About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1996
>>
[1996] ZASCA 32
|
|
Van Tonder en Andere v Vorster (541/94) [1996] ZASCA 32; 1996 (3) SA 383 (SCA); [1996] 2 All SA 229 (A); (27 March 1996)
Saaknommer 541/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APP
LAFDELING
In die saak tussen
S VAN TONDER
EERSTE APPELLANT
KOMATIGATE ESTATES
(EDMS) BPK
TWEEDE APPELLANT
HECTORSPRUIT CITRUS
ESTATE (EDMS) BPK DERDE APPELLANT
EN
JAN HENDRIK VORSTER
RESPONDENT
CORAM: Botha, E M Grosskopf, Harms, Scott ARR et Plewman WndAR
Verhoordatum: 18 Maart l996
Leweringsdatum: 27 Maart l996
UITSPRAAK
BOTHA AR:
2
Die respondent ("die eiser") het in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling 'n aksie ingestel teen die appellante ("die verweerders"), wat
daarop uitgeloop het dat vonnis ten gunste van die eiser teen die
verweerders toegestaan is vir die betaling van 'n bedrag van
R135 000,00 met rente en koste. (Die uitspraak van die hof
a quo
is
gerapporteer: sien
Vorster en 'n Ander v Van Tonder en Andere
1996
(1) SA 1129
(T).) Hierteen appelleer die verweerders, met die verlof
van die hof
a quo
.
Die saak is in die hof
a quo
bereg op die grondslag van 'n
gestelde saak wat die partye opgestel en voorgel
het ingevolge die
bepalings van Re
l 33 van die Eenvormige Hofre
ls. Alvorens ek die
gestelde saak hier weergee, is dit gerade om enkele inleidende
opmerkings daaroor te maak. In die uiteensetting van ooreengekome
feite word daar verwys na'n aantal aanhangsels. Die strekking van die
aanhangsels, vir sover dit ter sake is, word egter nie in die
3 uiteensetting self weergegee op '11 wyse wat 'n mens kan laat verstaan
presies waaruit die geskil tussen die partye ontstaan het nie. Om die
begrip van die feite en die geskil te vergemaklik, sal ek gevolglik
hieronder die aanhaling van die gestelde saak onderbreek, telkens
wanneer daar na die aanhangsels verwys word, deur in vierkantige
hakies kortliks die inhoud daarvan te vermeld, vir sover dit ter sake is.
Origens word die gestelde saak hieronder aangehaal net soos dit in die
oorkonde voorkom, sonder redaksionele korreksies
(sic)
:
"1
UITEENSETTING VAN OOREENGEKOME FEITE:
1.1 Eiser is in besit van twee tjeks waarvan Eerste Verweerder die trekker is en Tweede en Derde Verweerders die tjeks agterop as
avalle geteken het. Afskrifte van die voor- en agterkante van die tjeks word hierby aangeheg as Aanhangsels 'A' en 'B' ."
[ Een van die tjeks is gedateer "30-1-1987" en die ander "30-1-1988". Elkeen is vir 'n bedrag van R100 000,00
en elkeen is uitgemaak ten gunste van N F van Tonder. Op elkeen is die gedrukte woorde "of toonder" en "or bearer"
n
die naam van die nemer deurgehaal en bokant dit die woord "alleen" ingeskryf; daardie woord is ook deurgehaal en langs
di
4
deurhaling verskyn die paraaf van die eerste verweerder. Op die agterkant van elke tjek is die name getik van die tweede en derde
verweerders (hulle is maatskappye) en bokant di
name verskyn die handtekening van die eerste verweerder. Agterop elke tjek is daar verder 'n handtekening wat deur die partye aanvaar
word - soos terstond sal blyk - die naam N F van Tonder weer te gee. ]
"1.2 Ex facie die voor- en agterkante van die tjeks is die nemer daarvan 'N F VAN TONDER' en het 'N F VAN TONDER' beide tjeks
op die agterkant daarvan onderteken. Die nemer van elke tjek is 'N F VAN TONDER SNR' en die persoon wat die tjeks agterop onderteken
het, is 'N F VAN TONDER JNR', synde die seun van N F VAN TONDER SNR.
1.3 Gemelde tjeks is deur Eerste Verweerder aan N F VAN TONDER JNR, wat opgetree het namens N F VAN TONDER SNR, oorhandig ingevolgedie
bepalings van 'n ooreenkoms, aangegaan op 11 Februarie 1986, 'n afskrif waarvan hierby aangeheg word as Aanhangsel 'C'."
[ Aanhangsel C is 'n koopkontrak waarvolgens N F van Tonder senior die aandele in 'n sekere maatskappy aan die eerste verweerder verkoop
het vir 'n bedrag van Rl miljoen. Bokant die woord "VERKOPER" aan die einde van die kontrak het N F van Tonder junior geteken,
met byskrywing van die woorde "as behoorlik gevolmagtigde van N F van Tonder (SNR)". Die kontrak het bepaal dat die balans
van die koopprys in 14 paaiemente betaalbaar sou wees, vanaf 30 April 1986 tot 28 Februarie 1988, ten opsigte waarvan die koper vooruitgedateerde
tjeks sou uitmaak en by ondertekening van die kontrak aan die verkoper sou oorhandig. ]
5
"1.4 Op 12 Junie 1986 het Eiser aandele in 'n beslote korporasie aan N F VAN TONDER SNR, soos verteenwoordig deur N F VAN TONDER
JNR,verkoop
soos meer volledig blyk uit 'n koopkontrak, 'n afskrif waarvan hierby aangeheg word as Aanhangsel 'D'. Eiser het behoorlik teenoor
N F VAN TONDER SNR ingevolge gemelde ooreenkoms presteer. Ingevolge die bepalings van hierdie ooreenkoms moes N F VAN TONDER SNR
vier tjeks van Eiser lewer, welke tjeks ontvang is uit hoofde van Aanhangsel 'C' en is gemelde tjeks aan Eiser vir waarde oorgedra."
[ Die vier tjeks wat N F van Tonder senior aan die eiser moes lewer word in die koopkontrak, aanhangselD, ge
dentifiseer met verwysing na die feit dat die koper (N F van Tonder senior) dit ontvang het van ene Steve van Tonder (die eerste verweerder)
ingevolge die kontrak tussen hulle wat tans aanhangsel C is, en met verwysing na die bedrae en datums daarvan, soos volg: R50 000,00
- 30/8/1986; R50 000,00 - 30/9/1986; R100 000,00 30/1/1987; R100 000,00 - 30/1/1988. ]
"1.5 Op versoek van Eiser soos deur N F VAN TONDER aan
Eerste Verweerder oorgedra, het Eerste Verweerder op al vier die tjeks wat aan Eiser gelewer moes word, die woord 'alleen' deurgehaal
en daarby geparafeer.
1.(5 Nadat die tjeks soos voormeld gewysig is, het N F VAN TONDER JNR, ingevolge 'n skriftelike Volmag van N F VAN TONDER SNR, 'n
afskrif waarvan hierby aangeheg word as Aanhangsel 'E', gemelde tjeks op die agterkant daarvan namens N F VAN TONDER SNR endosseer
en aanEisergelewer. "
6.
[ Aanhangsel E is gedateer 16 Junie 1986 en dit is onderteken deur N F van Tonder senior. Dit lui soos volg:
"Hiermee ratifiseer ek NICOLAAS FRANS VAN TONDER (Snr.) van TINY, DEWETSDORP die kontrak hierby aangeheg, en geparafeer deur
myself wat my seun NICOLAAS FRANS VAN TONDER (Jnr.) met JAN HENDRIK VORSTER op 12 Junie 1986 geteken het, en magtig ek hom om alle
verdere dokumente te teken of tjeks ten behoewe van myself te teken of oor te endosseer, met betrekking tot gesegde kontrak."
]
"1.7 1.7.1 Eiser het die tjek gedateer 30 Augustus 1986 vir betaling aangebied en is gemelde tjek betaal.
1.7.2
Ten opsigte van die tjek gedateer 30 September 1986 het Eiser en Eerste Verweerder 'n ooreenkoms ten opsigte van betaling daarvan
aangegaan en het betaling ingevolge sodanige ooreenkoms geskied.
1.7.3
Ten opsigte van die tjek gedateer 30 Januarie 1987 het Eerste Verweerder 'n totale bedrag van R65 000,00 aan Eiser betaal. Eerste
Verweerder ontken, soos meer volledig hieronder sal blyk, dat Eiser geregtig is op betaling van sodanige tjek.
1.7.4
Ten opsigte van die tjek gedateer 30 Januarie 1988 ontken Verweerder, soos meer volledig hieronder sal blyk, dat Eiser geregtig is
op betaling van sodanige tjek.
1.8 Op 7 Julie 1988 het N F VAN TONDER SNR en Eerste Verweerder 'n ooreenkoms aangegaan, 'n afskrif waarvan hierby aangeheg word as
Aanhangsel 'F'."
7
[ In aanhangsel F het NF van Tonder senior en die eerste verweerder ooreengekom dat die wyse van betaling van die kooppryssoos vervat
in hulle kontrak van 11 Februarie 1986, aanhangsel C, in die geheel vervang word deur 'n nuwe betalingswyse, wat die lewering van
10 vragmotors deur die eerste verweerder aan N F van Tonder behels het. Aanhangsel F bepaal dat dit beskou word dat die eerste verweerder
al sy verpligtinge kragtens die vorige kontrak (aanhangsel C) ten volle nagekom het, dat N F van Tonder senior die eerste verweerder
vrystel van enige eise ingevolge die vorige kontrak, en dat N F van Tonder senior onderneem om die tjeks wat hy ingevolge die vorige
kontrak van die eerste verweerder ontvang het, aan die eerste verweerder terug te besorg. ]
"2
REGSVRAAG IN GESKIL
:
Is getuienis toelaatbaar ten einde die identiteit van 'n endossant te bepaal en indien wel, kan getuienis aangebied word om, waar
dit nie ex facie die tjeks self blyk nie, aan te toon dat die persoon wat as endossant geteken het, dit gedoen het namens en in volmag
van 'n ander persoon?
2.1
Verweerder se stellinge:
Verweerder voer aan dat getuienis wel toelaatbaar is om die identiteit van 'n endossant te bepaal. Verweerder voer aan dat dit nie
ex facie Aanhangsels 'A' en 'B' blyk dat N F VAN TONDER JNR gemelde tjeks as gevolmagtigde van N F VAN TONDER SNR ge
ndosseer het nie. Die parol evidence re
l verbied Eiser om getuienis van sodanige volmag aan te bied en gevolglik kon Eiser nie die re
lmatige houer van sodanige tjeks geword het nie.
8
2.2
Eiser se stellinge:
Eiser voer aan dat getuienis wel toelaatbaar is om die identiteit van 'n endossant te bepaal, maar, indien die Agbare Hof sou bevind
dat getuienis om'n volmag aan te toon nie toelaatbaar is nie, getuienis op dieselfde basis ontoelaatbaar moet wees om die identiteit
van 'n endossant te bepaal. Ex facie die tjeks blyk dit dat die nemer se handtekening is wat as endossant op die agterkante daarvan
verskyn. Eiser voer verder aan dat hy wel geregtig is om die getuienis, ten opsigte waar van die feite ooreengekom is en soos hierbo
uiteengesit, aan te bied dat VAN TONDER JNR wel as gemagtigde van VAN TONDER SNR die tjeks namens VAN TONDER SNR ge
ndosseer het en dat hy gevolglik by ontvangs daarvan 'n re
lmatige houer daarvan geword het.
3
OOREENGEKOME BEVEL:
3.1.
Indien Eiser se stellinge aanvaar word, word die volgende
bevelgemaak:
'1. Vonnis ten gunste van Eiser teen Verweerder vir betaling van 'n totale bedrag van R135 000,00;
2.
Rente op die bedrag van R135 000,00 vanaf 19
Augustus 1990 tot datum van betaling teen 18,5%
per jaar;
3.
Koste van die geding.'
3.2.
Indien Verweerder se stellinge aanvaar word, word die
volgende bevel gemaak:
'1. Die saak word sine die uitgestel;
2. Eiser word gelas om die koste ten opsigte van die
9
voorbereiding en aanhoor van die gestelde saak te betaal.'"
Dit is nodig om eers stil te staan by die presiese omvang van die geskil tussen die partye, soos dit uit die gestelde saak blyk. In
par 2.1 eindig die verweerders se stellings met die kontensie dat die eiser nie die re
lmatige houer van die tjeks kon geword het nie, terwyl die eiser se stellings in par 2.2 uitloop op die kontensie dat die eiser die
re
lmatige houer van die tjeks geword het. Die belang van die vraag of die eiser die re
lmatige houer van die tjeks is, is natuurlik duidelik: is hy dit nie, kan die verweerders teen hom die verweer opper dat die eerste
verweerder van aanspreeklikheid onthef is kragtens die kontrak tussen hom en N F van Tonder senior, aanhangsel F; is hy dit wel,'
kan die verweer nie teen hom geopper word nie.
In die partye se kontensies (par 2.1 en 2.2) word die vraag of die eiser die re
lmatige houer van die tjeks is egter uitsluitlik gekoppel aan die vraag na die toelaatbaarheid al dan nie van die getuienis
10
aangaande N P van Tonder senior se volmag aan N F van Tonder
junioromdietjeksnamenshomteendosseer(aanhangsel E). Daardie
getuienis kan net betrekking h
op die vraag of die eiser die houer van
die tjeks geword het: as dit toelaatbaar is, volg dit dat die tjeks deur
die blanko endossement namens die nemer toonder-tjeks geword het
en dat die eiser as die besitter daarvan die houer is (artikels 29(3) en
31 (1) van die Wisselwet 34 van 1964 ("die Wet"), gelees met die
omskrywing van "houer" in artikel 1). Maar die gewraakte getuienis
aangaande die volmag het nie betrekking op die ander vereistes wat vir
'n re
lmatige houer gestel word in artikel 27 van die Wet nie (afgesien
daarvan dat hy 'n houer moet wees), soos byvoorbeeld dat hy die tjeks
te goeder trou geneem het. Terselfdertyd bepaal par 3.1 van die
gestelde saak dat, indien die eiser se stellings aanvaar word, vonnis ten
gunste van die eiser toegestaan sal word soos daar uiteengesit. Die
enigste afleiding wat 'n mens uit die gestelde saak as 'n geheel kan
11
maak, is dat, afgesien van die vraag of die eiser die houer van die
tjeks is, die partye nie die ander vereistes van re
lmatige houerskap in
die gedrang wou bring nie. Dit is gevolglik in daardie beperkte
konteks dat die vraag na die toelaatbaarheid van die gewraakte
getuienis oorweeg moet word.
Die "regsvraag in geskil" wat in par 2 van die gestelde saak
geformuleer is, is in onaanvaarbare algemene en abstrakte terme
ingeklee. Die vraag wat geopper word, kan en moet slegs beantwoord
word binne die raamwerk van die besondere feite wat in die gestelde
saak genoem word. Die eerste gedeelte van die vraag (of getuienis
toelaatbaar is om die identiteit van die endossant te bepaal) is
inderdaad nie in geskil nie: in die betoog voor hierdie hof was dit
gemeensaak dat die getuienis vermeld in par 1.2 van die gestelde saak
toelaatbaar is, nl dat dit N F van Tonder junior is wat die
endossemente op die tjeks aangebring het. Die gestelde saak meld nie
12
uitdruklik dat die endossemente in die vorm van sy gewone
handtekening is nie, maar die eiser se advokaat was nie gene
om die teendeel te argumenteer nie en ek sal aanvaar dat dit so is. Wat die tweede deel van die vraag betref, as 'n mens dit reduseer
tot die feite van die geval, dan sal dit soos volg lui: kan getuienis aangebied word om aan te toon dat N F van Tonder junior die
tjeks as endossant geteken het namens en in volmag van N F van Tonder senior? Die vraag moet oorweeg word aan die hand van die feite
vermeld in par 1.6 van die gestelde saak, met inagneming van die inhoud van die volmag, aanhangsel E, en verder met inagneming van
die besondere feit dat die prinsipaal en die gemagtigde, Senior en Junior, dieselfde voorletters en van dra.
In die hof
a quo
en weer in hierdie hof was die betoog namens die eiser dat die getuienis aangaande die volmag toelaatbaar is op enige een van twee
altematiewe gronde: eerstens, omda
dit val binne
13
die bestek van artikel 95(1) van die Wet; tweedens, omdat dit nie
indruis teen die algemene re
l wat ekstrinsieke getuienis ter
weerspreking, wysiging of aanvulling van die skriftelike stuk uitsluit
nie. In die hof
a quo
het PREISS R die eerste grond van die betoog
verwerp, maar ten gunste van die eiser bevind op die tweede grond.
In hierdie hof het die verweerder se advokaat die beslissing op die
eerste grond ondersteun en di
op die tweede grond aangeveg. In die,
omstandighede is dit gerade om eers die eerste grond van die betoog
namens die eiser in o
nskou te neem.
Artikel 95(1) van die Wet bepaal soos volg:
"Indien daar ingevolge hierdie Wet vereis word dat 'n stuk of geskrif deur iemand geteken word, is dit nie nodig dat hy dit self
teken nie, maar is dit toereikend indien sy handtekening daarop geskryf word deur een of ander persoon met of kragtens sy magtiging,
en is die gemagtigde bese
ling met die se
l van 'n regspersoon toereikend, en word dit geag gelykstaande te wees met die tekening of endossering van so 'n stuk of geskrif."
Die redes waarom PREISS R die eiser se beroep op die artikel
14
verwerp het, blyk uit die volgende uittreksel uit sy uitspraak (op 1132
H-I):
"Ek is van mening dat artikel 95(1) voormeld geen steun vir die eiser bied nie. Die betrokke artikel verwys na die geval waar
iernand 'n ander se handtekening op die wissel aanbring. Dit is nie wat hier plaasgevind het nie. Van Tonder jnr het nie bedoel om
sy vader se naam op die wissel aan te bring nie. In terme van die ooreengekome feite het hy sy eie naam daarop geskrywe. Dit was
inooreenstemming met sy volmag. Die feit dat hy dieselfde voorletters en van dra, is bloot toevallig. Artikel 95(1) dek nie die huidige
geval nie."
Ek stem met eerbied nie saam met hierdie beredenering nie. Na my mening val die feite van die gestelde saak presies binne die trefwydte
van die bepalings van artikel 95(1), om die redes wat volg.
Die Wet bevat geen omskrywing van die betekenis van die woord "handtekening" nie. In die samehang waarin die woord in artikel
95(1) gebruik word ("indien sy handtekening daarop geskryf word"), beteken dit klaarblyklik nie die betrokke persoon se
handtekening in die vorm waarin hy gebruiklik sy naam teken nie.
15 Die artikel beoog slegs dat die betrokke persoon ("die prinsipaal") se
naam op die stuk geskryf word, sonder enige voorskrif oor die vorm
waarin dit geskied. Die gemagtigde skrywer kan die prinsipaal se
naam skryf soos hy wil: in hoofletters of klein letters, drukskrif of
handskrif; hy kan selfs die gebruiklike handtekening van die.
prinsipaal probeer naboots; of hy kan die prinsipaal se naam in sy eie
gewone handskrif skryf; en as dit so is dat sy eie voorletters en van
dieselfdeisas di
vandie prinsipaal, dan doen dit na my mening geen
afbreuk aan die toepaslikheid van artikel 95(1) as die naam van die
prinsipaal op die stuk voorkom in die vorm van die gewone
handtekening van die skrywer daarvan nie, solank as die skrywer se
optrede val binne die perke van die prinsipaal se opdrag.
In die huidige geval is die volmag, aanhangsel E, in wye en
ongekwalifiseerde terme. Van Tonder senior het Van Tonder junior
gemagtig om "tjeks ten behoewe van myself te teken of oor te
16 endosseer." Dit is nie gestipuleer hoe hy dit moes doen nie. Die
aanbring van Van Tonder senior se naam as endossant het binne die
omvang van die volmag geval.
In die lig van die voorgaande oorwegings is dit onjuis om te s
dat die huidige nie 'n geval is waar iemand 'n ander se handtekening
op die wissel aangebring het nie. Na my oordeel het die hof
a quo
meer gelees in d
e feit dat volgens die ooreengekome feite Van Tonder
junior sy eie naam op die tjeks geskryf het as wat geregverdig is. Hy
het terselfdertyd, volgens die ooreengekome feite, Van Tonder senior
se naam daarop geskryf, en dit was in ooreenstemming met sy volmag.
Dit is wat deurslaggewend is in die gestelde saak soos die partye dit
geformuleer het. In par 1.21 word ter aanvang die feit gestel dat ex
facie die tjeks die name van die nemer en die endossant dieselfde is.
Dit dui
prima facie
daarop dat die tjeks ge
ndosseer is deur of namens
die nemer. Dit word egter in die gedrang gestel deur die volgende
17
feite wat genoem word, nl dat die nemer Van Tonder senior is en dat
Van Tonder junior agterop geteken het. Di
feite opper vanself die
vraag of Van Tonder Junior gemagtig was deur Van Tonder senior om
die endossemente aan te bring. Hierdie vraag kom dan weer te sprake
in par 1.6. In di
verband is die ooreengekome feite dat Van Tonder
junior ingevolge die volmag, aanhangsel E, die tjeks
namens
Van
Tonder senior ge
ndosseer het. "Namens" beteken " in die naam
van" (sien bv die
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
van
Labuschagne en Eksteen). Die ooreengekome feite in par 1.6 val
gevolglik
prima facie
binne die bestek van die bepalings van artikel
95(1), en daar is niks in die res van die gestelde saak wat daaraan
afbreuk doen nie.
Artikel 95(1) beoog klaarblyklik dat getuienis toelaatbaar is om
aan te toon dat die prinsipaal se naam met sy magtiging op die stuk
geskryf is. In 'n sekere sin is artikel 95(1) die teenvoeter van
18
artikel 22. Laasgenoemde veroorloof getuienis dat iemand se naam
sonder sy magtiging op 'n wissel geplaas is, terwyl eersgenoemde getuienis toelaat dat die naam met magtiging daarop geskryf is. Daarvolgens
is die gewraakte getuienis in die huidige geval wel toelaatbaar.
My gevolgtrekking is derhalwe dat die eerste grond van die betoog namens die eiser in die hof
a quo
behoort te geslaag het. Dit synde die geval, is dit onnodig om aandag te skenk aan die tweede grond van die betoog.
Die app
l word van die hand gewys met koste.
A S BOTHA APP
LREGTER
Stem saam
E M Grosskopf AR Harms AR Scott AR Plewman WndAR