About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 72
|
|
Van Vuuren v Esterhuizen NO en 'n Ander (481/94) [1996] ZASCA 72; 1996 (4) SA 603 (SCA); [1996] 4 All SA 430 (A); (31 May 1996)
RAPPORTEER
Saaknommer 481/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING) In die saak tussen:
STEPHANUS
PETRUS VAN
VUUREN Appellant
en
J.J.B. ESTERHUIZEN N.O.
Eerste Respondent
DIE PROKUREUR-GENERAAL VAN
TRANSVAAL
Tweede respondent
CORAM
: E.M. GROSSKOPF, VIVIER,
HOWIE, MARAIS ARR et
PLEWMAN Wn AR
DATUM AANGEHOOR : 27 MEI 1996
DATUM VAN UITSPRAAK : 31
MEI 1996
UITSPRAAK
HOWIE A R /
2
HOWIE AR:
Na afhandeling van pleitverrigtinge ooreenkomstig
artikel 119 van die Strafproseswet, 51 van 1977 teen 'n
sekere beskuldigde het die Prokureur-generaal laat weet dat
hy weier om hom op daardie stadium te vervolg. Nietemin
het die Prokureur-generaal hom later laat dagvaar om by 'n
geregtelike doodsondersoek te getuig.
Die vraag by hierdie app
l is of die hou van 'n
geregtelike doodsondersoek in daardie omstandighede regtens
bevoeg was en, indien wel, of dit nie op misbruik van reg
neergekom het nie. Die Hof a quo (Mynhardt en Joffe RR in
die Transvaalse Provinsiale Afdeling) het gemeen dat dit
wel regtens bevoeg was. Misbruik van reg is nie daar
geopper nie. Die uitspraak van die Hof benede is
gerapporteer : sien Van Vuuren v Esterhuysen NO en 'n Ander 1
994 (1) SASV 527 (T);
1994 (3) SA 395
(T).
In die Hof a quo het die huidige appellant (die
voormalige beskuldigde in die artikel 119 verrigtinge)
3
aansoek gedoen om die hersiening van 'n besiissing deur 'n
landdros wat beveel het dat die geregtelike doodsondersoek
voortgesit moes word. Die artikel
119
verrigtinge asook
die geregtelike doodsondersoek het albei ontstaan as gevolg
van die dood weens 'n skietwond van appellant se destydse
eggenote. Die hersieningsaansoek is teengestaan deur die
betrokke landdros wat by die doodsondersoek voorgesit het
(eerste respondent) en die Prokureur-generaai van Transvaal
(tweede respondent). Hulle is steeds die respondente op
app
l. Die aansoek het misluk maar verlof om na hierdie
Hof te appelleer is deur die Hof a quo verleen.
Die agtergrond en die tersaaklike feite word deur die
Hof a quo by monde van Joffe R te 396G tot 397I (Suid-
Afrikaanse Hofverslae) uiteengesit. Gerlefshalwe, en met
erkentlikheid aan die Hof a quo, haal ek daardie passasie
aan:
"Die hersieningsaansoek spruit voort uit die dood van
mev Hermina Elizabeth van Vuuren ('die oorledene').
Die applikant vra vir die tersydestelling van eerste
4
respondent se besluit om 'n geregtelike doodsondersoek
na die dood van die oorledene in te stel.
Dit is nie in
hyperlink
dat die oorledene op 25 April
1992 in haar en die applikant se woonhuis in die
distrik van Oberholzer met 'n vuurwapen gedood is nie.
Op 14 Julie 1992 is die applikant in verband met die
oorledene se dood gearresteer. Applikant het ook
dieselfde dag in die landdroshof vir die distrik van
Oberholzer verskyn. Volgens die klagstaat en die
latere verrigtinge blyk dit dat die verrigtinge wat
teen applikant ingestel was verrigtinge in terme van
art 119 van die Strafproseswet 51 van 1977 was. Die
verrigtinge is op 14 Julie 1992 uitgestel na 29 Julie
1992. Op laasgenoemde datum is twee klagtes aan die
applikant gestel, naamlik 'n klagte van moord op die
oorledene en, tweedens, 'n klagte van roof van die
oorledene se vuurwapen. Die applikant het onskuldig
gepleit op albei klagtes. Die applikant het in terme van art 115 van die Strafproseswet verkies om nie 'n
verklaring wat die grondslag van sy verdediging
aandui, te maak nie. Die landdros het die verrigtinge
gestaak ingevolge art 122(1) van die Strafproseswet en
die saak verdaag in afwagting van die beslissing van
die tweede respondent. By twee verdere geleenthede is
die saak verdaag. Op 27 Januarie 1993 is die
applikant meegedeel deur die landdros dat die tweede
respondent 'weier om hom op di
stadium te vervolg'.
Applikant is ook meegedeel dat 'n geregtelike
doodsondersoek na die dood van die oorledene gehou sou
word.
In 'n brief gedateer 22 Januarie 1993 gerig deur
tweede respondent aan die landdros van Oberholzer word
die landdros meegedeel van die tweede respondent se
besluit wat, soos vermeld, op 27 Januarie 1993 aan die
applikant oorgedra is. Die landdros word verder
5
ingelig in die brief dat die Staatsaanklaer deur die
tweede respondent opdrag gegee is om
'al die verklarings, stukke en inligting wat in
art 4 van Wet 58 van 1959 vermeld word aan die
landdros voor te l
, sodat die landdros
ingevolge art 5 van gemelde Wet 'n ondersoek na
die omstandighede en oorsaak van die sterfte kan
instel'.
Die tweede respondent het die landdros voorts in die
brief versoek om sekere getuies te dagvaar om
mondelinge getuienis 'in die algemeen by die ondersoek
af te l
' indien die landdros sou besluit om 'n
geregtelike doodsondersoek te hou. Die applikant en
lede van sy gesin maak deel van die genoemde getuies
uit. Die brief eindig met 'n versoek aan die landdros
om ongeag die bepalings van art 17(1) van die Wet op
Geregtelike Doodsondersoeke 58 van 1959, die notule
van die geregtelike doodsondersoek na afhandeling van
die ondersoek aan tweede respondent voor te l
.
Op 3 Februarie 1993 word die eerste respondent
aangewys om die geregtelike doodsondersoek na die dood
van die oorledene in te stel. Op 24 Februarie 1993
word die verklarings en stukke hierbo vermeld aan die
eerste respondent gestuur. Op 3 Maart 1993 het die
eerste respondent sekere opdragte uitgereik in verband
met die hou van die geregtelike doodsondersoek. Daar
is onder andere bepaal dat mondelinge getuienis
gedurende die tydperk 21 Junie 1993 tot 25 Junie 1993
te Oberholzer aangehoor sou word.
Op 21 Junie 1993 en by die aanvang van die verrigtinge
voor hom, is eerste respondent namens applikant
versoek om nie met die geregtelike doodsondersoek
voort te gaan nie. Di
aansoek is gebaseer, eerstens,
op die feit dat 'n strafgeding reeds teen applikant
ingestel sou gewees het en dat daar gevolglik regtens
geen grondslag bestaan vir die hou van 'n
geregtelike doodsondersoek nie. Tweedens is dit aangevoer dat 'n
6
geregtelike doodsondersoek die applikant se reg teen
selfinkriminasie sou skend en derdens is dit aangevoer
dat die hou van die geregtelike doodsondersoek
applikant se reg op 'n spoedige verhoor skend. Na
aanhoor van betoog het eerste respondent die aansoek
afgewys en besluit om voort te gaan met die hou van
die geregtelike doodsondersoek. Die applikant se
regsverteenwoordigers het eerste respondent versoek om
die aangeleentheid te verdaag ten einde sy beslissing
op hersiening te bring. Die verrigtinge is toe
verdaag en op 24 Junie 1993 is die huidige aansoek
geloods."
Die betoog wat namens appellant voor eerste respondent
aangevoer is, is voor die Hof a quo en ook in die
betoogshoofde in hierdie Hof herhaal. Appellant se
advokaat in hierdie Hof , wat nie die betoogshoofde opgestel
het nie, het betoog dat die prosedure wat deur tweede
respondent gevolg is nie net regtens onbevoeg was nie maar
ook op misbruik van reg neergekom het.
Alvorens met die submissies namens appellant gehandel
word is dit egter gepas om na sekere bepalings van die Wet
op Geregtelike Doodsondersoeke, 58 van 1959, ("die Wet") te
verwys.
7
Artikel 2 verplig iemand wat 'n onnatuurlike dood
vermoed om aan die polisie verslag te doen. Indien die
polisie daardie vermoede deel, moet hulle die sterfgeval
ondersoek. Ingevolge artikel 4 moet al die beskikbare
inligting betreffende 'n sterfgeval deur die
ondersoekbeampte aan die staatsaanklaer verstrek word.
Die bepalings van artikel 5, vir so ver hulle hier ter
sake is, lui soos volg:
"(1) Indien 'n strafgeding in verband met die
sterfgeval of beweerde sterfgeval nie ingestel word
nie, moet die staatsaanklaer bedoel in artikel 4
daardie verklarings, stukke en inligting wat aan hom
voorgel
is, aan die landdros van die betrokke distrik
voorl
.
(2) Indien dit aan die landdros op grond van die
inligting ingevolge subartikel (1) aan hom voorgel
,
biyk dat 'n sterfgeval voorgekom het en dat daardie
sterfgeval nie aan natuurlike oorsake toe te skryf is
nie, moet hy, behoudens die voorskrif te van die
Minister, die stappe doen wat nodig is om te verseker
dat 'n geregtelike doodsondersoek na die omstandighede
en oorsaak van die sterfte deur 'n regterlike beampte
ingevoige artikei 6 ingestel word:"
Geriefshalwe verwys ek hierna na 'n geregtelike
doodsondersoek eenvoudig as 'n "doodsondersoek".
8
Wat getuies en getuienis by 'n doodsondersoek
aanbetref, lui artikels 8, 10 en 11 soos volg:
"8. (1) Die regterlike beampte wat 'n geregtelike
doodsondersoek waarneem
of staan waar te neem, kan uit
eie beweging of op versoek van iemand wat 'n wesenlike
en besondere belang in die uitslag van die ondersoek
het enigiemand laat dagvaar om by die ondersoek
getuienis af te l
of om 'n dokument of saak voor te
l
: Met dien verstande dat bedoelde regterlike
beampte, indien aldus versoek deur die prokureur-
generaal binne wie se regsgebied die ondersoek
ingestel word
of staan te word, persone of 'n bepaalde
persoon moet laat dagvaar om mondelinge getuienis in
die algemeen of ten opsigte van 'n bepaalde
aangeleentheid by die ondersoek af te l
.
(2) Behoudens andersluidende bepalings van hierdie Wet, is die wetsbepalings aangaande strafverhore
mutatls mutandis van toepassing op die oproeping van
getuies by 'n geregtelike doodsondersoek, hul
ondervraging, die afneem van
die getuienis deur hulle
afgel
, die betaling van toelaes aan hulle en die
voorlegging van dokumente en sake.
10. (1 ) Tensy daar van die afl
van mondelinge
getuienis kragtens hierdie Wet afgesien word, of die
betrokke regterlike beampte kragtens subartikel (2)
anders gelas, moet 'n geregtelike doodsondersoek in
die openbaar geskied.
(2) Indien dit aan die regterlike beampte wat 'n
geregtelike doodsondersoek waarneem, blyk dat dit in
belang van die veiligheid van 'n getuie of van die
goeie orde of van die regspleging sal wees dat -
(a) die ondersoek agter geslote deure gehou
9
word; of (b) die aanwesigheid van 'n bepaalde persoon
nie wenslik is nie,
kan daardie regterlike beampte gelas dat lede van die
publiek in
die algemeen of van 'n bepaalde kategorie, of daardie bepaalde persoon, nie by die ondersoek of 'n deel daarvan teenwoordig mag wees
nie.
(3)
Indien dit aan die regterlike beampte wat 'n
geregtellke doodsondersoek waarneem, blyk dat die
veiligheid van 'n persoon in gevaar gestel kan word
indien hy by die ondersoek getuig, kan daardie
regterlike beampte gelas dat die identiteit van
daardie persoon nie openbaar mag word nie, of dat dit
nie openbaar mag word nie vir dle tydperk of behalwe
op die voorwaardes wat daardie regterlike beampte
bepaal.
(4)
Iemand wat versuim om aan 'n lasgewing kragtens
subartikel (2) of (3) te voldoen, is aan 'n misdryf
skuldig en
by skuldigbevinding strafbaar met 'n
boete
van hoogstens R4 000 of met gevangenisstraf vir 'n
tydperk van hoogstens een jaar of met sowel daardie
boete as daardie gevangenisstraf.
11. (1) Die staatsaanklaer of iemand wat deur die regterlike beampte wat 'n geregtelike doodsondersoek
waarneem of staan. waar te neem, aangewys word om in sy
plek op te tree, kan 'n getuie wat by daardie ondersoek getuienis afl
, ondervra.
(2) Enigiemand anders wat die regterlike beampte
oortuig dat hy 'n wenslike en besondere belang in die uitslag van die ondersoek het, kan persoonlik of deur
middel van 'n advokaat of prokureur die vrae wat die
regterlike beampte toelaat, stel aan 'n getuie wat by
die ondersoek getuienis afl
."
in terme van artikel 16(2) moet die regterlike beampte
10
'n bevinding maak onder andere of die dood veroorsaak is
deur 'n handeling of versuim wat prima facie 'n misdryf
"aan die kant van iemand insluit of uitmaak". Indien hy
nie in staat is om daardie bevinding (of die ander in die
subartikel vermelde bevindings) te maak nie moet hy
ingevolge artikel 16(3) di
feit boekstaaf.
Artikel 17(1) vereis dat die notule van die
verrigtinge aan die Prokureur-generaal voorgel
word
ingeval van 'n bevinding ingevolge artikel 16(3), of 'n
bevinding dat die dood die gevolg was van wat prima facie
'n
misdryf was, of waar die Prokureur-generaal voorlegging
versoek. Kragtens artikel 17(2) kan
die
Prokureur-generaal
die regterlike beampte versoek om die doodsondersoek te heropen vir die neem van verdere getuienis
f oor die
algemeen
f ten opsigte van 'n bepaalde aangeleentheid.
Laastens, vir huidige doeleindes, is daar artikel 21.
Die bepalings daarvan lui soos volg:
" (1) Die bepalings van hierdie Wet word nie so
11
uitgel
nie dat hulle die instel van 'n strafgeding
teen iemand belet, of dat hulle 'n
daartoe gemagtigde
persoon belet om 'n lasbrief vir die inhegtenisneming
van iemand uit te reik of om iemand in hegtenis te
neem, in verband met 'n sterfgeval, hetsy 'n
geregtelike ondersoek ten opsigte van daardie
sterfgeval 'n aanvang geneem het al dan nie.
(2) Wanneer die regterlike beampte wat die
geregtelike doodsondersoek waarneem of staan waar te
neem, te wete kom dat 'n strafgeding ingestel word of
staan te word in verband met 'n sterfgeval ten opsigte
waarvan stappe in verband met 'n geregtelike
doodsondersoek gedoen is, moet hy sodanige stappe
staak."
Om nou met die betoog namens appellant te handel, is
daar in die eerste plek, aan die hand van die bepalings van
artikel 5, aangevoer dat 'n doodsondersoek slegs gemagtig
word in die situasie waar 'n strafgeding nie ingestel word nie. in die onderhawige geval, aldus hierdie betoog, is 'n
strafgeding, in die vorm van die verrigtinge ingevolge
artikel 119 van die Strafproseswet, wel ingestel en
gevolglik was die instelling van 'n doodsondersoek daarna
regtens onbevoeg.
Die korrektheid van hierdie submissie hang af van wat
12
die wetgewer met die woord "strafgeding" bedoel het. Dit
word nie in die Wet omskryf nie. In die Engelse teks word
die uitdrukking "criminal proceedings" gebruik. Die
antwoord is te vinde in die aard en oogmerk van ' n
doodsondersoek soos blyk uit die bepalings van die Wet wat
hierbo na verwys is en soos in Marais NO v Tiley 1990 (2J
SA 899 (A) verduidelik is. Die betrokke dictum verskyn te
901F - 902C en lui soos volg:
" The underlying purpose of an inquest is to promote
public confidence and satisfaction; to reassure the
public that all deaths from unnatural causes will
receive proper attention and investigation so that,
where necessary, appropriate measures can be taken to
prevent similar occurrences, and so that persons
responsible for such deaths may, as far as possible,
be brought to justice. In this respect
I
am in full
agreement with the views expressed by Ciili
JP and
Marais J in Timol and Another v Magistrate,
Johannesburg, and Another
1972 (2) SA 281
(T) at 287H
- 288A that
'for the administration of justice to be complete and to instil confidence, it is
necessary that, amongst other things, there
should be an official investigation in every
case where a person has died of unnatural
causes, and the result of such investigation
should be made known. Therefore the Inquests
Act provides that, if there is reason to believe
that a death has occurred, that such death was
not due to natural causes and that it was not
followed by the institution of criminal
13
proceedings, there shall
be an inquest as to the
circumstances of the death'
and further (at 292A-B) that
'the inquest must be so thorough that the public
and the interested parties are satisfied that
there has been a full and fair investigation
into the circumstances of the death'.
To my mind it is axiomatic that public confidence and
satisfaction would normally best be promoted by a full
and fair investigation, publicly and openly held,
giving interested parties an opportunity to assist the
magistrate holding the inquest in determining not only
the circumstances surrounding the death under consideration, but also whether any person was
responsible for such death. A full and fair
investigation presupposes adherence to basic
principles of procedure, and would in the normal
course require the hearing of viva voce evidence.
That justice must be seen to be done is no less a
truism in the holding of inquests than it is in the
hearing of trials."
Weliswaar verskil 'n doodsondersoeken 'n strafgeding
voortvloeiende uit dieselfde onnatuurlike sterfgeval daarin
dat die vraag by eersgenoemde is, onder andere, of
strafregtelike aanspreeklikheid aan die kant van 'n
persoon, bekend of onbekend, prima facie bevind kan word
terwyl by laasgenoemde die vraag is of strafregtelike
aanspreeklikheid aan die kant van die betrokke beskuldigde
14
buite redelike twyfel bevlnd kan word. Maar in dle lig van
die pasaangehaalde dictum in Marais NO v Tiley is dit
duidelik dat wat beide vorms van proses in gemeen het, is
'n openbare ondersoek na die omstandighede van 'n dood, wat
die voorlegging en opweging van getuienis behels, welke
ondersoek dan op 'n bevinding uitloop (ongeag of dit 'n
positiewe of 'n negatiewe is) met betrekking tot sodanige
omstandighede en die bestaan al dan nie van strafregteiike
aanspreeklikheid. Gevolglik is dit nie net verstaanbaar
dat artikel 21 (2) van die Wet bepaal dat die twee nie
tegelykertyd moet plaasvind nie, maar in die lig van die
vereisde ondersoek en bevinding verg 'n behoorlike uitieg van "strafgeding" en "criminal proceedings" in artikels
5
en 21 van die Wet na my mening dat die beoogde
strafprosedure drie eienskappe in besonder moet h
. Hulle
is: 'n ondersoek na die feite, 'n opweging van die
voorgelegde getuienis en 'n bevinding met betrekking tot
strafregtelike aanspreeklikheid. Klaarblyklik het 'n
15
strafverhoor daardie eienskappe maar verrigtinge ingevolge
artikel
119
van die Strafproseswet nie. Die prosedure
ingevolge artikel
119
is nie deel van die strafverhoor self
nie, maar 'n voorverhoorproses: S v Singh
1990 (1) SA 123
(A)
te 130 E-F; S v Mabaso
[1990] ZASCA 24
;
1990 (3); SA 185
(A) te 202 D-E.
Dit behels geen voorlegging van getuienis of ondersoek na
die feite nie. By afsluiting kan die beskuldigde nie op 'n
uitspraak aandring nie: S v Hendrix 7979 (3) SA 816 (D) te
818 C-F. Dle proses loop dus op geen bevinding uit nie:
Hiemstra, Suid-Afrikaanse Strafproses
, 5de uitgawe, te 330.
Bygevolg beteken "strafgeding" en "criminal proceedings" in
die Wet 'n strafverhoor en was die verrigtinge wat die
onderhawige doodsondersoek voorafgegaan het dus nie 'n
strafgeding nie. Instelling van die doodsondersoek is dus
deur niks in artikel 5 belet nie.
Ek mag net die aandag daarop vestig dat die vraag mag
ontstaan of dit op 'n strafgeding vir doeleindes van die
Wet sou neerkom waar, byvoorbeeld, na pleit, die vervolging
16
sonder aflegging van getuienis namens die Staat gestaak
word. En indien die antwoord bevestigend sou wees, sou die
verdere vraag wees of artikel 5 dan 'n doodsondersoek
belet. Daardie vrae hoef nie tans beslis te word nie.
Appellant se tweede submissie word op die bepalings
van artikel 21(2) gegrond. Uit die onderhawige feite moet
noodwendig afgelei word, aldus die betoog, dat tweede
respondent voornemens was, en nog steeds is, om na
afhandeling van die doodsondersoek appellant onverwyld te
vervolg. Dit synde die geval, moes eerste respondent
ongetwyfeld die kennis besit het dat 'n strafgeding i
ngestel word of staan te word en behoort hy die gebiedende
bepaling van artikel 21(2) te gehoorsaam het en die
doodsondersoek dus te gestaak het.
Die oorweging waarop in hierdie opsig gesteun word, is
dat die besluit om appellant nie "op di
stadium" te
vervolg nie by duidelike implikasie slegs van tydelike
toepassing was. Wat hierdie aspek betref, s
tweede
17
respondent in sy opponerende eedsverklaring voor die Hof a
quo die volgende:
6.
Aangesien 'n besluit om nie te vervolg nie, nie 'n
staking van vervolging is nie en, sou dit te eniger
tyd daarna blyk dat 'n suksesvolle vervolging wel
ingestel kan word, is my beslisslng bewoord dat ek weier om die beskuldigde op die huidige stadium te
vervolg. Dit is beleid dat my beslissing so
geformuleer word ten einde 'n beskuldigde nie onder 'n
wanindruk te laat ten opsigte van enlge vermeende
finaliteit oor 'n vervolging nie."
Daardie verduldeliking kom vir my oortuigend voor. In
die lig daarvan en in die afwesigheid van enige verdere
getuienis wat die onderhawige betoogspunt steun, kan nie
bevind word dat 'n strafgeding te enige tersaaklike tyd
ingestel staan te gewees het nie.
Die derde en laaste submissie in appellant se
betoogshoofde is dat voortsetting van die doodsondersoek sy
privilegie teen selfbeskuldiging sou skend asook sy reg op
spoedige afhandeling van enige verhoor waarby hy die
beskuldigde gaan wees. Soos reeds aangedui, is daardie
18
submissie deur appellant se advokaat in hierdie Hof
uitgebrei. Hy het aangevoer dat die prosedure wat tweede
respondent in die onderhawige situasie gevolg het op
misbruik van reg neerkom wat ernstige benadeling vir
appellant en potensi
le verdedigingsgetuies ten gevolg sou
h
. In hierdie verband is gesteun op wat in S v Mjoli
1994
(2); SA 815
(T), te 827 B-E ges
is. Die betrokke passasie
lui soos volg:
"Dit is duidelik dat vervolgings en geregtelike
doodsondersoeke nie naas mekaar kan bestaan nie en dat
die Staat in die geval van 'n onnatuurlike dood moet
kies watter een van die twee prosedures hy wil volg.
Sien De'Ath (substituted by Tiley) v Additional
Magistrate, Cape Town
1988 (4) SA 769
(C) op 776C-D.
Hoewel 'n vervolging na 'n geregtelike doodsondersoek
ingestel kan word en 'n geregtelike doodsondersoek
ingestel kan word en ingestel moet word as daar in die
geval van 'n onnatuurlike dood nie met 'n vervolging
voortgegaan word nie, behoort die Staat nie, as hy
vermoedelik op voldoende gronde besluit het om iemand
aan te kla, die vervolging terug te trek nie en 'n
versoek dat 'n geregtelike doodsondersoek gehou word,
met 'n lasgewing dat die persoon ondervra moet word te
kombineer nie. Stap-vir-stap tree die Staat miskien binne sy regte op maar die resultaat is 'n misbruik van die proses. Dit kan nie
ges
word dat die Staat
nie met die heropening van die geregtelike ondersoek
19
kan voortgaan nie, dit wil s
langs die regte we
nie,
want die publieke belang in 'n openbare ondersoek na die oorsaak van 'n onnatuurlike dood, verkieslik met
behulp van mondelinge getuienis bly oorheersend. Sien
Marais NO v Tiley
[1990] ZASCA 40
;
1990 (2) SA 899
(A) op 902A-903F.
Wat egter vas staan is dat die prosedure deur die Staat gevolg in die algemeen nie gevolg behoort te
word nie. Die Staat moet 'n keuse tussen die twee
prosedures maak en konsekwent by sy keuse bly."
Alhoewel dit altyd van belang is om toe te sien dat
misbruik van reg of misbruik van proses nie plaasvind nie,
is dit onnodig vir huidige doeleindes om 'n mening
aangaande die inhoud van hierdie passasie uit te spreek. In die eerste plek is die uitslag nie daarop gegrond nie
maar op ander oorwegings. Die
dictum was derhalwe obiter.
In die tweede plek het die feite in daardie geval in
wesenlike opsigte van die feite van hierdie saak verskil.
In Mjoli se saak, nadat 'n sekere P en M in 'n
landdroshof op 'n aanklag van moord onskuldig gepleit het,
is die aanklag teruggetrek toe die Prokureur-generaal laat
weet het dat hy weier om hulle op "hierdie stadium" te
vervolg. 'n Doodsondersoek is mettertyd deur die
20
Prokureur-generaal versoek. Die landdros wat die
doodsondersoek waargeneem het, het op die be
digde
verklarings voor hom die bevinding genotuleer dat P en M
prima facie die betrokke oorledene se dood veroorsaak het.
Die Prokureur-generaal het toe stappe gedoen om di
bevinding op hersiening kragtens die Strafproseswet tersyde
gestel te kry met die doel dat die doodsondersoek heropen
word en dat P en M gedagvaar word om mondeling te getuig
sodat die aanklaer hulle kon kruisvra. Tersydestelling is
geweier omdat die Prokureur-generaal ingevolge artikel
17(2) van die Wet in elk geval op heropening vir gemelde doel geregtig was. Die hierbo aangehaalde kommentaar dat
sodanige heropening 'n misbruik van proses was, is
essensieel gegrond daarop:
(a) Dat die omstandighede die indruk geskep het dat
die Prokureur-generaal die geleentheid gesoek
het "om persone wat hy reeds besluit het om aan
te kla te kan interrogeer" (te 826G); en
21
(b) Dat hy vanwe
die landdros se bevinding verplig
was om P en M aan te kla (te 826 H-I).
In die huidige saak bestaan daar nie soortgelyke
omstandighede of dieselfde verpligting nie. Dit is
onmoontlik om op die oorkonde tot die slotsom te geraak dat
vervolging van appellant meer as net 'n spekulatiewe
moontlikheid is. Niks regverdig dus die afleiding dat
wettige magte vir 'n ongeoorloofde doel gebruik word nie.
Vir soverre die beweerde benadeling aanbetref, het
appellant se advokaat daarop gewys dat appellant, sy
huidige eggenote en ander potensi
le verdedigingsgetuies
wat almal gedagvaar is om by die doodsondersoek te getuig,
daar gekruisvra sou kon word, 'n gevolg wat die Staat
onmoontllk sou kon bereik deur appellant bloot te vervolg.
Hierdie toedrag van sake sou tot skending nie net van
gemelde privilegie lei nie, maar ook van appellant se reg,
ingeval van vervolging, om te swyg. In wese, so lui die
betoog, sou voortsetting van die doodsondersoek indruis
22
teen appellant se regte tot 'n
billike verhoor soos verleen
in artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-
Afrika, 200 van 1993.
Appellant se kommer kan maklik begryp word, maar die beweerde benadeling waarna ons verwys is, sou van presies
dieselfde aard en strekking gewees het indien tweede
respondent, soos hy by magte en geregtig was om te doen,
die instelling van 'n doodsondersoek aan die gang gesit het
sonder enlge voorafgaande aanklag of artikel
119
verrigtinge. In laasgenoemde omstandighede sou appellant
die onderhawige submissie onmoontlik kon geopper het. Die
beweerde nadele, indien hulle wel, regtens gesproke, nadele
is, vloei eenvoudig voort uit die prosedure wat die Wet
neerl
. Hulle is nie aan tweede respondent se optrede te
wyte nie. Dit moet onthou word dat tweede respondent 'n plig aan die publiek verskuldig is. Verantwoordelike
uitvoering daarvan vereis vervolging waar die beskikbare
getuienis 'n strafgeding regverdig, maar weiering om te
23
vervolg waar geen redelike vooruitsigte van 'n
skuldigbevinding bestaan nie. En dit vereis, in die
openbare belang, die instelling van 'n doodsondersoek waar
'n strafgeding nog nie ingestel is nie en die beskikbare
getuienis nie sodanige geding regverdig nie. Niks sou
myns
insiens vinniger tot die redelike suspisie onder die
publiek lei dat die owerhede besig is om feite te verbloem
nie as dat daar geweier word om 'n vooraanstaande persoon
(soos appellant blykbaar is) te vervolg en dat daar boonop versuim word om 'n doodsondersoek in te stel. Na my mening
dus kom die prosedure wat in die onderhawige geval gevolg
is nie op misbruik van reg neer nie.
Tydens die doodsondersoek sal appellant asook
potensi
le verdedigingsgetuies dus moet getuig. Hy sal
egter gemelde privilegie h
en hy sal dit met behulp van sy
regsverteenwoordiger kan uitoefen. Indien die voorsittende
beampte op 'n antwoord sou aandring wat die privilegie na
bewering sou skend dan, en eers dan, sou appellant op
24
regshulp geregtig word
f by wyse van gepaste
hersieningsverrigtinge
f by wyse van beswaar, ingeval van sy uiteindelike vervolging, teen toelating teen hom van sy
getuienis by die doodsondersoek. By ontstentenis van
hersieningsverrigtinge sal die beweerde skending van die
privilegie, van die reg van stilswye en die reg op 'n
billike verhoor ingevolge artikel 25(3) van die Grondwet
alles aangeleenthede wees (op die veronderstelling dat die
Grondwet in die onderhawige geval in alle opsigte van
toepassing is) wat eers geopper sal kan word as en wanneer
appellant vervolg word. Respondente se advokate moet gelyk
gegee word dat appellant se besware tans onder bespreking
voorbarig is. Hierdie is nie die gepaste tyd of forum vir
die aanhoor daarvan nie. Dit sal die verhoorregter wees
wat sal moet toesien dat appellant se verhoor, indien enige, billik verloop deur onder andere in sy of haar
diskresie getuienis uit te sluit wat, alhoewel tydens die
doodsondersoek onder 'n wettige verpligting afgel
is,
25
nietemin tot onbillikheid sal (of selfs mag) lei indien by
die verhoor toegeiaat. Dlt is 'n geskil wat op die feite
by die verhoor besieg sal moet word aangesien dit die
verhoorregter is wat in die beste posisie sai wees om in
die samehang van die ontwikkeiing van die bewysreg daardie
besluit te neem: ferreira v Levin NO and Others
1996 (1)
SA 984
(CC) te 1077G - 1078B; 1091I - 1092A; 1097 D-F.
Vir ai die voorgaande redes kan appellant se finale
submissie ook nie slaag nie.
Appellant se advokaat het versoek dat ingeval van
verwerping van daardie submissie, ons die vraag of die
prosedure deur tweede respondent gevolg in stryd was met
die bepalings van artikel 25(3) van die Grondwet, na die
Konstitusioneie Hof verwys. Aangesien daardie vraag,
voigens die besiissing in Ferreira se saak, supra, met billikheidsoorwegings en die bewysreg te doen het, en
derhalwe een vir die verhoorregter is, is daar myns insiens
geen konstitusioneie vraag om ingevolge artikei 102(6) van
26
die Grondwet te verwys nie.
Uit hoofde van die voorgaande was die beslissing van
die Hof a quo korrek. Die app
l word van die hand gewys
met koste.
C.T. HOWIE
APP
LREGTER
E.M. GROSSKOPF AR ] STEM SAAM
VIVIER AR
]
MARAIS AR
]
PLEWMAN WN AR ]
/al