Wilkens NO en 'n Ander v Bester (543/95) [1997] ZASCA 9; 1997 (3) SA 347 (SCA); [1997] 2 All SA 386 (A); (13 March 1997)

70 Reportability

Brief Summary

Pension Funds — Payment of pension benefits — Irregular payments made to respondent prior to liquidation of pension fund — Respondent contending payments constituted pension benefits and should not form part of insolvent estate — Appellants arguing payments were irregular and not pension funds — Court a quo finding payments were pension funds but not subject to set-off against respondent's claim for full pension value — Appeal against finding of pension status of payments dismissed, but set-off ruling questioned.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 9
|

|

Wilkens NO en 'n Ander v Bester (543/95) [1997] ZASCA 9; 1997 (3) SA 347 (SCA); [1997] 2 All SA 386 (A); (13 March 1997)

Rapporteerbaar
DIE HOOGSTE HOF VAN APP
L VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 543/95
Insake die app
l van
A D WILKENS NO
Eerste Appellant
REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE
Tweede Appellant
teen
THEUNIS BESTER
Respondent
Hof
:
Van Heerden, E M Grosskopf, Marais, Schutz ARR en
Streicher WndAR
Verhoordatum:
3 Maart 1997
Leweringsdatum:
13 Maart 1997
UITSPRAAK
2
VAN HEERDEN AR:
Die respondent was die besturende direkteur, en ook 'n werknemer,
van Bester Beleggings Beperk wat 'n aantal filiale gehad het. Op 2
Desember 1992 is een van die filiale gelikwideer en dit het gelei tot die
likwidasie van die kontrolerende maatskappy en sy ander filiale asook,
op 2 Maart 1993, die sekwestrasie van die respondent se boedel.
Werknemers van onder andere Bester Beleggings Beperk was lede van Die Bester Beleggings Pensioenfonds ("die Fonds") wat
ingevolge
die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956 ("die Wet") geregistreer was.
Ingevolge die reglement (of statute) van die Fonds is die beheer en
bestuur daarvan opgedra aan 'n bestuurskomitee wat egter van die dienste
van 'n administrateur bekend as Eerste Bowring gebruik gemaak het.
Begin 1992 het die respondent navraag gedoen of hy nie reeds op daardie
stadium betaling van sy pensioenaandeel kon verkry nie. Hy is toe deur
Eerste Bowring geadviseer dat dit kon geskied mits die Fonds se
3
reglement gewysig sou word. Hierdie advies het meegebring dat die
bestuurskomitee, waarvan die respondent, sy skoonseun en nog 'n
persoon lede was, op 25 Februarie 1992 op 'n reglementswysiging besluit
het. Dit was daarop gerig om die respondent op datum van
inwerkingtreding daarvan geregtig te maak op betaling van "die
aktuari
le waarde" van sy "pensioen in terme van die Reglement." Of die
besluit wel gevolg gegee het aan hierdie oogmerk is nie ter sake nie. Die
rede is dat die wysiging nooit deur die tweede appellant goedgekeur en
geregistreer is soos vereis deur art 12 (1) van die Wet en derhalwe nie
regskrag verkry het nie.
In April of Mei 1992 is op aansoek van die respondent die som
van R500 000 aan hom betaal as synde "advance on actuarial reserve
pending completion of solvency test by actuarial section." Betaling is
gemaak deur Eerste Bowring uit die bates van die Fonds in, soos dit
4
voorkom, die aanname dat die reglementswysiging geldig was.
Vroeg in Desember 1992 het die bestuurskomitee besluit om die
Fonds te ontbind en ig Eerste Bowring versoek om "voort te gaan met die
ontbinding van die Fonds soos op 31 Desember 1992." Weereens op
aanvraag van die respondent is op 12 Januarie 1993 'n verdere bedrag
van R830 000 aan hom deur Eerste Bowring betaal as synde "actuarial
value [van die respondent se pensioenaandeel] on Fund termination
(advance)."
Op 14 Januarie 1993 het die respondent 'n dokument geteken wat
soos volg lui:
"Hiermee erken ek .... ontvangs van R830 000 . . . as voorskot op die
aktuari
le waarde wat my toekom (plus surplusse) by die be
indiging van
die Bester Beleggings Pensioenfonds soos op 31/12/92. Tesame met die
R500 000 . .. wat ek in Mei 1992 ontvang het, is die totale voorskot tot
op datum ontvang Rl 330 000... "
In Maart 1993 het die tweede appellant ene De Waal en die eerste
5
appellant aangestel as mede-likwidateurs van die Fonds. De Waal het
later bedank en op 1 Julie 1994 is die eerste appellant deur die tweede
appellant gemagtig om die likwidasie van die Fonds af te handel. Teen
daardie tyd het 'n gewysigde distribusierekening reeds sonder beswaar ter
insae gel
(naamlik vanaf 25 Maart tot 23 April 1994). Daarin is die
bedrag van Rl 843 590,99 aan die respondent toegeken as sy totale
pensioenaandeel in die bates van die Fonds soos op 31 Maart 1993. In
Skedule K is egter met verwysing na nota (a) van Aanhangsel C 'n
bedrag van Rl 412 946 as 'n onre
lmatige betaling vermeld. (Hierdie
bedrag was die totaal van die twee betalings aan die respondent plus
rente daarop tot 31 Maart 1993.) In die gemelde nota is gekonstateer:
"There is unresolved litigation pending in respect of the irregular
payments of Rl 330 000 (exclusive of interest) made to Mr T Bester
prior to liquidation of the Fund. The Amended Distribution Account at
31 March 1993 excludes the advance payments to Mr T Bester from the
assets of the fund. A further distribution will be made after the above
legal matter has been resolved."
6
Dit is nou aangewese om iets te s
oor die litigasie waama in die
nota verwys is. Nadat die respondent die tweede betaling ontvang het,
het hy bykans die volle bedrag - naamlik R800 000 - by 'n finansi
le
instelling bel
. Daarop is later deur die kurators van die respondent se
insolvente boedel beslag gel
. Die respondent het toe 'n aansoek teen die
kurators aanhangig gemaak. Sy saak dat die belegging hom toegekom
het, was gebaseer op die premisse dat dit "pensioengeld" was en
derhalwe ingevolge art 23(7) van die Insolvensiewet 24 van 1936 nie
deel van sy insolvente boedel gevorm het nie. Die kurators het die
aansoek bestry op die basis dat die bedrag van R830 000 op onre
lmatige
wyse betaal was en gevolglik nie "pensioengeld" was nie.
In die gewysigde distribusierekening is gevolg gegee aan 'n
ooreenkoms wat die likwidateurs en die respondent se prokureur bereik
het. Dit word vermeld in 'n skrywe van die prokureur aan die
7
likwidateurs, gedateer 28 Jarmarie 1994, die tersaaklike gedeelte waarvan
soos volg lui:
"2. Ons houding is, welke houding u met ons gedeel het, dat die twee bedrae wat Mnr Bester ontvang het 'n vooruitbetaling
op sy pensioen is en dat, sover dit u betref, dit nog steeds
pensioen is.
3.
Ons het u meegedeel dat die likwidateurs van die Insolvente
Boedel T Bester nou beslag gel
het op sekere van die
pensioengeld (die tweede uitbetaling) en dat hulle die
standpunt inneem dat die beweerde onre
lmatige betaling
die identiteit van die geld verander het en dat dit gevolglik
nie pensioen is nie. Ons staan daardie beslaglegging teen
en ons is besig om 'n hofaansoek voor te berei vir tersydestelling van die beslaglegging.
4.
Soos aan u meegedeel sit ons tans met die probleem dat
indien 'n hof bevind dat dit nie pensioengeld is nie, dan het
die pensioenfonds 'n eis teen die Insolvente Boedel T Bester
en beteken dit dat Mnr Bester nog geen pensioen ontvang
het nie. Dit sou beteken dat hy geregtig is op die totaal van
sy aandeel in die fonds sonder verrekening van die pensioen
wat volgens ons mening reeds vooruitbetaal was.
5.
Ons bevestig dat ons na 'n lang gesprek met u ooreengekom
het dat u pro rata van elke lid genoeg sal terughou op hulle
3.
8
uitbetaling ten einde voorsiening te maak dat, in die
onwaarskynlike geval dat 'n hof wel bevind dat dit nie
pensioen is nie, daar genoegsame fondse sal wees om Mnr
Bester in terme van die nuwe verdeling sy volle pensioen te
kan betaal."
Dit is vanwe
hierdie ooreenkoms dat in die distribusierekening die
volle omvang van die respondent se pensioenaandeel aan hom toegeken
is, onderhewig aan die reedsgenoemde nota. Indien bevind sou word dat
die twee betalings aan die respondent wel pensioenbetalings was, sou die
bedrag van Rl 330 000 en, soos dit voorkom, ook rente daarop volgens
die nota aan die ander lede van die Fonds uitbetaal word. Slegs die
verskil tussen daardie bedrag en Rl 843 590,99 sou dan die respondent
toekom.
Om redes wat nie ter sake is nie, het die respondent se aandeel in
die Fonds (sonder enige verrekening) teen 28 Februarie 1994 toegeneem
tot Rl 993 837,38. In Julie van daardie jaar het die Kommissaris van
9
Binnelandse Inkomste toe die eerste appellant in kennis gestel dat
kragtens para. 2 van die Vierde Bylae tot die Inkomstebelastingwet 58
van 1962 'n totale bedrag van R796 814,94 van bogenoemde som
afgetrek moes word. In die skrywe is ook die volgende ges
:
"I
understand from my conversations with you that the fund, at
this stage, holds in the region of R400 000 on behalf of Mr Bester.
Should this be the case, you are authorized to pay the Receiver of
Revenue only this amount in terms of this directive."
Hierdie belastingsaanwysing het daartoe gelei dat die respondent
se prokureur op 2 Augustus 1994 'n skrywe aan die eerste appellant
gerig het. Daarin is die houding ingeneem dat die respondent geregtig
was op betaling van die volle bedrag van Rl 993 837,38, en is opdrag
gegee dat hierdie bedrag aan UAL Voorsorgfonds tot voordeel van die
respondent oorbetaal moes word. Aangeheg by die skrywe was 'n vorm
waarvolgens die respondent aansoek gedoen het om 'n bedrag van
Rl 950 000 in UAL Voorsorgfonds te bel
. Die eerste appellant se
10
reaksie was dat die respondent reeds pensioenbetalings ten bedrae van
Rl 330 000 ontvang het; dat rente daarop tot 28 Februarie 1994
R242 104,91 beloop het; dat die balans aan hom verskuldig op daardie
datum dus slegs R421 732,47 was, en dat volgens bogenoemde
aanwysing laasgenoemde bedrag aan die Ontvanger van Inkomste betaal
moes word.
Terwyl die aansoek teen die kurators van sy boedel nog hangende
was, het die respondent 'n verdere aansoek ("die onderhawige aansoek")
teen die appellante in die Transvaalse Provinsiale Afdeling geloods.
Daarin het hy bevele aangevra waarvolgens verklaar sou word dat hy
geregtig was op betaling van die bedrag van Rl 993 837,38 uit die bates
van die Fonds, en wat die eerste appellant sou gelas om daardie bedrag
oor te betaal aan UAL Voorsorgfonds tot krediet van die respondent. 'n
Kostebevel is slegs teen die eerste appellant aangevra.
11
Hoewel tentatief geformuleer, was die grondslag van die
onderhawige aansoek dat die twee betalings wat die respondent ontvang
het vanwe
hul onre
lmatigheid nie pensioenbetalings was nie, en dat die
respondent derhalwe geregtig was op betaling van die volle bedrag van
Rl 993 837,38. Hierdie grondslag was onversoenbaar met di
van die
eerste aansoek en dit is dus nie verbasend nie dat daardie aansoek by die
aanvang van die verhoor van die onderhawige aansoek teruggetrek is.
Laasgenoemde aansoek is deur beide appellante bestry. Tydens
betoog in die hof a
quo
was dit gemene saak dat omdat voomoemde
reglementswysiging nooit geregistreer was nie, die twee betalings aan die
respondent onre
lmatig geskied het. Die appellante het nietemin
aangevoer dat die betrokke bedrae wel "pensioengelde" was wat in
verrekening gebring kon word teen die respondent se volle aandeel in die
Fonds.
12
Die hof a quo (Le Roux R) het bevind dat die twee uitbetalings
wel "pensioengelde" was maar dat verrekening nie kon plaasvind nie, en
wel omdat die respondent se vordering teen die Fonds wat by ontbinding
daarvan ontstaan het nie gelikwideerd was toe sy boedel gesekwestreer
is nie. Dit is nie vir my duidelik welke regsgevolg die hof aan sy eerste
bevinding geheg het nie. Klaarblyklik was Le Roux R egter van mening
dat die twee betalings aan die respondent nie sy aandeel in die Fonds
verminder het nie. Ek s
dit omdat sy slotsom dat skuldvergelyking nie
toepassing gevind het nie die bestaan van twee vorderings impliseer;
naamlik 'n vordering van die respondent vir sy vo
le aandeel in die Fonds
en 'n vordering van die Fonds teen die respondent vir betaling van
Rl 330 000.
Bogenoemde slotsom het daartoe gelei dat die aansoek toegestaan
is. Geen kostebevel is egter gemaak nie. Daarna is aan die appellante
13
verlof verleen om na hierdie hof te appelleer, terwyl die respondent
verlof verkry het om 'n teenapp
l teen die kostebevel - of gebrek daaraan
- aan te teken.
Op app
l is deur die appellante aangevoer dat die respondent ten
tye van die twee betalings geregtig was om na be
indiging van die Fonds
die aktuari
le waarde van sy pensioenaandeel ingevolge die reglement te
ontvang; dat, hoewel onre
lmatig, die betalings gemaak en aanvaar is
met die bedoeling om die verpligting van die Fonds teenoor die
respondent gedeeltelik te delg, en dat die betalings derhalwe wel die
respondent se aandeel verminder het. Hierdie argument hou egter nie
rekening met die feit dat ten tye van die betalings die respondent nie
geregtig was om enige bedrag as pensioen uit die Fonds te ontvang nie,
en dat as keersy n
g die bestuurskomitee n
g Eerste Bowring bevoeg
was om hom so 'n bedrag te laat toekom. Kortom, die betalings was
14
ultra vires
die bevoegdhede van die bestuurskomitee. Dit synde so, was
die betalings
indebite
. en het daar onmiddellik terugvorderingsregte vir
die bestuurskomitee teen die respondent ontstaan. (Vgl
Bowman NO v
Fidelity Bank Ltd
[1996] ZASCA 141
;
(1997) 1 All SA 317
(A) 322-3.) En die bestaan van
sodanige vorderingsregte is natuurlik onverenigbaar met 'n gedeeltelike
uitwissing van 'n skuld van die Fonds teenoor die respondent.
Indien die respondent se boedel nie gesekwestreer is nie, sou geen
probleem ontstaan het nie. Die eerste appellant sou dan die betalings
teen die respondent se volle pensioenaandeel in verrekening kon gebring
het. By sekwestrasie het die skuld wat die keersy van die
terugvorderingsreg(te) was egter in die respondent se boedel gevestig en
kon skuldvergelyking nie plaasvind betreffende sy reg op sy
pensioenaandeel wat weens die bepalings van art 23(7) van die
Insolvensiewet nie aldus gevestig het nie.
15
Bostaande bring egter nie mee dat die onderhawige aansoek tereg
toegestaan was nie. Ten tye van die twee betalings het die respondent
wel 'n voorwaardelike aanspraak op betaling van sy pensioenaandeel teen
die Fonds gehad. Inderdaad was meerdere voorwaardes ter sprake. Ek
noem slegs die volgende. Die reg op 'n toekomstige betaling was in
eerste instansie afhanklik van die solvensie van die Fonds. Tweedens,
en indien die Fonds nie ontbind sou word nie, sou die respondent die
datum van be
indiging van sy diens moes oorleef (klousule 5.1. van die
reglement). En in geval van ontbinding sou hy sy vordering tot
bevrediging van die likwidateur - of 'n hof op app
l daarheen - moes
bewys (art 28(14) van die Wet).
Nou is dit geykte reg dat indien 'n voorwaardelike skuld betaal
word in die waan dat die voorwaarde vervul is, die betrokke bedrag met
die
condictio indebiti
teruggevorder kan word. Vind vervulling egter
16
plaas alvorens terugbetaling geskied het, verval die terugvorderingsreg.
Sien onder andere Voet 12.6.3, en Wessels,
Law of Contract,
2de uitg,
vol 2, para 2256. Pothier,
Treatise on the quasi-contract called
promutuum and on the condictio indebiti,
motiveer laasgenoemde re
l
soos volg (Hosten se vertaling, p.12):
"But if, before the claim for recovery has been exercised, the
condition is fulfilled, the claim for recovery does not lie any more
since the fulfilment of conditions has a retroactive effect; one is
thus deemed to have paid a thing which is due."
Ek kan aan geen rede dink nie waarom die regsposisie anders sou
wees indien die voorwaardelike skuldenaar betaal nie omdat hy
verkeerdelik meen dat die voorwaarde vervul is nie, maar omdat hy
onder die waan is dat die skuld onvoorwaardelik ontstaan het. In die
onderhawige geval was die respondent en Eerste Bowring, handelende
namens die bestuurskomitee, nou juis onder die indruk dat vanwe
die
reglementswysiging die respondent 'n onvoorwaardelike reg op betaling
17
van sy pensioenaandeel verkry het. Soos reeds aangedui, was hierdie
indruk onjuis omdat die respondent slegs 'n voorwaardelike reg gehad
het. Die waan waaronder Eerste Bowring betaal het, verskil dus in wese
nie van di
van 'n voorwaardelike skuldeiser wat 'n betaling maak omdat
hy, om welke rede ook al, meen dat hy 'n onvoorwaardelike
verskuldigheid het nie. Waaroor dit gaan, is nie 'n voorwaardelike
betaling
nie, maar 'n betaling wat bedoel is om onvoorwaardelike
werking te h
terwyl daar egter slegs 'n voorwaardelike skuld bestaan.
Pendente condicione
kon die bestuurskomitee, en later die
likwidateurs, natuurlik die onverskuldigde bedrae teruggevorder het.
Hierdie terugvorderingsreg(te) het egter verval toe, en tot die mate
waartoe, die respondent 'n onvoorwaardelike aanspraak op sy
pensioenaandeel verkry het. Die keersy hiervan was dat op daardie
datum die onvoorwaardelike skuld geag was om met terugwerkende krag
18
(gedeeltelik) gedelg te gewees het.
Ek is gedagtig daaraan dat, soos reeds vermeld, die
bestuurskomitee nie bevoeg was om enige bedrag aan die respondent te
betaal nie. Hierdie onbevoegdheid was egter slegs 'n verdere rede waarom die onverskuldigde bedrae met die
condictio indebiti
teruggevorder kon word, en raak nie die effek van die latere vervulling van die voorwaarde(s) wat ten tye van die twee betalings die
respondent
se vordering teen die Fonds gekwalifiseer het nie.
Dit is onnodig om te bepaal presies wanneer die respondent 'n
onvoorwaardelike reg op betaling van sy pensioenaandeel teen die Fonds verkry het. Laastens was dit by verstryking van die tydperk
waarin die
gewysigde distribusierekening ter insae gel
het. Voor daardie datum het
n
g die bestuurskomitee n
g die likwidateurs gepoog om enige bedrag
van die respondent - of sy insolvente boedel - te verhaal, en ewe min het
19
hy - of die kurators - enige terugbetaling aan die Fonds gemaak.
Gevolglik is by vervulling van die voorwaarde(s) die omvang van die
respondent se pensioenaandeel deur regswerking met die bedrag van
Rl 330 000 verminder.
Bostaande beskouing bring vanselfsprekend mee dat die eerste appellant nie op rente op die voorheen onverskuldigde betalings
aanspraak het nie. Aan die ander kant moes die respondent se aandeel
bereken gewees het op die basis dat die twee betalings met
terugwerkende krag die omvang daarvan verminder het. Soos tans
ingelig, beloop daardie aandeel hoogstens die verskil tussen
Rl 993 837,88 en Rl 330 000, dit wil s
R 663 837,85. Ek het egter
reeds genoem dat volgens 'n belastingsaanwysing die eerste appellant 'n
bedrag van nagenoeg R800 000 aan die Ontvanger van Inkomste moet
betaal. En aangesien die respondent nie in die altematief gevra het dat
20
verskil tussen sy volle aandeel en Rl 330 000 aan UAL Voorsorgfonds
betaal moes word nie, volg dit dat sy aansoek afgewys moes gewees het.
Die teenapp
l kom dus nie ter sprake nie.
Die tweede appellant het versoek dat indien hy nie sy koste
betreffende die app
l en die aansoek in die hof a
quo
van die respondent
kan verhaal nie, die Fonds dit moet betaal. Dit sou egter 'n nadelige
uitwerking kon h
op lede van die Fonds onder wie die som van Rl 330 000 nou gedistribueer staan te word. Bowendien het die
tweede appellant nie in sy persoonlike hoedanigheid enige koste
opgeloop nie.
Die koste van die eerste appellant sal egter klaarblyklik deur die
Fonds gedra moet word tot die mate waartoe hy dit nie van die
respondent kan verhaal nie. Omdat ons nie daaroor toegespreek is nie
en dit ook nie nodig is om 'n mening te lug nie, meld ek ten slotte dat
21
ek my nie uitlaat nie oor die vraag of en, indien wel, tot welke mate die
respondent se bogenoemde oorb
ywende aandeel geraak sal word deur
die koste van die litigasie tussen die partye.
Die app
l slaag met koste; die teenapp
l word, wat die eerste
appellant betref, met koste afgewys, en die bevel van die hof a
quo
word
met die volgende vervang:
"Die aansoek word met koste afgewys."
HJO VAN HEERDEN APP
LREGTER
Stem saam:
Schutz AR
Streicher WndAR
Rapportable
THE SUPREME COURT OF APPEAL
OF
SOUTH AFRICA
Case No 543/95
In the matter between:
A D WILKENS NO
First Appellant
(First Respondent in the Court a quo)
REGISTRAR OF PENSION FUNDS Second Appellant
(Second Respondent in the Court a quo)
and
THEUNIS BESTER
Respondent
(Applicant in the Court a quo)
CORAM
: Van Heerden, E M Grosskopf, Marais, Schutz JJA
et Streicher AJA
HEARD
: 03 March 1997
DELIVERED
: 13 March 1997
JUDGMENT
MARAIS JA/
2
MARAIS JA:
I have had the benefit of reading the judgment of my
learned brother Van Heerden and I agree that the result of the appeal
and cross-appeal should be that which he proposes. However, I am in
some doubt as to whether it is correct to approach the matter as if the
two payments amounting to Rl,33 m were conditional payments.
They were certainly not intended to be. Nor is this a case
where it was wrongly thought that a pre-condition to payment known
to exist, had been fulfilled. It is a case in which conditionality was
intended to play no role whatsoever. I have difficulty in seeing how a transaction which, whether viewed subjectively or objectively,
was
quite unconditional and intended to be so, can be artificially equated ex post facto with a conditional transaction. It may be correct
to say that the happening of the events or the existence of the circumstances
3
which my brother Van Heerden identifies as conditions, were
conditions the fulfilment of which was necessary before respondent would have become entitled to payment of his pension in the normal
course of events. But what the position would have been had events
run their normal course is not, as I see it, the question. The "debt"
which was intended to be discharged by the making of the two
payments, although generically similar in that it had its source in the
Pension Scheme, was a new and unconditional debt which postulated
neither the future solvency of the Fund when respondent reached
normal retiring age, nor respondent's surviving the termination of his
employment, nor satisfactory proof of his claim being provided to the liquidator of the Fund (or a court on appeal to it) should the
scheme be dissolved. Indeed, these conditions (if that is what they are) are
quite incompatible with the "debt" which the parties purported to
4
discharge by their respective making and accepting of payment.
That this must be so is shown, I think, by posing the
question: What if the amendment of the Scheme had been approved
and registered by the Registrar of Pensions? The answer seems plain:
the debt would have been valid in law and obviously not subject to the
conditions enumerated by my brother Van Heerden. I hesitate to
conclude that the fact that the Registrar did not approve or register the
amendment of the Scheme makes it permissible to equate what was so
plainly a debt not subject to those conditions, with one that was. A fo
rtiori does that seem to me to be so when the conditions which are
sought to be attached to it ex post facto are logically incompatible with
the debt as perceived and intended by the parties. Regretfully, I
remain unpersuaded that the approach adopted by my brother Van
Heerden provides an acceptable rationale for the conclusion which we
5
join in thinking is right.
At the risk of appearing to oversimplify the problems
which arise in this case, and mindful of the caveat that hard cases
make bad law, I see the matter in this light. Respondent cannot
escape from the fact that he is now claiming performance of a
contractual obligation by the Pension Fund which both he and the
Fund regarded as having been discharged pro tanto when he sought
and obtained payment from the Fund of Rl,33 m.
He does not tender to return the money so received by
him. Nor do the liquidators of the Pension Fund seek repayment from
him of the Rl,33 m which was paid to him. They are content to
acquiesce in that payment. Whether the payment was ultra vires the
powers of the trustees of the Pension Fund, or indebitum, or irregular,
6
or whatever other epithet one chooses to attach to it, the fact remains
that the payment was made by the Pension Fund in the belief that it was discharging pro tanto its obligation to pay respondent what
was
due to him in terms of the Pension Scheme, and the payment was accepted as such by respondent.
In my view, it is irrelevant whether or not the trustees of
the Pension Fund, prior to its liquidation, or the liquidators of the
Fund, after its liquidation, could have reclaimed the money so paid from respondent or from his trustees in insolvency. The fact of
the
matter is that they have not done so and have never had any intention of doing so. It is they, and they alone, who have the power
in law to assert such a claim. It does not lie in respondent's mouth to require
them to do so. If the liquidators of the Fund choose, as they have
done, not to do so, and so leave the factual status quo undisturbed, I
7
can see no good reason in fact or law why respondent should be held to be entitled to assert a claim for payment of a particular sum
of
money which had as a fact already been received by him. A fortiori
must that be so where he declines, or is unable, to return the money
so received. The reality of the situation is that he would be receiving
payment twice over if he were permitted to do so.
The supervening insolvency of respondent strikes me as
equally irrelevant. No question of the right to set-off one debt against
another arises. That would arise only if one were obliged to conclude
that the payment of Rl,33 m to respondent cannot be regarded in law as a discharge pro tanto of the Fund's contractual obligations
to
respondent. In my opinion, one is not so obliged when it is so plain
that that is what the payment was intended to be by both the Fund and
respondent, and where the only party who might have been
8
empowered in law to undo the payment, namely, the Fund's
representatives in law, decline to do so, and it is so manifestly in the
legitimate interests of the members of the Fund that they should
decline to do so. It seems to me to follow inexorably that the law, if
it is to make any sense, will have to recognise the factual reality of the
situation and that no amount of juristic obfuscation can alter it.
It is admittedly inherent in my approach to the matter that
scant store is set by juristic analyses aimed at demonstrating that the
"debt" of Rl,33 m paid by the Fund to respondent did not exist in law
at the time when the payment was made, or that the debt which is now
claimed is, juristically speaking, not identical to the "debt" then
claimed. However, I see little need for concern about such
considerations when the intractable facts are that the claim to Rl,33 m was advanced by respondent as a pension claim (using this
9
expression in a generic sense) to which he was entitled by virtue of his
contract with the Pension Scheme; that he was paid that sum by the
Fund in intended satisfaction of that pension claim; that he accepted the payment as such; that he has not been called upon, nor will
he be
called upon, to repay it by the only persons who in law are entitled to
do so; and that he does not tender to repay it, but nonetheless persists
in asserting a pension claim to the self-same amount despite the fact
that he has already received it. In short, the claim is one which had,
as a fact, pro tanto already been met.
The untenability of respondent's claim is even more
evident when one considers an obligation to deliver a specific res as
opposed to an obligation to pay money. Suppose that a company
secretary prematurely despatches to shareholders dividends in specie
in the form of additional shares in the company in anticipation of the
10
directors' resolving to do so. The shareholders learn that the directors
only resolved to make payment of the dividend in specve a month after
their despatch. Can they be heard to say that shares despatched to
them by the secretary were irregularly, or unlawfully, despatched to
them, were thus indebita, and therefore to be regarded as not having
been received, and that the same quantity of shares must again be
delivered to them? Surely the company would be entitled to say "Indebita
they may have been at the time but they were accepted by
you as being owed to you and we have not sought to undo the
allocation. As a fact you have received the shares and you cannot
have the shares twice over". I cannot see that it would make any
difference if a shareholder had sold the shares and no longer had them
when he asserted such a claim, or if his estate had been sequestrated
and his trustee in insolvency were to assert such a claim. It may be
11
said that this example is unhelpful because it is a case of subsequent
ratification which would have the effect in law of retroactively
validating the allocation, but it does provide an illustration of the
pragmatism of the law. Just as it would be fatuous to refuse to accord
recognition in law to the allocation of the shares simply because the only persons having the power in law to allocate them only authorised
their allocation ex post facto, so would it be fatuous to refuse to regard
as payment or the discharge of a debt, payment of a sum of money or delivery of a res intended by both parties to constitute payment
or discharge of that debt, and which payment or delivery neither party
has any intention of setting at nought. I regard the phenomenon of
ratification as simply one instance of the way in which the law seeks
to avoid results which would be absurd and serve nobody's legitimate interests. Indeed, the retroactive effect given to the ex posf
facto
12
fulfilment of a condition to which my learned brother Van Heerden
has referred is yet another example.
There are other instances in the law where the
performance of obligations which, objectively regarded, were indebita,
are nonetheless regarded effectively as if they were not. Thus where
performance had taken place ostensibly pursuant to an oral contract of
sale which was in fact invalid for want of compliance with a statute
requiring the contract to be in writing, it was held that neither party
could require the ostensible performance to be undone. See
Wilken
v Kohler
1913 AD 135
at 144. As
Innes JA
(as he then was) said:
"It by no means follows that because a court cannot enforce a contract
which the law says shall have no force, it would therefore be bound
to upset the result of such a contract which the parties had carried through in accordance with its terms". So too may ownership
of a res
13
pass upon delivery despite the invalidity of the contract in purported
performance of which it was given, provided only that the parties
intended respectively to transfer and receive ownership.
Wilken v
Kohler
. ibib:
MCC Bazaar v Harris and Tones (Pty) Ltd
1954 (3)
SA 158
(T). Whether or not in any given case either of the parties
may claim to undo the performance is another question the answer to
which will depend upon the reason why the contract is invalid, but
these cases illustrate at least that the law can, and often does, give
effect to the mutual intention and intended acts of parties even if the
contract pursuant to which the acts were performed was invalid.
I might add that it would be a strange result indeed if it
were to be held that respondent, an unrehabilitated insolvent, may
bring this claim against the Pension Fund (sec 23 (7) of the Insolvency
Act No 24 of 1936) because it does not vest in the trustees of his
14
insolvent estate by virtue of the protection given to it by sec 37 B of
the
Pension Funds Act No 24 of 1956
, but that the liquidators of the
Pension Fund cannot rely upon the payment already made to
respondent prior to his insolvency to defeat his claim pro tanto.
R M MARAIS
JUDGE OF APPEAL
E M GROSSKOPF JA) Concurs