IMATU v Kommissie vir Versoening, Bemmdeling en Arbitrasie, Mosselbaai Munisipaliteit (C 185/99) [1999] ZALC 167; [2000] 5 BLLR 583 (LC) (1 December 1999)

70 Reportability

Brief Summary

Labour Law — Review of arbitration award — Applicant seeking review and setting aside of arbitration award by the second respondent, a commissioner of the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) — Court finding that the commissioner failed to exercise discretion properly under section 138(9) of the Labour Relations Act — Award set aside and replaced with a finding that the applicant's member is entitled to the same salary and benefits as if appointed in the position with retrospective effect from 1 August 1998.

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA
(GEHOU TE KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: C 185/99
In die saak tussen:
IMATU APPLIKANT
EN
KOMMISSIE VIR VERSOENING, 
BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE
U I T S P R A A K
BASSON, R:
[1] Hierdie saak kom voor my as ‘n hersiening ingevolge artikel 145 van die  
Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995 (“die Wet”).
[2] Die applikant doen aansoek vir die hersiening en tersydestelling van die  
arbitrasietoekenning gemaak deur die tweede respondent, ‘n kommissaris van die  
Kommissie   vir   Versoening,   Bemiddeling   en   Arbitrasie   (“die   KVBA”),   onder  
saaknommer WE16816.   Verdere regshulp word verlang deurdat die Hof gevra  
word om die arbitrasietoekonning van die tweede respondent te vervang met ‘n  
bevinding dat die applikant se lid, Me. De Swardt, dieselfde salaris en voordele  
moet ontvang as wat sy sou ontvang het as sy deur die derde respondent (haar

werkgewer) aangestel sou gewees het in die pos van Rekenmeester: Behuising en  
Diverse op posvlak VI, met terugwerkende effek vanaf 1 Augustus 1998.
[3] Tydens die arbitrasieverrigtinge op 9 Februarie 1999 en 4 Maart 1999 het  
die applikant ‘n arbitrasietoekenning verlang dat ­
(a) Die   derde   respondent,   dit   wil   s ê,   die   Mosselbaai   Munisipaliteit,   die  
bepalings   van   die   ooreenkoms   op   gelyke   indiensneming   en   regstellende   aksie  
verbreek het, en meer spesifiek klousules 6(2)(i) en 6(2)(ii) daarvan;
(b) Die derde respondent die bepalings van die standaard diensvoorwaardes,  
soos afgekondig  in  die  Staatskoerant  15727  van  13 Mei  1994 verbreek   het  en  
spesifiek klousule 16.7.1 daarvan, en
(c) Die derde respondent se besluit om nie die applikant se lid, Me. De Swardt  
(nou Roberts), aan te stel in die pos van Rekenmeester: Behuising en Diverse, ‘n  
onbilike arbeidspraktyk daargestel het, soos bedoel in Skedule 7, Bylae B, item  
2(1)(b) van die Wet (onbillike optrede met betrekking tot bevordering); en
(d) Koste aan die applikant toegeken word.
[4] Die tweede respondent (die kommissaris van die KVBA) het bevind dat  
die derde respondent (die werkgewer) die kollektiewe ooreenkoms, dit wil s ê die  
“agreement on equal employment practice and affirmative action” (hierna genoem  
“die regstellende aksie ooreenkoms”), verbreek het met spesifieke verwysing na  
klousules 4.3, 5.2, 6.2.1.7, 6.2.2.3 en 9.4 daarvan.
[5] Die tweede respondent het nie ‘n bevel gemaak insake die ander klousules  
wat moontlik verbreek is nie.  Die tweede respondent het bevind dat hy op grond

van jurisdiksionele probleme nie ‘n bevel kon maak dat die derde respondent, dit  
wil   sê  Mosselbaai   Munisipaliteit,   die   applikant   (die   werknemer)   die   salaris   en  
voordele moet betaal wat sy sou ontvang het as sy aangestel sou gewees het in die  
pos van Rekenmeester: Behuising en Diverse op posvlak VI nie.
[6] Die   tweede   respondent   het   gevolglik   versuim   om   te   handel   met   die  
gevraagde regshulp en om uitvoering te gee aan die kollektiewe ooreenkoms wat  
hy bevind het verbreek was.
[7] Op bladsy 12 van die uitspraak verklaar die tweede respondent soos volg:
“I find the non­appointment of the employee to be a breach of the  
agreement”.
[8] Die tweede respondent het egter versuim om oorweging te skenk aan die  
diskresie wat aan hom verleen word ingevolge artikel 138(9) van die Wet.
[9] Artikel 138(9) lees soos volg:
“Om ‘n gepaste arbitrasietoekenning te maak wat­
(i) aan enige kollektiewe ooreenkoms uitvoering gee;
(ii) aan die bepalings en hoofoogmerke van die Wet uitvoering gee; en
(iii) ‘n verklarende bevel insluit of in die vorm daarvan is.”
[10] In   hierdie   verband   kan   ook   verwys   word   na   item   4   van   Bylae   C   van  
Skedule 7 van die Wet wat aan die tweede respondent die bevoegdheid verleen om  
enige geskil voor hom te beslis op voorwaardes wat redelik is.
[11] Die tweede respondent (die kommissaris van die KVBA) was gevolglik

verplig om ‘n gepaste bevel te maak in terme van artikel 138(9) van die Wet en hy  
moes   ook   in   ag   geneem   het   dat   een   van   die   hoofoogmerke   van   die   Wet   die  
doeltreffende beslegting van arbeidsgeskille is.   Sien   City of Tygerberg v South  
African Municipal Workers’ Union and Others  1999 (20) ILJ 1032 (LC).
[12] Uit die arbitrasietoekenning blyk dit duidelik dat die tweede respondent nie  
die aard van die magte wat aan hom verleen is om ‘n toekenning te maak in terme  
van artikel 138(9) van die Wet voldoende in ag geneem het nie.
[13] Die tweede respondent het versuim om die magte wat aan hom verleen  
word na behore uit te oefen en het ‘n growwe onre ëlmatigheid gepleeg.
[14] Geen redes is verskaf vir die bevinding dat die aangevraagde regshulp nie  
verleen   word   ten   opsigte   van   die   bevel   dat   die   kollektiewe   ooreenkoms   nie  
nagekom is nie.   Hieruit kan afgelei word dat die kommissaris versuim het om  
oorweging te skenk, dit wil s ê, “failed to apply his mind”, ten aansien van die  
aangevraagde regshulp.
[15] Die tweede respondent het naamlik verkeerdelik bevind dat die applikant  
nie geregtig was op die regshulp nie, tensy die Arbeidshof bevind dat daar onbillik  
gediskrimineer is teen die applikant en dat die kommissaris gevolglik op grond  
van hierdie jurisdiksionele probleem nie die aangevraagde regshulp kon verleen  
nie.
[16] Ek haal aan uit die arbitrasietoekenning:
“I have nevertheless not considered whether the employer’s action, including the  
alleged disregard of the merit factor is unfair conduct in terms of Schedule 7 item  
2(1)(b) of the Act because there is no doubt that there is an underlying allegation  
of racial discrimination.  The union did not say that in so many words but the crux  
of   the   matter   is   that   the   employee   was   not   appointed   because   she   was   white.

Consequently this was a matter for the Labour Court”.
[17] Daar was egter geen aanduiding n óg deur die applikant self n óg deur haar  
verteenwoordiger   n óg   deur   die   derde   respondent   (die   werkgewer)   tydens   die  
aanhoor van die arbitrasieverrigtinge dat die applikant nie aangestel is in die pos  
van Rekenmeester: Behuising en Diverse omdat sy blank is nie.  Dit was ook nooit  
die applikant se saak dat daar onbillik gedisdrimineer is teen haar op grond van ras  
nie.  Dit was wel die applikant se saak dat die regstellende aksie ooreenkoms nie  
nagekom is nie en dat daar gevolglik ‘n onbillike arbeidspraktyk gepleeg is teen  
die applikant se lid (die werknemer) met betrekking tot bevordering (ingevolge  
item 2(1)(b) van Bylae B van Skedule 7 van die Wet). 
[18] Die   tweede   respondent   het   verder   op   geen   stadium   by   die   aanvang   of  
tydens die arbitrasieverrigtinge te kenne gegee dat hy van mening was dat hy nie  
‘n beslissing kan maak in terme van Skedule 7, Deel B, item 2(1)(b) van die Wet  
nie,   omdat   hy   van   mening   was   dat   rassediskriminasie   die   kruks   van   die   saak  
uitmaak nie.
[19] Die applikant het gevolglik ook nie die geleentheid gehad om die tweede  
respondent op hierdie punt toe te spreek nie.
[20] Uit   die   bostaande   is   dit   duidelik   dat   die   tweede   respondent   (die  
kommissaris   van   die   KVBA)   tot   ‘n   verkeerde   bevinding   gekom   het   deur   nie  
regshulp in terme van Skedule 7, Deel B, item 2(1)(b) van die Wet te verleen nie.
[21] Daar was naamlik nie ‘n rasionele verband tussen die getuienis wat gelei is  
voor die arbitrasie wat duidelik gedui het op ‘n verbreking van die regstellende  
aksie ooreenkoms en die tweede respondent se bevinding dat daar nie ‘n bevel  
gemaak kon word ingevolge item 2(1)(b) van Deel B van Skedule 7 van die Wet  
nie.

[22] Volgens   die   hersieningstoets   soos   uiteengesit   in   die   uitspraak   van   die  
Arbeidsappèlhof in   Carephone (Pty) Ltd v Marcus NO & Others   (1998) 19 ILJ  
1425 (LAC) is hierdie bevinding nie regverdigbaar in terme van die getuienis wat  
gelei is voor die arbitrasie nie.  Hierdie getuienis het duidelik aangetoon dat daar  
wel onbillik opgetree is aangesien die ooreenkoms in hierdie verband verbreek is  
deurdat   ‘n   persoon   van   buite   aangestel   is   in   weerwraak   van   die   kollektiewe  
ooreenkoms oor regstellende aksie.
[23] Om saam te vat, die kommissaris van die KVBA het nie’n regverdigbare  
toekenning gemaak nie toe hy besluit het om geen regshulp te verleen nie.  Hy het,  
met   ander   woorde,   nie   behoorlik   aandag   aan   die   saak   geskenk   nie   of,   in   die  
alternatief,   nie   ‘n   regverdigbare   beslissing   gegee   op   die   getuienis   voor   die  
arbitrasie nie.
[24] Die bevinding van die kommissaris dat die regstellende aksie ooreenkoms  
verbreek is kan nie fouteer word nie en hierdie bevinding behoort gevolglik te  
staan.
[25] In die lig van die feit dat die kommissaris geen regshulp toegeken het nie,  
moet   die   res   van   die   arbitrasietoekenning   egter   tersyde   gestel   word   ingevolge  
hersiening in terme van artikel 145 van die Wet.
[26] Gevolglik   word   die   arbitrasietoekenning   gemaak   deur   die   tweede  
respondent onder saaknommer WE16816 wat betref die weiering van regshulp aan  
die applikant hersien en ter syde gestel.
[27] Die   vraag   is   nou   of   hierdie   saak   terugverwys   moet   word   na   die   eerste  
respondent (die KVBA) vir ‘n verhoor opnuut en of, aan die anderkant, in die lig  
van die bevindinge van die hersieningshof, dit uitgemaakte saak is wat die uitslag  
van sulke arbitrasieverrigtinge sal wees.

[28] Ek is van mening dat die wel ‘n uitgemaakte saak is wat die uitslag van die  
arbitrasieverrigtinge sal wees, gegewe die korrekte bevinding van die kommissaris  
oor die verbreking van die regstellende aksie ooreenkoms en gegewe die getuienis  
wat   aangebied   is   voor   die   arbitrasie   wat   daarop   dui   dat   daar   ‘n   onbillike  
arbeidspraktyk gepleeg was in terme van Skedule 7, Deel B, item 2(1)(b) van die  
Wet.
[29] Gevolglik   is   ek   in   ‘n   posisie   om   regshulp   te   verleen   in   hierdie  
aangeleentheid en is ek van mening dat billike regshulp die regshulp sou wees wat  
versoek is voor die  arbitrasie  en wat ook versoek is ingevolge  bede 2 van die  
hersieningsaansoek.
[30] Ek   is   gevolglik   van   mening   dat   bede   2   van   die   hersieningsaansoek,  
naamlik om die toekenning van die tweede respndent te vervang met ‘n bevinding  
dat   die   aplikant   se   lid,   Me   M   De   Swardt,   dieselfde   salaris   en   voordele   moet  
ontvang as wat sy sou ontvang het indien sy aangestel sou gewees het in die pos  
van Rekenmeester: Behuising en Diverse op posvlak VI met terugwerkende effek  
1 Augustus 1998 ook verleen moet word.
[31] Ek maak die volgende bevel:
1. Die arbitrasietoekenning van die tweede respondent onder saaknommer WE  
16816 word hersien en tersyde gestel in soverre as wat die tweede respondent  
geweier het om regshulp te verleen.
2. Die toekenning van die tweede respondent word vervang met ‘n bevel dat die  
applikant se lid, Me. M De Swardt, dieselfde salaris en voordele moet ontvang  
as   sy   sou   ontvang   het   as   sy   aangestel   sou   gewees   het   in   die   pos   van  
Rekenmeester: Behuising en Diverse op posvlak VI met terugwerkende effek

vanaf 1 Augustus 1998.
3. Geen bevel word gemaak ten aansien van koste nie.
                                                    
BASSON, R
DATUM VAN VERHOOR: 1/12/99
DATUM VAN UITSPRAAK: 1/12/99