S v Bartleson en 'n Ander (705/91, 564/91) [1992] ZASCA 202 (23 November 1992)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction and sentence — Appellants convicted of murder and sentenced to death — Application for reopening of trial granted, further evidence led — Evidence from eyewitnesses corroborating the State's case against appellants — Appellants' defenses rejected as false — Conviction and sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 202
|

|

S v Bartleson en 'n Ander (705/91, 564/91) [1992] ZASCA 202 (23 November 1992)

SAAKNOMMER: 705/91 564/91
H V N
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
VICTOR LEE BARTLESON
Eerste
Appellant
NOEL DONALD SAMUELS
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, GROSSKOPF F H,
ARR
et HOWIE, Wn AR
VERHOORDATUM
: 6 NOVEMBER 1992
LEWERINGSDATUM
: 23 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK
Howie, Wn AR:
Appellante het in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling op 'n aanklag van
moord
2
tereggestaan. Nadat hulle deur M J Strydom R en assessore skuldig bevind is
soos aangekla, is hulle die doodstraf opgelê. Kragtens
art 316 (1) van Wet
51 van 1977, soos gewysig, het appellante later aansoek gedoen om heropening van
die verhoor. Die aansoek is
toegestaan en getuienis is namens appellante en die
Staat gelei. Op die verhooroorkonde soos deur die verdere getuienis aangevul
kom
appellante tans kragtens art 316 A van die Wet in hoër beroep ten opsigte
van beide skuldigbevinding en vonnis.
Die tersaaklike getuienis met betrekking tot die skuldigbevinding was die
volgende. Die eerste Staatsgetuie was Sarah Taylor, 'n 59-jarige
dame. Sy het 'n
winkel bedryf vanuit uit 'n twee-ton bakkie wat op 'n leë erf op die hoek
van Clarence Septemberstraat en Granadastraat,
Reigerpark, Boksburg geparkeer
gestaan het. Klante is by die oop agterkant van die kap bedien. Die agterkant
van die bakkie het in
die rigting gewys
3
van ' n stopteken op die oorkantste hoek van die aansluiting. Tussen 15h00 en
15h30 op Saterdag 18 Augustus 1990 is die oorledene,
Danny van Zyl, op die
sypaadjie vlak by die stopteken dodelik beseer. Die oorsake van sy dood was 'n
steekwond in die nek en 'n hoofbesering,
insluitende 'n fraktuur van die linker
temporale been.
Mev Taylor het getuig dat daar kort voor die voorval drie kinders by die
mobiele winkel op bediening gewag het. Terwyl sy besig was
om een van hulle te
bedien, het sy appellante en die oorledene naby die agterkant van die bakkie
opgemerk. Sy sien dat eerste appellant
twee keer met 'n knipmes na die oorledene
steek. Lg hardloop weg in die rigting van die stopteken. Hy word deur appellante
agtervolg.
Tweede appellant pootjie hom. Hy beland op die grond maar staan weer
op. Hy kom nie ver nie. Hy val by die stopteken en word deur
eerste appellant
beetgekry. sy
4
sien hoedat eerste appellant die oorledene met sy linkerhand vasdruk en sy
regterhand hoog lig. Uit vrees kyk mev Taylor nie verder
nie. Toe sy weer na die
toneel kyk, sien sy dat die oorledene bebloed dood lê waar sy hom laaste
gesien het, terwyl appellante
ewe rustig hand om die lyf Clarence
Septemberstraat afstap. Nadat die oorledene se lyk in ' n ambulans verwyder is,
merk sy op dat
daar 'n groot klip lê waar die oorledene gedood is. Sy het
getuig dat daardie klip vir jare al op die hoek gelê het waar
haar bakkie
gestaan het en beslis nie op die oorkantste hoek waar die oorledene gelê
het nie. Appellante was baie goed aan
haar bekend en het geensins beskonke
voorgekom nie.
Mev Taylor se getuienis is in alle wesenlike opsigte deur die tweede
Staatsgetuie, Alima Swanepoel, gestaaf. Mej Swanepoel was met
die oorledene
bevriend. Op die betrokke namiddag kom sy en hy by die mobiele winkel aan. Hulle
wag agter 'n paar kinders om bedien
5
te word. Sy hoor iemand sê "Ja Fireboy". ("Fireboys" was die naam van '
n plaas1ike bende.) Toe sy omkyk, sien sy appellante
naby hulle. Sy het
appellante goed geken. Volgens haar was hulle op 'n vorige stadium lede van 'n
bende bekend as "Family Boys" wat
dikwels met die "Fireboys", insluitende die
oorledene, baklei het. Dié bakleiery is egter vir 'n lang tyd reeds
gestaak en
die oorledene het opgehou om 'n lid van die "Fireboys" te wees toe hy
getrou het. Die getuie sien dat eerste appellant 'n mes in
sy hand het. Hy steek
na die oorledene. Toe lg na die oorkant van Clarence Septemberstraat wegbeweeg,
hardloop sy daardie straat
op. Toe sy terugkyk sien sy dat appellante vir die
oorledene jaag. Eerste appellant steek na hom en tweede appellant pootjie hom.
Die oorledene val en staan weer op. Toe hy verder hardloop steek eerste
appellant weer na hom. Hy word 'n tweede keer gepootjie en
grond toe gebring.
Die getuie besluit om self verder weg te
6
hardloop. Toe sy weer terugkyk sien sy dat die oorledene op die sypaadjie by
die stilhouteken lê. Eerste appellant staan by
hom. Tweede appellant
hardloop van waar die oorledene is terug na die hoek waar die mobiele winkel
gestaan het. Hy tel daar die groot
klip op waarna reeds verwys is. Hy kruis weer
die straat na die oorledene toe en gooi die klip op die oorledene se kop.
Na Alima Swanepoel se mening het appellante nie voorgekom soos mense wat
onder die invloed van drank was nie.
Op Sondagoggend 19 Augustus is die ondersoekbeampte, speurder
adjudant-offisier Morden, na die toneel. Hy vind die klip langs 'n groot
kol
droë bloed waar die oorledene die vorige dag gelê het. Daar was iets
soos 'n bloedmerk op die klip en hy behou dit
as 'n bewysstuk. Die gewig van die
klip word later vasgestel op 14,9 kg. Dieselfde oggend arresteer hy eerste
appellant by lg se
huis. In die appellant se
7
broeksak word 'n knipmes gevind. Op die lem daarvan was daar 'n klein merkie
wat soos droë bloed voorgekom het.
Die laaste Staatsgetuie was die distriksgeneesheer te Boksburg, Dr E C P
Nothnagel. By ondersoek van die oorledene se lyk vind hy
twee meswonde aan die
regterkant van die nek, een waarvan dodelik sou gewees het. Onder ander wonde
was daar kneus- en skaafwonde
op die gesig en 'n groot kneuswond van die
regtervoorkop met 'n onderliggende hematoom. Aan die direk teenoorgestelde kant
van die
kop, d w s agter die linker.oor, was 'n groot laserasie met 'n
onderliggende hematoom en die reeds gemelde fraktuur. Na sy mening
is die
voorkop getref en het die agterkop dan teen iets vasgeslaan. Daardie ontleding -
merk mens op - het gestrook met die geweld
wat volgens Alima Swanepoel tweede
appellant met die klip toegedien het.
Dit is aan Dr Nothnagel gestel dat tweede appellant sou getuig dat die
oorledene in die gesig met
8
'n klip die grootte van 'n halwe baksteen gegooi is, waarna hy met die
agterkant van sy kop teen die groot klip geval het. Die dokter
het oortuigend
verduidelik dat die tersaaklike wonde nie by daardie beskrywing ingepas het nie.
Op daardie weergawe sou daar minder
beserings op die gesig en voorkop gewees het
en meer op die linkeragterkop, veral kneuswonde.
Eerste appellant het getuig en die bewerings teen hom ontken. Hy het
gesê dat hy die betrokke Saterdagoggend tot ongeveer 12h30
by sy werk te
Bosmont was. Hy drink daarna saam met 'n vriend. Later die middag haal hy die
trein huistoe. Hy klim by Oos-Randstasie
af en ry met 'n huurmotor tot by die
hoek van Clarence Septemberstraat naby sy woning. Daar ontmoet hy vir tweede
appellant. Lg huil
en is dronk maar vertel nie wat die probleem is nie. Hy neem
tweede appellant aan die hand en hulle stap na eerste appellant se huis.
Daar
drink hulle nog heelwat. In die loop van
9
hulle geselsery erken tweede appellant dat hy iemand met
'n
halwe baksteen gegooi het. Hy wil dit toe by die
polisie aanmeld maar eerste
appellant oorreed hom
om dit nie te doen nie. Na eerste appellant se
mening
was die gooi van 'n halwe baksteen uit selfverdediging
nie
belangrik genoeg om aan die polisie gerapporteer te
word nie. Eerste
appellant het voorts ontken dat hy die
Saterdagmiddag by of naby die mobiele
winkel was, dat hy
tydens arrestasie 'n mes besit of ooit gedra het en
dat
hy op enige stadium 'n lid van die "Family Boys" was.
Hy het die
oorledene al saam met lede van die "Fireboys"
gesien maar hom nooit ontmoet
nie.
Tweede appellant het getuig dat hy op die dag van die voorval vir ongeveer
ses uur saam met 'n vriend gedrink het. Toe hulle daardie
namiddag uitmekaar
gegaan het, was appellant in 'n beskonke toestand. Op pad huis toe gaan hy by
die mobiele winkel langs om iets
te koop. Daar loop hy die oorledene raak wat
met hom
10
skoorsoek. Nie lank daarna nie haal die oorledene 'n mes uit en poog om hom
te steek. Tweede appellant hardloop oor die straat maar
besef dat hy in sy
beskonke toestand nie gaan wegkom nie. Hy tel 'n halwe baksteen op en gooi die
oorledene uit selfverdediging daarmee
op die regtervoorkop raak. Lg val as
gevolg daarvan bo-op die groot klip wat altyd naby die stopteken gelê het.
Die appellant
draai toe om en gaan huis toe. Hy verwittig sy moeder van die
voorval en sy raai hom aan om die polisie in kennis te stel. Op pad
na die
polisiestasie ontmoet hy eerste appellant. Hy vertel nie vir hom wat gebeur het
nie en besluit om saam te gaan na eerste appellant
se huis. Daar drink hulle nog
verder. Hy vertel eerste appellant van die voorval en hy word teen aanmelding by
die polisie afgeraai.
Tweede appellant het beweer dat hy as 'n voormalige lid van die "Family
Boys", en die oorledene as een van die "Fireboys", baie jare
vantevore rusie
met
11
mekaar gehad het maar dat daar daarna geen verdere moeilikheid tussen hulle
was nie. Hy het voorts ontken dat eerste appellant ten
tye van die voorval
teenwoordig was of dat hy self die klip gehaal en op die oorledene gegooi het.
Hy kon geensins verduidelik wie
die oorledene gesteek het nie. Toe hy in die hof
gevra is om te demonstreer of hy die klip kon optel, het hy dit gedeeltelik
reggekry
maar die klip het toe uit sy hande uitgegly. Na aanleiding daarvan is
die verhoorhof namens tweede appellant versoek om mediese getuienis
te roep
aangaande die vraag of tweede appellant weens 'n vorige brandbesering aan sy
regterhand ooit in staat sou gewees het om die
klip te hanteer soos deur Alima
Swanepoel beweer is. Dr M Barsky, 'n distriksgeneesheer, het hom ondersoek in
hierdie verband en
daarna getuíg dat ten spyte van die regterhand se
gebreklike greep daar geen mediese rede was waarom die appellant nie die
klip
sou kon opgetel het nie. Basies
12
was haar rede dat solank albei hande gebruik word appellant die nodige beheer
en krag het om die klip op te tel.
Die verhoorhof het na opweging van die getuienis voor hom die weergawe van
die Staat se ooggetuies aanvaar en appellante se getuienis
as vals verwerp.
Toe die saak heropen is, het mev Mary van
Rensburg en haar
kleinseun, Cheslan, namens appellante
getuig. Daarna is Sarah Taylor
teruggeroep. Mev van
Rensburg getuig dat sy op die Maandag na die voorval
na
mev Taylor se winkel gegaan het en haar gevra het
omtrent die Saterdag
se gebeure. Mev Taylor het haar
vertel dat aangesien sy ten tye van die
voorval te besig
was, sy nie gesien het wat plaasgevind het nie. Mev
van
Rensburg het voorts getuig dat omtrent twee weke na die
voorval Alima
Swanepoel Kaar meegedeel het dat toe sy en
die oorledene by die winkel was lg
en tweede appellant,
13
wat oorkant die straat gestaan het, vir mekaar geskel het, elkeen verwysende
na die ander se bende lidmaatskap. Die oorledene het
toe 'n mes uitgehaal en na
tweede appellant oorgestap. Alima het na bewering toe weggehardloop en niks
verder opgelet nie.
Cheslan van Rensburg was tien jaar oud toe die gebeure plaasgevind het. Hy
getuig dat sy ouma hom na mev Taylor se winkel gestuur
het om inkopies te doen.
Terwyl hy daar in 'n ry wag, die sesde van ongeveer dertien kinders, daag Alima
en die oorledene op. Lg
skree toe na tweede appellant "Ja jou Family Boy" en
haal 'n mes uit. Hy hardloop oor die straat na die oorledene en beveel
terselfdertyd
dat Alima ander Fireboys gaan haal. Alima verdwyn toe van die
toneel en hy, Cheslan, hardloop huis toe om die goedere wat hy by daardie
tyd
gekoop het aan sy ouma te gee. Hy verwittig haar van 'n bakleiery en hardloop
terug na die winkel toe. Hy sien die oorledene
lê met 'n oop wond in
die
14
nek. Hy sien verder dat tweede appellant 'n halwe baksteen vat en dit in die
oorledene se gesig gooi terwyl die oorledene daar bly
lê. Kort daarna daag
die ambulans op en hy verlaat die toneel.
Sarah Taylor het in haar verdere getuienis gesê dat Cheslan eers na die
voorval op die toneel was. Sy het voorts erken dat sy
mev van Rensburg meegedeel
het dat sy niks gesien het nie. Sy het verduidelik dat haar man haar gesê
het dat dit slegs vir
haar nodig was om die hof van die gebeure te vertel en dat
sy nie verplig was om ook lede van die publiek se vrae te beantwoord nie.
Sy het
derhalwe vir almal in die omgewing wat met haar gepraat het, vertel dat sy niks
gesien het nie. Alima Swanepoel was oorlede
teen die tyd dat die verhoor heropen
is.
Díe verhoorhof is namens appellante versoek om weens teenstrydighede
in Sarah Taylor en Alima Swanepoel se getuienis hulle
weergawe te verwerp,
Daardie
15
submissies is op appèl herhaal maar hulle hou geen steek nie. Dit is
onnodig om vir doeleindes van hierdie uitspraak meer as
die volgende te
sê. Die twee getuies staaf mekaar oor en weer in alle belangrike opsigte.
Die klein verskille wat daar wel
bestaan is óf niksseggend nie óf
tipies van wat volgens algemene ervaring selfs by eerlike en betroubare
ooggetuies
teëgekom word. Albei kon, as hulle teen appellante bevooroordeel
was, heelwat meer bygevoeg het as wat hulle wel getuig het.
Mev Taylor se
verduideliking vir die beweerde onkunde waarmee sy nuuskieriges geantwoord het,
is heeltemal geloofwaardig en verstaanbaar.
Voorts was eerste appellant aan haar
en aan Alima Swanepoel goed bekend en kon hulle klaarblyklik met sy uitkenning
geen fout gemaak
het nie. As sy weergawe die waarheid was, moes hulle hom
doelbewus valslik geïnkrimineer het. Ontleding van hulle getúienis
teen die agtergrond van die omstandighede van die saak en die ander getuienis
op
16
die oorkonde toon dat daardie gevolgtrekking beslis onhoudbaar is. Basies
dieselfde benadering geld ten opsigte van hulle getuienis
sover dit tweede
appellant betrek. Met die verhoorhof se bevinding dat die twee dames goeie en
geloofwaardige getuies was,kan geen
fout gevind word nie.
Eerste appellant is as 'n ongeloofwaardige en
onoortuigende
getuie bestempel, nie op grond van sy
houding nie maar weens die gehalte van
sy getuienis.
Die toevalligheid dat hy tweede appellant baie naby
die
toneel van die voorval sou raakloop onmiddellik na die
voorval, lg se
eienaardige verdriet (wat blykbaar, by
implikasie, die rede was waarom hulle
hand om die lyf
weggestap het) en die afwesigheid van enige
verstaanbare
rede waarom Sarah Taylor en Alima Swanepoêl hom
valslik
sou wou beskuldig, regverdig myns insiens die verhoorhof
se
gevolgtrekking aangaande hierdie appellant. Daar is
ook geen rede om A/0
Morden se getuienis te betwyfel dat
17
hierdie appellant die Sondag in besit van 'n knipmes was wat iets soos 'n
bloedmerk op die lem gehad het nie.
Tweede appellant se getuienis was nog swakker as dié van sy
mede-appellant. Hy kon geen verduideliking verstrek hoe die oorledene
steekwonde
opgedoen het nie. Selfs Cheslan van Rensburg sê dat die oorledene klaar 'n
oop wond op die nek opgedoen het voordat
tweede appellant hom met 'n stuk
baksteen gegooi het. Dít strook met die Staatsgetuienis maar glad nie met
die appellant s'n
nie. En dat iemand die oorledene gesteek het nadat tweede
appellant die toneel verlaat het, is so vergesog dat dit buite rekening
gelaat
moet word.
Net so onwaarskynlik is die bewering hoe die oorledene teen die groot klip
geval het. Daar bestaan geen rede nie om te twyfel dat
hierdie klip jare al by
die mobiele wínkel se hoek gelê het. Skielik lê dit op
hierdie betrokke namiddag op die
teenoorgestelde hoek en
18
oorledene val met sy kop daarteen toe hy, al hardlopend, raakgegooi word.
Tydens betoog voor ons is gewag gemaak van die feit dat
tweede appellant 'n
gebrekkige regterhand het. Hy het egter nooit getuig dat hy nie in staat was om
die klip op te tel nie. Boonop
was sy regterhand sterk en handig genoeg om die
beweerde halwe baksteen op te tel en dit met krag na die oorledene te gooi sodat
lg presies op die kop getref word. Dit synde die geval, is dit nie verbasend nie
dat Dr Barsky gemeen het dat die appellant met die
gekombineerde sterkte van
albei hande en arms die klip sou kon optel. Laastens dien dit gemeld te word dat
tweede appellant ooglopend
teenstrydig en onoortuigend getuig het aangaande die
vraag of sy missiel 'n klip of 'n halwe baksteen was.
Tweede appellant se getuienis is tereg verwerp.
Mat die getuienis van Mary en Cheslan van Rensburg aanbetref hoef min
gesê te word. Mary erken
19
dat appellante by haar aan huis kom kuier het en sy was dus geen onpartydige
getuie nie. Hoe dit ook al sy, Sarah Taylor se bewering
aan haar dat sy niks
gesien het nie was gemene saak en ook aanvaarbaar deur mev Taylor verduidelik.
Wat Alima Swanepoel vir Mary
van Rensburg na bewering vertel het kon, weens
Alima se dood, nie getoets word níe. Cheslan se getuienis bots in
verskeie
wesenlike opsigte nie net met die Staat se getuienis nie maar ook met
tweede appellant se getuienis, veral aangaande die gooi van
die oorledene met 'n
stuk baksteen. Cheslan gaan selfs so ver as om dit as 'n heel baksteen te
beskryf. Laastens is dit ongelooflik
dat Cheslan huis toe sou gehardloop het
presies op die stadium toe die oorledene op die punt daarvan was om tweede
appellant met
'n mes raak te steek.
Na my mening skep die getuienis van die Van Rensburgs geen redelike twyfel
omtrent die
20
aanvaarbaarheid van die Staat se getuienis of die appellante se betrokkenheid
nie.
Die aanvaarde getuienis bewys sonder redelike twyfel dat appellante met die
gemeenskaplike doel opgetree het om die oorledene aan
te val, met direkte opset
om hom te dood. Dit is derhalwe onnodig om die submissie namens tweede appellant
te oorweeg dat die oorledene
reeds deur eerste appellant dodelik verwond was
alvorens tweede appellant die klip op sy kop gegooi het.
Die appèl teen die skuldigbevindings kan derhalwe nie slaag nie.
Sover dit die vraag betref of die doodvonnis die enigste gepaste straf is,
het appellante, wat ten tye van die voorval onderskeidelik
37 en 27 jaar oud
was, albei 'n hele reeks vorige veroordelings wat straf-verswarend werk. Eerste
appellant se kriminele geskiedenis
begin in 1969. vir huisbraak met die
opset
21
om te verkrag en verkragting word hy op sestien jarige ouderdom houe met 'n
ligte rottang opgelê. Tussen 1973 en 1986 word hy
altesaam 15 jaar
gevangenisstraf vir geweldsmisdrywe, oneerlikheidsmisdrywe en sodomie
opgelê. In 1973 word hy vir roof tot
2 jaar gevangenisstraf gevonnis
waarvan die helfte opgeskort is. In 1976 kry hy 4 jaar vir aanranding met die
opset om ernstig te
beseer waar hy ' n byl gebruik het, In 1979, vir 'n
soortgelyke misdryf, hierdie keer met 'n mes, word hy tot 12 maande gevonnis.
Op
twee klagtes van gewone aanranding word hy in 1981 'n boete opgelê. In
dieselfde jaar, ten opsigte van huisbraak met die
opset om te steel en diefstal,
word 3 jaar gevangenisstraf opgelê. In 1986 vind die skuldigbevinding aan
sodomie plaas asook
'n skuldigbevinding aan diefstal. vir die sodomie word hy
tot 4 jaar gevangenisstráf gevonnis en tot 12 maande vir die diefstal.
In
Junie 1989 word hy onvoorwaardelik
22
vrygelaat.
Bo en behalwe sy vorige veroordelings moet in ag geneem word dat eerste
appellant in Maart 1990 - vyf maande voor die onderhawige
misdaad - 'n moord
gepleeg het ten opsigte waarvan hy tot die dood veroordeel is. Op appél
na hierdie hof word die vonnis
verander na 25 jaar gevangenisstraf.
Tweede appellant se loopbaan van misdaad begin in 1977 met 'n
skuldigbevinding aan diefstal. Hy word gewaarsku en ontslaan. In 1981,
ten
opsigte van roof en aanranding met die opset om ernstig te beseer met 'n mes,
word hy houe met 'n ligte rottang opgelê.
In 1982 word hy 12 maande
opgelê op elk van twee klagtes van aanranding met die opset om ernstig te
beseer waarby 'n bottel
en 'n panga onderskeidelik betrokke was. Kort na sy
onvoorwaardelike vrylating in 1983 kry hy 'n boete vir gewone aanranding. Vroeg
in 1984 word hy vir opsetlike saakbeskadiging beboet. Later daardie jaar
23
word 'n opgeskorte boete ten opsigte van opsetlike saakbeskadiging
opgelê. In 1986 word hy 6 jaar opgelê vir huisbraak
met die opset om
te steel en diefstal.
Ook in hierdie appellant se geval is dit nie net sy vorige veroordelings
waarna gekyk moet word nie. Na arrestasie op die onderhawige
aanklag word hy in
November 1990 op borg vrygelaat. Terwyl op borg pleeg hy roof waarvoor 8 jaar
gevangenisstraf in Februarie
1991 opgelê is.
Ander strafverswarende faktore is die feit dat appellante met
dolus
directus
gehandel het en dat die moord 'n lafhartige en uiters wreedaardige
aanval op 'n ongewapende slagoffer behels het en dat appellante
geen werklike
berou getoon of van getuig het nie.
Wat strafversagtende faktore betref, het die verhoorhof in appellante se guns
aanvaar dat hulle inhibisies redelik moontlik deur sterk
drank beïnvloed
kon gewees het, dat hulle onder die indruk was dat die
24
oorledene nog altyd 'n lid van die "Fireboys" was, dat bendemoorde neig om
tot 'n bose kringloop van weerwraakoptrede aanleiding te
gee en dat die
onderhawige moord wel in daardie samehang en op die ingewing van die oomblik
gepleeg is.
In die appèluitspraak in eerste appellant se ander moordsaak word
verwys na 'n erkenning deur hom dat hy deur die oorledene
in daardie saak dood
te maak "revenge gepay" het vir die moord van sy eie broer. Hierdie hof kon in
daardie saak nie die motief vir
eerste appellant se optrede vasstel nie, maar
het aanvaar dat daar onmin tussen hom en daardie oorledene moes gewees het wat
sy oorsprong
gehad het in die rowwe lewensomstandighede in Reigerpark "waar
bendes hoogty vier en die lewe goedkoop is" en waar die appellant
en die
oorledene reeds meer as eenmaal vir mekaar in die gevangenis raakgeloop het. In
die onderhawige geval was die verhoorhof blykbaar
bereid om die feitestelling
wat
25
eerste appellant sé advokaat van die balie gemaak het te aanvaar nl
dat eerste appellant se broer deur 'n "Fireboy" in die
verlede vermoor is. Daar
was egter niks om aan te dui, na my mening, selfs vir doeleindes van 'n
veronderstelling ten gunste van
eerste appellant, dat daar iets persoonliks
tussen hom en die oorledene in hierdie saak was nie of dat hulle ooit mekaar
eers raakgeloop
het nie. Hy kan selfs nie in die lig van die aanvaarde
agtergrond met minder verwyt bejeen word bloot omdat hy vermoed het dat sy
slagoffer 'n "Fireboy" was nie. Dit was ook nie asof hy rede kon gehad het om te
dink dat die oorledene enigiets hoegenaamd met sy
broer se dood te doen kon
gehad het nie.
Die bendekonteks bied tweede appellant ook nie werklike gronde vir versagting
nie. Op sy eie getuienis het jare al verbygegaan sonder
enige moeilikheid tussen
hom en die oorledene en op die dag van die voorval self het geen rusie die
aanval
26
voorafgegaan nie. Die tweede appellant het ook geen aanvaarbare rede gehad om
te dink dat die oorledene steeds 'n lid van die "Fireboys"
was nie.
Wanneer al die bovermelde faktore teenoor mekaar opgeweeg word, is die
doodvonnis in albei appellante se gevalle beslis 'n gepaste
straf. Die feite wat
onder die hoof van strafversagtende faktore bespreek is, kan uit die aard van
die saak min indien enige wesenlike
gewig dra. Hulle vorige veroordelings
bestempel hulle as geharde misdadigers wat geen realistiese vooruitsigte van
rehabilitasie
het nie. Hulle houding word miskien gekenmerk deur die bravade
waarmee hulle na die moord hand om die lyf weggestap het. Die gemeenskap
moet
teen hulle beskerm word. Boonop moet die strafoogmerke van vergelding en
afskrikking van ander potensiële oortreders sterk
op die voorgrond tree,
veral diegene wat bendelede is of deur bendewedywer gemotiveer word.
Appéllante se verfoeilike
27
en genadelose optrede regverdig die gevoltrekking dat hulle daad onder die
uiterste gevalle van moord ressorteer. Ek het tot die gevolgtrekking
gekom dat
langtermyn gevangenisstraf of selfs lewenslange gevangenisstraf nie die reeds
vermelde oogmerke van strafoplegging in hierdie
saak sal dien nie. Die uiterste
vonnis is derhalwe die enigste gepaste straf.
Die appèlle word van die hand gewys.
C T HOWIE,Wn AR
BOTHA, AR ) STEM SAAM
GROSSKOPF F H, AR )