About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 133
|
|
Sentrachem Ltd. v Prinsloo (105/95) [1996] ZASCA 133; 1997 (2) SA 1 (SCA); (22 November 1996)
SaakNo 105/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
SENTRACHEM LIMITED
APPELLANT
en
FRANS JOHAN PRINSLOO
RESPONDENT
CORAM: E M GROSSKOPF, EKSTEEN, NIENABER, OLIVIER et ZULMAN ARR
DATUM VERHOOR: 2+3 SEPTEMBER 1996
DATUM GELEWER: 22 NOVEMBER 1996
UITSPRAAK EKSTEEN, AR:
Hierdie geding gaan oor aalwurms, dopluise en gif in mnr Prinsloo se sitrusboorde in Levubu. Die sitrus-aalwurm (oftewel
2
Tylenchulus semipenetrans) is 'n mikroskopiese organisme wat die wortels van sitrusbome binnedring en vemietig. Dit veroorsaak in
die eerste plek verstopping in die wortels wat die opname van kalium verhoed en tweedens werk die openinge in die wortels wat deur
die wurms veroorsaak word, wortelvrot in die hand. Die gevolg hiervan is dat die boom geleidelik agteruitgaan tot so 'n mate dat
dit 'n winsgewende oes onmoontlik maak.
Die sitrus rooidopluis
(Aonidiella aurantii
) is nog 'n plaag wat die lewe van 'n sitrusboer versuur. Dit is 'n klein insek wat hom op die sitrusblare, stingels en vrug self
vestig en dit parasiteer. As hulle toegelaat word om te gedy kan hulle veroorsaak dat van die blare en takke terugsterf; dat die
blare en selfs die vrugte van die boom afval; en in ieder geval dat die vrugte so beskadig
3
word dat hulle onaanvaarbaar is vir die uitvoermark. Die wyfie dopluis l
eiers en wanneer hulle uitbroei skuil die kleintjies vir 'n rukkie onder haar dop voordat hulle uitkruip om hulle weg deur die w
reld te vind. Hierdie "kruipertjies" kruip 'n betreklike kort afstand van hul ma af en vestig hulself dan op 'n vrug of
op 'n blaar. Daar gaan hulle deur verskillende stadia van ontwikkeling totdat hulle volwassenheid bereik en die hele kringloop weer
van voor begin.
Rooidopluise kan bestry word deur die bome gereeld met 'n verskeidenheid van gifstowwe te bespuit. Dit is egter tydrowend en duur
en nie altyd effektief nie omdat dopluise immuun raak teen sommige gifstowwe. Sitrusboere verkies dus om oor te gaan na 'n biologiese
bestryding van die plaag. Daar bestaan 'n paar predatore wat op die dopluis teer, maar die effektiefste biologiese beheer is
4
deur middel van 'n wespetjie met die naam
Aphytis Africanus
. Dit is 'n inheemse insek wat die dopluis parasiteer deur sy eiers in die dopluis te l
, en wanneer hulle uitbroei, vreet die kleintjies die dopluis op. Wanneer aphytes eenmaal in 'n boord gevestig is beheer dit die dopluis
plaag heel effektief, maar as dit blyk dat die dopluis te vinnig begin aanteel vir die aantal aphytes, dan gryp die boer in met die
spuit van 'n aphytis-vriendelike middel - dws 'n middel wat, hoewel dit dopluis nie so effektief bestry soos ander middels nie, nogtans
nie die aphytes sal doodmaak of verdryf nie. Hierdie vorm van beheer is dan nie meer suiwer biologies nie en staan bekend as "ge
ntegreerde biologiese beheer".
Vir 'n boer om oor te skakel van suiwer chemiese beheer na 'n biologiese of 'n ge
ntegreerde biologiese beheer, neem uiteraard
5
yd en is betreklik duur. Die boer moet ophou spuit sodat die predatore en die aphytes hulle in die boprd kan vestig. Die oes word
gevolglik aan die toenemende dopluis plaag blootgestel totdat die aphytes in genoegsame getalle in die boord kan kom, met 'n gevolglike
vermindering en beskadiging van die oes. Die respondent het in 1984 tot ge
ntegreerde biologiese beheer oorgegaan en aphytis was van toe af behoorlik in sy boorde gevestig. Hulle het die dopluis effektief
beheer.
Die gif in hierdie geding ter sprake is AC 92-100. Gedurende 1989 het Mnre Mark Rea en Hennie le Roux 'n gesprek met respondent se
seun ("Prinsloo jnr") gehad waarin hulle hom vertel het van appellant se voorneme om hierdie gifstof vir die bestryding
van aalwurms op die mark te bring. Rea was voorheen
6
as nematoloog (dws aalwurmdeskundige) by die Sitrusbeurs in diens
gewees, maar in 1989 was hy 'n tegniese adviseur by die appellant.
Le Roux was destyds ook 'n nematoloog. Hy was in diens van die
Sitrusbeurs as senior navorsingspatoloog. Di
twee het vir Prinsloo
jnr vertel dat hierdie middel, wat toe "Counter" geheet het,
doeltreffend by mielies en ander graangewasse aangewend is, dat die
appellant heelwat werk aan die middel gedoen het, en van voomeme
was om dit ook vir gebruik in die sitrusbedryf te laat registreer en
vry te stel. Rea het aangebied om as 'n guns 'n paar sakke Counter
aan Prinsloo jnr te gee sodat hy dit kon "beproef'. Respondent het
30 boorde op sy plaas en hierdie proef toediening is in die lente
(September-Oktober 1989) in slegs een van hierdie boorde gedoen,
met o
nskynlike goeie gevolge. Vroeg in 1990 is Counter
7
geregistreer vir gebruik in die sitmsbedryf onder die naam AC 92-100. Om hierdie middel aan boere bekend te stel het appellant vroeg
in Augustus 1990 'n loodsing-seminaar aangebied op 'n oord bekend as "Die Eiland". Prinsloo jnr is soontoe genooi en het
dit bygewoon. Rea en le Roux was albei sprekers by hierdie geleentheid, asook appellant se produksiebestuurder, mnr H G van der Westhuizen.
Die middel was op hierdie stadium geregistreer met 'n etiket wat die toediening van 40 gram per vierkante meter jaarliks in die lente,
nadat die lemoen-oes afgehaal is, voorskryf. By die seminaar, egter, het le Roux daarop gewys dat die populasie-pieke onder aalwurms
saamval met die drie wortelstuwings van die sitrusbome, nl in die lente, in die somer, en in die herfs. Hy was dus 'n voorstander
van 'n sogenaamde "split-toediening", maw 20
8
gram in September, en 20 gram in Desember, of, nog beter 20 gram in September, 10 gram in Desember en 20 gram in die herfs. Rea het
dit beaam. Beide hy en van der Westhuizen het verduidelik dat die middel nie goed oplos in water nie en dus moeilik opneembaar is
deur die boom, met die gevolg dat daar geen residu in die vrugte gelaat word nie. Rea het vir Prinsloo jnr vertel dat hulle proewe
met AC 92-100 op 'n groot sitrusplaas gedoen het. Daar sou hulle toedienings in September, Desember en in die herfs gedoen het en
geen residu in die vrugte gekry nie. Die aalwurmtellings sou tot zero gedaal het.
Kort na hierdie loodsingseminaar op "Die Eiland" het Rea saam met ander verteenwoordigers van die appellant die respondent
op sy plaas besoek om hom oor te haal om 'n besending
9
van die AC 92-100 te koop. Rea het weer uitgewei oor die doeltreffendheid van die middel en die split-toediening ten tyde van elk
van die drie wortelstuwings sterk aanbeveel as die enigste effektiewe manier om die opeenvolgende generasies van aalwurms uit te
wis. Hy het dit aan respondent duidelik gestel dat die toe-bestaande etiket slegs een toediening in die lente voorgeskryf het, maar
dat dit in die proses was om verander te word en dat 'n tweede etiket binne afsienbare tyd geregistreer sou word om die drieledige
split-toediening voor te skryf. Respondent is uitdruklik aanges
om nie die voorskrifte op die bestaande etiket te volg nie maar om die split-toediening toe te pas in die lente, die somer en die
herfs. Dit is gemene saak dat Rea en die ander verteenwoordigers van die appellant daarvan bewus was dat die respondent ge
ntegreerde
10
biologiese beheer deur middel van aphytis in sy boorde toegepas het, en dat daar geen waarskuwing aan hom gerig was om enigsins versigtig
te wees met die toediening van die gif wat dit betref nie. Dit is duidelik uit al die getuienis dat n
g die respondent n
g Rea, le Roux, van der Westhuizen, of enige ander verteenwoordiger van die appellant vir 'n enkele oomblik gedink het dat die gebruik
van AC 92-100 die aphytes enigsins nadelig kon raak. So 'n oorweging het nooit eers by hulle opgekom nie.
Op sterkte van hierdie samesprekings het respondent 'n bestelling van die AC 92-100 by appellant geplaas en dit op al sy boorde, behalwe
drie, gebruik. Die eerste toediening het in September 1990 onder die wakende oog van Rea self geskied. 'n Tweede toediening het in
November-Desember gevolg en 'n derde in
11
Februarie-Maart.
Teen die middel van Februarie en vroeg in Maart het die voorkoms van dopluise in die boorde kommerwekkende afmetings begin aanneem
en dit het duidelik geword dat daar nie meer aphytes was om hulle te bestry nie. Robert Muthuthuli, respondent se voorman op die
plaas, was van mening dat die AC 92-100 die aphytes doodgemaak of verdryf het. Prinsloo jnr het skepties gestaan teenoor hierdie
vermoede. Respondent het vir Rea geskakel en hom gevra of die gif dalk die aphytes kon doodgemaak of verdryf het. Rea het hom onomwonde
verseker dat dit nie moontlik was nie. In die lig hiervan het die respondent gemeen dat die aphytes dalk tog later na die boorde
sou kom. Om enigsins die aanwas van die dopluise te stuit, het hy besluit om in te gryp met 'n bespuiting van
12
'n aphytis-vriendelike middel met die naam "Applaud". Hy het reeds
vantevore hierdie middel gebruik. Hierdie middel maak nie die
volwasse dopluis dood nie maar tas slegs die onvolwasse stadia aan.
Dit het ook nie 'n baie lang nawerking nie en verjaag nie aphytes nie.
Dit het spoedig geblyk dat die aphytes nie terugkeer nie en die
dopluis plaag het in felheid voortgewoed. Na raadpleging met 'n
deskundige, Dr Kamburov, het respondent ten einde raad 'n meer
verwoestende gif, Lannate, gemeng met Bladbuff, gespuit. Dit het
sowel die dopluis as enige ander insekte in die boord doodgemaak.
Groot skade aan die oes was egter toe alreeds veroorsaak. Teen
hierdie tyd het respondent alle hoop laat vaar dat die aphytes ooit sou
terugkeer. Hy het uiteindelik ook tot die gevolgtrekking gekom dat
dit die AC 92-100 was wat die aphytes gedood of verdryf het. Hy
13
getuig dat na elke toediening van hierdie gif daar 'n skerp onaangename genr in die boorde was en hy het tot die slotsom geraak dat
dit hierdie dampe was wat die aphytes verjaag het. Hy was hierin gesterk deur die oorweging dat die toediening van AC 92-100 die
enigste afwyking was gedurende daardie oes-seisoen vergeleke met die gebruike van vorige jare en verder dat die drie boorde waar
hy nie AC 92-100 toegedien het nie, 'n normale oes gelewer het. Desondanks het Rea en die ander verteenwoordigers van appellant in
hul siening volhard dat hul gif nie aphytes kon affekteer nie. Dit was eers teen die einde van 1992 dat van der Westhuizen, as gevolg
van respondent se ondervinding en soortgelyke ondervindings van ander boere in die omtrek, asook van verdere toetse en navorsing
wat Appellant laat doen het, tot die ontnugtering gekom het dat AC 92-
14
100 wel 'n nadelige effek op aphytes het veral wanneer dit gedurende Januarie, Februarie en Maart, wanneer die aphytes in groot getalle
in die boorde teenwoordig is en die dopluis dreig om aan te was, aangewend word, Hierdie bevindinge het aanleiding gegee tot 'n derde
etiket wat in November 1992 deur appellant uitgereik is en wat die uitdruklike waarskuwing bevat het dat die somertoediening nie
na 15 Desember, en die herfstoediening nie voor 1 April moet geskied nie.
Die respondent het die skade aan sy oes as gevolg van die verjaging van die aphytes na die toediening van AC 92-100 op R541 268.37
bereken en op 24 Augustus 1993 dagvaarding teen die appellant uitgereik vir die verhaal van hierdie bedrag. In sy besonderhede van
eis het hy aangevoer dat:
15
(a)
Appellant se verteenwoordigers, handelend in die uitvoering
van hulle pligte en binne die bestek van hulle diensooreenkoms
"wederreg
elik en nalatiglik aan die eiser voorgestel het dat die gebruik van die middel AC 92-100 'n doeltreffende bestryding
van aalwurm sal wees sonder dat sodanige gebruik
enige
ander plae sou bevorder en/of sonder dat dit 'n negatiewe invloed sou h
op bestryding van plae (meer in besonder dopluise) en derhalwe op die eiser se sitrus-oes;"
(b)
die gemelde verteenwoordigers bewus was van die feit dat die
respondent die dopluise by wyse van biologiese beheer bestry;
(c)
"As gevolg van die voormelde wederregtelike en nalatige
wanvoorstellings
welke wanvoorstellings wesenlik was tot
die sluiting van 'n ooreenkoms vir die aankoop van die middel
AC 92-100 het die eiser
'n mondelingse ooreenkoms
gesluit
"
vir die aankoop van 'n sekere hoeveelheid van die middel;
(d)
as gevolg van die toediening van hierdie middel die respondent
se biologiese beheer vernietig of versteur is; en
16
(c) "As gevolg van
verweerder se kontrakbreuk soos hiervoor
uiteengesit, het die eiser skade gely
in 'n bedrag van
R541 268.37
"
In die alternatief het hy aangevoer dat:
(f)
appellant die verspreider was van AC 92-100 wat hy voorgegee het ter voorkoming van aalwurm gebruik kon word sonder enige nadelige
effek op die biologiese beheer van dopluise in die sitrusboorde;
(g)
"Te alle redelike tye het daar 'n regsplig op
.verweerder
gerus om te verseker dat die produk AC 92-100 effektief deur sitrusboere gebruik kon word sonder dat dit die biologiese beheer van
dopluise in die sitrusboorde sou vernietig en/of versteur," en
(h) appellant hierdie regsplig nalatig verbreek het deur
onvoldoende toetse op die middel te doen ten einde te verseker
dat dit nie die biologiese beheer sou versteur nie, of anders om
17
die boere te waarsku teen sodanige moontlike versteuring.
Die besonderhede van vordering word dan afgesluit met die smeekbede vir betaling van R541 268.37, rente a
tempore
morae, en koste van die geding.
Die appellant het hierop gepleit. Hy het erken dat gedurende Augustus 1990 die produk AC 92-100 deur sy verteenwoordigers aan sitrusboere
voorgehou is as geskik vir die gebruik teen aalwurms en dat gemelde verteenwoordigers te alle wesenlike tye bewus daarvan was dat
respondent "ge
ntegreerde biologiese en chemiese plaagbeheer" op sy sitrusplaas toepas. Ook is erken dat appellant op verskeie geleenthede tussen
November 1990 en Februarie 1991 hoeveelhede van die AC 92-100 aan respondent verkoop het maar appellant het hom teen die eis om skadevergoeding
18
verweer op grond daarvan
(a)
dat, indien bevind sou word dat die voorstellings soos deur respondent beweer deur sy verteenwoordigers gemaak was, dit strydig was
met die verkoopsvoorwaardes wat op die keersy van sy fakture verskyn en dat respondent hom dus nie daarop kon beroep nie, en
(b)
dat respondent nie die middel in ooreenstemming met die geregistreerde etiket toegedien het nie.
Die uiteensetting van die gronde waarop respondent se eis gebaseer was, was geensins duidelik of bevredigend nie. Respondent se regsverteenwoordigers
het dit besef en dit gerade geag om dit te vervang met 'n duide
iker en meer regsverant-woordbare uiteensetting. Gevolglik het hulle op 4 Julie 1994 die toe-bestaande
19
besonderhede van vordering in sy geheel deurgehaal en met nuwe besonderhede vervang. Die oorspronklike dagvaarding het egter bly staan.
Die nuwe besonderhede van vordering het uit 'n hoofeis gegrond op beweerde kontrakbreuk en drie alternatiewe eise bestaan. Die eerste
van hierdie altematiewe eise is gegrond op 'n nalatige en valse voorstelling, wat respondent daartoe sou beweeg het om die kontrak
aan te gaan. Die tweede berus op "nalatige wanbewerings" wat uitgeloop het op die verbreking van 'n regsplig om toe te
sien dat die middel onskadelik sou wees vir die biologiese beheerstelsel wat destyds toegepas was. Die derde altematiewe eis was
gegrond op nalatigheid aan die kant van appellant se verteenwoordigers deurdat hulle as verteenwoordigend van 'n deskundige handelaar
in produkte
20
van daardie aard, aan die respondent voorgehou het dat AC 92-100
geen newe-effek sou h
op die biologiese plaagbeheerstelsel wat
respondent toegepas het nie.
In antwoord hierop het appellant 'n spesiale pleit van
verjaring geliasseer. Hierin word beweer dat:
"die skuldoorsake waarop Eiser in sy besonderhede van
vordering
steun, het almal
nie later as Februarie 1994
verjaar
"
Daar word ook in die spesiale pleit beweer:
"Eiser het nie in sy besonderhede van vordering soos dit voor bovermelde wysiging gelees het op enige van die skuldoorsake gesteun
waarop hy tans in sy besonderhede van vordering soos dit na bovermelde wysiging lees, steun nie."
In sy betoogshoofde voor ons het mnr Delport, wat
namens appellant verskyn het, van hierdie omvattende bewering
afgestap en toegegee dat respondent se eerste en derde alternatiewe
21
eise (op nalatige wanvoorstelling en op nalatigheid onderskeidelik gebaseer) wel in die oorspronklike besonderhede van vordering kenbaar
was en dus nie verjaar het nie. In 'n alternatiewe betoog voer hy aan dat indien hierdie Hof tot die gevolgtrekking sou kom dat respondent
se aanvanklike hoofeis op kontrakbreuk en nie op nalatige wanvoorstelling gegrond was nie, dan sou die hoofeis nie verjaar het nie
maar wel die eerste altematiewe eis.
Die geleerde Regter a
quo
het hierdie spesiale pleit van die appellant verwerp en in di
verband oa staatgemaak op die beslissing van Colman R in
Mazibuko v Singer
1979(3) SA 258(W).
Probleme ontstaan dikwels waar 'n eiser aksie instel en bepaalde bewerings in die besonderhede van vordering maak op grond waarvan
gestel word dat die verweerder iets aan die eiser
22
skuld. Die eiser wysig later die besonderhede van vordering, soms
om die bewerings waarop gesteun word en soms om die omvang van
die skuld te verander. Die beswaar word dan opgewerp dat die
"skuld" n
die wysiging 'n ander "skuld" is as die waarop
oorspronklik staatgemaak is, en dat die nuwe skuld verjaar het. Dit
het ook in die onderhawige geval gebeur.
Artikel 15(1) van die Verjaringswet 68 van 1969 bepaal dat
verjaring gestuit word
"deur die betekening aan die skuldenaar van 'n prosesstuk waarin die skuldeiser betaling van die skuld vorder."
Dit dien daarop gelet te word dat daar nie van 'n skuldoorsaak of 'n
grond van aksie gepraat word nie, maar slegs van die vordering van
'n skuld.
In die meerderheidsuitspraak in
Evins v Shield Insurance Co
23
Ltd 1980(2) SA 814(A) op 836 C-E s
Corbett AR:
"Where the plaintiff seeks by way of amendment to augment his claim for damages, he will be precluded from doing so by prescr
ption if the new claim is based upon a new cause of action and the relevant prescription period has run, but not if
t was part and parcel of the original cause of action and merely represents a fresh quantiGcation of the original claim or the addition
of a further item of damages."
In
Mazibuko v Singer (supra
) op 265 D-E wys Colman R
daarop dat dit misleidend kan wees om in di
verband van 'n
skuldoorsaak ("cause of action") te praat, maar eerder van 'n
vorderingsreg ("right of action"). Die verskil tussen hierdie twee
begrippe word verder deur Trollip AR in 'n minderheidsuitspraak in
Evins se saak 825 F-H toegelig. Hy wys daarop dat "skuldoorsaak"
gewoonlik op die wesenlike feite slaan, wat in pleitstukke uiteengesit
word, om die vorderingsreg uit te maak waarop die skuld verhaal kan
24
word. Die geleerde Regter vervolg dan
"I am not sure that it necessarily follows that, because one
factual basis differs from another in some respect or respects,
separate or different rights of action arise; on the contrary,
both cases may nevertheless beget only one right of action or
debt, eg one for plaintiff s entire patrimonial loss. The cases
of
Green v Coetzer
1958(2) SA 697(W) and
Schnellen
v Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd
1969(1) SA
517(W)
are apposite illustrations of that."
Hierdie opmerking is m.i. geensins strydig met die beginsels in die
meerderheidsuitspraak neergel
nie. Die vorderingsreg en die skuld
is dus slegs teenpole van 'n verbintenis, en waar die skuld verval,
verval die vorderingsreg ook
(Erasmus v Grunow en 'n Ander
1978(4) SA 233(0) op 245 E en
Evins
se saak
(supra
) op 842 E-F).
Vir die doeleindes van die stuiting van verjaring is dit
dus nie nodig dat die dagvaarding, waardeur die skuldeiser poog om
betaling van sy skuld af te dwing, 'n skuldoorsaak hoef te openbaar
25
nie.
(Trans-African Insurance Co Ltd v Maluleka
1956(2) SA 273(A),
van Vuuren v Boshoff
1964(1) SA 395(T),
Rooskrans v Minister van Polisie
1973(1) SA 273(T). Al is'n dagvaarding vir eksepsie vatbaar omdat dit geen skuldoorsaak openbaar nie, kan dit nogtans dien om verjaring
van die skuld wat ge-eis word te stuit. Die enigste voorbehoud is dat die dagvaarding nie so gebrekkig moet wees dat dit 'n nulliteit
is in die sin dat dit nie vatbaar is vir wysiging om die gebreke aan te suiwer nie. Die eintlike toets is om te bepaal of die eiser
nog steeds dieselfde, of wesenlik dieselfde skuld probeer afdwing. Die skuld of vorderingsreg moet minstens uit die oorspronklike
dagvaarding kenbaar wees, sodat 'n daaropvolgende wysiging eintlik sou neerkom op die opklaring van 'n gebrekkige of onvolkome pleitstuk
waarin die vorderingsreg,
26
waarop daar deurgaans gesteun is, uiteengesit word. (
Churchill v
Standard General Insurance Co L
d 1977(1) SA 506(A) op 517 B-C,
Maluleka se saak
(supra
) op 279C,
Moekoena v S A Eagle Insurance
Co Ltd 1982(1) SA 780(0) en
Frol Holdings (Pty) Ltd v Sword
Contractors CC 1996(3) SA 1016(0)). So 'n wysiging sal uiteraard
nie 'n ander vorderingsreg naas die oorspronklike kan inbring nie, of
'n vorderingsreg wat in die oorspronklike dagvaarding prematuur of
voorbarig was, te red nie, of om 'n nuwe party tot die geding te voeg
nie. (cf
Churchill
se saak
(supra
).
Imprefed (Pty) Ltd v National
Transport Commission 1990(3) SA 324(T),
Neon and Cold Cathode
Illuminations(Pty)Ltd v Ephron 1978(1) SA 463(A) en
Park Finance
Corporation (Pty) Ltd v van Niekerk 1956(1) SA 669(T)).
In die onderhawige saak het die respondent deurgaans
27
dieselfde skuld van die appellant gevorder, nl die skade wat hy gely het as gevolg van die gebruik van AC 92-100 in sy sitrusboorde.
Hy het geen nuwe partye probeer voeg nie en sy eis was deurgaans opeisbaar. Die uiteensetting van die skuldoorsake waarin hy hierdie
skuld regtens geklee het was moontlik gebrekkig of onduidelik en dit was hierdie tekortkominge wat die wysiging gepoog het om op
te klaar. Die skuld soos dit tans in die gewysigde pleitstukke uiteengesit word en self die skuldoorsake waarop nou gesteun word,
was mi uit die oorspronklike besonderhede van eis kenbaar. Die appellant was dan ook deurgaans ten volle bewus gewees van respondent
se bewerings en van al die wesenlike feite waarop die respondent sy beweerde skuld gevorder het. Daardie skuld het nie verander nie
en is slegs deur die gewysigde pleitstukke duideliker
28
ingeklee en uiteengesit. Die geleerde regter a
quo
was dus reg om die spesiale pleit af te wys.
In die loop van die verhoor het die partye, met die instemming van die Hof, ooreengekom dat die geskil oor die
quantum
en die meriete geskei sou word. Die verhoor het dus slegs op die meriete voortgegaan. Dit is voorts ooreengekom dat die appellant
se bewering dat respondent nagelaat het om sy skade te verminder ook by die meriete ingesluit word.
Die feite, soos ek hulle hierbo uiteengesit het, was
wesenlik gemene saak. Desondanks het die verhoor 13 hofdae
geduur en die appellant het 'n reeks besware teen aspekte van
respondent se getuienis ge-opper. Ek sal later hiema terugkeer.
Breedvoerige kruisverhoor is op alle fasette van die getuienis gevoer
29
en sake wat miskien nie direk deur die pleitstukke gedek is nie, is deurtastend bespreek. So wyd is die ondersoek van respondent se
eis gevoer, dat dit met reg ges
kan word dat hierdie Hof op app
l nie te noukeurig na tekortkominge in die pleitstukke hoef te kyk nie. Die appellant het by die verhoor aan hierdie uitbreiding van
die geskilpunte meegedoen en is dus nie benadeel nie
(Shill v Milner
1937 AD 101
op 105,
Sentrachem Bpk v Wenhold
1995(4) SA 312(A) op 319 D-J). In elk geval wil dit vir my voorkom dat in die omstandighede van hierdie saak soos dit ook hierinlater
sal blyk, dit nie veel saak maak of appellant se aanspreeklikheid in die sfeer van kontrak of delik geplaas word nie (cf
Kroonstad Westelike Boere Kooperatiewe Vereenisins v Botha and Another
1964(3) SA 561(A), en
Baver South Africa fPtvJ Ltd v Frost
1991(4) SA 599(A)).
30
Een van die punte waarop die appellant die respondent aangeval het, was dat beide hy en Prinsloo jnr hulle voorgedoen het as deskundiges
terwyl hulle dit nie was nie. Albei hierdie getuies het deskundige kennisgewings ingevolge hofre
l 36(9)(b) verstrek. Respondent was 'n elektriese ingenieur maar sedert 1978 was hy alleeneienaar van die plaas Redbank te Levubu.
Daar het hy met ge-integreerde plaagbeheer ge-eksperimenteer en dit effektief in sy boorde toegepas en gemoniteer. Prinsloo jnr het
'n BSc graad in landbou-ekonomie verwerf voordat hy saam met die respondent op Redbank gaan boer het. In hul getuienis het albei
beklemtoon dat hulle slegs deskundiges is op die gebied van die sitrusboerdery en die plaagbestryding op die plaas Redbank in Levubu.
Dat so 'n beperkte veld nogtans deskundigheid kan verg, blyk uit die getuienis van
31
Endemann, 'n entomoloog wat deur die appellant geroep is. Hy gee toe dat elke boord sy eie mikroklimaat het en op sy eie besondere
manier behandel moet word om plae soos rooidopluis te beheer. Gesien die gesofstikeerde boerdery-metodes van respondent en die Prinsloos
se wetenskaplike benadering tot die boerdery, meen ek dat die geleerde Regter a
quo
geregtig was om hulle as deskundiges te beskou en is appellant nie daardeur benadeel nie.
Sowel by die verhoor a quo as in hierdie Hof het die appellant aangevoer dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat die respondent
nie probeer voorgee het dat die blootgelegde verkennersverslae al die verslae was wat in die betrokke seisoen opgeneem is nie. Dit
is 'n bloot feitelike geskil wat ek nie van voorneme is om breedvoerig te behandel nie. Volgens respondent
32
se getuienis het 'n span verkenners weekliks deur die boorde gegaan om die voorkoms van plae, o.a. rooidopluis, op die bome te moniteer.
Elkeen het 'n vorm gehad waarop hy sy waamemings moes aanteken. Al hierdie verslae is dan aan die respondent en daama aan Prinsloo
jnr gegee. Hieruit kon gesien word of daar enige tekens van plae was en, indien wel, wat die omvang daarvan was. Volgens respondent
was die verslae nie almal bewaar nie en di
wat hy wel blootgel
het, was maar di
wat hy nog op die plaas kon vind. Nogtans was hy van mening dat hulle 'n redelike getroue beeld gee van die aanwas van die dopluisplaag
gedurende die betrokke tydperk. Die geleerde verhoorregter het die getuienis van die respondent en Prinsloo jnr in di
verband aanvaar. Ek vind geen aanduiding op die getuienis dat respondent ooit probeer voorgee het dat hy al die
33
verslae voor die Hof geplaas het nie. Ek volstaan dus by my
oorwo
mening dat die Hof a
quo
nie in hierdie opsig fouteer het nie.
Die respondent het in hoofsaak by die verhoor gesteun
op die beslissing van hierdie Hof in
Kroonstad Westelike Boere-
Kooperatiewe Vereeniging Bpk v Botha (
supra
). In daardie saak het
die respondent skadevergoeding van die appellant ge-eis weens skade
wat hy gely het aan sy sorghum oes nadat hy dit met 'n gifstof, wat
hy van appellant gekoop het, gespuit het. Die gifstof was bedoel om
luise in die sorghum dood te maak. Dit is beweer dat daar 'n
stilswyende bepaling was dat die gifstof geskik sou wees vir die doel
waarvoor dit gekoop was en dat dit geen verborge gebrek sou h
wat
nadelig sou wees vir die oes nie. Die toediening van die gif het
egter aansienlike skade aan die oes veroorsaak. Die respondent het
34
gesteun op die feit dat die appellant 'n handelaar in gifstowwe was;
dat hy voorgegee het om kennis te dra van die gifstowwe wat hy
verkoop en dat die gif aan respondent verkoop is met die wete dat
respondent dit sou gebmik om luise in sy sorghum te bestry.
Holmes AR het die posisie van 'n handelaar in so 'n geval oorweeg
en op 571G-572A ons reg soos volg verwoord:
"
liability for consequential damage caused by latent defect
attaches to a merchant seller, who was unaware of the defect where he publicly professes to have attributes of skill and expert knowledge
in relation to the kind of goods sold. (It is not intended here to draw any distinction between the words 'merchant' and 'dealer').
Once it is established that he does fall within that category,
the law irrebuttably attaches to him the liability in question, save only where he has expressly or by implication contracted out
of it."
In die onderhawige geval is dit gemene saak dat die appellant 'n handelaar is in gifstowwe wat voorgee om oor
35
deskundige kennis en vaardigheid ten opsigte van die produkte wat hy verkoop, te beskik. Dit is ook gemene saak dat appellant se verteenwoordigers
wel deeglik daarvan bewus was dat respondent die AC 92-100 aangekoop het om in sy sitrusboorde te gebruik en dat hulle ook daarvan
bewus was dat hy ge
ntegreerde biologiese beheer van die dopluis plaag toegepas het. Dit word ook nie betwis dat appellant se verteenwoordigers nooit
vir respondent gewaarsku het dat die gebruik van AC 92-100 die aphytes sou verdryf nie. Daar was ook geen geskil oor die feit dat
respondent die AC 92-100 gebruik het en dat daar na die toediening daarvan geen aphytes meer in sy boorde was nie.
Die appellant het aangevoer dat respondent nie bewys het dat daar enige aphytes in die boorde teenwoordig was voor die
36
toediening van die AC 92-100 nie. Daar is aangevoer dat hul besmoontlik deur die bespuiting met ander gifstowwe verdryf kon gewees
het. Beide respondent en Prinsloo jnr het hierdie aantygings betwis en getuig dat hul bespuitingsprogram gedurende die relevante
tydperk geensins verskil het van di
wat hulle in vorige jare toegepas het nie. Hulle het getuig dat die dopluisplaag effektief beheer was deur die aphytes, totdat dit
vroeg in 1991 handuit geruk het. Hulle het toe vir die eerste keer van die afwesigheid van aphytes bewus geword. Hierdie getuienis
is deur die Hof a
quo
aanvaar en dit weerl
klaarblyklik die besware van die appellant. Daar bestaan dus geen rede om van die geleerde verhoorregter in hierdie verband te verskil
nie.
Appellant se wesenlike verweer kom daarop neer dat
37
respondent by die toediening van die AC 92-100 hom nie gehou het by appellant se "gebruiklike verkoopsvoorwaardes" wat op
die keersy van sy verkoopsfakture en afleweringsnotas verskyn nie en veral dat respondent hom nie gehou het by die voorskrifte vir
toediening wat op die etiket verskyn nie. In die alternatief is aangevoer dat respondent hom nie eens gehou het by die aanbevelings
van appellant se verteenwoordigers oor die "split-toediening" van die middel nie.
Die beweerde verkoopsvoorwaardes waarop appellant gesteun het, verskyn agter op die afleweringsnotas wat as bewysstukke voor die verhoorhof
gedien het. Die respondent het getuig dat hy op geen stadium voor die plasing van sy bestellings hierdie sogenaamde "voorwaardes"
gesien het nie. Die voorwaardes is dan ook in sulke fyn skrif gedruk dat by die verhoor n
g die
38
respondent n
g die voorsittende Regter dit kon lees. Geen poging is aangewend om gehoor te gee aan die geleerde Regter se voorstel dat 'n vergrootglas
verkry moes word om die dokument te kon lees nie. Die respondent se getuienis is dan ook dat hierdie "voorwaardes" nooit
pertinent onder sy aandag gebring was voor of na die plasing van sy bestellings nie en dat hy na aflewering nie na die aOeweringsnotas
gekyk het nie. Respondent het dus nooit daartoe ingestem nie en die aankoop van die gif is nooit daaraan onderhewig gestel nie. Om
in hierdie omstandighede die "voorwaardes" as bindende terme van 'n kontrak tussen die appellant en die respondent te beskou,
kom my voor as 'n uiters kunsmatige redenasie.
Wat die etiket betref is dit gemene saak dat appellant se verteenwoordigers in die bekendstelling van AC 92-100 op "Die
39
Eiland" die "split-toediening" aanbeveel het i.p.v. die enkel-toediening wat op die toe-bestaande etiket voorgeskryf
was. Rea het ook uitdruklik vir respondent op Redbank ges
om die etiket te ignoreer daar 'n gewysigde etiket geregistreer word en binne die afsienbare toekoms gepubliseer sou word. Appellant
kan dus kwalik steun op die voorskrifte van die etiket. Dit is ook nie met enige oortuiging voor ons betoog nie.
Mnr Delport het egter betoog dat respondent selfs nie die mondelingse aanwysings van Rea en die ander verteenwoordigers van die appellant
nagekom het nie. Rea het 'n drieledige split-toediening voorgeskryf, nl in September, Desember en in die herfs om saam te val met
die drie wortelstuwings van die sitrus bome. Respondent het wel in September sy eerste toediening gemaak. Die tweede het
40
in Desember begin en na die begin van Januarie oorgeloop, en die derde het reeds in Februarie begin. Respondent het aangevoer dat
op Redbank en in Levubu die herfs wortelstuwing so vroeg as Februarie begin.
Dit dien daarop gelet te word, dat soos reeds hierbo genoem, daar op daardie stadium geen vermoede by enigeen bestaan het dat AC 92-100
aphytis enigsins kon benadeel nie. Selfs mnr Warren Brooks, wat in beheer was van appellant se navorsing en produkteontwikkeling,
en wat vir appellant by die verhoor getuig het, het toegegee dat weens hulle onkunde op daardie stadium Rea en al appellante se ander
beamptes, heeltemal genoe
sou geneem het met die toediening van AC 92-100 te enige tyd van September tot en met April. Die begrip "herfs" is uiteraard
'n redelik vae aanduiding van
41
tyd. Hierdie denke word weerspie
l in 'n pamflet deur appellant voorberei, maar wat nooit versprei is nie, waarvolgens die lente-toediening te enige tyd tussen September
en November kon geskied, die somer-toediening tussen November en Januarie en die herfs-toediening te enige tyd tussen Februarie en
April. 'n Afdruk van hierdie pamflet het per toeval in respondent se hande gekom. Brooks s
dat hy hierdie pamflet eers in Mei of Junie 1992 gesien het, nadat proewe vasgestel het dat AC 92-100 wel 'n nadelige uitwerking
op aphytis gehad het. Dit was een van die redes waarom hy opdrag gegee het dat hierdie pamflet nie versprei moet word nie. As dit
dan die denke van al appellant se verteenwoordigers was teen die einde van 1990 en die eerste helfde van 1991, sou dit nooit - en
het dit ook nooit - by Rea opgekom om
42
enige sweem van 'n waarskuwing teenoor respondent uit te spreek oor die aanwending van die middel te enige tyd tussen 15 Desember
en 1 April nie. Appellant se navorsers het eers in 1992, as gevolg van toetse wat toe gedoen was, tot die ontnugtering gekom dat
AC 92-100 wel aphytis verdryf en dat die toediening tussen gemelde datums groot skade aan die oes kon meebring. Na my mening kan
die appellant gevolglik nie staat maak op 'n beweerde versuim om Rea se mondelingse voorskrifte, sover hulle as voorskrifte beskou
kan word, na te kom nie. Brooks gee dan ook toe dat respondent die middel volkome binne die raamwerk van appellant se toe-bestaande
literatuur toegedien het.
Die feit dat AC 92-100, wat vir die bestryding van aalwurms in sitrusboorde ontwerp is, die newe-effek gehad het om
43
die ge
ntegreerde biologiese bekamping van ander plae te vernietig, en daar geen waarskuwing in hierdie verband gerig was nie, skyn vir my
'n verborge gebrek by die middel te wees. Dit is voldoende om die appellant se aanspreeklikheid binne die raamwerk van die beginsel
in
Kroonstad Westelike Boere Kooperatiewe Vereeniging Bpk v Botha (supra
) te plaas en die feit dat appellant nie bewus was van die verborge gebrek kan hom nie van sy aanspreeklikheid vrywaar nie. Appellant
se onkunde oor die nadelige uitwerking van die middel op aphytis was, op die getuienis, in elk geval te wyte aan sy nalate om voldoende
toetse te doen voordat dit aan sitrusboere vrygestel was. Die getuienis dui daarop dat die middel in Suid-Amerika met welslae op
piesangbome toegepas was en in Suid-Afrika op mielies, maar dit was nooit voldoende op sitrusboorde getoets
44
voordat dit vrygestel was nie.
Nog een van appellant se besware teen respondent se vordering is dat hy versuim het om effektiewe stappe te doen om die omvang van
sy skade te beperk nadat hy daarvan bewus geword het dat die dopluis-infestasie toeneem en dat die aphytis skynbaar afwesig was.
Twee van appellant se getuies - Brooks en de Beer -het getuig dat hulle op 20 Maart 1991 Redbank besoek het en deur die boorde geloop
het. In sekere boorde het hulle 'n matige dopluisbesmetting waargeneem en in ander 'n meer emstige besmetting. Hulle getuig dat Brooks
daarna vir Prinsloo jnr aangeraai het om die bome met Lannate en olie te bespuit ten einde die dopluise dood te maak. Dit is gemene
saak dat respondent nie op daardie stadium met Lannate laat spuit het nie, maar dat hy dit
45
eers sowat 'n maand later gedoen het. Prinsloo jnr het die besoek van Brooks en de Beer, saam met ene Smit, onthou, maar hy ontken
dat Brooks vir hom die raad gegee het om met Lannate te spuit. Aanvanklik het hy ges
dat hy hom nie so 'n gesprek kan herinner nie, maar later het hy dit betwis en verskeie redes vir sy ontkenning aangevoer, o.a. dat
geen so 'n gesprek in Smit se dagboek verskyn nie. Smit het 'n dagboek gehou wat by die Hof a
quo
ingehandig is, waarin daar 'n verwysing na hul besoek aan Redbank verskyn. Die verhoorregter het Prinsloo jnr se ge
uienis in di
verband aanvaar en di
van Brooks en de Beer verwerp.
Respondent, soos hierbo genoem, het op daardie stadium uog geglo dat die aphytes na die boorde sou terugkom en die dopluise beheer.
Hy is hierin gesterk deur die versekering van
46
appellant se verteenwoordigers dat AC 92-100 nie die aphytes kon verdryf nie. Daarom het respondent besluit om sy bome met Applaud
te bespuit. Hy het hierdie middel vantevore gebmik en geweet dat dit aphytis-vriendelik was. Dit sou wel nie die dopluise doodmaak
nie, maar slegs die aanteel aan bande l
deur te verhoed dat die kruipertjies volwassenheid bereik. Eers toe hy besef het da
die aphytes nie gaan terugkeer nie het hy die dopluise met 'n bespuiting van Lannate en Bladbuff bestry. Hierdie gifstowwe het, soos
reeds gemeld, alle ander insekte ook doodgemaak en 'n einde gemaak aan alle biologiese beheer.
Om in sy beswaar te slaag moes die appellant bewys het dat repondent nalatig was in die sin dat hy versuim het om redelike stappe
te doen om sy skade te beperk
(Hazis v Transvaal and
47
Delagoa Bay Investment Co Ltd
1939 AD 372
op 388-9, Whitfield
v Philips and Another
1957(3) SA 318(A) op 338 en
Jayber (Pty) Ltd v Miller and Others
1980(4) SA 280(W) op 285 G-H). Appellant moet dus bewys dat respondent onredelik opgetree het om nie reeds in Maart 1991 die verwoestende
gif Lannate te gebruik nie, of, anders gestel, dat hy onredelik was om te verwag dat die aphytes nog sou terugkeer. Die verhoorregter
het bevind dat respondent nie onredelik opgetree het onder die heersende omstandighede nie. Ek sien geen rede om hierin van hom te
verskil nie.
Die Hof a
quo
het gevolglik vir respondent gelyk gegee op die meriete van die saak en die appellant beveel om respondent se koste te betaal op
die skaal soos tussen prokureur en eie kli
nt. Teen hierdie kostebevel kom appellant ook in ho
r beroep.
48
Die gewone kostebevel wat 'n hof teen 'n onsuksesvolle
litigant maak, is 'n bevel dat koste getakseer word soos tussen party
en party. In so 'n geval sal 'n takseermeester hom laat lei deur 'n
tarief van fooie wat in die hofre
ls opgeneem is. Die suksesvolle
litigant sal dan nie al sy koste van sy
eenparty kan verhaal nie. Hy
sal aanspreeklik teenoor sy prokureur bly vir die kostes wat hy nie
van die teenparty kon verhaal nie. In sekere gevalle kan 'n Hof
egter beveel dat die koste soos tussen prokureur en kli
nt betaal moet
word. So 'n bevel kan gemaak word waar die Hof sy misnoe
te
kenne wil gee met die gedrag van die onsuksesvolle party. Maar in
Nel v Waterberg Landbouwers Ko-operatiewe Vereeniging
1946 AD
597
op 607 s
Tindall AR.
"The true explanation of awards of attomey and client costs not expressly authorised by Statute seems to be that, by reason
49
of special considerations arising either from the circumstances which give rise to the action or from the conduct of the losing party,
the court in a particular case considers it just, by means of such an order, to ensure more effec
ually than it can do by means of a judgment for party and party costs that the successful party will not be out of pocket in respect
of the expense caused to him by the litigation. Theoretically, a party and party bill taxed in accordance with the tariff will be
reasonably sufficient for that purpose. But in fact a party may have incurred expense which is reasonably necessary but is not
chargeable in the party and party bill
Therefore in a
particular case the Court will try to ensure, as far as it can, that the successful party is recouped. I say 'as far as it can' because
there may be a considerable difference between the amount of the attomey and client bill which a successful party is bound to pay
to his own attomey and the amount of an attorney and client bill which has been taxed against the losing
party
Where the attomey and client costs are to be paid by the opposite party, the taxation should be stricter than in a taxation between
attomey and client where the costs are to be paid by
the client to his attomey
Thus the award of attomey and
client costs against the losing party really demands what may be termed an intermediate basis of taxation."
'n Bevel dat die onsuksesvolle party sy teenparty se koste
50
op die skaal soos tussen prokureur en sy eie kli
nt moet betaal, moet dus gesien word as 'n poging deur die Hof om 'n stap verder te gaan as 'n gewone bevel van koste tussen prokureur
en kli
nt, om toe te sien dat die suksesvolle party van alle redelike koste van die litigasie gevrywaar word. (cf
Delfante and Another v Delta Electrical
ndustries Ltd and Another 1992(2) SA 221(C) op 233B
In re Alluvial Creek Ltd
1929 CPD 532
op 535). Taksasie sal dan op 'n meer toegeeflike of liberale skaal geskied, maar dit sal nog nie buitensporige of onredelike kostes
sanksioneer nie (
Cambridge Plan AG v Cambridee Diet (Pty) Ltd and Others
1990(2) SA 574(T) op 589 D-G,
Malcolm Lyons & Munroe v Abro and Another
1991(3) SA 464(W) op 469 D-E). Dit is uiteraard 'n uitsonderlike bevel wat nie sonder grondige redes gemaak sal word nie. Ek wil
nie nou
51
spekuleer oor wat daardie redes moet wees nie. Elke saak sal van sy eie omstandighede afhang en waar 'n kostebevel 'n diskresion
re bevel is en die verhoorregter 'n regterlike diskresie uitgeoefen het, sal 'n Hof van app
l nie geredelik met die ui
oefening van daardie diskresie inmeng nie.
Een van die aspekte wat die geleerde Regter a
quo
beweeg het om so 'n bevel te maak was die houding wat appellant se verteenwoordigers ingeneem het gedurende Julie 1991 toe respondent
by hulle gekla het dat die AC 92-100 sy aphytes verjaag het. Respondent het tydens hierdie gesprek die moontlikheid van 'n regsgeding
te berde gebring want op 19 Julie 1991 het Rea vir Prinsloo jnr gebel en, volgens laasgenoemde se getuienis, het Rea v
r hom ges
dat hy hoop dat hulle oor die flnansies beskik om met
52
appellant in 'n hofgeding betrokke te raak. Hy het verder gedreig
dat indien respondent sou voortgaan met sy bewering dat die AC 92-
100 die aphytes verjaag het en so die goeie naam van appellant se
produk skend, appellant 'n teeneis teen respondent sou instel en R2
miljoen skadevergoeding sou eis. Respondent het hierop in 'n brief
van 21 Julie 1991 sy misnoe
met Rea se "intimideerende houding"
uitgespreek. Ongelukkig is Rea voor die aanvang van die verhoor
oorlede en dus was sy weergawe van die gesprek nie voor die Hof
nie. Daar is egter 'n interne memorandum wat deur Rea opgestel is
voor die Hof geplaas waaruit dit wil voorkom dat Rea in opdrag van
meer senior amptenare opgetree het in sy gesprek met Prinsloo jnr.
Dit is nie deur appellant in getuienis weerspreek nie en geen verdere
opheldering van die gebeure is voor die Hof geplaas nie. Hierdie
53
dreigement dat dit respondent suur sou bekom indien hy dit sou waag
om met so 'n sterk maatskappy soos die appellant in 'n hofgeding
betrokke te raak en hom so te probeer afskrik om enige skade waarop
hy geregtig mag wees te probeer verhaal, bly dus staan as tekenend
van appellant se benadering tot die hele saak. Dit is hoe die
verhoorregter dit gesien het. Hy meld dan ook dat:
"Die hele saak van die verweerder was 'n suspisieuse ondersoek van elkeen van die eiser se dokumente met die oog daarop om een
of ander onheiligheid oop te krap en aan die kaak te stel."
Hy wys daarop dat in die appellant se eerste verweerskrif hy erken
het dat respondent biologiese beheer in sy boorde toegepas het, maar
dat hy dit in sy gewysigde verweerskrif sonder meer ontken het. By
die verhoor het dit gemene saak geblyk te wees het. Appellant se
verskoning was dat respondent eintlik nie suiwer biologiese beheer
54
toegepas het nie, maar wel ge
ntegreerde biologiese beheer. Dit is bloot spitsvondige semantiek met die opset om maar net nog 'n struikelblok in respondent se pad
te probeer l
. Dit bly boonop insiggewend dat by die voorverhoorkonferensie appellant by navraag pertinent ontken het dat respondent "ge-integreerde
plaagbeheer met die dopluis onder biologiese beheer toepas".
Nog 'n aspek wat die verhoorregter be
nvloed het was die gedrag van mnr Endemann, 'n entomoloog wat deur appellant as getuie geroep is. Tydens sy kruisverhoor van respondent
het mnr Delport verwys na 'n artikel deur ene Tiaan Schutte wat in die "Citms Journal" van 31 Mei 1994 verskyn het. Daarin
het die skrywer beweer dat daar drie wortelstuwings elke seisoen by sitrusbome voorkom - een in September, een in Desember-Januarie
55
en een in Maart-April. Respondent wou dit nie sonder meer so aanvaar nie, en het die mening uitgespreek dat die derde wortelstuwing
in sy boorde so vroeg as Februarie kan plaasvind. Hierop het mnr Delport aangedui dat hy desnoods vir mnr Schutte sou roep om sy
mening deur getuienis te bevestig. Hy het nie vir Schutte geroep nie, maar vir Endemann gevra om daaroor te getuig. Endemann het
na Schutte se artikel verwys en die mening daarin uitgespreek onderskryf. Teen die einde van sy getuienis het respondent se advokate
toevallig ontdek dat Endemann 'n brief van Tiaan Schutte in sy besit gehad het waarin Schutte met verwysing na sy artikel, aandui
dat as gevolg van verdere navorsing hy sy aanvanklike mening verander het en nou tot die gevolgtrekking gekom het dat daar vier of
selfs vyf wortelstuiwings tot en met April
56
kan voorkom, afhangende van klimaatsomstandighede. Endemann het toegegee dat dit 'n onlangse brief van Schutte was wat aan appellant
se prokureur gerig was klaarblyklik met die oog op die verhoor en dat hy dit gelees het 'n dag of wat voordat hy kom getuig het.
Desondanks het Endemann dwarsdeur sy getuienis volgehou dat daar slegs drie wortels
uwings plaasvind en verwys na Schutte se artikel ter stawing daarvan. Op geen stadium het hy na Schutte se brief verwys totdat hy
deur respondent se advokaat daarmee gekonfronteer was nie. As Schutte se gewysigde mening juis is en die laaste wortelstuwing in
April plaasvind, dan wil dit voorkom dat respondent reg was met sy bewering dat daar op Redbank 'n wortelstuwing so vroeg soos Februarie
kon plaasvind. Toe Endemann daarop gewys is, het hy dit probeer afmaak deur
57
voortdurende die advokaat se vrae te ontwyk met irrelevante en soms sinnelose antwoorde. Die verhoorregter het in sy uitspraak Endemann
hiervoor verkwalik en sy houding as "eienaardig" bestempel.
Soos ek reeds daarop gewys het, het die saak 'n verbasende 13 hofdae geduur ten spyte daarvan dat soveel van die feite waarop respondent
vir sy saak gesteun het uiteindelik by die verhoor gemene saak was. Gednrende hierdie lang uitgerekte verhoor is alle denkbare besware
teen respondent se saak ge-opper, hoe onbeduidend sommige van hulle ook al was.
Voordat die verhoor begin het, het appellant uit sy eie toetse geweet dat AC 92-100 aphytis verjaag en dat die toediening daarvan
gedurende die tydperk vanaf die middel van Desember tot
58
die einde Maart katastrofale gevolge kon h
. Appellant het ook geweet dat respondent, soos meeste ander boere in die omtrek, ge-integreerde biologiese beheer van dopluise toegepas
het en dat hierdie beheer vemietig is deur die aanwending van Lannate. Desondanks het appellant voortgegaan met verwere soos die
nie-nakoming van die voorskrif op die etiket en van die gewaande voorskrifte van Rea, terwyl appellant geweet het dat al sy eie deskundiges
onder die indruk was dat AC 92-100 heeltemal onskadelik vir aphytis was. Geen poging is deur die appellant aangewend om die saak
met respondent op te los nie. Inteendeel het appellant respondent gedreig om hom te ru
neer as hy dit sou waag om hof toe te gaan.
By die oorweging van al hierdie omstandighede het die geleerde verhoorregter tot die gevolgtrekking gekom dat dit "verkeerd
59
en onbillik" sou wees om respondent te belas met enige prokureur en kli
nt koste. Hy het 'n regterlike diskresie uitgeoefen in sy bevel dat appellant die koste soos tussen prokureur en eie kli
nt moes betaal en ek kan geen rede vind om met hierdie uitoefening van sy diskresie in te meng nie.
By die voorbereiding van die oorkonde vir doeleindes van hierdie app
l het appellant sekere dokumente wat voor die verhoorhof was, nie by die oorkonde ingesluit nie. Ander was weer getranskribeer op
so 'n wyse dat iets van die oorspronklike dokument voor die verhoorhof verlore gegaan het. Respondent het hierteen beswaar gemaak
en appellant het onderneem om die saak reg te stel. By nakoming van hierdie onderneming is 'n verdere twee volumes by die oorkonde
gevoeg. By die aanvang van hierdie app
l het
60
appellant kondonasie gevra vir sy versuim en vir die toelating van hierdie twee volumes. Kondonasie is toegestaan, maar op versoek
van mnr Pretorius, namens die respondent, het die koste van hierdie aansoek oorgestaan tot aan die einde van die betoog op die app
l.
In sy betoogshoofde het mnr Pretorius gevra dat indien die app
l van die hand gewys word, die appellant gelas moet word om die koste van die app
l ook op die skaal soos tussen prokureur en eie klient te betaal. Hy het egter in sy betoog voor ons hierdie houding laat vaar, maar
hy het gevra dat appellant beveel moet word om die koste van sy aansoek om kondonasie op daardie skaal te betaal. Hy het daarop gewys
dat weens appellant se versuim respondent se advokate genoop was om self die oorkonde deur te gaan om te bepaal watter dokumente
ingevoeg moes word en watter
61
transkripsies onvoldoende was. Die feit dat hierdie dokumentasie twee aanvullende volumes beslaan het is 'n aanduiding van die omvang
van hierdie taak.
Na my mening is daar geen genoegsame redes om in hierdie geval 'n uitsonderlike kostebevel te maak nie, maar dat appellant wel beveel
moet word om die koste van die advokate om die oorkonde in die reine te bring, te betaal.
Bygevolg word die app
l met koste van die hand gewys, sodanige koste om die koste van twee advokate in te sluit.
Appellant word ook beveel om die koste van sy aansoek om kondonasie te betaal, welke koste die koste van respondent se
62
advokate om die oorkonde na te gaan, insluit.
J P G EKSTEEN APP
LREGTER
E M GROSSKOPF, AR
)
NIENABER, AR )
OLIVIER, AR ) Stem saam
ZULMAN,AR
)