IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUIDAFRIKA
GEHOU TE JOHANNESBURG
SAAK NO: J4563/99
In die saak tussen:
JOHAN LABUSCHAGNE Applikant
en
ELITE GROUP (EDMS) BPK Respondent
UITSPRAAK
LANDMAN R:
1.Mnr Johan Labuschagne was in diens van die Elite Group (Edms) Bpk (hierna Elite) wat verskeie beslote
korporasies wat geld uitleen, bestuur het. Ongeveer 9 April 2000 het Elite, verteenwoordig deur mnr C
Human, >n aanbod aan mnr Labuschagne gemaak wat hy aanvaar het. Die ooreenkoms heet: ΑAanbod aan
werknemer Herstrukturering van Diensooreenkoms ≅ (hierna die Labuschagne kontrak). Kragtens die
ooreenkoms het Elite onderneem om onder andere R110 000,00 op 1 Mei 2000 te betaal en 10 000 aandele
in Elite of >n ander houer maatskappy aan hom oor te dra.
2.Elite weier om die gelde te betaal en om die aandele uit te reik of oor te dra. Mnr Labuschange het aansoek
gedoen in die Arbeidshof in gevolge art 77(3) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 om
betaling van die gelde en oordrag van die aandele.
3.Art 77(3) van die Wet bepaal dat:
ΑDie Arbeidshof het konkurrente jurisdiksie met die siviele howe om enige aangeleentheid betreffende >n
dienskontrak, ongeag of >n basiese diensvoorwaarde >n bepaling van daardie kontrak uitmaak, aan te hoor
en daaroor te beslis. ≅
1
4.>n Dienskontrak is nie omskryf nie maar met verwysing na die woordomskrywing van >n werknemer in art 1 kan
dit afgelei word dat, onder andere, sluit dit die gemeenregtelike dienskontrak in. Enige Αbasiese
diensvoorwaarde≅ waarna art 77(3) verwys is omskryf in art 1 as: Α>n Bepaling van hierdie Wet of >n
sektorale vasstelling wat >n minimum beding of voorwaarde van diens stel. ≅
5.Die Labuschagne kontrak is >n wysiging van >n bestaande dienskontrak. Ek neem aan, omdat die jurisdiksie van
die hof nie aangeval is nie, dat die dienskontrak >n gemeenregtelike dienskontrak is.
6.Die applikant het >n keuse om die aangeleentheid of deur middel van re ël 6 verrigtinge in te stel of re ël 7
afhangende of >n feite geskil voorsien is aldan nie. In die huidige geval het die applikant >n aansoek
kragtens re ël 7 geloods en Elite het hierop geantwoord. Die aansoek is as >n verhoor geplaas en die partye
het nie gepoog om die saak op die stukke te betoog nie. Waarom die aansoek as >n verhoor geplaas is, is
glad nie duidelik nie. Dit behoort nie so te gebeur het nie want partye tot >n aansoek mag nie sonder die
verlof van die hof >n aansoek na getuienis verwys nie. Sien Kalil v Decotex (Pty) Ltd and another 1988
(1) SA 943 (A) en Bocimar NV v Kotor Overseas Shipping Ltd 1994 (2) SA 563 (A).
7.Elite het soos volg op mnr Labuschagne se aansoek geantwoord:
Α5.1 Save to admit that a written offer referred to by the Applicant as Annexure ΑJL≅ was extended to the
Applicant on or about the 9 th of April 1999, the remainder of the contents hereof are denied and the
Applicant is put to the proof thereof.
5.2 In this regard it is the Respondent =s case that during the early part of 1999 Thuthukani Group Limited,
which is listed on the Johannesburg Stock Exchange, approached Respondent with an offer to purchase a
60% interest in the said Elite group of Companies.
60% interest in the said Elite group of Companies.
5.3 At the time the said offer was subject to approval of the said offer by the Johannesburg Stock exchange.
5.4 During this period certain officials of Elite Consultants, one of which was the Applicant, were approached
with an offer referred to by the Applicant in terms of Annexure ΑJL≅ in terms of which a certain amount of
cash would be paid to such employees and a certain amount of shares from the newly proposed holding
Company of the Elite Group (Pty) Ltd would be registered in the name of the said employees.
5.5 Such offer was, however subject to the successful realisation of the offer made by the Thuthukani Group
(Pty) Ltd as set out above. This was explained and made clear to the employees, including the Applicant
during a meeting held with the Applicant and the other relevant employees on 9 April 1999. In this regard I
refer to the attached confirmatory affidavits of Mr Dahrius Breedt as well as Mr Dawid Johannes Christoffel
Beukes, attached hereto as Annexures A1 and A2.
5.6 Due to certain unforeseen circumstances the Thuthukani Group Ltd informed the Elite group of Companies
during June 1999 that it does not intend to proceed with the proposed transaction. In this regard I which to
refer to the attached letter received from Thuthukani Group Ltd as Annexure ΑB≅.
5.7 Immediately hereafter a meeting was arranged with the Applicant and the other relevant employees during
which they were informed of the situation and the nonrealisation if the offer made to them at the time due
to the circumstances set out above.
8.Elite se verweer gedurende die verhoor was dat die Labuschagne kontrak onderhewig was aan >n opskortende
voorwaarde naamlik die voortbestaan van die Thuthukani kontrak , wat op sy beurt onderhewig was aan >n
opskortende voorwaarde. Die opskortende voorwaarde in die geval van die Thuthukani kontrak was die
afhandeling van >n behoorlike ouditondersoek tot die tevredeheid van Thuthukani se direksie. Sien die
kennisgewing wat ingedien is. Volgens mnr Human is die oudit deur De Loitte en Touche gedoen. Mnr
Human het dit so gestel dat die toestemming van die direkteure van Thutuknani benodig was. Ek sal
aanneem dat dit nie >n afsonderlike vereiste was nie en dat dit verband hou met die oudit. Die direketure,
volgens mnr Human, Αwou nie beweeg nie ≅.
9.Mnr Human het al die verskillende kontrake met die werknemers terug geneem en in sy brandkluis geb êre. Hy
was onthuts dat enkele werknemers, soos mnr Labuschagne, >n afskrif daarvan gemaak het.
10.Mnr Human het verwys na >n skrywe gedateer 5 Junie 2000 wat Thuthukani aan Elite geskryf het. Die skrywe
is sekerlik geskryf vir doeleiendes van die huidige litigasie. Die outeur is nie geroep as getuie nie. Die
skrywe verwys na Αthe termination of negotiations ≅ en na die besluit Αnot to proceed with the proposed
transaction≅. Die skrywe, anders as wat in die Labuschagne kontrak aangeteken is, gee voor dat >n kontrak
tussen Elite en Thuthukani nie gesluit is nie.
3
11.Mnr Human het nie die Thuthukani kontrak voorgel ê nie. Mnr Human het getuig dat die houer maatskappy
nooit geregistreer is nie.
12.Mnr Breedt, wat nog steeds >n werknemer van Elite is, het getuig dat die pakket, synde die kontrak wat Elite
met hom gesluit het, >n bonus of >n geskenk was. Dit sou gegee word as die Αdeal≅ met Thuthukani
deurgegaan het. Die transaksie het toe nie gerealisseer nie. Mnr Breedt het nie getuig van enige opskortende
voorwaarde nie.
13.Mnr Labschagne het getuig dat hy R58 000,00 in >n BK bel ê het. Hy het ook indiens getree van Elite en >n
maandelikse salaris ontvang. Gedurende kruisondervraging is dit aan hom gestel dat die veronderstelling
waarop die Labuschagne kontrak berus het, deur die mat geval het. Mnr Labuschagne het volgehou dat die
rede vir die wysiging van die dienskontrak was dat dit Elite se verpligtinge ten opsigte van die geld wat hy
in die besigheid ingesit het vervang. Indien die Thuthukani kontrak beskikbaar was sou dit moontlik die
onderwerp kon toelig.
14.Me Venter, wat namens mnr Labuschagne opgetree het, het nie beswaar teen die toelaatbaarheid van die
getuienis gemaak nie.
15.Ek het die regsverteenwoordigers die geleentheid gebied om verdere (skriftelike) vertoe ë te lewer. Me De
Jongh, wat names Elite verskyn het, doen nou aansoek, dat die Labuschagne kontrak gerektifiseer word. Sy
voer aan dat dit nie nodig is om formeel aansoek daarvoor te doen nie. Sien Gralio (Pty) Ltd v D E
Claasen (Pty) Ltd 1980 (1) SA 816 (A). Die rektifikasie wat voorgestel is, lees soos volg: Α Dat
onderhewig daaraan dat daar suksesesvol presteer word ingevolge die ooreenkoms tussen Thuthukani ... en
Elite...waarvolgens Thuthukani .... >n belang in die besigheid van Elite... sal bekom en onderhewig daaraan
dat sodanige belang inderdaad bekom word deur Thuthukani ... in die besigheid van Elite ... word die
volgende aanbod aan my gemaak... ≅
volgende aanbod aan my gemaak... ≅
16.Me De Jongh se alternatiewe betoog is dat getuienis kan aangevoer word dat die ooreenkoms veroorsaak is
deur bedrog of dat dit nietig is as gevolg van dwaling, gebrek aan consenus of die wegval van >n
onderligende verondersetlling. Daar word op die volgende gesag gesteun: Williams v Evans 1978 (1) SA
117 (C), Munnik and Munnik v Sydney Clow and Co Ltd 1965 (4) SA 313 (TPA); Kok v Osborne and
another 1993 (4) SA 788 (EC); Prins v ABSA Bank Ltd 1998 (3) SA 904 (C) en Peters, Flamman and
Co v Kokstad Municipality 1919 AD 427. Haar slot submissie is dat as gevolg van die feitelike
omstandighede die Labuschagne kontrak nooit gesluit is nie.
17.Mnr Labuschagne het ook verdere vertoe ë ingedien. Die verto ë is deur >n advokaat opgestel. Hy is
waarskynlik nie ten volle op hoogte van die getuienis gebring nie, want belangrike aspekte van die saak
word nie bespreek nie. Bowendien word die submissie gemaak dat die meeste van die getuienis
ontoelaatbaar is sonder om die versuim om beswaar daarteen aan te teken, te bespreek.
18.Ek is van plan om die saak te besleg op die veronderstelling dat die getuienis wel toelaatbaar is, sonder om te
besluit dat dit wel die geval is. In die lig hiervan is dit vir my onnodig om te besluit of die paroolleerstsuk
tersprake is en indien wel of die getuienis toelaatbaar sou wees. Sien die breedvoerige bespreking van die
leerstuk in die konteks van >n opskortende voorwarde in D T Zeffert Hoffman Law of Evidence 4de
uitgawe 309313. Sien ook R H Christie The Law of Contract in South Africa 2de uitgawe 163165 en A
J Kerr The Principles of the Law of Contract 4de uitgawe 339343.
19.Ek is oortuig, op die feite, dat die Labuschagne kontrak aangegaan is op die veronderstelling dat die
Thuthukani kontrak nie sou wegval as gevolg van die nie nakoming van >n opskortende voorwaarde of
voorwaardes nie. Ons reg laat Elite nie toe om bloot op >n veronderstelling nl dat Thuthukani sou presteer,
staat te maak nie. Die Labuschagne kontrak is nie nietig nie. Daar is geen getuienis dat dit die gevolg van >n
dwaling of bedrog was nie. Mnr Labuschagne se aandag is nie daarop attent gemaak dat aansoek gedoen sou
word vir rektifikasie van die kontrak nie. Die rektifkasie wat aangevra word strook nie met die skriftelike en
mondelinge getuienis nie. Dit is egter nie nodig om daarmee te handel nie aangesien ek aanvaar, dat die
Labuschange kontrak op grond van >n opskortende voorwaarde soos hierbo aangedui is, aangegaan is.
20.Wat is opskortende voorwaardes waaraan die Thuthukani kontrak onderhewig is? Die beste getuienis is nie aan
die hof voorgel ê nie. Die Thuthukani kontrak is nie ingedien nie. Geen behoorlike rede vir die versuim is
aangebied nie. Dit was wel beskikbaar volgens mnr Human. In sy beantwoordende eedsverklaring het mnr
Human ges ê dat die kontrak onderworpe is aan die goedkeuring van die Johannesburgse Effekte Beurs
(hierna die JEB). Mondelings het hy getuig dat die kontrak onderworpe is aan >n rekenkundige oudit.
21.Ek is egter nie tevrede met die getuienis wat gelei is nie. Mnr Human het nie die Thuthukani kontrak bewys
nie. Die beste getuienis is nie aan my voorgehou ten opsigte van die kontrak en die beweerde opskortende
voorwaardes nie. Bowendien was mnr Human nie >n bevredigende getuie nie. Ek is nie bereid om op sy
5
weergawe van die skriftelike kontrak en ander tersaaklike getuienis staat te maak nie.
22.Op die veronderstelling dat die Thuthukani kontrak onderworpe was aan twee opskortende voorwaardes sal ek
ondersoek instel om te bepaal of daar aan die voorwaardes voldoen is. Geen behoorlike getuienis is gelei
ten opsigte van die direkteure se besluit aangaande die uitslag van die oudit, indien dit plaasgevind het, nie.
Geen getuienis is gelei dat die JEB nie die die transaksie goedgekeur het nie. Inderdaad is daar op >n manier
gepoog om getuienis te lei dat geen kontrak gesluit is tussen Elite en Thuthukani nie. Op die getuienis kan
ek nie bevind dat daar nie aan die voorwaardes voldoen is nie. Ek aanvaar dat Thuthukani nie >n belang in
Elite bekom het nie. Maar ek weet nie wat die rede hiervoor is nie en dit is nie bewys dat dit te wyte is aan
die nie voldoening van >n opskortende voorwaarde nie.
23.Dit mag wees dat die getuienis om Elite se verweer te staaf, bestaan. Maar Elite het nie die getuienis behoorlik
voor die hof geplaas nie. In die omstandighede moet vonnis ten gunste van mnr Labuschagne aangteken
word.
24.By gevolg word die respondent gelas om:
(1)R110 000,00 aan die applikant te betaal met rente teen 15,5% per jaar a tempore morae tot datum van betaling;
(2)10 000 aandele in die Elite Group (Pty) Ltd aan die applikant oor te dra en die aandeel sertifikate aan hom te
verskaf;
(3)die koste van die geding te betaal.
GETEKEN TE BRAAMFONTEIN HIERDIE 16de DAG VAN OKTOBER 2000.
A A Landman
Regter van die Arbeidshof
28 September 2000
Me Venter van Snyman, Van den Heever, Heyns
Adv M De Jongh in opdrag van Rita Jordaan Prokureurs