Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wilgespruit and Others (J 273/97) [1999] ZALC 31; [1999] 7 BLLR 713 (LC); (1999) 20 ILJ 1936 (LC) (5 March 1999)

70 Reportability

Brief Summary

Labour Law — Unfair dismissal — Applicant claiming unfair dismissal from position as minister — Respondents failing to follow fair procedure as required by the Labour Relations Act — Court finding that dismissal was not justified as the employer did not meet the burden of proof — Dismissal declared unfair and reinstatement ordered.

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID­AFRIKA
Saaknommer: 
J 273/97
In die aangeleentheid tussen:
DS NO ËL SCHREUDER Applikant
en
DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
WILGESPRUIT Eerste 
Respondent 
DIE RING VAN ROODEPOORT VAN DIE
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK Tweede 
Respondent
DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
VAN WES­TRANSVAAL Derde 
Respondent
__________________________________________________________________
____________
UITSPRAAK
__________________________________________________________________
____________

BASSON, R
1 Die applikant, ds N Schreuder, beweer dat hy onbillik ontslaan is op 2 Desember  
1996 toe die tweede respondent, die Ring van Roodepoort van die Nederduitse  
Gereformeerde   Kerk   (“die   Ring”),   die   band   losgemaak   het   tussen   hom   as  
predikant   en   sy   gemeente,   die   Nederduitse   Gereformeerde   Kerk   Wilgespruit  
(“Wilgespruit” ­ die eerste respondent). Die applikant het app èl aangeteken by die  
Nederduitse Gereformeerde Kerk van Wes­Transvaal (die derde respondent ­ “die  
Sinode”). Die app èl is afgewys op 28 Februarie 1997. 
1
2 By ooreenkoms het die applikant begin en daar is nie minder nie as 28 getuies in  
sy saak geroep. Die respondente het daarna hulle saak gesluit sonder om enige  
getuies te roep. Hierdie besluit het uit die aard van die saak ‘n wesentlike invloed  
op die uitslag van die geding gehad. Die respondente dra naamlik die bewyslas in  
terme van artikel 188(1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995 (“die  
Wet”). 
3 Artikel 188(1) van die Wet lees soos volg:
“‘n Ontslag wat nie outomaties onbillik is nie, is onbillik indien  die 
werkgewer in  gebreke bly om te bewys  ­
(a) dat die  rede vir die ontslag ‘n  billike rede  is­
(i)  wat   verband   hou   met   die   werknemer   se   gedrag, 
geskiktheid  of  bekwaamheid; of
(ii) wat gegrond is op die werkgewer se  bedryfsvereistes; en
(b) dat die ontslag gedoen is ooreenkomstig ‘n  billike prosedure ” (my  
beklemtoning).
4 Die respondente het gepleit dat die applikant ontslaan is op grond van al drie die

bogenoemde wetlike redes. Paragraaf 85.3.2 van die respondente se uiteensetting  
van verweer stel dit dat die applikant ontslaan is weens sy “gedrag, geskiktheid of  
bekwaamheid   as   gevolg   van   sy   onaanpasbaarheid   of   onversoenbaarheid”,  
alternatiewelik   weens   “bedryfsvereistes”.   Dit   is   onverstaanbaar   waarom   die  
respondente (wat moet weet waarom hulle die applikant ontslaan het)  op hierdie  
wye basis gepleit het. Hieroor meer later. 
5 Tydens die verrigtinge het die respondente (in kruisverhoor) slegs gefokus op ‘n  
ontslag   op   die   basis   van   “geskiktheid   of   bekwaamheid   as   gevolg   van   sy  
onaanpasbaarheid   en   onversoenbaarheid”   en   van   (wan)gedrag   en   selfs  
bedryfsvereistes is daar geen gewag gemaak nie.
6 Trouens, die respondente het nie ingevolge die tugre ëls in terme van hoofstuk 5  
van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (bewysstuk “A” ­ “die  
Kerkorde”) of die tugreglement (reglement 21) opgetree nie en  die prosedures van  
artikel 13 van die Kerkorde (wat handel oor bedryfsvereistes) is ook nie gevolg  
nie. 
7 Die ontslag van die applikant het naamlik ingevolge artikel 12 van die Kerkorde  
plaasgevind. Hierdie bepalings lui soos volg:
“12.1 Indien ‘n leraar nie sy gemeente verder tot stigting kan dien nie, mag die  
ring na ondersoek, waarin beide die kerkraad en die betrokke leraar aangehoor  
word, die band tussen leraar en gemeente losmaak indien daar, volgens die oordeel  
van die ring, billike voorsiening vir die leraar gemaak is.
12.2 Billike voorsiening word deur die ring in oorleg met die betrokke kerkraad  
of   instansie   en   die   betrokke   leraar   bepaal.   ‘n   Uitbetaling   van   ses   maande   se  
lewensonderhoud en toelaes asook re ëlings in verband met pensioendekking vir  
hierdie periode word as voldoende beskou”.

8 Daar dien op gelet te word dat die nuwe artikel 12 (in die gewysigde Kerkorde  
soos   gewysig   in   Oktober   1998   ­   bewysstuk   “F”)   ook   die   onderskeid   tussen  
“wangedrag” wat steeds ingevolge hoofstuk 5 van die Kerkorde as tug behandel  
word (12.5.1); “onbekwaamheid of ongeskiktheid” (12.5.2); en “gemeente/kerk se  
finansiële onvermo ë (bedryfsvereistes)” (12.5.3) erken. 
9 Dit  is ook insiggewend dat  die (nuwe) bepalings  wat met  “onbekwaamheid  of  
ongeskiktheid”  handel (12b.2.2 tot 12b.2.7) uitdruklik  met aangeleenthede  soos  
“besware teen diens”; “onbevredigende diens lewer”; en voorskrifte ten aansien  
van “toepaslike evaluering, toerusting (opleiding), begeleiding (leiding en advies),  
en berading (om) die betrokke predikant te help om bevredigende diens aan die  
gemeente te lewer” handel. 
10 Hierdie bepalings weerspie ël klaarblyklik die bepalings soos vervat in bylae 8 tot  
die Wet. Items 8(2), (3) en (4) van bylae 8 handel oor prosessuele billikheid by  
ontslag op grond van ongeskiktheid weens swak werkprestasie en lui soos volg:
“(2) Na   die   proeftydperk   (wat   nie   hier   van   toepassing   is   nie)   behoort   ‘n  
werknemer   nie   weens   onbevredigende   werksprestasie   ontslaan   te   word   nie,  
tensy­
(a) die   werkgewer   aan   die   werknemer   toepaslike   evaluering,  
onderrig, opleiding,  leiding of berading  gegee het; en
(b) die   werknemer   na   ‘n   redelike   tydperk   wat   vir   verbetering 
toegelaat is, nog  onbevredigend presteer.
 (3) Die prosedure wat ontslag tot gevolg het, behoort ‘n ondersoek ter vasstelling van  
redes vir die onbevredigende prestasie in te sluit. Tydens die ondersoek moet die  
werkgewer   oorweeg   of   daar   ander   wyses   buiten   ontslag   is   om   die  
aangeleentheid reg te stel.  
  (4) In die proses moet die werknemer die reg h ê om   aangehoor te word   en

om   deur   ‘n   vakbondverteenwoordiger   of     ‘n   medewerknemer   bygestaan   te  
word”(my beklemtoning).
11 Verder moet die bepalings van item 9 van bylae 8 van die Wet in aanmerking  
geneem word. Hierdie bepalings lui soos volg:
“Enigiemand wat moet bepaal of ‘n ontslag weens swak werkprestasie onbillik is  
moet die volgende in ag neem­
(a) of die werknemer daarin geslag het om aan ‘n  prestasiestandaard 
te voldoen, al  dan nie; en
(b) indien   die   werknemer   nie   aan   ‘n   vereiste   prestasiestandaard  
voldoen het nie, of­
(i) die   werknemer   van  die   vereiste   prestasiestandaard   bewus 
was en of daar  redelikerwys  van   die   werknemer   verwag  
kan word om daarvan  bewus te  wees, al dan nie;
(ii) die werknemer ‘n  billike kans  gegun is om aan die vereiste 
prestasiestandaard te voldoen, al dan nie; en
(iii) ontslag ‘n  gepaste straf  vir nie­voldoening aan die vereiste 
prestasiestandaard is, al dan nie”(my beklemtoning).
12 Dit is duidelik dat die respondente as werkgewer(s) van die applikant aan hierdie  
norme van billikheid moes voldoen voordat hulle kan aantoon dat die ontslag van  
die applikant op grond van sy beweerde onbekwaamheid of ongeskiktheid billik  
was ingevolge die voorskrifte van die Wet.
13 Die Bepalinge: Reglemente en Besluite van die Sinode van Wes­Transvaal (die  
derde respondent) is as bewysstuk “B” opgehandig. Dit wil voorkom asof bepaling  
12 wat handel met ‘n artikel 12 prosedure soos deur die Kerkorde voorgeskryf  
(hierbo by paragraaf  [7]  aangehaal) nie so uitdruklik die norme van die Wet by  
ontslag op grond van beweerde ongeskiktheid en onbekwaamheid weerspie ël soos

die nuwe artikel 12 nie aangesien dit frases bevat soos “die plig van die kerkraad  
om alles in sy vermo ë te doen om die vrede te herstel” en dat die ringskommissie  
ook die saak moet ondersoek en “broederlike pogings moet aanwend om die vrede  
te herstel”. Trouens, die frase “nie langer sy gemeente tot stigting kan dien nie” is  
ook nie heeltemaal duidelik nie. Die afleiding wat wel gemaak kan word is dat  
hierdie   artikel   12   prosedure   te   doene   het   met   die   ontevredenheid   wat   by   ‘n  
gemeente heers met die werkprestasie van die predikant en hierdie probleem moet  
dan   “broederlik”   en   ten   einde   die   “vrede   te   herstel”   opgelos   word.   Met   ander  
woorde,   die   proses   wat   voorsien   word   is   die   probleemoplossende   en  
hulpverlenende proses wat by ‘n ontslag op grond van beweerde ongeskiktheid of  
onbekwaamheid  voorgeskryf word deur die Wet soos was dit ook in die nuwe  
artikel 12 prosedure neerslag vind. Daar dien ook gelet te word op die feit dat die  
kultuur van die kerklike organisasie ook naasteliefde en broederlikheid as beginsel  
onderskryf (soos dit ook in getuienis gestel is).
Punt  in limine
14 Die respondente het ‘n punt  in limine  geopper in terme waarvan hulle beweer het  
dat die applikant nie ‘n werknemer van die respondente is vir die doeleindes van  
die bepalings van die Wet nie.
15 ‘n Deskundige getuie wat namens die applikant getuig het, professor LM Heyns,  
dosent  in  praktiese  teologie,  het   daarop  gewys  dat  die  applikant   se ampspligte  
vervat   word   in   sy   beroepsbrief   wat   verwys   na   die   pligte   van   ‘n   leraar   soos  
uiteengesit   in   artikel   9   van   die   Kerkorde   (bewysstuk   “A”).   Hy   het   in   hierdie  
verband dan ook verwys na die “diensstaat” van ‘n predikant en verklaar dat die  
predikant in diens van die kerkraad van ‘n gemeente staan. 
16 ‘n   Ander   deskundige   getuie,   dr   DA   Scholtz   (deskundige   op   die   kerkreg),   het

gewys op ander bepalings in die Kerkorde (bewysstuk “A”) wat verwysings bevat

na   begrippe   soos   “‘n   ander   betrekking”(artikel   11);   “in   wie   se   diens”   (artikel  
13.1); “skaal van vergoeding” (artikel 9); en “die ander werkgewer” (regulasie 19  
van bewysstuk “B”). 
17 Dr Scholtz het ook gewys op die feit dat artikel 9 van die Kerkorde die pligte van  
‘n predikant uiteensit soos die bediening van die Woord van God en die doen van  
huisbesoek (pastorale versorging). Die beroepsbrief vir leraars (op bladsye 100 tot  
101 van bewysstuk “B” afgedruk) bevat dan ook ‘n uitdruklike verwysing dat van  
‘n predikant verwag word om sy ampspligte  ingevolge artikel 9 te vervul. Die  
applikant  se beroepsbrief verskyn op bladsye 116 tot 117 van die applikant  se  
bundels. 
18 Die beroepsbrief bepaal dan verder wat die predikant in ruil vir die vervulling van  
hierdie pligte ontvang. Die woord “traktament” word gebruik om besoldiging te  
beteken   en   daar   word   met   ander   aangeleenthede   soos   verlof,   ‘n   diensbonus,  
reistoelae,   huistoelae,   pensioenfonds   en   mediese   fonds   lidmaatskap   asook  
assuransie gehandel. Daar is gevolglik volgens dr Scholtz ‘n plig op die predikant  
om   sy   ampspligte   soos   uiteengesit   te   vervul.   Die   predikant   verkry   aan   die  
anderkant in ruil hiervoor weer ‘n salaris en verlof­ en pensioenvoordele asook  
lidmaatskap van ‘n mediese fonds en assuransiedekking. Die beroepsbrief is dus  
die dienskontrak tussen die predikant en die gemeente (kerkraad). 
19 Dr Scholtz het ook aangetoon dat die feit dat ‘n predikant geroepe mag voel nie  
van   hom  of  haar  nie   ‘n  werknemer   maak   nie.  Persone  in  ander   beroepe   (soos  
onderwysers) mag ook geroepe voel om daardie taak te verrig maar sulke persone  
bly nietemin werknemers van hulle organisasie. 
20 In die lig van hierdie getuienis is ek oortuig dat die bedoeling van die beroepsbrief  
is om kontraktuele verpligtinge in die vorm van ‘n dienskontrak te skep tussen die  
predikant en sy of haar gemeente.

21 Die Engelsregtelike gesag waarna ek verwys ( Diocese of Southwark and Others  
v Coker  Court of Appeal (Civil Division) [1998] ICR 140 op 146 tot 149) is in die  
lig   van   die   bevinding   dat   daar   ‘n   duidelike   bedoeling   is   om   ‘n   kontraktuele  
verhouding te skep nie toepaslik nie. 
22 Daar   is   naamlik   die   duidelike   bedoeling   dat   ‘n   predikant   sy   of   haar   aardse  
werkgewer   dien   ingevolge   ‘n   dienskontrak   soos   wat   dit   normaalweg   verstaan  
word.   Trouens,   professor   Heyns   het   uitgewys   dat   die   kerk   as   vrywillige  
organisasie bloot ‘n “menslike organisasie” is. Dit is in ooreenstemming met die  
deskundige op organisasies (professor AB Boshoff) se getuienis dat die kerk ook  
‘n organisasie is wat wel uniek kan wees op grond van die kultuur, waardes en  
aannames wat heers binne die organisasie. Hy het bygevoeg dat, alhoewel die kerk  
‘n   missionêre   doel   het   en   ‘n   morele   organisasie   is   met   eie   unieke   kenmerke,  
bestaan alle organisasies uit mense. Professor Boshoff het wel uitgewys dat ‘n  
organisasie nie professionele mense (soos predikante) se natuurlike habitat is nie. 
23 Dr Scholtz het in dieselfde verband uitgewys dat die feit dat mense mag dink dat  
hulle met heilige dinge besig is nie verander aan die feit nie dat hulle ‘n sosiale  
sisteem   vorm   wat   volgens   sy   eie   re ëls   funksioneer   soos   enige   ander   sosiale  
sisteem. 
24 Dr Scholtz het verder uitgewys dat, gegewe die rol wat die Ring en ook die Sinode  
van Wes­Transvaal  (as app èlliggaam)  in die aanstelling  en die ontslag van die  
predikant   speel   (sien   byvoorbeeld   artikel   12   soos   hierbo   aangehaal   ­   die   Ring  
maak die band los) het die predikant ‘n meervoudige werkgewerskorps (binne die  
organisasie van die kerk) met die Ring en die Sinode (die tweede en die derde  
respondente) as sekond êre werkgewers. 
25 Daar kan ook gelet word op die feit dat sedert Oktober 1998 met die wysiging van

die Kerkorde (reeds hierbo in paragrawe [8] en [9] na verwys) met ingang Mei  
1999 daar nou uitdruklik gepraat word van die gemeente of kerkverband (ring,  
sinode   of   Algemene   Sinode)   “in   wie   se   diens”   die   predikant   staan,   as   die  
“werkgewer” van die predikant (12.1 ­ bewysstuk “F”). Verder word gepraat van  
“indiensneming of diensbe ëindiging” en diensbe ëindiging geskied op die erkende  
drie gronde soos die Wet bepaal (12.5.1 tot 12b.2.4.4.2 ­ sien paragrawe [3] en [4]  
hierbo vir die wetlike gronde). Daar dien ook gelet te word op die feit dat die drie  
respondente   regspersone   is   wat   aan   die   handelsverkeer   deelneem   en   kontrakte  
sluit.   Dit   is   gevolglik   duidelik   dat   die   verhouding   tussen   ‘n   predikant   en   die  
betrokke gemeente of kerkverband ‘n kontraktuele diensverhouding is.
26 Daar is dus geen sprake daarvan dat ‘n predikant ‘n “onafhanklike kontrakteur” is  
soos bedoel in die definisie van ‘n “werknemer” in artikel 213 van die Wet nie.  
Verder voldoen ‘n predikant aan die omskrywing van paragraaf (a) van hierdie  
definisie   deurdat   ‘n   predikant   geregtig   is   om   besoldiging   te   ontvang   (en   dit  
inderdaad   ontvang)   van   die   kerklike   organisasie   in   wie   se   diens   die   predikant  
staan. ‘n Predikant voldoen klaarblyklik ook aan die omskrywing in paragraaf (b)  
van die definisie van ‘n werknemer as iemand wat “op enige wyse help om die  
besigheid   van   ‘n   werkgewer   voort   te   sit   of   te   bedryf”.   Daar   was   naamlik  
deskundige   getuienis   dat   die   besigheid   van   die   kerk   as   organisasie   die  
verkondiging van die evangelie is. ‘n Predikant is duidelik prim êr hiermee besig  
ook waar hy of sy in diens staan van die ander kerkstrukture (die Ring en die  
Sinode) wat beheer uitoefen en ‘n deurslaggewende rol speel by die aanstelling en  
ontslag van ‘n predikant (soos hierbo uiteengesit) en gevolglik die “sekond êre” 
werkgewers van die predikant is.

werkgewers van die predikant is.
27 ‘n Predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk is dus die werknemer van  
die gemeente waarin hy of sy diens doen en voor Oktober 1998 het so ‘n predikant  
ook   nog   sekond êre   werkgewers   gehad   ,   dit   wil   s ê,   die   betrokke   Ring   en   die  
betrokke Sinode (tot ‘n mindere mate). Dit was naamlik die regsposisie waarin die

applikant hom bevind het tydens sy aanstelling en ontslag. 
28 Die pligte van ‘n predikant (soos dit ook in die beroepsbrief verskyn) sal verder  
ontleed word wanneer die vraag beantwoord word of die respondente bewys het  
dat   hulle   die   applikant   op   ‘n   billike   wyse   ontslaan   het   en   of   hulle   die  
voorgeskrewe billike proses gevolg het. Die feite van die saak moet ontleed word  
ten einde hierdie vraag te kan beantwoord.
1
Die Feite
29 Die applikant is in Januarie 1995 aangestel as die vyfde leraar in Wilgespruit, ‘n  
makro   gemeente.   Die   applikant   is   na   hierdie   stedelike   gemeente   beroep   vanaf  
Newcastle, ‘n plattelandse gemeente waar hy merendeels die enkel leraar was vir  
‘n periode van dertien jaar.   
30 In   ‘n   makro   stuktuur   kan   een   predikant   nie   alle   take   behartig   nie   maar   die  
predikante moet aan verskillende fasette aandag gee in verskillende portefeuljes.  
Die   prediking   word   deur   almal   gesamentlik   behartig   en   die   pastoraat   word  
geografies verdeel. 
31 Die makro struktuur van   Wilgespruit het verder uit verskillende bedienings en  
kommissies bestaan.    Terwyl die ander leraars respektiewelik met kommissies of  
bedieninge soos die jeug, die senior lidmate en administrasie belas was, was die  
applikant verantwoordelik vir “toerusting” en “bemarking”. 
32 Die deskundige getuies wat namens die applikant getuig het, het aangedui dat alle  
predikante maar die taak het om mense toe te rus of op te lei en die Woord van  
God (die evangelie) te bemark. In ‘n makro gemeente sou dit egter beteken dat die  
predikant belas met “toerusting” die opleiding behartig van die ampsdraers in die  
gemeente (ouderlinge en diakens) asook die opleiding van die gemeentelede (om

hulle te lei tot geestelike groei), byvoorbeeld deur die stigting van ‘n Bybelskool,  
bybelstudiegroepe   of   selgemeentes.   Bemarking   sou   byvoorbeeld   weer   die  
behartiging van die gemeenteblad behels. 
33 Professor Heyns het beklemtoon dat, alhoewel ‘n predikant kan konsentreer op  
een of ander veld, hy of sy nie noodwendig ‘n spesialis in daardie veld hoef te  
wees nie. Hy het verder daarop gewys dat die prim êre taak van  ‘n predikant is om  
die   evangelie   te   verkondig   (prediking).   In   ‘n   makro   gemeente   is   dit   ‘n  
buitengewone belangrike taak van elke predikant aangesien dit die enigste manier  
is   om   al   die   gemeentelede   te   bereik.   Pastorale   werk   soos   huisbesoek   en  
siekebesoek is ook belangrik maar elke predikant is slegs verantwoordelik vir ‘n  
geografiese deel van die gemeente en sien dus nie almal nie.
34 Al die deskundiges het egter die sogenaamde “belangegroepe” wat aan predikante  
in Wilgespruit toegedeel is (die ander predikante het “jagtogte”, “woonwakampe”  
en “staptoere” waargeneem) gekritiseer op grond van die feit dat hierdie nie deel  
is van ‘n predikant se werk of take nie.  
35 Die   deskundiges   was   dit   eens   dat   die   “pligtestaat”   (op   bladsy   127   van   die  
applikant se bundels) skraal is en vollediger omskryf behoort te gewees het. 
36 Dr Scholtz en professor Boshoff het daarop gewys dat ‘n predikant se taak baie  
kompleks is en ‘n groot verskeidenheid van take behels (multi fasette). 
37 Die deskundiges was dit verder eens dat prestasiebeoordeling of evaluasie in die  
kerk nie net moontlik is nie maar ook toepaslik. Gegewe die kompleksiteit van die  
predikant se take en die feit dat die kerkjaar oor ‘n kalenderjaar strek is dit egter  
nie moontlik om te gou ‘n oordeel te fel oor ‘n predikant se werksprestasie nie.  
Daar moet ook in ag geneem word dat die aanpassing vanaf ‘n plattelandse een  
persoon  gemeente   tot  ‘n  stedelike  makro   gemeente   moeilik   sal  wees.  Die  hele

klimaat is anders en die bedieningsmodelle verskil aansienlik van mekaar. 
38 Daar   moet   verder   ooreengekom   word   op   die   basis   of   standaard   van   die  
pretasiebeoordeling en die gedagte moet altyd wees om die predikant te help om  
sy prestasie te verbeter en moet nie op ‘n “heksejag” uitloop nie. Doelwitte en  
maatstawe moet voor o ë gehou word. Allermins is dit ‘n proses om redes te soek  
om ‘n werknemer te ontslaan maar die redes vir onder­prestering word vasgestel  
ten einde die werknemer met enige probleme behulpsaam te wees. Dit is dan ook  
die uitdruklike doel van bepalings rondom artikel 12 om “die vrede te herstel”  
(sien die bespreking by paragraaf [13] hierbo). 
39 Hierdie beginsels van billikheid word natuurlik ook deur item 8 van bylae 8 tot die  
Wet voorgeskryf (sien die bespreking hiervan by paragraaf [10] hierbo).
40 Daar is verder op gewys dat in gedagte gehou moet word dat nie slegs uitsette  
(byvoorbeeld   hoeveelheid   huisbesoeke)   evalueer   moet   word   nie   maar   ook   die  
gehalte van die predikant se werk wat moeiliker is om te bepaal. 
41 Die   deskundiges   het   ook   daarop   gewys   dat   daar   oorvleueling   voorgekom   het  
tussen   die   take   waarmee   die   applikant   belas   was   en   die   take   van   die   ander  
predikante.   Veral   die   opstel   van   die   gemeenteblad   het   tot   groot   oorvleueling  
aanleiding gegee aangesien daar oor alle sake (ook oor sake soos die jeug en die  
senior lidmate, dit wil s ê, die ander leraars se portefeuljes) berig moes word.
Die Applikant se Bekwaamheid as Predikant
42   Die applikant is ‘n baie goeie prediker. Dit het geblyk uit die bywoning van sy  
preke asook uit die feit dat hy swaarder belas was met preekbeurte as die ander  
vier leraars. Hierdie getuienis is nie in kruisverhoor betwis nie.

43 Die applikant het verder ook die gemeenteblad  verbeter en het getuig dat sake  
uiteindelik glad verloop het met die uitgee daarvan. Hierdie getuienis is ook nie in  
kruisverhoor betwis nie. Trouens, daar is aan hom gestel dat hy te veel tyd hieraan  
bestee het. 
44 Wat opleiding betref het die applikant getuig oor videos wat hy gemaak het vir  
huiskerk   geleenthede.   Die   applikant   het   ook   getuig   dat   hy   wel   kursusse   vir  
ampsdraers   aangebied   het   en   dat   hy   ook   die   moontlikheid   van   ‘n   Bybelskool  
ondersoek   het.   Hy   het   getuig   dat   hy   reeds   klem   gel ê   het   op   die   gedagte   van  
selgemeentes   by   sy   onderhoud   vir   die   vakante   vyfde   predikantspos   en   dat   hy  
stappe in hierdie verband geneem het om dit op die been te bring. Die applikant  
het egter probleme ondervind om die kerkraad van die voordeel van selgemeentes  
te oortuig. Hy het wel ‘n selgemeente as proeflopie daargestel. Die applikant het  
getuig   dat   hy   ‘n   geskikte   persoon   gesoek   het   om   die   toerusting   kommissie   se  
voorsitter te wees (daar het nie voorheen so ‘n kommissie bestaan nie). Uiteindelik  
is   die   kommissie   op   die   been   gebring   met   ds   S  de   Clerk   (‘n   kerkraadslid)   as  
voorsitter. 
45 Nieteenstaande   die   bogenoemde,   het   die   spesiale   kommissie   wat   in   November  
1995 op die been gebring is om die applikant te “monitor” in hulle verslag wat op  
28   Maart   1996   aan   die   kerkraad   (mondelings)   voorgel ê   is   klem   gel ê   op   die  
beweerde versuime van die applikant ten aansien van sy toerusting portefeulje. Dit  
is egter insiggewend dat die Ring op 4 Junie 1996 bevind het dat die klagtes in die  
verslag van die spesiale kommissie nie behoorlik geverifieer is nie en die Ring  
daarom   nie   sy   ontslag   aangevra   het   nie   maar   slegs   gekonsentreer   het   op   die  
fasilitering   van   die   verhoudingsprobleem   tussen   die   leraars   van   Wilgespruit.

fasilitering   van   die   verhoudingsprobleem   tussen   die   leraars   van   Wilgespruit.  
Hieroor meer later.
46 Ander beweerde versuime wat die spesiale kommissie aangemeld het, het veral te  
doene   gehad   met   die   applikant   se   pastorale   versorging.   Die   applikant   het

verduidelik   dat   die   beweerde   versuime   (wat   as   klagtes   voorgehou   is   aan   die  
kerkraad) soms op misverstande berus het en dat hy opvolgwerk gedoen het en  
van die versuime reggestel het. Gemeentelede is ook geroep om hieroor te kom  
getuig.   Van   die   gemeentelede   het   getuig   van   die   applikant   se   besonder   goeie  
pastorale versorging. Van die applikant se gemeentelede in sy vorige gemeente het  
ook   getuig   dat   hy   goeie   werk   gelewer   het   en   die   kerkraad   van   die   Newcastle  
gemeente het selfs ‘n getuigskrif hieroor uit eie beweging aangestuur.
47 In die lig van hierdie getuienis, het die respondente in gebreke gebly om te bewys  
dat die rede vir die applikant se ontslag ‘n billike rede is wat verband hou met sy  
geskiktheid of bekwaamheid as predikant. Ek is naamlik nie oortuig van die feit  
dat hy onbekwaam of ongeskik in sy werk as predikant was nie. 
Billike Proses
48 Die sogenaamde fasiliteringsproses aan die einde van 1995 wat die besluit van die  
kerkraad van Wilgespuit in November 1995 om ‘n spesiale kommissie aan te stel  
voorafgegaan het, het skipbreuk gely toe die spesiale kommissie die uitslae van  
sielkundige   toetse   wat   deur   een   van   die   fasiliteerders   (ds   P   van   der   Merwe)  
afgeneem   is   misbruik   het   om   die   applikant   verdag   te   maak   by   die  
kerkraadsvergadering van 28 Maart 1996. 
49 Dit het verder duidelik geblyk uit die getuienis dat die spesiale kommissie nie  
daarop   uit   was   om   die   applikant   te   help   om   beweerde   probleme   met   sy  
werkprestasie die hoof te bied nie maar eerder om vingerwysend en beskuldigend  
beweerde foute uit te wys. ‘n Voorbeeld hiervan is die feit dat die applikant van sy  
sleutels en sekere dokumente ontneem is selfs nadat die kerkraad die besluit van  
28 Maart 1996 op 25 April 1996 herroep het en die applikant met verlof is. 
50 Die applikant het ook getuig dat hy by die gereelde leraarsvergaderings voor stok

gekry is en gevoel het dat daar net op foutvindery gefokus word. Daar moet ook in  
gedagte gehou word dat die applikant nog skaars ‘n jaar in die gemeente was toe  
daar   in   November   1995   besluit   is   dat   die   spesiale   kommissie   sy   werk   moet  
“monitor”. Gegewe die getuienis oor die komplekse aard van ‘n predikant se werk  
en  dat hy moes aanpas  by die nuwe kultuur  van ‘n makro  gemeente  (sien  die  
getuienis hierbo by paragraaf [37] bespreek), was dit na ‘n relatief kort tydperk  
van diens dat hy reeds beskuldig is van swak werkprestasie.
51 Daar is ook nie aan die applikant hulp verleen toe hy weens huisbouery nie oor ‘n  
pastorie beskik het nie (hy moes by gemeentelede inwoon) terwyl daar getuienis  
was   dat   ander   leraars   van   Wilgespruit   in   soortgelyke   omstandighede   tegemoet  
gekom is veral vanwe ë die feit dat ‘n pastorie ‘n onontbeerlike werkplek vir ‘n  
predikant is. 
52 Daar was ook geen sprake van ooreengekome prestasiestandaarde nie of dat die  
applikant ‘n billike kans gegee is om sy beweerde prestasiegebrek aan te vul nie.  
Trouens, daar is oorhaastig opgetree deur veral die spesiale kommissie, soos ook  
hieronder verder sal blyk.
53 Die latere fasilitering wat deur die Ring onderneem is het ook nie prim êr ten doel  
gehad   om   die   applikant   te   help   met   sy   beweerde   probleme   rondom   sy  
werkprestasie nie maar eerder om die verhoudingsprobleme tussen die leraars van  
Wilgespruit te probeer byl ê. 
54 Die   ontslag   van   die   applikant   is   gevolglik   nie   voorafgegaan   deur   toepaslike  
evaluering, onderrig, opleiding, leiding of berading nie. Trouens, alhoewel sekere  
individue soos ds J Hough (kerkraadslid en lid van die spesiale kommissie), ds A  
van   Rooyen   (een   van   die   medeleraars)   en   mnr   E   Swanepoel   (een   van   die  
gemeentelede   wat   breedvoerig   vir   die   applikant   getuig   het)   wel   die   applikant  
probeer bystaan het was daar geen amptelike  bystand deur die werkgewer (die

gemeente  Wilgespruit) nie, veral nie van die kant van die kerkraad se spesiale  
kommissie nie. Die teendeel was eerder waar soos hieronder ook sal blyk. 
55 Dit   is   gevolglik   duidelik   dat   die   respondente   ook   in   gebreke   gebly   het   om   te  
bewys   dat   die   ontslag   van   die   applikant   ooreenkomstig   ‘n   billike   prosedure  
plaasgevind het soos deur die bepalings van item 8 van bylae 8 tot die Wet vereis  
word (sien die bespreking by paragraaf [10] hierbo). 
Onaanpasbaarheid en Onversoenbaarheid van die Applikant
56 Mnr Woudstra , die respondente se regsverteenwoordiger, het argumenteer dat die  
applikant   eintlik   ontslaan   is   omrede   sy   beweerde   onaanpasbaarheid   of  
onversoenbaarheid aanleiding gegee het tot die onherstelbare verbrokkeling van  
die verhouding tussen die lede van die span predikante van Wilgespruit. Trouens,  
hierdie bewering  is ook in die pleitstukke gemaak (sien hierbo by paragraaf [4])  
en daar is ook in kruisverhoor die stelling gemaak dat die applikant en nie die  
ander vier leraars nie verantwoordelik gehou kan word vir die verbrokkeling van  
die verhouding tussen die predikante. Hierdie is ‘n ernstige bewering en noop my  
om in te gaan op die vraag of die applikant hieraan skuldig was.
57 Die deskundige getuies het verklaar dat ‘n makro gemeente slegs suksesvol bedryf  
kan word indien die leraars in spanverband saamwerk. Die verandering na makro  
gemeentes word gemeentebouprosesse genoem omdat herstrukturering nodig is.  
Professor Heyns het uitgewys dat vernuwing van strukture verhoudingsprobleme  
en spanning kan skep. Dit verg voortdurende evaluasie van die stukture en kritiese  
refleksie oor die bestaande strukture is van groot belang.
58 Dit was uit die getuienis duidelik dat die gemeentestrukture ‘n belangrike bron van  
konflik   tussen   die   predikante   in   Wilgespruit   was.   Oorvleueling   van   veral   die  
applikant se portefeulje met die ander predikante se portefeuljes het voorgekom.

Die   applikant   het   getuig   dat   die   verantwoordelikheidslyne   ook   nie   behoorlik  
gedefinieer was nie en dat dit byvoorbeeld onseker was of die voorsitters van die  
kommissies of die betrokke predikante self die verantwoordelikheid vir die werk  
van ‘n kommissie of bediening gedra het. 
59 Professor   Boshoff   het   getuig   dat   indien   ‘n   organisasie   se   struktuur   inherent  
konflikgenererend is, dit konflik kan teweegbring ongeag of die persone binne die  
struktuur van mekaar hou of nie. Mnr Swanepoel het getuig dat ds van der Merwe  
aan hom ges ê  het dat die struktuur by Wilgespruit  konflikgenererend was. Die  
verslag  van  die  fasiliteerders  van  die  Ring  dui  ook    aan  dat  “die  gemeente  as  
sisteem ... in sigself inherente konflik en spanning genereer” (bladsy 971 van die  
applikant se bundels). Hierdie feit blyk ook uit die Ring se besluit  om steeds die  
probleme met Wilgespruit se gemeentemodel deur middel van fasilitering aan te  
spreek selfs nadat die applikant ontslaan is. Dit blyk naamlik uit die besluite van  
die Ring geneem op 30 Oktober 1996 dat daar weer ‘n fasiliteerder aangestel is  
om   “modelbegeleiding”   te   doen   (bladsy   1010   van   die   applikant   se   bundels).  
Hierdie   sake   het   buitendien   saamgeloop   tot   op   die   stadium   dat   hierdie   aspek  
geskei is van die verhoudingsprobleem   per se . Dit is gevolglik duidelik dat die  
struktuur   van   Wilgespruit   beduidend   tot   die   verhoudingsprobleme   tussen   die  
predikante bygedra het.
60 Die persoonlike verhoudingsprobleme tussen die vyf leraars het ‘n lang aanloop  
gehad. Dit wil voorkom of die spanbou­langnaweek in April 1995 (kort nadat die  
applikant by Wilgespruit aangekom het) ‘n deurslaggewende rol gespeel het en  
toekomstige verhoudinge sleg be ïnvloed het. Opsommerderwys het die applikant  
getuig dat die ander leraars daarop uit was om dit as ‘n vakansienaweek (“jollie

getuig dat die ander leraars daarop uit was om dit as ‘n vakansienaweek (“jollie  
patrollie”) te geniet terwyl hy gemeen het dat dit aan spanbou of ten minste aan  
kerklike aktiwiteite soos Bybelstudie gewy moes word. Daar is ook ‘n aantekening  
van ds van Rooyen waarin hy erken dat die applikant moontlik bedreig kon gevoel  
het deur die optrede van die ander leraars tydens die kamp (op bladsye 161 tot 162

van die applikant se bundels).
61 Die getuienis oor die verhoudinge binne die leraarspan aan die einde van 1995 tot  
April   1996   soos   aangebied   deur   dr   C   Oosthuizen,   ‘n   deskundige   getuie   en  
sistemiese   sielkundige,   het   waardevolle   insigte   verskaf   in   die  
verhoudingsprobleme wat toe bestaan het. 
62 Dr   Oosthuizen   (wat   op   die   versoek   van   die   spesiale   kommisie   die   probleme  
rondom die applikant en sy medeleraars ondersoek het) het onomwonde verklaar  
dat   dit   duidelik   was   dat   die   probleme   nie   slegs   toegeskryf   kon   word   aan   die  
applikant nie. Daar was naamlik patrone van konflik wat afgespeel het tussen al  
die rolspelers in die sisteem. Daar was ‘n groei in wantroue na alle kante toe maar  
in   een   rigting   is   dit   as   legitiem   beskou   en   in   die   ander   rigting   as   patologies.  
Hierdie was volgens haar ‘n uit die boek uit voorbeeld van waar ‘n sondebok (in  
die persoon van die applikant) voortgebring word. Professor Boshoff het insgelyks  
daarop gewys dat waar ‘n groep probleme ondervind hulle ‘n sondebok aanwys en  
dan teen hom of haar verenig. 
63 Dr Oosthuizen het verder daarop gewys dat daar   fragmentasie plaasvind en dat  
die betrokke persone al hoe meer ge ïsoleer word van mekaar. Daar is verder ‘n  
toenemende geheimhouding en ‘n afnemende bereidwilligheid om oplossings te  
vind. Alliansies word gevorm en daar is pogings om ander daarby te betrek. 
64 Dr Oosthuizen het getuig dat in die geval van die leraarspan van Wilgespruit daar  
premature sluiting was deurdat vroeg in die proses gevolgtrekkings gemaak is en  
besluite geneem is wat rigied voortgeduur het ongeag wat verder in die proses  
gebeur het. 
65 Die applikant het wel weens sy taakgerigtheid en die misrekening van ander se  
gevoelens tot die probleem bygedra. Trouens, die applikant het ook in sy getuienis

erken   dat   hy   ook   foute   gemaak   het.   Dr   Oosthuizen   het   egter   getuig   dat   die  
applikant oor die  vermo ë beskik om standhoudende verhoudings te skep maar dat  
hy dan   moet veilig voel. Gevolglik was die prognose goed wat die applikant in  
isolasie betref maar gegewe die probleme binne die sisteem wat reeds bestaan het,  
is die prognose negatief be ïnvloed. Hierdie prognose  is naamlik bepaal deur die  
optrede van die ander persone of rolspelers in die situasie.
66 Dr   Oosthuizen   se   gevolgtrekkings   is   ondersteun   deur   ander   getuienis.   Die  
geheimhouding is weerspie ël deur die feit dat daar ‘n vergadering in November  
1995   plaasgevind   het   tussen   die   voorsitter   van   die   spesiale   kommissie   wat  
aangewys sou word, mnr M van Ruler, en die ander vier predikante maar dat die  
applikant   hiervan   uitgesluit   was.   Verder   is   die   applikant   nie   behoorlik   kennis  
gegee   nie   van   die   buitengewone   kerkraadsvergaderings   waartydens   ingrypende  
besluite ten aansien van die sogenaamde artikel 12 prosedure geneem is. 
67 Op die deurslaggewende kerkraadsvergadering van 28 Maart 1996 is daar eers ‘n  
ultimatum in die vorm van ‘n pakket aan die applikant gestel en is hy daarna direk  
met   die   verslag   van   die   spesiale   kommissie   gekonfronteer   sonder   dat   hy   dit  
enigsins   ter   insae   gehad   het.   Mnr   Swanepoel   (wat   by   hierdie   vergadering  
teenwoordig  was) het getuig  dat  die aantygings  van die  spesiale  kommissie  se  
verslag gestel is in die vorm van klagtes. Verder is die applikant verdag gemaak  
deurdat die indruk gewek is dat die toetse wat afgeneem is deur die fasiliteerder,  
ds van der Merwe (wat buitendien nie gemagtig was om sulke toetse af te neem  
nie),   een   of   ander   sielkundige   afwyking   by   die   applikant   aangetoon   het.   Die  
verslag self meld dat die persoonlikheidsprofiel van die applikant soos deur ds van

verslag self meld dat die persoonlikheidsprofiel van die applikant soos deur ds van  
der Merwe vasgestel “‘n bron van kommer is” (bladsy 437 van die applikant se  
bundels). 
68 Mnr Swanepoel het verder getuig dat die voorsitter van die spesiale kommissie  
aan hom gemeld het dat die applikant psigopatiese neigings het. Dr Oosthuizen het

insgelyks getuig dat mnr Van Ruler by hulle eerste bymekaarkom reeds ges ê het  
dat hy klaar besluit het dat die applikant nie ‘n verdere kans gegun moes word nie  
en dat hy dit slegs wil laat lyk asof hulle deur die regte stappe gaan. Mnr van  
Ruler het verder gevra dat die spesifieke probleme nie met die applikant bespreek  
word  nie   en  het  hieroor   telefonies  met  ds  H   West  (een   van  die  ander   leraars)  
gekonsulteer. Hy het ook gemeld dat daar in privaatgesprekke  die vraag gestel  
word of die applikant as ‘n sosiopaat (die sinoniem van ‘n psigopaat) beskou kon  
word. 
69 Mnr Swanepoel het ook getuig dat ds B Gerryts (‘n ander medeleraar) ook aan  
hom gemeld het dat daar groot sielkundige fout met die applikant was. Ds Gerryts  
het ook hierdie suggestie gelaat in sy latere getuienis voor die Ring (bladsye B155  
tot B161 van die applikant se bundels). 
70 Dr   Oosthuizen   se   verslag   (wat   teenstrydig   is   met   die   bewerings   wat   aan   die  
kerkraad voorgehou is en aantoon dat die applikant hoegenaamd geen patologiese  
neigings   soos  psigopatie   vertoon   nie)   is   ook  nooit   voor   die   kerkraad   gel ê   nie.  
Verder het die kerkraad   aanvanklik besluit om artikel 12 prosedures in te stel  
sonder dat  die kerkraad  enigsins van  Dr Oosthuizen  se gevolgtrekkings  kennis  
geneem   het.   Hierdie   gedrag   was   onverstaanbaar   juis   omrede   die   spesiale  
kommissie self die sielkundige ondersoek aangevra het en die applikant genoop  
was om hom (en sy eggenote) aan hierdie vernedering te onderwerp.
71 Belangrike getuienis is gelewer deur mnr Swanepoel dat ds van der Merwe aan  
hom ges ê  het dat van die ander leraars ‘n pakt teen die applikant  gevorm het.  
Hierdie bewering word ondersteun deur ds van der Merwe se voorlopige verslag  
wat in die bundel opgeneem is (bladsy 967 van die applikant se bundels). 
72 Daar moet ook gelet word op die feit dat die verslag van die spesiale kommissie

72 Daar moet ook gelet word op die feit dat die verslag van die spesiale kommissie  
verder in die proses ingevoer is en dat mnr Van Ruler self ook teenwoordig was

by   deurslaggewende   vergaderings   soos   die   vergadering   van   die   Ring   op   30  
Oktober 1996.  In hierdie verband kan ook gewys word na die trant van ‘n brief  
wat deur mnr Van Ruler geskryf is (bladsy 383 van die applikant se bundels). 
73 Daar was ook getuienis dat ds West en mnr Van Ruler gemeentelede gaan sien het  
om hulle kant van die saak te stel en in die proses die applikant probeer afkraak  
het. Trouens, die fasiliteerders wat deur die Ring aangestel is se verslag dui aan  
dat van die ander leraars selfs op daardie laat stadium steeds “insidente” rondom  
die   applikant   aangemeld   het   (bladsy   971   van   die   applikant   se   bundels).   Die  
applikant het dan ook getuig dat ds West elke dag met ‘n lys van klagtes teen hom  
opgedaag het en dat dit eers uit die weg geruim moes word.
74 Die applikant het getuig dat hy voortdurend tot versoening bereid was maar dat  
die   fasiliteringsproses   uiteindelik   misluk   het   toe   die   ander   vier   predikante  
uitgestap het nadat hulle ‘n ultimatum aan hom gestel het. Mnr Swanepoel (wat  
saam met die applikant ‘n versoenende brief geskryf het) en mnr DJ Potgieter, die  
prokureur van die applikant wat by die versoeningspogings betrokke was, het ook  
oor die applikant se versoenende houding getuig. Mnr Potgieter het verder oor die  
onversoenende houding van ds Gerryts getuig. 
75 Die   applikant   het   getuig   dat   die   fasiliteerders   wat   die   Ring   aangestel   het   nie  
voldoende ag geslaan het op die feit dat hy aan depressie gely het nie. In hierdie  
verband het verskeie getuies van die applikant getuig dat hy veral in 1995 en 1996  
aan ernstige depressie gely het. 
76 In die lig van hierdie getuienis is ek nie oortuig dat dit die applikant se skuld was  
dat die verhoudinge binne die span leraars skipbreuk gely het nie. Trouens, dit  
blyk   uit   die   getuienis   wat   die   applikant   gelei   het   dat   die   struktuur   van   die

gemeente   asook   die   optrede   van   die   genoemde   ander   persone   in   die  
probleemsituasie die breuk veroorsaak het.

77 Gevolglik   is   dit   onbegryplik   waarom   die   Ring   besluit   het   om   die   applikant   te  
ontslaan.   Hierdie   optrede   van   die   Ring   was   onbillik.   Daar   was   naamlik   geen  
geldige of billike rede om juis die applikant uit te sonder vir ontslag nie. 
Bedryfsvereistes
78 Indien daar op hierdie stadium bedryfvereistes bestaan het wat die ontslag van een  
of meer van die lede van die leraarspan van Wilgespruit genoodsaak het vanwe ë 
die verbrokkeling in die verhouding tussen die medeleraars, moes die Ring die  
vereistes van artikel 189 van die Wet noulettend nagekom het. 
79 Dit is naamlik  geyk dat die voorgeskrewe prosessuele billikheid  by ontslag op  
grond van bedryfsvereistes, dit wil s ê, behoorlike en indringende konsultasies ten  
einde   te   poog   om   eenstemmigheid   te   bereik   oor   aangeleenthede   soos   geskikte  
maatreëls   om   die   ontslag   te   vermy   en   die   metode   vir   selektering   van   die  
werknemers wat ontslaan sal word ook uiteindelik bepalend is vir die substantiewe  
billikheid van die ontslag. 
80 Daar was geen getuienis wat daarop dui dat die vereiste prosedures nagevolg is  
nie.   Die   enkele   verwysings   na   moontlike   alternatiewe   oplossings   (sien  
byvoorbeeld   bladsy   970   van   die   applikant   se   bundels)   en   die  
skikkingsonderhandelinge na die ontslag kwalifiseer klaarblyklik nie hiervoor nie. 
Remedie
81 In die lig van die bevinding dat die ontslag van die applikant substantief sowel as  
prosessueel onbillik was, moet die geskikte remedie oorweeg word. 
82 Artikel 193(2) van die Wet handel oor regsmiddele by onbillike ontslag en bepaal

dat die Arbeidshof van die werkgewer moet vereis om die werknemer in diens te  
herstel of weer in diens te neem. Hierdie twee remedies is gevolglik die prim êre 
regsmiddele wat die Wet voorskryf by onbillike ontslag. 
83 Verder het die respondente   my nie oortuig dat die omstandighede rondom die  
ontslag sodanig is dat ‘n voortgesette diensverhouding onhoudbaar sou wees of  
dat dit nie redelikerwys doenlik is vir die werkgewer om die werknemer in diens  
te herstel of weer in diens te neem nie (artikel 193(2)(b) en (c)). Die respondente  
het naamlik in gebreke gebly om te bewys dat die vertouensverhouding van die  
applikant met die gemeente Wilgespruit as sulks of met die Ring of Sinode as  
sulks, dit wil s ê, met sy werkgewers, geskend is. Die uitsonderings genoem in  
artikel 193(2)(a) en (d) is klaarblyklik ook nie van toepassing nie aangesien die  
werknemer in diens herstel of weer in diens geneem wil word en die ontslag nie  
bloot prossesueel onbillik is nie. 
84 Verder het die respondente in gebreke gebly om aan te toon dat die verbrokkeling  
in die verhouding tussen die vyf werknemers (die leraarspan) aan die applikant se  
optrede   toegeskryf   kan   word.   Ander   oorwegings   vir   die   toepassing   van   die  
primêre remedies van herindiensstelling of indiensneming is die getuienis dat dit  
bykans onmoontlik is vir ‘n predikant teen wie artikel 12 stappe ingestel was om  
weer   ‘n   beroep   te   verkry.   Verder   is   ‘n   predikant   slegs   opgelei   om   binne   die  
kerkstrukture   te   werk   en   is   hy   of   sy   nie   gekwalifiseer   vir   werk   buite   die  
organisasie nie. Die applikant het homself ook bewys as ‘n goeie predikant oor ‘n  
periode van dertien jaar in die gemeente Newcastle en het nog 21 jaar diens voor  
hom. 
85 Die feit dat die verhouding tussen die applikant en die ander vier leraars egter  
verbrokkel het (soos dit blyk uit die getuienis ­ ook van die applikant self) en die

verbrokkel het (soos dit blyk uit die getuienis ­ ook van die applikant self) en die  
gevolglike vertrouensbreuk tussen die applikant en die ander vier leraars sou egter  
ernstige gevolge kon inhou vir die gemeente Wilgespruit, veral gesien in die lig

van die ongelukkige geskiedenis en die unieke aard van die kerk as godsdienstige  
organisasie.   Me Klopper , die regsverteenwoordiger van die applikant, het ook in  
haar aanvullende betoogshoofde toegegee dat daar ‘n vertrouensbreuk was tussen  
die leraars (paragraaf 2.5). Die remedie van herindiensstelling in die diens van die  
eerste respondent sou gevolglik in die openbare belang en in billikheid teenoor al  
die betrokke partye nie aangewese wees nie. 
86 ‘n Geskikte en billike remedie sou gevolglik die indiensneming van die applikant  
in die diens van die tweede (of derde) respondent wees, dit wil s ê, die sekond êre 
werkgewers, op voorwaarde dat die applikant presies dieselfde salarispakket  of  
besoldiging   moet   ontvang.   In   hierdie   verband   is   die   moontlikheid   van  
standplaasruiling ook in die getuienis genoem alhoewel enige ander redelikerwys­
geskikte   werk   in   die   diens   van   die   tweede   of   die   derde   respondent   ook   sal  
kwalifiseer.  Me Klopper  het dan ook in die alternatief versoek dat die applikant in  
diens   gestel   word   binne   die   kerklike   strukture   van   die   tweede   en/of   die   derde  
respondent sodat hulle self vir die applikant ‘n alternatiewe bediening kan skep.  
So ‘n remedie sal naamlik die benadeling van die gemeente Wilgespruit en dus die  
kerk in die algemeen voorkom, ‘n resultaat wat die applikant ook voorstaan.
87 Sodanige indiensneming moet verder terugwerkend wees ingevolge die bepalings  
van artikel 193(1)(b) van die Wet. Ingevolge hierdie bepalings kan die Hof die  
werkgewer gelas om die werknemer weer in diens te neem,  óf in die werk waarin  
die werknemer voorheen in diens was,  óf in ‘n ander redelikerwys­geskikte werk,  
op   enige   voorwaardes   en   vanaf   enige   datum   wat   nie   vroe ër   as   die   datum   van  
ontslag   is   nie.   Hierdie   is   ‘n   geskikte   geval   om   die   indiensneming   volkome  
terugwerkend te maak, dit wil s ê vanaf die datum van ontslag, sodat die applikant

terugwerkend te maak, dit wil s ê vanaf die datum van ontslag, sodat die applikant  
sy volle besoldiging vir die periode vanaf die datum van ontslag tot op die datum  
van die indiensnemingsbevel  kan ontvang. 
88 Die   optrede   van   ander   persone   in   die   proses   van   sy   ontslag   wat   sterk   dui   op

bymotiewe sowel as die applikant se  versoenende houding deurgaans is van die  
faktore   wat   by   hierdie   beslissing   ‘n   rol   moet   speel.   Die   feit   dat   die   applikant  
gewerk   het   tydens   sy   ontslag   behoort   nie   in   berekening   gebring   te   word   nie  
aangesien terugwerkende indiensneming nie ‘n bevel is om vergoeding aan die  
werknemer te betaal nie. Vergoeding is naamlik ‘n alternatiewe remedie soos die  
bepalings van artikel 193(1)(c) en artikel 194 van die Wet aandui. Billikerwys kan  
die waarde van die pakket wat die applikant ontvang het (in soverre so ‘n pakket  
wel aan hom uitbetaal is) egter van hierdie bedrag afgetrek word. 
Outomaties Onbillike   Ontslag
89 Die   applikant   het   verder   beweer   dat   sy   ontslag   op   diskriminasie   neerkom  
ingevolge die bepalings van artikel 187(1)(f) van die Wet. Hierdie bepalings lui  
soos volg: 
“Ontslag   is   outomaties   onbillik   indien   die   werkgewer   by   die   ontslag   van   ‘n  
werknemer strydig met artikel 5 optree of indien die rede vir die ontslag is ­
(f) dat die werkgewer onbillik gediskrimineer het teen ‘n werknemer,  
regstreeks of  onregstreeks, op enige arbitr êre grond...”.
Dan volg ‘n lys van arbitr êre gronde soos ras, geslag, gestremdheid, godsdiens,  
gewete,   geloof   en   gesinsverantwoordelikheid,   wat   nie   ‘n   numerus   clausus   van 
arbitrêre gronde uitmaak nie. 
90 Geeneen   van   die   applikant   se   getuies,   selfs   nie   eens   die   persone   wat   die   hele  
probleemarea haarfyn ontleed het nie (soos dr Oosthuizen), het melding gemaak  
van diskriminasie teen die applikant nie. Die pleitstukke het ook nie die beweerde  
gronde van diskriminasie uiteengesit nie. Die blote feit dat daar bymotiewe mag  
gewees het by die ontslag van die applikant (soos veral blyk uit die valse gerugte  
oor sy beweerde psigopatie) beteken nog nie dat die rede vir die ontslag van die  
applikant baseer was op ‘n arbitr êre grond soos byvoorbeeld sy geloofsoortuiginge

applikant baseer was op ‘n arbitr êre grond soos byvoorbeeld sy geloofsoortuiginge  
nie. Die feit dat daar wel teologiese verskille mag bestaan het (die applikant was

blykbaar meer “gereformeerd” in sy benadering) beteken nog nie opsigself dat dit  
die rede was vir die ontslag deur die Ring nie. 
91 Die app èlgronde van die applikant het ook geensins iets gemeld van ‘n ontslag  
weens   diskriminasie   nie.     Nie   eens   tydens   argument   kon   ‘n   saak   hiervoor  
uitgemaak word nie en is verskillende motiewe vir sy ontslag aangebied soos ‘n  
finansiële motief (die gemeente het na bewering nie genoeg fondse gehad om ‘n  
vyfde   leraar   te   kon   bekostig   nie).   Trouens,   dit   het   uit   die   getuienis   wat   die  
applikant voorgel ê het geblyk dat die werklike rede vir sy ontslag die persoonlike  
onmin of verhoudingsprobleme binne die span van leraars was.
92 Die applikant het my gevolglik nie oortuig dat die rede vir sy ontslag op een of  
ander arbitr êre grond plaasgevind het nie. Ek is gevolglik nie oortuig dat hierdie ‘n  
outomaties onbillike ontslag as gevolg van onbillike diskriminasie was nie. 
93 Die applikant was gevolglik onsuksesvol om hierdie deel van sy saak te bewys en  
hierdie feit moet dan ook ‘n invloed h ê op die kostebevel wat gemaak word.
Koste
94 Benewens   die   feit   dat   die   applikant   nie   ‘n   saak   kon   uitmaak   vir   outomatiese  
onbillike ontslag nie  het die feit dat die applikant nie eerste geroep is as getuie nie  
ook   implikasies   by   die   toestaan   van   ‘n   kostebevel   aangesien   dit   ongetwyfeld  
daartoe bygedra het dat daar langer tyd bestee is aan die agtergrondsgetuienis as  
wat andersinds die geval sou wees. Daar bestaan ernstige twyfel of daar 28 getuies  
geroep moes word deur een party in ‘n saak wat normaalweg na arbitrasie verwys  
sou   gewees   het   aangesien   dit   handel   oor   ‘n   enkel   ontslag   wat   nie   op  
bedryfsvereistes gegrond was nie. 
95 Meer of min 70 hofdae is aan die applikant se saak gewy.   Daar is ook sekere

aspekte van die getuienis soos die getuienis oor die geldigheid van die kerkraad  
van Wilgespruit wat slegs waarde op die periferie het. Die regsverteenwoordiger  
van die applikant het naamlik aangedui dat die feit dat die kerkraad uit meer lede  
moes   bestaan   moontlik   sou   kon   beteken   dat   daar   nie   so   streng   en   oorhaastig  
opgetree sou gewees het nie. Die waarde van hierdie getuienis is egter op sy beste  
bloot spekulatief. 
96 ‘n Verdere oorweging wat teen die toestaan van ‘n kostebevel in ag geneem moet  
word is die feit dat die verhouding tussen die partye voortduur as gevolg van die  
indiensnemingsbevel en dat ‘n kostebevel gevolglik nie punitatief moet werk nie.  
Die   regsre ël   dat   koste   die   uitslag   volg   moet   altyd   getemper   word   deur   die  
voormelde oorwegings in belang van billikheid.
97 Albei partye het egter bygedra tot die feit dat die verrigtinge uitgerek is. Deur te  
pleit   dat   die   applikant   op   drie   gronde   ontslaan   is   terwyl   die   saak   van   die  
respondente wat tydens kruisverhoor gestel is hoogstens vir een grond voorsiening  
gemaak het, het die respondente die geskilpunte onnodig verbreed. 
98 Deur ooreen te kom dat die applikant sou begin, het die partye ook klaarblyklik  
die   verkeerde   besluit   geneem   aangesien   dit   beter   sou   gewees   het   indien   die  
respondente (wat die bewyslas dra) van meet af aan die grond(e) vir ontslag moes  
aangetoon het. Trouens, die re ëls van die Hof maak dit duidelik dat die partye  
moet poog om (in die openbare belang en in die belang van die regspleging) die  
verrigtinge sover moontlik te verkort. Dit is immers die doel van die Wet om die  
“doeltreffende   beslegting   van   arbeidsgeskille”   te   bevorder   (artikel   1(d)(iv)).  
Voorverhoorverrigtinge waartydens sake soos punte   in limine   uitgesorteer moet  
word is van die allergrootste belang. Gevolglik maak ek dan ook geen kostebevel

word is van die allergrootste belang. Gevolglik maak ek dan ook geen kostebevel  
in   die   (suksesvolle)   aansoek   deur   die   respondente   vir   verdere   besonderhede  
gedurende Maart  1999 nie.

99 Verder beskou ek dit as billik dat die respondente wel die koste moet betaal van  
die (onsuksesvolle) punt   in limine   wat teen die loop van die verrigtinge in en in  
die middel van die verhoor geopper is. Die kostebevel is koste vir die agt hofdae  
wat hiervoor gebruik is op die basis van die koste van een advokaat.  Me Klopper  
het naamlik die versekering gegee dat sy deur ‘n prokureur opdrag gegee is en dat  
sy haar fooie as advokaat hef, wen of verloor.
Bevel
Die volgende bevele word verleen:
1. Die ontslag van die applikant deur die respondente is nie ‘n outomaties  
onbillike ontslag  in terme van artikel 187(1)(f) van die Wet nie.
2. Die ontslag van die applikant deur die tweede respondent op 2 Desember  
1996 is beide  substantief en prosessueel onbillik in terme van artikel 188(1)(a) en  
(b) van die Wet.
3. Die tweede en die derde respondente word gelas om die applikant in diens  
te neem in ‘n   redelikerwys­geskikte   werk   in   die   kerkstrukture   teen   dieselfde  
salarispakket (besoldiging)  wat   aan   hom   uitbetaal   is   tydens   diensbe ëindiging. 
Die tweede en die derde respondente  is   gesamentlik   en   afsonderlik   hiervoor  
aanspreeklik, indien die een die bevel nakom word  die ander vrygestel.
4. Die indiensnemingsbevel geld met ingang van die datum van ontslag wat beteken  
dat die applikant se besoldiging tussen die datum van ontslag en die datum van  
hierdie bevel aan hom uitbetaal moet word. Al drie die respondente is gesamentlik  
en afsonderlik verantwoordelik vir die betaling hiervan, indien die een betaal word  
die  ander  vrygestel.   Van hierdie   bedrag  kan  enige  bedrag  wat  inderdaad  as  ‘n  
pakket aan die applikant uitbetaal is by ontslag afgetrek word.

5. Die respondente moet  gesamentlik  en afsonderlik, indien die  een betaal  
word die ander  vrygestel,  die applikant se koste betaal van die agt hofdae  
wat bestee is aan die aanhoor  van die punt   in limine   in September 1998. Verder  
word geen bevel ten aansien van koste  gemaak nie.
__________________________
  BASSON, R
Laaste verhoordatum: 26 Februarie 1999 (na 74 hofdae)
Datum van uitspraak: 5 Maart 1999
Namens die applikant: Adv E Klopper in opdrag van Louw en Heyl (Mnr DJ  
Potgieter)
Namens die respondente: Adv   HvR   Woudstra   SC   in   opdrag   van   Riaan   du  
Plessis Ing  (Mnr R du Plessis)
Hierdie   uitspraak   is   verkrygbaar   op   die   internet   by   website:  
http//www.law.wits.ac.za/labourcrt