About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 86
|
|
S v Appolis (46/96) [1996] ZASCA 86 (2 September 1996)
Saak nr 46/96
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
THOMASONGA APPOLIS
APPELLANT
-en-
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM: VIVTER, F H GROSSKOPF et PLEWMAN ARR. VERHOOR: 2 September 1996 GELEWER: 2 September 1996
TRANSKRIPSIE VAN REDES MONDELING GELEWER IN DIE OPE HOF OP 2 SEPTEMBER 1996 DEUR VIVIER AR WAARMEE FH GROSSKOPF AR EN PLEWMAN AR SAAMGESTEM
HET.
2
VIVIER AR:
Die appellant ("beskuldigde 2") is in die landdroshof in
George saam met twee ander ("beskuldigdes 1 en 3") skuldig bevind aan 'n oortreding van art 5(b) van die Wet op Dwelmmiddels
en Dwelmsmokkelary 140 van 1992 deurdat hulle op 8 Desember 1993 en te Brucestraat 110, Borchards in die distrik van George handel
gedryf het in 2247 Mandrax-tablettebevattendedieverbode stof metakaloon asook in 50 gram dagga. Beskuldigde 2 is tot sewe jaar gevangenisstraf
gevonnis terwyl beskuldigdes 1 en 3 elk ses jaar gevangenisstraf opgel
is, waarvan drie jaar vir vier jaar op sekere voorwaardes opgeskort is. Beskuldigde 2 se app
l teen sy skuldigbevinding en vonnis na die Kaapse Provinsiale Afdeling het gedeeltelik geslaag. Daar is bevind dat hy as medepligtige
die oortreding gepleeg het en sy vonnis is gewysig na een van ses jaar gevangenisstraf waarvan drie jaar vir vier jaar voorwaardelik
opgeskort is. Met die verlof van hierdie Hof appelleer beskuldigde
3
2 slegs teen sy vonnis.
Die getuienis namens die staat by die verhoor was dat die polisie die betrokke oggend 'n klopjag uitgevoer het by die huis by Brucestraat
110, Borchards waar beskuldigdes 1 en 3, albei vroue, gewoon het. Die huis het aan beskuldigde 1 behoort. Sy het 'n verhouding met
beskuldigde 2 gehad en hy het soms daar geslaap. Die polisie het al drie die beskuldigdes in beskuldigde 1 se slaapkamer aangetref,
te midde van die Mandrax-tablette en dagga wat in hierdie saak ter sprake is. Beskuldigde 2 het op die vloer gehurk en het 'n banksakkie
in sy hande gehad waarin Mandrax-tablette was. Reg voor hom op die vloer het 'n sportsak bevattende Mandrax-tablette en dagga gestaan
en op die vloer naby hom het los Mandrax-tablette gel
. In 'n klerekas in die kamer is nog Mandrax-tablette gevind. Op die bed in die kamer het 'n sk
r en 'n rol tinfoelie gel
en van die 2247 Mandrax-tablette wat in die
4
kamer gevind is, was ongeveer 1500 reeds in tinfoelie toegedraai. Beskuldigde 1 het aan die polisie verduidelik dat al die dwelms
aan haar behoort.
Aan die einde van die staatsaak by die verhoor het beskuldigde 1 haar pleit van onskuldig na een van skuldig verander en sy het later
namens beskuldigde 2 getuig dat die Mandrax aan haar en beskuldigde 3 gesamentlik behoort het maar die dagga aan haar alleen. Die
Mandrax is die vorige nag na haar huis gebring en sy en beskuldigde 3 was die oggend besig om die tablette in pakkies van tien in
foeliepapier toe te draai toe die polisie daar aankom. Sy het die dagga die vorige aand in die klerekas in haar kamer gesit. Sy het
die getuienis van beskuldigde 2 bevestig dat hy onbewus was van die dwelms tot kort voor die polisie opgedaag het.
Beskuldigde 2 se getuienis was dat hy die vorige nag in
5
beskuldigde 1 se kamer geslaap het. Die betrokke oggend is hy eers na sy eie huis in 'n ander woonbuurt naby George en toe hy terugkom,
het hy sy waslap in beskuldigde 1 se kamer gaan haal en hy het toe vir beskuldigdes 1 en 3 in die kamer aangetref waar hulle besig
was om die Mandrax-tablette toe te draai. Terselfdertyd het hy deur die venster gesien dat die polisie voor die huis stilhou. Hy
het gehelp om die Mandrax in 'n laai te gooi maar weet niks van enige banksak, sportsak of die dagga nie. Hy was ook onbewus van
die Mandrax totdat hy die oggend kort voor die polisie in beskuldigde 1 se kamer ingegaan het.
Beskuldigde 3 het nie by die verhoor getuig nie.
Die landdros het beskuldigde 2 se weergawe as vals verwerp en bevind dat die Mandrax en dagga deur al drie die beskuldigdes gesamentlik
besit is met die doel om dit te verkoop.
Die Hof a quo het bevind dat beskuldigde 2 geweet het dat
6
wat hy gehelp het om te versteek Mandrax-tablette was waarmee die ander twee beskuldigdes beoog het om mee handel te dryf. Die Hof
het egter bevind dat sy rol beperk was tot di
van 'n medepligtige en dat die staat nie bewys het dat hy self in enige dwelms handel gedryf het nie. Die app
l teen vonnis voor ons moet gevolglik beoordeel word op die basis dat beskuldigde 2 die ander twee beskuldigdes, aan wie die dwelms
behoort het en wat daarmee handel gedryf het, gehelp het om dit te versteek toe die polisie daar opgedaag het.
Dat beskuldigde 2 ten minste vooraf bewus was van die Mandrax en dagga wat in beskuldigde 1 se kamer was, en dat dit bestem was om
mee handel te dryf, ly geen twyfel nie. Al die feite en omstandighede dui daarop dat beskuldigde 2 wel so bewus was. Die Hof a quo
het nie bevind dat beskuldigde 2 se weergawe, ten spyte van die landdros se sterk geloofwaardigheids=
7
die landdros se sterk geloofwaardigheidsbevindings teen hom, in die geheel aanvaar moet word nie. Al wat die Hof a quo bevind het,
was dat dit beskuldigdes 1 en 3 se dwelms was. Na my mening is sy getuienis dat hy, voordat hy die oggend sy waslap in beskuldigde
1 se kamer gaan haal het, onbewus was van die Mandrax en dagga, tereg deur die landdros verwerp, en die Hof a quo het, wat hierdie
gedeelte van sy weergawe betref, nie tot die teendeel bevind nie. Ek is tevrede dat hy, op die minste, goed geweet het van die ander
twee beskuldigdes se onwettige bedrywighede en dat die rol wat hy gespeel het om hulle te help hierin, baie verder gestrek het as
om die dwelms te verberg toe die polisie daar opdaag.
Wat betref beskuldigde 2 se persoonlike omstandighede, hy is 30 jaar oud; hy het tot by standerd 6 op skool gevorder; hy het twee
minderjarige kinders by beskuldigde 1 wat hy onderhou en hy
8
is 'n groentehandelaar en besit een winkel en vyf stalletjies waaruit hy 'n inkomste van tussen R8 000 en R9 000 per maand het. Hy
het een vorige veroordeling vir handeldryf in dagga (op 8 Desember 1992) waarby 515 gram dagga betrokke was en waarvoor 'n boete
van R3 000 of twee jaar gevangenisstraf plus agtien maande gevangenisstraf wat voorwaardelik vir vier jaar opgeskort is, opgel
is. Die huidige oortreding is binne die opskortingstydperk gepleeg.
Daar is nie betoog dat die Hof a quo enigsins misgetas het by die oplegging van vonnis nie. Inderdaad kan beskuldigde 2 homself gelukkig
ag dat die Hof a quo, ten spyte van sterk omstandigheidsgetuienis wat daarop dui dat hy 'n mededader was, hom slegs as 'n medepligtige
beskou het. In die lig van sy vorige veroordeling vir handeldryf in dagga, die groot hoeveelheid dwelms betrokke in die huidige saak
en die ems waarmee oortredings van
9
hierdie aard deur die howe bejeen word, kan ook nie ges
word dat die vonnis so swaar is dat dit inmenging regverdig nie. Die app
l word afgewys.
W. VIVIER AR.