Chain en 'n Ander v Standard Bank van Suid Afrika Bpk. h/a Stannic (190/95) [1996] ZASCA 112 (26 September 1996)

70 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Possession — Spoliation — Restoration of possession of vehicles — Appellants claimed possession of a BMW and a Yamaha motorcycle, asserting that the respondent unlawfully deprived them of possession — First appellant had stored the BMW with a third party while overseas and had instructed a dealer to sell the Yamaha — Respondent repossessed both vehicles without a court order — Court held that the first appellant retained possession of the BMW through the third party, but failed to prove possession of the Yamaha, as he had relinquished control over it to the dealer for sale — Appeal partially upheld regarding the BMW, but dismissed regarding the Yamaha.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 112
|

|

Chain en 'n Ander v Standard Bank van Suid Afrika Bpk. h/a Stannic (190/95) [1996] ZASCA 112 (26 September 1996)

Saak nr 190/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
ZODAK ISRAEL CHAIN
EERSTE APPELLANT
JACOBUS LOUIS BOTHA
TWEEDE APPELLANT
-en-
STANDARD BANK VAN SUID AFRIKA
BEPERK h/a STANNIC
RESPONDENT
CORAM: VIVIER, F
H GROSSKOPF, HOWIE, MARAIS
et PLEWMAN ARR
VERHOOR: 13 September 1996 GELEWER: 26 September 1996
UITSPRA
AK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die twee appellante het in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling 'n spoliasie-aansoek by wyse van kennisgewing van mosie
teen die respondent geloods vir die besitsherstel van 'n BMW
motorvoertuig ("die BMW") en 'n Yamaha motorfiets ("die
Yamaha"). Die aansoek is deur die respondent bestry en is deur
Goldstein R met koste afgewys. Met die verlof van die Hof a
quo appelleer die appellante nou na hierdie Hof.
Dit was gemene saak tussen die partye dat die eerste
appellant besit van die BMW verkry het ingevolge 'n huurtransaksie
soos bedoel in die Wet op Kredietooreenkomste 75 van 1980 ("die
Wet") wat hy op 14 September 1990 met 'n maatskappy wat deur
respondent beheer word, gesluit het, en dat hy besit van die
Yamaha verkry het ingevolge 'n afbetalingsverkooptransaksie, soos
omskryf in die Wet, wat hy op 8 Januarie 1993 met respondent
gesluit het. Dit was verder gemene saak dat die eerste appellant
3
besit van beide voertuie behou het tot gedurende April 1994 toe hy
dit in die hande van die persone geplaas het waama hieronder
verwys word.
Die eerste appellant het gedurende April 1994 na die buiteland
vertrek waar hy voomemens was om minstens ses maande te
vertoef. Voor sy vertrek het hy die BMW in die motorhuis van
die woning van ene mev Ledlie by Tregoningstraat 14, Linksfield,
Johannesburg op staanders geplaas en dit daar gelaat. Daar is geen
be
digde verklaring deur die eerste appellant voor ons nie maar ene
Boltt, wat hom gehelp het om die BMW in mev Ledlie se
motorhuis te stoor, s
in 'n be
digde verklaring dat die eerste appellant aan hom ges
het dat sy bedoeling was om die BMW daar
te stoor solank hy oorsee was. Mev Ledlie s
in haar be
digde
verklaring dat op die tydstip toe die BMW in haar motorhuis gelaat
was, sy self oorsee was en dat sy nie daarvan geweet het totdat sy
4
dit met haar tuiskoms op 26 April 1996 daar gevind het nie. Sy het
geweet dat die eerste appellant in die buiteland was en sy het sy
telefoonnommer daar gehad. Sy het aangeneem dat hy die BMW in
haar motorhuis gestoor het en sy het dit daar laat bly tot 13 Junie
1994 toe die beweerde spoliasie plaasgevind het. Sy het nie die
sleutels van die BMW gehad nie. Die eerste appellant het verder
voor sy vertrek na die buiteland die Yamaha na 'n
motorfietshandelaar in Randburg, Linex Yamaha, geneem. Volgens
ene Ramsay, 'n werknemer van die firma, het die eerste appellant
hom versoek om dit namens hom teen kommissie te verkoop. Die
eerste appellant het hom meegedeel dat hy nog geld aan die
respondent verskuldig was op die Yamaha, hom die respondent se
rekeningnommer van die Yamaha gegee en hom versoek om uit die
opbrengs die balans van die koopprys aan die respondent te betaal,
sy kommissie te neem en die balans aan die eerste appellant te
5
betaal. Dit blyk uit die be
digde verklarings dat Linex Yamaha ook
nog die bedrag van R3 000-00 aan die eerste appellant voorgeskiet
het op die verkoop van die Yamaha.
Dit is nie betwis dat die eerste appellant na die buiteland
vertrek het sonder om die respondent van enige adresverandering
te verwittig en dat hy op daardie stadium aansienlike agterstallige
bedrae op beide voertuie aan die respondent verskuldig was nie.
Die respondent het gevolglik opsporingsagente aangestel om uit te
vind waar die voertuie is. Die tweede appellant kon die
opsporingsagente nie s
waar die voertuie is nie.
Die tweede appellant is die skoonseun van die eerste
appellant en die stawende be
digde verklaring by die spoliasie-
aansoek is deur hom afgel
. Daarin het hy daarop aanspraak
gemaak dat indien die eerste appellant na sy vertrek oorsee nie
langer in besit was van die voertuie nie, hy (die tweede appellant)
6
as die verteenwoordiger van die eerste appellant die voertuie besit
het. Die tweede appellant het gesteun op 'n volmag wat die eerste
appellant aan hom gegee het voor sy vertrek na die buiteland. In die volmag, wat aangeheg is aan die tweede appellant se be
digde
verklaring, word uitdruklik ges
dat die eerste appellant die BMW
by mev Ledlie en die Yamaha by Linex Yamaha gelaat het.
Nogtans blyk die volgende uit die tweede appellant se be
digde
verklaring. Hy s
daarin dat hy ongeveer 'n maand voor die
beweerde spoliasie 'n oproep ontvang het van ene mev Watson wat
ges
het dat sy namens die respondent optree. Sy het aan hom
ges
dat betalings op beide die BMW en die Yamaha agterstallig
was en hom gevra waar die voertuie was sodat die respondent dit
kon besigtig. Hy het teenoor haar ondemeem om by die eerste
appellant vas te stel waar die voertuie was en om haar te laat weet.
Hy het hiema soortgelyke navrae van verskeie ander persone
7
namens die respondent gekry en aan hulle dieselfde ges
. Hy het
toe vir Boltt gevra om, indien die eerste appellant met hom in
aanraking kom, by hom te hoor waar die voertuie was. Hy het
later vemeem dat Boltt die adresse waar die voertuie was aan die
respondent verskaf het. In 'n repliserende be
digde verklaring erken
die tweede appellant dat hy nie geweet het waar die voertuie was
nie. Daar kan gevolglik geen sprake wees van besit deur die
tweede appellant nie.
Op 13 Junie 1994 het die respondent se opsporingsagente
besit geneem van die BMW waar dit nog steeds op staanders in
mev Ledlie se motorhuis gestaan het, asook van die Yamaha by die
persele van Linex Yamaha. Dit was gemene saak dat mev Ledlie
aan die opsporingsagente ges
het toe hulle die BMW wegneem dat
sy geen mandaat gehad het om enigiets met die BMW te doen
behalwe om dit in haar motorhuis te hou nie. Volgens mev
8
Ledlie het sy onder die indruk verkeer dat die respondent geregtig
was om die BMW te verwyder en daarom het sy toegelaat dat die
voertuig weggesleep word. Wat die Yamaha betref, s
Ramsay
dat toe die opsporingsagente op die betrokke dag by die perseel van
Linex Yamaha opdaag, hulle aan hom ges
het dat die eerste
appellant agterstallig was met sy betalings en dat hulle opdrag van
die respondent gehad het om besit te neem van die Yamaha. Hy
het geglo dat hulle geregtig was om so te doen en daarom het hy toegelaat dat hulle die Yamaha wegneem. Dit was gemene saak dat
die respondent se besitverkryging van die voertuie op 13 Junie
1994 sonder 'n hofbevel geskied het.
Die vrae vir beslissing is gevolglik of die eerste appellant in
vreedsame en ongestoorde besit van die onderskeie voertuie was op
13 Junie 1994 en indien wel, of die respondent hom onregmatiglik
daardie besit ontneem het. Die onus om die vereiste besit en die
9
onregmatige besitsontneming te bewys rus op die appellante
(Nienaber
v Stuckey
1946 AD 1049
op 1053 en Yeko v Qana
1973 (4) SA 735
(A) op 739 E-F).
Die vereiste elemente vir besit is welbekend: 'n fisiese
element (corpus) en 'n geestelike element (animus). Vir huidige
doeleindes kan eersgenoemde aanvaar word om daarin te bestaan
dat die besitter
f persoonlik direkte liggaamlike beheer oor die
saak moet uitoefen
f dit deur 'n verteenwoordiger of dienaar doen
wat fisiese beheer oor die saak namens hom uitoefen. Wat die
vereiste animus betref, sou dit vir huidige doeleindes voldoende
wees indien die besitter die bedoeling het om 'n voordeel vir
homself uit
die saak te behaal. Sien Scholtz
v Faifer
1910 TPD 243
op 246; Yeko v Qana, supra, op 739 E en C G van der Merwe, Sakereg, tweede uitgawe, op 103 e v.
Die mate van beheer wat nodig is vir die corpus-vereiste is
10
'n kwessie van graad wat van die omstandighede van elke saak
afhang. (C G van der Merwe, op cit, 97). So sal gewoonweg 'n
groter mate van beheer vereis word vir die verkryging van besit as
vir die behoud daarvan. (Vgl Nienaber v Stuckey, supra, op
1057-1058 en Bennet Pringle (Pty) Ltd v
Adelaide
Municipality 1977(1) SA 230 (O) op 233 A). Die besitter hoef
nie absolute voortdurende besit te h
om sy aanspraak op die
mandament van spolie te behou nie. Hy behou besit solank hy in
staat is om fisiese beheer oor die saak uit te oefen.
Soos ek reeds ges
het, is daar geen getuienis deur die eerste
appellant nie en die be
digde verklaring deur die tweede appellant neem die eerste appellant se aanspraak op besit nie verder nie.
Wat die BMW betref, is daar egter die getuienis van Boltt en mev Ledlie. Daaruit, meen ek, is die afleiding geregverdig dat die
eerste appellant nie fisiese beheer van die BMW prysgegee het nie
11
maar dat hy dit na sy vertrek oorsee deur middel van mev Ledlie
as sy verteenwoordiger uitgeoefen het. Die feit dat hy die moeite
gedoen het om die BMW op staanders in mev Ledlie se motorhuis
te stoor, is aanduidend hiervan, sowel as die feit dat hy die sleutels
van die BMW gehou het. Alhoewel hy nie vooraf mev Ledlie se
toestemming gehad het om die BMW daar te stoor nie, het sy deur
dit na haar terugkeer daar te hou, stilswyend toegestem om dit
namens hom in haar motorhuis te stoor. Dit blyk duidelik uit haar
be
digde verklaring dat sy die eerste appellant se optrede as 'n
versoek om die BMW namens hom in haar motorhuis te stoor,
gesien en dit so aanvaar het. Geen getuienis tot die teendeel is
aangevoer nie. Hierdie feite toon terselfdertyd duidelik dat eerste
appellant die vereiste animus vir besit behou het.
Die posisie mbt die Yamaha is na my mening totaal
verskillend. Nadat die eerste appellant aan Linex Yamaha finale
12
instruksies gegee het om die Yamaha te verkoop en met die
opbrengs te handel, het hy oorsee vertrek, sonder om sy adres of telefoonnommer te laat. Volgens tweede appellant was dit vir ses
maande maar daar is sterk aanduidings op die stukke dat sy vertrek
permanent was. Behalwe om eendag 'n moontlike balans uit die
opbrengs van die verkoop te ontvang, het die eerste appellant geen
verdere belang in die Yamaha gehad nie. Dit moet onthou word dat
die eerste appellant nie die eienaar van die Yamaha was nie en dat
hy nie geregtig was om dit te verkoop nie.
Daar is geen getuienis dat die eerste appellant aan Linex
Yamaha opdrag gegee het om namens hom fisiese beheer oor die
Yamaha uit te oefen totdat dit verkoop sou word nie. Ramsay se
kriptiese stelling dat hy die Yamaha "veilig moes bewaar" is
moeilik te versoen met die opdrag, wat gemene saak voor ons was,
om die Yamaha te verkoop en beteken nie dat Linex Yamaha
13
namens die eerste appellant fisiese beheer moes uitoefen nie.
Die eerste appellant se aanspraak dat Linex Yamaha fisiese
beheer namens hom uitgeoefen het, berus uitsluitlik op 'n afleiding
wat gemaak moet word uit die blote feit dat Linex Yamaha die
Yamaha namens die eerste appellant moes verkoop. Fisiese beheer
namens die verkoper was egter nie 'n vereiste vir die verkoop van
die Yamaha nie. Linex Yamaha kon netsowel in eie reg die
Yamaha fisies beheer het, of beheer tydelik aan 'n derde afgestaan
het. Ek vind dit meer waarskynlik dat die eerste appellant glad nie
aan die fisiese beheer van die Yamaha gedink het nie maar bereid
was om Linex Yamaha vrye teuels te gee om met die Yamaha na
goeddunke te handel, selfs om fisiese beheer aan derdes af te staan
ten einde dit te verkoop. Die eerste appellant kon natuurlik te
enige tyd sy instruksies aan Linex Yamaha gekanselleer het, maar
dit is nooit gedoen nie en Linex Yamaha het in beheer gebly. In
14
eie reg, meen ek. Ek is gevolglik van mening dat die eerste
appellant hom nie sy bewyslas gekwyt het om te bewys dat hy die
vereiste fisiese beheer van die Yamaha behou het nie. Dit is
gevolglik nie nodig om met die animus-vereiste tov die Yamaha te
handel nie.
Ek keer terug na die BMW. Dit is duidelik dat die
respondent spoliasie gepleeg het deurdat die eerste appellant die
besit van die BMW omregmatiglik en teen sy wil ontneem is (Nino Benino
v De Lange
1906 TS 120
op 122). Die teendeel is nie voor
ons betoog nie.
Dit laat die kwessie van koste. Na my mening was die
appellante substansieel suksesvol en is hulle geregtig op die koste
van app
l.
Die app
l slaag met koste. Die bevel van die Hof a quo
word tersyde gestel en vervang met die volgende:
15
" 1. Die respondent word gelas om onverwyld besit van die
BMW aan eerste applikant te herstel;
2.
Die spoliasie-aansoek tov die Yamaha word geweier;
3.
Elke party betaal sy eie koste."
W VIVIER APP
LREGTER
F
H
GROSSKOPF AR) PLEWMAN AR ) Stem
saam
Saaknommer 190/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
ZODAK ISRAEL CHAIN Eerste Appellant
JACOBUS LOUIS BOTHA Tweede Appellant
en STANDARD BANK VAN SUID-AFRIKA BEPERK
h/a STANNIC
Respondent
CORAM : VIVIER, F H GROSSKOPF, HOWIE,
MARAIS et PLEWMAN ARR
DATUM AANGEHOOR : 13 SEPTEMBER 1996
DATUM VAN UITSPRAAK : 26 SEPTEMBER 1996
UIT
SPR
AAK
HOWIE A R /
2
HOWIE AR:
Ek het die voordeel gehad om die uitspraak van my
kollega Vivier te lees. Ek stem saam met sy gevolgtrekking
ten opsigte van die BMW en die redes daarvoor. Na my mening egter moet die app
l ook slaag wat die Yamaha
betref.
Net soos in die geval van die BMW, het eerste
appellant vreedsame en ongestoorde besit van die Yamaha
gehad ten minste tot op die stadium dat hy dit aan die firma Linex Yamaha oorhandig het. Die vraag is of hy
sodanige besit ooit prysgegee het. Weliswaar het hy na
oorhandiging nie direkte besit gehad nie, maar indien Linex Yamaha namens hom die nodige detentio uitgeoefen het terwyl
hy die animus gehad het om 'n voordeel vir homself daaruit
te behaal, sou hy regtens gesproke nog in besit van die
motorfiets gewees het ten tye van respondent se
besitverkryging daarvan op 13 Junie 1994. Dat die optrede
van respondent se opsporingsagente in laasgenoemde verband
3
spoliasie was, is nie te betwyfel nie.
Om dan spesifiek met die besitsaspek te handel, dit is
duidelik dat Linex Yamaha eerste appellant se opdrag
aanvaar het om die Yamaha namens hom te verkoop. By
noodwend.ige implikasie het die firma daarvolgens die reg
gekry
om handelinge daarmee uit te voer wat met die verkoop
daarvan verband sou gehou het.
Niks het hulle egter die reg gegee nie om dit
byvoorbeeld uit te leen of te verhuur of met die opbrengs van die beoogde verkoop te doen net wat hulle wil. Net so
min kon hulle die Yamaha sommer vir dae lank in 'n openbare
parkeerplek laat staan sonder om dit behoorlik te bewaar.
Alles wat hulle daarmee kon gedoen het sou in uitvoering
van eerste appellant se opdrag gewees het. Dit sou
ongetwyfeld namens hom gedoen gewees het en nie vir die
firma se eie doeleindes of in eie reg nie behalwe in die
beperkte sin dat hulle kommissie sou verdien het en die
lening terugbetaal kry. Dit kan ook nie ges
word dat
4
eerste appellant alle kontak met Linex Yamaha finaal laat vaar het nie. Daar sou noodwendig kommunikasie tussen hom
en die firma gewees het indien daar 'n balans van die
verkoopopbrengs was wat aan hom betaalbaar was.
In hierdie omstandighede
het Linex Yamaha klaarblyklik
detentio namens eerste appellant gehad.
Wat die vereiste animus aanbetref, het eerste
appellant nie net die belang gehad om 'n moontlike balans
uit die verkoopopbrengs te ontvang nie. Dit is myns
insiens duidelik dat indien hy byvoorbeeld nog voor sy
vertrek oorsee daarvan te hore sou gekom het dat
respondent, of enige ander persoon, voornemens was om die
motorfiets uit Linex Yamaha se bewaring te verwyder hy
voldoende regsbelang sou gehad het om hom geregtig te maak
om sodanige besitverstoring te belet. Die feit dat hy
daarna oorsee was sou nie daardie regsbelang tot 'n einde
gebring het nie.
Na my mening dus het eerste appellant te alle
5
wesenlike tye na oorhandiging aan Linex Yamaha nie net
detentio maar ook animus vir doeleindes van middellike
besit gehad. Vergelyk Potgieter v Du Plessis 7976 (1) SA
757 (NK) te 753H.
Gevolglik sou ek besitsherstel en daarmee
gepaardgaande regshulp ook ten aansien van die Yamaha
beveel.
C.T. HOWIE
APP
LREGTER
MARAIS AR ] STEM SAAM
/al