Swart v Kommissie vir Versoening Bemiddelling en Arbitrasie en Andere (J3607/98) [2000] ZALC 46 (14 June 2000)

45 Reportability

Brief Summary

Labour Law — Employment Transfer — Section 197 of the Labour Relations Act — Applicant claiming unfair dismissal after employment terms altered post-transfer of business — Respondent arguing no dismissal occurred as applicant accepted new terms under protest — Court finding applicant failed to establish urgency for interim relief and dismissing application with costs.

VIC & DUP/JOHANNESBURG/LKS
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID­AFRIKA
GEHOU TE JOHANNESBURG
DATUM:  14 June 2000 SAAKNOMMER: J3607/98
 
In die saak tussen:
SWART, VERNON   Applikant
en
KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELLING
EN ARBITRASIE EN ANDERE Respondente
                                                           
                           U I T S P R A A K
                                                           
LANDMAN, R : 
[1] Die applikant in hierdie saak is mnr Vernon Swart.   Dit is 'n aansoek  
vir die hersiening van 'n toekenning van die tweede respondent, synde 'n  
kommissaris aangestel deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en  
Arbitrasie.  Die derde, vierde, vyfde en sesde respondente is voormalige  
werknemers van die applikant (of aldus het die kommissaris so bevind).
[2] Die   kommissaris   het   'n   toekenning   op   29   September   1998   gelewer.     Die  
kommissaris het bevind dat die derde, vierde, vyfde en sesde respondente  
1

werknemers van die applikant was en as gevolg daarvan het hy die meriete  
van die saak ondersoek en 'n toekenning gelewer. Die applikant is gelas  
om vergoeding van verskillende bedrae aan die persone te betaal.
[3] Die applikant  was ongelukkig  met hierdie  toestand van  sake en  het die  
huidige aansoek geloods om die toekenning te hersien en tersyde te stel.
[4] Die gronde waarop die applikant staatmaak is die volgende:  Eerstens kla  
hy   dat   die   kommissaris   geweier     het   om   uitstel   aan   hom   te   verleen.  
Tweedens   kla   hy   dat   die   kommissaris   hom   van   regsverteenwoordiging   en  
regsadvies ontneem het.
 
[5] Wat betref die weiering van die uitstel,is dit die applikant se saak dat  
hy   op   22   September   1998   'n   kennisgewing   gedateer   10   September   ontvang  
het wat  hom in  kennis stel  dat arbitrasie  verrigtinge op  28 September  
sou   plaasvind.     Hy   het   hierdie   kennisgewing   aan   sy   prokureur,   mnr  
Heunis,   van   Du   Plessis   en   Eksteen   Ingelyf,   oorhandig.     Hy   s ê   hy   wou  
sekere getuies roep synde sy broer, Leonard Swart, en 'n sekere Albert.  
Dié persone was ongelukkig nie beskikbaar om die arbitrasie verrigtinge  
op 28 September by te woon nie.  Sy prokureur het op 23 September namens  
hom   'n skrywe aan die KVBA gestuur en versoek dat die verrigtinge wat  
op 28 September sou plaasvind, uitgestel word aangesien die getuies nie  
beskikbaar was nie.
[6] Op   28   September   het   hy   en   sy   prokureur   die   arbitrasie   verrigtinge  
bygewoon.  Hy het gevra vir die uitstel van die saak en dit gemotiveer.  
Die   derde   respondent   het   toegestem   tot   die   uitstel   aangesien   hy   ook  
regsverteenwoordiging wou bekom en dit hom die geleentheid daarvoor sou  
bied.     Die   kommissaris   het   toe   kontak   gemaak   met   die   KVBA   se  
2

saakbestuurder,   om   vas   te   stel   of   die   gevraagde   uitstel   verleen   kon  
word, aldus  die applikant.   Die  partye is  daarna deur  die kommissaris  
meegedeel dat die bestuurder nie die aangeleentheid wou uitstel nie en  
dat   die   arbitrasie   verrigtinge   moes   voortgaan.     Die   arbitrasie­
verrigtinge het inderdaad voortgegaan.
[7] Dit sou klaarblyklik verkeerd wees vir 'n kommissaris om navraag te doen  
by  >n bestuurder van die KVBA of hy by magte is om uitstel te verleen of  
behoort hy in die omstandighede uitstel te verleen.  Dit skyn egter dat  
wat die kommissaris gedoen het, was om die bestuurder te raadpleeg ten  
opsigte van sekere feitebewerings.   Dit is duidelik uit die stukke dat  
die   kommissaris   meegedeel   is   dat   die   bestuurder   navraag   gedoen   het   en  
vasgestel het  dat die  applikant nie  die brief  op 22  September ontvang  
het soos wat hy beweer nie. Hy het dit ontvang op 15 September, aldus  
die   Poskantoor.     Die   skrywe   van   die   bestuurder   maak   deel   uit   van   die  
stukke, maar die applikant handel nie daarmee nie.   Hy ontken dit nie.  
Ek is nie in staat om te s ê dat die kommissaris fouteer het deur kennis  
te   neem   van   hierdie   feite   nie.   Ek   kan   nie   s ê   dat   die   kommissaris   se  
handelswyse derhalwe onre ëlmatig was nie.  Ek is ook nie in staat om te  
bevind dat die kommissaris se besluit nie regverdigbaar was nie, veral  
in die lig van die feit dat die bestuurder se inligting bots met di é wat  
die applikant aan die kommissaris verskaf het. Bowendien is dit duidelik  
uit die  vonnis van  die Arbeidsapp èlhof  in   Carephone v  Marcus N.O.  and  
others  (1998) 19 ILJ 1425 (AAH) dat dit die kommissaris is wat besluit  
of uitstel verleen sal word. Kennis is geneem dat 'n kommissaris miskien  
traag sal wees om uitstel te verleen.
[8] Dit bring my by die vraagstuk van die weiering van regsbystand.   Nadat  
3

die   versoek   vir   uitstel   geweier   is,   het   die   kommissaris   die   partye  
meegedeel   dat   hy   voortgaan   met   die   arbitrasie   verrigtinge   en   die  
prosedure   aan   hulle   verduidelik.     Die   derde   respondent   het   ook   op  
hierdie   stadium   beswaar   gemaak   dat   die   applikant   oor  
regsverteenwoordiging beskik het terwyl hy nie oor regsverteenwoordiging  
beskik   het   nie.     Die   kommissaris   het   die   mening   uitgespreek   dat   die  
feite   nie   so   ingewikkeld   was   dat   die   partye   regsverteenwoordiging  
benodig   het   nie.     Die   applikant   se   prokureur   het   die   kommissaris  
toegespreek   en   betoog   dat   die   feite   wel   ingewikkeld   was   en   dat   hy  
toegelaat word  om as  regsverteenwoordiger sy  kli ënt by  te staan.   Die  
kommissaris   het   gelas   dat   die   applikant   nie   van   regsverteenwoordiging  
gebruik   kon   maak   nie.   Dit   sou   onbillik   teenoor   die   derde   tot   sesde  
respondente wees.  Die applikant het versoek dat die kommissaris toelaat  
dat sy prokureur die verrigtinge bywoon en luister na die verrigtinge.  
Die kommissaris het ges ê dat die derde tot sesde respondente ongemaklik  
sou   voel   en   is   die   prokureur   aanges ê   om   die   vertrek   te   verlaat.     Die  
applikant   was   genoodsaak   om   die   verrigtinge   sonder   die   bystand   van   sy  
regsverteenwoordiger en sonder sy getuies voort te sit.
[9] Na my mening is die identifikasie van 'n werkgewer/ werknemer verhouding  
nie 'n eenvoudige saak nie. Ook nie in die omstandighede wat voor die  
kommissaris   gedien   het   nie.     Regsverteenwoordiging   is   aangewese   in  
ideale omstandighede. Die uitsluiting van die prokureur maak dit bykans  
onmoontlik vir die prokureur om sinvolle advies en leiding aan sy leke  
kliënt   te   verskaf   nie   omdat   die   prokureur   nie   toegelaat   is   om   die  
getuienis aan te hoor nie.   Die kommissaris is by magte om re ëlings te

getuienis aan te hoor nie.   Die kommissaris is by magte om re ëlings te  
tref   ten   opsigte   van   die   verrigtinge   maar   hy   is   nie   by   magte   om  
regsadvies uit  te sluit  nie.    Ek is  nie bewus  van enige  re ël wat  hom  
verplig om 'n regsverteenwoordiger die vertrek te verbied nie.
4

[10] Klaarblyklik moet onderskei word tussen 'n persoon se reg op regsadvies  
en   sy   reg   op   regsverteenwoordiging.     Die   uitskakeling   van  
regsverteenwoordiging   maak   dit   des   te   meer   noodsaakliker   dat   die  
gemeenregtelike reg op regsadvies nie  >n litigant ontneem moet word nie  
tensy   dit   duidelik   deur   die   Wet   uitgesluit   word.     Daar   is   geen  
aanduidings dat die Wetgewer dit wou uitsluit nie.
[11] Daarbenewens   is   die   applikant   in   die   algemeen   geregtig   op  
regsverteenwoordiging   by   arbitrasie   verrigtinge   by   die   KVBA.     Sien  
artikel 138(4) van die Wet op Arbeids­verhoudinge 66 van 1995.  Hierdie  
reg word egter beperk waar 'n afdanking gaan oor gedrag of bevoegdheid.  
Sien   artikel   140(1)   van   die   Wet.     In   sodanige   omstandighede   word  
regsverteenwoordiging   uitgesluit   tensy   die   kommissaris   besluit   dat   die  
saak van so 'n aard is dat regsverteenwoordiging toegestaan moet word.
[12] Waaroor het hierdie saak gegaan?  Die kommissaris bevind dat dit nie vir  
'n billike rede was nie. Hy s ê egter nie wat die rede vir die afdanking  
was   nie.     Die   rede   wat   die   applikant   aanvoer   is   dat   die   werk   wat  
beskikbaar was opgeraak het.   Met ander woorde, dat die derde en ander  
respondente,   indien   hulle   werknemers   was   (wat   hy   ontken   het)   is   ten  
opsigte   van   werksmagbesnoeiing   afgedank   of   omdat   die   kontrak   verstryk  
het.  Die derde en ander respondente het aangevoer dat die saak gaan oor  
"unfair   dismissal,   unfair   labour   practice   and   refusal   to   bargain".  
(Sien   Vorm   LRA   7.11).     Dit   bring   na   vore   die   vraagstuk   van   die  
kommissaris   se   jurisdiksie.     Dit   word   egter   nie   deur   die   applikant  
geopper nie en dus sal ek nie verder daarmee handel nie.   Maar indien  
die   saak   wel   gegaan   het   oor   werksmag­   besnoeiing   sou   die   kommissaris  
5

geen jurisdiksie gehad het nie.  Hierdie was klaarblyklik 'n geval waar  
die   kommissaris   regsverteenwoordiging   moes   toegelaat   het,   ten   minste  
totdat   hy   besluit   het   dat   die   saak   een   is   wat   gaan   oor   afdanking   as  
gevolg van  gedrag of  bevoegdheid en  totdat hy  homself vergewis  het of  
regsverteenwoordiging   nogtans   toegelaat   moes   gewees   het.     In   hierdie  
geval het hy dit nie gedoen nie. Dit is moontlik dat hierdie saak niks  
te doen gehad het met wangedrag of onbevoegdheid nie.
 
[13] Onder   die   omstandighede   is   ek   van   oordeel   dat   die   kommissaris   fouteer  
het, dat hy 'n growwe onre ëlmatigheid gepleeg het en dat sy toekenning  
nie regverdigbaar is nie. Daarom word die arbitrasie­verrigtinge in Saak  
Nr.   NW4858   hersien   en   tersyde   gestel.     Die   aangeleentheid   word   egter  
terugverwys na 
die eerste respondent om die arbitrasie opnuut aan te hoor maar dit moet  
voor 'n ander kommissaris plaasvind.
[14] Geen bevel word gemaak ten opsigte van koste nie.
GEDATEER TE JOHANNESBURG OP HIERDIE 21 st DAG VAN JUNIE 2000
           
A A LANDMAN
REGTER VAN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID­AFRIKA
13 Junie 2000
14 Junie 2000
Adv. R Venter in opdrag van Du Plessis & Eksteen Ing
6

Vir die Respondent: Geen verteenwoordiging
7