About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 62
|
|
S v Van Zyl (552/95) [1996] ZASCA 62 (30 May 1996)
Saaknommer 552/95 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
ADRIAAN VAN ZYL
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HEFER, SMALBERGER,
F.H. GROSSKOPF, HOWIE
et SCOTT ARR DATUM AANGEHOOR : 21 MEI 1996 DATUM VAN UITSPRAAK : 30 MEI 1996
UITSPRAAK
HOWIE A R /
2
HOWIE AR:
Appellant het by 'n motorhawe ene John Snyman 'n vuishou in die gesig toegedien en sy neus gebreek. Voortspruitende daaruit is appellant
in 'n landdroshof van aanranding met die opset om emstig te beseer aangekla. Sy verweer was dat hy ten tye van die voorval, weens
die kumulatiewe uitwerking van die inname van twee anti-histamien tablette en sterk drank, tydelik ontoerekeningsvatbaar was. Daar
is bevind dat appellant se toerekeningsvatbaarheid en dus sy strafregtelike aanspreeklikheid nie bewys is nie. Die landdros het hom
egter skuldig bevind aan oortreding van artikel 1(1) van Wet 1 van 1988 (waarvan hy nie aangekla is nie maar skuldigbevinding waaraan
'n bevoegde uitspraak is kragtens artikel 1(2) van gemelde Wet) en hom tot R 160,00 of 40 dae gevangenisstraf gevonnis.
Appellant het na die Kaapse Provinsiale Afdeling teen die skuldigbevinding geappelleer. Omdat die Regters wat die app
l oorspronklik
3
aangehoor het nie kon saamstem nie is dit na die Volle Hof verwys. Die Volle Hof het die app
l van die hand gewys. 'n Aansoek om verlof om verder te appelleer is deur die Hof a quo geweier maar deur hierdie Hof toegestaan.
Vandaar die onderhawige app
l. In die bevel waarvolgens verlof toegestaan is, is die partye versoek om betoog voor te l
ten opsigte van die vraag of hierdie Hof die gewraakte skuldigbevinding met 'n skuldigbevinding aan aanranding (met of sonder die
bedoeling om emstig te beseer) kan vervang.
Ek mag net meld dat appellant saam met 'n medebeskuldigde, Jacques de Wet, tereggestaan het en dat hulle ook van crimen injuria aangekla
is. Appellant is op laasgenoemde aanklag vrygespreek en De Wet is op albei klagtes vrygespreek. Dit is onnodig om verder na die ander
aanklag te verwys. Geriefshalwe sal ek later hierin na De Wet as "beskuldigde 2" verwys.
In hierdie Hof is namens appellant aan die hand gedoen dat dit 'n element is van die misdryf van oortreding van artikel 1(1) van Wet
1 van 1988
4
(waama ek as "die statut
re misdryf" sal verwys) dat die beskuldigde ten tye van die gewraakte handeling nie strafregtelik aanspreeklik was nie. Voorts
is aangevoer dat die Staat daardie element bo redelike twyfel moet bewys en dat al wat in die huidige geval ges
kan word, is dat daar redel
ke twyfel bestaan aangaande appellant se strafregtelike aanspreeklikheid. Derhalwe, aldus die betoog, is n
g die ten laste gelegde aanranding n
g die statut
re misdryf bewys.
Die Staat se betoog aan die ander kant was dat dit bewys is dat appellant te alle wesenlike tye toerekeningsvatbaar en dus strafregtelikaanspreeklik
was. Hy moes derhalwe skuldig bevind gewees het soos aangekla. Aangesien hierdie Hof bevoeg is, so lui die betoog, om 'n skuldigbevinding
aan die statut
re misdryf met 'n skuldigbevinding aan die ten laste gelegde misdryf te vervang, is sodanige vervanging namens die Staat versoek.
5
Artikel 1 van Wet 1 van 1988 lui soos volg:
"(1) Iemand wat enige stof inneem of gebruik wat sy vermo
ns om die wederregtelikheid van sy handelinge in te sien of om in ooreenstemming met daardie insig te handel, aantas, terwyl hy weet
dat daardie stof daardie uitwerking het, en wat terwyl daardie vermo
ns aldus aangetas is 'n handeling verrig wat deur die reg op straf verbied word, maar wat nie strafregtelik aanspreeklik is nie omdat
sy vermo
ns aangetas was soos voormeld, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding stra
baar met die straf, behalwe die doodstraf, wat ten opsigte van die pleging van daardie handeling opgel
kan word.
(2) Indien in enige vervolging weens enige misdryf daar bevind word dat die beskuldigde nie strafregtelik aanspreeklik is vir die
ten laste gelegde misdryf nie op grond van die feit dat die vermo
ns in subartikel (1) vermeld, aangetas was deur die inname of gebruik van enige stof, kan daardie beskuldigde skuldig bevind word
aan 'n oortreding van subartikel (1), indien die getuienis die pleging van sodanige oortreding bewys."
Die submissie namens appellant dat vir 'n skuldigbevinding aan die
statut
re misdryf die Staat positief moet bewys dat 'n beskuldigde nie
strafregtelik aanspreeklik was nie, word deur die beslissing van hierdie Hof in
S v September 1996 (1) SASV 325 (A) te 327g - 328d gestaaf. In die
onderhawige geval dus sal appellant se strafregtelike aanspreeklikheid met
6
betrekking tot die ten laste gelegde aanranding of sy nie-aanspreeklikheid met betrekking tot die statut
re misdryf afhang van die antwoord op die vraag of die Staat bewys het dat hy ten tye van die betrokke voorval
f toerekeningsvatbaar
f ontoerekeningsvatbaar was.
Om toerekeningsvatbaar te wees moet mens in staat wees om tussen reg en verkeerd te onderskei en ook om ooreenkomstig daardie onderskeidingsvermo
te handel: S v Laubsher
1998 (1) SA 163
(A) te 166 H-I.
Soos reeds aangedui, was dit appellant se verweer dat hy weens anti-histamien- en alkoholinname ontoerekeningsvatbaar was. Hy het
ook in sy verdediging getuig dat hy geen geheue ten opsigte van die tersaaklike voorval het nie.
Waar 'n beskuldigde die verweer opper van nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid weens dronkenskap, moet die volgende dicta in
7
gedagte gehou word. In S v Chretien 1981 (1)SA 1097 (A) te 1106 B-G s
die
Hof:
"Eers dan wanneer 'n persoon, wat 'n gevolghandeling pleeg, so besope is dat hy nie besef nie dat wat hy doen ongeoorloof is,
of dat sy inhibisies wesenlik verkrummel het, kan hy as ontoerekeningsvatbaar beskou word.
Indien mens die Hofverslae nagaan, blyk dit dat alleen in hoogs uitsonderlike gevalle dit bevind word dat 'n beskuldigde 'n misdaad
pleeg terwyl hy so besope is dat hy nie besef dat wat hy doen ongeoorloof is nie of dat sy inhibisies volkome verdwyn het.
(E)k wil herhaal dat 'n hof alleen op grond van getuienis wat dit regverdig tot die konklusie, of redelike twyfel, sal kom dat wanneer
iemand inderdaad 'n handeling (of omissie) begaan het wat 'n misdaad is, hy dermate besope was dat hy nie toerekeningsvatbaar is
nie."
En op 1108 C-D verskyn die volgende passasie:
"Een van die probleme in verband met dade gepleeg in dronkenskap is natuurlik dat die beskonkene wel weet wat hy doen terwyl
hy dit doen, maar dikwels later vergeet het wat hy gedoen het. Die blote feit dat hy vergeet het wat hy gedoen het, maak hom nie
ontoerekeningsvatbaar nie. Wel is dit duidelik dat in elke geval noukeurige aandag aan al die relevante feite gegee moet word. 'n
Hof moet dit doen omdat dit uiteindelik die taak van die hof self is om te beslis of 'n beskuldigde
8
ontoerekeningsvatbaar is of nie."
Die belangrike punt dat dit die hof is, en nie 'n deskundige of
deskundiges nie, wat die nodige bevinding moet maak, is vroe
r in S v Harris
1965 (2) SA 340
(A) te 365 B-C beklemtoon:
"(I)n the ultimate analysis, the crucial issue of appellant's criminal responsibility for his actions at the relevant time is
a matter to be determined, not by the psychiatrists, but by the Court itself. In determining that issue the Court - initially, the
trial Court; and, on appeal, this Court - must of necessity have regard not only to the expert medical evidence but also to a
l the other facts of the case, including the reliability of appellant as a witness and the nature of his proved actions throughout
the relevant period."
Van toepassing ook is die volgende opmerking in S v Kensley
1995 (1)
SACR 646
(A) te 658 i-j:
"As a matter of self-preservation society expects its members, even when under the influence of alcohol, to keep their emotions
suff
ciently in check to avoid harming others and the requirement is a realistic one since experience teaches that people normally do.
... It follows that the evidence on which a defence of sane criminal incapacity due to intense emotion is based, should be viewed
with circumspection."
9
Vir "intense emotion" kan mens vir huidige doeleindes "intoxication" sonder twyfel of voorbehoud inlees.
Die getuienis wat appellant se verweer hoofsaaklik ten grondslag gel
het, was die mening van Dr. N. Finkelstein, 'n farmakoloog wat namens die verdediging getuig het. In die lig van die aangehaalde dicta
moet sy mening geevalueer word beide inherent en ook aan die hand van die ander getuienis wat aan die verhoorhof voorgel
is.
Die agtergrondfeite is grotendeels gemene saak. Appellant is afdelingshoof, kli
nterekeninge, by Wesbank se streekkantoor in Kaapstad. In die klagstaat is sy ouderdom as 31 aangegee. Op die betrokke dag - 'n Maandag
- het hy wakker geword met 'n toe neus. Hy het derhalwe twee 6 mg Polaramine tablette gedrink wat sy vrou hom gegee het. Dit was
om ongeveer 7 vm voordat hy werk toe is. Die tablette het vinnig verligting gebring en hy het weer gesond gevoel. Gedurende die loop
van die oggend is vemeem dat
10
van al die bank se kantore sy kantoor se resultate vir die vorige maand landwyd die beste was. Om daardie rede is besluit dat hy en
van sy mede-werknemers, insluitende beskuldigde 2, vir middagete sou uitgaan om hulle prestasie te vier. Hulle het dus om ongeveer
12h30 na 'n nabygele
kroeg gestap waar hulle middagete in die restaurant genuttig het. Vanaf 12h30 tot 16h30 het appellant altesaam drie glase bier en
drie likeurglasies snaps gedrink en beskuldigde 2, vier biere en twee glasies snaps. Om ongeveer 16h30 het appellant en beskuldigde
2 na die motorhawe gestap - 'n afstand van om en by 200 meter - waar laasgenoemde sy bakkie gelaat het om gediens te word. Beskuldigde
2 sou appellant 'n geleentheid huis toe gee. Die voertuig was egter nog nie beskikbaar nie en hulle is na die restaurant terug. Hulle
het so pas daar aangekom toe die bakkie daar afgelewer is. Beskuldigde 2 het toe agtergekom dat dit feitlik sonder brandstof was
en hulle het weer na die motorhawe gegaan om dit vol te maak. Intussen het beskuldigde 2 ghries in
11
die bakkie opgemerk asook ander tekens van onbevredigende werkmanskap wat hom ge
rriteerd laat voel het. Nadat hy dus langs die brandstofpompe geparkeer het, het hy, na opdrag aan een van die pompbediendes, gaan
soek na die bestuurder. Appellant het in die passasiersitplek bly sit.
Kort daama, om net voor 17h30, bring die klaer ("Snyman") sy motor oorkant die bakkie, aan die anderkant van die ry pompe,
tot stilstand. Ene Victor Nyoka, 'n ander pompbediende, gooi brandstof vir Snyman in en maak toe die motor se enjinkap oop om die
olievlak vas te stel. Intussen kon beskuldigde 2 nie die bestuurder in die hande kry nie. Hy vererg hom verder toe hy geen Wesbank
verkoopbewyse in sy besit of in die bakkie kan vind waarmee hy vir sy brandstof kan betaal nie. Terwyl beskuldigde 2 vir verkoopbewyse
soek en Snyman saam met Nyoka by die voorkant van die motor besig is, klim appehant uit die bakkie en gaan na Snyman se motor. Hy
klim in die bestuurder se sitpiek en ieun vandaar oor om sodoende die
12
paneelkissie te deursoek. Snyman word hiervan bewus en gaan na die bestuurder se deur toe. Hy sien die inhoud van die paneelkissie
op die vloer en vra vir appellant om uit te klim. Appellant weier en vloek hom. Snyman is toe genoop om aan appellant fisies te trek
in 'n poging om hom uit te kry. Appellant sit hom te
en klou vas aan die stuurwiel en die handrem. Snyman slaag uiteindelik om appellant uit te trek. Kort daarop is Snyman te lyf gegaan:
appellant dien hom die gewraakte vuishou toe en om en by dieselfde tyd gryp beskuldigde 2 vir Snyman voor sy bors vas. Nie lank daama
nie stap Snyman die motorhawe se kantoor binne om die polisie te bel. Snyman kom nie na die polisiestasie deur nie en dit neem ongeveer
15 minute voordat hy die voorval kan rapporteer. Intussen bly appellant en beskuldigde 2 op en af loop binne die kantoor en buitekant.
Die polisie ontvang die rapport om ongeveer 18h00 en na vyf minute daag konstabel R. Bouwer in 'n patrolliewa by die toneel op. Snyman
wys toe
13
vir appellant en beskuldigde 2 as sy aanvallers uit. Omdat beskuldigde 2 toe luidrugtig en redekawelrig optree, vra Bouwer vir hulle
om in die polisievoertuig te klim terwyl hy met sy ondersoek voortgaan. Mettertyd maak hy daar klaar en ry met appel
ant en beskuldigde 2 na die polisiestasie. Hulle bereik die aanklagkantoor om ongeveer 18h35 waar Bouwer hulle name en persoonlike
besonderhede notuleer. Hulle word later die aand toegelaat om huis toe te gaan.
Om die getuienis nou meer breedvoerig te behandel, die 47-jarige Snyman, wat die landdros as "'n baie eerlike getuie" be
ndruk het, getuig dat toe hy by die pompe aankom, hoor hy dat beskuldigde 2 besig is om 'n pompbediende in beledigende vloektaai mee
te deel dat hy die bestuurder wil sien. Appellant sit toe in die bakkie aan die passasierskant met sy venster oop. Appellant is toe
ook besig om te vloek. Sodra sy aandag op Snyman val, vloek hy vir Snyman 'n hele paar keer. Snyman se indruk was dat aibei
14
heelwat te drink gehad het. Voorts getuig hy dat loe hy appellant uit sy motor
trek, beland laasgenoemde op hande en voete. Hy los vir appellant daar en
beweeg in die rigting van die kantoor om by die personeel te gaan kla dat so
iets by hulle vulstasie gebeur. Hy loop hom toe vas in beskuldigde 2 wat hom
vasgryp, hom erg vloek en hom teen die motor vasdruk. Terwyl hy so
vasgegryp word, slaan appellant hom in die gesig. Snyman breek toe weg en
gaan bel vir die polisie. Terwyl almal die polisie afwag raak appellant toe stil.
Snyman kan natuurlik nie self 'n rede verstrek waarom appellant in sy motor
geklim het en sy paneelkissie deursoek het nie, maar tydens kruisondervraging
deur die advokaat wat namens appellant in ai drie howe opgetree het (hy het
ook vir beskuldigde 2 by die verhoor verskyn) kom daar in die oorkonde die
volgende vrae en antwoorde voor wat lig werp op hierdie onderwerp:
"Will you agree with me that it looks - it appears more that he was looking for something, rather than that he was intent upon
stealing anything from your car.
—
Sir, I didn't say he was intent upon stealing. I wanted to know what he was doing in my car, and what
15
right did he have to get into my car.
H'm, no, I - Mr Snyman, you - I'm not arguing that you were justifiably
angry, or that you - I'm not saying that you were angry; that you - I
wouldn't have faulted you for being angry, if you were. Accused
number 1 - the evidence will be - had previously been looking for a
voucher in accused number two's cubby-hole.
—
No idea.
You have no idea. Are you aware of the defence which accused
number 1 has raised in this case, Mr Snyman.
—
You mean, that he
was on - he didn't know what he was doing (indistinct)... (intervention).
H'm.
—
Yes?
From what you tell us that he did in your car, would you agree with me
that it didn't look as if he knew what he was doing? --- No, I wouldn't
say that. If he'd got into my car with the intention of finding
something, he was going about it the right way.
Yes, but your car was a completely illogical place to look, was it not?
--- Sir, that you've got to ask him. I don't know what he was doing in
my car.
Right. Let me explain it to you fully. Both accused are employed by
Wesbank.
COURT: Both accused?
MR KIRK-COHEN: Are employed by Wesbank, Your Worship. And
they have, as part of their pay package, free petrol, where they fill up
at a filling station and charge it to the company's account. And for this
purpose they need special Wesbank vouchers. And it was for one of
those vouchers that accused number 1 was apparently searching in
accused number two's cubby-hole. Now we don't know, and accused
number 1 can't tell us, what was going through his mind at the time.
But if one assumes that he was continuing his search for a Wesbank
16
voucher, Mr Snyman, your cubby-hole was certainly not the right place
to look for it. --- (No audible reply.)
Do you have any comment about that. --- No, I don't have any
comment on it.
You don't have any Wesbank vouchers in your cubby-hole, I take it. ---
I have Autocard vouchers."
Gesien sy verweer dat hy geen geheue ten opsigte van die gebeure tydens en rondom die voorval het nie, het appellant ook nie 'n verduideliking
in hierdie verband verstrek nie. Na aanleiding van Snyman se waamemings, die erkennings wat namens appellant in die hierbo aangehaalde
passasie gemaak is en die getuienis as geheel, is dit myns insiens 'n noodwendige afleiding dat appellant die kans gewaag het om
geldige en bruikbare verkoopbewyse in Snyman se paneelkissie te vind.
Nyoka, volgens die landdros se uitspraak, het 'n goeie indruk as getuie gemaak. Sy weergawe verskil in sekere opsigte van Snyman s'n
maar in wese staaf hy wat Snyman beweer en in ander aspekte het hy meer as Snyman waargeneem. Die verskille is deeglik deur die landdros
ontleed en in ag
17
geneem. Weens die feit dat Snyman onder kruisondervraging reguit erken het dat appellant en sy metgesel se gedrag op die betrokke
dag hom teenoor hulle bevooroordeeld gemaak het, het die landdros gemeen dat dit in al die omstandighede gepas was om Nyoka se getuienis
te verkies waar die weergawes van die twee getuies op belangrike punte verskil. Opsommenderwys beteken dit dat die landdros aanvaar
het (soos deur Nyoka beweer) dat appellant heeltyd op sy voete gebly het nadat hy by die motor uitgetrek is, dat Snyman toe vir appellant
in die rigting van die bakkie gestoot het, dat appellant toe terug na Snyman gestap het en hom die vuishou toegedien het en, laastens,
dat dit eers na die vuishou was dat beskuldigde 2 vir Snyman gegryp het.
Waar Nyoka verdere besonderhede bydra is in die volgende opsigte. Hy het gewaar hoe appellant by die bakkie uitklim en na die motor
stap. Die bestuurder se deur was toe. Appellant moes dit oopmaak om in te klim. Hy
18
het dit toe agter hom toegemaak. Naderhand, toe Snyman kantoor toe is om die polisie te bel, is hy deur nie net beskuldigde 2 nie,
maar ook appellant, agtervolg. Op een of ander latere stadium het appellant teruggekeer na Snyman se motor. Hy het die sleutel uitgehaal
en dit weggegooi. Nyoka het gesien waar dit beland het en het dit gaan optel.
Konstabel Bouwer se relaas was die volgende. Op die toneel aangekom, het hy almal betrokke 'n kans aangebied om te praat. Beskuldigde
2 wou egter nie stilbly nie. Hy was deurentyd opstandig en het eenvoudig aanhoudend ontken dat Snyman aangerand is. Vandaar Bouwer
se besluit om hom en appellant te vra om in die polisiewa te klim. Volgens Bouwer het appellant, wat tot op hierdie stadium net stilgebly
en rondgestaan het, hierdie versoek gehoorsaam waarna hy sonder moeite self in die voertuig geklim het. Beskuldigde 2 het hom egter
te
gesit waarop Bouwer hom moes waarsku om nie probleme te gee nie.
19
By die aanklagkantoor het appellant op Bouwer se navraag
laasgenoemde voorsien van sy naam, adres en werksbesonderhede. Volgens
Bouwer kon appellant sy vrae verstaan al was hy 'n bietjie traag om te
antwoord. Bouwer het opge
et dat appellant se oe baie rooi was. Hy getuig
dat appellant "deurmekaar" was maar hy kon nie drank aan appellant ruik nie
en was nie instaat om te s
of hy toe dronk was of nie. Bouwer is nie gevra
om te verduidelik wat hy met die woord "deurmekaar" bedoel het nie. Die
getuie kom egter by deurlees van die oorkonde as alles behalwe wel ter tale
voor. Gevra byvoorbeeld hoe appellant vir hom voorgekom het loe hulle nog
by die motorhawe was, lees sy getuienis soos volg:
"Beskuldigde 1 was - hy was in my - my - volgens my oordeel kon ek nie s
hy was onder die invloed van drank nie; hy het nou nie na drank geruik nie, maar hy was nie - hy het - ek kan nie - ek weet nie,
dis moeilik om te s
- ek kan nie s
of hy in 'n dwaal was - hy was - soos van 'n - in iets van 'n dwaal gewees. Hy het net daar rondgestaan. Nou hoekom s
u, 'In 'n dwaal'?
—
Hy het - hy was so half verskrik gewees.
HOF
: Half?
—
Half verskrik.
20
AANKLAER: Maar watter bewys het u van die feit dat hy in 'n dwaal is. Jy het nou tot 'n gevolgtrekking gekom dat hy in 'n dwaal was.
Nou hoe het u tot daai gevolgtrekking gekom ... (tussenbeide)
—
Hy het bietjie rondgeval en sy o
was bloedrooi gewees. Wat bedoel jy, 'Hy het 'n bietjie rondgeval'.
—
Hy was bietjie onvas op sy voete gewees op daai tydstip."
Appellant getuig dat hy tussen 16h00 en 16h30 by die restaurant duiselig begin voel het. Dit was nie soos die effek van alkohol nie,
s
hy, meer soos narkose. Ten aansien van gebeure vanaf kort daarna totdat Bouwer hom beveel het om in die patrolliewa te klim, kan
hy niks onthou nie. Ten opsigte van gebeure daama by die polisiestasie, het hy slegs 'n gedeeltelike geheue. Hy verstrek derhalwe
geen verduideliking vir sy optrede daardie middag nie. Mens het bedenkinge of hy werklik geheueverlies het maar die landdros het
dit blykbaar aanvaar en vir huidige doeleindes kan veronderstel word dat die landdros korrek was.
Beskuldigde 2 het ook getuig. Sy getuienis dek twee aspekte: die voorval en appellant se toestand by die tersaaklike tye. In verband
met die
21
voorval is sy weergawe as nie rede
ik moontlik waar nie deur die landdros verwerp. Mens hoef dus nie op sy getuienis daaromtrent in te gaan nie. Wat appellant se toestand
betref, het beskuldigde 2 beweer dat appellant so besope was dat hy by die kroeg nie ordentlik op sy voete kon bly nie, dat hy aan
'n dame daar en 'n ander dame by die motorhawe gevat het, dat hy op pad na die motorhawe gestrompel het en aan beskuldigde 2 moes
vashou en dat op pad terug na die kroeg hy nie kon besef waamatoe hy loop nie. Ten tye van die voorval, so beweer beskuldigde 2,
het appellant ook net doelloos rondgestrompel en nie geweet waar hy was nie. Volgens beskuldigde 2 is appellant normaalweg 'n bedaarde
en verantwoordelike persoon wat hom goed gedra en was sy gedrag daardie middag strydig met sy karakter. Hierdie laasvermelde bewering
word gestaaf deur die getuienis van Willem van der Merwe, 'n senior kollega van appellant by Wesbank, wat namens die verdediging
geroep is. Beskuldigde 2 moes toegee dat hy nooit vantevore vir
22
appellant onder die invloed van drank gesien het nie maar op die onderhawige
middag het hy afgelei dat appellant wel dronk was.
Die landdros het die volgende bevinding gemaak ten opsigte van
beskuldigde 2 se getuienis aangaande appellant se dronkenskap:
"Volgens sy medebeskuldigde was hy werklik deurmekaar, en al was daar 'n moontlikheid dat hy hom probeer beskerm het, was ek,
soos ek reeds ges
het, nie in staat om so 'n afleiding uit beskuldigde nommer 2 se getuienis te maak dat ek dit summier kan verwerp nie - nie as dit
ooreenstem met die getuienis van die Waer in sekere opsigte, van konstabel Bouwer, van die deskundige getuienis in sekere opsigte
nie."
Myns insiens beteken hierdie bevinding dat die landdros slegs bereid was om beskuldigde 2 se getuienis te aanvaar waar dit deur ander
getuies gestaaf is. Daardie benadering lyk vir my volkome juis. Beskuldigde 2 se beskrywing van appellant as so erg besope dat hy
feiliik, volgens die gewone uitdrukking, "papdronk" was, is klaarblyklik oordrewe en strook net nie met die aanvaarbare
getuienis en die objektiewe feite nie.
Dit bring my by die getuienis van die twee deskundiges: Dr. G. Muher
23
namens die Staat en Dr. Finkelstein vir die verdediging.
Wat heel aan die begin opval is dat altwee farmakoloe is. Dr. Muller is medies gekwalifiseerd, Dr. Finkelstein nie. Hulle deskundige
kennis en ondervinding het te doen met die uitwerking van Polaramine en alkohol op die liggaam, veral die sentrale senuweestelsel.
Dit was wel ter sake maar wat werklik in geskil geplaas is, was appellant se vermo
om tussen reg en verkeerd te onderskei en dienooreenkomstig op te tree. Daarom is die soeklig op sy geestesvermo
ns geplaas. Die vraag was dus of die uitwerking van die tablette en alkohol die redelike moontlikheid geskep het dat appellant nie
die ongeoorloofdheid van sy optrede besef het nie of dat sy inhibisies totaal verdwyn het. Wat derha
we ter sprake gekom het, was die aard en werking, nie van die liggaam nie, maar van die mens se denkvermo
en gedrag. Dit synde die geval sou mens deskundige getuienis van 'n psigiater of ten minste 'n sielkundige verwag het om werklik
in 'n posisie te wees om te oordeel of
24
appellant se toerekeningsvatbaarheid nadelig geaffekteer was. Dit is dus glad nie verbasend nie dat Dr. Muller nie self na toerekeningsvatbaarheid
of die elemente daarvan verwys het nie. Al wat mens in hierdie verband in sy getuienis vind, is sy antwoord op die stelling aan hom,
heel aan die einde van sy kruisondervraging, dat Dr. Finkelstein sou getuig dat dit redelik moontlik was dat appellant nie ten tye
van die voorval tussen reg en verkeerd kon onderskei en ooreenkomstig daarmee kon optree nie. Dr. Muller het onomwonde ges
dat hy nie daarmee saamstem nie.
Dr. Muller se getuienis kom op die volgende neer. Die voorgestelde dosis ten opsigte van ses mg Polaramine tablette is een tablet
twee maal per dag. Die uitwerkingsduur van een tablet is veronderstel om ongeveer ses tot twaalf uur te wees. Twee tablette sou dieselfde
werkingsduur maar 'n meer intense effek as een h
. Selfs twee het nie op oordosering nccrgekom nie: mens kan tot vier maal die dosering neem sonder noemenswaardige probleme.
25
Anti-histamienmiddels het onder andere 'n sederende uitwerking, want hulle onderdruk tot 'n mate die sentrale senuweestelsel. Alkohol
het ook daardie effek en die twee saam sal dus mekaar potensieer, met ander woorde die een sal die ander se onderdrukkende effek
versterk. Vandaar die waarskuwing aan gebruikers van anti-histamien tablette om nie alkohol saam daarmee te gebruik en dan te bestuur
nie aangesien die twee saam mens se reaksievermo
nadelig sal affekteer. Met verwysing na die hoeveelheid wat appellant gedrink het, het Dr. Muller die punt gemaak dat hoe meer alkohol
betrokke was hoe kleiner was die rol wat die Polaramine kon gespeel het. Bowendien het appellant al die drank, of die meeste daarvan,
ingeneem nadat die effek van die tablette sy "piek" sou bereik het en sou begin afneem het. Wat appellant se tydelike geheueverlies
aanbetref, het Dr. Muiler gemeen dat d
t ongewoon is vir iemand om so vinnig uit 'n delirium (of erg beskonke) toestand te kom as wat appellant beweer die geval was.
26
Onder kruisondervraging het Dr. Muller ontkennend geantwoord op die
vraag of anti-histamien, soos alkohol, 'n groter uitwerking op een persoon as
op 'n ander kan h
. Dat die tablette nog steeds 'n onderdrukkende effek ten tye
van die voorval sou gehad het, het hy geredelik toegegee maar toe hy gevra is
of appellant se gewraakte gedrag aan die Polaramine toe te skryf was, het dr.
Muller ges
dat sy gedrag nie 'n normale reaksie op anti-histamien was nie.
Hy het daardic moontlikheid dus beskou as een wat nie redelik was nie al het
appellant 'n effens ho
r as normale dosering geneem. Volgcns hom was
appellant se gedrag tipies di
van 'n persoon wat te veel alkohol inneem en
gcdrag openbaar wat strydig met sy normale gedrag is. Dr. Muller het dit so
opgesom:
"(D)aar is tog baie mense wat alkohol gebruik cn daar is baie mense wat anti-histamiene heeldag gebruik. En ons word nie gekonfronteer
met hierdie tipe van probleem nie."
Dr. Finkelstein, hoof van die afdeling, Professionele Dienste, by 'n groot
27
maatskappy, besit 'n doktoraat m organiese chemie en het reeds voor die onderhawige verhoor op verskeie geleenthede namens die vervolging
ten opsigte van farmakologiese aangeleenthede getuig.
In hoofondervraging het hy die mening uitgespreek dat appellant se gedrag deur beide alkohol en die Polaramine veroorsaak is alhoewel
hy toegegee het dat alkohol 'n groter, trouens 'n baie groot, rol sou gespeel het. Sodanige gedrag beskryf hy as 'n "pharmacologically
induced episode". Volgens hom is die afwesigheid van genotuleerde gevalle van hierdie soort gevolge na die inname van alkohol
en anti-histamien eenvoudig daaraan toe te skryf dat dit so moeilik is om die omvang van elkeen se bydrae te meet: al wat gewaar
kan word is 'n verandering in die pasi
nt se gedrag. Maar in laasgenoemde verband - soos hy ook moes toegee - is mens op psigiatriese gebied. Toe hy daama gevra is of hy
'n mening wou uiter of appellant ten tye van die voorval tussen reg en verkeerd sou kon onderskei, het hy 'n uiters
28
omslagtige asook irrelevante antwoord gegee. Hy is toe gevra of hy dink
appellant die ongeoorloofdheid van sy gedrag sou kon besef het. Sy antwoord
blyk uit die volgende passasie:
"It's probably difficult to say whether he had the consciousness at that
stage to realise whether he was doing something wrong. Because he
could be under the influence of two drugs, which act on the central
nervous system in whatever way, that there might be an altered
consciousness. In which case he may not possibly be aware that he was
- he - he may be aware that he's doing it, but he might not be aware that
it is either right or wrong.
Do you ... (intervention)
—
He ...
Regard that as a reasonable possibility.
—
It's as reasonable possibility.
Or, let's say, it's a reasonable
speculation
." (My kursivering).
Sy hoofondervraging het kort daama ge
indig en die saak is vir ongeveer ses
weke uitgestel.
By hervatting is die advokaat vir die verdediging toegelaat om Dr.
Finkelstein se hoofondervraging te heropen. Nadat die getuie 'n joemaalartikel
bespreek het wat hy na die vorige verrigtinge teegekom het aangaande die
potensi
rende effek waama vroe
r verwys is, het die advokaat na faktore
29
rakende toerekeningsvatbaarheid teruggekeer. Die getuie is toe weer gevra of
appellant sou kon onderskei tussen reg en verkeerd. Hierdie keer lui sy
antwoord soos volg:
"No, I doubt it very much because one thing that alcohol does do, it does reduce inhibition. And I would imagine that in the
presence of this drug, it would also reduce inhibition. So you would tend to have more bravado - for want of a better word - than
you would have under normal circumstances."
Volgens daardie antwoord kom bravade en verminderde inhibisies blykbaar op verlies van die nodige onderskeidingsvermo
neer.
Daarenteen, gevra of appellant ooreenkomstig gemelde onderskeid sou
kon handel, s
hy:
"I would say that there would be what one could call a loss of judgement. In other words, he would know what he is doing, but
his reaction time would be slower, his distinction, possibly, between right and wrong wouldn't be as acute as it would be under normal
circumstances."
Volgens daardie antwoord dus, het appellant na die getuie se mening wel die
30
onderskeidingsvermo
gehad maar tot 'n verminderde mate.
In feitlik sy eerste antwoord onder kruisondervraging egter vertroebel die
getuie weer die punt. In antwoord op die vraag wat hy vroe
r met "altered
consciousness" bedoel het, s
hy :
"The person is conscious of what he is doing, but I don't think his disceming powers are that strong that he can distinguish
between what is right and wrong."
Naderhand is Dr. Finkelstein versoek om aan die hand van die leke se
getuienis appellant se toestand te beskryf. Sy antwoord lui:
"I would say that, based on the evidence which I heard, and that was largely based on the police evidence where the policeman
spoke about, "Hy was in 'n dwaal.' 'Nou soos ek 'n dwaal verstaan, is dit iemand wat totaal gedisori
nteerd is. Dis hoe ek 'n dwaal verstaan. Hy het ook ges
hy was onvas op sy voete. Wat in - myns insiens moet daardie persoon dan ongeko
rdineerd wees. Met ander woorde, hy het nou sy beheer verloor oor sy spiere en sy ledemate.'"
Hierdie antwoord slaan onvoldoende ag op die klaer en Nyoka se getuienis of
Bouwer se verduideliking van die uitdrukking "in 'n dwaal".
31
Verwys deur die landdros na die getuienis wat aandui dat appellant
genoeg oordeel gehad het om die persoon te slaan wat hom kwaad gemaak het,
lui Dr. Finkelstein se getuienis soos volg:
"Hy het beslis die oordeel gehad, maar hy het nie die inhibisie gehad nie ... So nou gaan hy iets doen, en alhoewel hy - hy miskien
besef dat dit of reg of verkeerd is, het hy nogtans dit gedoen want die inhibisie was seker 'n bietjie afgestomp, as 'n mens dit
miskien so kan stel. Nee, dit sal ek aanvaar. Ek sien u het al voorheen in 'n strafhof getuig; ek - u ken die begrippe en u weet
waaroor dit gaan. So, met ander woorde, wat u s
, is dat hy kon waarskynlik, of kon moontlik - miskien sal 'waarskynlik' tussen reg en verkeerd onderskei.
—
Ja."
Hier is toerekeningsvatbaarheid nie net 'n moontlikheid nie maar 'n
waarskynlikheid en is die geval werklik net een van effens verminderde
inhibisies.
Die landdros vra toe of die getuie werklik van mening is dat appellant
nie strafregtelik aanspreeklik was nie. Die antwoord was:
"(E)k dink 'n mens voel dat daar, myns insiens, versagtende omstandighede eintlik hier plaasvind."
32
In die lig van die getuie se erkenning dat hy met die gepaste regsterminologie
bekend is, kan sy antwoord net beteken dat appellant na sy mening wel
strafregtelik aanspreeklik was.
Toe die landdros sy vraag herhaal, l
Dr. Finkelstein klem op die feit dat
appellant se gedrag "totaal uit karakter" was en sluit hy soos volg af:
"(S)y ... oordeel was van so 'n aard gewees dat op daardie stadium het hy nie besef dat hy eintlik verkeerd doen nie. Dis hoe
'n mens dit miskien kan opsom. En ek s
dit,
omdat ek voel dat die eedrag was. myns insiens, totaal anders as wat dit normaalweg sou gewees het
." (My kursivering).
Hier keer die getuie terug na die standpunt dat die onderskeidingsvermo
afwesig was. Op daardie benadering egter moet iemand ontoerekeningsvatbaar
wees nie net wanneer sy inhibisies verkrummel hel nie maar sodra hulle slegs
verminder is.
Gevra waarom hy meen dat appellant se inhibisies geaffekteer was,
antwoord Dr. Finkelstein:
33
"Yes. The - you know, based on the evidence which was led, where a man gets out, goes into a car which doesn't belong to him,
starts scratching around in a cubby-hole - it - it's obvious that he is living under the illusion that he's perhaps in his own car,
and scratching around in the cubby-hole. The fact that, as he walked back to his own vehicle and tums round and hits a person, is
an unpredictable sort of behaviour, which is difficult to say why a person does that, whether his own - his inhibitions are so damaged,
or that, at that moment that he did that, he may have got some illusion or other that this person might be threatening to him and
he reacts. It's hard to say what goes on in the man's mind, as to what releases a - call it a counter-reaction."
Hierdie redenasie lyk my vergesog. Dit word net nie deur die feite gestaaf nie.
Appellant se optrede deur sy metgesel met die soektog na verkoopbewyse te
help en deur die einste persoon te slaan wat hom pas uit die motor getrek het,
was myns insiens beslis doelgerig.
Mettertyd het Dr. Finkelstein dan ook verskeie wesenlike toegewings
gemaak, naamlik, dat op die stadium toe appellanl in die polisievoertuig geklim
het hy waarskynlik in staat was om tussen reg en verkeerd te onderskei;
tweedens, dat ook toe hy vir Snyman geslaan het hy sou kon besluit of hy dit
34
wou doen of nie (sy verminderde inhibisies het hom net vinniger laat reageer op die uittrek uit die motor as wat hy normaalweg sou
gereageer het); derdens, dat hy deurentyd geweet het wat hy doen; en, laastens, dat as mens nie geweet het dat hy anti-histamien
geneem het nie sou mens ges
het dat sy gedrag dieselfde was as wat hy in 'n beskonke toestand sou geopenbaar het.
Om nou by die verhoorhof se uitspraak op die toerekeningsvatbaarheidsaspek te kom, blyk dit dat behalwe vir die landdros se vermelde
voorbehoud met betrekking tot Snyman se getuienis waar dit nie met Nyoka se relaas ooreenstem nie, hy die getuienis van Snyman, Nyoka
en Bouwer as waar en betroubaar aanvaar het. Wat die deskundiges betref, bespreek die landdros hulle getuienis taamlik breedvoerig
maar bereik hy die slotsom dat hulle nie veel van mekaar verskil het nie. Geen bevindings is op grond, of as gevolg, van hulle getuienis
gemaak nie. Uiteindelik is dit uitsluitlik Bouwer se beskrywing van appellant as "in 'n dwaal" en die feit dat
35
appellant in 'n wildvreemde persoon se motor geklim het - iets wat die landdros as uiters onlogies en onsinnig beskou het - wat die
landdros tot die gevolgtrekking laat kom het dat toerekeningsvatbaarheid nie bewys is nie.
Na my mening het die landdros in hierdie opsig wesenlik misgetas. Dit is volkome duidelik uit Bouwer se getuienis dat deur die uitdrukking
"in 'n dwaal" te gebruik al wat hy eintlik bedoel het, was dat appellant half verskrik gelyk het en effens onvas op sy
voete was. Dat hy versknk gelyk het, dui myns insiens aan dat hy geweet het dat as gevolg van wat hy aangevang het hy nou in die
moeilikheid was. Dat hy onvas op sy voete was, was maar 'n doodgewone alledaagse aanduiding van 'n mate van beskonkenheid. Uit daardie
getuienis ontstaan daar hoegenaamd geen redelike moontlikheid dat appeliant te enige wesenlike tyd dermate besope was dat hy ontoerekeningsvatbaar
was nie. En dat appellant in Snyman se motor geklim het is, op 'n behoorlike ontleding van die getuienis, glad nie onverstaanbaar
nie.
36
Soos reeds ges
, die noodwendige afleiding is dat hy gereken het dat verkoopbewyse moontlik in Snyman se paneelkissie te vinde was.
Die landdros se gevolgtrekking ten opsigte van hierdie aspek berus nie op geloofwaardigheidsbevindings nie. Dit berus ook nie op waarskynlikheidsbevindings
gebaseer op die indruk wat appeHant op hom in die getuiebank gemaak het nie. Dit berus op 'n uitleg van die aanvaarde getuienis en
op afleidings daaruit. Ons is derhalwe in net so 'n goeie posisie om op die onderhawige aspek die getuienis te evalueer en tot ons
eie beslissing te kom.
Die getuienis van Dr. Finkelstein - die hoeksteen van die verweer - verg nie veel bespreking nie. Dit is ongelukkig dat hy besluit
het, of uitgenooi is, om 'n mening te waag op 'n onderwerp buite die perke van sy professionele en akademiese kennis en ervaring.
Die gevolg is dat sy getuienis met betrekking tot die toerekeningsvatbaarheidsaspek inherent weersprekend, onwaarskynlik en
37
onoortuigend is. Dit berus ook op 'n verkeerde opvatting van wat die getuienis ten opsigte van appellant se gedrag werklik was. Wat
egter duidelik is, is dat al die toegewings wat hy gemaak het die afleiding steun dat appellant, alhoewel besope, nog steeds toerekeningsvatbaar
was.
Kortweg is die getuienis wat daardie afleiding staaf die volgende. Appellant het geweet waar verkoopbewyse in die bakkie te vinde
sou wees -hy het die paneelkissie deursoek. Toe hy geen kon vind nie klim hy uit en stap hy direk na Snyman se motor. Hy klim in
en maak die deur toe. Hy begin onmiddellik om die motor se paneelkissie te deursoek. Hy weet waama hy soek, want irrelevante dokumente
en voorwerpe word op die vloer gegooi. Toe Snyman by hom kom, het hy nog geen verkoopbewyse gevind nie en hy sit hom te
. Na hy finaal uitgetrek is, slaan hy nie vir Snyman onmiddellik nie. Hy gaan die einste persoon te lyf wat met hom ingemeng het en
hom kwaad gemaak het. Hy het nie wild en onbeheers na iedereen geslaan nie. Toe
38
Snyman binne toe gaan om die polisie le bel, loop appellant onmiddellik agtema. Die afleiding is dat hy goed besef het dat moeilikheid
kan volg. Kort daama kom hy uit, direk na Snyman se motor, trek die sleutels uit en gooi hulle weg. D
t kon, by noodwendige afleiding, net in reaksie op Snyman se berig aan die polisie gewees het. Daama stap hy saam met beskuldigde
2 op en af in die kantoor. Snyman beskryf hulle houding as aggressief. Meer waarskynlik is dit dat hulle kwaad en ongeduldig was
en dat appellant, wat toe stil geraak het (beskuldigde 2 het nog steeds luidrugtig gekia), ook bekommerd was. By Bouwer se aankoms
ongeveer 'n halfuur na die voorval, of nie veel meer nie, kom appellant, alhoewel effens onvas op sy voete, half verskrik voor. In
die teenwoordigheid van die polisie is hy nou deurentyd stil. Hy kon, en het, die versoek gehoorsaam om in die patrolliewa te klim.
Daarvoor het hy nie bystand nodig gehad nie. By die polisiestasie - nog steeds nie meer as 'n uur na die voorval nie - kon appellant
sy naam, adres en werksbesonderhede
39
sonder moeite verstrek.
Op hierdie getuienis is dit net nie redelik moontlik dat appellant nie die ongeoorloofdheid van sy optrede kon besef nie. Dat hy besope
en, soos sy metgesel, kwaad was, is nie te betwyfel nie. Ook nie die feit dat sy inhibisies verminderd was en dat hy derhalwe anders
opgetree het as wat hy normaalweg sou gedoen het. Maar verder as dit kon die verdediging die saak nie voer nie. Trouens, as mens
die optrede van beskuldigde 2 met di
van appellant vergelyk, is daar werklik nie veel van 'n verskil te tref nie in soverre dit die aard en omvang van beide se onaanvaarbare
en anti-sosiale gedrag op die betrokke namiddag aangaan. En beskuldigde 2 het in sy luidrugtigheid volhard ondanks die teenwoordigheid
van die polisie.
Uit hoofde van die voorgaande meen ek dat die statut
re misdryf nie bewys is nie. Inteendeel het die Staat wel daarin geslaag om appellant se strafregtelike aanspreeklikheid te bewys
en, gevolglik, dat hy aan aanranding
40
op Snyman skuldig was. Namens appellant is aangevoer dat die gepleegde misdryf niks meer as gewone aanranding was nie en die advokaat
vir die Staat het dit toegegee.
Aangaande die vraag of hierdie Hof by magte is om die skuldigbevinding te verander, is namens appellant betoog dat die antwoord ontkennend
moet wees. In die eerste plek, so lui die betoog, is vervanging op appel wel bevoeg waar die gewraakte skuldigbevinding wat ter syde
gestel word 'n geoorloofde uitspraak was ingeval van onskuldigbevinding aan die ten laste gelegde misdryf. 'n Skuldigbevinding aan
die statut
re misdryf, egter, was, aldus die betoog, nie 'n geoorloofde uitspraak nie maar 'n skuldigbevinding aan wat, in wese, 'n aparte en
afsonderlik ten laste gelegde misdryf was. So byvoorbeeld, word betoog, waar twee misdrywe in aparte klagtes ten laste gel
word en daar volg 'n onskuldigbevinding op klagte 1 en 'n skuldigbevinding op klagte 2, kan 'n app
lhof wat die skuldigbevinding ter
41
syde stel dit nie vervang met 'n skuldigbevinding op klagte 1 nie. In hierdie verband is gesteun op S v Motha and Others
1987 (1) SA 374
(T). Die punt is voor die hand liggend maar dit geld net nie in die onderhawige saak nie. Hier was daar nie aparte klagtes nie (die
crimen injuria klagte kan, soos reeds ges
, ge
gnoreer word); daar was net een ten laste gelegde misdryf, naamlik aanranding met die opset om emstig te beseer. Alhoewel die Strafproseswet
nie voorsiening daarvoor maak dat skuldigbevinding aan die statut
re misdryf 'n geoorloofde uitspraak is nie doen artikel 1(2) van die misdryfskeppende Wet dit onmiskenbaar. Weliswaar kan die statut
re misdryf in 'n selfstandige aanklag ten laste gel
word. Artikel 1(2) is egter nie bedoel om die geval te dek waar die statut
re misdryf in 'n selfstandige aanklag ten laste gel
word nie. Dit is duidelik bedoel om die situasie te dek waar die vervolging ten opsigte van 'n ander ten laste gelegde misdryf misluk
vir die in artikel 1(2) gemelde redes. Dan, in daardie geval, skep die wetgewer wat in effek op 'n
42
ingeboude outomatiese altematiewe aanklag neerkom. Dit is 'n bepaling wat dit vir die Staat onnodig maak om die statut
re misdryf ten laste te l
alvorens hy vir 'n skuldigbevinding aan sodanige misdryf kan vra. En dit is die wese van 'n geoorloofde uitspraak. Sien ook: S v
Mphungatje
1989 (4) SA 139
(O) te 143 G-H. Die bepalings van artikel 1(2) is dus nie te onderskei van enigeen van die bepalings van die Strafproseswet wat vir
geoorloofde uitsprake voorsiening maak nie. Die eerste submissie namens appellant kan dus nie opgaan nie.
Die tweede submissie is gegrond op die eerste en ook op sekere uitlatings in S v Tladi
1989 (3) SA 444
(B). Die kort antwoord op die tweede submissie is dat die eerste submissie nie kan slaag nie en dat die tersaaklike dictum in Tladi
se saak (dat by 'n app
l slegs teen vonnis die skuldigbevinding nie verander kan word nie) eenvoudig nie tans van toepassing is nie.
Die posisie is dus dat die skuldigbevinding waarteen geappelleer word
43
'n geoorloofde uitspraak was op die aanklag waarop appellant verhoor is en dat vervanging deur skuldigbevinding aan gewone aanranding
nou deur die Staat versoek word.
Indien appellant se verhoor in die Hooggeregshof sou plaasgevind het, sou die beslissing in S v September, supra, 'n onmiddellike
en direkte antwoord gebied het. Mens hoef egter nie ver te gaan om die antwoord in die onderhawige geval te vind nie. Ingevolge artikel
309(3) gelees met artikel 304(2)(c)(iv) van die Strafproseswet het die Hof a quo die bevoegdheid gehad om die uitspraak te gee wat
die landdros moes gegee het. Vir redes reeds verstrek, moes die landdros appellant aan gewone aanranding skuldig bevind het. Gevolglik
moes die Hof a quo die skuldigbevinding dienooreenkomstig verander het. Ingevolge artikel 22(b) van die Wet op die Hooggeregshof,
59 van 1959, is hierdie Hof bevoeg om enige uitspraak te gee "wat die omstandighede vereis", dit wil s
om die uitspraak te gee wat die Hof a quo
44
moes gegee het. Ons kan derhalwe die gewraakte skuldigbevinding met skuldigbevinding aan gewone aanranding vervang.
Wat die vonnis aanbetref, het die advokaat vir die Staat nie vir 'n verandering in die vonnis gevra nie. Dit kom my egter voor dat
alhoewel dieselfde straf vir die statut
re, as vir die ten laste gelegde, misdryf bevoeg is, laasgenoemde misdryf oor die algemeen, indien nie altyd nie, die meer emstig
van die twee sal wees. Ten opsigte van beide misdrywe natuurlik sal die gevolge van die oortreder se verrigte handeling vir vonnisdoeleindes
in ag geneem word en seer sekerlik dieselfde gewig in albei gevalle dra. Maar in die geval van die statut
re misdryf sal die oortreder gestraf word vir niks meer as dat hy hom willekeurig besope gedrink het sonder dat hy van ongeoorloofdheid
bewus was, of mens rea gehad het, ten opsigte van enige andersins strafbare handeling wat hy daama mag verrig. In die geval van die
ten laste gelegde misdryf egter sal die oortreder gestraf word vir 'n handeling wat hy verrig het
45
met die besef van die ongeoorloofdheid daarvan, met die vermo
om hom daarvan te weerhou het en, boonop, met mens rea.
In die omstandighede is dit nie net so dat dit hierdie Hof vrystaan om opnuut vonnis op te l
nie, maar is die vervangende skuldigbevindmg een ten opsigte van 'n meer emstige misdryf as di
waarvoor die landdros vonnis opgel
het. Selfs in ag genome die strafversagtende faktore - veral appellant se skoon rekord - was hierdie 'n geval van ongevraagde en
arrogante aggressie. 'n Doodonskuldige, wetsgehoorsame burger ry by 'n vulstasie in en word blootgestel, saam met die personeel,
aan 'n openbaring van growwe, luidrugtige en beskonke skellery en slegte humeur. In die loop daarvan klim een van die skuldiges,
sonder toestemming of eens 'n versoek daaromtrent, in sy motor en begin om sy besittings rond te strooi. Toe die klaer verstaanbare
en geoorloofde stappe neem om die status quo te herstel, word hy in die gesig geslaan dat die bloed loop. Die gemeenskap duld nie
onbesonne geweld van
46
enige aard of graad nie. Die opgelegde straf moet, met in agneming van die feite van die geval, die gemeenskap en die Hof se afkeur
ondubbelsinnig uitdruk. 'n Gepaste vonnis is na my oordeel, 'n boete van R500,00 of by wanbetaling 60 dae gevangenisstraf.
Die volgende bevel word gemaak:
1. Die bevel van die Hof a quo word tersyde gestel en met die volgende vervang:
"(a) Die skuldigbevinding aan oortreding van artikel 1(1) van Wet 1 van 1988 word tersyde gestel en vervang met 'n skuldigbevinding
aan gewone aanranding. (b) Die vonnis deur die landdros opgel
word tersyde gestel en vervang met 'n boete van R500,00 of by wanbetaling 60 dae gevangenisstraf.
47
(c) Onderhewig aan (a) en (b) hierbo word die app
l van die hand gewys." 2. Onderhewig aan paragraaf 1 hierbo word hierdie app
l ook van die hand gewys.
C.T. HOWTE APP
LREGTER
HEFER AR
] STEM SAAM
SMALBERGER AR ]
F H GROSSKOPF AR ]
SCOTT AR ]
/al