De Kock v Munisipaliteit van Villiersdorp (C141/2000) [2001] ZALC 43; [2001] 10 BLLR 1111 (LC) (26 March 2001)

55 Reportability

Brief Summary

Labour Law — Employment Dispute — Allegation of nepotism in appointment process — Applicant claiming unfair discrimination based on race and nepotism after being overlooked for position of creditors clerk — Court finding that while nepotism was present in the appointment of the successful candidate, the applicant lacked the necessary formal qualifications for the position — Court ruling that the municipality's actions did not constitute unfair discrimination against the applicant, who was not a finalist for the position.

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA
(Gehou te Kaapstad)
Saak No:  C 141 / 2000  
In die saak tussen:
Applikant
en
Respondent
_____________________________________________________________
UITSPRAAK
_____________________________________________________________
1

LANDMAN R :
1.Die Stadsraad van Villiersdorp, wat naby die Theewaterkloofdam in die Weskaap gele ë is, het besluit om aansoeke  
vir ‘n krediteure klerk in te wag aangesien die vorige bekle ër van die pos, Mev Wilkinson, bedank het.  Die  
advertensie is deur die Raad se Regstellende Aksie Komitee (die RAK) opgestel.  Dit lees soos volg:
“Vakature:   Krediteure   Klerk.   Aansoeke   word   ingewag   van   persone   met   die   nodige   ondervinding   en  
kwalifikasies vir aanstelling in bogenoemde vakature.  
Kwalifikasies: Matriek met rekeningkunde asook rekenaar opleiding.
Ondervinding: Lone­ en Salaris­ en rekenaar stelsels.
Pligte: Pligte behels onder andere Krediteure, Salarise en Lone en Rekonsiliasies.
Diensvoordele: Soos van toepassing op posvlak 5 van ‘n Graad 4 Plaaslike Owerheid.
. . .
‘n Volledige Curriculum Vitae, tesame met dokument êre bewys van kwalifikasies en ondervinding moet die  
ondergetekende bereik voor of op Dinsdag, 15 Junie 1999.” 
2.Negentien persone het vir die pos aansoek gedoen.  Die RAK, wat Raadslid Ferndale, die burgemeester insluit, het ‘n  
kortlys van 6 persone opgestel.  Die persone was mnr L Johnson, me E Aucamp, me J Du Plessis, me JJ Smith,  
mev S De Kock, en me M Pestana.  Anvanklik is mev De Kock  nie genomineer nie. Maar op aandrang van  
mnr Wentzel, die Stadstesourier, is haar naam ook op die kortlys geplaas. 
3.Me Smith is ‘n bruinvrou.  Mnr Johnson is ‘n bruinman.  Die ander is blanke vroue.  Uitnodigings om ‘n onderhoud  
by te woon is aan die kandidate op die kortlys gestuur.  Die onderhoude is egter uitgestel.  Voor die onderhoude  
op 9 Julie gevoer is, het die RAK weer vergader.  Tydens die vergadering het dit geblyk dat vakbonde besorgd  
was dat: 
“daar moontlik ’n probleem kan wees met die ondervinding wat benodig word vir die vakature in die Tesourie  
Afdeling. Die Stadsklerk meld dat hy met Wekpro geskakel het en dat aan hom bevestig is dat ‘n persoon wat

nie aan die kwalifikasies wat in die advertensie uiteengesit was, voldoen   nie, nie vir ‘n onderhoud genooi kan  
word nie.  Indien die Komitee van meining is dat so ‘n persoon wel genooi behoort te word, moet die pos weer  
geadverteer word en moet daardie vereiste in die advertensie weggelaat word en/of gewysing word.”

4.Die RAK besluit egter om voort te gaan met die onderhoude en om die res van die skrywe van die vakbonde op ‘n  
later stadium te hanteer.  Dit is ook besluit dat die onderhoude op Vrydagoggend, 9 Julie 1999 om 10:00 gehou  
sal word.”
5.Op 9 Julie 1999 vergader die RAK.   Onderhoude word met die 6 kandidate gevoer.   Die komitee bestaan uit die  
volgende   stemgeregtiges:   Raadslede   Ferndale   (Burgemeester),   Brinkhuys,   Hoko,   Mnre   Oncke   en   Barnard  
(IMATU) en Mnre Dick en Shuma (SAMWU).  Mnr Cronje, die Stadsklerk, Hoofklerk en Klerk/Tolk het ook  
die vergadering bygewoon.  
6.Na afhandeling van die onderhoude, word elke stemgeregtigde  lid van die RAK die geleentheid gegun om sy keuse  
bekend te maak en sy keuse te motiveer.  Slegs twee van die kandidate word voorgestel, naamlik me Smith en  
me Pestana.  Die RAK gaan oor tot stemming.  Mnre Oncke en Barnard stem ten gunste van me Pestana.  Die  
ander lede stem ten gunste van me Smith.  
7.Dit is gemeensaak dat die burgemeester mnr Ferndale, wat ten gunste van me Smith se aanstelling gestem het, die  
oupa is van haar kind.  Die burgemeester se seun, mnr Mario Ferndale, is die pa van die kind.  Die RAK beveel  
by die Raad aan dat me Smith as krediteure klerk aangestel word.  Die Raad oorweeg die aanstelling op 12 Julie  
1999.     Die   Raad   besluit   dat   me   Smith   aangestel   word   en   dat   sy   op   19   Julie   vir   diens   by   die   Tesourie  
Departement  moet  aanmeld.    Mnr Ferndale  het  weer eens aan  die verrigtinge  deelgeneem.    Me Smith het  
aangemeld en beklee steeds die pos. 
8.Mev De Kock, sowel  as me Pestana en me Aucamp was ontevrede met die aanstelling.  Mev De Kock het ‘n geskil  
na die KVBA verwys wat op sy beurt dit na die Weskaapse afdeling van die SA Bedingingsraad vir Plaaslike  
Bestuur verwys het. Toe dit blyk dat die geskil nie bygel ê kon word nie, word dit na hierdie hof verwys.  Mev  
De Kock beweer, in haar pleitstukke, dat sy ‘n geskikte kandidaat vir die pos was aangesien sy oor al die

nodige kwalifikasies en ondervinding beskik het. Daarbenewens het sy   vyf maande in die pos waargeneem.  
Mev De Kock beweer verder dat sy die kandidaat met die beste kwalifikasies, opleiding en ervaring vir die pos  
van krediteurs klerk was.  Sy beweer dat me Smith by mnr Ferndale se seun, inwoon en ook ‘n kind by hom  
het.  Mev De Kock beweer dat me Smith nie oor die nodige kwalifikasies, opleiding, ondervinding of vermo ë 
beskik om die werk te doen nie.  Mev De Kock beweer dat die Munisipalitieit van Villiersdorp op grond van  
haar ras, kleur en etniese herkoms (ek sal na hierdie gronde as ras verwys) gediskrimineer het, en alternatiewe  
3

op grond van die feit dat sy geen familieverbintenis met die burgemeester van Villiersdorp het nie (nepotisme).  
Sy beweer dat die Munisipalitiet ‘n onbillike arbeidspraktyk soos bedoel in item 2(2)(a) van Bylae 7 van die  
WAV gepleeg het. 
9.Sy voer verder aan, indien die Raad aanvoer dat die diskriminasie geregverdig is, beweer sy dat die aanstelling vir  
die pos van krediteure klerk, nie ‘n aanstelling is soos beoog word in item 2(2)(b) van Bylae 7 van die WAV  
nie.  Sy voer aan dat ­
(a) die respondent op daardie tydstip nie ‘n beleid of program vir regstellende aksie gehad het nie;
(b) die advertensie vir die vakante pos van krediteure geen melding gemaak het van ‘n aanstelling ingevolge ‘n  
beleid vir regstellende aksie nie;
(c) van die ses persone met wie daar onderhoude gevoer is, alvorens ‘n aanstelling gedoen is, vier blanke dames  
was; en
(d) geen swart persone vir ‘n onderhoud, alvorens ‘n aanstelling gedoen is, genooi is nie;
(e)   geen   objektiewe   of   billike   kriteria   gebruik   is   deur   die   Raad   by   die   voer   van   onderhoude,   alvorens   ‘n  
aanstelling gemaak is nie.
10.Mev De Kock verlang dat sy in die pos van krediteure klerk of ‘n gelykwaardige pos met terugwerkende krag vanaf  
13 Julie 1999 aangestel word alternatiewelik dat vergoeding aan haar toegestaan word gelykstaande aan 12  
maande se besoldiging en die koste van die geding.
11.Mev   De   Kock   het   getuienis   gelewer   asook   dr   Scholtz   en   me   Wright.     Mnre   Cronje,   die   destydse   Stadsklerk,  
Groenewald, die Hoofklerk, en Raadslede Spilhaus en Brinkhuys is deur die Munisipaliteit as getuies geroep.  
Nadat die getuienis aangehoor is, het dit geblyk dat die volgende feit gemenesaak is:
(a)Mev De Kock beskik oor ‘n Matriek sertifikaat maar sonder  Rekenkunde.
(b) Die   RAK   was   bewus   van   haar   rekenaar   ondervinding.   En   het   ook   geweet   dat   sy,

vanweë haar tydelike waarneming van die pos van krediteure klerk in die Villiersdorp  
Munisipaliteit bekend was met die Abacus rekenaarstelsel.
(c)   Twee stemgeregtigde lede van die RAK het mev De Kock  as onbekwaam vir die pos  
beskou.   Hulle persepsie is dat sy, om dit plat te stel, 'n gemors gemaak het van die  
bank rekonsiliasie state. Dit is te betwyfel of dit wel die geval was.
(d)  Geen geleentheid is aan mev De Kock by die onderhoud verleen om haar kant van die  
saak ten opsigte van die bank rekonsiliasie state aangeleentheid te stel nie.
(e)  Na die oordeel van die RAK was slegs me Smith of me Pestana geskik vir aanstelling  
in die pos.  Nadat die komitee gestem het, is me Smith aangewys as die suksusvolle  
kandidaat.
(f)  Voor   die   uitwysing   van   me   Smith   is   die   bevolkingssamestelling   van   Villiersdorp  
voorgehou om te bepaal of die aanstelling die diversiteit van Villiersdorp se bevolking  
weerspieël. 
(g)   Me Smith beskik oor 'n sertifikaat en diploma in rekenaar studies.  Die standaard van  
die   sertifikaat   en   diploma   is   in   twyfel   getrek   maar   geen   deskundige   getuienis   is  
aangebied nie.  Ek is bereid om die aanname te maak dat die kwalifikasies heel basies  
is.  Me Smith beskik oor  'n Matriek sertifikaat met Rekenkunde as vak.  Die punte wat  
sy behaal het, is baie swak.  Me Smith het basiese ondervinding met salaris en lone  
maar waarskynlik het sy nie kennis van die Abacus of die Payday rekenaarsisteme wat  
vir salaris en lone by Villiersdorp gebruik word nie.
(h)  Me Smith is die moeder van die kleinkind van die burgemeester, Raadslid Ferndale.  
5

Dit is taamlik algemeen bekend in Villiersdorp.
i)Me Pestana het nie ondervinding van lone en salarisse nie.
9.Mev De Kock het nie die vereistes van die pos aangeval nie. Sy het ook nie beweer dat die vereistes gemik is, of die  
uitwerking het, dat dit teen haar op grond van haar ras (blank), geslag (vroulik), etniese herkoms (Afrikaans)  
diskrimineer nie.   Sy maak ook nie staat daarop dat die advertensie teen haar weens die afwesigheid van ’n  
verwantskap met die burgemeester diskrimineer nie.
10.Adv Klopper, wat namens mev  De Kock verskyn het, het aangevoer dat die Raad afstand gedoen het van die  
vereistes van formele kwalifikasies soos uiteengesit in die advertensie.   Dit was egter nie haar saak in die  
saakstelling nie.  Dit word betoog dat aangesien mev De Kock en die ander kandidate, wat nie oor die formele  
kwalifikasies beskik het nie, vir onderhoude uitgenooi is, dui aan dat die Raad afstand van die vereistes gedoen  
het.   Na my mening het die Raad hulle by die vereistes gehou.   Nog minder het die Raad afstand daarvan  
gedoen.  Inteendeel die besluit om nie die pos te heradverteer nie, 'n voorneme bevestig om aan die kwalifikasie  
vereistes van die advertensie aan te dring nie.
11.Die RAK was reeds op 5 Julie van mening dat mev De Kock nie oor die formele kwalifikasies beskik het nie.  Dit  
kan ‘n rede wees waarom sy nie as 'n finalis vir die pos gekies is nie. Geen notule van die gesprekke of die  
motivering van gunsteling kandidate is gehou nie. Die getuies kon nie die detail onthou nie.  
12.Die kernvraag is of mev De Kock bewys het dat die Raad teen haar op grond van ras of het nepotisme,  dws  
voortrekkery, opgetree het.
13.Die lede van die RAK, altans die vier wat getuig het, was daarvan bewus dat  die burgemeester die oupa was van  
me Smith se kind. Bowendien het mnr Brinkhuys getuig dat die verhouding tussen me Smith en Mario Ferndale  
nog voortduur. Die Raad se getuies het geweet dat die saak, onder andere, oor nepotisme handel. Nie een van

die Raad se getuies het gedink dat dit ‘n probleem was dat die burgemeester die ma van sy kleinkind op die  
kortlys plaas nie, ten gunste van haar stem en deelneem aan die bekragtiging van die aanbeveling van die Raad  
nie.
14.Op die sesde en finale dag van die verhoor is ‘n skrywe ontdek wat aantoon dat mnr Cronje, die stadsklerk, reeds

toe me Smith gedurende April 1999 aansoek  vir ‘n kassasierepos by die munisipalitiet geoen het,  regsadvies  
by WEKPRO ingewin. WEKPRO is gevra of dit  wenslikheid was dat die burgemeester aan die verrigtinge van  
die keurkomitee deelneem? ‘n Negatiewe antwoord is ontvang. Dit is aan die burgemeester oorgedra. Hy het  
hom toe van die komitee onttrek.  Dit is onmoontlik dat niemand gedink het dat hierdie inligtig nie tersake was  
nie by die beoordeling van me Smith  vir die krediteure klerk se pos. Ek is vas van oordeel dat die belangrike  
brokkie inligting opsetlik deur die munisipaliteit se getuies verswyg is met die doel om die hof te mislei.
15.‘n Tweede skrywe is ontdek wat deur me Smith aan die Raad geskryf het toe sy uitvind dat sy nie die kassasierspos  
ingepalm   het   nie.   Sy   het   beswaar   aangeteken,   onder   andere,   omdat   die   burgemeester   nie   die   verrigtinge  
bygewoon het nie.
16.Toe me Smith in Julie aansoek doen vir die krediteure klerk pos het die lede van die RAK moontlik aan amnesia  
gely? Hulle onthou nie die advies van WEKPRO nie. Die burgemeester onttrek homself nie en die stadsklerk  
vergeet dat die regsadvies insgelyk van toepassing is op die situasie. Ek is van oordeel dat die gemeenskaplike  
gevoel dat dit nie belangrik was dat die burgemeester se belang by die aanstelling van me Smith nie saak maak  
nie, tesame met die verswyging van relevante getuienis is genoegsame bewys dat die lede van die RAK, ten  
minste passief, nepotisme te laat se ëvier. Die burgemeester, wat nie getuig het nie, het me Smith bevoordeel en  
dus daartoe bygedra het dat teen die ander kandidate gediskrimineer is. 
17.Die vraag of mev De Kock van die verwantskap bewus was en nog steeds aan die verrigtinge deelgeneem het, is nie  
volledig uitgepluis nie. Die Munisipaliteit het nie gepleit dat sy geweet het van die tersaaklike feite en nog  
steeds die onderhoud bygewoon het nie. Die vraag is nie aan haar gestel nie. Mnr Brinkhuys het nie geweet of

sy bewus was van die feit. Ek moet dus aanvaar dat sy nie geweet het nie. 
18.Indien mev De Kock aangedring het op 'n hersiening van die aanstelling van me Smith en die tersydestelling van die  
aanstelling, soos aanvanklik ge ëis is, en mits me Smith as 'n party tot die aksie gevoeg was, sou die hof die  
aanstelling tot niet kon maak. Die RAK en die Raad 'n onre ëlmatigheid gepleeg het omdat die burgemeester by  
drie geleenthede hom aan die verrigtinge weens sy verwantskap met me Smith moes onttrek het.   Vergelyk  
Snyman v Liquor Licensing  Council Windhoek (2)  1963 (1) SA 460 (SWA).  Mev De Kock het nie op die  
tersydestelling van me Smith se aanstelling aangedring nie. Sy het hierdie regshulp laat vaar. Die hof kan nie  
met Me Smith se  aanstelling inmeng nie.
7

19.Alhoewel ek bevind het dat die pos aan me Smith, as gevolg van neoptisme geskeid het, baat dit nie mev De Kock  
nie. Alhoewel sy moontlik geskik was vir die pos, beskik sy nie oor die formele kwalifikasies nie. Die hof kan  
nie inmeng met die RAK se daarstelling van die vereistes vir die pos nie. Daarbenewens is daar die persepsie  
by sommige lede van die RAK dat sy die bankrekonsiliasestate nie na wense hanteer het nie. Hierdie persepsie  
is dalk nie regverdig nie, maar dit dui nie op die aanwesigheid van diskriminasie nie. Mev De Kock het nie  
onder die twee finaliste getel nie. Me Pestana sou die pos gekry het indien sy dit ge ëis het. Mev De Kock kom  
nie in aanmerking nie. Sien  Abbott v Bargaining Council for the Motor Industry (Western Cape) 1999 20  
ILJ 330 (LC) op para 18. Mev De Kock is dus nie op enige tasbare regshulp geregtig nie. 
20.Mev De Kock het egter bewys dat die pos deur middel van neoptisme gevul is.   Sy is op ‘n verklarende bevel  
geregtig. Nepotisme druis in teen ons grondwetlike die waardes en moet die hof sy afkeur wys. Bowendien het  
die munsipaliteit die hof om die bos probeer lei. ‘n Toepaslike bevel toe koste sal die misno ë van die hof  
tuisbring. 
20.1. Dit   word   verklaar   dat   die   aanstelling   van   me   JJ   Smith   as   krediteure   klerk   deur   die   respondent,   die  
Munisipaliteit   van   Villiersdorp,   te   weeggebring   is   deur   nepotisme   en   daardeur   is   teen,   onder   andere,   die  
applikant gediskrimineer soos  bedoel in item 2(1)(a) van Bylae 7 tot die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van  
1995.
20.2. Die Respondent word gelas om die applikant se koste te betaal.
GETEKEN TE BRAAMFONTEIN HIERDIE 26ste DAG MAART 2001
___________________
A A LANDMAN 
Regter van die Arbeidshof van Suid­Africa
12, 13, 14, 15, 16, 19 Maart 2001  
26 Maart 2001

Adv Klopper in opdrag van De Wet Prokureurs
Adv Vermaak amptenaar van WEKPRO
9