IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUIDAFRIKA
GEHOU TE JOHANNESBURG
Datum aangehoor: 7 Augustus 2002
Saak No: JR
386/01
In die saak tussen:
Applikant
en
1ste Respondent
2de Respondent
3de Respondent
__________________________________________________________________
____________
UITSPRAAK
Gelewer op 13 Augustus 2002
__________________________________________________________________
____________
REVELAS R:
1. Die applikant, ‘n voormalige werknemer van die derde respondent, is ontslaan na
dertien jaar diens. Die applikant is op 1 September 2000 deur die derde respondent
ontslaan tydens ‘n disiplin êre verhoor waar sy aangekla is en skuldig bevind is van
sekere klagtes van beweerde oneerlikheid, nepotisme en versuim om haar
bestuursdiskresie behoorlik uit te oefen.
2. Die applikant het teen die voorsitter se beslissing geapp èlleer. Haar ontslag is op
17 Oktober 2000 deur die app èlvoorsitter bekragtig.
3. Op 24 Oktober 2000 is die getikte app èluitspraak, gedateer 17 Oktober 2000, aan
die applikant per faks gestuur. Op dieselfde dag, 24 Oktober 2000, het die
applikant ‘n dispuut verwys na die Kommissie vir Versoenning Bemiddeling en
Arbitrasie (“die KVBA”). Die applikant het beweer dat haar ontslag onbillik was.
Sy was van mening dat die klagtes teen haar ongegrond, gefabriseerd en
dupliserend van aard was.
4. Die eerste respondent (die “KBVA”) se personeel het aan die applikant
verduidelik dat sy ‘n kondonasie aansoek moes bring, aangesien sy reeds op 1
September 2000 ontslaan is en haar verwysing derhalwe nie binne die
voorgeskrewe 30 dae periode, soos in artikel 191(1) van die Wet op
Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995 (“die Wet”) bedoel, gebring was nie.
5. Op 30 Oktober 2000 het die applikant haar verwysing en haar aansoek vir
kondonasie op die derde respondent beteken, wat daarop gereageer het met ‘n
opponerende eedsverklaring. Die applikant beweer dat hierdie be ëdigde verklaring
deurspek is met leuens. Sy het egter nie daarop geantwoord nie, want volgens
haar, het sy nie geweet dat sy die reg gehad het om daarop te antwoord nie.
6. Op 1 Februarie 2001 het die applikant die tweede respondent se beslissing
gedateer 28 November 2000, in die kondonasie aansoek ontvang. Kondonasie is
nie toegestaan nie, en dit is hierdie beslissing wat die applikant van voorneme is
om te hersien in terme van Artikel 158(1)(g).
7. Die applikant voer aan dat die vraag rakende die jurisdiksie van die eerste
respondent om haar aansoek om versoenning te bewerkstellig, verkeerdelik deur
die derde respondent bevraagteken was. Die applikant voer verder aan dat die
tweede respondent in spryd met die neergelegde beleid van die eerste respondent
‘n jurisdiksionele beswaar in die versoenningsstadium van die geskil besleg het en
dat hy hierdie beswaar besleg het sonder om behoorlike ondersoek om die aard en
meriete van die beswaar vas te stel. Sy voer aan dat deur sy optrede het hy grof en
nalatig opgetree deur sy diskresie onbehoorlik uit te oefen en sy is onreg
aangedoen deurdat sy ontneem is van ‘n billike en regverdige beslegting van die
geskil.
8. Die tweede respondent het in sy beslissing bevind dat:
“The employee lodged her dispute with the CCMA 29 days beyond the 30 day period
prescribed by Section 191(1) of the Labour Relations Act, 66 of 1995 (“the Act”).
The reason for the late referral is that she was waiting for the outcome for the
appeal hearing .”
9. Die Arbeidsapp èlhof het in beslis in Edgars Stores Ltd v SACAWU (1998) 19
ILJ 771 (LAC) dat ‘n ontslag dispuut ontstaan op die datum toe die aanvanklike
beslissing om te ontslaan, aan die werknemer gekommunikeer was, of binne die
werknemer se kennis gekom het. Hierdie benadering is weer gevolg in SACAWU
v Shakoane (2000) 21 IlJ 1963 (LAC) . Die tweede respondent het op hierdie twee
uitsprake gesteun en beslis dat “ the finalization of the appeal hearing does not
extend the date of dismissal. The employee also does not give any reasons for the
delay between 17 October 2000 when she was told that her dismissal was upheld and
30 October 2000 when the CCMA received the Form 7.11.
The explanation for the delay is not efficient. The Labour Appeal Court has on
many occasions held that where the reasons given for the delay are unacceptable,
this in itself would justify the refusal to grant condonation ( Mziya v Putco Ltd [1999]
BLLR 103 (LAC) Waverley Blankets Ltd v Ndima [1999] 11 BLLR 1143 (LAC)
Rustenburg Traditional Local Council v Siele [1999] 12 BLLR 1341 (LC) ).
In any event, if the case was of great importance to her, the employee would not have
been as dilatory as she was on following up upon her dispute .”
10. Wat die tweede respondent se interpretasie van die bestaande reg betref, het die
applikant se regsverteenwoordiger ges ê gesteun op die uitspraak van RP Zondo in
die aangeleentheid van Fidelity Guards Holdings (Pty) Ltd v Epstein (2000) 21
ILJ 2382 (LAC) op p.2389 I waar hy die volgende ges ê het:
1. “It is also ridiculous in my view, for an applicant to have to proceed against
his employer in the CCMA while an appeal is pending or the result thereof is
awaited, when to do so may well sour the relationship and/or affect the result of the
appeal. The Act prescribes the date of dismissal (Section 190). The absurd
consequence may be a procedural requisite in cases such as the present one.
Condonation in such a case must inevitably be granted and, furthermore, it is
perfectly reasonable for the employee to believe that the date the dispute arose is the
date he is finally told that his appeal against his dismissal has been refused .”
11. Hierdie opmerkings van RP Zondo is sterk kriteik maar is slegs obiter dictum
geuiter. RP Zondo het nie so ver gegaan as om te bevind dat die
meerderheidsbeslissing in die Shakoane saak ( supra) en die eenparige beslissing
in Edgars Stores aangeleentheid, duidelik verkeerd was nie. Die tweede
respondent kan dus nie gekritiseer word omdat hy nie die obiter dictum in die
Epsteinaangeleentheid gevolg het nie. In elk geval sal ‘n verkeerde interpretasie
van die reg, nie noodwendig daartoe lei dat ‘n beslissing van ‘n kommissaris
hersienbaar is nie.
Sien: Carephone (Pty) Ltd v Marcus N.O. and Others (1998) 19 ILJ 1425 (LAC)
Shoprite Checkers (Pty) Ltd v Ramdaw and Others (2001) 22 ILJ
1603 (LAC)
12. Die kwessie van die interpretasie wat die tweede respondent aan die regsposisie
gee, is die eerste keer geopper in die applikant se verteenwoordiger se hoofde van
betoog.
13. In haar kennisgewing van mosie beweer die applikant dat die kommissaris nie al
die korrekte feite voor hom gehad het nie.
14. Die tweede respondent het nie ‘n bevinding gemaak oor die applikant se redelike
kanse op sukses aangaande die saak nie. Hy het hom net bepaal by die
gemeensaaklike feite aangaande die datums van die ontslag en app èl, en die
afwesigheid van ‘n redelike verduideliking deur die applikant waarom sy nie
onmiddellik haar dispuut verwys het toe die app èlbeslissing onder haar aandag
gekom het nie. Die appliklant se aansoek was 29 dae buite tyd wat nie ‘n
onredelike tydperk was nie. Hierdie feit is ook nie oorweeg nie.
1. 15. In die bekende Melane v SANTAM Insurance Company Ltd 1962 (4) SA
531 (AA) , die locus classicus betreffende kondonasie is beslis op 531 C D dat:
“In deciding whether sufficient cause has been shown, the basic principle is that the
Court has a discretion, to be exercised judicially upon a consideration of all the
facts, and in essence it is a matter of fairness to both sides. Among the facts usually
relevant are the degree of lateness, the explanation therefore, the prospects of
success, and the importance of the case. Ordinarily these facts are interrelated: they
are not individually decisive, for that would be a piecemeal approach incompatible
with a true discretion, save of course that if there are no prospects of success there
would be no point in granting condonation. Any attempt to formulate a rule of
thumb would only serve to harden the arteries of what should be a flexible
discretion. What is needed is an objective conspectus of all the facts. Thus a slight
delay and a good explanation may help to compensate for prospects of success which
are not stong .”
16. Die tweede respondent het ‘n lang weergawe van die derde respondent ten aansien
van die meriete voor hom gehad in die vorm van ‘n be ëdigde verklaring. Dit blyk
asof hy hierdie weergawe net so aanvaar het of glad nie die vraag oor die
applikant se kanse op sukses oorweeg het, soos hy duidelik moes gedoen het nie.
17. Die tweede respondent se bevinding dat indien die saak vir haar belangrik was, sy
nie “as dilatory” opgetree het nie. Ek lei af dat hy hierdeur bevind het dat die
graad van “lateness” soos bedoel in die Melane saak erg was. Die tweede
respondent verduidelik geensins hoekom hy die 29 dae, veral gesien in die lig van
die omringende feite, as so ernstig beskou nie.
18. Soos Holmes AR in die bogenoemde aanhaling s ê: “ in essence it is a matter of
fairness to the parties ”
19. Na my mening is die tweede respondent se nalate om die beginsels te oorweeg
soos hierbo uiteengesit, genoegsaam om in te meng met sy beslissing en dit word
tersyde gestel met koste.
1.
____________
____
E. Revelas
Namens die applikant: Adv. SR van Jaarsveld
In opdrag van Du Plessis Prokureurs
Namens die respondent: Adv. B.R. Leech
In opdrag van Horwitz Inc.