About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 91
|
|
S v Nel (40/96) [1996] ZASCA 91 (16 September 1996)
Saaknommer 40/96
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
RUBEN ERNEST NEL
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: EM GROSSKOPF,NIENABER
et SCHUTZ ARR
VERHOOR: 29 AUGUSTUS 1996 GELEWER: 16 SEPTEMBER 1966
UITSPRAAK
/NIENABER AR
2
NIENABERAR:
Die appellant, 30 jaar oud volgens die klagstaat, is in die streekhof op 'n klagte van bedrog aangekla, skuldig bevind en tot drie
jaar gevangenisstraf gevonnis wat in sy geheel opgeskort is. Hy appelleer teen sy skuldigbevinding na die Natalse Provinsiale Afdeling.
Dit misluk. Met verlof van daardie hof appelleer hy nou na hierdie hof.
In die klagstaat word hy verkwalik:
"In that during November and December 1992 and at or near Shelly Beach in the Regional Division of Natal, the accused wrongfully
and unlawfully and with intent to defraud, misrepresent[ed] to Mr G K Franke and/or Ms I N Droste that he was the lawful owner of
Shelly Beach (sic) Bakery CC and its assets and/or that he was entitled to sell said business, and did thus induce the said Mr G
K Franke and/or Ms I N Droste, to the prejudice of Mr G K Franke and/or Ms I N Droste and/or Mr J Van Deventer, to believe that he
was the lawful owner of said business and/or that he was entitled to sell said business; and in accord with this belief, to pay the
amount of R232000-00 to the accused for the sale of said
3
business; whereas when the accused made the said misrepresentation he well knew that the said business still belonged to Mr J Van
Deventer and/or he (the accused) was not the lawful owner of said business and/or that he was not entitled to sell said business."
Die klagstaat
s onakkuraat. Die besigheid, 'n bakkery, het nie aan Van Deventer behoort nie maar aan 'n beslote korporasie, Shelly Bakery CC, waarvan
Van Deventer al die aandele besit het; di
was nie die appellant wat die bakkery by Shelly Bakery CC gekoop het nie, maar 'n beslote korporasie, Nel Maree Bakery CC, waarvan
die appellant die aandele tesame met ene Marthinus Maree besit het; en dit was nie Franke en sy vrou (voorheen Dros
e) wat die bakkery gekoop het nie maar 'n derde beslote korporasie, Sayfe Cars CC, waarvan die Frankes die aandeelhouers was. Teen
die klagstaat as sodanig was daar desondanks geen beswaar nie. Die klem het op die getuienis eerder as op die klagstaat geval.
Blykens die getuienis is die ooreenkoms tussen Van Deventer se beslote korporasie, Shelly Bakery CC, en di
van die appellant, Nel Maree Bakery CC, in Maart 1992 aangegaan. Die koopprys was R250 000, alles op skuld. Die bedrag van R140 000
wat
4
onmiddellik betaalbaar was, het die appellant by die bank geleen.
Die restant van Rll0 000, met rente teen 17% per jaar, was
betaalbaar by wyse van paaiemente van R3 000 per maand.
Klousule 8.3 van die ooreenkoms bepaal:
"Ownership in the assets of the business shall remain vested in the seller until the entire purchase price has been paid in full."
Dit het spoedig geblyk dat die besigheid nie aan die appellant se verwagtinge voldoen het nie. Reeds in Augustus 1992 adverteer hy
dat die besigheid te koop is en gee hy daarvan kennis aan Van Deventer. In Oktober verneem hy van prokureur Morris dat Van Deventer
se boedel gesekwestreer is en dat Morris as voorlopige kurator aangestel is. Op die gesprek tussen die appellant en Morris kom ek
later terug. In November 1992 onderhandel die appellant met Franke, wat sy advertensie in 'n koerant raakgesien het. Van die feit
dat eiendomsreg in die bates van die besigheid aan sy eie verkoper voorbehou is, dat die bedrag van R110 000 met rente
5
daarop steeds verskuldig was, en dat sy verkoper se boedel inmiddels gesekwestreer en 'n voorlopige kurator, Morris, aangestel is,
rep die appellant doelbewus geen woord teenoor Franke nie. Die koop met die Frankes se beslote korporasie word beklink teen R230
000 kontant, R28 000 minder as wat die appellant se beslote korporasie vir die besigheid moes betaal het. Dat hy die besigheid aan
die Frankes verkoop het, meld hy weer nie aan Morris nie. Die R230 000 wat hy ontvang het, word ook nie aan Morris oorbetaal nie.
Deels word dit aangewend om sy eie skuld van R140 000 by die bank wat intussen vanwe
rente tot om en by R160 000 aangegroei het, te delg en andersyds om sekere skulde van die besigheid te vereffen. Skaars was die Frankes
in besit van die besigheid of Morris, wie se benoeming as kurator intussen bekragtig is, l
daarop beslag. Die Frankes is alles wat hulle in die besigheid bel
het, kwyt. En dit lei daartoe dat die appellant op 'n klag van bedrog, altematiewelik, diefstal, gearresteer en aangekla
6
word.
Die appellant se verweer was dat hy nie wederregtelik opgetree het en in ieder geval nie die opset gehad het om die Frankes te bedrieg
nie.
Die verweer is enersyds daarop gegrond dat klousule 8.3 van
die ooreenkoms waarkragtens Nel Maree Bakery CC die besigheid
gekoop het hom regtens nie verbied om dit weer te verkoop nie en
andersyds op wat tussen hom en Morris voorgeval het.
Regtens is dit natuurlik so dat die blote voorbehoud van eiendomsreg 'n koper nie verhinder om die saak wat hy op di
wyse aangekoop het, weer te verkoop nie. Van so 'n koper word normaalweg nie verlang om eiendomsreg in die res vendita op sy eie
koper oor te dra nie, maar slegs om die saak te lewer en te waarborg dat sy eie koper nie uitgewin word nie (vgl. De Wet en Van Wyk
Kontraktereg en Handelsreg 5de uitgawe 329; Diemont and Aronstam The Law of Credit Agreements and Hire-Purchase in South African
5de uitgawe 246). Klousule 8.3, asook die feit dat
7
eiendomsreg in die aandele in Shelly Bakery CC (en daarvolgens die beheer oor die bates van die bakkery) op Morris as kurator oorgegaan
het, belet dus nie per se die verkoping van die besigheid aan die Frankes se beslote korporasie nie.
Op sigself is dit egter geen verweer nie. Die appellant het die besigheid nie net namens Nel Maree Bakery OC verkoop nie, hy het ook
besit daarvan aan die Frankes oorhandig. So 'n vervreemdingshandeling, waar die verkoper nie oor die vrye beskikkingsreg daaroor
beskik nie, is wederregtelik (vgl. S v Van Heerden
1984 (1) SA 666
(A) te 669A-D) en kan as sodanig 'n element wees van 6f diefstal
f bedrog (vgl. S v Burstein
1978 (4) SA 602
(T); De Wet en Swanepoel Strafreg 4de uitgawe 318 voetnoot 131; Hunt South Africa Criminal Law and Procedure vol. 11, Common Law
Crime 640
(iii)). Hier gaan dit om bedrog en dus in die eerste plaas om die wanvoorstellings, indien enige, wat die appellant aan die Frankes
gemaak het.
Franke getuig dat die appellant hom uitdruklik meegedeel het dat hy, of dan sy beslote korporasie, eienaar is van die besigheid. Dit
ontken die appellant. Maar Franke se getuienis is nie verwerp
8
nie terwyl die verhoorhof bevind het dat die appellant in 'n ander verband (oor waarom hy die Frankes nie ingelig het dat die bates
van die besigheid effektief in Van Deventer se kurator setel nie) 'n blatante leuen vertel het. Hierdie geloofwaardigheidsbevinding
van die verhoorhof is nie op app
l voor hierdie hof aangeval nie. Die kritiek wat in betoog teen Franke se getuienis geopper is, as sou mev Franke nie ook getuig het
dat die appellant aan haar vertel het dat die besigheid aan hom behoort nie, gaan nie op nie, aangesien die appellant by afsonderlike
geleenthede met d
e twee Frankes gepraat het. Franke se getuienis is dus aanvaarbaar. En daarvolgens het die appellant Franke uitdruklik mislei.
Daarby bly dit ook nie. Wat die appellant nie aan die Frankes meegedeel het nie, was dat Van Deventer se boedel gesekwestreer is en
dat die aandele van sy beslote korporasie in sy kurator setel wat aldus effektief beheer oor die besigheid verkry het. Die appellant
se antwoord hierop was dat Morris hom gemagtig het om die besigheid te verkoop.
Morris getuig dat hy as voorlopige kurator in Van Deventer se insolvente boedel aangestel is en dat hy as sodanig op 16 Oktober 1992,
toe hy van die verkoping van die besigheid aan die
9
appellant se beslote korporasie vemeem het, 'n onderhoud met die
appellant gevoer het. Aanvanklik s
Morris dat hy die appellant
spesifiek attent gemaak het op die voorbehoud van eiendomsreg tot
tyd en wyl die verskuldigde balans ten volle vereffen is; hy
beklemtoon dat die appellant (of dan wel Nel Maree Bakery CC)
met betaling van die maandelike paaiemente van R3 000, wat op
daardie stadium reeds agterstallig was, moes voortgaan; maar
belowe dat hy nie intussen, solank hy net 'n voorlopige kurator is,
op die besigheid aanspraak sou maak nie. Gevra, onder
kruisverhoor, of die appellan
aan hom enige aanduiding gegee het
dat hy, die appellant, besig was om die besigheid te verkoop,
antwoord Morris soos volg:
"Ja, as my geheue nie met my parte speel nie, het hy vir my, ek staan onder korreksie, maar noudat u my gedagtegang prikkel.
Ek dink hy het vir my ges
daar is 'n moontlikheid -die moontlikheid bestaan dat die einste prokureurs wat die opstellers van daardie dokument is, [dws die
kontrak tussen Shelly Bakery CC en Nel Maree Bakery CC] moontlik iemand in die pyplyn het wat belangstel om die besigheid by hom
oor te neem.
Goed. Wat was daarop u benadering gewees?
—
Natuurlik het ek vir hom ges
- dalk is ek voorbarig om te s
10
natuurlik. Maar ek het vir hom ges
dat onthou net van die bepalings van klousule 8 sub klousule 3."
(Morris het by die prokureur wat die kontrak opgestel het, navraag
gedoen. Daar was 'n vae moontlikheid van iemand wat dalk sou
belangstel, maar daarvan het niks tereg gekom nie. Dit was nie die
Frankes nie.)
Later in sy getuienis oor die gesprek gee Morr
s toe,
".. dat ek nie spesifiek verwys het na 8.3 maar ek het verwys na die strekking daarvan."
Aan Morris word gestel:
"U sien die beskuldigde sal getuig, mnr Morris, dat soos wat ek aan dit al u gestel het, hy met u oop kaarte gespeel, aan u aangedui
het dat hy in 'n poging is om hierdie besigheid te verkoop en dat dit basies die som totaal van die gesprek was en dat hy teenoor
u onderneem het om te poog om die uitstaande balans te - goed te maak ... "
In sy getuienis in hoof verduidelik die appellant dit so:
"So het u aan hom - met hom die verkoop van die besigheid
11
bespreek?
—
Ek het - toe ek daar weg is het ek aan mnr Morris verduidelik dat hy asseblief nie die mat onder my moet uittrek nie en die volle
bedrag by my eis op die oomblik nie want ek het nie daardie soort van kontant gehad nie, en ek is bereid om die bakkery te verkoop.
En met die verkoop van die bakkery, die geld wat ek sal ontvang sal ek probeer vereffen wat ek aan Van Deventer skuld.
Ek sien. En wat was sy reaksie daarop gewees?
—
Hy het dit verstaan en hy het ges
dit is in die haak so."
Op sy beste vir die appellant beteken dit, soos ek dit verstaan, dat hy teenoor Morris te kenne gegee het dat hy op soek is na 'n
koper wat 'n prys sal betaal wat hom in staat sou stel om die bedrag wat uitstaande is te vereffen.
Elders in sy getuienis in hoof s
die appellant:
"As hy wel finaal aangestel is as 'n trustee het hy vir my ges
daar sal twee opsies wees. Eerstens of miskien - dat ek miskien aan sal gaan met my betalings 'n maand wat ek aan hom moet betaal
en ook tweedens hulle mag dalk miskien die volle bedrag by my eis, afhangende van wat die trustees besluit nadat die oorspronklike
trustees gekies word."
Uit die getuienis van die appellant en van Morris blyk
12
duidelik dat Morris aan hom te kenne gegee het dat daar twee moontlikhede bestaan, te wete, dat Morris die kontrak
f in stand hou (mits die appellant of sy beslote korporasie sy verpligtinge daarvolgens nakom),
f tersyde stel, soos hy ingevolge die Insolvensiewet van 1936 geregtig was om te doen. Solank hy bloot 'n voorlopige kurator was,
sou hy egter geen besluit neem nie. Intussen moes daar met die betalings voortgegaan word. Die appellant gee in sy getuienis toe
dat die keuse Morrison s'n was. As die appellant egter met 'n koper vorendag kom wat bereid sou wees om die besigheid te koop teen
'n prys waarmee die uitstaande skuld teenoor Van Deventer se beslote korporasie gedelg kan word, sou Morris dit oorweeg.
Dit beteken allermins dat Morris die appellant gemagtig het om die besigheid in eie hoedanigheid en teen enige prys te verkoop. Die
appellant se weergawe hou in dat Morris by voorbaat sy keuse om die ooreenkoms
f in stand te hou
f ter syde te stel laat vaar
13
het en sodanige keuse aan die appellant oorgelaat het; dat Morris gebonde sou wees aan enige koopkontrak, wat ookal die prys, wat
die appellant kon beding; en dat die appellant se enigste oorblywende verpligting sou wees om die opbrengs van die koop aan Van Deventer
oor te betaal en, indien daar 'n tekort is, met Van Deventer ooreen te kom om daarvan afstand te doen.
Di
gedagtegang is nooit aan Morris gestel nie en dit is ondenkbaar dat hy ooit daartoe sou instem. In elk geval staan dit vas dat die
appellant die opbrengs van die verkope aan Franke nie ter delging van die skuld van Van Deventer aangewend het nie, maar ter delging
van sy eie verpligtinge teenoor die bank en van sekere bedryfsverpligtinge wat hy of die beslote korporasie namens die besigheid
aangegaan het.
Kortom, die appellant se verkoping van die besigheid aan die Frankes se beslote korporasie was ongemagtig. Sy swye om die Frankes
in te lig, onder omstandighede waar hy dit kennelik moes
14
gedoen het, dat hy vanwee klousule 8.3 en Van Deventer se insolvensie nie oor die bevoegdheid beskik het om die besigheid vryelik
te vervreem en die opbrengs van die vervreemding vir eie gewin in te palm nie, het op 'n verdere wanvoorstelling neergekom. Daardie
wanvoorstelling kon hy nie aan die hand van sy gesprek met Morris regverdig nie. Wederregtelikheid is dus bewese.
Wat skuld betref kan daar in die lig van wat pas ges
is ook weinig twyfel bestaan dat die appellant geweet het dat hy wederregtelik optree. Die appellant erken dat hy doelbewus nie
f sy skuld aan Van Deventer,
f die bestaan van klousule 8.3,
f Van Deventer se sekwestrasie en die aanstelling van Morris as kurator, aan die Frankes geopenbaar het nie. Die rede, s
hy, is dat hy die Frankes nie daarmee wou bemoei nie. Op die tydstip van sy verkope aan die Frankes, skuld hy of die beslote korporasie
nog die volle bedrag: R140 000 aan die bank en R110 000 aan Van Deventer, beide met rente. Toe die moontlikheid van die koop met
15
die Frankes aan die lig kom, gee hy opdrag aan prokureur
Stanbridge om 'n konsep ooreenkoms op te stel, maar weereens
swyg hy teenoor sy prokureur oor klousule 8.3, oor Van Deventer
se sekwestrasie en oor Morris se belang. Vir hierdie gebeurlikhede
word daar in die koopooreenkoms gevolglik geen voorsiening
gemaak nie. En kort nadat hy die ooreenkoms met die Frankes
aangaan, skryf hy 'n brief aan Van Deventer, gedateer 15 Desember
1992, waarin hy onder meer die volgende s
:
"As you may know, the abovementioned Bakery was sold on 7 December 1992. I am aware of the loan of R120 000 owing to you by the
Nel - Maree Bakery CC
The bakery was sold for R232 000; this was R28 000 less
han what was paid initially. After I had settled all outstanding loans from First National Bank and overdrafts and outstanding creditors,
no funds were left. The Bakery had to be undersold because it was virtually a bankrupt concern."
Nadat hy daaroor kla dat die besigheid, terwyl hy dit bestuur het, nie opgelewer het wat hy verwag het nie, gaan hy voort:
16
"I have discussed this matter with my lawyers here and they have advised me that while I have a cogent case, it might prove costly
to obtain a decision irt this matter. As you may realise from what I have mentioned above, the Gnancial burden of the company will
not permit me the luxury of a costly legal battle. I cannot however prevent you firom proceeding against the Nel-Maree CC in this
matter to try and recover your loan, but I hasten to remind you that the assets of the company are non-existent while the liabilities
are legion. I regret the way that things have tumed out, but it has been beyond my control. I still believe that given the sound
business practices which I instituted, and with a healthy injection of capital, the bakery is still a salvageable enterprise. Unforrunately,
we are not in a position to afford the required financial outlay, considering that neither of us were able to draw any salary for
the entire time of ownership, that we lost a considerable amount of money by relinquishing our lucrative employment in Johannesburg,
and that many other financial losses connected with the translocation to Natal accrued.
It would be appreciated if you could bring the contents of this letter to the attention of your Trustees in Port Shepstone at your
earliest convenience."
Die stellinge in hierdie skrywe is, soos die verhoorhof tereg
17
opmerk, moeilik te versoen met die appellant se houding dat hy te alle tye te goeder trou teenoor die Frankes opgetree het.
Ten tyde van die verkoping aan die Frankes se beslote korporasie was die appellant terde
daarvan bewus dat eiendomsreg in die bates van die besigheid deur Van Deventer se beslote korporasie voorbehou is; dat Van Deventer
intussen bankrot gespeel het; dat sy kurator op sodanige bates aanspraak maak; en dat hy geen realistiese vooruitsig gehad het om
f die uitstaande balans van Rll0 000 met die rente daarop te vereffen nie (te meer daar hy die besigheid teen 'n verlies verkoop het),
f om Van Deventer, laat staan nog sy kurator, te oorreed om die uitstaande bedrag af te skryf of te verminder nie. Hy moes dus noodwendig
besef het dat dit bykans onvermydelik was dat die besigheid wat deur die Frankes oorgeneem is deur Van Deventer se kurator opge
is sou word en dat die Frankes die besigheid kwyt sou wees. Daardie risiko het hy doelbewus nie aan die Frankes geopenbaar nie. Het
hy dit wel
18
gedoen, sou die Frankes
f nie gekoop het nie
f hulle sou hul posisie kontraktueel beskerm het. Al was dit dus nie die appellant se prim
re oogmerk om die Frankes in te loop nie, kon hy nie anders as om te besef het dat hulle bedro
daarvan sou afkom nie. Die nodige opset om te bedrieg, asook die kousale verband tussen sy optrede en die nadeel wat die Frankes
gely het, is dus ook bewese.
Die app
l word van die hand gewys.
P.M. Nienaber Regter van App
l
Stem saam:
E.M. Grosskopf AR Schutz AR