S v Mabaso (371/91) [1992] ZASCA 203 (24 November 1992)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Possession of stolen property — Appellant convicted of theft of a motor vehicle owned by the University of the Witwatersrand — Vehicle found in appellant's possession with altered identification numbers — Appellant claimed to have purchased the vehicle from a third party, but evidence showed the vehicle was stolen prior to the alleged purchase — Appellant's explanation for possession deemed implausible and rejected by the trial court — Appeal against conviction dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 203
|

|

S v Mabaso (371/91) [1992] ZASCA 203 (24 November 1992)

1.
Saak nr 371/91 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MASIZA SIMON MABASO
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VIVIER, GOLDSTONE ARR et
HOWIE Wn AR.
VERHOOR:
24 November 1992.
TRANSKRIPSIE VAN REDES MONDELING GELEWER IN DIE OPE HOF OP 24 NOVEMBER
1992 DEUR VIVIER AR WAARMEE GOLDSTONÉ AR EN HOWIE Wn
AR SAAMGESTEM
HET.
VIVIER AR.
2.
VIVIER AR:
Die appellant is in die Streekhof op Empangeni aan diefstal van 'n
motorvoertuig skuldig bevind en gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf
waarvan
een helfte vir vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort is. Sy appèl na
die Natalse Provinsiale Afdeling het misluk
en met verlof van daardie Hof kom hy
nou in hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis.
Dit was gemene saak by die verhoor dat die betrokke voertuig, 'n 1987 Toyota
Hi-Ace kombi met registrasienommer LPK 055 T, op 28 Augustus
1987 van die
eienaar daarvan, die Universiteit van die Witwatersrand, gesteel is, en dat dit
op 8 Junie 1988, toe die polisie by
Empangeni daarop beslag gelê het, deur
die appellant, wat 'n taxi-eienaar is, in sy besigheid gebruik is. Die
registrasienommer
was toe
3.
NKR 7481.
Volgens adjudant-offisier Struwig, wat namens die
Staat getuig het, het dit by nadere ondersoek van die voertuig op 8 Junie 1988
geblyk
dat die plaatjie waarop die onderstelnommer verskyn, verwyder en h ander
ingelas was, en verder dat die oorspronklike enjinnommer
afgeskuur en die nommer
4Y9001085 daarop geslaan is. Die bestuurder van die voertuig, ene Khumalo, het
hom meegedeel dat hy vir die
appellant werk en hy het 'n registrasiesertifikaat
aan Struwig oorhandig waarvolgens die voertuig op 1 Desember 1987 in die naam
van ene Petrus Khubeka van Ladysmith onder die nommer NKR 7481 geregistreer is.
Volgens die sertifikaat was dit vantevore in die
naam van Jeremia Mahlangu onder
die nommer OA 3365 geregistreer. Op hierdie sertifikaat word die enjinnommer van
die voertuig as
4Y9001058 aangedui. Volgens Struwig het
4.
die appellant 'n paar dae later by sy kantoor op
Empangeni opgedaag en aan
hom verduidelik dat hy dle
eienaar van die voertuig is en dat hy dit op 25
November 1987 van Mahlangu vir die bedrag van R18 000 gekoop het. Die appellant
het
voorts verduidelik dat Mahlangu daarna die voertuig op sy versoek in die
naam van Kubeka op Ladysmith geregistreer het omdat hy laasgenoemde
se
vervoerpermit gebruik het. Die appellant het laastens aan Struwig verduidelik
dat hy by die Diepkloof-hostel in Soweto woonagtig
was waar hy Mahlangu, wat
daar met dle voertuig wasgoed inneem en aflewer, ontmoet het. Die appellant het
aan Struwig 'n kwitansie,
gedateer 15 Oktober 1987 en geteken deur Mahlangu, vir
die bedrag van R18 000, oorhandig. Volgens die kwitansie is die effektiewe
datum
van die verkoping 25 November 1987. Die handtekening "J Mahlangu" is ooglopend
totaal verskillend van dié wat
5.
op die registrasiesertifikaat verskyn wat Khumalo aan
Struwig oorhandig het.
Struwig het getuig dat hy daarna die korrekte enjinnommer van die voertuig
deur middel van h etsingsproses verkry het. Sodoende kon
hy vasstel dat die
voertuig gesteel was. Verdere ondersoek na die vorige geskiedenis van die
voertuig het aan die lig gebring dat
die registrasienommer OA 3365 op 13
November 1987 aan Jeremia Mahlangu van Masekostraat 99, Theronsville, Bethlehem
toegeken is;
dat onmiddellik voorheen, op 30 September 1987, 'n voertuig met die
enjinnommer 4Y9001058 geregistreer was onder die nommer NTU 693
in die naam van
Jeremia Mahlangu van posbus 64, Nqutu en dat h voertuig met laasgemelde
enjinnommer voor 30 September 1987 in Lebowa
geregistreer was in die naam van
Jeremia Mahlangu van plot 10, Nebo met die registrasienommer LEB 3065. Die
getuienis namens
6.
die Staat te dien effekte dat die besonderhede op die LEB 3065; NTU 693 en OA
3365 registrasiedokumente vals was, is nie deur die
verdediging betwis nie.
Struwig se verdere getuienis was dat die appellant hom meegedeel het dat
Jeremia Mahlangu in Pimville, woonagtig is. Hy het 'n afspraak
met die appellant
gemaak om hom by die Diepkloof-hostel te ontmoet ten einde Mahlangu op te spoor,
maar die appellant het nie die
afspraak nagekom nie. By navrae het die personeel
in beheer van die hostel nog nooit van Mahlangu gehoor nie. Toe Struwig op h
latere
geleentheid daarin slaag om die appellant in die hande te kry, het
laasgenoemde aan hom te kenne gegee dat hy nie weet waar Mahlangu
hom bevind nie
en dat hy glad nie sy adres ken nie. Struwig het verder al die adresse op die
verskillende registrasiedokumente nagegaan
maar vasgestel dat al hierdie adresse
vals was.
7.
Die appellant het by die verhoor getuig dat hy vir Mahlangu
reeds ongeveer twee jaar lank geken het voordat hy die voertuig in November
1987
by hom gekoop het. Mahlangu het oor 'n tydperk van vier of vyf maande wasgoed by
die Diepkloof-hostel waar hy woon, met die
voertuig kom haal en aflewer. Die
voertuig het op daardie stadium 'n NTU registrasienommer gehad. Hierdie
getuienis kan klaarblyklik
nie korrek wees nie aangesien die voertuig eers op 28
Augustus 1987 gesteel is. Die appellant het voorts getuig dat, nadat hy die
voertuig by Mahlangu gekoop het, laasgenoemde die voertuig op Ladysmith onder
die nommer NKR 7481 geregistreer het voordat hy dit
aan hom oorhandig het.
Terwyl die onderhandelings tussen hom en Mahlangu aan die gang was, was hy twee
keer by laasgenoemde se huis
in Pimville, en omdat hy goed weet waar Mahlangu
woon, het hy nie op 'n kwitansie aangedring toe hy die eerste paaiement van R9
000
in kontant aan Mahlangu oorhandig het nie. Die appellant het ontken dat
Struwig hom ooit
8.
in Johannesburg kom spreek het of dat hy hom ooit versoek het om vir hom te
gaan wys waar Mahlangu woon.
Die appellant het voorts getuig dat, nadat
hy
in Junie 1988 van die polisie
verneem het dat dit 'n
gesteelde voertuig is, hy vir Mahlangu met die
nuus
gekonfronteer het. Mahlangu het hom verseker dat hy
nie die voertuig
gesteel het nie en dat dit sy eie
voertuig was. Nogtans het hy nie vir
Mahlangu na die
polisie geneem of, in die jaar wat daarna verloop
het,
enige stappe gedoen om die voertuig terug te kry nie,
alhoewel die verlies van die voertuig vir hom 'n
aansienlike verlies van inkomste beteken het. Hy het
nie die koopprys van Mahlangu teruggeëis en hom ook
nie
gesê dat hy in die hof op 'n aanklag van diefstal
van
die voertuig moet verskyn nie, alhoewel hy vir Mahlangu
nog 'n paar dae voor die verhoor gesien het. Voordat
hy die voertuig by Mahlangu gekoop het, het hy nie
9.
probeer vasstel of die enjin- en onderstelnommers nie mee gepeuter is nie, en
of dit met die nommers op die registrasiedokumente ooreenkom
nie. Hy besit vyf
ander soortgelyke voertuie wat hy in sy taxi-besigheid gebruik.
Nadat die appellant by die verhoor getuig het, is die saak uitgestel ten
einde die appellant 'n geleentheid te gee om vir Mahlangu
aan die polisie te
gaan uitwys. Na die hervatting van die verhoor het Struwig getuig dat hy die
appellant na Pimville geneem het
maar dat hy nie in staat was om Mahlangu se
huis aan hom uit te wys nie. Die appellant het nie weer getuig nie.
Die streeklanddros het beslis dat die appellant se verduideliking van hoe hy
besit van die voertuig verkry het, nie redelik moontlik
waar kan wees nie, Sy
verduideliking is as leuenagtig verwerp.
10.
Die streeklanddros steun vir hierdie bevinding onder andere
op die feit dat die appellant getuig het dat hy weet waar Mahlangu woon
en dat
hy reeds twee keer vantevore by Mahlangu se huis was, maar dat hy nogtans daarna
nie die plek aan Struwig kon uitwys toe die
geleentheid hom gegun is nie.
Struwig se getuienis dat hy die appellant heel aan die begin van sy ondersoek
gevra het om hom te gaan
wys waar Mahlangu woon en dat die appellant toe reeds
aan hom gesê het dat hy nie weet waar Mahlangu woon nie, is deur die
streeklanddros aanvaar en die appellant se getuienis tot die teendeel verwerp.
Na my mening was die streeklanddros heeltemal geregtig
om by oorweging van die
botsende weergawes van Struwig en die appellant, in ag te neem dat Struwig
waarskynlik die appellant sou
versoek het om hom na Mahlangu te neem. Mahlangu
was by uitstek die persoon wat vir Struwig in sy
11.
ondersoek van die saak kon help. Soos die Hof a quo
kan ek
aan geen rede dink waarom Struwig oor hierdie
aspek nie die waarheid sou
praat nie. Terselfdertyd
plaas die appellant se getuienis dat hy self nie
eens
vir Mahlangu van die verhoor gesê het of hom na die
polisie probeer neem het om sy verduideliking te staaf
nie, sy hele weergawe onder verdenking. Hy het op
geen stadium sy geld probeer terugeis of enige stappe
gedoen om Mahlangu aan die pen te laat ry nie, soos
mens sou verwag van iemand wat uitvind dat h gesteelde
voertuig aan hom verkoop is.
Ek vind dit verder moeilik om te aanvaar dat die appellant, as 'n ervare
taxi-eienaar wat vyf kombi's besit, 'n voertuig sou aankoop
van 'n betreklike
vreemdeling sonder om eers seker te maak dat die voertuig se dokumentasie in
orde is en dat die verkoper die eienaar
is van die voertuig. Indien hy wel
die
12.
enjinnommers op enige van die vorige dokumentasie met
dié op die voertuig vergelyk het, sou hy gesien het dat dit nie dieselfde
is nie.
In al die omstandighede is ek van mening dat die appellant se verduideliking
vir sy besit van die gesteelde voertuig nie redelik moontlik
waar kan wees nie
en dat hy tereg skuldig bevind is.
Dit laat die appèl teen vonnis. Selfs inaggenome die feit dat die
appellant h eerste oortreder is, kan ek nie met die betoog
saamstem dat die
vonnis, in al die omstandighede van die saak, so buitensporig swaar is dat dit
inmenging deur hierdie Hof regverdig
nie. Motordiefstal is 'n ernstige misdaad
en die diefstal van 'n voertuig vir kommersiële gebruik sowel aa die aantal
vals registrasies
ten einde die misdaad te verberg moet as verswarend beskou
word. Die appèl word afgewys.
W. VIVIER AR.