met koste, welke koste deur die eerste
en tweede respondente gesamentlik en afsonderlik betaal moet
word.
2.
Die bevinding van die hof a quo word tersyde gestel en met die
volgende vervang:
1.
22
"(a) Die vraag gestel in paragraaf 13.1 van bewysstuk A word
positief beantwoord.
(b)
Die saak word sine die uitgestel vir voortsetting van die
verhoor.
(c)
Tweede en derde verweerders moet die koste van hierdie
gestelde saak gesamentlik en afsonderlik betaal."
F H Grosskopf AR
Hefer AR Marais AR Schutz AR Stem saam
DIE
HOOGSTE HOF VAN APP
L
VAN
SUID-AFRIKA
In die saak tussen:
AMALGAMATED BANKS OF
SOUTH AFRICA
BEPERK
APPELLANT
en
JOHANNES JACOBUS DE GOEDE
1STE RESPONDENT
ALBERT BERNARD
EAGER
2DE
RESPONDENT
VOOR
: HEFER, F H GROSSKOPF, MARAIS, SCHUTZ
ARR en STREICHER Wnd AR
DATUM VERHOOR
: 25 FEBRUARIE 1997
DATUM GELEWER
: 27 MAART 1997
UITSPR
AAK STREICHER, WndAR
:
Ek het die voordeel daarvan gehad om die uitspraak
("die hoofuitspraak") te lees van my kollega F H Grosskopf AR maar
stem nie saam dat die app
l gehandhaaf moet word nie.
2
Die skriftelike toestemming van 'n gade getroud in
gemeenskap van goed, dat die ander gade hom as borg verbind,
word, ingevolge artikel 15(6) van die Wet op Huweliksgoedere, 1984
("die Wet"), nie vereis waar die ander gade "in die gewone loop van
sy beroep, bedryf of besigheid" opgetree het nie. In die Engelse
weergawe van die artikel word gepraat van "in the ordinary course
of his profession, trade or business". Dit is nie betoog dat die
appellant die borgkontrakte in die loop van hulle beroep of bedryf
gesluit het nie maar slegs dat hulle dit in die loop van hulle besigheid
gedoen het.
Ingevolge die gestelde saak waarop die partye
ooreengekom het, was dit gemeensaak tussen die partye dat die eerste
respondent 'n onderwyser en die tweede respondent 'n klerk van
beroep was; dat die twee respondente die betrokke borgaktes as lede
van die hoofskuldenaar, 'n beslote korporasie, onderteken het; dat elk
3
van die respondente 'n 12% ledebelang in die beslote korporasie
gehad het; dat die twee respondente diensooreenkomste as lede van
die beslote korporasie onderteken het; dat die twee respondente nie
deel gehad het aan die dag tot dag dryf van die besigheid van die
hoofskuldenaar nie; dat geen samewerkingsooreenkoms, ingevolge die
bepalings van artikel 44 van die Wet op Beslote Korporasies, 1984
("die BK Wet"), tussen die lede van die hoofskuldenaar tot stand
gekom het nie, en dat die respondente nie ingevolge artikel 47 van
die BK Wet onbevoeg was om deel te neem aan die bestuur van die
hoofskuldenaar nie.
In die hoofuitspraak word dit ook as 'n feit aanvaar dat
elk van die respondente geld aan die beslote korporasie geleen het.
Volgens 'n dokument wat voorgee die finansi
le state van die beslote korporasie te wees, vir die tydperk ge
indig 28 Februarie 1989, blyk
dit die geval te wees. Die state gee voor onderteken te wees deur J
4
J de Goede (snr) en opgestel te wees deur geoktrooieerde
rekenmeesters. Die spasie wat gelaat is vir die handtekeninge van die
respondente is blanko. Die partye het wel erken dat die dokumente
was wat hulle voorgee om te wees, maar het nie die korrektheid van die inhoud daarvan erken nie. Onder die omstandighede is dit na
my mening nie erken of bewys dat elk van die respondente geld aan die
beslote korporasie geleen het nie. Verder word in die hoofuitspraak
ges
dat die beslote korporasie aansoek om oortrokke bankfasiliteite
gedoen het ten einde bedryfsuitgawes te betaal; dat die bank die
fasiliteite toegestaan het op voorwaarde dat elke lid van die beslote
korporasie homself as borg teenoor die bank verbind, en dat die feit
dat die respondente die borgkontrakte onderteken het, veronderstel dat hulle as lede van die beslote korporasie ook die onderliggende
leningsooreenkoms uitdruklik of stilswyend goedgekeur he
. Dat die
beslote korporasie aansoek gedoen het vir 'n lening ten einde
5
bedryfsuitgawes te betaal en dat die appeliant dit toegestaan het op
voorwaarde dat elke lid homself as borg verbind, blyk uit 'n
dokument wat voorgee 'n inteme dokument van die appellant te wees.
Vir dieselfde rede as hierbo vermeld, is hierdie feite na my mening
nie erken of bewys nie.
And Another
1976 (1) SA 725
(A) te 738D het Trollip AR ten
aansien van die gebmik van die woord "business" ges
:
"Now 'business' is a vague, elastic concept capable of
sustaining a great variety of connotations, some wide, others
narrow."
In dieselfde saak het Trollip AR verwys na die
bespreking van die woord "business" deur Rowlatt J in C.I.R. v
Marine Steam Turbine Co. Ltd,
(1920) 1 K.B. 193
te 202-3. Volgens
Rowlatt J het die woord twee feitlik verskillende betekenisse naamlik
"any particular matter or affair of serious importance" of "an active
6
occupation or profession continuously carried on".
In elke geval moet die woord so ge
nterpreteer word dat
gevolg gegee word aan die bedoeling van die wetgewer. In die
Biddulph-saak moes die hof die betekenis van die woord soos gebruik in artikel 11 van die Motorvoertuigassuransiefondswet, 1942 bepaal.
In die lig daarvan dat hierdie hof reeds beslis het dat dit die doel van
die wetgewer was om derdepartye soveel as moontlik
e beskerm, het
Trollip AR 'n besonder wye uitleg aan die woord "business" gegee en
beslis dat "even a single, isolated activ
ty, enterprise, or pursuit of
serious importance that occupies a person's time, energy, or resources
would . . ., in appropriate circumstances, be included within the
meaning of the word" en dat "the activity, enterprise or pusuit need
not be the making of a proGt or income" maar dat "an occupation
indulged in purely for pleasure, sociability, or the like" nie normaalweg "besigheid" daar stel nie.
7
In R v
Angamia
1958 (3) SA 433
(T) is weer die enger
uitleg aan die woord "besigheid" in artikel 1 van die
Motortransportwet, 1930, soos gewysig deur artikel 1 van Wet 44 van
1955, gegee. Hiemstra R het te 436 A-C ges
:
"Business is anything which occupies the time and attention of
a man for the pupose of profit, (Smith v
Anderson
,
15 Ch. 258
,
followed in R v Silber
1938 TPD 561
at p 563). In some
connotations it may mean a single transaction; in others an
active occupation or profession continuously carried on. This
distinction is well made in C.I.R. v Marine Steam Turbine Co. Ltd
, 1920 (1) K.B. at pp. 202-204. In this Act it clearly means
the activity continuously carried on.
I
base this on the general
purpose of the Act, and also on the conjunction of 'business'
with 'industry' and 'trade', which both relate to a continuous
activity for profit."
In Warwickshire Country Council v
Johnson
(1993) 1 All
E.R. 299
HL is nog 'n enger betekenis aan die woord "business"
gegee. Die betekenis van die woorde "any business of his" in artikel
20(1) van die Consumer Protection Act, 1987 moes bepaal word. Die
artikel het soos volg bepaal:
8
"Subject to the following provisions of this Part, a person shall be guilty of an offence if, in the course of any business of
his,
he gives (by any means whatever) to any consumers an
indication which is misleading as to the price at which any
goods, services, accommodation or facilities are available ..."
Tensy dit uit die samehang anders blyk is "business"
gedefinieer as insluitende "a trade or profession".
Nieteenstaande die feit dat dit vir akademici en vir van
die here wat die saak aangehoor het, eienaardig voorgekom het dat
die persoon wat werklik verantwoordelik was vir die misleiding ter sprake, naamlik die bestuurder van die betrokke handelsaak, nie
'n
misdryf gepleeg het nie, het die House of Lords by monde van Lord
Roskill te 304h beslis dat" 'in the course of any business of his' must
mean any business of which the defendant is either the owner or in
which he has a controlling interest."
Al die voormelde betekenisse, asook ander kan in
woordeboeke gevind word. Die Shorter Oxford Dictionary gee onder
9
andere die volgende betekenisse van die woord business aan:
"Stated occupation, profession or trade"; "that about which one
is busy", and "a commercial enterprise as a going concern".
Om te bepaal welke van hierdie wyd uiteenlopende
betekenisse die wetgewer in gedagte gehad het moet eerstens die
bedoeling van die we
gewer bepaal word.
Gemeenregtelik het die man in 'n huwelik in gemeenskap
van goed die maritale mag gehad en was hy die administrateur van
die gemeenskaplike boedel van die partye. Hy kon oor die
gemeenskaplike eiendom beskik soos wat hy ookal wou sonder die
toestemming van sy vrou, nieteenstaande die feit dat sy 'n halwe
aandeel in die gemeenskaplike boedel gehad het. Hy kon ook
borgkontrakte sluit. Sy bevoegdheid om oor die gemeenskaplike
boedel te beskik, sonder die toestemming van sy vrou, is slegs aan
bande gel
deur die gemeneregtelike re
l, dat transaksies wat
10
bedrieglik teenoor die vrou was, tersyde gestel kon word (sien Pretorius
N.O.
v Smith
and Others
1971 (4) SA 459
(T) te
462 C).
Die vrou daarenteen was in 'n posisie soortgelyk aan die
van 'n minderjarige, onder die voogdyskap van haar man.
Die Wet op Huweliksaangeleenthede, 1953 het, wat
betref sekere goedere en regte, die vrou getroud binne gemeenskap
van goed se posisie ietwat verbeter en die man se bevoegdhede ietwat
aan bande gel
. In die algemeen was die man egter steeds die
administrateur van die gemeenskaplike boedel en kon hy steeds
kontrakte, onder andere ook borgkontrakte, sluit, wat uiters
benadelend vir die vrou kon wees, sonder die vrou se toestemming.
Die vrou daarenteen het steeds slegs beperkte handelingsbevoegdheid
gehad en kon met enkele uitsonderings nie kontrakte sluit sonder die
man se toestemming nie.
Hierdie toedrag van sake was klaarblyklik onbillik en
11
moes reggestel word. Dit is dan ook wat die wetgewer gedoen het
deur middel van artikel 14 van die Wet op Huweliksgoedere, 1984.
Die artikel bepaal dat behoudens die bepalings van die betrokke
hoofstuk, die vrou, in 'n huwelik in gemeenskap van goed, dieselfde
bevoegdhede met betrekking tot die beskikking oor die bates van die
gemeenskaplike boedel, die aangaan van skulde, wat van die
gemeenskaplike boedel verhaalbaar is, en die bestuur van die
gemeenskaplike boedel het, as wat die man in so 'n huwelik
onmiddellik voor die inwerkingtreding van die wet gehad het.
Die gemeenregtelike posisie was onbillik, nie alleenlik
omrede dit aan die man regte verleen het wat die vrou nie gehad het
nie, maar ook omrede een van die partye getroud in gemeenskap van
goed sonder die toestemming van die ander party oor die ander party
se halwe aandeel van die gemeenskaplike boedel kon beskik. Artikel
15(2) van die Wet het duidelik ten doel gehad om ook hierdie
12
onbevredigende toedrag van sake reg te stel deur ten opsigte van
sekere transaksies die toestemming, en ten opsigte van ander
transaksies die skriftelike toestemming, van die ander party te
verlang. Artikel 15(2)(h) bepaal dat 'n gade in 'n huwelik in
gemeenskap van goed nie sonder die skriftelike toestemming van die
ander gade sekere kontrakte, insluitende borgkontrakte, mag sluit nie.
Ingevolge artikel 15(5) word 'n afsonderlike toestemming ten opsigte
van elke borgkontrak verlang.
Namens die appellant is betoog dat artikel 15(2) 'n
beswarende bepaling is deurdat dit die handelingsbevoegdheid van 'n
gade getroud in gemeenskap van goed beperk, in stryd met die vrye
beskikkingsbevoegdheid van die man ingevolge die gemenereg. Ek
stem nie saam met hierdie betoog nie. Die bepaling is slegs
beswarend wanneer alleenlik na die posisie van die man gekyk word.
Soos blyk uit die voorgaande is die bepaling regstellend van aard
13
indien na die posisie van die man en vrou gekyk word.
Artikel 15(6) bevat 'n uitsondering op die bepalings van
artikels 15(2)(h) en 15(5) deurdat dit bepaal dat, onder andere, artikel
15(2)(h) nie van toepassing is wanneer die handeling in daardie
paragraaf beoog (d.w.s. die sluiting van 'n borgkontrak) "deur 'n gade
in die gewone loop van sy beroep, bedryf of besigheid verrig word"
nie. Die uitsondering is waarskynlik nodig geag ten einde nie die
handelsverkeer aan bande te l
nie. Dit is egter onwaarskynlik dat die
wetgewer met die uitsondering ten doel gehad het om die regstelling
van die onbillike gemeneregtelike posisie meer as wat noodsaaklik
was af te water. Dit is dan ook 'n algemene re
l van wetsuitleg dat,
by die uitleg van regstellende wette, die regstelling sover as wat die
woorde toelaat uitgebrei behoort te word (sien Looyen v Simmer & Jack
Mines
Ltd
and Another
1952 (4) SA 547
(A) 554C en Kinekor Films
(Pty) Ltd v Dial-A-Movie
1977 (1) SA 450
(A) te 461D).
14
In die hoofuitspraak word "besigheid" uitgel
om onder
andere te beteken "werk, taak of funksie". Dit word dan ges
dat dit
die besigheid van 'n lid van 'n beslote korporasie is om die korporasie
te bestuur en sy besigheid te dryf. Na my mening is daar geen
getuienis dat die respondente inderdaad deelgeneem het aan die
bestuur van die beslote korporasie of aan die dryf van die besigheid van die korporasie nie. Die feit dat die respondente geregtig
was om
so deel te neem maak dit nie hulle werk, taak of funksie om so deel
te neem nie.
In die hoofuitspraak word verder bevind dat die
respondente die borgkontrakte gesluit het in die gewone loop van
hulle besigheid as mede-bestuurders van die beslote korporasie. Al
word aanvaar dat dit die besigheid van die respondente was om die beslote korporasie te bestuur, kan na my mening nie ges
word dat
die borgkontrakte in die gewone loop van hulle besigheid gesluit is
15
nie. Geen besonderhede ten aansien van die aard van die besigheid van die beslote korporasie is bekend nie en daar is na my mening
geen basis op grond waarvan bevind kan word dat 'n mede-bestuurder van 'n beslote korporasie, wat die besigheid doen wat deur die
ter
sake beslote korporasie gedoen is, normaalweg, in eie naam,
borgkontrakte sluit ten aansien van die skuld van die beslote
korporasie, wat ookal die oorsaak van die skuld nie.
In ieder geval is ek, in die lig van die voorgaande, van
mening dat dit nie die bedoeling van die wetgewer kon gewees het dat aan die woord "besigheid" die wye betekenis van enige
"werk,
taak of funksie" gegee moet word nie. So 'n uitleg sal die regstelling
wat die wetgewer beoog het om te bereik tot 'n groot mate ongedaan
maak. Ek is van mening dat die wetgewer 'n veel enger betekenis van
die woord "besigheid" in gedagte gehad het.
Artikel 15(6) maak dit duidelik dat die ter sake handeling
16
in die gewone loop van die betrokke gade se beroep, bedryf of
besigheid en nie in die loop van die beroep, bedryf of besigheid van
enige iemand anders verrig moes word nie. Verder dui die gebruik
van die woord besigheid tesame met die woorde "beroep" en "bedryf'
daarop dat die wetgewer nie 'n ge
soleerde aktiwiteit in gedagte
gehad het nie maar wel 'n deurlopende aktiwiteit, of ten minste 'n
handeling wat deel vorm van 'n beoogde deurlopende aktiwiteit met
die oog daarop om 'n inkomste te verdien (sien R v Amalia supra).
In enger sin is 'n persoon se sake-onderneming sy
besigheid. 'n Uitleg van die woorde "sy besigheid" om te beteken "sy
sake-onderneming" sal strook met die bewoording van artikel 15(6).
Waar dit nodig is vir 'n gade getroud in gemeenskap van
goed, in die gewone loop van sy sake-ondememing, beroep of bedryf,
om borgkontrakte, of die ander kontrakte vermeld in artikel 15(6)
gelees met artikel 15(2), te sluit, sal die ander gade waarskynlik
17
bewus wees van die risiko waaraan sy of haar aandeel van die
gemeenskaplike boedel blootgestel word en sal die sluiting van
sodanige kontrakte normaalweg die ander gade se goedkeuring
wegdra. Waar die borgkontrak of ander transaksie egter gesluit word
anders as in die gewone loop van die besigheid (in voormelde sin),
beroep of bedryf van 'n gade getroud in gemeenskap van goed niaar
wel in die gewone loop van 'n eenmalige werk, taak of funksie is dit
baie moontlik dat die ander gade nie bewus sal wees van die risiko
waaraan sy of haar aandeel van die gemeenskaplike boedel
blootgestel word nie en dat die transaksie nie sy of haar goedkeuring
sal wegdra nie. In so 'n geval behoort die ander gade se belange
beskerm te word.
In die belang van handelsgerief het die gemenereg ook
'n uitsondering erken op die bevoegdheid van 'n vrou, onderhewig
aan die maritale mag van haar man, wat betref kontrakte gesluit in
18
die gewone loop van haar besigheid (in die sin van haar sake-
onderneming), of beroep. In Grobler v Schmilg and Freedman
1923
AD 496
te 502-3 het De ViIIiers AR die volgende ten aansien van
die publica mercatrix ges
:
"(A) publica mercatrix is one who does so openly in sight of
all. A woman who has a shop or stall where she carries on
her business to which the publ
c can resort, and sells
vegetables and fruit to all and sundry, would be clearly a
publica mercatrix. The occupation of the premises, her
habitual presence in the shop, and her express or tacit
invitation to members of the public to do business with her,
would make it patent to all the world that she was carrying on
a public trade. By her presence in a place where one would
otherwise not expect to find her, she would be holding herself
out to the public as carrying on the business and it would be
on the strength of that that the public would engage in
transactions with her. It is on that account that the law holds
her personally liable for transactions falling within the scope
of her business, and that her husband cannot be heard to say
that she was carrying on the trade without his consent
Now although all the books speak of a public trader, the
reasoning of Voet in 23.2.45 shows that the principles of our
law are not so rigid that they cannot be applied to any calling
provided the business or profession be a public one in the
19
sense
I
have endeavoured to explain."
Die uitsondering in die geval van die publica mercatrix
is erken ten einde die handelsverkeer te vergemaklik (sien Ex Parte Hoekstra
1923 OPA 92 te 96-7). Die wetgewer het duidelik met die
uitsondering vervat in artikel 15(6) ook in gedagte gehad om die
handelsverkeer te vergemaklik en het waarskynlik die posisie van die publica
mercatrix in gedagte gehad by die formulering van die artikel.
Deur die woorde "sy besigheid" uit te l
om te beteken
"sy sake-onderneming" sal nie onaanvaarbare beperkings op die
handelsverkeer plaas nie. Die sluiting van borgkontrakte, en die
ander kontrakte waarop artikel 15(6) betrekking het, sal 'n relatief
seldsame gebeurtenis wees indien dit nie gedoen word in die loop
van 'n gade se besigheid (in die voormelde sin), beroep of bedryf nie.
Deur skriftelike toestemming te verlang van 'n gade in
20
'n huwelik in gemeenskap van goed, ten aansien van die ter sake
kontrakte, insluitende borgkontrakte, waar die kontrakte nie in die
gewone loop van die besigheid (in voormelde sin), beroep of bedryf
van die ander gade gesluit is nie, word gevolglik, na my mening,
voldoende beskerming aan daardie gade verleen en word nie
onnodiglik met die handelsverkeer ingemeng nie. So 'n uitleg sal
dus gevolg gee aan wat waarskynlik die bedoeling van die wetgewer
was.
Die woorde "sy besigheid" in artikel 15(6) moet
gevolglik uitgel
word om te beteken "sy sake-onderneming".
Die oorblywende vraag wat beslis moet word is of die
borgkontrakte in die gewone loop van die besigheid (in die sin van
sake-onderneming) van die respondente gesluit is.
Die ter sake beslote korporasie self was nie 'n besigheid
nie maar het, volgens die feite vermeld in die gestelde saak, wel 'n
21
besigheid gedryf. Die besigheid wat deur die korporasie gedryf is,
is die besigheid van die korporasie. Die korporasie is 'n afsonderlike
regspersoon, en indien 'n eng interpretasie aan die woorde "sy besigheid" gegee word, soos wat na my mening gedoen moet
word, is die besigheid nie ook die besigheid van die lede van die
korporasie nie.
Elk van die respondente het 'n 12% belang in die beslote
korporasie gehad. Met die 76% belang van die ander lid of lede kon
die ander lid of lede beheer oor die beslote korporasie uitoefen.
Ingevolge artikel 46(a) van die BK Wet is elke lid geregtig om deel
te neem aan die dryf van die besigheid van 'n beslote korporasie.
Ingevolge artikel 46(b) het lede van 'n beslote korporasie gelyke regte
met betrekking tot die bestuur van die besigheid van die korporasie
en met betrekking tot die bevoegdheid om die korporasie te
verteenwoordig by die dryf van sy besigheid. Laasgenoemde regte is
22
egter onderhewig daaraan dat die toestemming van 'n lid, wat 'n
ledebelang van minstens 75% het, of van lede, wat tesame minstens
daardie persentasie van die ledebelange in die korporasie hou, vereis
word vir 'n verandering van die vernaamste besigheid wat deur die
korporasie gedryf word en vir die beskikking oor die hele, of
wesenlik die hele, ondememing van die korporasie. Verder bepaal
artikel 46(c) en (d) dat verskille tussen lede, oor aangeleenthede in
verband met 'n korporasie se besigheid, deur 'n meerderheid van
stemme op 'n vergadering van lede van die korporasie beslis word,
waar elke lid die aantal stemme het wat ooreenstem met die
persenlasie van sy belang in die korporasie. Dit volg dus dat die
ander lid of lede, teen die wil van die respondente, die vernaamste
besigheid van die ter sake beslote korporasie kon verander en oor die
hele ondememing van die korporasie kon beskik. Om onder daardie
omstandighede die besigheid van die beslote korporasie te beskryf as
23
die besigheid van enige een van die respondente, of die respondente
gesamentlik, sou nie alleen die regspersoonlikheid van die beslote
korporasie misken nie, maar sal ook die gewone grammatikale
betekenis van die woorde "sy besigheid" ontken. Dit sal ten minste,
in stryd met die bedoeling van die wetgewer, 'n besonder wye
betekenis aan die woorde gee.
Dit volg dus dat die borgkontrakte, na my mening, nie
in die gewone loop van die besigheid van die respondente gesluit is
nie. Ek sou gevolglik die app
l van die hand wys met koste.
P E STREICHER Wnd APP
LREGTER