S v Kgwadi (168/94) [1997] ZASCA 17 (20 March 1997)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Admissibility of evidence — Voluntariness of confession — Appellant convicted of murder and robbery — Appellant contended that confession and scene identification were obtained under duress — Evidence presented at trial indicated that confession was made voluntarily and without coercion — Trial court found appellant's version implausible and accepted the credibility of state witnesses — Appeal dismissed, confirming the admissibility of the confession and the conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 17
|

|

S v Kgwadi (168/94) [1997] ZASCA 17 (20 March 1997)

Saak nr 168/94
In die saak tussen:
PETRUS KGWADI
APPELLANT
-en-
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM: VIVIER, F H GROSSKOPF ARR et STREICHER
Wnd AR.
VERHOOR: 28 Februarie 1997
GELEWER: 20 Maart 1997
U I T S P R A A K
2
VIVIER AR:
Die appellant ("beskuldigde 1") het saam met twee ander ("beskuld
gdes 2 en 3") in die Rondgaande Plaaslike Afdeling op Rustenburg voor Strydom R en assessore tereggestaan op aanklagte van moord
(aanklag 1), roof met verswarende omstandighede (aanklag 2) en die onwettige besit van 'n vuurwapen (aanklag 3). Beskuldigde 3 is
op al die aanklagte onskuldig bevind en ontslaan terwyl beide beskuldigdes 1 en 2 op aanklagte 1 en 2 skuldig bevind is. Op aanklag
1 is beskuldigde 1 ingevolge die destyds geldende reg ter dood veroordeel en op aanklag 2 is hy tot vyftien jaar gevangenisstraf
gevonnis. Beskuldigde 2, wat 'n paar dae jonger as 16 jaar oud was toe die misdade gepleeg is, is ingevolge die bepalings van art
290(1)(d) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet") na 'n verbeteringskool verwys. Ingev
lge art 316(A)(1) van die Wet
3
appelleer beskuldigde 1 nou na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 1.
Die oorledene was die bejaarde Bemhard Hartkorn wat op 'n plaas by die Aasvo
lkransoord in die distrik van Rustenburg gewoon het. Toe die oorledene se werknemer, James Matshona, na werk die middag van 26 Mei
1992 van die oorledene se huis af weg is na sy eie huis 'n entjie daarvandaan, was alles in orde by die oorledene se huis. Ongeveer
sesuur daardie middag het Matshona gehoor dat die oorledene se hond blaf en dat sy voertuig van die plaas vertrek. Matshona het geen
onraad vermoed nie en gaan slaap. Ongeveer sewe-uur die volgende oggend het hy weer by die plaashuis opgedaag. Twee pikstele het
voor die huis gel
. Deur die glasvoordeur het hy gesien dat die oorledene op sy rug op die vloer van die woonvertrek l
. Die glas by die handvatsel van die voordeur was gebreek. By die motorhuis het hy gesien dat die
4
oorledene se Mercedes-motor weg was. Hy is na die bure wat die polisie ontbied het. Sersant Esterhuizen van die Rustenburgse polisie
het om kwart voor ag die oggend by die toneel aangekom en die oorledene, wat nog geleef het, op die vloer in die woonvertrek, net
onder die trappe wat na die boonste verdieping lei, aangetref. Die woonvertrek was in algehele wanorde: tafels en stoele was omgekeer
en die oorledene se besittings het oral rondgel
. 'n Bebloede materiaal-band was vasgebind aan die reling van die trappe.
Die oorledene is na die hospitaal geneem waar hy op 3 Julie 1992 oorlede is aan uitgebreide subdurale bloeding as gevolg van veelvuldige
hoofbeserings van die kop en gesig. Dit was nie betwis dat hy hierdie beserings gedurende die aand van 26 Mei 1992 opgedoen het nie.
Al drie beskuldigdes is gedurende die vroe
oggendure van
5
Saterdag 20 Junie 1992 by verskillende huise in die woonbuurt Hartebeesfontein naby Rustenburg gearresteer. Om half-agt Sondagaand
21 Junie 1992 het beskuldigde 1 'n skriftelike verklaring voor kaptein Breedt afgel
en op 25 Junie 1992 het hy sekere toneeluitwysings aan kaptein Kruger gemaak, beide waarvan na 'n binneverhoor as getuienis teen
hom deur die Verhoorregter toegelaat is.
In hierdie Hof is betoog dat daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat die verklaring en uitwysings nie vrywillig, ongedwonge en sonder
onbehoorlike be
nvloeding gemaak is nie en dat dit verkeerdelik as getuienis toegelaat is. Dit is gevolglik nodig om kortliks die getuienis wat by
die binneverhoor gelei is, te behandel. Vir 'n beter begrip van die geskilpunte verwys ek eers na die getuienis van beskuldigde 1.
Hy het getuig dat hy onmiddellik na sy arrestasie om vyfuur Saterdagoggend 20 Junie 1992 na die
6
speurderskantore in die Volkskasgebou op Rustenburg geneem is waar die ondersoekbeampte, sersant Prinsloo, aan hom ges
het dat hy 'n verklaring moet afl
. Hy het geweier en ges
dat hy niks van die saak af weet nie, waarop Prinsloo ges
het dat hy hom sou voors
wat om te s
. Prinsloo het die hele dag gesukkel om iemand te kry om sy verklaring af te neem en uiteindelik het hulle, vergesel van sersant De
Beer, na vieruur daardie middag na Boshoek gery waar Prinsloo verder na 'n persoon gesoek het om sy verklaring af te neem. In die
aanklagkantoor op Boshoek moes hy op die grond l
en De Beer het met sy voete op hom gesit. Prinsloo kon ook nie daar iemand kry nie en hulle is terug na Rustenburg waar hulle omtrent
sesuur daardie aand aangekom het. Beskuldigde 1 is in die aanklagkantoor gelaat. Omstreeks sewe-uur daardie aand het Prinsloo hom
kom haal en na die stoep van die gebou geneem waar ongeveer vyf mans en twee vrouens besig was
7
om vleis te braai. Daar het Prinsloo hom geleer wat hy in sy verklaring moes s
. Prinsloo het hom geklap en met 'n beker water natgegooi en aan die ander ges
dat hy dit doen omdat hy aanhoudend vergeet wat hy in sy verklaring moet s
. Die volgende dag het hy in die verklaring aan Breedt net ges
wat Prinsloo aan hom voorges
het. Maandag 22 Junie 1992 is hy na die landdroshof geneem waar hy sy hand opgesteek het om iets te s
maar die landdros het ges
dat daar nie tyd is om met hom te praat nie. Dinsdag 23 Junie 1992 het Prinsloo hom van die selle na die aanklagkantoor geneem waar
hy moes wag vir sekere mense om uitwysings te gaan maak. Hy het gevra wat hy moes uitwys omdat hy nie die plek geken het nie. Prinsloo
het ges
dat hy hom sou help. Later daardie dag het Prinsloo en De Beer hom in 'n kombi na die oorledene se plaas geneem. Hy is aanvanklik
aanges
om plat op die vloer van die kombi te l
maar toe hulle in
8
die omgewing van Bosfontein kom, is hy toegelaat om op die sitplek te sit. Hy en De Beer, wat hom op 'n stadium omhels het, het bevriend
geword. Hulle het eers by 'n plaashek en toe by 'n plaashuis gestop en hy is elke keer gevra of hy dit sien, waarop hy bevestigend
geantwoord het. Hy is toe gevra om die versekering te gee dat dit wat hulle hom sou leer hy later sou herhaal. Hy het hulle verseker
dat hy enigiets sou doen wat hulle van hom vra. De Beer het ges
dat hy lieg en dat hulle iets daaromtrent moes doen. Hulle het hom beveel om uit die kombi te klim en Prinsloo het hom aan sy regterhand
gevat en dit oor sy rug gedraai en hom van agter met sy knie gestamp. De Beer het hom geskop sodat hy weer in die kombi beland het.
Hulle het verder gery en weer by 'n hek gestop waarvandaan hulle verder gestap het tot by 'n klein hekkie waar Prinsloo aan hom ges
het dat hy later aan die mense wat hom na die plaas sou bring, moes s
dat hulle die plaas deur daardie
9
hek binnegegaan het. Prinsloo het 'n piksteel opgetel, aan hom oorhandig en ges
dat hy later moet vertel dat hy met die piksteel gewapen was. Daama het Prinsloo sy vuurwapen uitgehaal en dit aan hom gewys met
die woorde dat hy aan die mense moet kom wys net soos daar aan hom gewys is. Hulle is terug na Rustenburg en twee dae later, op 25
Julie 1992 het hy aan kaptein Kruger die plekke uitgewys wat Prinsloo en De Beer aan hom gewys het. Voor hulle na die plaas vertrek
het, het Kruger aan hom gevra of hy die plek ken, waarop hy ontkennend geantwoord het. Op daardie stadium het hy gesien dat Prinsloo,
wat naby hulle gestaan het, sy kop skud en met sy vinger wys, waarop hy aan Kruger ges
het dat hy wel die plek ken.
Die betrokke polisiebeamptes, insluitende die twee tolke wat onderskeidelik by die afl
van die verklaring aan Breedt en die uitwysings aan Kruger getolk het, het almal by die binneverhoor
10
getuig. Breedt was destyds verbonde aan dieselfde speurtak as Prinsloo en sy kantoor is in dieselfde gebou. Hy het egter getuig dat
hy niks met die ondersoek te doen gehad het nie. Dat dit onwenslik is dat die vrederegter wat die verklaring afneem 'n offisier van
dieselfde afdeling is as die ondersoekbeampte en boonop sy kantoor in dieselfde gebou het as die afdeling wat die mlsdaad ondersoek,
is voor-die-hand-liggend en is al dikwels deur ons howe beklemtoon. Alhoewel onwenslik is dit nie 'n toelaatbaarheids-beletsel nie.
Sien S v Mdululi 1972(2) SA 839 (A) op 841C en S v Magwaza 1985(3) SA 29(A) op 36E - 37D. Op sy eie getuienis was beskuldigde 1 gelukkig
met die wyse waarop hy deur Breedt behandel is.
Namens beskuldigde 1 is verder betoog dat Breedt navraag moes gedoen het toe beskuldigde 1 aan hom ges
en hy genotuleer het dat hy van 'n stywe nek en oorpyn kla. Breedt het getuig dat
11
hy geen sigbare beserings aan beskuldigde 1 gesien het nie. Beskuldigde 1 het toe ook reeds op die vraag of hy deur enige persoon
aangerand is om die verklaring te maak, ontkennend geantwoord. Nadat beskuldigde 1 ges
het dat hy 'n stywe nek en oorpyn het, het hy hom volledigheidshalwe gevra of dit as gevolg van enige aanranding deur die polisie
is, waarop beskuldigde 1 weereens ontkennend geantwoord het. In die lig van die vorige vraag en antwoord het Breedt dit nie nodig
geag om hierdie laaste vraag en antwoord te notuleer nie. Alhoewel die laaste vraag en antwoord deur die vorige vrae en antwoorde
gedek is, sou dit beter gewees het indien Breedt vir beskuldigde 1 direk gevra het waar hy aan d
e seer nek en oorpyn gekom het. Ek beskou egter nie hierdie beswaar as belangrik nie, veral nie in die lig van die feit dat beskuldigde
1 self Breedt se getuienis in hierdie verband bevestig het nie.
12
'n Verdere punt van kritiek teen Breedt se getuienis was dat die verklaring aan die einde in Afrikaans aan beskuldigde 1 oorgelees
is sonder dat dit aan hom getolk is. Die tolk, sersant Makondelela, het egter in sy getuienis verduidelik dat wat gebeur het was
dat toe Breedt begin om die verklaring aan beskuldigde 1 terug te lees en hy getolk het, beskuldigde 1 hulle in die rede geval het
en ges
het dat hy Afrikaans verstaan, waarop die verklaring verder in Afrikaans aan hom teruggelees is. Breedt het ook getuig dat dit vir
hom duidelik was dat beskuldigde 1 Afrikaans baie goed magtig was en dat nadat beskuldigde 1 te kenne gegee het dat hy Afrikaans
verstaan, die verklaring in Afrikaans aan hom oorgelees is. Daar is gevolglik geen meriete in hierdie beswaar nie.
Beide Prinsloo en De Beer het ontken dat hulle ooit vir beskuldigde 1 na Boshoek of na die oorledene se plaas geneem het.
13
Hulle het ontken dat hulle hom ooit aangerand, gedreig of voorges
het.
Daar is gepoog om stawing vir beskuldigde 1 se getuienis dat Prinsloo en De Beer hom na die plaas gemeem het, te vind in die getuienis
van Matshona. Laasgenoemde het eers ges
dat beskuldigde 1 twee keer saam met die polisie daar was, later het hy ges
dat hy nie kan onthou nie en nog later dat hy slegs een keer daar was. Sy getuienis oor hierdie aspek is so vaag en weersprekend
dat geen gewig daaraan geheg kan word nie.
Die Verhoorregter het die getuienis van beskuldigde 1 by die binneverhoor as vals verwerp en di
van die staatsgetuies as geloofwaardig aanvaar. Ek is nie oortuig dat hierdie bevinding verkeerd is nie. Inteendeel vind ek beskuldigde
1 se weergawe in vele opsigte so onwaarskynlik en vergesog dat dit met reg deur die Verhoorregter verwerp is. Na my mening is die
verklaring en
14
uitwysings korrek as getuienis toegelaat. Die verklaring lees as
volg:
"Op 28 Mei 1992 het 4 persone by die huis van Petrus Shai vergader. Die persone wat daar vergader het was ek, Buti, Sello en
Petrus Shai. Petrus het ges
dat hy 'n voertuig soek. Sello het ges
dat hy by 'n sekere oubaas gewerk het en dit sal maklik wees om sy voertuig te steel.
Om ongeveer 14:00 het ek, Buti en Sello vanaf Hartbeesfontein per huurmotor na Rustenburg vertrek. Toe ons in Rustenburg kom het ons
geryloop in die rigting van Maanhaarrand. Sello het op 'n sekere plek vir die persoon wat ons 'n geleentheid gegee het beduie hy
moet stilhou. Ons het te voet na 'n plaas gestap. Sello het toe ges
ons moet in die bosse naby die berg wag aangesien die swart man wat op die plaas werk, steeds by die huis is.
Om ongeveer 19:00 het ons opgemerk dat die plaaswerker die plaaswerf verlaat en toe het Sello ges
dat hy eers alleen nader sal gaan om te kyk of alles stil is. Sello het teruggekeer en vir my en Buti geroep en ges
'kom die oubaas is alleen by die huis'. Ek het vir Sello ges
ek sal in die bosse wag. Sello en Buti is toe alleen na die plaashuis. Sello het my 'n ruk later geroep en ges
ek
15
moet ook na die huis gaan. Toe ek by die plaashuis kom, het ek gesien dat die klaer binne sy voordeur bewusteloos gel
het. Hy het op sy rug gel
en daar was bloed aan sy voorkop en sy agterkop.
Terwyl Buti die klaer dopgehou het, het Sello die voertuig se sleutels in die huis gaan soek. Sello het uit die huis gekom en ges
dat hy d
e sleutels gekry het. Die klaer het sy bewussyn herwin en ges
'help my'. Ek, Sello en Buti het toe die klaer opgetel en hom binne die huis aan die trappe vasgemaak.
Ons het die huis verlaat en na die voertuig gegaan. Sello het die voertuig, 'n Mercedes-Benz, toe aangeskakel. Sello het die voertuig
uit die motorhuis getrek, ek het links voor ingeklim en Buti het agter ingeklim. Toe ons by die hek kom het ek gesien dat Sello nie
goed kan bestuur nie en ek het toe by hom oorgeneem en die voertuig bestuur. Ons is na Petrus Shai se huis in Hartebeesfontein.
Shai was nie by sy huis nie, net sy broer Scotch wat aan ons ges
het dat Shai Petrus nie daar is nie, maar dat Petrus ges
het as ons reggekom het moet ons die voertuig aan Scotch gee. Ek het die voertuig se sleutels aan Scotch gegee wat toe weggery het
met die voertuig. Die volgende dag het Scotch
16
teruggekom en aan my, Sello en Buti ges
dat die voertuig veilig in Tlhabane aangekom het. Ek, Sello en Buti het toe vir Scotch gevra om ons na Tlhabane te neem na Petrus
sodat Petrus ons kan betaal. Scotch het geweier om dit te doen. Hy is daar weg en ek het hom nog nie weer gesien nie.
Na ongeveer 'n week het ek en Buti na Petrus gegaan en gevra oor die voertuig. Petrus het toe vir my en Buti na Meshack geneem by
die huurmotorstaanplek te Malanstraat Rustenburg. Petrus het toe vir Meshack ges
dat ek en Buti nie vir Petrus wil glo dat die polisie vir Scotch in Tihabane met die voertuig gearresteer het nie. Meshack het toe
vir ons ges
dat Scotch deur die polisie vanaf Brixton gearresteer is en na Johannesburg geneem is. Meshack het toe ges
dat ons nie weer na hom toe mag kom nie, maar hy sal persoonlik na ons toe kom. Ek het nie weer vir Meshack daarna gesien nie. Dit
is al wat ek kan verklaar."
Volgens Kruger het beskuldigde 1 aan hom die hek uitgewys waar hy vir Sello (beskuldigde 2) en Buti (beskuldigde 3) gewag het. Hy
het ook gewys waar die oorledene gel
het en beskuldigde 2 gestaan het in die voorvertrek. Laastens het hy gewys waar
17
hulle die oorledene se motor geneem het.
Nadat die verklaring en uitwysing toegelaat is, het Breedt weer getuig en beskuldigde 1 se advokaat het dit toe aan hom gestel dat
wat in die verklaring staan nie deur beskuldigde 1 aan hom ges
is nie. Daar is gestel dat beskuldigde 1 aan Breedt sou ges
het dat hy gehoor het dat beskuldigde 2 aan Prinsloo s
dat hy (beskuldigde 2) in Petrus Shai en ene Scotch se geselskap was en dat die drie van hu
le na die oorledene se plaas toe is. Daar het beskuldigde 2 by die hek gewag terwyl Shai en Scotch die plaashuis binne is. Shai en
Scotch het met die oorledene se motor teruggekom en die drie van hulle is in die motor daar weg. Dieselfde stelling is aan die tolk
Makondelela gemaak. Beide Breedt en Makondelela het ontken dat beskuldigde 1 hierdie weergawe gegee het.
By die verhoor het beskuldigde 1 'n alibi geopper en ges
dat hy die betrokke aand by die Bafokeng-suid myn gewerk het. Dit
18
was gemene saak dat die myn ongeveer 45 km vanaf die oorledene se plaas gele
is. Mnr Fouche, die mannekrag-beampte van die myn, het namens die staat getuig dat beskuldigde 1 gedurende die tydperk vanaf 23 Mei
1992 tot 22 Junie 1992 nagskof by nommer 4 skag vanaf tienuur saans tot sesuur die volgende oggend gewerk het. Volgens sy state het
hy wel die nag van 26-27 Mei gewerk. Alle werkers op hierdie skof moet op die laatste een minuut voor tienuur die aand vir diens
aanmeld. As hulle later aanmeld moet hulle die toestemming van 'n senior verkry om ondergrond te gaan.
Besku
digde 1 het getuig dat hy niks van die misdade af weet nie en die betrokke aand nagskof by die myn gewerk het. Hy het geen besonderhede
gegee van sy bewegings die betrokke aand totdat hy aan diens gegaan het nie. Hy het ook nie ges
hoe laat hy vir diens aangemeld het nie. Volgens al die getuienis het die gebeure
19
op die oorledene se plaas vroeg genoeg plaasgevind om aan beskuldigde 1 oorgenoeg tyd te gelaat het om betyds by die werk te wees.
Beskuldigde 1 het getuig dat wat in sy verklaring aan Breedt staan, die polisie hom deels voorges
het en hy deels gehoor het van beskuldigde 2 toe laasgenoemde dit aan Prinsloo vertel het. Beskuldigde 1 het getuig dat hy nie 'n
voertuig kan bestuur en nog nooit een bestuur het nie.
Beskuldigde 2 se getuienis was dat hy voorheen vir die oorledene gewerk het. Die betrokke dag is hy en beskuldigdes 1 en 3 na die
oorledene se plaas om laasgenoemde se voertuig te gaan steel. Hulle is per huurmotor vanaf Hartebeesfontein na Rustenburg en daarvandaan
het iemand hulle opgelaai tot by die afdraaipad na die oorledene se plaas. Hulle het die hele dag tot half-ses die middag by 'n koppie'naby
die plaashuis gewag en het toe na die plaashuis gestap. Naby die huis het beskuldigde 1 ges
20
dat die ander twee vooruit na die huis moes gaan. Beskuldigdes
2 en 3 het elk 'n stok opgetel en by die huis het hulle die oorledene
na buite geroep. Beskuldigde 3 het die oorledene op sy bors met
die stok platgeslaan waama hulle die oorledene na binne geneem en
aan die trappe vasgemaak het. Daama het hy self die oorledene
met 'n piksteel op die kop geslaan. Hy het dit gedoen in opdrag
van beskuldigdes 1 en 3 wat aan hom ges
het dat as hy dit nie
doen nie die oorledene teen hulle in die hof sou getuig. Hulle het
die motorsleutels gekry en beskuldigde 1 het die motor daarvandaan
bestuur tot by Hartebeesfontein waar hulle eers vir Scotch opgelaai
het en toe vir beskuldigde 2 afgelaai het. Beskuldigdes 1 en 3 en
Scotch het met die motor weggery.
Beskuldigde 2 het erken dat hy in sy pleitverduideliking aan
die landdros tydens die art 119-verrigtinge die volgende ges
het :
"Daar het 2 mans by my opgedaag nl swart mans. Dit was nie beskuldigdes 1 en 3 nie. Hulle my gevra om saam hulle
21
te stap na 'n plaas toe. 'n Ent van die plaashuis af het ek agter gebly terwyl hulle die huis in is. 'n Ruk later het hulle teruggekeer
met 'n voertuig, my opgelaai en geneem na my ouerhuis te Hartebeesfontein. Ek weet niks van die moord wat gepleeg is. Dit is al."
By die verhoor het beskuldigde 2 getuig dat wat hy aan die landdros ges
het, onwaar was, maar dat beskuldigde 1 hom aanges
het om dit te s
en beloof het om sy borggeld te betaal.
Beskuldigde 3 het in sy getuienis ontken dat hy op die toneel was of enigiets met die pleging van die misdade te doen gehad het.
Die Verhoorhof het bevind dat beskuldigde 1 'n swak en leuenagtige getuie was en het sy getuienis as vals verwerp. Geen gegronde rede
is voor ons aangevoer om met hierdie bevinding in te meng nie. Sy getuienis oor sy bewegings die betrokke aand was
vaag en onseker. Sy weergawe dat 'n gedeelte van wat in sy
verklaring staan eintlik van beskuldigde 2 afkomstig is, is totaal onwaarskynlik. Na my mening is sy alibi tereg deur die
22
Verhoorhof verwerp.
Beskuldigde 1 erken in sy verklaring aan Breedt dat hy saam met beskuldigdes 2 en 3 na die oorledene se plaas gegaan het met die gemeenskaplike
opset om die oorledene van sy voertuig te beroof, dat hy gehelp het om die oorledene, wat toe reeds emstig beseer was en met bloed
aan sy voorkop en agterkop voor sy huis gel
het, op te tel en aan die trappe vas te b
nd en dat hy die voertuig van die plaas af bestuur het. Sy uitwysings aan Kruger plaas hom ook op die toneel.
Die Verhoorhof s
in sy uitspraak dat daar stawing vir beskuldigde 1 se verklaring te vind is in die getuienis van beskuldigde 2. Wat laasgenoemde
betref, s
die Verhoorhof dat alhoewel hy nie in alle opsigte 'n bevredigende getuie was nie en hy sy aandeel in die pleging van die misdade
tot 'n minimum wou beperk, sy getuienis die aanklank van waarheid het wat
23
beskuldigde 1 se deelname aan die pleging van die misdade betref. Die Verhoorhof het gevolglik sy getuienis aanvaar dat beskuldigde
1 hom aanges
het om die oorledene met 'n piksteel te slaan ten einde te verhoed dat hy later teen hulle sou getuig. Die Verhoorhof was egter nie
bereid om sy getuienis dat hy deur beide beskuldigdes 1 en 3 aldus aanges
is, teen beskuldigde 3 te aanvaar nie. Op sterkte van beskuldigde 2 se getuienis het die Verhoorhof bevind dat beskuldigde 1 die
direkte opset gehad het om die oorledene te dood.
Dat daar 'n groot mate van ooreenstemming op wesenlike aspekte is tussen beskuldigde 1 se verklaring en beskuldigde 2 se getuienis,
lei geen twyfel nie. Na my mening sou dit egter gevaarlik wees om beskuldigde 2 se getuienis te aanvaar dat hy deur beskuldigdes
1 en 3 aanges
is om die oorledene te slaan, veral waar die Verhoorhof nie bereid was om dit te doen ten
24
opsigte van beskuldigde 3 nie. Ek is ook nie daarvan oortuig dat beskuldigde 1 die leiersrol gespeel het wat die Verhoorhof gemeen
het nie. Alhoewel daar gevolglik geen aanvaarbare getuienis is dat beskuldigde 1
f self die oorledene geslaan
f die ander aanges
het om dit te doen nie, is dit wel duidelik dat hy 'n mededader was by die pleging van die moord met ten minste dolus eventualis in
sy gemoed. Hy is saam met die ander na die plaas om te gaan roof en moes verwag het dat die oorledene in die loop daarvan aangerand
sou word en kon sterf. Ten minste op die stadium toe hy voor die plaashuis aankom, was hy bewus van die aanva
met pikstele op die oorledene en dat die oorledene reeds ernstig beseer was. Desnieteenstaande het hy gehelp om die oorledene vas
te bind met die klaarblyklike opset om te verhoed dat hy hulp ontbied. Hy het gevolglik die moontlikheid van dood voorsien en hom
daarmee vereenselwig.
25
Ek is gevolglik van mening dat beskuldigde 1 tereg aan moord skuldig bevind is.
Wat die doodvonnis betref, is dit opgel
en is die verhoor afgehandel voordat die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993 in werking getree het. Sedertdien
het die Konstitusionele Hof in S v Makwanyane and Another 1995(6) BCLR 665 (KH) op 724F-I beslis dat vanaf die datum van die bevel
in daardie saak die doodvonnis nie 'n geldige vonnis is nie en dat reeds opgelegde doodvonnisse nie voltrek mag word nie. Die doodvonnis
wat in die huidige saak opgel
is, kan dus nie uitgevoer word nie en moet tersyde gestel en vervang word met 'n ander vonnis. In al die omstandighede meen ek dat
hierdie 'n gepaste geval is dat die saak na die Verhoorhof terugverwys word vir die heroplegging van vonnis.
Die volgende bevel word uitgereik -
26
(a)
Beskuldigde 1 se app
l teen sy skuldigbevinding op aanklag 1 word afgewys.
(b)
Beskuldigde 1 se app
l teen die doodvonnis op aanklag 1 word gehandhaaf en die doodvonnis word tersyde gestel.
(c)
Die saak word na die Verhoorhof terugverwys v
r die heroplegging van vonnis op aanklag 1 met inagneming van die bevinding van hierdie Hof dat slegs dolus eventualis aan die kant
van beskuldigde 1 bewys is en dit nie bewys is dat hy 'n leiersrol gespeel het nie.
W VIVIER AR.
FH GROSSKOPF AR)
Stem saam. STREICHER Wnd AR)