About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 57
|
|
S v Nomzaza (563/95) [1996] ZASCA 57; ; [1996] 3 All SA 57 (A); (29 May 1996)
Saak nr 563/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
DIE STAAT
APPELLANT
-en-
TANDO NOMZAZA
EERSTE RESPONDENT
MTHUTSUZELI MPANDE
TWEEDERESPONDENT
CORAM: BOTHA, VAN HEERDEN, VIVIER, MARAIS ARR
et ZULMAN WND AR.
VERBOOR: 20 MEI 1996.
GELEWER: 29 MEI 1996.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die twee respondente het as beskuldigdes 2 en 3 saam met
vier ander voor Jansen R en assessore in die Suidoos-Kaapse
Plaaslike Afdeling op aanklagte van roof met verswarende
omstandighede (aanklag 1) en moord (aanklag 2) tereggestaan.
Die aanklagte het gespruit uit 'n gewapende roof by die Trucker's
Inn padkafee naby Port Elizabeth in die vroe
oggendure van 10
Augustus 1991. Die klaagster in die eerste aanklag is tydens die
voorval beroof en die oorledene in die tweede aanklag doodgeskiet. Gedurende die loop van die Staatsaak het die aanklaer die oorkonde
van 'n borgaansoek wat die respondente voor 'n landdros gedoen
het, as getuienis teen hulle aangebied. Na beswaar daarteen deur
die respondente se advokaat het Jansen R beslis dat die getuienis
ontoelaatbaar was. Aan die einde van die verhoor is die
respondente op beide aanklagte onskuldig bevind en ontslaan.
3
Hierna het die Hof a quo op versoek van die aanklaer vier regsvrae,
wat almal ontstaan uit die Verhoorregter se weiering om die
borgverrigtinge as getuienis by die verhoor toe te laat, ingevolge art
319(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet") vir oorweging deur hierdie Hof voorbehou.
Die regsvrae moet teen die volgende feitlike agtergrond
beoordeel word. Beide respondente is op 10 September 1991 op bogemelde aanklagte gearresteer en aangekla. Hulle was in
aanhouding totdat hulle op 1 Oktober 1991 in die landdroshof
aansoek gedoen het om op borgtog vrygelaat te word. Die
aansoeke is deur die Staat teengestaan en is deur die landdros
afgewys. Die oorkonde van die borgverrigtinge is by ooreenkoms
tussen die partye voor Jansen R geplaas toe hy oor die
toelaatbaarheid daarvan beslis het. Daaruit blyk dat beide
respondente regsverteenwoordig was, onder eed getuienis afgel
het
4
en deur die aanklaer gekmisverhoor was. In sy getuienis in hoof
het die eerste respondent ter aanvang oor sy persoonlike
omstandighede getuig en onmiddellik daama is hy as volg deur sy
prokureur ondervra:
"S
vir my, die misdryf, weet u waarvan u aangekla staan?
—
Ja ek weet.
Wat is uur
—
Vir roof.
En op die meriete van die saak, wat pleit u op hierdie
klagte?
—
Skuldig.
Het u vir die ondersoekbeampte daar so ingelig?
—
Ja."
Die aanklaer het hom daama onder andere as volg gekruisverhoor:
"En het u ook geweet van die moord toe die ondersoek-
beampte u in kennis stel daarvan dat u van moord aangekla
was?
—
Ja ek het geweet daarvan.
Wat weet u van die moord? Kan u antwoord asseblief? Kan
u antwoord asseblief meneer?
—
Ek kan nie so mooi verstaan
nie. Ek s
mos vir die hof ek weet daarvan.
Ek wil weet wat weet u van die moord.
—
Skietery.
Wie het geskiet?
—
Dit was ek.
So gaan u skuldig pleit op die moordaanklag ook?
—
Ja."
5
Die tweede respondent het in sy hoofgetuienis in die
borgaansoek ook ges
dat hy skuldig pleit op die aanklag van roof en hy is daama deur die aanklaer as volg gekruisverhoor :
"U het ook 'n uitwysing gemaak in hierdie saak en as ek dit
reg het, was u ook geneem vir 'n bekentenis, is dit reg?
—
Ja ek het 'n bekentenis gemaak.
En u s
u pleit skuldig dat u hierdie roof saam met die ander
mense getrek het. Is dit reg?
—
Ja.
U weet ook van die klagte van moord wat aan u gestel is.
—
Ja.
U was by gewees toe die moord gepleeg is.
—
Ja ek was by."
Die oorkonde van die borgverrigtinge toon dus dat beide
respondente uit eie beweging in hulle getuienis in hoof verklaar het
dat huile skuldig pleit op die eerste aanklag waama die aanklaer in
kruisverhoor probeer vasstel het of die pleit van skuldig ook op die
tweede aanklag betrekking het.
Ek behandel vervolgens die vier regsvrae wat aan ons vir
6
oorweging voorbehou is. Dit moet egter beklemtoon word dat al
vier regsvrae beantwoord moet word sonder inagneming van die
bepalings van Hoofstuk 3 van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika 200 van 1993 ("die Grondwet") aangesien die
verhoor in die huidige saak 'n aanvang geneem het en voltooi is
voordat die Grondwet op 27 April 1994 van krag geword het.
Sien S
v
Mhlungu and Others
1995(3)SA
867(KH) op 887 H-888 G.
Vraag
1.
Hierdie vraag lui as volg: "Is die getuienis wat 'n
beskuldigde in 'n borgaansoek afgel
het, in sy latere verhoor
regtens teen hom toelaatbaar?"
Die oorkonde van die borgverrigtinge is by die verhoor as
getuienis aangebied ingevolge art 235 (1) van die Wet, die
tersaaklike gedeeltes waarvan as volg lui :
7
"235 (1) Dit is by strafregtelike verrigtinge voldoende om
die oorspronklike oorkonde van geregtelike verrigtinge te
bewys indien 'n afskrif van sodanige oorkonde
by
bedoelde strafregtelike verrigtinge as getuienis voorgel
word
Art 235 bepaal alleenlik hoe die oorkonde van geregtelike
verrigtinge bewys kan word en nie watter getuienis toelaatbaar is
nie. Die artikel skep dus alleenlik 'n meganisme vir die bewys van
geregtelike verrigtinge en bevat geen uitsluitsel oor toelaatbaarheid
nie. Daar kan geen twyfel wees dat 'n borgaansoek geregtelike verrigtinge is nie.
Namens die respondente is betoog dat die Wet 'n numerus clausus
bevat van geregtelike verrigtinge wat by 'n latere verhoor
bewys mag word en dat 'n borgaansoek dus by implikasie uitgesluit is. Daar is in hierdie verband verwys na 'n hele aantal bepalings
in die Wet wat spesifiek voorsiening maak vir die bewys van die
oorkonde van bepaalde geregtelike verrigtinge by 'n latere
verhoor, soos di
in Hoofstuk 19 van die Wet. Ek kan nie met die
8
betoog saamstem nie. Die bewoording van art 235(1) is wyd
genoeg om ook borgaansoeke in te sluit. Verder is die algemene
re
l dat enige relevante getuienis by strafregtelike verrigtinge
toelaatbaar is tensy dit deur 'n bepaalde re
l van die bewysreg
uitgesluit word S v Lwane
1966 (2) SA 433
(A) op 437 G-H en S v Mabaso and
Another
, supra, op 206 F-G). Die
feit
dat
die Wet nie uitdruklik voorsiening maak dat 'n beskuldigde se
getuienis in 'n borgaansoek by sy latere verhoor teen hom gebruik
mag word nie, is gevolglik geen aanduiding dat dit uitgesluit is nie.
Die Verhoorregter s
in sy uitspraak oor die toelaatbaarheid
van die oorkonde van die borgaansoek dat om die oorkonde by die
blote voorlegging daarvan as getuienis toe te laat, sou beteken dat
die streng vereistes neergel
in arts 217 en 219 A ge
gnoreer word
in di
gevalle, soos die huidige, waar bekentenisse en
erkennings ter sprake is, wat nooit die bedoeling van die Wetgewer
9
kon gewees het nie. Hierdie beswaar verloor uit die oog dat art
235 self geen uitsluitsel oor die toelaatbaarheid van getuienis gee
nie en dat die artikel nie mindere vereistes stel vir die
toelaatbaarheid van 'n oorkonde wat as inhoud het 'n bekentenis of
'n erkenning deur 'n beskuldigde nie.
Hierdie Hof het in twee onlangse beslissings uitdruklik bevind
dat die getuienis wat die beskuldigdes in daardie sake in
borgaansoeke afgel
het, in hulle latere verhoor toelaatbaar was.
In S v Sithebe 1992 (1) SASV 347 (A) is in hierdie Hof betoog
(op 352 i) dat die getuienis verkeerde
ik deur die Verhoorhof
toegelaat is. Die betoog is verwerp in die volgende woorde (per
Nienaber AR op 352 i - 353 b):
"The appellant's evidence at his bail application was proved
at his subsequent trial by means of
s 235
of the
Criminal
Procedure Act of 1977
. Should it have appeared from the
evidence in the trial that his earlier evidence had been
induced by threats or compulsion it would have affected the
10
weight and cogency of such evidence. (Compare S v Cele
1985 (4) SA 767
(A); S v Shabalala
1986 (4) SA 734
(A) at
745 E; 746 F-H.) The appellant did suggest, during the
trial within the trial, that he was intimidated at the time by
the mere presence in court of some police officers and that
this was the reason why he simply agreed with propositions
put to him by counsel for the State. That explanation was not, however, repeated during the trial proper and apart
from being inherently unlikely, was rightly disregarded by
the Court a quo when the appellant's guilt was under consideration."
Die geleerde regter het voortgegaan (op 353 g-h):
" Finally, there are the admissions he made during his bail
application. The appellant elected not to give evidence when
the issue of his guilt was tried. The consequence is that the
confession, the pointing out, and the admissions he made
during the bail application remained uncontroverted by any evidence from the appellant.
n the result the Court a quo was bound to convict the appellant. The appeal against his
conviction must accordingly fail."
Ek wys daarop dat daar in die huidige saak geen sprake is van voorafgaande dreigemente of ander onbehoorlike be
nvloeding
11
nie. Ek spreek my gevolglik nie uit oor die vraag of getuienis wat
onder sodanige omstandighede gegee is, in gepaste gevalle ontoelaatbaar sal wees nie.
In 'n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof (S v Venter,
saak
no 59/95, gelewer
op 28 Maart 1996) is ook beslis dat die
getuienis wat die beskuldigde in 'n borgaansoek afgel
het, by sy
latere verhoor toelaatbaar is. Die Verhoorhof het 'n beswaar teen
die toelaatbaarhe
d van die getuienis verwerp en beslis dat die
beskuldigde, wat regsverteenwoordig was in die borgaansoek, geag
moet word afstand te gedoen het van die privilegie teen
selfinkriminasie. In hierdie Hof het Nestadt AR, wat die
uitspraak van die Hof gelewer het, die betoog dat die getuienis
ontoelaatbaar was, in die volgende woorde verwerp (op bl 11-12
van die getikte uitspraak):
"Before us, it was submitted on behalf of the appellant that
12
the evidence was wrongly admitted.
I
disagree.
I
am not
sure that the privilege against self-incrimination applied to the
situation at all. But even if it did, the evidence was
correctly admitted. The appellant had in his evidence-in-chief given his version of what happened in the bathroom.
The State was entitled to test it by cross-examination.
Before us, a further argument was raised, viz that the
appellant had been improperly compelled by the State to
bring the application for bail. But in the Court a quo there
was no evidence in support of this. S v Botha and Others
1995 (2) SACR 605
(W) is distinguishable. The facts of our matter are different."
In S v Botha and Others waarna Nestadt AR hier verwys
en wat beslis is na die inwerkingtreding van die Grondwet, is die
beskuldigde vroegoggend by sy huis gearresteer en het later
dieselfde oggend getuig in sy borgaansoek waar hy regsverteenwoordig was. By sy latere verhoor het Myburgh R
op twee gronde beslis dat dit 'n skending van sy reg op 'n billike
verhoor ingevolge art 25 (3) van die Grondwet sou wees om die
getuienis wat hy by sy borgaansoek afgel
het, by sy verhoor toe
13
te laat (op 610 c - 612 i).
Wat die regsposisie betref voordat die Grondwet in werking
getree het, aanvaar ek dat daar gevalle mag wees waar die
beskuldigde nie 'n billike verhoor sou kry indien die borgverrigtinge
by sy latere verhoor teen hom toegelaat word nie. Elke saak moet volgens sy eie feite beoordeel word. In die huidige saak het die
respondente 'n vrye keuse uitgeoefen om self in die borgaansoek te
getuig en het vrylik verklaar dat hulle skuldig pleit op die eerste
aanklag. Hul kruisverhoor was bloot daarop gemik om vas te stel
of die pleit van skuldig ten opsigte van een of albei van die
aanklagte geld. Die feite van die saak bied gevolglik geen rede,
en geen ander goeie grond is voor ons aangevoer, om van die
uitsprake van hierdie Hof in S v Sithebe en S v Venter, beide supra
, af te wyk nie. Die eerste regsvraag moet dus as volg beantwoord word: die getuienis van 'n beskuldigde in 'n
14
borgaansoek kan, mits dit andersins toelaatbaar is, by sy latere
verhoor teen hom ingevolge art 235 van die Wet toegelaat word.
Vraag
2.
Hierdie vraag lui as volg : "Is die Agbare Verhoorhof korrek
in sy beslissing dat die Staat nie die getuienis van die twee
respondente in die borgaansoek as getuienis teen hulle in die
verhoor kon aanwend nie, omdat :
a.
hulle getuienis in hoofondervraging dat hulle op die meriete
van die saak skuldig pleit, irrelevant tot die beregting van
daardie aansoek was ?
b.
dit vir die Staatsaanklaer onre
lmatig was om die respondente
oor hul voorneme om skuldig te pleit in kruisverhoor te
neem?"
Die bondige antwoorde op hierdie vrae is dat (a) die
betrokke gedeeltes van die respondente se geruienis nie irrelevant tot
15
die beregting van die borgaansoek was nie en (b) die aanklaer geregtig was om hulle daaroor onder kruisverhoor te neem. Wat
(a) berref, het die respondente self die feit dat hulle skuldig pleit,
relevant gemaak. Dit was deel van hul strategie om die landdros
te oortuig dat hulle bereid is om oop kaarte te speel en hul volle
samewerking te gee sodat hulle vertrou kon word om hul verhoor
te staan. Wat (b) betref, was die aanklaer geregtig om, soos
hy gedoen het, vas te stel wat die pleit van skuldig behels het, en
of dit op slegs een of albei van die klagtes betrekking gehad het (cf S
v Venter, supra, op bl 12 van die getikte uitspraak en S v Botha and Others, supra, op 611 F).
Vraag
3.
Hierdie vraag lui soos volg: "Is die Agbare Verhoorhof
korrek in sy verdere beslissing om die getuienis wat die twee
Respondente by die borgaansoek afgel
het, uit te sluit omrede die
16
voorsittende landdros, in weerwil daarvan dat hulle regs= verteenwoordiging gehad het, nie die respondente van die onus
en die privilegie teen self-inkriminasie ingelig het nie?"
In die veronderstelling dat die respondente die beskerming
teen self-inkriminasie geniet het, meen ek dat hulle daarvan afstand
gedoen het toe hulle in hul hoofgetuienis doelbewus, ten einde borg te kry, verklaar het dat hulle skuldig pleit. Hulle was, soos
reeds
genoem, regsverteenwoordig en alle aanduidings is dat hulle bewus
was van die bewyslas en die algemene privilegie teen
selfinkriminasie. In al die omstandighede was die landdros nie
verplig om die respondente oor hulle regte in te lig nie en is die
antwoord op die voorbehoue vraag dat die Verhoorregter se gemelde
beslissing nie korrek was nie.
Vraag
4.
Die vraag lui as volg: "Is die Agbare Verhoorhof korrek in
17
sy beslissing dat die vrae wat die Staatsaanklaer aan die eerste
respondent in die borgaansoek ten opsigte van die moordaanklag
gestel het nadat die eerste respondent in sy hoofgetuienis, in
antwoord op 'n vraag van sy regsverteenwoordiger, getuig het dat
hy op die meriete van die saak skuldig gaan pleit, op onbehoorlike
druk neerkom wat die Staat verhoed om sy antwoorde op die vrae
as getuienis teen hom in sy latere verhoor te gebruik?"
Die antwoord op hierdie vraag is dat die Verhoorregter nie
korrek is nie. Die relevante passasie, wat ek hierbo aangehaal
het, toon dat die eerste respondent bevestigend geantwoord het op
'n vraag van die aanklaer of hy geweet het van die moord. Hiema
het die aanklaer hom gevra om te s
wat hy weet van die moord.
Die vraag is drie keer herhaal voordat die respondent daarop
geantwoord het. Na my mening is hier geen sprake van
onbehoorlike druk nie. Die aanklaer was geregtig om die vraag
18
te stel en dit te herhaal soos hy gedoen het. Daar is geen
aanduiding hier van enigiets meer as die druk wat normaalweg met
kruisverhoor gepaard gaan nie.
Al vier regsvrae word gevolglik ten gunste van die Staat
beslis.
Die oorblywende vraag is watter regshulp verleen moet word
in die lig daarvan dat die voorbehoue regsvrae ten gunste van die
Staat beslis is. Art 322 (4) lui as volg:
"Wanneer 'n regsvraag op aansoek van die aanklaer in die
geval van 'n onskuldigbevinding voorbehou is en die app
lhof
ten gunste van die aanklaer beslis het, kan die app
lhof
beveel dat di
van die in artikel 324 bedoelde stappe gedoen
word wat die hof gelas."
Art 324 magtig hierdie Hof om sekere stappe te doen
wanneer hy 'n skuldigbevinding en vonnis in sekere gevalle, soos
in paras (a) (b) en (c) van die artikel genoem, tersyde stel. Die
19
stappe wat gedoen kan word, is om te gelas dat
"geregtelike stappe ten opsigte van dieselfde misdryf waarop
die skuldigbevinding en vonnis betrekking gehad het, hetsy
op die oorspronklike aanklag, met gepaste wysigings waar
nodig, of op 'n ander aanklag, weer ingestel word asof die
beskuldigde nie voorheen tereggestaan het en verhoor en
skuldig bevind was nie
"
Indien arts 322 (4) en 324 saamgelees word, is dit
duidelik dat, ingeval van 'n onskuldigbevinding soos in art 322 (4)
bedoel, hierdie Hof kan beveel dat geregtelike stappe op dieselfde
aanklag as voorheen weer teen 'n beskuldigde ingestel kan word
asof hy nie voorheen tereggestaan het en verhoor en onskuldig
bevind was nie. Hierdie Hof het 'n diskresie om die
onskuldigbevinding tersyde te stel en 'n nuwe verhoor voor 'n ander
regter en assessore te gelas. (S v Gani and Others
1957 (2) SA
212
(A) op 222 E; S v Rosenthal
1980 (1) SA 65
(A) op 82 H -
83 C; S v Seekoei
1982 (3) SA 97
(A) op 102 H - 103 A en
20
Magmoed v Janse Van Rensberg and Others
[1992] ZASCA 208
;
1993 (1) SA 777
(A) op 827 G - 828 C).
Die vraag is dan of die belange van geregtigheid gedien sal
word indien 'n nuwe verhoor gelas word. Die Verhoorregter wys
in sy uitspraak daarop dat die Staat toegegee het dat daar, afgesien van die oorkonde van die borgverrigtinge, geen getuienis is teen
die
respondente nie. Dit is verder 'n ope vraag of die borgverrigtinge
ingevolge die Grondwet teen die respondente toelaatbaar sou wees.
Daar is gevolglik geen sekerheid of selfs waarskynlikheid dat 'n
nuwe verhoor die skuldigbevinding van die twee respondente tot gevolg sou h
nie. Die gebeure waaroor die saak gaan, het byna
vyf jaar gelede plaasgevind, met 'n gevolglike vervaging van die
getuies se geheue. In al die omstandighede is ek van mening dat die
diskresie van hierdie Hof uitgeoefen moet word teen die verlening van 'n bevel vir 'n nuwe verhoor. Dit is gevolglik nie nodig om
21
die onskuldigbevinding van die respondente tersyde te stel nie.
Die volgende bevel word gemaak:
1.
Al vier regsvrae word ten gunste van die Staat
beantwoord;
2.
Ingevolge
art
319, gelees
met
art 322(4) en
art 324
van die Wet, word geen bevel gemaak in opvolging
van die antwoorde op die voorbehoue regsvrae nie.
W. VIVIER AR.
A BOTHA AR)
R MARAIS AR) Stem saam.
Saak Nr 563/95
IH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
LAFDELING)
In die saak tussen :
DIE STAAT
Appellant
vs
TANDO NOMZAZA
Eerste Respondent
MTHUTHUZELI MPANDE
Tweede Respondent
HOF :
BOTHA, VAN HEERDEN, VIVIER,
MARAIS ARR et ZULMAN Wnd AR
VERHOORDATUM : 20 MEI 1996
LEWERINGSDATUM : 29 MEI 1996
U
ITS
PRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2 Behoudens paragraaf 2 van die bevel stem ek saam met die
uitspraak van my kollega Vivier.
Indien artikels 323(4) en 324 van die Strafproseswet in samehang
beskou word, is dit duidelik, meen ek, dat in 'n geval soos die
onderhawige hierdie hof mag beveel dat 'n beskuldigde weer aangekla kan - in teenstelling tot moet - word. Enige ander uitleg sou
tot
absurditeite aanleiding kon gee; byvoorbeeld as dit na d
e verlening van
die bevel blyk dat die enigste getuie teen die beskuldigde inmiddels
oorlede is of dat sy verstand vanwe
'n siekte aangetas geraak het.
Wat betref die faktore wat in casu by die uitoefening van die
diskresie verleen deur artikel 322(4) in ag geneem moet word, is dit so
dat die betrokke gebeure bykans vyf jaar gelede plaasgevind het. Ek
verstout my egter om te s
dat in min gevalle waarin 'n voorbehoud van regsvrae op aansoek van die staat voor hierdie hof dien daar 'n korter
3
tydperk tussen die datum van die pleeg van die beweerde misdryf en di
van die verhoor van die app
l sal wees. Dit is ook so dat verloop van
tyd 'n getuie se geheue kan laat vervaag, maar hierdie risiko dra nie tans
veel gewig nie omdat nie een van die getuies die respondente ge
mpliseer
het nie.
Wat die vooruitsigte is dat in 'n nuwe verhoor die borgverrigtinge
ontoelaatbaar bevind mag word as synde in stryd met die Grondwet, is
'n vraag waaroor hierdie hof hom nie kan uitlaat nie. So 'n bevinding
kan dus nie sterker as 'n moontlikheid aangeslaan word nie.
By die uitoefening van bogenoemde diskresie moet op die belange
van die respondente gelet word, maar uiteraard ook op di
van die
regspleging en die gemeenskap se persepsie daarvan. Hier het ons 'n
geval waarin beide respondente skuldig gepleit het op 'n aanklag van
roof. Die eerste respondent het bowendien skuldig gepleit - of ges
dat
4
hy skuldig sou pleit - op die moordaanklag en bygevoeg dat hy die een
was wat die noodlottige skoot afgevuur het. En alhoewel hy nie
uitdruklik ges
het dat hy skuldig aan moord was nie, het die tweede
respondent toegegee dat hy "by" was toe die moord gepleeg is.
Prima
facie
het die staat dus 'n sterk saak teen die respondente wie
se skuld uit hul eie monde verkondig is. Indien hulle nie weer aangekla
kan word nie omdat die verhoorregter 'n foutiewe regsopvatting gehad
het, sal die regspleging skade aangedoen word.
Ten slotte dit. Indien in die belang van die respondente op
moontlikhede gelet word, kan aan die ander kant moontlikhede wat die
staat se saak mag bevoordeel nie uitgesluit word nie. En dit is nie
vergesog dat by 'n nuwe verhoor die staat getuienis, byvoorbeeld van 'n medepligtige, mag lei wat die respondent direk impliseer nie.
Ek sou dus die volgende stel in die plek van paragraaf 2 van my
5 kollega
se
bevel:
"(2) Kragtens artikel 322(4) van die Strafproseswet word
gelas dat geregtelike stappe ingevolge artikel 324 teen die
respondente geneem kan word asof hulle nie voorheen
tereggestaan het en verhoor en onskuldig bevind was nie."
HJO
VAN HEERDEN
STEM SAAM
: ZULMAN Wnd AR