About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 101
|
|
Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk. v Noordkaap Lewendehawe Kooperasie Bpk. (559/94) [1996] ZASCA 101; 1997 (1) SA 299 (SCA); (20 September 1996)
Saak
No 559/94
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
è
LAFDELING)
In die saak tussen:
EERSTE
NASIONALE
BANK VAN
SUIDELIKE
AFRIKA
BEPERK
APPELLANT
en
NOORDKAAP
LEWENDEHAWE KO
Ö
PERASIE
BEPERK
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, EKSTEEN,
HOWIE, OLIVIER et PLEWMAN ARR
DATUM VERHOOR
: 29
AUGUSTUS 1996
DATUM
GELEWER
:
20 SEPTEMBER 1996
UITSPRAAK EKSTEEN, AR
:
Die appellant in hierdie saak
("die Bank") het gedurende
2
1987
onderneem om R5 500 000 aan 'n maalskappy bekend as Rainer Data
Services (Pty) Ltd ("Rainer") te leen en voor te skiet
op
voorwaarde dat die Respondent ("die Ko
ö
perasie")
borg staan vir die helfte van die lening, en ene A C Brundyn
("Brundyn") vir die ander helfte. Hierdie borgskappe
is
deur beide die Kooperasie en Brundyn verstrek en die Bank het die
volle bedrag van die lening aan Raíner voorgeskiet. Die
borgskap van die Ko
ö
perasie
is in twee afsonderlike borgaktes verstrek, nl op 15 Oktober 1987 is
'n borgakte vir R2 500 000 plus rente deur die Ko
ö
perasie
se destydse hoofbestuurder, Mnr Brand ("Brand") onderteken
(aanhangsel PC 1 tot die pleitstukke); en op 5 September
1988 is 'n
tweede borgakte vir R250 000 plus rente deur Brand onderteken
(aanhangsel PC 2). Op 12 Julie 1991 is Rainer (wat intussen
sy naam
verander het na
3
Libertas
Vleisgroothandelaars (Edms) Bpk) in likwidasie geplaas. Die Bank het
gevolglik, op grond van die twee borgaktes wat namens
die Ko
ö
perasie
geteken is, 'n bedrag van R5 500 000 (synde kapitaal plus rente) van
die Ko
ö
perasie
ge-eis. (Soos later sal blyk sou dit op 'n oorverhaling neergekom
het). Die Ko
ö
perasie
het hom hierop verweer deur aan te voer dat aan sekere bepalings van
die Ko
ö
perasiewet
91 van 1981 ("die Wet") nie voldoen is toe die borg verleen
is nie en dat hy derhalwe verskoon word van betaling.
Hierdie verweer
is deur die Noord-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof gehandhaaf,
en die Bank kom nou, met die verlof van die Hof
a quo. in hoër
beroep na hierdie Hof.
Die
agtergrond van die saak, insoverre dit van belang mag wees, is soos
volg. Die Ko
ö
perasie
was 'n bemarkings-
4
organisasie
wat bemarkingsdienste aan sy lede in Noord-Kaapland en die
aangrensende gebiede van die Transvaal en die Oranje Vrystaat
verskaf
het. Die bemarking van die lede se slagvee in die beheerde gebiede,
dws in die groot stede, het allerhande probleme meegebring.
Gedurende
die tagtiger jare het die Ko
ö
perasie
gevolglik 'n beleidsrigting ingeslaan om meer betrokke te raak in die
slag en bemarking van vee in die buite-beheerde gebiede.
Volgens die
getuienis van Brand, was daar "letterlik duisende slagbeeste"
in die Ko
ö
perasie
se voerkrale wat nie behoorlik bemark kon word nie. In dié tyd
het Brundyn 'n kleinhandelnetwerk
in
die vleisbedryf in die Wes-Kaap gehad met 'n aantal
kleinhandelafsetpunte, maar met 'n behoefte aan voldoende slagvee.
Onderhandelinge
is gevolglik met Brundyn aangeknoop om 'n
gesamentlike onderneming te stig vir die
5
slag en versnyding van karkasse
en die bemarking daarvan deur
Brundyn se
afsetpunte. So 'n transaksie sou die ware ko
ö
peratiewe
doelstellings
van die Ko
ö
perasie
om bemarkingskoste vir sy lede te
probeer verlaag, en die oogmerk
om die optimale afsetmarkte vir hul
produkte te ontwikkel, dien. Dit
sou ook tot Brundyn se voordeel
wees deur die voorsiening van
slagvee vir sy afsetpunte. 'n
Samewerkingsooreenkoms is toe
aangegaan. Die samewerking sou
deur middel van Rainer geskied.
Rainer was 'n dormante
maatskappy wat deur Brundyn
beheer was, en, in terme van sy
ooreenkoms
met die Ko
ö
perasie,
sou die Ko
ö
perasie
die helfte van
die aandele in Rainer bekom en
twee van die vier direkteure aanwys.
Benewens sekere ander finansiële
reëlings wat nie hier ter sake is nie,
sou Rainer in hoofsaak
gefinansier word deur die lening van
6
R5 500 000
van die Bank, waarvoor die Ko
ö
perasie
en Brundyn elk om die helfte sou borgstaan,
Brundyn was
bereid om die helfte van die aandele in Rainer aan die Ko
ö
perasie
oor te dra, maar die Ko
ö
perasie
het besluit dat, omdat dit nie die Minister se goedkeuring tot die
aangaan van die transaksie verkry het, soos deur artikel
49(l)(f) van
die Wet vereis, dit nie die aandele in eie naam kon laat registreer
nie. Die aandele is gevolglik in die naam van 'n
filiaal maatskappy -
Noord-Kaap Veilings (Edms) Bpk - geregistreer. Later is dit in die
naam van Noragent Edms Bpk, 'n genomineerde
maatskappy van die
Ko
ö
perasie
geregistreer. Dit is gemene saak dat die Minister se goedkeuring
nooit verkry is nie, en dat die aandele nooit in die naam
van die
Ko
ö
perasie
geregistreer was nie. Gedurende 1989 het die
7
Ko
ö
perasie,
vir redes wat nie hier van belang is nie, sy verbintenis
met Brundyn be-eindig en al sy
ooreenkomste met Brundyn
gekanselleer.
Die
Ko
ö
perasie
het in sy verweerskrif in die Hof a
quo
gepleit
"2(b) (ii) (dd) dat die
verweerder te alle tersaaklike tye
aandele, alternatiewelik 'n
belang in Rainer Data (Edms) Bpk verkry en gehou het; (ee) dat
Rainer Data (Edms) Bpk gevolglik te alle
tersaaklike tye wat
verweerder betref, 'n onderneming was soos bedoel in artikel 49(l)(f)
van die Wet. (iii) dat dit kragtens die
bepalings van artikel 52(1)
van die Wet gevolglik vir die verweerder verbode was om borg te staan
vir Rainer Data Services (Eiendoms)
Beperk behalwe kragtens magtiging
van 'n 'spesiale besluit' wat in artikel 1 van die Wet omskryf word
as ' 'n besluit ingevolge artikel
130 op 'n algemene vergadering
aangeneem.' (c) Verweerder ontken dat sy lede enige 'spesiale
besluit' soos omskryf in die Wet geneem
het waarkragtens die
8
aangaan van enig een van die
gemelde borgstellings bylae PC 1 en bylae PC 2 gemagtig was."
In wat 'n alternatiewe verweer
skyn te wees pleit die
Ko
ö
perasie
dat in elk geval
"(d)(i) dit uit hoofde van
die voorskrifte van artikel 49(1)(f) van die Wet slegs bevoeg was om
aandele of 'n belang in Rainer
Data Services (Eiendoms) Beperk te
verkry met die goedkeuring van die Minister van Landbou Ekonomie,
(ii) Geen sodanige goedkeuring
is verkry van of verleen deur die Minister nie.
(iii) Die verkryging van die
aandele, alternatiewelik belang, in Rainer Data Services (Eiendoms)
Beperk deur verweerder was gevolglik
ultra vires
die
bevoegdhede van verweerder en gevolglik ongeldig en nietig.
(iv) Die borgstellings, bylaes
'PC 1' en 'PC 2' tot Eiser se Besonderhede van Vordering, is
aangegaan met die oogmerk om Rainier
Data Services (Eiendoms) Beperk
te finansier. (v) Verweerder pleit gevolglik dat die aangaan van die
borgstellings, Bylaes PC 1 en
PC 2 tot die Eiser se Besonderhede van
Vordering eweneens
9
ultra vires
en nietig was." In sy nadere besonderhede voer die Ko
ö
operasie
verder aan dat die spesiale besluite wat deur sy lede geneem is, nie
besluite is soos in Artikel 52 bedoel nie, omdat dit
"geen
spesifieke transaksie gemagtig het nie en slegs voorgegee het om die
bevoegdheid om waarborge goed te keur aan die Verweerder
se
direkteure oor te dra". Die Hof a
quo
het hierdie bewerings bestempel as die "kern van die verweerder
se eerste verweer," en, na oorweging, die Ko
ö
perasie
gelyk gegee op albei verwere. Wat die eerste verweer betref het die
geleerde regter verwys na artikel 49(l)(f) van die Wet,
en na die
getuienis, en tot die gevolgtrekking gekom dat alhoewel die
Ko
ö
perasie
'n belang in Rainer gehad het, dit nie 'n belang was "soos
bedoel in die Wet" nie. Eers wanneer die goedkeuring
van die
10
Minister
verkry is kon 'n ko
ö
perasie
vir die doeleindes van artikel
49(l)(f) 'n belang of aandele in
'n maatskappy verkry. Gevolglik het
hy beslis dat Rainer nie 'n
"ondememing" soos bedoel in artikel
49(l)(f) was nie, maar dit eers
kon word nadat die goedkeuring van
die Minister verkry is.
Nadat hy tot hierdie
gevolgtrekking gekom het, stap die
geleerde regter nie af van
artikel 49(l)(f) nie, maar met 'n volgehoue
verwysing
daarna, het hy bevind dat die Ko
ö
perasie
eers die
goedkeuring van die Minister
moes verkry het om aandele in Rainer
te bekom voordat hy, onderworpe
aan artikel 52, Rainer kon
finansier, of vir Rainer borg
staan. Hy gaan dan voort om te bevind
dat:
"waar die Wet dus so
uitdruklik voorsiening maak vir die finansiering van, en
borgstelling vir 'n maatskappy waarin hy
11
aandele of 'n belang het, is ek
van oordeel dat die finansiering van of borgstelling vir 'n
maatskappy, anders as een soos beoog deur
die Wet, strydig is met die
bepalings van die Wet.
Die gevolgtrekking waartoe ek
nou gekom het, is dat
Rainer nie 'n maatskappy is
soos bedoel deur die Wet nie en dat ingevolge die Wet, dit die
verweerder nie vrygestaan het om vir Rainer
borg te staan nie. Die
eiser se eis kan dus nie slaag nie."
Hierin het die geleerde regter,
na my mening, fouteer.
Die tersaaklike artikels in die
Wet lees soos volg:
"49(1) 'n Kooperasie kan,
behoudens die bepalings van hierdie Wet en die uitsluitings en
kwalifikasies in sy statuut vervat,
alles doen wat redelikerwys nodig
is om sy doelstellings uit te voer, en in die besonder -
met die goedkeuring van die
Minister en op die voorwaardes wat die Minister bepaal, in die
Republiek of elders maatskappye of ander
regspersone of
vennootskappe oprig of belange of aandele daarin verkry, en hulle
behoudens die bepalings van artikel 52 Gnansier;
behoudens die bepalings van
Artikel 52 iemand teen skade of verlies vrywaar, of die
verpligtings
12
van iemand waarborg of vir die
behoorlike nakoming daarvan borgstaan of sekerheid stel;
52(1) 'n
Ko
ö
perasie
skiet nie geld voor aan 'n onderneming bedoel in artikel 49(l)(f) of
aan 'n ko
ö
perasie
waarvan hy lid is, vrywaar nie sy lede of so 'n onderneming of
ko
ö
perasie
teen skade of verlies, of staan nie borg vir of verskaf nie sekerheid
teen behoewe van sy lede of so 'n onderneming of kooperasie
nie,
behalwe kragtens magtiging van 'n spesiale besluit."
Soos hierbo genoem het die Hof a
quo
tereg bevind dat
Rainer nie 'n onderneming was
soos in artikel 49(l)(f) bedoel nie
omdat die
Minister nie sy goedkeuring aan die Ko
ö
perasie
verleen
het om aandele of 'n belang in
Rainer te verkry nie. Artikel 49(l)(f)
kan dus van geen belang wees by
die oorweging van die geldigheid
al dan nie
van die Ko
ö
perasie
se borgstelling vir Rainer nie. Artikel
49(l)(g)
handel o.a. met die bevoegdheid van 'n ko
ö
perasie
om borg
te staan.
Hierdie artikel verleen aan 'n ko
ö
perasie
die reg om die
13
verpligtings van enigiemand (dws
enige persoon, insluitende 'n regspersoon wat nie 'n onderneming is
soos in sub-artikel (f) bedoel
nie) te waarborg of vir die behoorlike
nakoming daarvan borg te staan, mits natuurlik dit 'n handeling is
wat redelikerwys nodig
is om die doelsteïlings van die
Ko
ö
perasie
uit te voer, onderhewig aan die bepalings van die Wet en die
uitsluitings en kwaliflkasies van die ko
ö
perasie
se eie statuut. In die onderhawige geval is dit gemene saak dat die
borgstelling nie strydig was met enige bepalings van die
Kooperasie
se statuut nie en dit is ook gemene saak dat die borgstelling
redelikerwys nodig was om die doelstellinge van die Ko
ö
perasie
en die belange van sy lede te dien. Die Ko
ö
perasie
sou dus op die oog af bevoeg gewees het om vir Rainer borg te staan.
Die bevoegdheid om ingevolge artikel 49(l)(g) borg te
14
staan word
egter voorafgegaan deur die voorskrif "behoudens die bepalings
van artikel 52". Artikel 52 verg slegs 'n spesiale
besluit ten
opsigte van die borgstaan ten behoewe van 'n ko
ö
perasie
se lede, of van 'n onderneming bedoel in artikel 49(l)(f), of van 'n
ko
ö
perasie
waarvan die betrokke ko
ö
rporasie
'n lid is. Rainer val nie onder enige van hierdie kategorieë
nie. Gevolglik was geen spesiale besluit van die Ko
ö
perasie
nodig om vir 'n buitestaander soos Rainer borg te staan nie. In
besonder was dit, soos die geleerde regter self bevind het,
nie 'n
onderneming soos in Artikel 49(l)(f) bedoel nie en moes dus as 'n
buitestander, wat die Ko
ö
perasie
betref, beskou word. Daar het ook 'n geskil tussen die partye
ontstaan omtrent die berekening van rente op die verskuldigde
bedrag.
Die Bank het aangevoer dat die rente samegestelde rente is wat
maandeliks bereken
15
word teen 'n
koers van 1% bo die prima uitleenkoers van die Bank. Die Kooperasie
het daarteenoor aangevoer dat die rente as enkelvoudige
rente bereken
moet word. Mnr Blignault, wat voor ons namens die Ko
ö
perasie
opgetree het, het in sy betoog toegegee dat die rente samegestelde
rente moet wees wat maandeliks bereken word. Mnr Blignault
het ook
die juistheid toegegee van 'n berekening van die kapitale bedrag met
samegestelde rente, verskuldig soos op 1 Februarie 1994.
Die bedrag
wat die Ko
ö
perasie
tot op daardie datum verskuldig was, het R4 479 209.12 beloop.
Bygevolg
slaag die app
è
l
met koste, welke koste die koste van twee advokate sal insluit, en
die bevel van die Hof a
quo
word
gewysig om te lees:
16
"(a) Vonnis word verleen
vir:
betaling van die bedrag van R4
479 209.12 met samegestelde rente daarop bereken vanaf 1 Februarie
1994 tot datum van betaling teen
die heersende prima uitleen koers
van die eiser plus 1%.
(b) Koste soos tussen prokureur
en kliënt soos ooreengekom in díe gemelde borgaktes,
welke koste die koste van twee advokate
sal insluit."
JPG EKSTEEN APPéLREGTER
HEFER, AR
)
HOWIE, AR
)
STEM SAAM
OLIVIER, AR
)
PLEWMAN, AR
)