About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 89
|
|
S v Ubisi (390/94) [1995] ZASCA 89 (7 September 1995)
CG SAAKNOMMER: 390/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak van:
CAIN
UBISI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM
: HEFER, VIVIER et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 24
AUGUSTUS 1995
GELEWER
: 7 SEPTEMBER 1995
UITSPRAAK
VAN DEN HEEVER AR
2
Appellant het in die Gazankulu Streekhof tereggestaan weens die diefstal,
gepleeg gedurende díe nag van 5-6 November 1989,
van 'n Mitsubishi trok
met registrasienommer HHL 854 T, die eiendom van mnr Derek Khosa. Hy is skuldig
bevind en gevonnis tot vier
jaar gevangenisstraf. Die Transvaalse Provinsiale
Afdeling van die Hooggeregshof het sy appèl teen beide skuldigbevinding
en vonnis afgewys, maar aan hom verlof verleen om in hoër beroep teen die
skuldigbevinding te kom. Hy doen egter nou aansoek
dat sy skuldigbevinding en
die vonnis deur die Streekhof aan hom opgelê, ongedaan gemaak word en hy
die geleentheid gebied
word om verdere getuienis voor die verhoorhof te plaas
ter ondersteuning van die verweer wat hy destyds geopper het, sou sy
appèl
nie daarsonder slaag nie. Ek handel eers met die
appèl.
Die kardinale feite is die volgende. Klaer het in
September 1982 'n splinternuwe roomkïeur 1982-model Mitsubishi trok vir R36
000 gekoop van Nova Sigma op Alberton. Die tersaaklike
3
huurkoopooreenkoms, Bewysstuk A, gee die model reeksnommer aan as FK 115
J, en die enjinnommer en (onderstel-) reeksnommers as 5222100
en 52719P
onderskeidelik. Die trok is volgens Bewysstuk B in sy naam gelisensiëer met
registrasienommer HHL 854 T. Op 5 November
1989 het sy broer die trok op
appellant se perseel en die sleutels daarvan in appellant se huis gelaat, nadat
hy die voertuig gesluit
het. Die volgende oggend was die trok weg. Appellant het
die diefstal by die polisie aangemeld, maar niks het daarvan gekom nie.
Hy het
mettertyd die registrasie van die trok op sy naam gekanselleer maar steeds op
die uitkyk gebly vir sy vermiste eiendom. Op
3 Desember 1991 - dus feitlik twee
jaar na die diefstal - op pad tussen Johannesburg en Nelspruit het hy 'n
voertuig gesien wat getrek
het na sy vermiste eiendom. Die nommerplaat het reeds
sy agterdog gaande gemaak, want die trok was 'n 1982 model met 'n NWW
nommerplaat,
en in daardie jaar het die owerhede nog nie naby "N"
registrasienommers uitgekom nie. Hy het die voertuig agtervolg. Toe dit op
Machadadorp
by 'n motorhawe intrek
4
het hy ook daar stilgehou en van die geleentheid gebruik gemaak om dit
onder goeie beligting behoorlik te besigtig. Wat hy opgemerk
het, het hom
oortuig dat dit sy vermiste trok was. Hy het vooruitgery en deur bemiddeiing van
die polisie op Nelspruit die trok daar
voorgekeer. Daar is beslag daarop
gelê. Dit is nou gelisensieer op naam van appellant onder
registrasienommer NWW 590 T. Die
persone op 3 Desember 1991 in beheer daarvan,
was in diens van appellant.
By die aanvang van die verhoor op 8
Oktober 1992 het appellant onskuldig gepleit. Deur sy prokureur, destyds mnr
Bremmer, het hy ter
pleitverduideliking gesê dat hy die voertuig waarop
beslag gelê is, op of ongeveer 30 Mei 1990 aangekoop het vir R43
000 van D
& O Sales (Pty) Limited ("D & O"). Daar word deur hierdie stelling
implisiet twee geskilpunte geopper: klaer maak
'n fout waar hy die trok uitken
as sy vermiste eiendom; maar, al sou hy reg wees, het appellant sonder dieftige
opset in besit daarvan
gekom.
Die Streeklanddros het bevind dat klaer 'n objektiewe, eerlike
en
5
betroubare getuie was en dat op die uitkenning van dit wat hy wel kon
uitken, staat gemaak kan word. Die kajuit en laaibak is ongetwyfeld
dié
van sy vermiste trok, oor die onderstel kan daar nie dieselfde sekerheid bestaan
nie, en die enjin is beslis 'n vervangde.
Hierdie bevinding van die verhoorhof
kan nie aangekyf word nie. Klaer het insidente genoem elkeen waarvan die trok 'n
letsel berokken
het. Hieronder was een waardeur die dak van die kajuit gekraak
was op 'n wyse wat, volgens 'n inspeksie deur mnr Bremmer aangevra,
nie
opsigtelik was nie. Volgens klaer het water daar ingelek met reënweer.
Kortom, iemand wat die trok net bekyk maar nie geken
het nie, sou nie daarvan
bewus gewees het nie. Die laaibak is volgens sy voorskrifte vervaardig, en hy
het self agt gate in elke
wand geboor om dwarsstawe te hou, waarop
tamatiekissies gepak kon word. En die sleutel van sy trok wat sy broer in sy
huis gelaat
het die aand voordat die trok verdwyn het, het gepas op die deure
van die trok. Die enjin kon daarmee aangeskakel word, soos aan
die polisie op
Nelspruit gedemonstreer is toe hy uitwysings aan die voertuig gedoen
6
het. Sy reaksie, toe mnr Bremmer dit aan hom stel dat appellant
sou
getuig dat hy hierdie einste trok van D & O op Boksburg gekoop
het,
was - verstaanbaar hoewel ongrammatikaal - "which means where
did
they find that truck if they sell it to him?"
Na die eerste dag van die verhoor is dit verdaag. Toe dit hervat
word op 7 Desember 1992, is namens appellant sy
pleitverduideliking
gewysig: wat hy van D & O vir R43 000 gekoop het was die trok
se
onderstel met enjin en kajuit. Die laaibak het hy teen Rl 500 van
Tiger
Spares in Johannesburg gekoop. Sy prokureur het daarop
uitgebrei:
"During initial consultation with client, it would appear that he
purchased the whole truck from D & O Spares, but it later appeared
that D
& O Spares had referred him to Tiger Spares with regard to the
bak."
In antwoord op navraag deur die landdros, het appellant dit
bevestig.
Klaer se getuienis het dit reeds duidelik gemaak dat daar
met die trok in verskeie opsigte gepeuter is sedert dit uit sy besit geneem
is.
Dit het ook verdere letsels in andermanshande opgedoen.
Luitenant-Kolonel
7
Kruger van die Gazankulu polisie het verder uitgebrei op die tekens dat
gepoog is om die identiteit van die trok te verberg. Die registrasienommer
is
verander, dit het 'n nuwe enjin met 'n eie oorspronklike nommer (169250) gekry.
Hy was van mening dat die onderstelnommer links
voor ingepons (55238) nie eg was
nie, ondermeer omdat hy regs 'n roeskol op die onderstel gevind het en tekens
dat dáár
met nommers gepeuter is. 'n Plaatjie in die kajuit wat
die onderstelnommer 55238 aangee, bevat egter die reeksnommer FKH5KRBJ (pleks
van die FK 115 J in Bewysstuk A aangegee). Die plaatjie, Bewysstuk 1, is
aangebring oor merke wat aandui dat 'n vorige plaatjie wat
daar aangeheg was,
verwyder is. Daarbenewens pas die inligting aan die lisensie-owerhede verstrek
toe die trok op appellant se naam
geregistreer is, ook nie volledig met wat op
die trok te vinde is nie. Sekere mnr Nel van D & O het vertel dat D & O
'n 1983-model
voertuig wat die firma op 'n Poskantoor vendusie aangekoop het,
aan appellant verkoop het, altans as onderstel en kajuit, sonder
laaibak.
Hy
8
self het nooit die trok gesien nie. Kmisverhoor het ontlok dat D & O
polisie-klaring verkry het t.o.v. die poswa. Die tersake
polisiesertifikaat is
as bewysstuk G ingedien. Daarvolgens het polisierekenaars getoon dat 'n wit 1983
Mitsubishi trok met masjiennommer
166354, vorige masjiennommer SA 00274U en
onderstelnommer 10155238 nie as gesteel aangemeld is nie. Mnr Bremmer het ook
deur mnr
Nel 'n faktuur as bewysstuk F ingedien waarvolgens die Primrose tak van
D & O op 9 September 1991 aan appellant, met 'n Maputo
adres, 'n enjin
verkoop het vir R9 500 aan kontant. Geen BTW is by die prys bygevoeg nie, die
nommer van die masjien is nie op die
stadium toe dit verkoop is op die faktuur
aangebring nie, die woord "export" wel.
Die landdros het getuienis
aangevra van die Poskantoor, en van die vervaardigers van Mitsubishi
trokke.
Mnr van Jaarsveld, 'n senior administratiewe beampte in
diens van die Poskantoor en in beheer van sy voertuigvloot, het vertel dat
die
Poskantoor die Poskantoornommer van elkeen van sy voertuie sedert
9
1980 sandstraal in daardie voertuig se ruite. 'n Mitsubishi poswa, d.w.s.
vragmotor met 'n toegeboude vragkajuit wat heeltemal verseël
was agter op,
is in 1988 verkoop by 'n openbare veiling. Sulke voertuie word gewoonlik
onveranderd van die hand gesit. Deur mnr Bremmer
gevra, het hy 'n afskrif erken
van 'n Poskantoorstuk, bewysstuk H, waarvolgens daar op 19 April 1988 'n 1983
Mitsubishi trok met
departementele nommer P152-089, enjinnommer SA00274U en
onderstelnommer 10155238 verkoop is aan ene Michael James Ors. Mnr van Jaarsveld
het die trok waarop die polisie beslag gelê het, ondersoek. Geen van die
ruite het 'n gesandstraalde poskantoornommer daarop
nie. Hy was by toe daar
dié oggend 'n plaatjie uit die kajuit geneem is, bewysstuk 2. Daarop
staan "Sigma Motor Corporation"
en die vervaardigersreeksnommer FKK1G101,
onderstelnommer 55238.
Mnr Ludick van Samcor Motor Korporasie
(voorheen Sigma Motor Korporasie) het ook die trok geïnspekteer. Dit is 'n
FK 115 K-reeks
trok en die onderstelnommer kom voor eg te wees. Dit word
tydens
10
vervaardiging links voor op die onderstel aangebring, waar die nommer in
hierdie geval ook verskyn. Daar bestaan nie soiets soos 'n
onderstelnommer
10155238 vir 'n Mitsubishi trok soos hierdie nie: hy vermoed dat wie ook al die
nommer so aangegee het, die laaste
deel van die reeksnommer FKKB1G101 gaan
aanlas het voor die onderstelnommer. Die huidige reeks bestaan maar uit ses
syfers, in die
ou reeks was dit vyf, daar is geen onderstelnommers wat uit agt
syfers bestaan nie. Die fabriek vervaardig die trokke tot op die
stadium waar 'n
onderstel met kajuit en enjin na die staalwerke geneem word, waar die bak
volgens spesifikasies van die persoon wat
die trok bestel het, gemonteer word.
Bewysstuk 1, die plaatjie wat die polisie in die kajuit van die trok gevind het,
is 'n vervalsing:
dit kom nie uit Samcor se fabriek nie. Dit dra die naam Sigma
Power Corporation. Hy weet nie van so 'n maatskappy nie. Dit lyk anders
as
Samcor se plaatjies en bevat andersoortige inligting as wat Samcor se plaatjies
doen. Bewysstuk 2 het hy self die oggend uit die
kajuit van die trok geneem. Die
het wel Sigma
11
se naam op maar is van 'n tipe wat gewoonlik in die enjinkompartement van
'n passassiersvoertuig aangebring word: Mazdas en Peugeots
het dit destyds
gekry. Die onderstelnommer daarop kom egter ooreen met dié wat op die
trok se onderstel ingepons is. Hy verduidelik
oortuigend waarom daar geen
moontlikheid bestaan dat die plaatjie in die fabriek in die trok aangebring kon
gewees het nie.
Toe die staat sy saak sluit was die posisie dus as
volg:
1.
Met
die voertuig wat op naam van appellant geregistreer is, is doelbewus en knap
gepeuter om sy werklike oorsprong(e) te verberg en
hom 'n skyn van legitimiteit
te verleen.
2.
Klaer het
oortuigend daarop aanspraak gemaak dat dit sy gesteelde trok is, volgens die
voorkoms van die sigbare dele, d.w.s. die bak
en
kajuit.
3.
Appellant het
verduidelik dat hy dit (scil onskuldig) aangekoop het van D & O; wat
verander word na: van D & O wat betref
die trok en Tiger Spares t.a.v. die
bak.
12
4.
Die getuienis
van Nel van D & O is dat die Grma 'n trok wat hy in April 1988 by 'n
poskantoor-vendusie gekoop het, twee jaar later
aan appellant verkoop het nadat
dit inmiddels opgeknap is - want hoewel die onderstelnommer van die verkoopte
trok dieselfde is as
die onderstelnommer van die aangekoopte trok, is die enjin
vervang. Hoewel bewysstuk H, deur appellant se regsman aan die hof
voorgelê
deur die Poskantoorbeampte toon dat die voertuig aangekoop is
deur Ors, moet mens egter van die polisiesertifikaat, bewysstuk G,
aflei dat Ors
maar namens D & O opgetree het. Die sertifikaat meld dat dit D & O was
wat die sertifikaat aangevra het t.a.v.
die voertuig wat by die
poskantoor-vendusie in Johannesburg gekoop
is.
5.
Van die trok wat die
Poskantoor aan D & O verkoop het, is al wat oorbly wat op appellant se naam
geregistreer is, die onderstel.
Hiervolgens
was dit dus nie D & O wat die voertuig in sy finale saamgeflansde vorm aan
appellant verkoop het nie. Dat D &
O 'n nuwe enjin aangebring het in wat die
Poskantoor van sy vloot onttrek het, is
13
te verstane, om die trok weer te kan verkoop. Daar is geen rede om te
vermoed dat dit nodig was om die kajuit te vervang nie; maar,
indien dit nodig
was om dit wel te doen, is dit onwaarskynlik, hoewel natuurlik nie onmoontlik
nie, dat 'n kajuit met o.a. 'n kraak
in die dak gebruik sou word sonder om enige
aandag aan daardie kraak te gee, bowendien eers meer as 18 maande nadat die trok
aangekoop
is (want klaer se trok, en dus die kajuit as deel daarvan, is eers in
November van 1989 gesteel). En dit is nie in geskil nie, dat
die verkoopkontrak
tussen D & O en appellant, nie verduidelik hoe appellant dan in besit gekom
het van die bak van klaer se gesteelde
trok nie.
Appellant het die
hof vertel dat hy karweiwerk doen tussen Maputo en die Rand. In 1990 het hy
reeds 'n vierton Toyota Dyna trok gehad
toe hy 'n Mitsubishi van D & O
aankoop. Die tersaaklike faktuur, bewysstuk E, is uitgemaak aan N C Ubisi van
Tembisa deur die
Witfield tak van D & O op 30 Mei 1990. Daarvolgens is "one
only used Mitsubishi FK - LWB chassis & cab" teen kontant aangekoop.
Die
14
onderstelnommer word aangegee as 10155238, maar die eerste drie syfers is
deurgehaal. Die masjien nommer word aangegee as 166854.
Betaling het geskied
d.m.v. R18 600 aan kontant en twee UBS-tjeks ten bedrae van Rl 400 en R23
000.
Hy is toe na Tiger Spares waar hy Rl 500 betaal het vir 'n bak, wat
dié Grma op die trok monteer het. Die voertuig is toe in
sy naam
geregistreer op 4 Junie 1990 onder nommer NWW 590 T en die ondersteï en
enjinnommers aangegee as 55238 en 166854 onderskeidelik.
Sedertdien het hy 'n
nuwe enjin by die onderdeïe-tak van D & O, op Primrose, gekoop en in
die trok laat aanbring.
In kruisverhoor het appellant klaer se
uitkenning van die trok betwis met stellings wat nooit aan klaer self gedoen is
nie. Klaer
se sleutel het nie op die trok se deur gepas nie. Hy het inderdaad
die deur se slot beskadig toe hy dit probeer oopsluit het. Een
van appellant se
medebeskuldigdes het egter ondubbelsinnig gepraat van klaer se spontane vreugde
toe die trok deur die polisie voorgekeer
is: sy eerste woorde
15
was "It is long that I have been looking for this truck". Die ander het
vertel hoe klaer sonder aarseling merke op die trok ter identifikasie
uitgewys
het. Appellant het ook vertel dat die verkoopsman by D & O, toe appellant
die vervangende enjin in September 1991 gekoop
het, op eie houtjie aan hom in
die betrokke faktuur, bewysstuk F, 'n fiktiewe adres in Maputo toegedig en op
die faktuur "export"
geskryf het, om BTW vry te spring - wat natuurlik onsinnig
is. Hy het verder getuig dat dit nooit nodig geword het om enige van die
vensters van die kajuit te vervang nie; en dat die vals plaatjies bewysstukke 1
en 2 reeds in die kajuit van die trok was toe hy
dit van D & O gekoop het.
Dit beteken natuurlik nie alleen dat D & O die kajuit van klaer se trok op
die Poskantoor se onderstel
moes aangebring het nie, maar om geen denkbare rede
nie probeer het om dit - die kajuit - te vermom. Waar D & O in elk geval
openlik verander en verbeter het aan wat hy van die Poskantoor aangekoop het,
sou dit slegs nodig wees om die bestaande plaatjie
uit die vervangende kajuit te
verwyder. Om vervalste plaatjies aan te bring om
16
die wettige onderstelnommer te weergee, sou nie net onnodig wees nie,
maar onnosel.
Dat die toeval twee dele van klaer se trok weer bymekaar gebring het in
appellant se hande, ses maande na die diefstal, is darem te
swaar 'n sluk aan
die bottel waar die diefstal in New Forest in Gazankulu gepleeg is, die kajuit
by D & O in Boksburg opdaag,
en die bak by 'n aparte onderneming, Tiger
Spares, wie weet waar, beland.
Dit bring my by die aansoek om appellant se getuienis aan te
vul.
Appellant wil getuienis aanvoer dat hy op 29 Mei
1990 'n bak geskik vir 'n Mitsubishi trok gekoop het van mnr Jack Dedlow,
besturende
direkteur van Tiger Truck Spares (Edms) Beperk; en wil self getuig
dat 'n verkoopsman by D & O hom juis verwys het na daardie
Grma omdat hy
daar 'n geskikte bak vir die trok wat hy by D & O gekoop het sou kon kry.
Mnr Dedlow het 'n beëdigde verklaring
verly waarvolgens appellant se (nuwe)
prokureur hom versoek het om die rekords van sy maatskappy, wat op Elandsfontein
sake doen
o.a. as
17
handelaars in gebmikte trok-onderdele, na te gaan vir die tydperk end
Mei/vroeg Junie 1990. Appellant het mnr Dedlow vertel dat hy
'n bak vir Rl 500
daar gekoop het waarvoor hy betaal het met 'n UBS tjek vir Rl 400 wat hy ten
gunste van Tiger Truck Spares endosseer
het, plus R100 aan kontant. Mnr Dedlow
het 'n kontant faktuur nr 10398 gevind, gedateer 29.5.1990 waarvolgens 'n bak
vir 'n Mitsubishi
FK verkoop is vir Rl 500. Op 30 Mei is geld gebank in Tiger
Truck Spares se rekening. Die depositostrokie toon dat 'n UBS tjek ten
bedrae
van Rl 400 plus R100 gedeponeer is ten opsigte van hierdie faktuur. 'n Tjek is
by UBS opgespoor gedateer 12 April 1990 ten
gunste van appellant en ge-endosseer
aan die verkoper Grma wat in Tiger Truck Spares se rekening op 30 Mei inbetaal
is. Hierdie getuienis
bewys egter slegs dat appellant 'n Mitsubishi bak gekoop
het - boonop die dag voordat hy die trok by D & O gekoop het, volgens
die
betrokke faktuur, en nie dat hy
klaer se
bak gekoop het nie. Vir al wat
ons weet pryk Tiger Truck Spares se bak nou op die onderstel van klaer se trok.
Die getuienis is
18
dus nie wesenlik relevant tot die uitslag van die verhoor
nie.
Maar word mnr Dedlow se getuienis aanvaar as van toepassing op
die bak van klaer se gesteelde trok, word die enormiteit van die toeval
dat wat
saam gesteel is ses maande vroeër, maar daarna geskei is, weer so bymekaar
sou uitkom, selfs versterk. Daar wil slegs
op appellant se getuienis gesteun
word, dat 'n verkoopsman van D & O (wat self 'n onderdele-afdeling bedryf),
hom na Tiger Truck
Spares verwys het. Dit is ondenkbaar dat D & O indien hy
hier met onhebbelikhede doenig was wat hy nogal onnodig probeer toesmeer
het,
appellant sou verwys na daardie Grma
wetend
dat by Tiger Truck Spares
juis die bak wat van die kajuit geskei is, daar beskikbaar was. Dit moet die
risiko van uitkenning verhoog.
Sonder sulke kennis, is die toeval, dat wat reeds
ses maande vroeër in Gazankulu verdwyn het juis deur dieselfde persoon van
verskillende maatskappye feitlik terselfdertyd aangekoop sou word, dalk moontlik
maar na my mening nie redelik moontlik nie. Van
die Staat word nie verwag om sy
saak buite
alle
twyfel te bewys nie. Vgl
S v
19
Gïeg
g
1973 (1) SA 34
(A), 38-9. Na my mening is die enigste
redelike afleiding uit die totaliteit van die getuienis, dat die onderstel van
die Poskantoorwa
wat D & 0 aan appellant verkoop het, gebruik is daarna om
klaer
se trok 'n metamorfose-plus-vermomming te laat ondergaan. Daar was
geen rede om die Poskantoorwa te vermom nie.
Daar is nie voor ons
betoog ten aansien van die vonnis aan appellant opgelê nie, hoewel beide
advokate se betoogshoofde daarmee
handel. Die versuim was vermoedelik doelbewus,
want verlof is nie deur die hof a quo verleen om teen die vonnis te appelleer
nie.
Die landdros was aan die einde van die verhoor van mening dat
klaer geregtig was op 'n bevel dat die trok aan hom gelewer moet word
maar het,
soos ek die effek van die prosedure wat gevolg is verstaan, 'n bevel in dier
voege opgeskort vanweë die appèl
wat aangeteken is. Hoewel appellant
betaal het vir die onderstel en enjin wat nou tot klaer se kajuit en bak gevoeg
is, is klaer
sy eie trok se enjin en onderstel kwyt deur appellant se toedoen,
sodat inwerkingtrede van so 'n bevel billik sou
20
wees.
Beide die appèl en die aansoek vir tersydestelling van die
skuldigbevinding en vonnis sodat verdere getuienis aangevoer kan
word, word van
die hand gewys.
L VAN DEN HEEVER AR STEM SAAM: HEFER AR) VIVÏER AR)