Alpha Bank Bpk. en Andere v Registrateur van Banke en Andere (389/94, 130/95) [1995] ZASCA 84; 1996 (1) SA 330 (SCA); (28 August 1995)

70 Reportability
Banking and Finance

Brief Summary

Banking Law — Liquidation — Application for liquidation of bank — Grounds for liquidation established — Appeal against liquidation order — Appellants failed to comply with procedural rules — Application for condonation for late filing of petition — Serious defects in petition and lack of proper explanation for non-compliance — Appeal dismissed. The appellants, comprising several companies and an individual, sought leave to appeal against a liquidation order granted against Alpha Bank by the Transvaal Provincial Division. The application was submitted late, and the petition contained significant procedural deficiencies, including the absence of necessary annexures and a failure to adhere to court rules. The court found that the grounds for liquidation, based on the bank's inability to pay its debts and loss of capital, were adequately established, and the appeal was dismissed due to the appellants' non-compliance with procedural requirements.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 84
|

|

Alpha Bank Bpk. en Andere v Registrateur van Banke en Andere (389/94, 130/95) [1995] ZASCA 84; 1996 (1) SA 330 (SCA); (28 August 1995)

RAPPORTEERBAAR SAAKNOMMER:
389/94
130/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
IN DIE SAAK TUSSEN:
ALPHA BANK BEPERK
EERSTE
PETISIONARIS
METAMIN INVESTMENT CORPORATION BPK
TWEEDE
PETISIONARIS
BERLITAS INVESTMENTS NO. 2 BPK
DERDE PETISIONARIS
CHASE REALTY (EDMS) BPK
VIERDE PETISIONARIS
CHASE CONSULTING (EDMS) BPK
VYFDE
PETISIONARIS
ALPHA BANK HOLDINGS BPK
SESDE
PETISIONARIS
HENDRIK PETRUS HOUGH
SEWENDE PETISIONARIS
en
DIE REGISTRATEUR VAN BANKE
EERSTE RESPONDENT
DIE
SUID-AFRIKAANSE RESERWEBANK
TWEEDE RESPONDENT
T A P DU
PLESSIS N.O.
DERDE RESPONDENT
CORAM
: HEFER,STEYN,EKSTEEN,VAN DEN HEEVER
et OLIVIER ARR
VERHOORDATUM
: 22 MEI 1995
LEWERINGSDATUM
: 28 AUGUSTUS 1995
UITSPRAAK
OLIVIER AR/
2
OLIVIER AR:
Voor ons dien 'n petisie ingevolge die bepalings van art
21(2)
van die Wet op die Hooggeregshof, 59 van 1959, vir verlof om te appelleer
teen 'n aantal bevele wat op 30 Ivlaart 1994 in die Transvaalse
Provinsiale
Afdeling van die Hooggeregshof deur Nugent R verleen is. Die petisie is
ooreenkomstlg art 21(3)(c)(ii) van gemelde wet
na hierdie hof verwys vir
oorweging.
Kragtens art 21(2) van die genoemde wet moes die petisie
afgelewer word binne 21 dae nadat die aansoek vir verlof om te appelleer
deur
die hof
a guo
geweier is. Inderdaad is dit te laat ingedien en daar dlen
tans 'n aansoek voor ons waarin om kondonasle vir die versuim gevra word.
Uít die aansoek blyk dat die sewende petisionaris, Hough, die dryfkrag
agter die petlsionarisse se bemoeienis in die onderhawige
litigasie, self die
21-dae tydperk bereken het en dit verkeerd gedoen het. Daar is geen
verduideliking waarom dit aan Hough oorgelaat
is om die petisie voor te berei en
in te handig nie. Of hy enige moeite gedoen het om vas te stel hoe die tydperk
bereken
3
moet word, word ook nie vermeld nie.
Daar is egter nog
ernstiger gebreke in die petisie. Eerstens is die uitspraak van die hof a quo
ten aanslen van die onderhawige aansoeke
asook die uitspraak waarin verlof om te
appelleer geweier is, nie aangeheg nie. Daarbenewens het Hough, wat ons
meegedeel het dat
hy self die opsteller van die petisie vir verlof om te
appelleer is, geen ag geslaan op Appèlhofreëls 3(5) en (6) nie.
Gemelde reëls vereis dat die petisie 'n saaklike en billike uiteensetting
moet bevat van al die inligting wat nodig is om hierdie
hof in staat te stel om
te besluit of die verlof toegestaan moet word; dit mag ook nie ingaan op
aangeleenthede wat nie ter sake
is nie. In die onderhawige geval beslaan die
petisie, sonder die aanhangsels daartoe, 193 bladsye. Dit is breedsprakig,
kwetsend
van aard teenoor die respondente en behandel talle aangeleenthede wat
opsigtelik nie ter sake is nie, terwyl dit oor kemaspekte swyg
of vaag is. Dle
taalgebruik is hinderlik swak en daar is talle tikfoute.
Hierdie hof
het in die verlede al dikwels gewaarsku dat die reëls met betrekking tot
petisies en aansoeke om kondonasie noukeurig
nagekom moet
4
word. Versuim om aan die reëls te voldoen en om 'n volledige en
aanvaarbare verduideliking vir sodanige versuim te verskaf, mag
meebring dat die
aansoek om kondonasie geweier word, sonder oorweging van die meriete van die
petisie, soos wat gedoen is in
Blumenthal and Another v Thomson NO and
Another
1994(2) SA 118 (A). Slegs omdat daar oorwegings van openbare belang,
soos die likwidasie van 'n bankinstelling en 'n groot bedrag
belastingbetalersgeld in hierdie aangeleentheid ter sprake is, word die ernstige
gebreke in die aansoek om kondonasie vir eers daar
gelaat en die meriete van die
petisie desondanks oorweeg.
Die eerste tot sesde petisionarisse is
maatskappye wat deur 'n komplekse sisteem van oor-en-weer aandeelhouding heet
verweef te wees.
Die sewende petisionaris, Hough, is 'n individu wat heet die
voorsitter van die direksie en die hoof uitvoerende beampte van eerste
tot sesde
petisionarisse te wees, en hulle ook in die petisie te verteenwoordig. Hy is
blykbaar van mening dat hy ook in sy persoonlike
hoedanigheid kan optree,
vanweë die kostebevele teen hom gemaak deur Nugent R, soos hieronder sal
blyk.
5
Die eerste en tweede respondente se hoedanigheid blyk uit hul
ampsbenaming in die aanhef vermeld. Die derde respondent is die voorlopige
likwidateur van Alpha Bank Beperk ("Alpha Bank").
Die geskiedenis
van die aangeleentheid is die volgende: (i) Alpha Bank is vir die eerste keer
voorlopig geregistreer as 'n bankinstelling
vanaf 1 Desember 1988 ooreenkomstig
die voorskrifte van die toe-geldende Bankwet, 23 van 1965 ("die ou Bankwet").
(ii) Op 21 September
1990 plaas die Minister van Finansies, steunende op sy
magte uit hoofde van art 40(1) van die ou Bankwet, Alpha Bank onder kuratele
en
word Ernst en Young Geoktrooieerde Rekenmeesters S.A. ("die kurator") as kurator
aangestel met die huidige Eerste Respondent ("die
Registrateur") as
toesighouer.
(iii) Die kurator het onmiddellik die bestuur van Alpha
Bank oorgeneem en alle werknemers ontslaan. Dit is gemene saak dat hy nie
Alpha
Bank se bedrywighede as bankinstelling voortgesit het nie en geen vergadering
van aandeelhouers belê het nie. Hy het
egter op die wyse hieronder
uiteengesit,
6
voortgegaan om Alpha Bank se sake te beredder en aan die eise van
skuldeisers en deposante te probeer voldoen.
(iv) Daar was ses
direkteure op Alpha Bank se direksie op die datum toe die kurator aangestel is.
Vier van hulle, Rahn, Myburgh, de
Wet en Van der Walt het na die
in-kuratele-stelling van Alpha Bank bedank. Nog een, Joubert, is in Julie 1992
gesekwestreer en het
dus onbevoeg geraak om 'n maatskappydirekteurte wees. Die
posisie in Mei 1993 was dus dat daar slegs een van Alpha Bank se direkteure
oorgebly het, naamlik prof E v d M Smit ("Smit"). Dieselfde posisie het gegeld
ten opsigte van Alpha Bank Holdings Bpk ("Alpha Bank
Holdings"), die
alleenaandeelhouer in, en, ingevolge die ou Bankwet, die bankbeheermaatskappy
van Alpha Bank. (v) Alpha Bank se statute
bepaal dat daar 'n minimum van vyf
direkteure op 'n direksievergadering teenwoordig moet wees ten einde 'n kworum
daar te stel en
om sake te kan verrig.
(vi) In die petisie beweer Hough dat Smit in Mei 1993 regsadvies ingewin
het dat die in-kuratele-stelling van Alpha Bank
ultra vires
en dus nietig
ab initio
7
was, dat alle handelinge van die kurator derhalwe nietig was en dat Smit,
uit
hoofde van sy sorgsaamheids- en vertrouenspligte as direkteur van
Alpha
Bank, sou moes optree. Die optredes wat uit hierdie regsadvies
voortgespruit
het, is die bron van die litigasle wat hier ter sprake
is.
(vii) Op 27 Mei 1993 stel Smit eensydig vyf nuwe direkteu re van
Alpha Bank
aan, te wete Hough, Viljoen, Beyers, Du Pisanie en De
Klerk. Smit bedank
onmiddellik as direkteur.
(viii) Op
28 Mei 1993 vergader die nuwe direksie van Alpha Bank. Hulle
stel
Hough aan as voorsitter en hoof uitvoerende beampte. 'n Reeks
besluite, o a
met betrekking tot die aanvegting van die kuratele,
word geneem.
(ix) Daarna, so beweer Hough in die petisie, het Alpha
Bank gereël vir
befondsing deur al sy onuitgereikte aandele,
synde 156 686 gewone aandele
van R1,00 elk, uit te reik aan Metamin
Investment Corporation Bpk
("Metamin") en sy fillale, derde, vierde
en vyfde petisionarisse (gesamentlik
hierna genoem "die vier
maatskappye").
(x) Hierna vind briefwisseling tussen Hough en die Registrateur
plaas.
8
Hough beweer dat die kuratele ongeldig is; die Registrateur betwis dit en
beweer op sy beurt dat Smit se handelinge om 'n nuwe direksie
aan te stel,
ongeldig is. Die Minister van Finansies se houding was dat hy
functus officio
was. Volgens die petisie was die nuwe direksie van Alpha Bank in September
1993 besig met voorbereidings om 'n aksie vir tersydestelling
van die kuratele
aanhangig te maak.
(xi) Op 10 September 1993 word Alpha Bank egter
in voorlopige likwidasie geplaas op aansoek van die Registrateur onder
aansoeknommer
18534/93 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die
Hooggeregshof. Die keerdatum was 27 September 1993. Die derde respondent
is as
voorlopige likwidateur aangestel.
(xii) Op 13 September 1993 stel
die vier maatskappye aksie in vir die tersydestelling van die kuratele in die
reedsgenoemde hof onder
saaknommer 18963/93. Alpha Bank kon, vanweë die
voorlopige likwidasie, nie as party optree of gevoeg word nie, maar die Minister
van Finansies, die Registrateur, die kurator en die voorlopige likwidateur is as
verweerders aangespreek.
9
Hulle teken verskynlng aan om die aksie te verdedig.
(xiii) Op 17 September 1993 verkry die Reserwebank 'n voorlopige
likwidaslebevel, ook in die Transvaalse Provlnsiale Afdeling, teen
Berlitas
Investments Number Fifty (Edms) Bpk ("Berlitas 50"), 'n verwante
maatskappy
van Alpha Bank, met keerdatum 27 September 1993 (onder
aansoeknommer
19305/93).
(xiv) Op die keerdatum 27 September 1993 bring die vier maatskappye
'n
aansoek om tot die Berlitas 50 likwidasie-aansoek tussenbeide te tree
(onder
aansoeknommer 19305/93).
(xv) Alpha Bank (in voorlopige likwidasie) - verteenwoordig deur sy
nuwe
direksie uit hoofde van hul "residuele bevoegdhede" - bring ook
'n nuwe
aansoek (onder nommer 20034/93) om toe te tree tot die
Berlitas 50
likwidasie-aansoek.
(xvi) Onder
aansoeknommer 21011/93 bring Hough in naam van die vier
maatskappye
en van die nuwe direksie van Alpha Bank 'n aansoek om tot die
Alpha
Bank likwidasie-aansoek toe te tree.
10
(xvii) Die keerdatum vir die Alpha Bank en Berlitas 50
likwidasie-aansoeke
is van tyd tot íyd verleng.
(xviii) Inmiddels is die
volgende interlokutore aansoeke ook geloods:
(a) Hough, handelende in die naam van Alpha Bank (in voorlopige likwidasie)
bring op 6 Januarie 1994 'n aansoek om die keerdatum in
die Alpha
Bank-likwidasie te vervroeg.
(b) Metamin bring 'n aansoek kragtens art 360 van die Maatskappyewet, 61 van
1973, ("die Maatskappyewet") om al Alpha Bank (in voorlopige
likwidasie) se
boeke en papiere in te sien (onder aansoeknommer
3519/94).
(xix) Al die aansoeke hierbo
genoem, het op 30 Maart 1994 voor Nugent R gedien. Tydens die verhoor poog ook
Alpha Bank Holdings Bpk
("Alpha Bank Holdings") om toe te tree tot en ter
bestryding van die Alpha Bank likwidasie-aansoek (onder aansoeknommer
6487/94).
Weens die veelvuldigheid van die verskillende aansoeke wat voor Nugent R
gedien het, is dit dienlik om in hierdie uitspraak elkeen
afsonderlik
11
te behandel. Ek skets, in elke geval, wie die betrokke applíkante
en respondente was, die aangevraagde regshulp en die gronde
daarvoor, Nugent R
se uitspraak en die redes daarvoor, die petisionarisse se submissies voor ons,
my analise daarvan en die gevolgtrekking.
1.
Die Alpha Bank
likwidasie-aansoek (aansoeknommer 18534/93)
.
In hierdie aansoek,
gerig op die likwidasie van Alpha Bank, is die Registrateur die applikant en
Alpha Bank die respondent. Die gronde
waarop die Registrateur staatmaak, is dat
Alpha Bank sy aandelekapitaal in geheel verloor het, dat dit nie in staat is om
sy skulde
te betaal nie en dat dit reg en billik is dat die maatskappy
gelikwideer word. Hy beroep hom dus op arts 344(e), (f) en (h) van die
Maatskappyewet.
Nugent R het bevind dat die Registrateur daarin
geslaag het om die aangevoerde gronde te bewys. Die eerste vraag is of hierdie
bevinding
met sukses op appèl aangeveg sal kan word.
Ek meen dat Nugent R tereg tot bovermelde gevolgtrekking gekom het. Uit
die feite in die uitspraak vermeld en wat nooit in die petisie
of in
argument
12
voor hierdie hof aangeval is nie, blyk dit dat die besturende direkteur
van Alpha Bank in 1990 ene C J van der Walt en die uitvoerende
voorsitter ene dr
R J O Joubert was. Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 300 000
gewone aandele van R1,00 elk gehad.
Die finansiële jaareinde van die bank
was 30 Junie. Na die jaareinde van 30 Junie 1990 is finansiële state vir
die vorige
16 maande voorberei (d w s vandat Alpha Bank begin het om sake te
doen as bank). Die state het aangedui dat die bank beswaarlik solvent
was. Die
ouditeure het 'n oudit uitgevoer, waarna hulle te kenne gegee het dat hulle nie
kans sien om 'n ongekwalifiseerde verslag
te gee nie. Hierdie voorbehoud van die
ouditeure is deur hulle per brief aan die besturende direkteur van Alpha Bank op
27 Augustus
1990 oorgedra. Uit die brief blyk dat hulle van oordeel was dat die
bank aan hoë-risiko transaksies deelgeneem het en dat sekere
van die
lenings onverhaalbaar skyn te wees. Hulle het te kenne gegee dat hulle slegs
bereid sou wees om 'n ongekwalifiseerde mening,
vir ouditdoeleindes, ten aansien
van die voorskotte te gee indien addisionele voorsiening ten bedrae van R9.2
miljoen gemaak
13
sou word.
Die gevolg van so 'n voorslening sou wees dat dle
balansstaat sou aantoon dat dle bank se laste sy bates oorskry - wat uit die
aard
van dle saak onaanvaarbaar was. Die ouditeure het aanbeveel dat Alpha Bank
op die mediumtermyn finansiële hulp van die Reserwebank
moes aanvra, terwyl
dit op die langtermyn bykomende kapitaal moes soek.
'n Afskrif van
die brief van die ouditeure is ook aan die Registrateur gestuur. Die gevolg
hiervan was dat 'n vergadering op 27 Augustus
1990 belê is. Dit is
bygewoon deur die Registrateur, amptenare van die Reserwebank, die ouditeure en,
namens Alpha Bank, dr
Joubert, mnr van der Walt, nog 'n direkteur en twee
amptenare.
Nugent R het bevind dat dit duidelik is uit die
beëdigde verklarings voor hom en uit die notule van die vergaderings dat
die
penarie waarin die bank hom bevind het, bespreek is. Die gevolgtrekking van
die vergadering, wat aanvaar is deur die direkteure van
die bank, was dat daar
slegs twee opsies vir Alpha Bank oop was: bekom addisionele kapitaal of aanvaar
kuratele soos
14
bedoel deur die ou Bankwet. Hierdie kuratele is vergelykbaar met
geregtelike bestuur van 'n maatskappy soos beoog in die Maatskappyewet,
maar die
Minister van Finansies en die Registrateur oefen daardie bevoegdhede uit wat in
die geval van geregtelike bestuur onderskeidelik
deur die hof en die Meester van
die Hooggeregshof uitgeoefen word. Art 40(5) van die ou Bankwet bepaal dat die
bestuur van die bank
onder kuratele in die kurator vestig, onderworpe aan toesig
van die Registrateur, en dat 'n ander persoon by wie die bestuur van
die sake
van die instelling berus, daarvan ontdoen word.
Na die vergadering
van 27 Augustus 1990 was Alpha Bank nie in staat om die addisionele kapitaal te
bekom nie en die Registrateur is
dienooreenkomstig verwittig. Volgens die
beedigde verklarings het Van der Walt op 13 September 1990 'n verdere
vergadering met die
Registrateur belê, waartydens die moontlikheid
bespreek is van 'n toeloop op die bank, sou deposante van die benarde toedrag
van sake bewus word. Volgens Van der Walt se beëdigde verklaring, blykens
die uitspraak van Nugent R, het hy toe
15
al die direkteure van die bank, behalwe een wat oorsee was, getelefoneer
en
hul toestemming verkry tot die in-kuratele-stelling van die bank.
Volgens hom
het hul almal ingestem en het hy toe 'n dokument geteken
waarin hy namens
Alpha Bank tot die in-kuratele-stelling toegestem
het.
Die formaliteite wat nagekom moet word by die in-kuratele-stelling
van
'n bank is destyds bepaal deur art 40(1) van die ou
Bankwet. Die tersaaklike
gedeelte van die artikel lees soos
volg:
"Wanneer 'n bankinstelling in finansiële moeilikhede verkeer, kan die
Minister, as hy dit in die openbare belang wenslik ag,
na raadpleging met die
instelling en met die skriftelike toestemming van daardie instelling, 'n kurator
oor die instelling aanstel
..."
Op 21 September 1990 het die Minister van Finansies Alpha
Bank
onder kuratele gestel. Die kurator, met die
goedkeuring van die Registrateur,
het hierna 'n stelsel geloods wat
sou verseker dat Alpha Bank al die geld wat
hy aan sy deposante, as
skuldeisers, verskuldig was, kon terugbetaal. Dit het
daarop
neergekom dat geld van die Reserwebank bekom is en aangewend is
om
genoemde eise te betaal. Dit is gedoen deur al die beleggings en
16
vorderingsregte op terugbetaling van voorskotte wat Alpha Bank gedoen
het, oor te dra aan Berlitas 50 in ruil vir 'n reeks wissels
getrek deur
Berlitas 50 ten bedrae van R175 miljoen. Daardie wissels is deur Alpha Bank
geaksepteer en verdiskonteer aan die Reserwebank,
wat die waarde daarvan aan
Alpha Bank laat toekom het. Alpha Bank kon dus en het sy deposante terugbetaal.
Intussen kon die kurator
probeer om die genoemde beleggings te gelde te maak en
die voorskotte terug te vorder. Uit die opbrengs kon Berlitas 50 dan die R175
miljoen skuld aan die Reserwebank delg. Intussen sou beide Berlitas 50 en Alpha
Bank natuurlik, uit hoofde van onderskeidelik die
trek en akseptasie van die
wissels, skuldenare van die Reserwebank wees. Toe die Alpha Bank
likwidasie-aansoek gerig is, was slegs
R25 miljoen verhaal en het daar R150
miljoen aan die Reserwebank verskuldig gebly.
Agtien maande na die
aanstelling van die kurator het die ouditeure, aldus die uitspraak van Nugent R,
klaarblyklik gebaseer op die
getuienis voor hom, weer die stand van sake in
Alpha Bank vasgestel. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat die waardasie
van
die bates van Alpha Bank wat op
17
30 Junie 1990 gedoen is, die werklike waarde met R66 miljoen oorskry het.
'n Balansstaat wat dle kurator op 31 Mei 1993 voorberei
het, toon dat Alpha Bank
se laste sy bates met R100 miljoen oorskry.
Dit sluit nie die
aanspreeklikheid van die bank teenoor die Reserwebank, uit hoofde van die
wissels. in nie
. Dat Alpha Bank dus hopeloos insolvent is, selfs sonder dat
die wissel-aanspreeklikheid teenoor die Reserwebank in ag geneem word,
is
duidelik.
Die petisionarisse wat die likwidasie-aansoek wou
opponeer, het nie hierdie gegewens betwis nie. Hulle het slegs aangevoer dat die
kurator se aanstelling, en derhalwe al sy gevolglike handelinge, ongeldig is en
gewag gemaak van ongerymdhede wat sou plaasgevind
het sedert die
in-kuratele-stelling van Alpha Bank.
Op hierdie argument kom ek
aanstons terug. Vir die huidige vraag, nl of die insolvensie van Alpha Bank
bewys is en of dit bewys is
dat dit reg en billik is dat die bank gelikwideer
word, is die kern van die saak dat selfs al dink mens die vordering van die
Reserwebank
weg (wat Hough blykbaar wil doen)
16
bly die feit staan dat Alpha Bank, volgens die uitspraak van Nugent R, se
laste sy bates met R100 miljoen oorskry. Ek kan nie sien
welke relevansie Hough
se aanvegting van die Reserwebank-vordering het nie, want dit sal aan die de
facto
insolvensie van die bank geen afbreuk doen nie. As die doel van
Hough en die nuwe direksie van Alpha Bank slegs is om ongerymdhede
wat ns
bewering gedurende die tydperk van kuratele sou plaasgevind het, of om die boeke
van die bank te ondersoek en vas te stel
hoe die groot verliese opgeloop het
(soos hy tydens argument aangevoer het) dan kan daardie doe sekerlik beter deur
die likwidateur
bereik word (vgl
Registrar of Insurance Johannesburg
Insurance Co Ltd
(2) 1962(4) SA 548 (W) veral op 553E - F),
Afgesien van alle ander faktore, is dit ook nooit betwis dat Alpha Bank
se substratum as bank verval het nie. Dit sal nooit weer as
bank kar handeldryf
nie. Dit alleen is 'n goeie rede vir die verlening van 'n finale likwidasiebevel
(sien
Henochsberg on the Comoanies Act
, 5de uitgawe, vol 1 bl 704 en
gesag daar aangehaal).
Op die keper beskou, is die aanval van Hough en die
andet
19
petisionarisse op die verskuldigheid aan die Reserwebank dus irrelevant
omdat, selfs indien hul aanval sou slaag, Alpha Bank steeds
insolvent en sonder
substratum sou wees.
Die tweede bevlnding wat Nugent R gemaak het,
is dat die Registrateur
locus standi
gehad het om die aansoek om die
likwidasie van Alpha Bank aanhangig te maak. Hierdie bevinding was genoodsaak
deur die argumente
van Hough en die vier maatskappye in hul aansoek (aansoek
21011/93) om tot die Alpha Bank likwidasie-aansoek toe te tree. Hoewel
daardie
aansoek deur Nugent R van die hand gewys is, het hy, myns insiens tereg, die
argumente wat daarin geopper is, terdeë
in ag geneem en in sy uitspraak in
die likwidasie-aansoek behandel.
Die argument dat die Registrateur nie
locus standi
gehad het om
die likwidasie-aansoek te bring nie, berus op die argument dat die Registrateur
nie as skuldeiser opgetree het nie.
Hy kon slegs as Registrateur optree, so is
aangevoer, as Alpha Bank, toe die aansoek aanhangig gemaak is, regmatig as
bankinstelling
geregistreer was. Hierdie betoog is gegrond op art 68(1
)(a)
20
van die Bankwet, 94 van 1990 ("die nuwe Bankwet") wat soos volg
lees:
"
Besondere bepalings met betrekking tot likwidasle of
gereatelike
bestuur van bank
.
(1) Ondanks andersluidende bepalings van die Maatskappyewet
-
(a) is die Registrateur bevoeg om by 'n bevoegde hof
aansoek te doen om die likwidasie van enige bank of om 'n bevel waarby 'n bank
onder geregtelike bestuur geplaas word ingevolge genoemde Wet, en is die
Registrateur bevoeg om so 'n aansoek wat deur iemand anders
gedoen word, te
bestry;..."
Die uitdrukking "bank" wat in art 68(1 )(a) gebesig word, moet gelees
word in die lig van die woordomskrywingsartikel van gemelde
wet, art 1. "Bank"
word in daardie artikel omskryf as " 'n publieke maatskappy wat ingevolge
hierdie Wet voorlopig of finaal as 'n
bank geregistreer is."
Dit is
derhalwe nodig om die tersaaklike feitebewerings in oënskou te
neem.
In die vestigende beëdigde verklaring in die likwidasie-aansoek het
die Registrateur (aldus die petisie) aangevoer dat Alpha
Bank se voorlopige
registrasie vanaf Desember 1988 jaarliks hernu is totdat die bank kragtens
die
21
nuwe Bankwet voorlopig geregistreer is vir die twaalf-maande periode
eindigende 31 Desember 1993. In die opponerende verklaring namens
Alpha Bank
(aldus Hough in dle petisie) het hy gemelde stellings van die Registrateur nie
betwis nie.
Nugent R het dus tereg bevind dat Alpha Bank, toe die
likwidasie-aansoek aanhangig gemaak en aan die hof gerig is, voorlopig
geregistreer
was in die sin dat die naam daarvan op die Registrateur se register
verskyn het.
Hough en die vier maatskappye het egter aangevoer dat
Alpha Bank se naam verkeerdelik op die betrokke reglster verskyn. Volgens die
petisie is (en word) aangevoer dat die voorloplge registrasie van Alpha Bank op
1 Desember 1989 outomaties verval het, omdat die
twaalf-maande termyn van die
eerste voorlopige registrasie, wat op 1 Desember 1988 plaasgevind het, met
verstryking van 30 November
1989 verval het. Geen hernuwingsaansoek is voor of
op 30 November 1989 gedoen nie. Blykbaar, volgens die petisie, het een van die
direkteure van Alpha Bank, Van der Walt, eers op 5
22
Desember 1989 'n brief aan die Registrateur geskryf as gevolg waarvan die
Registrateur die voorlopige registrasie hernu het op 19
Februarie 1990, en wel
met terugwerkende krag vanaf 1 Desember 1989 en tot 30 November 1990. Voorts,
volgens die petisie, het die
Registrateur daarna van tyd tot tyd wel die
voorloplge registrasie hernu, maar daardie handelinge is almal nietig weens die
nietigheid
van die hernuwing van 19 Februarie 1990.
Die
aansoekstukke is nie voor ons nie, maar die onderhawige feite-bewerings is in
die betoogshoofde van die Registrateur wat voor
Nugent R gelé is,
behandel. Daarvolgens blyk dat dit nie betwis word dat die aansoek om hernuwing
van die voorlopige registrasie
eers gedoen is vyf dae nadat die eerste termyn op
30 November 1989 verstryk het nie. Ook word nie betwis nie dat Alpha Bank toe
aansoek
gedoen het vir hernuwing van die registrasie vir die tydperk 1 Desember
1989 tot 30 November 1990 en dat die registrasie eers deur
die Registrateur
hernu is op 19 Februarie 1990. Alpha Bank is in daardie tweede termyn van
voorlopige registrasie onder kuratele
geplaas en wel op 21 September 1990. Die
kurator het op 30 Oktober 1990 weer
23
aansoek gedoen vir hernuwing vir 'n verdere tydperk van een jaar. Daarna
het die Registrateur, as deel van 'n reëling met die
kurator, die
voorlopige registrasie hernu vir 'n verdere tydperk van twaalf maande tot 1
Desember 1992 en daarna, ingevolge dieselfde
reëling, tot 1 Desember 1993.
Voor daardie datum is die likwidasie-aansoek geloods.
Hough se
beswaar is dus bloot dat die eerste hernuwing plaasgevind het Ingevolge 'n
versoek wat gerig is nadat die voorlopige registrasie
reeds op 30 November 1989
verval het. Volgens hom kan 'n voorlopige registrasie wat verval het, nie
"hernuwe" word nie. Dit is gemene
saak dat daar geen nuwe aansoek vir
herregistrasie was nie.
Ek behandel vervolgens die regsaspek van die
kwessie tans onder bespreking. Dit sentreer hoofsaaklik rondom die onderskeie
bepalings
van die ou en nuwe Bankwette met betrekking tot die vraag of daar
slegs 'n hernuwing van 'n voorlopige registrasie kan wees as gevolg
van 'n
aansoek wat gedoen is voor die verstryking van die registrasie-termyn, dan wel
of so 'n aansoek geldig gedoen en toegestaan
kan word ná verstryking van
die registrasie-
24
termyn.
Die
nuwe
Bankwet maak in arts 16,17 en 18
voorsiening vir die voorlopige registrasie van 'n bankinstelling, en in arts 19
en 20 vir finale
registrasie. Arts 18(1) en (2) is tans ter sprake. Dit hou in
dat die voorlopige registrasie van 'n bank vir 'n tydperk van twaalf
maande
geld; dat die Registrateur na goeddunke so 'n voorlopige registrasie
voor die
verstryking daarvan
van tyd tot tyd vir 'n tydperk van hoogstens twaalf
maande kan hernu, maar dat geen bank vir 'n totale tydperk van langer as vyf
jaar voorlopig geregistreer mag bly nie.
Soos gemeld, is Alpha Bank die eerste keer voorlopig as 'n
bank
geregistreer op 1 Desember 1988 en wel
ooreenkomstig die voorskrifte van
die ou Bankwet. Art 4(8) van
daardie wet lees soos volg:
"(8) Die voorlopige registrasie van 'n applikant is vir 'n tydperk van
twaalf maande en is onderworpe aan die voorwaardes en beperkings,
wat nie met
hierdie Wet onbestaanbaar is nie, wat die Registrateur nodig ag, maar so 'n
registrasie kan na goeddunke van die Registrateur
van tyd tot tyd onderworpe aan
dieselfde of enige ander of verdere voorwaardes en beperkings hernieu word vir
tydperke van hoogstens
twaalf maande op
'n
25
keer: Met dien verstande dat geen bankinstelling vir 'n
totale tydperk van langer as vyf jaar voorlopig geregistreer mag bly
nie."
Dit sal opgemerk word dat daar
subtlele maar belangrike verskille tussen die twee bepalings is. Een daarvan is
dat die ou Bankwet,
anders as die nuwe, nie vereis het dat die hernuwing van die
voorlopige registrasie voor die verstryking daarvan hoef plaas te vind
nie.
Die geldigheid van die hernuwing van Alpha Bank se voorlopige
registrasie in Desember 1989 word nie deur die nuwe Bankwet beheers
nie.
Laasgemelde wet het eers op 1 Februarie 1991 in werking getree. Die bepalings
van die ou Bankwet is dus die saakmakende norme.
Daarvolgens is dit, soos reeds
aangestip, geen vereiste dat die hemuwing moet plaasvind voor verstryking van
die vorige registrasie-termyn
nie.
Die gevolg hiervan is dat die
bevinding van Nugent R dat die registrasie van Alpha Bank geldig was en dat die
Registrateur
locus standi
gehad het, korrek is.
26
Nugent R het in sy uitspraak ook nog na ander aanverwante besware van
Hough met betrekking tot die
locus standi
van die Registrateur verwys. Hy
het bevind dat daardie besware nie opgaan nie. Daardie bevinding is nie in die
petisie aangeval nie
en dit is dus nie nodig om daarmee te handel
nie.
In die gewone loop van sake sou die bevinding dat die applikant
in 'n likwidasie-aansoek die nodige
locus standi
gehad het en dat die
gronde vir die aansoek, soos bedoel in arts 344(e), (f) en (h) van die
Maatskappyewet, bewys is, die einde van
die kwessie wees. In die onderhawige
geval het Hough en die vier maatskappye egter met 'n verdere offensief gekom
wat, indien dit
sou slaag, 'n finale bevel van likwidasie sou kon afweer. Dit
sou inderdaad die bestaan van die likwidasie-gronde genoem in arts
344(e), (f)
en (h) van die Maatskappyewet ontsenu. Die einddoel van gemelde offensief was om
aan te toon dat Alpha Bank en Berlitas
50 geen gelde aan die Reserwebank
verskuldig is nie en derhalwe nie insolvent is nie. Dit is dus nodig om nou
aandag te gee aan hierdie
aanval, ook omdat dit die spil is waarom al die ander
aansoeke van die petisionarisse eintlik wentel.
27
Die basis van die aanval is dat die in-kuratele-stelling van Alpha Bank
deur die Minister van Finansies in September 1990 ongeldig
was. Die resultaat,
so is betoog, van die ongeldigheid van die in-kuratele-stelling sou wees dat
alle handelinge van die kurator
nietig is; erqo ook die transaksie met die
Reserwebank. Word die likwidasie opgehef, so gaan die argument voort, kan die
kuratele
aangeval word; indien suksesvol, kry die nuwe direksie die twee
maatskappye terug met al hul bates of die opbrengs daarvan, terwyl
die vordering
van die Reserwebank onafdwingbaar is.
Die basis waarop die
in-kuratele-stelling aangeval is, is dat die Minister van Finansies nie aan die
vormvereistes van art 40(1) van
die ou Bankwet voldoen het nie deurdat
(i) hy nie vooraf met Alpha Bank geraadpleeg het,
en
(ii) hy nie die bank se skriftelike toestemming gehad het tot die
in-kuratelestelling nie.
Ek het hierbo
redelik volledig verwys na Nugent R se uiteensetting van die aanloop tot die
in-kuratele-stelling van Alpha Bank. Daaruit
blyk
28
onteenseglik dat die Minister van Finansles nie sy wil op dle bank
afgedwing
het en die kurator teen die direksie van die bank se wil
en sin aangestel het nie. Die bank was in 'n ernstige verknorsing. Dit was
die
direkteure van die bank wat by die Registrateur om huip gaan aanklop het. Uit
Nugent R se uiteensetting blyk dit dat die Registrateur
vooraf volledlg met
Alpha Bank se direksie geraadpleeg het. Die nodige skriftelike toestemming is
deur die besturende direkteur,
Van der Walt, geteken nadat hy met al die ander
direkteure, behalwe die een wat in die buiteland was, geskakel het. Nugent R was
van oordeel dat aan al die voorvereistes van art 40(1) van die ou Bankwet
voldoen is.
Hierdie feitelike bevindinge van Nugent R is nooit in
die petisie waarin verlof om te appelleer aangevra word, aangeval nie. Uit die
petisie blyk die beswaar egter te wees dat die raadpleging deur die Registrateur
en nie deur die M
inister
plaasgevind het nie, en dat die skriftelike
toestemming deur die Registrateur en nié deur die M
inister
nie
verkry is, in ieder geval nie na 'n geldige direksie-besluit van Alpha Bank
nie.
29
Na my oordeel is daar geen meriete in dié besware
nie.
Volgens art 40(1) van die ou Bankwet is dit wel die
Minister van Finansies wat 'n bank onder kuratele stel, maar daar is niks in die
artikel wat aandui dat die Ivlinister persoonlik met die instelling moet
raadpleeg of dat hy persoonlik die skriftelike toestemming
moet gaan verkry nie.
As dit die wetgewer se bedoeling was om die Minister persoonlik in daardie
handelinge te betrek, sou die betrokke
artikel heel anders gelees
het.
Gesien die bepalings van die ou Bankwet en die onderskeie
posisies van Minister en Registrateur daarin uiteengesit, kon die Registrateur
die adminlstratiewe funksies voorafgaande aan die werklike besluitneming deur
die Minister afhandel. In
Metropolitan Borouqh and Town Clerk of Lewisham v
Roberts
[1949] 2 KB 608
(CA) het ene O'Gara, 'n algemene inspekteur in die
kantoor van die tvlinister van Gesondheid in Brittanje voorgegee om sekere
bevoegdhede
namens die Minister aan die betrokke stadsklerk oor te dra. Die
verweerder het die geldigheid van O'Gara se handeling aangeval op
die basis dat
die betrokke regulasies vereis dat die Minister self moet optree.
Jenkins
30
J verklaar op 629 ten aansien van hierdie argument:
"I think this contention is based on a misconception of the relationship
between a minister and the officials in his department. A
minister must
perforce, from the necessity of the case, act through his departmental
officials, and where as in the Defence Regulations
now under consideration
functions are expressed to be committed to a minister, those functions must, as
a matter of necessary implication,
be exercisable by the minister either
personally or through his departmental officials; and acts done in exercise of
those functions
are equally acts of the minister whether they are done by him
personally, or through his departmental officials, as in practice,
except in
matters of the very first importance, they almost invariably would be done. No
question of agency or delegation as between
the minister and Mr. O'Gara seems to
me to arise at all. I think this view is borne out by the observations of the
present Master
of the Rolls in
Carltona Ld. v. Commissioners of Works and
Others
1943 (2) All ER 560.
The delegation effected by the letter of
November 12, 1946, must therefore, in my view, be regarded as a delegation by
the minister,
acting through one of his departmental officials, in the person of
Mr. O'Gara and not as a purported delegation by Mr. O'Gara of
functions
delegated to him by the minister. I am accordingly of opinion that this ground
of objection also fails."
Na my mening is die korrekte uitleg van art 40(1) van die ou
Bankwet
dat die Minister van Finansies self die besluit
moet neem om die bank onder
kuratele te stel, maar die oorlegpleging
en verkryging van die toestemming
kan geldig deur die Registrateur uitgevoer word (sien ook
Lewis v
R
1910 TPD
31
413). In die onderhawige geval was daar geen ontoelaatbare delegasie deur
die Minister van die uitoefening van sy eie diskresie nie
en die huidige is nog
'n veel sterker geval as M
etropolitan Borough and Town Clerk v Lewisham
Roberts,
supra
.
Ook is daar geen meriete in die punt dat
daar nie 'n skriftelike resolusie was van Alpha Bank se direksie dat Van der
Walt die relevante
toestemming mog teken nie. Blykens die uitspraak van Nugent R
het Van der Walt al die dlrekteure, behalwe een wat in die buiteland
was, se
mondelinge toestemming daartoe gehad. Hierdie bevinding is ook nie aangeval nie.
Die direksie van 'n maatskappy kan deur
eenparige toestemming afstand doen van
die formele vereistes wat resolusies betref
(Gohlke and Schneider and Another
v Westies Minerale (Edms) Bpk and Another
1970(2) SA 685 (A) op 693E -
694F). Insoverre een direkteur nie vooraf sy toestemming gegee het nie omdat hy
oorsee was, is dit duidelik
dat hy na sy terugkeer in die direksie-besluit berus
het (sien
Robinson v Randfontein Est. G.M. Co Ltd
1921 AD 168
te 217
-218;
Dickson v Acrow Engineers (Pty) Ltd
1954(2) SA 63 (W) te 65 B; 69 D
- E).
32
Vir twee-en-'n-half jaar na die in-kuratele-stelling het geen lid van die
direksie daarteen beswaar gemaak nie. Die waarskynlikhede
is oorweldigend dat
die direksiebesluit geratifiseer en tans onaanvegbaar is.
Hierdie
gevolgtrekking is, op die keper beskou, fataal vir die opponering van die Alpha
Bank likwidasie-aansoek en al die aansoeke
tot tussenbeidetreding daartoe, asook
die gepaardgaande interlokutore aansoeke en wel om die volgende rede: Die poging
om die genoemde
aansoek te opponeer, en die ander genoemde aansoeke is almal
gerig op 'n aanval teen die geldigheid van die in-kuratele-stelling
van Alpha
Bank. Soos reeds genoem, was die aanval in elke geval weens die irrelevansie
daarvan gedoem, want dit sou aan die sukses
al dan nie van die
likwidasie-aansoek geen verskil gemaak het nie. Maar selfs al sou ten gunste van
die petisionarisse aanvaar word
dat hul aanval relevant was, misluk dit op die
basis dat bevind moet word dat die Minister se besluit wel geldig was. Die
opponering
van die Alpha Bank likwidasie-aansoek moes dus in elk geval om
hierdie rede misluk het.
Die bevinding dat aan geeneen van die petisionarisse verlof verleen
kan
33
word om die Alpha Bank likwidasie aan te veg nie omdat daar geen redelike
vooruitsigte op sukses in 'n appél bestaan nie, weens
die slotsom hierbo
bereik, beteken nie dat die ander redes deur Nugent R aangevoer, aanvegbaar is
nie. Dit is bloot nie nodig om
op daardie redes in te gaan nie.
Ek
meen gevolglik dat Nugent R tereg die voorlopige likwidasie-bevel bekragtig het
en dat daar geen vooruitsigte op sukses bestaan
om teen sy beslissing te
appelleer nie.
Vervolgens behandel ek die aansoeke wat met die Alpha
Bank likwidasie-aansoek verband hou.
2.
Die aansoek om tot die
Alpha Bank likwidasie-aansoek toe te tree (aansoek nommer
21011/93
)
Hierdie aansoek is gebring deur die vier maatskappye
en Hough. Die doel van die aansoek was om die likwidasie-aansoek teen te staan.
Die hoofgrond vir hierdie aanval was dat die kuratele nietig was om twee redes
nl (i) dat toe die kuratele opgelê is, Alpha
Bank nie geldig as bank
geregistreer was nie en dat die Minister van Finansies nie uit hoofde van art 40
van die ou
34
Bankwet jeens Alpha Bank kon opgetree het nie en (ii) dat geen
konsultasie met die Minister plaasgevind het nie en geen skriftelike
toestemming
deur hom verkry is nie, soos deur gemelde art 40 vereis.
Wat (i) betref, het Nugent R beslis dat die ou Bankwet geensins
registrasie van 'n bank as voorvereiste vir die in-kuratele-stelling
stel
nie.
Die vraag is of hierdie bevinding korrek is.
Art 40
(1) van die ou Bankwet behels dat die Minister van Finansies "'n bankinstelling"
wat infinansiële moeilikhede verkeer,
onder kuratele kan plaas. Die
woordomskrywingsartikel, art 1, omskryf 'n "bankinstelling" as "'n handelsbank
of 'n diskontohuis of
'n algemene bank of 'n huurkoopbank of 'n aksepbank of 'n
spaarbank". As 'n mens in dieselfde artikel die definisies van die verskillende
soorte banke nagaan, blyk dit dat in geeneen enige verwysing na registrasie
voorkom nie. Die argument dat registrasie 'n voorvereiste
is vir
in-kuratele-stelling, sou behels dat die element van registrasie ingelees moet
word in die definisie van "bankinstelling".
Daar is geen gronde aangevoer vir so
'n drastiese woordwysigende uitleg nie. Ek is van oordeel dat daar geen
35
substansie in die onderhawige argunnent van die applikante om toetrede is
nie. Nugent R se bevinding is dus korrek.
Wat (ii) betref, het ek reeds hierbo, in die loop van die bespreking van
die hoofaansoek, dle onderhawige aangeleentheid behandel
en tot die
gevolgtrekking gekom dat daar geen meriete in steek nie.
Die
resultaat van bogemelde bevindinge is dat die aansoek om toetrede futiel sou
wees. Die aanvalle wat daarin in die vooruitslg gestel
is, blyk abortief te
wees. Nugent R sou dus geregtig gewees het om die aansoek om toetrede weens die
irrelevansie daarvan van die
hand te wys. Sou dié aansoek voor hierdie
hof moes dien, sal dit om daardie rede die onderspit delf. Daar is dus geen
redelike
vooruitsigte op appél nie.
Inderdaad het Nugent R
die aansoek uiteindelik om 'n ander rede, nl die gebrek aan
locus standi
van die vier maatskappye, van die hand gewys. Weens die gevolgtrekking wat ek
hierbo bereik het, is dit onnodig om tans met die aspek
van die applikante se
locus standi
te handel. 3.
Die aansoek van die sesde petisionaris,
Alpha Bank Holdinqs Bpk
36
('Alpha Bank Holdinqs') om tot die Alpha Bank likwidasie-aansoek toe
te tree (aansoek 6487/94
)
Op die laaste stadium van die verhoor
van die onderskeie aansoeke voor Nugent R, was daar 'n aansoek van Alpha Bank
Holdings om tot
die Alpha Bank likwidasie-aansoek toe te tree. Alpha Bank
Holdings se aansoek was daarop gerig om dieselfde regsgrond aan te voer
as wat
die ander vier maatskappye en Hough in hul aansoek om toetrede wou aanvoer, nl
die ongeldigheid van die kuratele. Nugent R
het die aansoek van die hand gewys
omdat die applikant, wat dit op die basis van dringendheid gerig het, geen
dringendheid bewys
het nie.
Ek meen dat hierdie aansoek net sowel
van die hand gewys kon gewees het omdat die doel daarvan, nl om die geldigheid
van die kuratele
aan te veg, nooit bereikbaar was nie. Die redes daarvoor het ek
hierbo uiteengesit.
Die gevolg is dat Nugent R, weliswaar om ander
redes, die aansoek tereg van dle hand gewys het. Daar is geen vooruitsigte vir
sukses
op appèl
37
nie.
4.
Die aansoek van Metamin teen die voorlODige
likwidateur van Alpha
Bank fin likwidasie) in terme van art
360 van die Maatskappyewet (aansoek
3519/94)
.
Hierdie aansoek is gebring deur Metamin, uit
hoofde van sy beweerde lidmaatskap van Alpha Bank as houer van die aandele aan
hom toegeken
deur die nuwe dlreksie na Mei 1993.
Nugent R het
hierdie aansoek van die hand gewys weens sy bevinding (soos in die Alpha Bank
likwidasie-aansoek en die genoemde toetredingsaansoek)
dat Hough en díe
vier maatskappye nie enige
locus standi
gehad het nie. Tot dusver in
hierdie uitspraak was 'n bevinding oor die
locus standi
-kwessie nie nodig
nie, omdat ek tot die gevolgtrekking gekom het dat die kuratele geldig was en
toetrede derhalwe futiel sou wees.
Daardie oorweging speel nie in die
onderhawige aansoek 'n deurslaggewende rol nie omdat die geldigheid van die
kuratele nie in die
aansoek ter sprake kom nie. Die gevolg is dat ek wel die
applikant, Metamin, se
locus standi
onder die loep
38
moet neem. Gemelde
locus standi
moet bepaal word in die lig van
dle gevolgtrekking hierbo bereik dat die in-kuratele-stelling geldig was. Die
vraag is of, gegewe
'n geldlge in-kuratele-stelling in September 1990, die nuwe
direksie van Alpha Bank in Mei 1993 die onuitgereikte aandele aan die
vier
maatskappye, insluitende Melamin kon uítreik. Ek sal argumentsonthalwe
aanvaar dat 'n nuwe direksle geldig aangestel
kon word.
Die
vertrekpunt by 'n ondersoek na dié vraag is die bepalings van die ou
Bankwet. Die in-kuratele-stelling het plaasgevind
in 1990, gedurende die
geldingsduur van dle ou Bankwet. Die nuwe Bankwet het eers op 1 Februarie 1991
in werking getree en die toekenning
van aandele deur die nuwe direksie van Alpha
Bank geskied eers in 1993. Die gevolge van die in-kuratele-stelling in 1990 moet
klaarblyklik
bepaal word deur die ou Bankwet, wat toentertyd gegeld het.
Gevolglik geld die bepalings van arts 12(2)(b) en (c) van die Interpretasiewet
33 van 1957, met die gevolg dat die herroeping van die ou Bankwet nie die
vroeëre werking daarvan, of die regte daarvolgens
verkry, raak
nie.
39
Volledigheidshalwe haal ek art 40 (1) van dle ou Bankwet soos
gewysig
deur art 21 van die Wet op Finansiële
Instellings, 94 van 1977, aan:
"Wanneer 'n bankinstelling in finansiële moeilikhede verkeer, kan die
Minister, as hy dit in die openbare belang wenslik ag,
na raadpleging met die
instelling en met die skriftelike toestemming van daardie instelling 'n kurator
oor die instelling aanstel,
en daarna is die bepalings van paragrawe (b) tot en
met (g) en (i) tot en met (I) van artikel 433 en artikels 434 (2), 436, 437 en
440 van die Maatskappywet, 1973 (Wet No. 61 van 1973),
mutatis mutandis
.
vir sover daardie bepalings nie onbestaanbaar is met die bepallngs van hierdie
artikel nie, ten opsigte van die instelling en die
kurator van toepasslng:
..."
Art 40(5) van die ou Bankwet (soos gewysig) bepaal
uitdruklik dat die bestuur van die bank onder kuratele in die kurator vestig
onderhewig
aan toesig deur die Registrateur, en dat enige persoon of instansie
wat beheer van die bestuur van die bank gehad het, daardie bevoegdhede
verloor.
'n Mens vind dieselfde uitgangspunt in art 433 van die
Maatskappyewet wat, soos aangetoon, deur art 40(1) van die ou Bankwet
geinkorporeer
is.
Die tersaaklike gedeelte van art 433 lees soos
volg:
"433.
Pliqte van finale geregtelike bestuurder
'n Geregtelike bestuurder moet ...
40
(a) van die voorlopige geregtelike bestuurder
oorneem
en die bestuur van die maatskappy
op hom neem;
(b) sodanige bestuur voer, onderworpe aan die
bevele
van die Hof, op die wyse wat hy as die mees
ekonomiese en mees bevorderlike vir die belange van die lede en skuldeisers van
die maatskappy
beskou;
(f) die rekenkundige rekords hou en
sodanige
finansiële jaarstate, tussentydse verslae
en voorlopige finansiële jaarstate opstel wat die maatskappy of sy
direkteure
verplig sou gewees het om te hou of op te stel as hy nie onder
geregtelike bestuur geplaas was nie;
(g) die algemene jaarvergadering en
ander
vergaderings van lede van die maatskappy
belê waarvoor hierdie Wet voorsiening maak, en in daardie verband al die
vereistes
nakom wat direkteure van die maatskappy ingevolge hierdie Wet verplig
sou gewees het om na te kom as die maatskappy nie onder geregtelike
bestuur
geplaas was nie;"
Dit volg dat sowel art 40(1) as art 40(5) van die ou Bankwet die
gevolg
het dat die kurator die bestuur van die bank
onder kuratele oorneem en dat
41
die direksie alle bestuursbevoegdhede verloor.
Die vier
maatskappye en Hough het egter aangevoer dat, ondanks die in-kuratele-stelling
van Alpha Bank, en ondanks die wetsbepalings
so pas bespreek, die nuwe direksie
steeds residuele bevoegdhede behou het. Daardie bevoegdhede het ingesluit die
uitreik van onultgereikte
aandele. Hulle het, so is aangevoer, dientengevolge
lede van Alpha Bank geword. Die argument is dat die kurator weliswaar, ingevolge
arts 40(1) en (5) van die ou Bankwet asook arts 433(a), (b), (f) en (g) van die
nuwe Maatskappyewet, die
bestuur
van die maatskappy oorgeneem het, maar
dat die direksie die
beheer
van die maatskappy behou. Die
beheer
sluit in die uitreik van aandele.
Nóg art 40 van die ou
Bankwet, nog die tersaaklike bepalings van die nuwe Maatskappyewet onderskei
tussen "bestuur" en "beheer".
Die vraag of die direksie residuele
"beheerbevoegdhede" na die in-kuratele-stelling gehad het, kan bes beantwoord
word deur te begin
met die vraag: het die direksie vóór die
in-kuratele-stelling "beheer" oor die maatskappy gehad? Hierdie vraag moet
ontkennend beantwoord word. Nie die direksie nie, maar die
42
aandeelhouers "beheer" 'n maatskappy. Die direksie "bestuur" die
maatskappy namens, ten behoewe en altyd onderhewig aan die voorskrifte
van die
aandeelhouers.
Dit is dus die aandeelhouers wat die "beheer" oor die
maatskappy het. Wat die in-kuratele-stelling dus vermag het, was om die
direksle,
die bestuur te ontneem en aan die kurator oor te dra. Daar kon dus
geen residuele bestuurs- of beheerbevoegdhede in die hande van
die direksie
gesetel het nie.
Ek meen dus dat Nugent R, wat tot dieselfde
resultaat gekom het, korrek is. Die gevolg is dat daar geen redelike
vooruitsigte bestaan
dat sy bevinding, dat IVIetamin in die onderhawige aansoek
nie
locus standi
gehad het nie, omvergewerp sal word.
Dit
bring my by die drie aansoeke wat met die Berlitas 50 likwidasie-aansoek verband
hou. 5.
Die Berlitas 50 likwidasie-aansoek (aansoeknommer
19305/93
%
In hierdie aansoek was die applikant die Reserwebank en die aansoek is
gerig op die likwidasie van Berlitas 50. Die grondslag van
die aansoek
is
43
die bedrag verskuldig aan die Reserwebank uit hoofde van die wlssels
waarna ek reeds verwys het en waarvan Berlitas 50 dle maker was.
In
hierdie aansoek is daar geen probleme met die
locus standl
van die
Reserwebank as applikant nie. Wat die meriete van die aansoek betref, het Nugent
R bevind dat Berlitas 50 hopeloos insolvent
is. Volgens 'n balansstaat wat op 31
Julie 1993 deur die kurator voorberei is, oorskry die maatskappy se laste sy
bates met R115
miljoen. Op hierdie basls moes die aansoek, alle ander dinge
gelyksynde, geslaag het, soos wat inderdaad uiteindelik gebeur het.
Daar was
egter twee tussenkomende aansoeke waarin gepoog is om die likwidasie-aansoek af
te weer, en wat ek vervolgens behandel onder
nommers 6 en 7
hleronder.
6.
Die aansoek van Alpha Bank fin likwidasie) om toe
te tree tot die Berlitas 50 likwidasle-aansoek (aansoeknommer
20034/931
.
In hierdie aansoek was Hough die werklike applikant,
maar hy het steeds voorgegee 'n direkteur en hoof uitvoerende beampte van Alpha
Bank, wat toe reeds onder voorlopige likwidasie was, te wees. Hy het dus
die
44
aansoek gerig in die naam van Alpha Bank (in voorlopige likwidasie). Die
doel van die aansoek was om die bekragtiging van die voorlopige
likwidasle-bevel
teen Berlitas 50 af te weer. Die grondslag van die opposisie was dieselfde as
wat reeds voorheen hierin behandel
is nl: die kuratele was nietig; die kurator
kon dus nle geldig die wisseltransaksle aangegaan het nie; Berlitas 50 is daarom
nie
op die wissels teenoor die Reserwebank aanspreeklik nie; Berlitas 50 is nie
insolvent as die Reserwebank se vordering wegval nie.
Nugent R het
bevind dat nóg Hough nóg Alpha Bank (in voorlopige likwidasie)
enige
locus standi
gehad het om as applikant te ageer. Hy het ook
verklaar dat hy nie bereid is om te bevind dat die kuratele ongeldig is en dat
die
wisseltransaksie gevolglik ongeldig en onafdwingbaar was nie. Hy het die
aansoek van die hand gewys en Hough beveel om die koste
te
betaal.
Ek meen dat hierdie bevindinge onaanvegbaar is in die lig
van die bevinding hierbo bereik, nl dat die nuwe direksie van Alpha Bank
nie
geldig aandele aan die vier maatskappye kon uitreik of nuwe direkteure aanstel
nie. Myns insiens het Alpha Bank (in likwidasie)
soos verteenwoordig deur
Hough
45
dus geen
locus standi
gehad om die aansoek te bring nie omdat
Hough nie 'n aandeelhouer of direkteur van Alpha Bank kon wees of geword het
nie.
Daar is geen redelike voorultsigte dat hierdie hof tot 'n ander
gevolgtrekking sal kom nie.
7.
Die vier maatskappye se aansoek om
tussenbeide te tree in die Berlitas 50 likwidasie-aansoek, welke aansoek gebrinq
is onder aansoeknommer
19305/93 fdie nommer van die Berlitas 50
likwidasie-aansoek)
.
Volgens die stukke vervat in die petisie,
is die applikante die vier maatskappye. Hulle het die bekragtiglng van die
voorlopige likwidasie-bevel
teengestaan op dieselfde gronde as wat Hough in die
aansoek so pas hierbo bespreek (aansoeknommer 20034/93), aangevoer
het.
Nugent R het tereg dié opposisie, om dieselfde redes as
waarop aansoeknommer 20034/93 van die hand gewys is, ondeugdelik bevind
en die
voorlopige likwidasie-bevel bekragtig.
Om die redes reeds genoem meen ek dat die bevinding korrek
is.
46
Nugent R het ook 'n aantal kostebevele gemaak in die onderskele aansoeke.
Dié bevele is gemaak ooreenkomstig die algemeen-geldende
beginsels en ek
kan geen fout daarmee vind nie.
Die resultaat is dat ek van oordeel is dat daar geen meriete is in enige
van die aansoeke vir verlof om te appelleer ten aanslen van
enige van dle bevele
wat Nugent R in die aansoeke hierin behandel, gemaak het nie. Dit is onnodig om
op verdere onoorkomelike gebreke
in die petisie in te gaan. Op die meriete moet
die aansoek om kondonasie faal.
By die aanvang van die verhoor van
die aansoek om kondonasie en die petisie het Hough, wat in persoon verskyn het,
'n aansoek gerig,
gerugsteun deur 'n beëdigde verklaring en aanhangsels.
Daarin vra hy om in die petisie en kondonasie-aansoek die vier maatskappye
en
Alpha Bank Holdings te vervang. Hy het aangevoer dat hy al die aandele in die
betrokke maatskappye oorgeneem het en voortaan hul
plek wil neem en wel as
aandeelhouer. Dié aansoek is deur die respondente teengestaan, na my
mening met reg. Eerstens, die
feit dat Hough moontlik die houer van al
die
47
aandele in genoemde maatskappye is, gee hom geen
locus standl
in
die onderhawige aansoeke nie. Die basís waarop die betrokke maatskappye
wou toetree, is dat hulle aandeelhouers in Alpha
Bank en Berlitas 50 is. Dit is
die enigste denkbare basis waarop hulle om toetrede kon vra. 'n Aandeelhouer,
selfs die enigste aandeelhouer,
(selfs op die veronderstelling dat Hough regtens
so 'n aandeelhouer is) van daardie maatskappye hou nie aandele in Alpha Bank of
Berlitas 50 nie, en het dus soos reeds uitgewys geen
locus standi
nie. In
elk geval sou ek ook nie so 'n aansoek toegestaan het nie al was dit om
bogenoemde rede nie gebrekkig nie. In die hof
a quo
is kostebevele gemaak
wat al daardie maatskappye raak en waarop die huidige respondent 'n verhaalsreg
het. Ook het daardie maatskappye
tot op die laaste in die petisie en die aansoek
om kondonasie volhard en opgetree. Om hulle nou van die toneel te laat verdwyn
en
deur Hough, wat sedert die loods van die petisie gesekwestreer is, te
vervang, sou uiters onbillik teenoor die respondente wees.
48
Die volgende bevele word gemaak
:
1. H P Hough se aansoek om tweede tot en met sesde petisionarisse te vervang
word van die hand gewys met koste, wat die koste van
twee advokate in die geval
van eerste en tweede respondente insluit.
2. Eerste tot en met sewende petisionarisse se aansoek om kondonasie vir die
laat liassering van 'n petisie waarin verlof aangevra
word om te appelleer teen
al die bevele verleen deur Nugent R op 30 Maart 1994 in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling inaansoeke
21011/93, 6487/94, 18534/93, 3519/94, 19305/93,
en 20034/93, word van die hand gewys.
3. Eerste tot en met sewende petisionarisse word gesamentlik en afsonderlik
gelas om die koste van die respondente teweeggebring deur
die aansoek om
kondonasie asook die petisie te betaal. Gemelde koste sluit die eerste en tweede
respondent se koste voortspruitende
uit dle gebruik van twee advokate
in.
P J J OLIVIER
APPèLREGTER
HEFER, AR )
STEYN, AR )
)STEM SAAM EKSTEEN,AR )
VAN DEN HEEVER,AR )