S v Thomas en Andere (536/94) [1995] ZASCA 96 (14 September 1995)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Conspiracy to commit fraud — Appellants charged with conspiracy to obtain counterfeit currency — Appellants pleaded guilty and were sentenced to five years' imprisonment — Appeal against sentence based on claims of coercion and lack of intent — Court held that appellants knowingly participated in the conspiracy and their claims of pressure did not negate their culpability — Sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 96
|

|

S v Thomas en Andere (536/94) [1995] ZASCA 96 (14 September 1995)

NIE RAPPORTEERBAAR SAAKNOMMER: 536/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
IAN BARRY THOMAS
EERSTE APPELLANT
LEON LE ROUX
TWEEDE
APPELLANT
MICHAEL DAVID CROW
DERDE APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: E M GROSSKOPF, VIVIER et OLIVIER ARR
VERHOORDATUM
: 28
AUGUSTUS 1995
LEWERINGSDATUM
: 14 SEPTEMBER 1995
UITSPRAAK
OLIVIER AR/
2
OLIVIER AR:
Die appellante het in die Kaapse Streekafdellng tereggestaan
op 'n klag in terme van art 18(2)(a) van die Wet op Onwettige Byeenkomste,
17
van 1956. Dit is hulle ten laste gelé dat hulle met twee ander, Dirks en
MacLean, saamgesweer het om bedrog te pleeg. Díe
Staat het beweer dat
hulle gedurende Mei en Junie 1993 te Kaapstad saamgesweer het om vervalste geld
ten bedrae van R1004 800 in
die vorm van R50 note te bekom en dit aan Dirks en
MacLean te lewer teen vergoeding.
Die appellante het skuldig gepleit. Uit 'n
pleitverduidelikende verklaring wat aan die verhoorhof voorgelê is, blyk
dat hulle
erken het dat hulle wederregtelik en opsetlik aan die sameswering,
soos hul ten laste gelê is, deelgeneem het. Hulle sou R500
000 as
vergoeding vir die transaksie ontvang het.
Dirks was 'n polisie-informant en
"MacLean" dle
alias
van 'n polisie-beampte, ene Howard (hierna steeds
"MacLean" genoem). Die transaksie
3
was 'n polisie-lokval, waarin die appellante betrap en gearresteer is.
Die
appellante is tereg skuldig bevind. Na die aanhoor van hul getuienis, asook die
van die eggenote van derde appellant, Dirks en
MacLean, is hul elkeen gevonnis
tot vyf jaar gevangenisstraf onderhewig aan die bepalings van art 271(1)(i) van
die Strafproseswet,
51 van 1977.
Hul appèl teen die opgelegde vonnisse
is deur die Kaapse Provinsiale Afdeling (per Scott en Lategan RR) op 13 Mei 1994
afgewys,
welke hof ook verlof verleen het dat hulle hul op hierdie Hof mag
beroep slegs wat die vonnisse betref.
By die verhoor van die appèl in hierdie Hof is eerste en derde
appellante deur 'n advokaat verteenwoordig. Tweede appellant
was afwesig en is
nie verteenwoordig nie. Sy appèl moet dus ingevolge
Appèlhofreël 7(3) afgewys word.
Dit is nodig om kortliks die feite soos blyk uit die getuienis, te skets.
Gerieflikheidshalwe kan dit gedoen word deur met derde appellant
se rol te
begin.
4
Derde appellant, 'n 37-jarige getroude man met 'n gesin ('n seun van 12 jaar
en 'n dogter van 9 jaar) was voorheen 'n gerespekteerde
werknemer van Telkom. Hy
het uit sy werk bedank en in ongeveer 1991 'n skoonmaak-onderneming in Kaapstad
van stapel gestuur. Eerste
appellant en ene May was sy vennote en Dirks 'n
werknemer. Die drie vennote het later hierdie onderneming weens 'n gebrek aan
kapitaal
van die hand gesit en Dirks het sy eie weg ingeslaan. Derde appellant
en sy eggenote het 'n klein telefoon-buro onderneming in die
Goue Akker in
Kaapstad geloods. Ongeveer 'n jaar later het Dirks 'n besoek by hom
afgelê. Dit het geblyk dat hy in Namibië
was; dat hy naarstig 'n
betrekking soek; dat hy (ongeslypte) diamante en dwelmmiddels gehad het om te
verkwansel en dat hy derde
appellant daarin wou betrek. Laasgenoemde het nie
belanggestel nie, maar Dirks het daagliks vanaf ongeveer 9 vm tot 4 nm by sy
ondememing
deurgebring, kwansuis omdat hy op vlug was vir die geregsbode. Later
het Dirks hom gevra of hy vervalste geld in die hande kon kry.
Derde appellant
het gesê dat hy 'n vriend in Johannesburg het, ene Victor, wat moontlik
iemand ken wat sulke geld sou
5
kon verskaf. Victor het 'n broer wat huise in Soweto bou en wat baie
"kontakte" het; ook het Victor hom al meegedeel dat hy enigiets
in Johannesburg
kon bekom. Derde appellant het met die gemelde Vlctor in verbinding getree, maar
vir weke lank was daar geen reaksie
nie. Dirks het intussen by hom opgedaag,
vergesel van MacLean, wat aan hom voorgestel is as 'n bestuurder van Eerste
Nasionale Bank.
MacLean het gesê dat die transaksie met die vervalste geld
kinderspeletjies is en dat hy dit al voorheen gedoen het: hy kon
die vervalste
note omruil vir egte note en die vervalste note laat vernietig in die gewone
loop van die bank se bedrywighede. Hy,
MacLean, sou R500 000 se egte note vir
homself hou.
Dirks het steeds onophoudelik na derde appellant se
besigheidsplek gekom en daagliks 'n oorlas van homself gemaak. Hy het selfs R100
vir 'n siek kind by derde appellant geleen nadat MacLean onderneem het om
daarvoor in te staan. Die besoeke het vir weke aangehou;
Dirks het druk op hom
ultgeoefen om die transaksie te beklink.
Hierna het tweede appellant met derde appellant in verbinding
getree.
6
Hy was 'n werknemer van Victor se broer en het derde appellant meegedeel dat
hy moontlik vervalste geld kon bekom. Die leweransiers
wou 'n deposito van R50
000 hê, wat derde appellant nie gehad het nie. Na onderhandelinge van vyf
of ses weke het die verskaffer
ingestem om die vervalste geld sonder 'n deposito
te oorhandig, maar teen uiteindelike vergoeding van R300 000. Nadat Dirks self
telefonies met tweede appellant in verbinding was, is daar finaal so
ooreengekom.
Die vals note is in Johannesburg aan tweede appellant gelewer en
derde appellant het daarheen gegaan. Die afspraak was dat Dirks en
MacLean ook
na Johannesburg sou kom om die vervalste geld in ontvangs te neem, maar hulle
het derde appellant later, terwyl hy in
Johannesburg op hulle gewag het, laat
weet dat die geld in Kaapstad aan hulle gelewer moet word. Dirks en MacLean wou
egter eers
'n eksemplaar van die vervalste note sien. Derde appellant het
intussen sy ou vennoot, eerste appellant, wat toentertyd in Johannesburg
woonagtig was, ontmoet. Toevallig sou laasgenoemde per vliegtuig na Kaapstad
afreis om sy familie te besoek. Eerste appellant het
7
hom dus versoek om een van die vervalste note na Dirks te neem. Dirks was
tevrede met die noot, hoewel dit van swak kwallteit was.
Tweede en derde
appellante het met die res van die vervalste geld per motor na Kaapstad
afgereis. Daar aangekom, het derde appellant
vir eerste appellant ingelig oor
die skema. Laasgenoemde het ingestem om mee te doen en is saam met derde
appellant na 'n hotel in
Kaapstad waar hulle Dirks en MacLean sou ontmoet om die
transaksie deur te voer. Tweede appellant het geweier om saam te gaan en
beklemtoon dat die lewering van die geld 'n misdaad daarstel. By die gemelde
ontmoeting is ooreengekom dat eerste en derde appellante
en Dirks en MacLean
twee dae later by 'n ander hotel in Kaapstad bymekaar sou kom waar die finale
uitruiling van die vervalste met
egte note sou plaasvind. By daardie geleentheid
is hulle gearresteer. Derde appellant volstaan daarmee dat hy slegs aan die
skema
deelgeneem het weens onophoudelike druk deur Dirks en MacLean.
Tweede
en derde appellante se weergawes sluit volkome by dié van derde appellant
aan. Wat tweede appellant betref, blyk dat
hy by Victor se
8
broer in Soweto werksaam was. Victor het hom ongeveer ses of agt weke voor sy
arrestasie genader met die versoek om vir vriende van
hom in Kaapstad vervalste
geld te probeer bekom. Hy het begln navrae doen en uiteindelik het iemand hom
genader met die aanbod om
vervalste note te lewer. Intussen het Dirks ook
eenmaal direk met hom telefonies in verbinding getree en hom aangespoor om sy
beste
te vermag om vervalste geld in die hande te kry. Nadat Dirks aan hom
verduidelik het hoe daar uit so 'n transaksie geld te make is,
het hy met sy
pogings volhard. Nadat die geld aan hom gelewer is, het hy die verdere
reëlings met derde appellant getref en
hom later na Kaapstad vergesel, soos
vermeld. Hy volstaan daarmee dat hy verlei is om aan die skema deel te neem deur
derde appellant
en Dirks, wat hom voortdurend onder druk geplaas het om
vervalste geld te vind, tot so 'n mate dat hy sy werk verwaarloos het in
die
soektog na 'n leweransier van vervalste geld.
Eerste appellant het in sy
getuienls die weergawes van die ander twee appellante bevestig. Volgens hom was
hy nie bereid om teenwoordig
te wees
9
by die oorhandiging van die vervalste geld nie, maar Dirks en MacLean het op
sy aanweslgheid aangedring.
Uit Dirks se getuienis blyk dat hy 'n
polisie-informant is wat R10 000 betaal is vir sy aandeel in die transaksie.
Volgens hom was
nie hý nie maar derde appellant die outeur van die
voorstel met betrekklng tot die onwettige skema. Hy het ontken dat hy druk
op
derde appellant uitgeoefen het of geld by hom geleen het, maar gee toe dat hy
byna elke dag vir derde appellant aangemoedig het
om met die skema voort te
gaan. Maar hy het toegegee dat druk wel uitgeoefen is deurdat hy en MacLean
derde appellant in 'n stadium
meegedeel het dat as die transaksie nie binne 'n
afsnydatum deurgaan nie, dit sal verval.
MacLean het sy rol, soos deur derde
appellant geskets, bevestlg. Hy het ook bevestig (strydig met wat Dirks getulg
het) dat laasgenoemde
wel geld by derde appellant geleen het vir sy siek kind;
trouens, hy het derde appellant oorreed om die geld aan Dirks te leen.
Die eerste appellant was ten tyde van die verhoor 40 jaar oud,
getroud
10
en die vader van drie dogters, een van 16 jaar en 'n tweeling van 14 jaar.
Soos die ander twee appellante was hy 'n eerste oortreder.
Hy was in diens van
Telkom vir 20 jaar en het blykbaar 'n goeie werksrekord gehad. Hy het sy
betrekking daar laat vaar om 'n sake-onderneming
in Kaapstad van stapel te
stuur. Dit het misluk; so ook die onderneming wat hy later in vennootskap met
derde appellant bedryf het.
Gedurende daardie tyd het hy Dirks, as werknemer van
die onderneming, leer ken. Na die ineenstorting van die onderneming het hy na
Johannesburg verhuis en daar 'n betrekking aanvaar. Vyf maande later het hy in
die onderhawige misdaadplan betrokke geraak. Hy het
getulg dat hy weens sy
arrestasie sy betrekking verloor het; dat hy sedertdien weer 'n
broodverspreidingsbedryf van stapel gestuur
het; dat hy en sy gesin weens sy
arrestasie en vervolging deur diep waters gegaan het en dat hy innige berou het
vir sy dade. Dit
blyk ook dat hy Dirks en MacLean geglo het toe hulle aan hom
voorgehou het dat die skema veilig is en dat hy redelik onkundig is
oor die
weë van die wêreld. Sy hoogste skolastiese kwalifikasie is standerd
agt.
11
Die tweede appellant was tydens die verhoor 24 jaar oud en is die vader van
'n 14-maande oue baba. Sy vrou kon nie daarin slaag om
'n betrekking te bekom
nie en hulle woon, weens geldnood, by vriende. Sy arrestasie was vir hom 'n
groot slag - hy het sy betrekking
en alles wat hy gehad het, verloor; dit was 'n
groot skok vir sy selfvertroue en hy is oortuig dat hy hom nie weer aan 'n
misdaad
skuldig sal maak nie. Ook hy het sy berou betuig.
Derde appellant is
37 jaar oud, getroud en die vader van twee kinders, 'n seun van twaalf en 'n
dogter van nege jaar. Volgens hom
het hy aan die sameswering deelgeneem weens
die onophoudelike druk wat Dirks en MacLean op hom uitgeoefen het. Hy is deur
die arrestasie
en vervolging finansieel geruïneer en moes sy onderneming
vir 'n appel en 'n ei verkoop. Hy het na Natal verhuis en probeer
om daar 'n
betrekking te vind. Ook hy het sy berou betuig; ook in sy geval blyk dit dat hy
onkundig is ten aansien van die euwels
van ons samelewing. Die hele skema, vanaf
die eerste voorstel deur Dirks tot sy arrestasie, het ongeveer agt weke
geduur.
12
Die landdros het, soos vermeld, die drie appellante elk tot vyf jaar
gevangenisstraf onderhewig aan die bepalings van art 276(1 )(i)
van die
Strafproseswet gevonnis. Hierdie vonnisse is op appel deur dle hof
a quo
gehandhaaf.
Enkele dae voor die verhoor in hierdie Hof van die
appél teen die opgelegde vonnisse is namens eerste en derde appellante 'n
aansoek gerig vir die tersydestelling van die vonnisse en terugverwysing van die
aangeleentheid na die verhoorhof om verdere getuienis
aan te hoor met die oog op
oplegging van vonnisse van korrektiewe toesig in terme van art 276(1 )(h) van
die Strafproseswet. In dle
aansoekstukke word deur die prokureur wat namens die
appellante in die verhoor opgetree het (en wat hulle tans nog verteenwoordig)
aangevoer dat hy destyds nie voorsien het dat sy kliënte gevangenisstraf
opgelê sou word niê. Hy was onder die indruk
dat die verhoorlanddros
die oplegging van korrektiewe toesig as strafvorm sou oorweeg en self 'n verslag
van 'n korrektiewe beampte
ingevolge art 276A(1) van die Strafproseswet sou
aanvra. In die aansoekstukke is daar beêdigde
13
verklarings van geregistreerde maatskaplike werkers wat die mening uitspreek
dat die eerste en derde appellante geskikte kandidate
vir die oplegglng van
korrektiewe toesig is.
Die Staat het die gemelde aansoeke teengestaan.
Art 316(3) van die Strafproseswet is nie in hierdie geval met
betrekking
tot die aansoek om tersydestelling van die vonnisse en
terugverwyslng om
nuwe getuienis aan te hoor, van toepassing nie, omdat die
onderhawige
aansoek nie gerig is as deel van 'n aansoek vir verlof om te
appelleer nie. Die
kriteria waaraan die huldige aansoek gemeet moet word, is
vasgelê in
uitsprake soos
R v Weimers and Others
1960(3) SA 508
(A);
S v De Jager
1965(2) SA 612 (A) en
S v Nkala
1964(1) SA 493 (A). In
S v De
Jager
.
supra,
te 613 C - E is daardie kriteria soos volg
saamgevat:
"(a) There should be some reasonably sufficient explanation, based on
allegations which may be true, why the evidence which it is
sought to lead was
not led at the trial.
(b) There should be a
prima facle
likelihood of the truth of the
evidence.
14
(c) The evidence should be materially relevant to the outcome of the
trial."
In die onderhawige geval skep vereistes (a)
en (c) myns insiens 'n onoorkomelike probleem vir die appellante.
Wat
vereiste (a) betref, is die verduideliking vir die versuim om die getuienis van
maatskaplike werkers of ander soortgelyke beroepslui
ter strafversagting by die
verhoorhof aan te bied, nie aanvaarbaar nie. Die wanopvatting van die appellante
se prokureur of, miskien
meer korrek, sy valse hoop op 'n ligte vonnis, kan nie
as 'n aanvaarbare verduideliking gedoog word nie. Enige ander houding sal
die
sluise open vir 'n onhanteerbare vloedgolf van soortgelyke aansoeke, waaronder
die beginsels van regsekerheid, die ordelike afhandeling
van strafverhore en die
flnaliteit van uitsprake totaal verswelg sal word.
In die onderhawige geval
blyk dit dat die verhoor op 24 Augustus 1993 afgehandel is nadat alle getuienis
aangehoor is en die staatsaanklaer
en die betrokke prokureur die hof met
betrekking tot vonnis toegespreek het.
15
Uitspraak is voorbehou en die vonnis-uitspraak is eers op 11 Oktober 1993,
meer as ses weke later, gelewer. Dit moes vir die prokureur
duidelik gewees het
dat die landdros, wat
mero motu
vir Dirks en MacLean as getuies geroep
het, nie van voomeme was om dieselfde te doen met betrekking tot 'n verslag van
'n proefbeampte
nie. Daar was voldoende geleentheid vir die prokureur om die
posisie van die appellante te oorweeg en om 'n aansoek aan die landdros
te rig
om die appellante se saak met betrekking tot vonnisoplegging te heropen sodat
die appellant self die beoogde verslag kon verkry
en voorlê. Wat vereiste
(c) betref, blyk uit die uitspraak van die landdros met betrekking tot vonnis
dat hy die verswarende
en versagtende omstandighede teen mekaar opgeweeg het en
tot die gevolgtrekking gekom het dat direkte gevangenisstraf aangewese is.
Hy
het bygevoeg dat korrektiewe toesig 'n gepaste vonnisopsie is en daarom het hy
gevangenisstraf in terme van art 276(1 )(i) van
die Strafproseswet opgelê.
Dit is duidelik dat hy van mening was dat die appellanle wel 'n termyn van
gevangenisstraf moes
uitdien en dan onder korrektiewe toesig geplaas word -
vandaar die vonnis in terme van art
16
276(1 )(i). In die lig van die vertrekpunt dat 'n termyn van direkte
gevangenisstraf aangewese is, sou die voorlegging van getuienis
dat die
appellante kandidate vir korrektiewe toesig is, na alle waarskynlikheid geen
verskil gemaak het nie.
Ek meen derhalwe dat die aansoeke van die hand gewys moet
word.
Wat die meriete van die appèlle betref, is aangevoer
dat die verhoorlanddros wesenlike wanvoorligtings begaan het en dat die
opgelegde vonnisse in elk geval buitensporig swaar en onvanpas is.
Die wanvoorligtings waarop staatgemaak word, is die
volgende:
(a) Dat die aanklag teen die appellante die bepalings van art 34(1 )(a) van die
Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank, 90 van 1989,
inkorporeer; en
(b) dat die lokval in die huidige geval nie die riglyne neergelê deur ons
howe, verbreek het nie; en
(c) dat daar nie tussen die onderskeie grade van aandadigheid en morele
verwytbaarheid van die appellante onderskei is nie
maar
17
dat almal vir vonnisdoeleindes oor dieselfde kam geskeer
is.
Ten opsigte van (a) is dit so dat die landdros
by vonnisoplegging verklaar het dat die genoemde artikel van die Wet op die
Reserwebank
van toepassing is. Dit is ook so dat art 34(1 )(a)(i) van gemelde
wet 'n termyn van gevangenisstraf wat 15 jaar nie te bowe gaan
nie, voorskryf.
Maar dit is ook duidelik dat die landdros by sy besluit om direkte
gevangenisstraf op te lê, hom nie deur gemelde
strafbepaling laat lei het
nie, maar deur al die omstandighede van die geval en na opweging van die
verswarende en versagtende faktore.
Die wanvoorligting was derhalwe kousaal
irrelevant.
Wat (b) betref, gaan dit om die faktor, bevestig deur hierdie hof
in S v Petkar 1988(3) SA 571 (A) te 576 E - 577 C, dat waar 'n lokval
met
oorreding en die uitoefening van druk gepaard gaan, 'n beskuldigde se morele
blaamwaardigheid as minder ernstig beskou mag word.
Al die appellante het in hul
getuienis verwys na die voortdurende druk wat veral Dirks op hulle uitgeoefen
het en die oorredende
rol van MacLean, nl dat hy 'n bankbestuurder is wat al
voorheen soortgelyke transaksies deurgevoer het en
18
dat daar geen risiko bestaan nie.
Die landdros het egter hierdie aspek in
oorweging geneem en Dirks se getuienis aanvaar. Hy het tot die gevolgtrekking
gekom dat die
feit dat appellante in 'n lokval betrap is, nie aan hul morele
verwytbaarheld afbreuk doen nie.
Dit is nie aangevoer dat die verhoorhof in
hierdie verband 'n wanopvatting oor feite begaan het nie. Dit gaan bloot om 'n
geloofwaardigheidsbevinding
wat aangeveg word. Dit is wel so dat daar
onbevredigende aspekte in Dirks se getuienis is - bv MacLean weerspreek hom oor
die geldlening
aan derde appellant - maar dit skep hoogstens twyfel of die
landdros se bevinding korrek is. Ek kan nie met oortuiging sê dat
hy
verkeerd is nie. In so 'n geval moet die bevinding op appèl gehandhaaf
word (sien
S v Robinson and Others
1968(1) SA 666 (A) te 675 G - 676
E).
Wat (c) betref, het die landdros bevind dat al die beskuldigdes 'n gelyke
aandeel in die pleeg van die misdaad gehad het. Hierdie
bevinding is deur eerste
en tweede appellante se advokaat in hierdie Hof bevraagteken.
19
Oënskynlik, op eerste appellant se weergawe, het hy eers na sy aankoms
in Kaapstad van die sameswering bewus geword en toe, op
die ingewing van die
oomblik, hom daarmee vereenselwig.
Ek is van oordeel dat eerste appellant se
weergawe onaanvaarbaar is. Sy weergawe dat hy totaal in die duister was toe hy
in Johannesburg
versoek is om een R50-noot na Dirks in Kaapstad te neem en dat
hy die versoek heeltemal onskuldig uitgevoer het, is ongeloofwaardig.
Na alle
waarskynlikheid is hy reeds in Johannesburg deur derde appellant op die hoogte
van sake gebrlng en het hy hom reeds toe daarmee
vereenselwig. Hy was sedertdien
'n gewillige medespeler wat self deel gehad het aan dle reël van die
afsprake vir die oorhandiging
van die geld. Alhoewel derde appellant dus vir 'n
langer tydperk met die beplanning van die misdaad betrokke was, was eerste
appellant
alles behalwe 'n onskuldige deelnemer wat op die ingewing van die
oomblik 'n mededader geword het. Dit kan dus nie gesê word
dat die
landdros se bevinding in hierdie verband verkeerd is nie.
Ten slotte is ook aangevoer dat die vonnisse wat opgelê is,
skokkend
20
onvanpas is. Daar is na ander gevalle van bedrog en diefstal van geld verwys.
Daar is weer, op die rekord soos dit staan, aangevoer
dat korrektiewe toesig in
terme van art 276(1 )(h) van die Strafproseswet, of selfs periodieke
gevangesetting, meer gepaste strawwe
sou wees.
Op die oog af lyk die straf in
hierdie geval swaar. Maar die argument ten behoewe van die appellante verloor
uit die oog dat dit opgelê
is in terme van art 276(1 )(i) van die
Strafproseswet. Afhangende van die gedrag van die appellante kan die termyn van
werklike aanhouding
relatief kort wees. Dit kan nie gesê word dat sodanige
straf onredelik is nie. 'n Ernstige misdaad is gepleeg bloot vir persoonlike
geldelike gewin. Daar was voldoende geleentheid vir herbesinning en repudiasie
van die sameswering voordat dit finaal deurgevoer
is.
Die appel van al drie appellante word van die hand gewys.
P J J
OLIVIER APPèLREGTER E M GROSSKOPF )
)STEM SAAM VIVIER AR )