Smalberger v Barret (Handeldrywend as A B Electronics) (C654/00) [2002] ZALC 1 (17 January 2002)

70 Reportability

Brief Summary

Labour Law — Sexual Harassment — Employee resigning due to alleged sexual harassment by employer — Employee providing evidence of multiple incidents of inappropriate conduct — Employer denying allegations and claiming employee resigned due to business issues — Court finding employee's claims credible and establishing a case of sexual harassment — Resignation deemed constructive dismissal.

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID­AFRICA
           GEHOU TE KAAPSTAD
In die saak tussen:
Saak 
Nr. C654/00
        Applikant
en
     Respondent
__________________________________________________________________
____________
    REDES VIR UITSPRAAK
    Gelewer op 8 Oktober 2001
__________________________________________________________________
____________
REVELAS J:
1. Erika Smalberger, die applikant, is aan die begin van 1997 deur die respondent  
permanent aangestel as ‘n administratiewe klerk, na ‘n proef tydperk van twee  
maande. Die respondent se besigheid het bestaan daaruit om op te tree as agent vir  
twee selfoon maatskappye en die M­Net Televisiestasie en die verhuur van M­Net  
dekodeerders.
2. In April van dieselfde jaar is die applikant aangestel as bestuurder van die  
respondent teen ‘n salaris van R5000 per maand. Die applikant het beweer dat sy  
ook sekere byvoordele ontvang het en dat die bedrag nog ho ër was, maar ek was  
nie oortuig dat die byvoordele waarna sy verwys het, (die gebruik van ‘n motor en  
‘n M­Net dekodeerder), deel uitgemaak het van haar diensvoorwaardes nie. 
3. Mnr. Barret, die eienaar van die respondent, het verskeie ander sake ondermenings  
in Vredenburg gehad wat sy aandag geverg het. Volgens hom het hy die applikant

vertrou om na sy besigheid, (A B Electronics), om te sien. Gedurende 1998 het hy  
ook ‘n ernstige skoueroperasie ondergaan en was lank bedl êend en was baie  
afwesig by sy kantoor. Gedurende hierdie tyd het hy ook grootliks op die  
applikant se bydrae en bestuursvermo ë staatgemaak. 
4. Op 31 Oktober 1999 het die applikant bedank uit die respondent se diens. Sy het  
beweer dat Mnr. Barret haar onderwerp het aan voordurende seksuele teistering  
wat haar voortgesette diens by die respondent onuitstaanbaar gemaak het.
5. Die seksuele teistering het na bewering aanvang geneem gedurende Februarie  
1998. Die applikant het na ‘n sekere spesifieke insidente van seksuele teistering in  
haar pleitstukke en getuienis verwys en ander voormalige werknemers van die  
respondent het ook getuienis gelei van hulle eie soortgelyke ondervindings.
6. Mnr. Barret het ook getuig, hy het ontken dat hy die applikant seksueel geteister  
het en sy saak was dat die applikant eintlik bedank het vanwee ongerymdhede wat  
plaasgevind het terwyl sy die besigheid bestuur het. Die respondent se saak was  
grootendeels daarop gebaseer dat geld verlore geraak het in die besigheid en dat sy  
werknemers en, onder andere die applikant, daarvoor verantwoordelik was. Dit  
was gemeensaak dat ‘n kriminele saak, in verband daarmee, wat ‘n jaar nadat die  
applikant die respondent se diens verlaat het aanhangig gemaak was, deur die  
Staatsprokureur weggewys is.
7. Die applikant het in haar getuienis in hoof eerstens verwys na ‘n aangeleentheid  
toe sy en Mnr. Barret in Mei 1998 in Kaapstad ‘n konferensie bygewoon. Dit was  
gehou was deur ‘n selfoonmaatskappy. Hulle het in ‘n restaurant in  
Bloubergstrand gaan eet op ‘n sekere stadium en in die parkeerarea het Mnr.  
Barret volgens die applikant, aan haar hand gevat en haar meegedeel dat daar wel  
eendag “iets” tussen hulle sal gebeur, verwysende na seks. Sy was geskok oor sy  
gedrag. Mnr. Barret het ontken dat hy so ‘n voorstel aan die applikant gemaak het.

8. Tweedens het die applikant na ‘n insident verwys toe sy en Mnr. Barret ook ‘n  
soortgelyke konferensie vir tegniese opleiding vro ëer in die jaar in Februarie  
bygewoon het. Die konferensie het oor twee dae gestrek. Volgens haar sou Mnr.  
Barret haar versoek het om vir hulle twee ‘n kamer te bespreek wat hulle kon deel.  
Op haar aandrang het hulle terug gery na Vredenburg, omdat sy ontsteld was oor  
die voorstel. Die applikant het hierdie insident ook beskou as ongenooide en  
onvanpaste gedrag. Mnr. Barret het ontken dat hy so ‘n voorstel aan die applikant  
sou gemaak het.
9. Die derde insident waarna die applikant verwys het was ‘n insident gedurende  
Junie 1998, toe die applikant weer ‘n konferensie met Mnr. Barret moes bywoon,  
diè keer in Johannesburg. By hulle aankoms by die hotel waar hulle moes oornag,  
het die applikant ontdek dat alhoewel Mnr. Barret en sy verskillende kamers  
toegewys is, die kamers in dieselfde wooneenheid was. Dit was beskryf as ‘n  
“chalet”. Hulle moes eers wag voordat hulle die wooneenheid kon binne gaan,  
want daar was blykbaar ‘n misverstand met die sleutels van die wooneenheid. Die  
applikant het getuig dat sy baie ongemaklik was om die nag “tussen vier mure”  
met Mnr. Barret deur te bring. Later die aand het Mnr. Barret na haar slaapkamer  
gekom en ges ê hy kom nags ê en hy het haar gevra of hy agter haar rug kon kom  
slaap. Sy het geweier en was ontsteld. Hy het onderneem om “niks” te doen nie.  
Sy het hom gevra om haar kamer te verlaat en bygevoeg dat hy eerder moet gaan  
televisie kyk aangesien daar ‘n pornografiese kanaal beskikbaar was as deel van  
die hotel se gastediens. Ek het verstaan dat sy met hierdie opmerking bedoel het  
dat hy haar moet uitlos en seksuele afleiding elders moet gaan soek. Sy het getuig  
dat sy die nag, nadat hy na haar slaapkamer toe gekom het, nie kon slaap nie. Sy  
het die deur gesluit want sy was bang hy kom terug. Sy het ook oorweeg om te  
bedank maar het besef dat werk skaars was in Vredenburg en dat sy op haar

bedank maar het besef dat werk skaars was in Vredenburg en dat sy op haar  
ouderdom nie maklik sou werk kry nie. Sy het ook nie haar man daarvan vertel  
nie, sy het later wel haar moeder en ‘n ander werknemer, van die insident vertel.

10. Mnr. Barret se weergawe van die insident was dat hy die applikant bloot net wou  
goeie nag toewens, maar dat sy hom inderdaad toe uitgenooi het om saam met  
haar na ‘n pornografiese film te kyk. Hy het ook verwys na busrit vro ëer die dag  
toe die applikant met ander konferensie gangers skertsend grappe van ‘n seksuele  
aard gemaak het terwyl hy glo niks ges ê het nie. Die applikant het erken dat daar  
wel so ‘n geskertsery was maar dat Mnr. Barret ook deel daarvan was.
11. Die applikant het ook getuig dat gedurende Oktober 1998, Mnr. Barret na haar  
kantoor gekom het en haar meegedeel het dat hy nie fout kon vind daarmee as ‘n  
getroude vrou met ‘n ander man as haar eie, seks sou h ê nie.
12. Die applikant het ook getuig dat ander vroulike werknemers by haar kom kla het  
oor Mnr. Barret se beweerde gedrag wat ook op seksuele teistering neergekom het.  
Mnr. Barret het haar en ander werknemers soms geknyp in die binneboud, soms  
omhels vroulike werknemers gewoonlik as “Bokkie” aangespreek, en voordurend  
grappe van ‘n seksuele aard gemaak. Mnr. Barret het erken dat vroulike  
werknemers, en selfs vroulike kli ënte as “bokkie” aangespreek het, maar die res  
van die bewerings het hy ontken.
13. Die eerste voormalige werknemer van die respondent wat namens die applikant  
getuig het was Mev. Clezair Vallence. Sy was ‘n verkoopskonsultant van die  
besigheid. Sy het getuig dat sy na Kaapstad gereis het met Mnr. Barret vir ‘n  
opleidingskursus. Volgens haar het Mnr. Barret op ‘n staduim aan haar sy  
kredietkaart oorhandig en gevra om vir hulle ‘n hotelkamer te bespreek. Sy het die  
versoek, uit die aard van die saak, as van ‘n seksuele aard beskou. Sy het hom net  
geignoreer. Mnr. Barret het die voorval nie ontken nie maar getuig die voorval as  
‘n grap beskou het. In die lig van al die waarskynlikhede en al die ander getuienis  
beskou ek die voorval as ‘n vorm van seksuele teistering van ‘n werknemer.

14. Mev. Vallence het ook getuig dat sy die applikant van hierdie voorval meegedeel  
het en dat die applikant aan haar ook vertel het van haar eie soortgelyke  
ondervindings met Mnr. Barret. Sy het ook getuig dat Mnr. Barret haar ‘n paar  
keer in die binneboud geknyp het was sy ook aan die applikant geraporteer het.  
Hierdie getuienis is deur die applikant gestaaf. Sy het ook vertel dat in die kantoor  
sy vasgestel het dat ‘n persoon op die internet fasiliteit van die kantoor na  
werksure glo pornografiese kanale bestudeer het. Volgens haar kon dit Mnr.  
Barret gewees het want werknemers het om vyf uur die kantoor verlaat en Mnr.  
Barret se verloofde het haar ook meegedeel dat hy tot laat snags op kantoor was. 
15. Mnr. Barret het ook glo, toe sy ‘n deurskynende bloes aangehad het, vir haar gevra  
of sy dit vir hom gedra het. Mnr. Barret het getuig dat hy bloot, as ‘n kompliment,  
aan haar opgemerk het dat dit ‘n mooi bloes was. Mev. Vallence het ook vertel  
van die seksuele grappe wat Mnr. Barret gemaak het en het self bygevoeg  
(verwysende na ander werknemers) dat “sometimes we also chipped in, but not as  
crude”.
16. Mev. Vallence het ook die getuienis van Mev. Taylor, ook ‘n voormalige  
werknemer, gestaaf. Mev. Taylor het getuig dat Mnr. Barret haar wou uitneem vir  
ete en haar voordurend gebel het uit Kaapstad waar hy die betrokke dag was, om  
haar te oorreed om die uitnodiging te aanvaar. Sy het geweier om saam met hom  
te gaan en hy het sy humeur met haar verloor. Sy was ontsteld en het gehuil ten  
aanskoue van ander werknemers, insluitende die applikant en Mev. Vallence.
17. Volgens Mnr. Barret het hy wel vir Mev. Taylor uitgenooi vir ete met ‘n bloot  
vriendskaplike bedoeling. Hy erken dat hy hom vir haar vererg het toe sy geweier  
het om saam te gaan, maar dit was omdat sy aanvanklik toegestem het maar later  
in die dag geweier het op advies van die applikant. Dit was ook deel van die  
respondent se saak dat die vroulike werknemers van die respondent saamgespan

respondent se saak dat die vroulike werknemers van die respondent saamgespan  
het teen Mnr. Barret en uit redelik onskuldige voorvalle, vanwe ë vrugbare

verbeeldings, ‘n saak van seksuele teistering teen hom opgebou het en insidente  
baie ver oordryf het. 
18. Hierdie getuienis van Mnr. Barret het Mev. Taylor ten sterkste ontken.
19. Vir sover dit die ongerymdhede gaan, het ek reeds daarop gewys dat daar ‘n groot  
gewag gemaak is van hierdie aspek. Geld het weggeraak in die besigheid. Mev.  
Vallence het ‘n skriftelike waarskuwing gekry waar geld weggeraak het volgens  
die applikant, wat ook haar senior was by die werk, het Mev. Vallence nie enige  
iets oneerliks gedoen nie. Sy het ‘n foonkaart verkoop maar nagelaat om geld te  
vra. Daarom is daar nie ‘n dissiplin êre verhoor gehou nie. Trouens, daar is geen  
dissiplinêre verhoor teen enige werknemer ingestel deur Mnr. Barret nie. Die  
applikant het hom gehelp met sy ondersoek na die verlore geld. Die indruk wat ek  
uit die getuinis as geheel gekry het is dat dit meer waarskynlik is dat die geld  
verlore gegaan het as gevolg van nalatige bestuur van die besigheid eerder as van  
enige werknemer se oneerlikheid. Mnr. Barret het gedurende die verhoor beweer  
dat Mev. Taylor ‘n groot som geld gesteel het. Geen dissiplin êre stappe is teen  
haar geneem nie en hy wou haar selfs uitgeneem vir ete. Toe die applikant die  
respondent se diens wou verlaat, het Mnr. Barret haar ook uitgeneem vir ete. 
20. Dit is ook aan een van die getuies gestel dat Mnr. Barret sou gesien het dat sy geld  
uit die kluis verwyder het. Dit is ontken. Wat my egter as eienaardig tref, is dat  
daar geen klagte gel ê was in hierdie verband nie Dit was tog direkte getuienis. Op  
sy getuienis sou Mnr. Barret die persoon op heterdaad betrap het. 
21. Mnr. Barret het ook getuig dat hy gehoor het hoe die applikant vir een van die  
werknemers s ê, dat as hy ‘n diefstal saak teen haar maak (teen die werknemer) dan  
moet sy ‘n seksuele teistering saak teen Mnr. Barret maak. Dit is ook ontken deur  
die applikant en die betrokke werknemer. Mnr. Barret het beskryf hoe hy agter

die applikant en die betrokke werknemer. Mnr. Barret het beskryf hoe hy agter  
sekere rakke gestaan het en die gesprek afgeluister het. Hy het nie die applikant of

die werknemer hiermee gekonfronteer nie.
22. Mnr. Barret het my nie be ïndruk as ‘n geloofwaardige getuie nie. Sy weergawe  
oor die insident by die hotel in Johannesburg het die indruk geskep dat hy nie  
verantwoordelikheid vir sy eie dade wil aanvaar nie en vrouens blameer vir sy eie  
gedrag.
1. Ek het die applikant se weergawe in hierdie verband aanvaar aangesien dit  
meer ‘n  waarskynlike weergawe is. Dit is hoogs onwaarskynlik in die  
omstandighede dat sy Mnr. Barret, in die lig van sy gedrag voorheen, sou nooi om  
saam met haar na ‘n pornografiese film te kyk. Hierdie getuienis strook ook nie  
met die indruk wat die applikant op my gemaak het gedurende die lei van haar  
getuienis nie.
23. Ek moet vermeld dat Mev. Taylor baie omslagtig getuienis gegee het en ek het die  
indruk gekry dat sy haar getuienis ietwat oordryf het, nie soveel uit simpatie vir  
die applikant nie maar eerder omdat sy ‘n renons in Mnr. Barret gehad het. Tog  
aanvaar ek haar weergawe aangaande die gebeure toe Mnr. Barret haar oor die  
telefoon geteister het, omdat dit gestaaf was deur die applikant en Mev. Vallence  
wie op my gunstige indrukke gemaak het, wat hulle geloofwaardigheid betref. 
24. In die omstandighede, en op die waarskynlikhede aanvaar ek die applikant se  
weergawe van gebeure in hierdie saak, waar daar soveel feitlike dispute en  
ontkennings was. 
25. Die applikant het nadat sy die respondent se diens verlaat het, ‘n besigheid begin  
saam met ander werknemers wat eintlik in kompetisie met Mnr. Barret se  
besigheid was. Hy het getuig dat hy vro ëer daarvan gehoor het en dat dit hom glad  
nie verbaas het dat sy bedank het nie. Die applikant het ges ê dat sy die indruk  
gekry het dat Mnr. Barret wou gehad het dat sy moet gaan. Hy het haar ook vertel

dat sy by Departement van Mannekrag moet uitvind hoe hy oor die  
personeelvermindrings te werk moet gaan, aangesien die besigheid in finansi ële 
moeilikheid was. Verder het die applikant getuig dat sy altyd wou bedank maar  
finansiëel nie kon nie. Daar was egter ‘n erfinis wat haar moeder toegekom het.  
Haar moeder het aan haar geld geleen sodat sy kon wegkom van Mnr. Barret. 
26. Ek het die applikant gevra of sy sou bedank het indien sy nie finansi ëel gesteun  
was deur haar moeder nie. Die doel van my vraag was om vas te stel of die  
seksuele teistering die werklike rede vir haar bedanking was. Sy het getuig dat sy  
seker maar sou voortgaan het om te werk vir Mnr. Barret as sy nie die finansi ële 
steun by haar moeder gekry het nie. Hier moet ook in ag geneem word, dat haar  
moeder nie baie vermo ënd is nie en maar slegs ge ërf het. Sy sou nie sommer geld  
leen vir ‘n besigheid wat moontlik riskant kon wees, as daar nie ‘n goeie rede was  
nie. Sy wou haar dogter help want die het haar bekla by haar moeder oor Mnr.  
Barret se gedrag. Die applikant het Mnr. Barret gedurig gevra om haar uit te los en  
hy wou nie. Ek aanvaar dus dat sy bedank het as gevolg van die feit dat haar  
diensverhouding met Mnr. Barret onuithoudbaar geword het.  
27.  Dit kan nie in ‘n werkplek geduld word dat ‘n werkgewer ‘n werknemer probeer  
oorreed om ‘n seksuele verhouding aan te gaan wanneer die werknemer nie  
belangstel nie. Die diensbe ëindiging van die applikant was onbillik omdat dit  
gegrond was op diskriminasie teenoor die applikant as werknemer vanwee haar  
geslag. Daar kan nie sprake wees van ‘n voortgesette diensverhouding nie. Die  
applikant het ook nie gevra vir herindiensstelling nie maar vir kompensasie. 
28. Die maksimum bedrag wat toegeken kan word deur die Abeidshof in so ‘n  
aangeleentheid is kompensasie gelyk aan 24 maande se salaris. Na my mening is  
hierdie nie ‘n geval waar die maksimum kompensasie toepaslik is nie. Daar is  
ander faktore wat in ag geneem moet word.

ander faktore wat in ag geneem moet word. 
29. Sonder om onsensitief teenoor die applikant te wees, het die seksuele teistering in

hierdie geval, nie ‘n uitermatige vorm van teistering aangeneem nie. Die applikant  
se persoon was nooit grof aangetas nie. Mnr. Barret het homself nie fisies op die  
applikant afgedwing nie. Die applikant is ook nooit afgedreig, indien sy nie sou  
toestem om met Mnr. Barret seks te h ê nie. Hy het, baie onvanpas, sy wense  
uitgespreek van tyd tot tyd. Dit was egter nie ‘n daaglikse vervolging van die  
applikant nie. Hierdie faktore het ek in ag neem. In die omstandighede is  
kompensasie gelyk aan 8 maande se salaris billik wees. Ek het dan ook so ‘n  
bedrag, (R40 000) aan die applikant toegeken en die respondent gelas om die  
applikant se koste in hierdie aangeleentheid te betaal.
______
____________
E. 
Revelas
17 Januarie 2002