About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 34
|
|
Guardian National Insurance Company Ltd. v Du Plessis (417/94) [1996] ZASCA 34 (27 March 1996)
bw
Saaknommer 417/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APP
LAFDELING
In die saak tussen
GUARDIAN NATIONAL INSURANCE
COMPANY LIMITED
Appellant
EN
TOBIAS CHRISTIAAN LOCHNER DU PLESSIS
Respondent
CORAM:
BOTHA, SMALBERGER, F H GROSSKOPF,
HARMS ARR
et
PLEWMAN
WndAR
Verhoordatum:
4
Maart
l996
Leweringsdatum:
27
Maart 1996
UITSPRAAK
BOTHA AR:
2
Op 6 Oktober 1988, om ongeveer 4-uur in die middag, het 'n 6-
jarige seuntjie, Lochner, oor 'n straat in 'n woonbuurt van Ceres
gehardloop en teen die linkerkant van 'n bewegende vragmotor wat
bestuur
is
deur
mnr
Hendrik
Same
vasgehardloop. Lochner
het
onder
die linker agterwiel van
die vragmotor beland en ernstige beserings
opgedoen. As gevolg daarvan het die respondent in hierdie app
l, in
sy hoedanigheid as vader en natuurlike voog van Lochner en in sy
persoonlike hoedanigheid, 'n aksie om skadevergoeding in die Kaapse
Provinsiale Afdeling ingestel teen die appellant as benoemde agent
ingevolge die bepalings van die Motorvoertuigongelukkewet 84 van
1986. Die aksie was gegrond op die bewering dat die botsing tussen
Lochner en die vragmotor veroorsaak is deur die nalatigheid van die
bestuurder, Same.
Met die aanvang van die verhoor voor COOPER R
is daar
3
gevolg gegee aan 'n ooreenkoms tussen die partye dat die geskilpunte
aangaande die nalatigheid van Same eerste bereg sou word en dat die
geskilpunle betreffende die quantum van die skadevergoeding sou
oorstaan vir latere beregting, indien nodig. Na
die
afhandeling van die
getuienis oor die aanspreeklikheidsaspek het die verhoorregter 'n
uitspraak gelewer waarin hy bevind het dat die respondent nie bewys
het dat die botsing te wyte was aan Same se nalatigheid nie en
gevolglik het hy absolusie van die instansie met koste gelas.
Die respondent het, met die nodige verlof, geappelleer na die
volle hof van die Kaapse Provinsiale Afdeling. Die app
l is met 'n
meerderheid gehandhaaf. In die meerderheidsuitspraak gelewer deur
KING R (met die samestemming van ACKERMANN R) is die
bevel
van die verhoorhof tersyde gestel en vervang met 'n bevinding dat die
respondent bewys het dat Same nalatig was en dat sy nalatigheid 'n
4 oorsaak
van
die
botsing was. WILLIAMSON R het 'n afwykende
uitspraak gelewer.
Daarna is aan die appellant spesiale verlof toegestaan om na
hierdie hof in ho
r beroep te kom.
Ten opsigte van die omstandighede waaronder die ongeluk
gebeur het en die wyse waarop die botsing plaasgevind het, bestaan
daar tans geen feitlike geskille meer nie. 'n Kort samevatting daarvan
volg.
Cilliersstraat in Ceres loop van suid na noord. Dit is 'n
teerstraat, 8,4 meter breed, met randstene en sypaadjies aan albei
kante. Daar is bome langs die straat met oorhangende takke en blare.
Op die betrokke middag was 'n munisipale voertuig besig om gevalle-
blare en vuilgoed in die straat op te ruim. Di
voertuig is in die
getuienis genoem die "suiglorrie" en ek sal aldus daarna verwys. Dit
5
is 5,4 m lank, 2,15 m breed en 2,75 m hoog. Dit lyk soos 'n tenkwa.
Ene Abrahams het dit stadig bestuur in 'n rigting van suid na noord,
vlak teen die westelike randsteen. Die linkerwiele was omtrent 'n
halwe meter van die randsteen. Die spoed waarteen die suiglorrie
beweeg het, is deur Abrahams beskryf as 'n "looppas". Aan die
agterkant is die suiglorrie toegerus rnet 'n beweegbare pyp waardeur
blare en afval in die tenk opgesuig word. Die punt van die suigpyp
strek omtrent 1,75 m links agter die suiglorrie uit. Mnr Willem Jaap
het
met die pypgewerk. In die getuienis is hy "die pypman" genoem,
en ek sal ook
so na
hom verwys. Aan die voorkant van die suiglorrie
het mnr Dawid Pedro diens gedoen. Pedro se werk was om blare en
vullis van die sypaadjie af te vee tot in die straat, waar dit reg sou
wees om deur die pypman opgesuig te word. Pedro het dus algaande
die suiglorrie 'n entjie vooruit geloop om sy taak te verrig.
6
Lochner en 'n 5-jarige vriendjie, Francois, was in een van die
woonhuise aan die westekant van die straat toe
hulle aandag getrek is
deur die lawaai wat die suiglorrie gemaak het. Hulle is toe na buite,
Lochner te voet en Francois op sy fiets. Hulle was natuurlik
ge
nteresseerd in die werking van die suigpyp en het 'n ent saam met
die suiglorrie beweeg om die operasie van naderby te beskou.
Francois was in die straat op sy fiets, agter die suiglorrie, en het met
die stadige pas tred gehou deur alkante van die fiets met sy voete op
die grond te trap. Lochner het op die westelike sypaadjie geloop, naby
die pypman. Hy het van die blare wat nog opgesuig moes word,
opgetel en in die bek van die suigpyp gevoer. Op 'n stadium het
Lochner op die sypaadjie langs die suiglorrie gedraf na die voorkant
daarvan en tot waar Pedro doenig was met sy veewerk. Naby Pedro
het hy gebuk om 'n stuk papier wat daar gel
het, op te tel,
7
klaarblyklik met die gedagte om dit in
die suigpyp te
gaan voer. Maar
net toe waai die wind die papier in en oor die straat, na die oostekant
toe. Lochner het agterna gehardloop. Op daardie oomblik was die
vragmotor wat deur Same bestuur is in beweging van suid na noord
op die oostelike kant van die straat, regoor die plek waar Lochner
ooswaarts gehardloop het. Dit was 'n groot vragmotor, 'n Nissan 6-ton.
diesel trok met 'n toe bak
agterop, 8,9 in lank en 2,5 m breed. (In die
getuienis is daaraan verwys as "die plaaslorrie" .) Lochner het vas in
die bewegende vragmotor gehardloop en dit getref kort voor die linker
agterwiel. Hy is vir omtrent 4 tree
meegesleur en het
toe geval, en die
linker agterwiel het oor hom gery. Die vragmotor het 'n entjie verder
aan die oostekant van die pad tot stilstand gekom.
Die plek waar Lochner geval en op die pad bly l
het, was
3,45 m van die oostelike randsteen van die straat en ongeveer 8 m ten
8
noorde van die voorkant van die suiglorrie. Di
punt is tydens 'n
inspeksie ter plaatse uitgewys deur sowel Abrahams as Pedro. Dit is
egter nie moontlik om te bepaal presies hoe ver voor (d.w.s. ten
noorde van) die suiglorrie Lochner was toe hy oor die pad gehardloop
het nie. Abrahams het net gesien waar Lochner geval en bly l
het,
maar het niks van sy bewegings voor die tyd waargeneemnie. Pedro
het wel Lochner se bewegings gesien - die beskrywing daarvan hierbo
berus juis op sy getuienis, wat deur die verhoorregter as betroubaar
aanvaar is, behalwe vir wat hy genoem het "'n o
nskynlike
teenstrydigheid" oor hoe ver Lochner voor die suiglorrie was toe hy
oor die westelike helfte van die pad beweeg het. Inderdaad blyk dit
uit Pedro se getuienis en sy uitwysings dat sy skattings van afstande
onversoenbaar met mekaar is. In sy getuienis het hy ges
dat hy
7 meter voor die suiglorrie geloop het en dat Lochner 116 meter voor
9
hom was toe hy gebuk
het om die papier op te tel en daarna oor die
pad gehardloop het. Tydens die inspeksie het hy uitgewys dat hy op
die westelike sypaadjie gestaan het regoor die plek waar Lochner geval
en bly l
het. Maar hy het ook getuig dat Lochner 'n ent ver deur
die vragmotor meegesleur is voor hy geval het, en tydens die
inspeksie het hy uitgewys dat die vragmotor Lochner getref het op 'n
punt 4 tree ten suide van die plek waar hy geval en bly l
het.
Daarbenewens het hy 'n punt uitgewys, 1,7 meter ten noorde van die
suiglorrie, waar Lochner was toe hy die westelike sypaadjie verlaat
het. Pedro het die korrektheid van sy uitwysings in sy getuienis
bevestig, maar die teenstrydighede is nooit opgeklaar nie. Op
hierdie
getuienis kon Lochner bes moontlik so naby as 2 tot 4 meter voor die
suiglorrie oor die pad gehardloop het.
Same se getuienis kan kortliks soos volg saamgevat word. Hy
10
het met die Nissan trok gery in die hoofweg waarby Cilliersstraat in
die suide aansluit en in Cilliersstraat gedraai om noordwaarts te ry na
die nywerheidsgebied wat anderkant die woonbuurt l
waardeur
Cilliersstraat loop. Soos hy gery het, het hy die suiglorrie voor hom
in die pad gesien. Hy het ook die pypman agter die lorrie gesien en
'n kind wat op die westelike sypaadjie gestaan het en na die pypman
gekyk het. Dit was klaarblyklik Lochner. Sy rug was na Same se
kant gedraai. Same het nie 'n kind op 'n fiets in die pad agter die
suiglorrie gesien nie. Hoekom hy nie vir Francois, wat daar was,
gesien het nie, is nie opgeklaar nie. Same het waargeneem dat 'n
motorkar van noord na suid in aantog was en het op sy linkerkant
agter die suiglorrie gebly totdat die motorkar by die suiglorrie en sy
eie vragmotor verby gery het. Voordat hy na regs beweeg het om
die suiglorrie verby te steek, het hy na links gekyk en weer die
11
pypman gesien, maar nie die kind (Lochner) nie. Hy het toe op die
oostelike helfte van die straat verby die suiglorrie gery. Sy spoed
was 35 k p u. Toe hy halfpad langs die suiglorrie verby was, was
hy besorg oor oorhangende takke wat sy vragmotor kon tref en
het
hy
sy aandag daarop toegespits. Soos die voorkant van sy vragmotor by
die voorkant van die suiglorrie verby beweeg het, het hy nie links
gekyk in die rigting van die westelike sypaadjie nie. Sy aandag was
op die pad voor
hom. Toe die vragmotor verby die suiglorrie was, het
hy in
die
truspie
l aan die linkervoorkant van
die
vragmotor gekyk om
vas te stel waar die suiglorrie is en of dit veilig sou wees om na links,
na die westelike helfte van die
straat, terug te keer. Op daardie selfde
oomblik het hy 'n slag teen die vragmotor gehoor en in die truspie
l
gesien hoe Lochner by die linker agterwiel met die vragmotor in
botsing kom. Hy het toe die vragmotor langs die oostelike randsteen
12
van die pad tot stilstand gebring.
Tydens die inspeksie ter plaatse is dit gedemonstreer dat daar vir
die bestuurder van die vragmotor 'n area, genoem "'n blinde kol", aan
die linker voorkant bestaan waarbinne 'n kind met die lengte van
Lochner nie sigbaar sou wees nie. Die afstand van onsigbaarheid het
gewissel tussen 2,9 m en 3,65 m na gelang van die posisie van die
kind.
In die lig van die voorgaande feite moet die vraag na Same se
nalatigheid nou ondersoek word. Sy bestuurswyse moet getoets word
aan die hand van die maatstaf van besondere versigtigheid wat vereis
word van 'n bestuurder wat bewus is of behoort te wees van die
aanwesigheid van 'n kind of kinders langs die pad waarop hy ry, vanwe
die welbekende geneigdheid van kinders om op 'n onbesonne
wyse oor die pad te
hardloop. Die hofrapporte wemel van voorbeelde
13
van die formulering van die maatstaf en die toepassing daarvan op
bepaalde feite. Talle van die sake word genoem in die uitsprake van
COOPER
II
en KING R, en is weer aan ons voorgehou tydens die
betoog voor hierdie hof. Ek noem slegs vier voorbeelde:
Levy NO
v Rondalia Assurance Corporation of S A Ltd
1971 (2) SA 598
(A);
Santam Insurance Co
Ltd v Nkosi
1978(2) SA 784 (A);
Jenneker
NO
v Marine and
Trade Insurance
Co Ltd
1979 (2) SA 885
(A); en
Keown v Ned-Equity Versekeringsmaatskappy Bpk
1984 (1) SA 656
(A). Eerder as om daardie sake van naderby te beskou, dink
ek
dat
dit
nuttiger sal wees om kortliks aan te dui hoe die toepassing van wat
daar ges
is, gelei het tot die uiteenlopende standpunte wat in die
huidige saak gehuldig is in die hof van eerste instansie en die hof a
quo.
COOPER R se bevel van absolusie het berus op die volgende
14
bevindings wat hy in die loop van sy uitspraak
gemaak het: Lochner
het geen aanduiding gegee dat hy voornemens was om agter om -
allermins voor om - die suiglorrie in 'n oostelike rigting oor die pad
te
beweeg nie; onder die omstandighede
sou 'n redelike bestuurder nie
so 'n moontlikheid voorsien het nie; hy sou ook
nie sy toeter geblaas
het nie; Same se spoed van 35 k p u was nie 'n ho
spoed nie;
aangesien hy die redelike moontlikheid nie voorsien het dat Lochner
in 'n oostelike rigting sou beweeg nie, was Same se versuim om weer
na die westelike sypaadjie te kyk (toe hy by die suiglorrie verby
gegaan het), verstaanbaar en nie onredelik nie; en, vanwe
die
verskeie onbepaalbare faktore (nl hoe ver ten noorde van die suiglorrie
die botsing plaasgevind het en die uitwerking van die sg blinde kol),
is dit nie op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat, indien Same
na links gekyk het toe hy die suiglorrie verbygesteek
het, hy Lochner
15
sou gesien het nie.
In sy minderheidsuitspraak in die hof
a quo
het
WILLIAMSON
R onder
meer die volgende
menings
uitgespreek: 'n
redelike bestuurder in die posisie van Same, toe hy die suiglorrie
genader het, sou gereken het dat die kind (Lochner) betower was deur
die werking van die suiglorrie, en hy sou opgemerk het dat daar niks
in die omgewing was wat die kind se aandag van die boeiende
skouspel sou kon aftrek nie; as hy beter uitgekyk het as Same en
gesien het dat Lochner langs die suiglorrie na die voorkant daarvan.
gedraf het, sou dit hom
nog nie laat dink het aan die moontlikheid dat
die kind op pad was om voor die lorrie oor die pad te hardloop nie;
daar was niks in die situasie om so 'n onwaarskynlike gebeure te
suggereer as dat die kind skielik oor die pad sou hardloop, taamlik
naby die voorkant van die suiglorrie nie; dit is onrealisties om van 'n
16
bestuurder in Same se posisie te verwag om nie die suiglorrie verby
te gaan terwyl sy uitsig tydelik versper is en totdat hy vasgestel het
presies waar die kind is nie; en selfs al het Same beter uitgekyk en
stadiger gery (alhoewel 35 k p u nie 'n te ho
spoed was nie),
inaggenome dat Lochner naby die agterwiel in die vragmotor
vasgehardloop het, is dit
geensins duidelik dat die ongeluk nie tog sou
plaasgevind het nie.
In die meerderheidsuitspraak van KING R in die hof
a quo
was die beredenering toegespits enersyds op Same se versuim om
behoorlik uit te kyk en andersyds op sy versuim om enige stappe te
doen om die moontlikheid van 'n botsing te vermy. Wat die uitkyk
betref, is daarop gewys dat Same nooit vir Francois op sy fiets gesien
het nie en dat hy Lochner net een keer waargeneem het. Op daardie
tydstip was Lochner se rug op hom gedraai en was hy klaarblyklik nie
17
onder die
beheer van 'n volwasse persoon nie. Same moes besef het
dat Lochner nie bewus was van die aankomende vragmotor nie en dit
moes hom besonder bedagsaam gemaak het. Voor hy by die suiglorrie
verby is, het hy weer die pypman gesien, maar nie vir Lochner nie, en
die feit dat die kind toe uit sy gesigsveld was moes hom insgelyks op
sy hoedegeplaas het. As hy behoorlik uitgekyk
het, so s
KING R op
een plek in sy uitspraak, sou hy van 'n distansie agter die suiglorrie-
waarskynlik gesien het hoe Lochner aan die voorkant daarvan 'n stuk
papier jaag soos beskryf deur Pedro. Later in die uitspraak bevind
KING R dat, as Same behoorlik uitgekyk het, hy waarskynlik sou
gesien het dat Lochner langs die suiglorrie na die voorkant daarvan
draf; dit sou 'n belangrike aanduiding vir Same gewees het dat die
toneel nie meer staties was nie; Lochner was aan die beweeg; hy het
uit Same se gesigsveld verdwyn; en hy kon iets onverwags aan die
18
voorkant van die suiglorrie gedoen het. Same, so word verder ges
,
was nie geregtig om te aanvaar dat Lochner aan die linkerkant van die
pad sou bly nie, inaggenome hoe onvoorspelbaar en onbesonne sulke
jong kinders kan optree. Wat Same se optrede betref, word daar ges
dat hy geen stappe gedoen het om te waak teen die moontlikheid dat
Lochner oor die pad kon hardloop nie. Hy moes nie by die suiglorrie verby gery het sonder om sy toeter te gebruik en sonder om sy
spoed
in so 'n mate te verminder, indien nodig tot dieselfde stadige
"looppas" van die suiglorrie, dat hy eers kon verseker dat Lochner
bewus was van sy aantog en dat dit veilig was om voort te ry nie. As
hy dit gedoen het, is dit waarskynlik dat Lochner nie oor die pad sou gehardloop het nie en dat die botsing nie sou plaasgevind het
nie.
Met die benadering wat in die meerderheidsbeslissing van die
hof
a quo
weerspie
l word, soos hierbo opgesom, kan ek
met eerbied
19
nie saamstem nie, om die redes wat volg.
Die
bevinding
dat
Same nie
behoorlik
uitgekyk
het
terwyl hy die
suiglorrie van agter af genader het nie, is geregverdig. Dit is die
afleidings wat die meerderheid van die
hof
a quo
uit Same se versuim
in daardie verband gemaak het waarmee ek nie kan saamgaan nie.
Om mee te begin, moet ek eers verwys na die stelling hierbo genoem
dat Same, as hy behoorlik uitgekyk het, waarskynlik van 'n distansie
agter die suiglorrie sou gesien het dat Lochner voor die lorrie besig was om 'n stuk papier agterna te sit. Na my mening is hierdie
stelling
onhoudbaar op die getuienis. Die suiglorrie was 'n groot, soliede
struktuur wat vlak langs die sypaadjie beweeg het. Hoe effektief dit
die uitsig na vorentoe versper het, is duidelik uit die foto's wat as
bewysstukke voor die hof was. Die hipotetiese punt agter die
suiglorrie, vanwaar Same die sypaadjie voor die lorrie sou kon gesien
20
het, sou klaarblyklik so ver terug gewees
het dat dit ondenkbaar is dat.
Same van daardie punt tot
by die punt van botsing sou kon beweeg het
in dieselfde tyd as wat dit Lochner sou geneem het om die paar tree
van die sypaadjie tot by die punt van botsing te draf. In soverre die
meerderheid van die hof
a
quo
se bevindings op die genoemde stelling
berus het, het dit, met respek, misgetas.
Die vraag wat 'n redelike bestuurder in Same se posisie, wat
behoorlik uitgekyk het op pad na die suiglorrie, sou gesien het, en
gepaard daarmee, wat sy reaksie op sy waarnemings sou gewees het,
is na my oordeel van kardinale belang in hierdie saak. Dit is die
sleutel tot die oplossing van die meningsverskille in die twee howe
benede.
So 'n redelike bestuurder sou in die eerste plek gesien het dat
twee klein seuntjies agter die stadig ryende suiglorrie aan beweeg het,
21
die
een voet
vir voet op die
grond, bo-op sy fiets, in
die pad, en die
ander te voet met die sypaadjie langs. Hy sou gesien het dat die pypman besig was om vuilgoed op te suig en dat die seuntjie naby
hom speel-speel blare in die suigpypgevoer het
soos hy saam met die
suiglorrie en die pypman vorentoe beweeg het. In daardie toneel sou
daar vir die redelike bestuurder geen suggestie gewees het van 'n moontlikheid dat een van die kinders na regs dwarsoor die pad sou
wou hardloop nie. Inteendeel sou hy waargeneem het dat hulle
doenigheid en hulle aandag ten volle toegespits was op die suiglorrie en die werking van die suigpyp, en hy sou gereken het dat, tensy
iets
in die toneel verander het, dit veilig sou wees om die suiglorrie verby
te steek wanneer die aankomende motorkar dit toegelaat het.
Vervolgens sou die redelike bestuurder opgemerk het dat die
seuntjie op die sypaadjie langs die suiglorrie na vorentoe gedraf het en.
22
sodoende uit sy gesigsveld weggeraak het. Op sigself sou dit vir hom
nie 'n aanduiding ingehou het dat die seuntjie se speletjies op die
sypaadjie en sy bemoeienis met die suiglorrie tot 'n einde gekom het
nie. Die kind se
beweging na die voorkant van die suiglorrie, met die
sypaadjie langs, het geen suggestie ingehou van 'n moontlikheid dat hy
nou van plan was om die pad oor te steek nie. Presies die
teenoorgestelde is waar. Die wyse waarop Lochner inderdaad kort
voor die suiglorrie van links na regs dwarsoor die pad gehardloop het,
was dieselfde as di
van 'n kind wat oor 'n pad hardloop om 'n
bestemming aan die ander kant daarvan te bereik. Dit is op daardie
grondslag dat die kritieke vraag beoordeel moet word of 'n redelike
bestuurder in Same se posisie die moontlikheid van Lochner se optrede
behoort te voorsien het. En op daardie grondslag moet die antwoord
ontkennend wees. As die kind van die sypaadjie oor die straat wou
23
gaan om die oorkantse sypaadjie te bereik, sou hy dit aan die agterkant
van die suiglorrie gedoen het; dit sou vir hom volkome onsinnig gewees het om eers met die sypaadjie langs die suiglorrie, wat
vorentoe
beweeg het (hoe stadig ookal), te draf, en dan kort voor die
suiglorrie die pad oor te steek. 'n Redelike bestuurder, ten volle bedag
op die onbesonne optrede van kinders, sou so iets nie as 'n redelike
moontlikheid gereken het nie. As hy aan so 'n moontlikheid gedink
het, sou hy dit as so vergesog beskou het dat hy sou geoordeel het dat
dit onnodig was om spesiale voorsorg te tref om daarteen te waak.
Inderdaad het die vergesogte moontlikheid wat ek gepostuleer
het, nie verwesenlik nie: Lochner het nie oor die pad gehardloop
omdat hy die oorkantse sypaadjie wou bereik nie. Hy was nog steeds-
besig met sy speletjies, soos die redelike bestuurder sou verwag het.
Maar toe waai die papier oor die pad en Lochner is agterna. Hierdie
24
gebeure was so onverwags en buitengewoon dat geen redelike
bestuurder die moontlikheid daarvan sou voorsien het nie. Hy sou
dus ook nie stappe gedoen het om so 'n geleentheid die hoof te kan
bied nie.
Na my mening is die
buitengewone feite van
hierdie saak in die
meerderheidsuitspraak van die hof
a quo
misgekyk. As gevolg
daarvan is gesegdes van 'n algemene strekking wat in die regspraak
voorkom aangaande motoriste se verpligtings teenoor kinders in of
naby 'n pad in die meerderheidsbeslissing toegepas op die besondere
feite van hierdie geval, waar
hulle in
werklikheid
onvanpas is. Dit kan
verder toegelig word aan die hand van 'n argument wat die respondent
se advokaat geopper het ter ondersteuning van die benadering van die
meerderheid in die hof
a quo
. Hy het aangevoer dat die posisie in die
huidige
geval vergelyk moet word met, en wesenlik dieselfde is as, die
25
geval van 'n bestuurder wat by a skoolbus of 'n roomyskar verby wil
ry wanneer daar kinders in die omgewing is, of te verwagte is. Maar
die vergelyking is vals. By die skoolbus en die roomyskar is dit
inherent in die situasie dat 'n kind oor die pad sal wil beweeg, na of van die bus of die kar. Die moontlikheid dat dit kan gebeur,
is vir 'n
redelike bestuurder voor die hand liggend; dit is dus redelik
voorsienbaar, en daarom sal 'n versigtige bestuurder op so 'n wyse ry
dat hy 'n skielik bewegende kind kan vermy. In die omstandighede
van die huidige geval was die inherente waarskynlikhede van die
situasie die teenoorgestelde. Die betekenis van die suiglorrie was dat
die kind se aandag sigbaar toegespits was op die suigpyp en op sy
spelery op die sypaadjie langs die pad. Sy waarneembare bewegings
het 'n sterk onwaarskynlikheid ingehou dat hy voor die suiglorrie oor
die pad sou wou beweeg het. 'n Versigtige bestuurder sou geen rede
26
gehad het om op sy hoede te wees teen so 'n gebeurlikheid nie, en hy
sou dus nie sy bestuurswyse ingerig het om daarmee rekening te hou
nie.
My gevolgtrekking is dat Same nie nalatig was deurdat hy nie
die moontlikheid voorsien het dat Lochner voor die suiglorrie oor die
pad sou hardloop nie. Gevolglik was hy ook
nie nalatig in die wyse
waarop
hy verby
die
suiglorrie gery
het
nie. In die
besonder
was
hy
nie nalatig in enige van die twee opsigte wat die meerderheid van hof
a quo
bevind het nie, nl deur nie sy toeter te gebruik en nie sy spoed
te verminder nie.
Hierdie gevolgtrekking maak dit onnodig om die vraag van
oorsaaklikheid te behandel, maar miskien is dit gerade om terloops te
s
dat ek bedenkings het oor die meerderheid van die hof
a quo
se
bevinding dat 'n botsing waarskynlik nie sou gebeur het as Same
27
getoet en spoed verminder het nie. Volgens waarnemings by die
inspeksie ter plaatse was die toeter van die vragmotor hoorbaar bo die
lawaai van die suiglorrie, maar of Lochner dit wel sou gehoor en
daarop gereageer het, lyk my twyfelagtig, veral as 'n mens in ag neem dat hy met soveel intense aandag die papier agternagesit het
dat hy in
die groot vragmotor vasgehardloop het toe dit al byna by hom verby
beweeg het. Om dieselfde
rede is dit
ook nie duidelik
wat sou gebeur
het as Same stadiger verby die suiglorrie beweeg het nie; bes
moontlik kon Lochner dan onder die linker voorwiel beland het in
plaas van die linker agterwiel. Maar dit is onnodig om verder hieroor
te bespiegel.
Die slotsom is dat COOPER R in die hof van eerste instansie
tereg bevind het dat die respondent nie bewys het dat Same nalatig
was nie, en dat die bevel van absolusie van die instansie met koste
28
korrek was.
Die bevel van die hof is soos volg:
1.
Die app
l word gehandhaaf, met koste.
2.
Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en
vervang met die volgende bevel:
"Die app
l word van die hand gewys, met koste."
A S BOTHA AR
Stem saam
Harms AR
Plewman WndAR
SAAKNO
: 417/94
EB
IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA
(APP
LAFDELING)
In die saak tussen:
GU
RDIAN NATIONAL INSURANCE
COMPANY LIMITED
Appellant
en
TOBIAS CHRISTIAAN LOCHNER DU PLESSIS
Respondent
CORAM
: BOTHA, SMALBERGER, F H GROSSKOPF,
HARMS ARR et PLEWMAN Wnd AR
VERHOORDATUM
: 4
MAART 1996
LEWERINGSDATUM
: 27 MAART 1996
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:
Ek het die voorreg gehad om die uitspraak van my
2
kollega Botha te lees. Ek kan egter met eerbied nie met sy gevolgtrekking saamstem nie.
Ek gaan akkoord met sy siening dat op die getuienis die bevinding
geregverdig is dat Same nie behoorlik uitgekyk het terwyl hy die
suiglorrie van agter genader het nie. Ek stem ook saam dat die
kardinale vrae in hierdie saak die volgende is: wat sou 'n redelike
bestuurder in Same se posisie waargeneem het as hy behoorlik uitgekyk
het toe hy die suiglorrie nader, en wat sou sy reaksie daarop gewees
het?
Ek aanvaar my kollega se uiteensetting van wat 'n redelike
bestuurder aanvanklik sou opgemerk het. Ek verskil egter van hom met betrekking tot wat sodanige bestuurder se gedagtegang en reaksie
sou
gewees het vanaf die tydstip waarop hy sou gesien het, as hy 'n
3
behoorlike uitkyk gehou het, dat Lochner vanaf die suigpyp wegbeweeg het en na vorentoe langs die suiglorrie gedraf het. Hierdie beweging
van Lochner sou 'n redelike bestuurder onmiddellik op sy hoede gestel
het. Dit sou 'n aanduiding gewees het dat Lochner se aandag dalk nie
meer op die suigpyp gevestig was nie. Toe hy vorentoe gedraf het, kon
dit beteken het dat sy speletjies op 'n end was. Die redelike bestuurder
sou gewonder het waarheen hy op pad was toe hy uit sy gesigsveld
verdwyn en sou des te meer met groter omsigtigheid opgetree het (vgl
Santam Insurance Co Ltd v Nkosi
1978 (2) SA 784
(A) op 791 G). Hy
sou wel ook besef het dat Lochner waarskynlik nie van sy aankoms
bewus was nie.
Die straat waarlangs Same gery het, loop deur 'n woongebied en
in die omgewing van die botsing was daar woonhuise aan beide kante
4
van die straat gele
. Die redelike bestuurder sou nie die moontlikheid
kon uitsluit nie, en sou uiteraard die moontlikheid voorsien het, dat Lochner hom iewers voor die suiglorrie kon bevind, en dat hy
dalk die
pad kon oorsteek na een van die woonhuise aan die oorkant van die pad.
Hy sou nie geweet het waar hy bly nie en, soos reeds opgemerk, waarheen hy op pad was nie. Ek kan nie saamstem dat 'n redelike
bestuurder geregtig sou wees om te aanvaar dat indien 'n jong kind soos
Lochner die pad wou oorsteek hy dit noodwendig aan die agterkant van
die suiglorrie sou doen nie.
Na my mening sou dit nie onsinnig wees vir 'n klein kind, onbewus van ander verkeer, om eers by 'n baie stadig bewegende
voertuig verby te draf en dan die straat oor te steek nie. En as dit
onsinnige optrede sou wees, is dit juis die soort welbekende
5
onbesonnenheid aan die kant van 'n onbegeleide jong kind waarop 'n
redelike bestuurder bedag sou wees en waarteen hy sou waak en die
nodige voorsorg sou tref.
Na my mening kan die onderhawige geval nie in wese onderskei
word nie van die geval waar 'n bestuurder by 'n skoolbus of 'n
roomyskar verby wil ry waar jong kinders te wagte is. Soos my kollega
daarop wys, is die moontlikheid dat 'n kind oor die pad na of van 'n bus
of roomyskar sal wil beweeg voor die hand liggend; dit is dus
voorsienbaar, en daarom sal 'n versigtige bestuurder op so 'n wyse ry
dat hy 'n skielik bewegende kind kan vermy. Dit geld ook waar die
kind by die bus of roomyskar nie aanvanklik vir die aankomende
bestuurder sigbaar is nie. Onderliggend aan hierdie beginsel is die onsekerheidselement wat met die onvoorspelbare en onbesonne optrede
6
van jong kinders gepaard gaan. En daardie selfde onsekerhe
dselement
was in die huidige geval aanwesig toe Lochner van die suigpyp af
weggedraf het en buite Same se gesigsveld verdwyn het, want vanaf
daardie oomblik sou daar onsekerheid bestaan oor sy moontlike verdere
bewegings. Toe Lochner van die suigpyp wegbeweeg, was sy aandag
nie meer daarop toegespits nie, en ook nie meer noodwendig op sy
spelery nie. Ek kan dus nie saamstem dat sy waameembare bewegings
'n sterk onwaarskynlikheid ingehou het dat hy voor die suiglorrie oor
die pad sou wou beweeg nie.
Dit maak myns insiens nie saak nie dat Lochner op die ou end nie die straat probeer oorsteek het nie, maar agter 'n stuk papier aan
die straat ingehardloop het. Dit is nie nodig dat Same die presiese manier
waarop die skade veroorsaak is, moes voorsien het nie (vgl
Da Silva and
7
Another v Coutinho
1971 (3) SA 123
(A) op 148 A). Dit was
voldoende dat hy, as 'n redelike bestuurder, bedag moes gewees het op die moontlike gevaar wat Lochner se aanwesigheid na aan die
straat in
die omstandighede geskep het, en gevolglik redelike voorsorg moes
getref het om daarteen te waak (vgl
Neuhaus NO v Bastion Insurance Co
Ltd
1968 (1) SA 398
(A) op 406 D).
Dit blyk duidelik uit die getuienis dat Same geensins sy spoed
verminder het toe hy by die suiglorrie verbygery het nie. Na my
mening sou 'n redelike bestuurder in sy posisie minstens getoet het en
spoed verminder het. In sy getuienis het Same geredelik toegegee dat
as hy rede gehad het om te glo dat Lochner voor die suiglorrie kon
uitbeweeg het (wat, soos ek bevind het, hy redelikerwys moes voorsien
het), sou hy sy toeter geblaas, stadiger gery en beter gekyk het.
8
Volgens hom sou hy teen 'n spoed van 25 kilometer per uur sy
vragmotor omtrent onmiddellik tot stilstand kon gebring het. Indien
Same sy toeter geblaas het en sy spoed verminder het soos 'n redelike
bestuurder in die omstandighede sou gedoen het, sou 'n botsing na my
mening waarskynlik vermy kon gewees het,
f sou die skade wat
daardeur veroorsaak was aansienlik minder kon gewees het. As Same
sy toeter geblaas het en spoed verminder het net voordat hy die
suiglorrie begin verbyry het, is dit waarskynlik dat Lochner die getoeter
sou gehoor het. Dan sou hy
f nie die straat ingehardloop het nie
f,
indien hy reeds begin het, sou hy gestop het en sodoende die botsing
vermy het. Die aangewese spoedvermindering in die omstandighede sou
Same waarskynlik in staat gestel het om betyds te stop om 'n bots
ng te
vermy, maar so nie sou dit minstens tot gevolg gehad het dat die
9
vragmotor amper stilstaande was toe die botsing plaasgevind het en sou
minstens die meesleep van Lochner deur die vragmotor, en die skade
wat daardeur veroorsaak is, sodoende verhoed kon gewees het.
Gevolglik sou hy waarskynlik minder ernstig beseer gewees het. Same
se nalatigheid het dus wesenlik bygedra tot Lochner se skade. Die
vereiste oorsaaklikheid is gevolglik bewys (vgl
Minister of Police v
Skosana
1977 (1) SA 31
(A) op 34 F). Omdat Lochner ten tyde van die
botsing doli incapax was, sou die geringste graad van beregbare
nalatigheid aan die kant van Same die appellant aanspreeklik maak vir
die volle omvang van Lochner se skade.
Ek sou gevolglik die app
l van die hand gewys het met koste,
insluitende die koste van twee advokate.
J W SMALBERGER APP
LREGTER
F H GROSSKOPF, AR - STEM SAAM