S v Nkosi (426/95) [1996] ZASCA 49 (2 May 1996)

70 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Application for condonation — Appellant convicted of drug trafficking and sentenced to imprisonment and fine — Appellant failed to appear for appeal hearing and sought condonation for late submission of heads of argument — Court a quo dismissed application on grounds of lack of reasonable prospects of success on appeal — Appellant contended that the court applied the wrong test in assessing the application — Court held that the assessment of reasonable prospects of success was correctly applied and that the merits of the appeal were adequately considered — Application for condonation dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 49
|

|

S v Nkosi (426/95) [1996] ZASCA 49 (2 May 1996)

Saak nr 426/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
MSEBENZI SYDNEY NKOSI
APPELLANT
-en-
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM: VIVIER, HOWIE et OLIVIER ARR. VERHOOR: 2 MEI 1996. GELEWER: 2 MEI 1996.
TRANSKRIPSIE VAN REDES MONDELING GELEWER IN DIE OPE HOF OP 2 MEI 1996 DEUR VIVIER AR WAARMEE HOWIE AR EN OLIVIER AR SAAMGESTEM HET.
2
VIVIER AR:
Die appellant is in die Kaapstadse landdroshof aan 'n
oortreding van art 5 (b) van die Wet op Dwelmmiddels en
Dwelmsmokkelary 140 van 1992 ("die Wet") skuldig bevind
deurdat hy op 11 Oktober 1993 in 28642 Mandrax tablette
bevattende metakaloon handel gedryf het. Hy het by die aanvang
van die verhoor skuldig gepleit. Hy is gevonnis tot sestig maande
gevangenisstraf waarvan dertig maande op sekere voorwaardes
opgeskort is. Daarbenewens is hy 'n boete van R20 000-00 of
twee jaar gevangenisstraf opgel
en sy BMW-motor wat vir die doel
van die pleging van die misdryf gebruik is, is ingevolge art
25 (1) (b) van die Wet aan die Staat verbeurd verklaar.
D
e appellant het teen sy vonnis na die Kaapse Provinsiale
Afdeling geappelleer. Hy het egter versuim om betyds sy
betooghoofde af te lewer en op die dag waarop die app
l vir
verhoor ter rolle geplaas is, was daar geen verskyning deur of
3
namens hom nie. Die app
l is gevolglik van die rol geskrap.
Die appellant het daarna aansoek gedoen om kondonasie vir die
bogemelde versuim en nie-verskyning en gevra dat, indien
kondonasie toegestaan sou word, onmiddellik met die verhoor van
die app
l teen vonnis voortgegaan word. Die aansoek is deur
K
hn en Desai RR aangehoor en van die hand gewys op die
basis dat daar geen redelike vooruitsigte van sukses op app
l teen
die vonnis is nie. Dit is duidelik uit die uitspraak dat die meriete
van die voorgenome app
l oorweeg is op die veronderstelling dat
'n verdere aansoek om kondonasie vir die laat wysiging van die
app
lgrondc wel toegestaan sou word, alhoewel dit nie uitdruklik
so gestel word in die uitspraak nie. Die appellant appelleer nou
na hierdie Hof teen die afwysing van sy eersgenoemde aansoek om
kondonasie. (S v N 1991 (2) SASV 10 (A) op 13 a.)
Geen getuienis is deur
f die Staat
f die verdediging by die
4
verhoor aangebied nie. Wat die omstandighede betref waaronder
die misdaad gepleeg is, blyk die volgende uit die appellant se
skriftelike verklaring wat na sy pleit van skuldig by die verhoorhof
ingehandig is. In Johannesburg het ene Pat Mothibe hom
genader met die voorstel dat hy die betrokke besending Mandrax
tablette na Kaapstad in sy BMW-motor vervoer teen betaling van
dic bedrag van R5 000-00 wat hy sou ontvang nadat hy die
tablette in Kaapstad afgelewer het. Die tablette is met die
appellant se volle medewete en samewerking in sy motor versteek
(by die verhoor was dit gemene saak dat 'n vals kompartement vir
hierdie doel agter die agtersitplekke ingerig is) en die appellant het
gere
l dat sy motor per spoor na Kaapstad vervoer word waar hy
dit by die spoorwegstasie gaan afhaal het. Op pad na Retreat
waar hy die besending moes aflewer, is hy deur die polisie
voorgekeer wat die tablette in sy motor gevind het.
5
Die appellant se persoonlike omstandighede is die volgende. Hy is 35 jaar oud, 'n eerste oortreder, getroud en het drie minderjarige
kinders van wie twee uit sy huidige huwelik en een uit 'n vorige verhouding is. Die appellant besit twee taxi's waarmee hy R4 000-00
per maand verdien. Een daarvan is nou aan die Staat verbeurd verklaar. Hy en sy vrou, wat as 'n gekwalifiseerde verpleegster werk,
besit saam 'n woonstel. Hulle handhaaf 'n relatief ho
lewensstandaard en verskaf 'n goeie skoolopleiding aan die kinders. Dit verg vanselfsprekend aansienlike uitgawes.
Namens die appellant is in hierdie Hof betoog dat die Hof a quo die verkeerde toets toegepas het by die weiering van kondonasie deurdat
die Hof die aansoek beoordeel het asof die vraag was of die app
l behoort te slaag of nie, instede van om te oorweeg of redelike vooruitsigte van sukses aangetoon is, wat 'n mindere toets is. (S
v N, supra op 13 b-c.) Ek stem nie saam
6
dat die Hof a quo die verkeerde toets toegepas het nie. Die Hof
het wel volledig met die meriete van die saak gehandel maar dit
was klaarblyklik ten einde te bepaal of die aansoek om kondonasie
toegestaan behoort te word of nie, soos duidelik blyk uit die laaste
paragraaf van die uitspraak wat deur Desai R gelewer is. Die
aansoek is afgewys omdat die Hof a quo gemeen het dat daar
geen redelike vooruitsigte van sukses op app
l bestaan nie. Die
Hof a quo wys in sy uitspraak daarop dat namens die appellant
slegs op een wanvoorligting gesteun is naamlik dat die landdros
geen of onvoldoende gewig geheg het aan die feit dat die appellant
Mothibe se naam aan die polisie verskaf het nie. Soos die Hof
a quo tereg daarop wys, is daar geen aanduiding dat die appellant,
voordat sy skriftelike verklaring by die verhoorhof ingedien is, die
polisie van die bestaan van Mothibe verwittig het of dat hierdie
inl
gting in enige opsig die polisie tot hulp was nie. Vgl S v
7
Sebata 1994 (2) SASV 319 (K) op 325 d-g en S v Randall 1995 (1) SASV 559 (K) op 566 f-g. Ek stem gevolglik met die Hof a quo saam
dat die noem van Mothibe se naam in die appellant se skriftelike verklaring geen gewig kan dra nie.
Wat die opgelegde vonnis betref, deel ek die siening van die Hof a quo dat dit eerder te lig as te swaar is. Die erns van die misdaad
is by herhaling oor die jare deur hierdie en ander Howe beklemtoon en is welbekend. Sien S v Ndaba 1993 (2) SASV 633 (A) op 636 h
- 637 a. In die huidige saak is 'n besondere groot hoeveelheid Mandrax tablette betrokke wat onberekenbare ellende vir baie kon veroorsaak
het. Die versagtende faktore waarop gesteun is, is almal deur die landdros in ag geneem en word, na my mening, voldoende weerspie
l in die vonnis wat hy opgel
het. Na my oordeel sou 'n vonnis van korrektiewe toesig, waarvoor namens die appellant betoog is, nie 'n gepaste vonnis
8
wees in die omstandighede van hierdie saak nie, selfs al sou so 'n vonnis geoorloof wees, wat vir huidige doeleindes nie nodig is
om te beslis nie.
Vir die redes hierbo genoem is ek van mening dat daar geen redelike vooruitsig van sukses op app
l teen die vonnis bestaan nie en dat die Hof a quo tereg die aansoek om kondonasie van die hand gewys het.
Die app
l word afgewys.
W. VIVIER AR.