About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 94
|
|
S v De Lange en 'n Ander (35/94) [1995] ZASCA 94 (14 September 1995)
Saak Nr 35/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHANNES JACOBUS DE LANGE
Eerste
Appellant
JOHANNES RUDOLPH STRAUSS
Tweede
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, NESTADT, ARR et SCOTT Wn
AR
VERHOOR
: 25 Augustus 1995
GELEWER
: 14 September 1995
UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR
2
Die twee appellante is in die Streekhof
te
Vanderbijlpark daaraan skuldig bevind dat
hulle
vervalste twintig rand note uitgegee het.
Eerste
appellant se skuldigbevinding was op twee klagtes.
Die
betrokke oortredings is onderskeidelik gepleeg op
17
Oktober 1991 en 3 November 1991. In albei gevalle
is
een noot uitgegee. Die tweede appellant is
skuldig
bevind to v 'n enkele oortreding gepleeg op 18
Oktober
1991. Hy het ook een vervalste noot uitgegee.
Die
eerste appellant is op elk van die twee klagtes
tot
twee jaar gevangenisstraf gevonnis, maar daar is
gelas
dat die twee vonnisse saamloop. Sy
effektiewe
gevangenisstraf is dus twee jaar. Die tweede
appellant
is gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf, waarvan
een
jaar op gepaste voorwaardes opgeskort is. 'n Appèl
na
die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen
die
vonnisse het misluk. Met die nodige verlof kom
die
3
appellante nou in hoër beroep na hierdie hof.
Namens die
appellante is eerstens betoog, op gesag van S v Marx
1989 (1) SA 222
(A) op 225
(B-J), dat daar oneweredige vonnisse op die appellante opgelê is met
betrekking tot misdade wat wesentlik ewe blaamwaardig
was. Ek stem nie saam nie.
Die eerste appellant is aan twee oortredings skuldig bevind en is effektief 'n
jaar gevangenisstraf vir
elk opgelê. Die tweede appellant het 'n enkele
oortreding begaan waarvoor hy twee jaar gevangenisstraf, met een jaar opgeskort,
ontvang het. Dit kom my 'n heeltemal redelike manier voor om te onderskei tussen
die erns van die appellante se onderskeie oortredings.
Verder is betoog dat die vonnisse in elk geval te swaar was. Dit is
geykte reg dat 'n hof van appèl nie met 'n verhoorhof se
vonnisoplegging
inmeng tensy daar 'n onbehoorlike diskresie-uitoefening aan die kant
van
4
die verhoorhof was nie. In die onderhawige geval word daar nie betoog dat
die streeklanddros enige mistasting begaan het nie. Die
argument is dat die
vonnisse so skokkend onvanpas was dat afgelei kan word dat die verhoorhof nie sy
diskresie behoorlik uitgeoefen
het nie. Die appellante is aangekla ingevolge art
2(c) van die Wet op Voorkoming van Vervalsing van Betaalmiddele, 16 van 1965.
Kragtens
art 2(i) van die Wet is 'n oortreder strafbaar met gevangenisstraf vir
'n tydperk van hoogstens vyftien jaar. Terloops, dit mag wees
dat die appellante
eerder aangekla moes gewees het van 'n oortreding van art 34 (l)(a) van die Wet
op die Suid-Afrikaanse Reserwebank,
90 van 1989, maar dit sou geen verskil aan
die bevoegde straf gemaak het nie, en die appellante het hul nie oor enige
gebrek in die
klagstaat bekla nie. Die belangrike punt is dat die uitgifte van
vervalste banknote as 'n baie ernstige
5
misdaad deur die wetgewer beskou word, en die streeklanddros het hierdie
faktor tereg in aanmerking geneem. Aan die ander kant was
hy ook bedag daarop
dat die huidige oortredings net met enkele banknote te doen gehad het.
Die persoonlike omstandighede van die twee appellante is die volgende.
Die eerste appellant is 35 jaar oud. Hy is 'n eerste oortreder.
Hy is getroud en
het twee kinders. Hy is in vaste werk. Die tweede appellant is 'n jong man van
22 jaar en ook 'n eerste oortreder.
Hy het vaste werk maar geen afhanklikes nie.
Hierdie persoonlike omstandighede is uiteraard strafversagtend. Die
verhoorlanddros
was egter bewus hiervan, en het dit in ag geneem. Dit is vir my
onmoontlik om te sê dat hy nie genoeg gewig daaraan geheg het
tot so 'n
mate dat dit as 'n mistasting aangeteken kan word nie.
6
Ek meen dus dat daar geen gronde is waarop
die
streeklanddros se diskresie-uitoefening aangeveg kan
word nie. Die appèlle van altwee appellante word afgewys.
E M GROSSKOPF, AR
NESTADT, AR
SCOTT, Wn AR Stem saam