About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 187
|
|
S v Seonyane (150/91) [1992] ZASCA 187 (28 September 1992)
150/91 /mb
IN THE SUPREME COURT OF SOUTH
AFRICA (APPELLATE DIVISION)
In the matter between:
JOHN SEONYANE
APPELLANT
and
THE
STATE
RESPONDENT
CORAM
: E M GROSSKOPF,
KUMLEBEN JJA et, KRIEGLER AJA
HEARD
: 1 SEPTEMBER 1992
DELIVERED
: 28 SEPTEMBER 1992
JUDGMENT
KUMLEBEN, JA
/....
1 .
KUMLEBEN, JA
:
The critical question on the
merits is whether the trial court was correct in finding it proved
beyond reasonable doubt that the appellant
unlawfully killed the
deceased: that his death was not accidental. The main reasons for
this conclusion were that the appellant was
a dishonest witness who
gave a false version of his encounter with the deceased; that certain
facts and probabilities serve to refute
his explanation that the shot
was accidental; and that evidence of Lt van Niekerk was acceptable:
that which related to the distance
from the deceased's head at which
the shot was fired. I have had the advantage of reading the judgment
of my Brother Kriegler in
which these reasons are comprehensively
discussed but am unable to share his conclusion that the court a
quo
was wrong in deciding that the State had proved its case.
2/...
2.
Before looking closely at the
various accounts given by the appellant on what took place, certain
uncontroverted background facts
need to be repeated for the purpose
of perspective.
The deceased was an elderly man,
aged between 60 and 70 years. He suffered acutely from rheumatoid
arthritis in his joints, arms and
right leg; so much so that he had
to use his left arm to lift his right leg in order to seat himself in
a motor vehicle. He could
not shake hands with his right hand without
it causing acute pain. He rose from a sitting position with
difficulty. Changing a wheel
to replace a flat tyre or using a spade
were beyond his capabilities. His nephew, who saw him a month before
his death, described
his condition as very weak and said that he
walked with difficulty. His medical doctor and close friend confirms
this evidence. With
reference to his
3/...
3. patient's health he said: "Ten
tye van die aanval was dit swak. Hy het bale pyn gehad en hy kon nie
sy hande gebruik nie ...
terwyl hy medikasie geneem het, het hy 'n
bietjie verligting gekry en hy kon redelik aangaan, maar andersins
het hy heelwat pyn deurgemaak."
This evidence was unchallenged.
Dr Kemp, who conducted the
post-mortem examination, described the extent of the deceased's
injuries which on the appellant's evidence
must have been sustained
before the deceased entered the kitchen. The doctor found - apart
from the fatal injury bruising or lacerations,
or both, on his lips,
nose, chin, left thigh, mid-thoracic spine and on three fingers of
his left hand. He had a black eye (probably
caused by a blow) and
marked bruisings in the area of the throat as a result, the doctor
said, of his being choked by his assailant.
These injuries were
sustained
4/...
4. during a struggle that took
place between and in front of the BMW motor car and the white Isuzu
truck parked alongside it in the
garage. His injuries are graphically
depicted in a series of coloured photographs handed in as an exhibit.
From them it appears that
particularly the injuries to the nose,
mouth and chin were far from superficial.
There was blood and other signs of
a struggle on the bonnet of the BMW and extensive blood smears on the
side of the truck. On the
rear wall and on other objects next to it
more signs of blood, tissue and hair were found. There was a
substantial amount of blood
on a polystirene box at the rear wall of
the garage. (See Exh B: photos 22 and 23 read with the sketch plan. )
This blood must have
come from his nose and facial injuries, which
would have bled significantly, and such bleeding would have been at a
time when he
was
5/...
5. not in
a standing position - perhaps when the choking took place. This
evidence as a whole shows that: the struggle in the garage
was a
reasonably protracted one, during which the deceased was thrown or
fell against a number of objects. In the course of the encounter
he
lost his glasses. The extent to which he could see without them was
not established but his short-sightedness was such that he
always
wore spectacles. The appellant, by contrast, sustained not a single
injury as a result of his contact with the deceased. The
fight was
entirely one-sided: a life and death struggle, but, to judge from the
injuries, only as far as the deceased was concerned.
The appellant
was 27 years old at the time of the occurrence in August 1989. He was
the shorter of the two, suffered from no physical
disability and at
the time of the trial in March 1991 weighed considerably less than
the deceased but was obviously much fitter and
stronger.
6/...
6.
Against this background I turn to
the appellant's various statements on how the deceased came to be
killed. These were in chronological
order: his confession to the
magistrate on the day of his arrest; his "plea explanation"
on 15 January 1990 in terms of
s 112(1)(b)
of the
Criminal Procedure
Act 51 of 1977
in reference to the counts on which he pleaded guilty;
and his evidence on oath in court at the trial. It is necessary to
quote extracts
from these statements more or less from the time the
deceased came into the garage, with the appellant already there,
until they
passed through the interleading door to the kitchen.
The relevant portion of his
confession, Exh E, reads as follows:
"Terwyl ek nog in die
slaapkamer was ek het
die
vuurwapen in my hand gehou. Ek
sien toe 'n
lig
buitekant.
Ek gaan binne in die garage en kruip
onder die kar weg. Terwyl ek nog
onder die
kar
was het ek geloer en gesien dit is
die man
van
daardie huis. Hy klim uit sy
bakkie uit en
sit
die lig van die garage aan. Nadat
hy die
lig
7/. . .
7.
aangesit het gaan hy terug na sy
bakkie. Hy loop by my verby en sien my. Hy vra toe vir my wat soek ek
daar. Ek wou toe weghardloop.
Hy vang my. Ek het myself losgeruk maar
hy het sy greep bietjie sterker gemaak en gooi my op die kar neer.
Nadat hy my op die kar
gooi val ek met my rug op die neus van die
kar. Ek skop toe met beide voete vir horn. Hy het toe afgeval nadat
ek horn geskop het.
Nadat hy geval het sien hy die vuurwapen onder
die kar en vat dit. Ek het toe ook aan die vuurwapen gevat. Ek en hy
het gestoei oor
besit van die vuurwapen. Hy trek my na die huis toe.
Toe ons by die deur kom wou ek die vuurwapen met my krag wegtrek toe
raak my
vinger aan die sneiler toe is die skoot afgevuur en die koeël
tref. Nadat ek horn geskiet het sit ek die vuurwapen bo-op horn
en ek
het die bakkie gevat om weg te ry. Ek onthou dat ek nie eintlik
bedoel het om die ou man dood te maak nie."
His
plea explanation is to the following effect
"Terwyl ek in die huis was
het ek 'n motor se ligte gesien wat aankom. Ek het toe weggekruip in
die huis. Dit was in sy slaapkamer.
Toe hy inkom het hy onmiddellik
opgemerk dat daar ingebreek was. Dis hoekom hy daardie haelgeweer
gaan vat het. Ek het toe by daardie
selfde venster uitgegaan. Hy het
my gehoor toe ek op die yster geval het. Ek het toe onder sy voertuig
gaan wegkruip. Hy het uit
die huis gekom met die vuurwapen. Toe hy in
die stoor inkom het hy langs my verbygeloop waar
8/. . .
8.
ek gele het. Hy het my toe
gestamp. Ek het toe besef dat hy my klaar gesien het. Ek het toe
vinnig onder die voertuig uitgekom en
het aan die vuurwapen gevat. Ek
het nie daarin geslaag om die vuurwapen in die hande te kry nie. Ons
het toe so gestoei. Op 'n stadium
het hy geval en die vuurwapen het
ook geval.
Ek het toe probeer wegkom. Hy het
my aan my voete gevang en ek het toe geval. Hy het toe weer die
vuurwapen gevat en ons het weer
gestoei. Hy het die vuurwapen aan die
voorkant vasgehou en ek dit aan die agterkant. Ons het so gestoei
terwyl ons aan die vuurwapen
vasgehou het. Hy het my toe in die huis
ingetrek terwyl ons so aan die vuurwapen vas hou. Ek het op 'n
stadium hard geruk aan die
vuurwapen en probeer om dit by horn af te
neem sodat ek daarmee kan weghardloop en die vuurwapen êrens
gaan bêre. Daar
het toe 'n skoot afgegaan toe ek die vuurwapen
se sneller per ongeluk met my pinkie afgetrek het. Hy het toe geval.
Ek het nie gedink
dat hy sou doodgaan nie. Daar was 'n gat in sy
voorkop. Hy het nog 'n patroon in sy hand gehad. Ek het toe bang
geword en gedink
dat hy my ook sal doodmaak. Ek het toe die oubaas se
bakkie gevat om daarmee weg te kom. Terwyl ek so besig is om weg te
gaan met
die bakkie het ek besef dat dit vir my niks sal help om weg
te probeer vlug nie, want gevang sal ek gevang word. Ek sal dan soos
'n haas wees. Ek het nie oubaas opsetlik doodgemaak nie."
In
his evidence-in-chief he said:
9/...
9.
"Die oubaas is toe weer by
die kombuisdeur uit en toe hy uitkom was hy in besit van die geweer.
Die een voor die hof. Hy kom
toe tot voor die voertuig by 'n plek
gemerk "R" en hy kom tot by die plek "L" die plek
"N" langs daardie
plek het hy gekom. Dit is waar ek was en
my voete was nie heeltemal onder die voertuig gewees nie. Hy het toe
teen my gebots en toe
hy teen my bots het ek opgestaan en nadat ek
opgestaan het het ek horn vasgegryp en ek het horn op die grond laat
val. Die vuurwapen
het toe geval op die plek op die plan gemerk "R".
Die oorledene het ook daar langs die vuurwapen geval. Op daardie
tydstip
wou ek weghardloop. Hy het my toe aan my voet gegryp. Nadat
hy my gegryp het het ek geval en ek het toe gesien dat hy weer aan
die
vuurwapen vat. Op daardie stadium het ek omgedraai na die
vuurwapen gegryp en ons het toe oor die vuurwapen gestoei. Hy het my
toe
teen die kar gemerk "N" gestoot en ek het met my rug op
die kar gele. Ek het horn met my voete weggestamp en hy het toe
teen
die rakke wat agter was geval. Hy het daar geval, sy bril het daar
voor horn geval asook die vuurwapen. Ek wou weghardloop,
maar toe ek
weer wou weghardloop het ek gesien dat hy weer aan die vuurwapen vat.
Ons het toe weer albei van ons aan die vuurwapen
gevat en het toe
weer daaroor gestoei. Hy het gebloei, maar ek kon nie vasstel of hy
uit sy neus of waar hy gebloei het kon ek nie
vasstel nie. Ons kom
tot by die voertuig, voertuig gemerk "P". Dit is die wit
bakkie. Hy was vol bloed gewees. Ek het horn
met die vuurwapen daar
vasgedruk en wou die vuurwapen van horn afneem. Hy het my getrek,
10/...
10.
my so getrek totdat ons in die
kombuisdeur ingekom het.
Hoe bedoel u hy het u so getrek,
beskryf dit? --Hy het aan die vuurwapen vasgehou. Hy het my getrek en
ek het ook getrek. Ons is toe
in die kombuisdeur in en toe ons daar
gekom het toe het daar 'n skoot afgegaan."
As regards these explanations, one
notes the following:
(i) Only in his confession does he
acknowledge that he was the one
who brought the shotgun
into the garage. Other evidence
conclusively proves
that he was lying when
subsequently stating that the
deceased
did so.
(ii) The thrust of his evidence is
that he at
all times acted defensively, that
he wished to escape
but was unable to do so and that
he was also unable to
wrest the shotgun from the
deceased. According to his
confession it was only after the
deceased had been
kicked to the ground that he saw
the shotgun lying
under the BMW motor car. It cannot
be seriously
11/...
11 .
suggested that, given his
condition, the deceased would have had the opportunity and agility to
take possession of the fire-arm from
underneath the car and pose a
threat to the appellant without his being able to prevent him doing
so (by overpowering him before
he had taken hold of the gun) or,
alternatively, without his being able to elude him and run away.
(iii) In his plea explanation he
states that at one stage both the deceased and the shotgun fell to
the ground. At this point the
deceased with his infirmities was,
according to the appellant, able to catch hold of the appellant's
foot, prevent him from running
away and take hold of the shotgun
before or at the time the appellant grasped it.
(iv) In his evidence-in-chief he
said that on two occasions the shotgun fell from the deceased's hand.
The second time the appellant
forcibly kicked
12/...
1 2. the deceased against the
racks at the back of the garage and his spectacles were knocked off.
Yet at this stage he would again
have one believe that he was unable
to retrieve the shotgun ahead of the deceased and make off with it.
Alternatively, he could have
simply run away between the vehicles and
out of danger before the deceased would have been able to recover,
pick up the shotgun and
aim it at him.
(v) None of the appellant's
accounts deals with the fact that the deceased at some stage (on the
appellant's version, in the garage)
was choked by him.
(vi) On all versions the deceased
pulled
the appellant into the kitchen. It is to my mind
fanciful to suggest that the infirm and injured deceased would have
been able to
do so had the appellant resisted or really wished to
escape. This he could have done by simply releasing his grip on the
shotgun,
allowing the
13/...
13. deceased to retreat, or more
likely fall back, into the kitchen. The appellant could then have
made his escape before or after
closing the interleading door.
The conclusion is ineluctable that
the appellant has given a false account of what took place in the
garage, which events to my mind
cannot be divorced from the manner in
which, according to the appellant, the actual shooting took place.
Turning to examine more closely
the appellant's evidence of the shooting itself, in his two
extra-curial statements he said in one
that his finger, and in the
other that his little finger, accidentally pulled the trigger. At the
time of his cross-examination,
however, he said that he could not say
what caused the shot to be fired and does not know whether his finger
pulled the trigger.
If his earlier evidence in this regard was
truthful, no sound reason
14/...
14. comes to mind for his
deviating from that explanation.
He proceeded to demonstrate in
court how each of them held on to the shotgun. Seeing the actual
demonstration must have given a more
accurate impression than reading
what was recorded. It appears that the appellant held the gun in a
horizontal position with the
forefingers of his right hand over the
trigger guard and the thumb at the side of the weapon, about three to
four centimetres below
the magazine hand-grip. His left hand was
about in the middle of the weapon so that it, as it were, lay in his
hand. The left hand
of the deceased held the barrel at its mouch and
his right hand was about at the middle of the shotgun. This
demonstration was given
by the appellant when asked how far the
deceased's head was from the mouth of the barrel when the shot went
off.
15/...
15. However, after the
demonstration and its notation, the appellant said that they held the
gun in that manner when they were in
front of the white Isuzu truck.
But there was no mistaking what he was required to demonstrate and
therefore no plausible explanation
of his shift of ground. The
questioning by the court proceeded as follows:
"Wat was julle posisie toe
die skoot afgegaan het? -- Hy was 'n bietjie meer hoêr as ek en
ek was bietjie laer gewees.
Dit het so bietjie opgegaan.
Wat het so 'n bietjie opgegaan? --
Dit is die vuurwapen, dit was op die stadium toe hy met die twee
trappies opgegasn het om in die
kombuis in te gaan.
Was hy bo-op die trappies en u
onder die trappies?
-- Ja.
Toe die skoot afgegaan het, het u
die vuurwapen nog so vasgehou soos u dit nou vashou met die
linkerhand onder in die middel van kolf,
u regterarm, die regterhand
om die sneller en die oorledene in die posisie waarin die adjudant
nou is? -- Nee, ons het dit nie in
hierdie posisie gehad nie.
16/...
16.
Dit is waaroor die hele
demonstrasie gegaan het in watter posisies julle was en hoe julle die
geweer vasgehou het toe die skoot afgegaan
het. Verduidelik weer vir
ons die posisies waarin julle was toe die skoot af gegaan het, as dit
moontlik is? -- Was die vraag nie
gewees dat toe ons die vuurwapen,
altwee van ons die vuurwapen vasgehou in watter posisie was dit
gewees?
Ja, toe die skoot afgegaan het. --
Ja, hy het dit
met sy linkerhand vasgehou.
Wys vir ons hoe? -- So het hy dit
gehad en toe was ek en hy in die kombuis gewees.
Ja, altwee in die kombuis? -- Nee,
ek was buite die kombuis gewees.
Nou u dui nou aan dat die
oorledene met sy linkerhand om die voorpunt van die loop die
vuurwapen vasgeklem het, is dit korrek? (Pratery
tussen beskuldigde
en tolk). Ons sal no daarby kom, ons sal nou daarby kom. -- Ja, hy
het dit so vasgehou.
En hoe het u dit vasgehou? -- Ek
hou dit so met my een hand en ek houvas hier met die een hand om dit
vas te keer en toe ruk ek dit.
U hou die kolf van die geweer -
ja, dit is nou moeilik. U hou u regterhand om die geweer net agter
die spangreep met die vingers onder
die geweer en in 'n posisie
teenaan die gedeelte wat om die sneller loop en u hand is nader na
die loop
17/...
17.
van die geweer vanaf die sneller.
Mnr. Roberts, dit is die beste wat ek kon doen, stem u saam?
MNR. ROBERTS
: Ja.
HOP
: Mnr Treurnicht?
MNR TREURNICHT
: Ja.
HOP
: Nou net u gese dat u
toe met u linkerhand lets, teen lets gedruk het of gegryp net,
waarteen het u gedruk of gegryp? Wat het u met
u linkerhand gedoen?
-- Aan die rnuur vasgekeer.
Is dit nou die muur by die
kombuisdeur? -- Ja.
Hoe hoog was die trappies? -- Dit
is hoog. Dit is twee trappies.
Ja, los vir 'n oomblik, kyk net
hoe u u hand het? Los die vuurwapen vir 'n oomblik en wys vir my hoe
hoog was die trappies?
TOLK
: Die eerste hand wys
na die eerste trappie, die tweede hand wys na die tweede trappie.
HOF
: Die eerste trappie
ongeveer 20 sentimeter hoog. Die tweede trappie 'n verdere 20
sentimeter, stem u saam mnr. Roberts?
MNR ROBERTS
: Ja.
HOF
: Mnr Treurnicht?
18/...
18.
MNR.
TREURNICHT
: Ja.
HOF
: Die totaal 40
sentimeter. Het u nie op enige van die trappies gestaan nie? -- Ja,
ek net op die tweede trappie gestaan.
Was die tweede trappie nou nie
gelyk met die kombuisvloer nie? Bedoel u die eerste trappie? --ek
bedoel die eerste trappie.
En in watter rigting net die loop
van die geweer -in watter rigting was die loop van die geweer toe die
skoot afgegaan net? -- So
was dit gewees. (Getule demonstreer.)
Die loop van die geweer in die
rigting van die oorledene se kop aan die linkerkant? -- Ja.
En was dit ongeveer so ver soos u
nou aandui van die oorledene se kop af ? -- Hy moet nog bietjie die
hand ultstrek. So ver. (Getuie
demonstreer.)
Oorledene het die loop van die
geweer met 'n uitgestrekte linkerarm vasgehou. -- Ja.
Die voorpunt van die loop, dit is
nou belangrik mnr. Roberts en mnr. Treurnicht, kan dit gemeet word?
Die advokate moet my help, as
daar enigiets is, enige suggestie van
hulle kant dat hierdie vertoning nie korrek is of kan wees nie.
U kan die geweer los mnr. Smit.
Laat die beskuldigde net die geweer hou sonder die hulp van die
adjudant. Staan weer voor die beskuldigde.
19/...
19.
Tel die geweer op en wys vir my in
watter posisie die geweer min of meer was toe die skoot afgegaan het
sonder dat die adjudant aan
die geweer vat? --Hy het net so gestaan
en ek trek dit toe na agtertoe.
Vat weer aan die loop adjudant? --
Ja, dit is reg
so.
MNR. ROBERTS
: Plus-minus 60
sentimeter.
HOP
: 60 Sentimeter?
MNR ROBERTS
: 60 Sentimeter.
HOF
: Toe ruk u die
vuurwapen agtertoe? --
Ja, toe
ek dit agtertoe ruk is dit toe
uit sy hand uit en toe dit - ia, toe dit uit sy hand uitkom het daar
'n skoot afgegaan.
Nou wat het van u twee hande
geword toe u die vuurwapen agtertoe geruk het --
Ek het dit met
die een hand getrek.
Ja, ek is jammer u het so gese.
Het u daardie greep bly behou op die vuurwapen of het u hand van
posisie verwissel? -- Die hand het van posisie verander soos wat
ek
daar wys, so het ek weer, toe ek weer vind was my hand daar qewees
waar dit nou is.
Dit is om die qedeelte wat om
die sneller loop
? --Ja." (My emphasis)
20/...
20.
On this version the deceased was
able to retreat backwards up the rather steep steps without mishap
and when the shot was fired the
deceased was holding the barrel with
his injured fingers of his left hand and his arm outstretched. And
according to this demonstration
the appellant had hold of the gun
with only his right hand. When he pulled at the gun in order to force
the deceased to let it go,
this hand changed position in some way and
for some reason ended up over the trigger guard. If this ever
happened, the hand would
have slipped in a normal course over the
trigger guard or, if it did not, the appellant would not, as he
finally said, be at a loss
to know why the shot went off.
As regards this demonstration, M J
Strydom J said in his judgment that: "Sy demonstrasie voor ons
oor hoe hy die vuurwapen vasgehou
het en hoe hy
21/...
21 . verplaas is het aan
geloofwaardigheid mank gegaan. Toe hy self sy hand na agtertoe beweeg
het, het dit geblyk dat sy vingers
nie naby die sneller was nie of
kon gewees het nie." His unimpressive demeanour, the
contradictions and other defects in his
evidence and the
probabilities in my opinion justify this vital aspect of the case.
In the judgment of my Colleague
reliance is placed on the photograph Exh D 15. It is one of a series
taken during a "pointing
out" exercise the day after the
incident and shortly after his confession. The photographs were
handed in by consent although
Warrant Officer Smit, who was present
when they were taken, was later called as a witness. He did not deal
with any of the photographs
forming Exh D. In fact there was no
reference to this photograph D 15 at any stage of the examination of
any witness, and it should
22/...
22.
perhaps be said in favour of the
appellant that he did not confirm its correctness. It shows the
appellant standing inside the kitchen
with his right hand against the
right hand jamb of the interleading door and his right arm crooked
holding the barrel of an imaginary
shotgun. The other person involved
in the demonstration on the photograph is still in the garage, two
steps below the deceased holding
some part of the "shotgun"
with both hands. The caption reads: "Swartman John [the
appellant] wys posisie in kombuis
deur waar oorledene was toe
oorledene die geweer van horn wou afneem." One must infer that
the appellant in the kitchen on the
photograph was representing the
deceased. On this footing the photograph confirms how far-fetched it
is for the appellant to contend
that the deceased dragged him into
the kitchen. The deceased, according to the photograph, would only
have had his
23/...
23.
left arm in a position of limited
traction to pull the appellant through the doorway. The appellant, on
the other hand, with both
hands on the "shotgun", and with
a foot, it would seem, braced against the step, could have resisted
being pulled through
the doorway or, as I have said, he could have
simply let go. Thus, if this photograph is to be regarded as in any
way important,
it does not in my view advance the appellant's case -
on the contrary. Moreover, whatever this demonstration as shown in
the photograph
was intended to depict, it cannot, on the appellant's
evidence, apply to the time when the shot actually went off. The
appellant's
evidence and demonstrations in court, to which I have
referred, are consistent at least to the extent of indicating that at
this
critical time, the deceased held the gun with his
outstretched
left arm, whilst the appellant held it in his right
24/...
24. hand only, with his left hand
placed against a wall.
The court also relied upon the
evidence of Lt van Niekerk relating to tests he carried out to
estimate, with reference to the size
of the wound, the distance at
which the shot must have been fired, that is, the distance from the
muzzle to the fatal injury. His
conclusion based on these tests was
that this distance was two to four metres. Van Niekerk was called as
an expert, and qualified
himself as such. His competence to carry out
such tests was never questioned. In fact the cross-examination on
what I shall refer
to as the "distance tests" was
perfunctory and restricted to the question whether using paper for
the tests is a suitable
substitute for skin and whether the "width"
of the wound was accurately measured. Although these distance tests
called
for expert evidence, they cannot be described as
25/...
25.
abstruse or highly technical.
Self-evidently a shot after leaving the mouth of the barrel, spreads
progressively as the distance increases
but manifestly does not have
the consistency or symmetry of, say, a beam of light. There are
variables which the witness readily
acknowledged in his evidence. No
test shot produces a pattern without some nonconformity due to
stray pellets or the wad of
the cartridge. Nevertheless, in each case
a person with training and experience can take a reliable measurement
of the hole caused
by the shot. By doing so, Van Niekerk found that
in the case of the six test shots fired by him over a distance of .5
metres to 2
metres not one gave a "diameter" measurement as
wide as the wound measured by him. Similarly the somewhat irregular
nature
of the perimeter of the injury would make
exact
measurement of its "diameter" difficult.
26/...
26. If one accepts, as I think one
ought, that the shot was fired at a distance of not less than 2
metres, this evidence standing
alone, refutes the defence raised by
the appellant. I must stress that in my view theoretical
possibilities concerning the manner
in which he conducted these tests
and the recorded results ought not to be used to discredit his
evidence, and certainly not to impute
deception on his part, when
they were never put to him when he was in the witness-box. Moreover,
any criticism of his evidence on
peripheral matters which may be
valid does not appear to me to be significant or detract from his
evidence relating to the distance
tests. He was, for instance,
confused and initially wrong about the number of shots that were
fired. But on my reading of his evidence
in this regard, this does
not justify or support the inference that he was an incompetent or an
evasive
27/...
27. witness.
Van Niekerk said that he found no
particles of the explosive charge from the cartridge on examination
of the skin at the rim of the
wound. A section of skin from that area
was removed and the chemical analysis, according to Van Niekerk,
found no particles on the
skin. When carrying out the distance tests,
particles were found on the paper targets up to one metre but not
beyond that distance.
(At a distance of 1.2 metres and further there
were no sign of particles.) On the strength of this observation and
deduction, the
witness said that the muzzle must have been at least a
metre from the deceased, but he made it clear that in his opinion
this distance
based on this observation did not detract from his
conclusion (not less than 2 metres) based on the distance tests. When
he was recalled
it was put to this witness that
28/...
28. the body had been washed when
the photograph, Exh G, was taken showing him measuring the wound.
This is clearly so, but he could
not remember at what stage the
photograph was taken. He had seen the body at Delareyville, whence it
was first conveyed, and again
at the mortuary in Johannesburg. Dr
Kemp, with 42 years experience in conducting post-mortem
examinations, also said that at the
entrance to the wound there were
no signs of particles, "powder blackening" as he put it,
and he said that he would have
expected to find particles if the shot
was fired at a distance of less than a metre. The correctness of this
evidence was not challenged.
In particular it was not suggested that
these deductions were invalid, in fact futile, because the body had
been washed before the
observations were made. There is no evidence
to show when the body was in fact washed and there was no
29/...
29.
enquiry in this regard. It is
inconceivable that a forensic expert and an experienced pathologist
would take into account the absence
of particles knowing, as they
certainly would have known - if such be the case -that because the
body had been washed particles in
the circumstances could not be
present.
There is to my mind no real need
to rely on this evidence but as a matter of fact it would confirm
that the muzzle was at least a
metre away from the head of the
deceased when the shot was fired. One has the greatest difficulty in
reconciling even this shorter
distance with the appellant's version
or versions to which I have referred. (It also contradicts a
measurement of 60 centimetres
recorded with reference to one of his
demonstrations in court.) At the time the deceased held on to the
muzzle it is most unlikely
that his head would have been more than a
metre away from
30/...
30. it. If the deceased released
his hold on the shotgun and the appellant stepped back before the
shot was fired, I see no reason
- bearing in mind that he was holding
the shotgun with one hand which moved at the critical moment - why
the appellant would have
elevated the barrel as he shot the deceased
in the head.
The trial court after carefully
considering the matter concluded that the death sentence was the
proper one. This court is enjoined
to reconsider this question and to
decide whether this is the sentence it would have imposed. The main
mitigating factors, which
are comprehensively set out in the judgment
on sentence, are the following: The appellant did not set out with
the intention of confronting
the deceased or killing him. His
objective was to enter unoccupied premises and steal. Thus the
situation differs markedly from one
in which an armed intruder
intends to
31/...
31 . murder in order to thieve or
foresees that he might be obliged to do so. Had the deceased not
returned unexpectedly, this offence
would not have been committed.
The assertion of the appellant that he had been underpaid and
therefore exploited by the deceased
was rightly viewed with some
scepticism in the court a.
quo
. However, since there was no
controverting evidence, it was correctly assumed in the appellant's
favour, that he had some sense of
grievance. The aggravating features
are self-evident. As already indicated, there was ample opportunity
for escape and no need to
assault and kill a defenceless, elderly
man. The previous convictions of the appellant do weigh heavily
against him. He has three
previous convictions for housebreaking with
intent to steal and theft. For the most recent of these committed in
May 1986 he received
a sentence of 4 years imprisonment. (An
32/...
32.
additional 18 months were imposed
for being unlawfully in possession of the pistol and ammunition
stolen). He was released on parole
on 25 May 1989 and within 3 months
committed this offence. It is true that the only lengthy period of
imprisonment served - the one
to which I have referred - did not
deter him from his course of misconduct. However, the offences which
he hitherto consistently
committed did not involve violence. After
anxious thought I am not convinced that the rehabilitation of this
comparatively young
man should be ruled out or that the retributive
element of punishment, to which due weight must always be given,
impels one in this
case to impose the death sentence. A substantial
term of imprisonment would, in my view, be an appropriate substitute.
The appeal against the conviction
is dismissed. The appeal against the death sentence on
33/...
33. the
murder charge is upheld. That sentence is set aside and replaced by
one of 20 years imprisonment antedated to the date of
sentence, being
19 March 1991. The sentence on the same day of 8 years imprisonment
in respect of his conviction for housebreaking
with intent to steal
and theft is to run concurrently with this substituted sentence.
M E
KUMLEBEN
JUDGE OF APPEAL
E.M.
GROSSKOPF JA â Concur
Saaknommer 150/91 /al
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
è
LAFDELING)
In
die saak van :
JOHN SEONYANE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: E.M. GROSSKOPF,
KUMLEBEN ARR et KRIEGLER
Wnd. AR
DATUM VAN VERHOOR
:
1 SEPTEMBER 1992
DATUM VAN UITSPRAAK
: 28 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK
KRIEGLER Wnd. AR/
2 KRIEGLER Wnd. AR:
Appellant kom in hoër beroep
teen sy skuldigbevinding op 'n aanklag van moord en 'n doodvonnis wat
hom dientengevolge opgelê
is. Hy het in Maart 1991 voor 'n
regter en assessore tereggestaan op twee aanklagte. Die eerste
aanklag was een van huisbraak met
die opset om te steel en diefstal
deurdat daar op 5/6 Augustus 1989 op die plaas Blyfgerust in die
distrik Delareyville by die huis
van John William Geldart ingebreek
en 'n aantal items gesteel is. Aanklag 2 het appellant dit ten laste
gelê dat hy op dieselfde
tyd en plek vir mnr. Geldart ("die
oorledene") vermoor het. Appellant pleit skuldig aan die
huisbraakaanklag maar onskuldig
aan die aanklag van moord. By sy
verhoor was daar geen ondervraging ingevolge artikel 112(1)(b) of
pleitverduideliking ingevolge
artikel 115 van Wet 51 van 1977 nie.
Dit het egter weldra geblyk dat daar eintlik net een wesenlike
3 geskilpunt was, naamlik of
appellant die oorledene opsetlik dan wel per abuis met 'n haelgeweer
doodgeskiet het. Die verhoorhof
se bevinding was dat die noodlottige
skoot afgevuur is met die opset om te dood. Die kardinale vraag is
nou of die verhoorhof tereg
aldus bevind het. Soja, moet bepaal word
of die doodstraf in die omstandighede die enigste gepaste vonnis is.
Die tersaaklike feiteraamwerk kan,
sover dit die aanloop tot die afvuur van die noodlottige skoot
betref, gebaseer word op die appellant
se relaas. Aangesien slegs hy
en die oorledene ten tyde teenwoordig was, kon die Staat nie sodanige
relaas betwis nie; bowendien
rym dit met die reële getuienis
asook met die waarskynlikhede. Dit is in elk geval nie belangrik of
sy beskrywing van die voorafgaande
gebeure absoluut betroubaar is
nie. (Dit is natuurlik anders gesteld wat betref sy relaas van hoe
die noodlottige skoot afgevuur
4 is. Daarop word later
teruggekom.) Die oorledene, 'n bejaarde artritislyer, het alleen op
die betrokke plaas geboer. Sy woonhuis
was L-vormig met drie
slaapkamers en 'n badkamer, verbind deur 'n gang, in die een been van
die L en woonvertrekke in die ander.
Die kombuis was in die hoek van
die L en is met 'n deur verbind aan die punt van die gang. Teen die
buitemuur van die slaapvleuel
en kombuis was daar 'n groot skuur
aangebou. Die slaapkamer- en badkamervensters en die kombuisdeur het
dus uitgekyk op die binnekant
van die skuur. 'n Aantal voertuie,
diverse gereedskap en boerderybenodighede is in die skuur geberg.
Saterdagaand 5 Augustus 1989
kuier die oorledene tot ongeveer 09h00
by 'n vriend van hom genaamd Engelbrecht op 'n naburige plaas.
Appellant, 'n 27-jarige plaasarbeider
in diens van die oorledene,
neem die geleentheid ten baat om by die plaashuis in te breek met die
oog op diefstal.
5 Hy deursoek die oorledene se
slaapkamer asook die aangrensende slaapkamer. Hy kry geen geld nie
maar in 'n hangkas in die tweede
vertrek vind hy 'n semi-outomatiese
12-boor haelgeweer. Dié neem hy met hom saam toe hy by die
venster uitklim om vanuit die
skuur toegang te verkry na die derde
slaapkamer (die deur daarvan was gesluit.) Hy breek ook by dié
se venster in. Terwyl
hy daarbinne aan 't soek is, gewaar hy die
aankomende ligte van die oorledene se voertuig. Hy klouter weer by
die venster uit, neem
die haelgeweer, wat hy intussen staangemaak het
teen 'n konka in die skuur naby die venster, en versteek hom onder 'n
motorkar wat
in die skuur geparkeer staan. Die oorledene hou met 'n
Isuzu-bakkie agter die motorkar stil en stap na die kombuis. Hy keer.
kort
daarna terug na die skuur, skakel die ligte daarvan aan en
bespeur die appellant onder die motorkar. Daarop raak die twee
handgemeen.
Dat dit 'n
6 betreklik hewige en langdurige
bakleiery moes gewees het, blyk grafies uit foto's van die toneel wat
die volgende dag geneem is.
Dit toon bloedkolle en -smeermerke o.a.
op die vloer voor en langs die motorkar, op 'n plastieksak daar naby
en aan die regtersy
van 'n bakkie wat langs die motorkar gestaan het.
Die oorledene se bril (hy was bysiende) en sy hoed is ook op die die
foto's sigbaar.
By die geregtelike nadoodse ondersoek is daar ook
talle letsels aan die lyk van die oorledene gevind wat dui op 'n
bakleiery. Appellant
daarenteen het geen beserings in die bakleiery
opgedoen nie. Ofskoon hy baie kleiner was as die oorledene (1,65
meter en 51 kilogram
teenoor 1,8 meter en 100 kilogram) het hy by sy
arrestasie slegs 'n oppervlakkige skeurwond aan die linkervoorarm en
'n klein letseltjie
aan die linkerpols getoon; dit was egter nog voor
die bakleiery opgedoen.
7 Op 'n stadium bevind die twee
strydendes hulself in die omgewing van die kombuisdeur. Appellant se
beskrywing van die jukstaposisie
van hulle twee is soos volg: Die
oorledene staan in die kombuis feitlik in die deur na die skuur langs
'n stoof wat net links van
die deur staan; appellant staan op sy
beurt net buite die deur, meer na die linkerkant en op 'n laer vlak;
die twee is rofweg van
aangesig tot aangesig. (Presies hoe ver hulle
uitmekaar was, is van kritieke belang en word later bespreek.) Terwyl
hulle in daardie
posisies is, word die skoot afgevuur. Dit blyk uit
drie foto' s (bewysstukke B25, 26 en 27) dat die skoot skuins van
onder na bo
en effens na regs afgevuur is. Daar is bloed- en
weefselspatsels sigbaar in die linkerkantste boonste kwadrant van die
kombuisdeur
(wat na regs en na binne oopmaak) en haelkorrelgaatjies
en bloedspatsels bo in die regteragterhoek van die kombuis. Die
grootste
8 konsentrasie is teen die
agterste muur maar verder na links en ook aan die regterkant teen die
symuur is daar merke aanwesig. Die
skoot het die oorledene in die
linkeroogkas getref en deur die temporale skedel gedring tot bokant
en net agter die linkeroor. (Dit
blyk uit die geneeskundige getuienis
dat die dood eers 'n wyle later sou ingetree het maar dat die
oorledene terstond onkapabel sou
gewees het.) Die oorledene het voor
die stoof op sy rug neergeval, waarop appellant die haelgeweer bo-op
die oorledene neersit. Hy
slaan toe op die vlug in die oorledene se
Isuzu-bakkie, ry na 'n swart woongebied 'n ent daarvandaan maar
bedink hom en keer terug
na die misdaadtoneel. Hy parkeer die bakkie
weer in die skuur en gooi die sleutels neer. Hy maak hom toe uit die
voete. Vroeg die
Sondagoggend, dit wil
sê 6
Augustus 1989, kom
die oorledene se vriend Engelbrecht af op die lyk waar dit in die
kombuis lê. Die polisie
9 word ontbied en dieselfde oggend
word 'n fotoreeks (bewysstuk B bestaande uit 34 foto's) geneem om
iedere wesenlike waarneming uit
te beeld. Wat die kritieke fase van
die gebeure betref, is bewysstukke B28 to 32 van besondere belang.
Foto
toon plasse bloed bo-op die stoof
en bloedstrepe aan die sykant daarvan naaste aan die deur. Foto
toon die lyk waar dit voor die
stoof lê, plat op die rug met die voete na die deur se kant en
met die haelgeweer, kolf naaste
aan die deur, skuins oor die
linkerdy en onderlyf. Foto 30 is van verder in die kombuis in
geneem, in die rigting van die deur
na die skuur; foto'
s 31
en 32
toon die bebloede kop van die oorledene van naby waar dit in
'n groot plas bloed lê.
Laasgenoemde foto toon ook radiërende bloedspatsels wat daarop
dui dat die oorledene daar neergeval
en bly lê het. Dit toon
ook wydverspreide gestolde bloed oor die hele gesig vanaf die
wenkbroue tot onder die ken, in die
10
mondhoeke en die regteroor asook
op die hempkraag
en die baadjielapelle. Die lyk
word op die toneel
ontklee en na 'n kommersiële
lykhuis op
Delareyville verwyder waar dit 'n
paar dae gehou
word. (Wat uiteindelik van die
klere geword het,
blyk nie uit die oorkonde nie.)
Vroeg die volgende oggend word
appellant
gearresteer. Hy is uit die
staanspoor inskiklik en
maak dieselfde aand 'n betreklik
breedvoerige
verklaring aan 'n landdros te
Lichtenburg
(bewysstuk E). Daarin erken hy
rondborstig die
huisbraak, dat hy die vuurwapen
uit die huis
verwyder het, asook die bakleiery
met die
oorledene. Aangaande die afvuur
van die
noodlottige skoot verklaar hy:
"Ek en hy het gestoei oor
besit van die vuurwapen. Hy trek my na die huis toe. Toe ons by die
deur kom wou ek die vuurwapen met
my krag wegtrek toe raak my vinger
aan die sneller toe is die skoot afgevuur en die koeël tref."
11
Die daaropvolgende dag vergesel hy
'n polisie-
offisier en -fotograaf na die
toneel waar hy
stapsgewys sy handelinge die
Saterdagaand
beskryf en demonstreer. Blykens
die optekening van
die gebeure en meegaande foto's
(bewysstukke C en
D onderskeidelik) was hy weer eens
openhartig oor
die huisbraak, die verwydering van
die vuurwapen en
die bakleiery met die oorledene.
Die notule van
die uitwysing lui soos volg wat
betref die afvuur
van die dodelike skoot:
"Hy wys 'n plek in die deur
aan waar hy en die oorledene om die wapen gestoei het en waar die
skoot afgegaan het."
Op die ooreenstemmende foto
(bewysstuk D15)
demonstreer appellant met behulp
van 'n
polisiekonstabel "posisie in
kombuisdeur waar
oorledene was toe oorledene die
geweer van hom wou
afneem." Aangesien geen
geweer by die demonstrasie
gebruik is nie, is die foto van
die posisies van
die twee betrokkenes en die
mondelinge beskrywing
12
daarvan oneksak. Die foto toon dat
die oorledene binne-in die kombuis gestaan het met sy regterhand teen
die linkerkosyn en die linkerarm
na voor, die elmboog effe gebuig en
die hand geklem in 'n vuis min of meer op die hoogte van die
linkerskouer. Die konstabel, wat
appellant se posisie uitbeeld, staan
in die skuur net buite en effens links van die deur, half skuins met
die linkerskouer teen of
naby die muur, die lyf na regs gedraai en
beide hande op borshoogte naby die kosyn oënskynlik om die
haelgeweer geklem, die
linkerhand nader aan die loop met die handpalm
na bo en die regterhand in die omgewing van die kolf met die kneukels
na bo.
In die loop van die week word die
lyk na Johannesburg vervoer waar dr. V.D. Kemp, 'n senior en hoogs
ervare forensiese geneeskundige,
die oggend van 10 Augustus 1989 'n
outopsie uitvoer. Agt oppervlakkige beserings aan die kop en keel
word waargeneem, die ernstigste
waarvan 'n 1 cm
13
snywond net onder die neusbrug is.
Daar is ook
skaafwonde aan beide hande en 'n
kneuswond aan die
linkerdy en aan die rug. Die
dodelike wond word
in dr. Kemp se verslag (bewysstuk
H) soos volg
beskryf:
"Extending from the middle of
the left eye to the top of the lef t ear is a 13 centimetre deep
groovelike wound which is 4 cms
wide and involves the bone and brain.
At the entrance of this wound there is no sign of powder blackening
or of peppering."
Die afwesigheid van kruitmerke het
mettertyd geblyk
van groot belang te wees. Dr. Kemp
het by die
verhoor soos volg daaroor getuig:
"Particularly
with a shotgun one would expect a large amount of smoke and unburnt
powder to come out of the muzzle of the gun
and this would be
imprinted on the skin of anybody, or anybody's skin who was fairly
close to the gun.
I
would
say it would - depending on the cartridge and depending on the gun -
it could happen up to a metre."
Dr. Kemp se voormelde mening is
gedeel deur 'n
ander deskundige wat voor hom
namens die Staat
getuig het. Hy was luitenant Van
Niekerk van die
14 Suid-Afrikaanse Polisie se
forensiese wetenskaplaboratorium, wie se "pligte behels die
ondersoek van gevuurde koeëls
en doppies, gereedskapsmerke sowel
as alle ballistiekaspekte." Sy getuienis is die spilpunt waarom
die saak draai. Word dit
aanvaar, is die appellant se weergawe van
die afvuur van die skoot buite redelike twyfel vals. Van Niekerk was
naamlik van mening
dat die tromp van die haelgeweer ten tyde van die
afvuur van die noodlottige skoot tussen twee en vier meter van die
oorledene se
kop was. Sodanige bevinding is onbestaanbaar met die
appellant se weergawe dat die skoot afgegaan het toe hy die geweer
met geweld
uit die oorledene se linkerhand geruk het.
Die verhoorhof, wat die voordeel
gehad het om Van Niekerk in die getuiebank waar te neem en te
beoordeel, was beïndruk met sy
prestasie as getuie asook met die
oortuigingskrag van sy mening aangaande die skietafstand. Aangesien
ek ten
15
aansien van beide bevindings tot
'n wesenlik ander
slotsom geraak het, is
breedvoerige motivering van
my siening aangewese. Dit is te
meer gewens
aangesien die verhoorhof hom
besonder sterk
uitgelaat het oor die betrokke
getuie, naamlik:
"Waar veel om deskundige
getuienis draai moet ons in die besonder meld dat luitenant Van
Niekerk 'n indrukwekkende getuie was.
Nieteenstaande sy op die oog af
jeugdige voorkoms het ons nooit die indruk gekry dat hy 'n manhaftige
of "ek is 'n deskundige"
indruk wou skep nie. Hy het sy
getuienis met oortuiging afgelê. Waar kernvrae aan hom gestel
is, het ons die verdere indruk
gekry dat hy nie sonder meer in 'n
antwoord ingehardloop het nie, maar met kundigheid oorweging aan 'n
probleem gegee het."
My huiwering om ten aansien van
die evaluering
van die getuie se betroubaarheid
van die verhoorhof
te verskil, word in 'n aansienlike
mate verminder
deur 'n aantal faktore. Ten eerste
gaan dit nie
primêr om die
geloofwaardigheid van die getuie nie
maar om die betroubaarheid van sy
menings. Daarom
speel die bekende
caveat
teen inmenging met
16
feitebevindings deur 'n verhoorhof
'n mindere rol. Ten tweede, en daarby aansluitend, is hierdie hof nie
noodwendig swakker daaraan
toe waar dit gaan om die evaluering van
die oortuigingskrag van die deskundige se mening nie. Sy houding in
die getuiebank is nou
wel nie onbelangrik nie, maar die inhoud van
wat hy oordra, kan opnuut en met weinig agterstand deur hierdie hof
beoordeel word.
Dit is per slot van sake 'n hof se taak om, met die
hulp van 'n deskundige se voorligting, sy eie konklusie te trek. As
die teoretiese
onderbou van die deskundige se mening twyfelagtig is,
of as die feitebasis daarvan of die toepassing daarvan op die
gegewens onoortuigend
is, sal die hof nie geredelik die leiding
aanvaar nie. Om redes wat ek aanstons verwoord, is die onderhawige
juis so 'n geval. Ten
derde meen ek dat die oorkonde, stom soos dit
is, spreek van aansienlike voortvarendheid aan die kant van die
betrokke getuie. Daar
is ook blyke van
17 ontwykendheid en, wat betref 'n
kardinale aspek, 'n gebrek aan openhartigheid.
Aangesien laasgenoemde faktore 'n
skadu kan werp oor die geheel van luitenant Van Niekerk se getuienis,
bespreek ek dit eerste. Aan
die einde van sy hoofgetuienis word hy
gevra om 'n mening uit te spreek oor die aantal skote wat in die
oorledene se kombuis afgevuur
is. Hy getuig dat hy 'n inspeksie ter
plaatse gedoen het en van mening is dat die korrelmerke teen die mure
en plafon deur 'n ander
skoot veroorsaak moes gewees het as dié
wat die oorledene getref het. Sy heel eerste antwoord in
kruisondervraging lui egter:
"Volgens die verspreiding
hierso moes daar meer as twee skote geskiet gewees het." Die hof
vra hom daarop 'n vraag en hy
korrigeer sy antwoord tot die mate dat
hy sê dat dit baie onwaarskynlik is dat daar minder as twee
skote geskiet is. Twee antwoorde
later bevestig hy in
18 antwoord op 'n leidende vraag
deur die hof dat dit onwaarskynlik is dat dit net deur een skoot
veroorsaak is. Hy beklemtoon daarna
dat die gaatjies teen die muur en
plafon deur een skoot veroorsaak is en die wond aan die oorledene
deur 'n ander skoot. Wanneer
die hof hom dan daarop wys dat daar in
die omgewing van die korrelmerke op die muur ook bloedkolle is en hom
vra of dit nie 'n aanduiding
is dat daar net een skoot was nie,
antwoord hy - na kortstondige weifeling en met oënskynlike
traagheid - dat "... die
moontlikheid bestaan dat dit wel deur
een skoot veroorsaak is." Binne die bestek van 'n dosyn
antwoorde het sy mening dus gewissel
van minstens twee skote na meer
as twee skote, waarskynlik meer as een skoot, en, uiteindelik, tot
die ietwat trae toegewing dat
daar moontlik net een skoot was. Nie
alleen is dit onrusbarend dat hy met soveel stelligheid wedersyds
onbestaanbare menings uiter
nie, maar - wat
19
belangriker is - die eenvoudige
antwoord was uit die staanspoor voor die hand liggend: die
aanwesigheid van bloedspatsels te midde
van die korrelmerke dui
daarop dat daar inderwaarheid net een skoot was. Dat hy ten aansien
van ' n aspek binne sy deskundigheidsveld
so 'n elementêre
vergissing kon begaan en bowendien 'n misleidende mening daaroor
uitspreek, boesem nie juis vertroue in nie.
In plaas daarvan dat hy
die hof met sy gespesialiseerde kennis voorlig, moes die hóm
korrigeer. Dit het ook nie 'n beuselagtigheid
betref nie: die aantal
skote wat afgevuur is, soos Van Niekerk ongetwyfeld moes geweet het,
was van die allergrootste belang gesien
appellant se vroegtydig
geopenbaarde verweer dat daar per abuis ' n enkele skoot afgegaan
het. Dit was dan ook nie toevallig dat
hy die betrokke mening
uitgespreek het nie. Hy is spesifiek daaroor gelei en het 'n
oënskynlik oortuigende antwoord
qua
deskundige
20 verstrek. Was dit nie vir die
waaksaamheid van die voorsittende regter nie, kon appellant
gekonfronteer gestaan het met 'n verdoemende
stuk getuienis. Met
eerbied teenoor die hof
a guo
, wil dít my voorkom 'n
duidelike voorbeeld te wees van iemand wat "sonder meer in 'n
antwoord ingehardloop het"
en wat nie "met kundigheid
oorweging aan 'n probleem gegee het" nie. Selfs ernstiger
kritiek is geregverdig ten aansien
van 'n ander faset van luitenant
Van Niekerk se getuienis, waartoe ek nou oorgaan.
Die afwesigheid van kruitreste in
die omgewing van die skietwond was klaarblyklik van groot belang. Dr.
Kemp noem dit as 'n aanduiding
van die skietafstand; Van Niekerk, wie
se spesifieke opdrag was om daardie afstand te probeer bepaal, het
dit uit die staanspoor
as belangrik beskou. Lank voor hy enige
eksperimente met die vuurwapen gedoen het, ondersoek hy die lyk om
vas te stel of
21
daar sogenaamde "dryfende
partikels" op die vel is.
Hy laat ook by die outopsie 'n
velsnit verwyder met
die oog op chemiese analise
daarvan vir die
aanwesigheid van kruitreste. In sy
hoofgetuienis,
onmiddellik na hy sy mandaat
beskryf het, ontlok 'n
neutrale "Ja?" van die
kant van die staatsadvokaat
die volgende antwoord:
"Ek het die chemiese analis
se verslag beskou wat bepaal het dat daar geen dryfende partikels op
die vel was nie. Ek het self
ook geen partikels op die vel beskou by
die lyk, toe ek die lyk ondersoek het nie en ek het die deursnee van
die gat op die lyk gemeet
en as 50 millimeter gevind."
Vervolgens beskryf hy in sy
hoofgetuienis
sogenaamde afstandtoetse wat hy
met dieselfde wapen
en met ammunisie van dieselfde
tipe uitgevoer het.
Daarby word later stilgestaan.
Kruisondervraging oor die
afstandtoetse word
ingelui met 'n algemene vraag of
Van Niekerk seker
is van sy resultaat. Hy antwoord:
"Indien ons in ag neem dat
daardie afstandtoetse wat ek met die hof behandel het
22
nou daarop dui dat dit meer as 'n
meter is, in die eerste verband, daar was geen dryfmiddel partikels
om die vel gewees nie."
Dat die getuie, wanneer hy om die
betroubaarheid
van sy slotsom gevra word, die
afwesigheid van
kruitreste "in die eerste
verband" noem, is
betekenisvol. Kort daarna voeg hy
by dat hy by die
lykskouing self na die kop gekyk
het en geen
"peppering" of
korrelmerke rondom die wond gesien
het nie. Kort daarna kom die hof
ter opheldering
tussenbei en die getuie antwoord
onder andere soos
volg:
"As ons nie kruitmerke op 'n
bewysstuk kry nie dan is daardie skoot buite die kruitafstand
geskiet. Met ander woorde verder as
die kruitafstand geskiet en ek
het tot op 'n afstand van 'n meter hierdie kruitmerke gekry op die
teiken. Met ander woorde dit is
definitief verder as 'n meter."
'n Rukkie later stel die getuie
dit:
"... in my mening neem ek nie
net die kruitmerke in ag nie, ek neem ook die verspreiding in ag."
In herondervraging voeg die getuie
by dat hy met sy
23
afstandtoetse kruitmerke tot op 'n
afstand van een meter op die teiken gekry het maar nie op 1,2 meter
nie. Hy word dan deurtastend
deur die hof oor ander aspekte ondervra
en word van verdere bywoning verskoon. Hy laat die hof dus met die
indruk dat sy mening aangaande
die skietafstand op twee pote staan,
naamlik die afwesigheid van kruitmerke aan die lyk en die
afstandtoetse. Wat hy nie openbaar
nie, is of die lyk gewas is vóór
hy dit ondersoek het. Dat dit wel gewas is, is eers - toevallig,
terloops en oppervlakkig
- gemeld toe hy later deur die hof herroep
word. Die rede vir sy herroeping dien vermeid te word. Na hy reeds
die eerste keer van
verdere bywoning verskoon is, word die hof bewus
van 'n eedsverklaring deur Van Niekerk ingevolge artikel 212 van die
Strafproseswet
1977 wat suggereer dat sy mening aangaande die
skietafstand ten dele berus op die mening van ene luitenant van Dyk,
die persoon na
wie Van Niekerk
24
die kopvelmonster vir chemiese
ontleding vir die
aanwesigheid van kruitreste
gestuur het. Van Dyk
was nie beskikbaar om te getuig
nie en Van Niekerk
is bygevolg teruggeroep om vas te
stel in hoeverre
Van Dyk se verslag 'n rol gespeel
het by sy
bevinding. Ter ondersteuning van
die
onafhanklikheid van sy eie
konklusie verklaar Van
Niekerk dat sy kollega se verslag
"bloot bevestig
(het) dat daar geen dryfmiddel
partikels op die
kopvel teenwoordig was nie . . .
voor ek sy verslag ontvang het het ek reeds besluit dit is min of
meer daardie afstand. Met die ontvangs
van sy verslag was dit 'n
bevestiging dat dit wel so is ... ek kon op my eie 'n bevinding
gemaak het daar ... dit was vir my ' n
bevestiging gewees. Dit het
nie my, ek sal nie sê dit het my beïnvloed nie." In
antwoord op die Staatsadvokaat benadruk
hy dat
hy self die kopvel besigtig het en
geen "dryfmiddel
partikels" daarop kon sien
nie. Later, toe
appellant se advokaat dit aan hom
stel dat dit uit
sy foto (bewysstuk G) "wil
voorkom" of die lyk
op daardie stadium gewas was,
antwoord hy:
25
"Ek kan nie onthou op watter
stadium ek die foto geneem het nie. Ek het die lyk twee keer beskou.
Ek het dit in Delareyville
beskou sowel as by die lykhuis in
Johannesburg en ek het 'n redelike aantal foto's geneem in albei
gevalle."
Toe hy aanvanklik getuig het, was
daar by hom geen
twyfel dat hy die wondwydte gemeet
het en 'n foto
daarvan laat neem het toe hy die
lyk by die
Staatslykhuis ondersoek het nie.
Hy het trouens
bygevoeg dat hy toe die lykskouing
bygewoon het.
Dit kan moontlik in sy guns
aanvaar word dat hy
tydens sy terugroeping en in die
gouigheid nie kon
onthou waar hy die wondmeting
gedoen en laat
fotografeer het nie. Wat egter nie
deur die
vingers gesien kan word nie, is
dat hy nie antwoord
op die stelling dat dit uit sy
foto "wil voorkom"
of die lyk op daardie stadium
gewas was nie. Die
proposisie is inderdaad te
tentatief gestel:
Vergelyking van die foto's van die
lyk op die
misdaadtoneel (veral bewystukke
B31 en 32), met die
26 foto wat die getuie laat neem
het tydens die
wondmeting, toon duidelik dat ten
minste die kop en nek deeglik gereinig is. Bewysstukke B38 tot 41,
wat volgens die getuienis by
die lykhuis op Delareyville geneem is,
toon dat die reinigingswerk reeds op daardie stadium gedaan is. Deur
wie en wanneer die grieselrige
taak verrig is, welke metodes en
middels gebruik is en wat die uitwerking daarvan op enige kruitreste
kon gewees het, blyk nêrens
uit die oorkonde nie. Wat wel uit
'n vergelyking van die foto's duidelik is, is dat die lyk so deeglik
skoongemaak is dat al die
gestolde bloed in die mond-, neus- en
oorholtes, in die regteroogholte, aan die wenkbroue en hare asook dié
in die nek- en
gesigplooie sorgvuldig verwyder is. Die indruk is
inderdaad dat die professionele lyksbesorgers op Delareyville die
taak met hul
vakkundigheid verrig het. Nietemin meld luitenant Van
Niekerk dit op geen stadium nie. Hy getuig by
27
herhaling dat die afwesigheid van
kruitreste 'n oorweging was by sy afstandbepaling. Hy het immers die
lyk ondersoek vir die aanwesigheid
daarvan juis omdat dit 'n
belangrike aanduider van die skietafstand was. Presies wanneer hy dit
die eerste keer gedoen het, blyk
nie uit die oorkonde nie. Daar kan
egter met vertroue aanvaar word dat hy ingeroep is nadat appellant sy
weergawe van 'n onopsetlike
skoot in die loop van 'n gestoei om besit
van die vuurwapen geopenbaar het. Sy deskundigheid was waarskynlik
spesifiek met die oog
op daardie weergawe ingeroep. Waar hy dan uit
die staanspoor geweet het dat daar inmenging met die
corpus
delicti
was vóór hy dit kon ondersoek, vind ek dit
sinister dat hy dit nooit in sy getuienis noem nie. Nog meer
betekenisvol
is dat hy, toe die reiniging van die omgewing van die
wond pertinent geopper word, dit goedvind om nie dáármee
te handel
nie maar om weg te skram met 'n antwoord
28
betreffende die stadium van sy
besigtiging. Op die gunstigste uitleg vir die getuie het hy die
tydfaktor voorop gestel omdat dit belangrik
was; en die enigste
belang daarvan kon gewees het dat hy die geleentheid gehad het om die
lyk te ondersoek voordat die lykbesorgers
se doenighede die voorkoms
daarvan wesenlik verander het. Daaruit volg 'n aantal noodwendige
afleidings, iedereen in sigself wesenlik
benadelend vir die getuie se
betroubaarheid. Ten eerste beteken dit dat die reiniging na sy mening
belangrik was; anders was daar
geen sin in die suggestie dat hy die
lyk reeds vantevore besigtig het nie. Daaruit volg dit, ten tweede,
dat sy nie-vermelding van
die reiniging as bewustelike verswyging van
'n belangrike omstandigheid aangemerk moet word. Ten derde, en haas
verdoemend vir die
getuie se geloofwaardigheid, het hy klem daarop
gelê dat hy in Johannesburg, ten tyde van die outopsie, gesoek
29
het vir kruitreste en 'n velseksie
laat neem het om die soeke skeikundig te rugsteun. Vir hom, wat meen
dat die reiniging belangrik
was, om dan te verswyg dat die lyk toe as
gevolg daarvan wesenlik anders daar uitgesien het, vertoon so 'n
gebrek aan openhartigheid
dat dit as misleiding getipeer kan word.
Maar al sou ek met sodanige
konklusie fouteer, bly daar 'n belangrike hiaat in die getuienis. By
ontstentenis van enige aanduiding
van die moontlike uitwerking van
die reiniging van die lyk op die bespeurbaarheid van kruitreste moet
daar myns insiens 'n pennestreep
getrek word deur die eerste van die
twee grondslae van luitenant Van Niekerk se bepaling van die
skietafstand.
Die tweede en oorblywende
grondslag moet dan van naderby beskou word. In wese het dit daarop
neergekom dat die getuie die wydte van
die skietwond in die oorledene
se kop by die ingang in
30
die oogkas gemeet het ten tyde van
die lykskouing
in Johannesburg; en toe het hy
proefondervindelik
probeer vasstel op welke afstand
vanaf die tromp
van die betrokke geweer die
korrels van 'n
soortgelyke patroon 'n gat van
dieselfde wydte in
'n papierteiken veroorsaak. Sy
konklusie het hy
soos volg gestel:
"Volgens die afstandtoetse
het ek gevind dat die skoot afgevuur is op 'n afstand van tussen twee
en vier meter, die skoot op
die oorledene."
Die wyse waarop sy getuienis
betreffende die
afstandtoetse aangebied is,
bemoeilik begrip en
evaluering daarvan. Oor sowat
vyf-en-'n-half
bladsye van die oorkonde verstrek
hy, in vraag-en-
antwoord-vorm met verskeie
ekskursies ter
toeligting van aanverwante
aspekte, twee stelle
afmetings, die een in fraksies van
meters en die
ander in millimeters. Ten einde
helderheid te
verkry oor die veeltal afmetings
en - belangriker
31 nog - ten einde die
gefundeerdheid van die getuie se afleiding daaruit sinvol te
beoordeel, moet die data saamgevoeg en in samehang
betrag word. Hy
het altesaam nege skote op afgemete afstande gevuur na papierteikens
wat hy ingedien het as Bewysstukke Fl tot 9.
Die aldus bevonde
gegewens kan soos volg getabuleer word:
BEWYSSTUK SKIETAFSTAND GATGROOTTE
TOENAME
Fl
0,5
m
18-19 mm
F2
1,0
m
22
mm
3-4
mm
F3
1,0
m
23
mm
4-5
mm
F4
1,2
m
25
mm
2-3
mm
F5
1,5
m
40
mm
15
mm
F6
2,0
m
43
mm
3
mm
F7
3,0
m
65
mm
22
mm
F8
4,0
m
74
mm
9
mm
F9
4,0
m
65
mm
0
mm
32
By die blote deurlees van die
tabel val eienaardighede op. By die tromp van die geweer is die
deursnee van die bondel haelkorrels
18 - 19 mm. Oor die eerste 0,5 m
is geen verspreiding waargeneem nie. Die toename in gatgrootte vanaf
'n skietafstand van 0,5 meter
tot 1 meter is 3 tot 5 millimeter. 'n
Toename in skietafstand van 1 meter na 1,5 meter toon 'n toename in
gatgrootte van 17 of 18
millimeter. Tot dusver is daar geen probleem
nie: Die tempo waarteen die korrels versprei, neem toe na gelang
hulle verder van die
geweerloop trek. Gevolglik is die wesenlike
toename in die verspreidingstempo geen grond vir bedenkinge nie. Word
daar egter gekyk
na die verskil in gatgroottes op onderskeidelik 1,5
en 2 meter is die resultaat ooglopend bisar. As die toename in
gatgrootte oor
die tweede 0,5 meter 3 tot 5 millimeter was en oor die
derde 0,5 meter 17 of 18 millimeter, sou 'n toename in gatgrootte oor
die
daaropvolgende 0,5
33
meter van die orde van minstens 30
na 40 millimeter te wagte wees. Dit blyk egter dat die toename slegs
3 millimeter is. Vergelyking
van die gatgroottes op afstande van
onderskeidelik 1, 2, 3 en 4 meter toon dieselfde gebrek aan
patroonmatigheid. Op 1 meter is die
gatgrootte 23 millimeter; op 2
meter is dit 43 millimeter; op 3 meter 65 millimeter en op 4 meter
(eerste meting, bewysstuk F8) 74
millimeter. Oor die eerste meter is
daar ' n toename in gatgrootte van 3 tot 5 millimeter; oor die tweede
meter 'n toename van 20
millimeter; oor die derde 22 mm terwyl die
diskrepansie in gatgroottes tussen skote afgevuur op 3 meter en 4
meter onderskeidelik
slegs 9 miilimeter is. Kenneiik is daar geen
verspreidingskoëffisient uit dié empiriese gegewens af te
lei nie. Inteendeei,
daar is nie aileen 'n afwesigheid van 'n
korrelasie tussen skietafstand en gatgrootte nie maar die gegewens
wil eerder dui
34 op ewekansige verspreiding. As
daar gelet word dat die skoot wat op 3 meter afgevuur is, bewysstuk
F7, en die laaste skoot, wat
op 4 meter afgevuur is (bewysstuk F9),
dieselfde gatgrootte oplewer, word die konklusie van ewekansigheid
bevestig.
Die verhoorhof, wat nie die
voordeel van 'n tabulêre uitbeelding van die gegewens voor hom
gehad het nie, het dit nie opgelet
nie. Terselfdertyd is nóg
die teoretiese grondslag van die eksperiment nóg die metodiek
daarvan werklik ondersoek.
Daar was wel enkele vrae aan die getuie
gestel oor die vergelykbaarheid van 'n papierteiken met ' n mens se
vel en die moontlike
ef f ek daarvan dat die noodlottige skoot skrams
langs en deur die oorledene se skedel getrek het. Of hy, as
ballistikus, bevoeg
was om 'n ingeligte mening uit te spreek oor vrae
met 'n anatomiese komponent, val te betwyfel maar is ongelukkig nie
ondersoek nie.
Maar dit daar gelaat; op die veronderstelling dat
35
hy wel oor die nodige kundigheid
dienaangaande beskik het, is dit opvallend dat daar geen poging was
om die getuie se afleiding uit
die proefneming teoreties te fundeer
nie. Daar was geen suggestie, hetsy teoreties hetsy gebaseer op die
getuie se eie ervaring of
dié van gesaghebbendes op sy gebied,
dat die afmetings wat hy van (meesal) 'n enkele skoot op iedere
afstand geneem het, algemeen
geldige afleidings regverdig nie.
Behalwe vir herhalings op 1 en 4 meter, het hy volstaan met 'n enkele
skoot op iedereen van die
onderskeie afstande. Gesonde verstand noop
die gevolgtrekking dat daar nie van 'n enkele skoot 'n veralgemeende
afleiding gemaak
kan
word nie. Dit sou trouens 'n betreklik
gesofistikeerde statistiese oefening wees om, met die inherent
wisselbare toetsvoorwerpe hier
voor hande, te bepaal hoeveel
replikasies nodig sou wees voordat -indien hoegenaamd - binne
vereiste toleransieperke
36 gesê kan word dat 'n
bepaalde verspreiding aanduidend is van 'n bepaalde skietafstand.
Hier dien beklemtoon te word dat die
oogmerk van die eksperiment nie
was om te bepaal of haelkorrels mettergaan versprei nie. Dit was 'n
bekende gegewe. Die doel was
om te bepaal of daar 'n korrelasie
vasgestel kon word tussen verspreiding, soos gedemonstreer deur die
grootte van die deurgangsgat
in die papier, en 'n bepaalde
skietafstand. Gesien die inherent wisselvallige hoedanighede van én
pluisies én 'n voortsnellende
bondel individuele missiele in
aanraking met mekaar, is dit eenvoudig 'n
non sequitur
om van
'n enkele skoot op 'n bepaalde afstand afgevuur, af te lei dat alle
skote wat dieselfde verspreidingsgrootte toon op dieselfde
afstand
afgevuur is. Om van 'n spesifieke geval universele afleidings te
maak, is immers 'n bekende valse sillogisme. Van Niekerk
se afmetings
hier is 'n
37
sprekende voorbeeld. Net twee
skote veroorsaak gate met dieselfde deursnee (65 mm), naamlik F7 en
F9; die eerste is afgevuur op 3
m maar die tweede op 4 m. Is 'n
verspreiding van 65 mm nou tiperend van 'n skietafstand van die een
of die ander afstand - of van
geeneen van die twee nie? Op die
beskikbare gegewens kan die vraag nie beantwoord word nie.
Daarbenewens blyk dit dat die
getuie die onderskeie gatgroottes bra lukraak gemeet het. In etlike
gevalle kon hy nie bepaal welke
gedeelte van die buitelyn van die gat
deur haelkorrels veroorsaak is nie omdat 'n pluisie (wat tussen die
dryfmiddel en die korrels
in die patroon ingevoeg word en saam met
die korrels by die loop uitgedryf word) die buitelyn geskend het.
Voorts blyk dit dat hy
die sogenaamde "hoofkonsentrasie"
haelkorrels se deurgangsgat probeer meet het sonder inagneming van
perforasies deur afwykende
korrels
38
wat buite die konsentrasie lê.
Tot welke mate aldus afwykende korrels die wondwydte kon beïnvloed
het, bly vanweë
'n gebrek aan desbetreffende getuienis 'n ope
vraag. So ook die vraag of daar enige uitwerking op die
verspreidingspatroon is wanneer
weerstand, soos deur 'n skedel,
plotseling in die vlugbaan kom. Gesonde verstand en elementêre
dinamika wil dit immers hê
dat 'n voortsnellende massa
loodsfeertjies anders reageer wanneer hulle deur 'n vel papier gaan
teenoor wat gebeur waar vel, vleis
en been getref word. Dr. Kemp noem
dan ook die sogenaamde biljartbaleffek waar korrels in hul vlug met
mekaar in botsing kom en nie
alleen elkander se trajek beïnvloed
nie maar ook dié van ander korrels. Daarby aansluitend moet
voor oë gehou word
dat dit uit die staanspoor nie gaan om 'n
enkele projektiel nie maar om 'n groot (onbekende) aantal loodkorrels
wat saam by ontbranding
uit die patroon gedryf word, aanvanklik
39
binne die beklemming van die
pluisie en die loop, en dan versprei na gelang die pluisie oopgaan.
Wanneer en hoe laasgenoemde gebeur,
is volgens Van Niekerk
onvoorspelbaar. Bygevolg is dit begryplik dat die getuie geen
teoretiese of algemeen bevonde empiriese gegewens
oor die
verspreiding van haelkorrels aangebied het nie.
Opsommenderwys kan gestel word dat
luitenant Van Niekerk myns insiens nie alleen 'n onbetroubare getuie
was nie maar ook dat albei
grondslae van sy afstandsberaming
ongefundeer was. Dit synde die geval, meen ek nie dat dit vir 'n hof
beskore is nie om te spekuleer
tot welke mate daar tog op die
wondwydte peil getrek kan word as 'n aanduider van die skietafstand.
Die houdbaarheid van appellant
se verweer moet uitgemaak word sonder
enige inagneming van luitenant Van Niekerk se mening aangaande die
afstand wat daar tussen
die tromp van die geweer en die oorledene se
kop moes gewees het
40
ten tyde van die noodlottige
verwonding.
Daar moet vervolgens ondersoek
word of appellant se weergawe van die omstandighede waarin die
noodlottige skoot afgevuur is andersins
redelikerwys moontlik waar
kan wees. Enersyds is daar 'n aantal kontra-indikasies. Die algemene
indruk wat hy op die verhoorhof gemaak
het, was ongunstig. Ter
motivering word genoem dat hy deurgaans met neergeslane oë
oogkontak met sy ondervraers vermy het en,
ondanks versoeke, volhard
het in 'n sagte en bykans onhoorbare stem. Gesien sy
kultuuragtergrond, sy stand en die benarde posisie
waarin hy homself
by die verhoor bevind het, kan daar egter nie veel gewig geheg word
aan sodanige gedrag nie. Dit is bowendien idiosinkraties
en in
sigself van weining belang. Belangriker is dat hy ten aansien van 'n
wesenlike aspek as leuenagtig bewys is. Dit het betrekking
op die
tydstip en wyse waarop hy in besit van die
41
vuurwapen gekom het. In sy
verklaring aan die landdros die dag van sy arrestasie (bewysstuk E)
en tydens die uitwysings die daaropvolgende
dag (bewysstuk C)
verklaar hy dat hy die geweer uit die hangkas in die tweede
slaapkamer geneem het en dat hy ten tyde van die oorledene
se aankoms
in besit daarvan was. Toe hy nagenoeg vyf maande later ingevolge
artikel 119 van die Strafproseswet 1977 aangesê
word om op die
aanklagte te pleit (bewysstuk A) , meld hy nie dat hy die haelgeweer
hoegenaamd in die huis gesien het nie. Inteendeel,
hy skep die indruk
dat hy dit die eerste keer gewaar toe die oorledene daarmee uit die
huis uitkom kort voor hulle handgemeen raak.
By die verhoor kies hy
'n middeweg. Hy erken dat hy die haelgeweer in die sak in die
slaapkamer gesien het maar volhard in die weergawe
dat dit die
oorledene was wat dit uit die huis uitgeneem het. Sy teenstrydige
erkennings kort na sy inhegtenisname
42
probeer hy uit die weg maak op die
grondslag dat die ondersoekbeampte hom met doodsdreigemente aldus
voorgesê het. Dit is klaarblyklik
vals. Feit van die saak is
dat appellant mettertyd besluit het om sy aanvanklik openhartige
erkenning aangaande die herkoms van die
geweer te plooi om, soos hy
dit ingesien het, sy skuld af te water. Objektief gesproke kom dit
egter nie juis daarop aan hoe hy in
besit van die vuurwapen gekom het
nie. Enersyds kon dit tot sy voordeel wees: hy was eers met die
oorledene handgemeen voor die skoot
afgevuur is en as hy die
oorledene wou platskiet, kon hy dit reeds in die skuur gedoen het.
Andersyds kon hy die oorledene ontwapen
en toe berekend geskiet het.
Nietemin is dit van belang dat die appellant getoon het dat hy nie
huiwer om die waarheid te verdraai
as hy dink dit sal hom pas nie.
Die verhoorhof het twee verdere
teenstrydighede en 'n waargenome onwaarskynlikheid
43
teen appellant se
geloofwaardigheid aangestip. Die landdros voor wie die appellant
bewysstuk E afgelê het, het in die loop van
die inleidende
ondervraging die wond aan sy voorarm aangeteken en gevra hoe hy
daaraan gekom het. Appellant het toe geantwoord dat
' n ruit hom
gesny het toe hy die huisbinnegegaan het. By die verhoor het hy
daarenteen getuig dat die wond opgedoen is toe hy tydens
die
oorledene se aantog by die slaapkamervenster uitgeklim en teen
"ysters" geval het. Daar kan bygevoeg word dat hy tydens
die uitwysing gemeld het dat hy beseer is toe hy die tweede
slaapkamer se venster gebreek het. Alhoewel dit as teenstrydighede
aangemerk
moet word, hang daar egter nie veel daarvan af nie. Geeneen
van die weergawes is vir appellant gunstiger of ongunstiger nie; die
besering hou geen verband met die daaropvolgende gebeure nie;
bowendien was dit so 'n betreklike kleinigheid in die traumatiese
44
gebeure van die betrokke aand dat
'n vergissing
en/of geheuefout dienaangaande
vrywel moontlik is.
Die tweede teenstrydigheid dra
aansienlik meer
gewig. Appellant het tydens die
artikel 119-
verrigtinge die kritieke fase van
die gebeure soos
volg beskryf:
"Hy het die vuurwapen aan die
voorkant vasgehou en ek dit aan die agterkant. Ons het so gestoei
terwyl ons aan die vuurwapen
vasgehou het. Hy het my toe in die huis
ingetrek terwyl ons so aan die vuurwapen vashou. Ek het op 'n stadium
hard geruk aan die
vuurwapen en probeer om dit by hom af te neem
sodat ek daarmee kan weghardloop en die vuurwapen êrens gaan
bêre. Daar
het toe 'n skoot afgegaan toe ek die vuurwapen se
sneller per ongeluk met my pinkie afgetrek het."
In sy hoofgetuienis by die verhoor
beskryf hy die
gebeure soos volg:
"Hy het aan die vuurwapen
vasgehou. Hy het my getrek en ek het ook getrek. Ons is toe in die
kombuisdeur in en toe ons daar gekom
het toe het daar 'n skoot
afgegaan."
Hy word dan deur sy advokaat gevra
om " 'n beter
verduideliking (te) gee oor wat
gebeur het toe die
45
skoot afgegaan het". Hy
antwoord "dit was op die tydstip toe ek dit van hom af geruk
het. Ek weet nie wat gebeur het nie,
of ek dit met my vinger geraak
het, dat 'n skoot toe afgegaan het, ek weet nie." Tydens
kruisondervraging is hy, deur beide
die Staatsadvokaat en die hof,
deurtastend ondervra. Hy is ook aangesê om met die haelgeweer
en met die ondersoekbeampte in
die rol van die oorledene die kritieke
fase van die gebeure te demonstreer. Geoordeel aan die oorkonde van
sy getuienis en die geleerde
regter se beskrywing van die onderskeie
fases van die demonstrasie, was dit betreklik bevredigend. Die
verhoorhof het dan ook slegs
met betrekking tot die verskuiwing van
sy regterhand afkeurende kommentaar daaroor uitgespreek. Wat wel as
'n blyke van ongeloofwaardigheid
aangeteken is, is dat appellant by
die artikel 119-verrigtinge meld dat hy die sneller per ongeluk met
sy pinkie afgetrek het
46
terwyl
hy dienaangaande by die verhoor soos volg
getuig:
"Het u u vinger op die
sneller gehad? â Nee.
Nou hoe het die geweer dan
afgegaan? â Dit was op die tydstip toe ek dit van hom afgeruk het.
Ek weet nie of ek dit met my vinger
geraak het nie. Het u nie die
vuurwapen met u pinkie afgetrek nie? Het u nie die vuurwapen se
sneller met u pinkie afgetrek nie?
-- Dit kan my pinkie wees, want ek
het dit geruk. Maar is u seker daarvan of nie? â Ek is nie seker
nie.
U sien ek vra u vrae, want u
onthou seker op 'n stadium het u in 'n ope hof verskyn en is daar toe
gevra, is u gevra om op hierdie
aanklagte van moord te pleit, onthou
u dit? --Ja.
U sien u het daarso gesê -
edele, ek verwys na, dit het nie bladsynommers nie maar op die
pleitverrigtinge bladsy 2 bo-aan het
u gesê:
"Daar het toe 'n skoot
afgegaan toe ek die vuurwapen se sneller per ongeluk met my pinkie
afgetrek het."
â
Ek weet nie of dit so is nie,
maar dit dui
daarop dat dit die pinkie moet wees.
Nou maar hoekom sê
...(tussenbei). â Wat daarteen geraak het.
Ja, maar al wat ek wil weet is
hoekom sê u vir die landdros u het hom per ongeluk met u pinkie
afgetrek as u nie seker is daarvan
nie?
â
Die rede waarom ek so gesê
het is omdat ek
nie weet wat met die vinger gebeur het nie."
Die verhoorhof merk ook op:
47
"Sy demonstrasie voor ons oor
hoe hy die vuurwapen vasgehou het en hoe sy hand verplaas het het ook
aan geloofwaardigheid mank
gegaan. Toe hy self sy hand na agtertoe
beweeg het het dit geblyk dat sy vingers nie naby die sneller was nie
of kon gewees het nie."
Ofskoon daar substansie is in die
verhoorhof
se voorgaande kritiek, meen ek
nietemin dat dit nie
danig hoog aangeskryf kan word
nie. Appellant en
die oorledene was tot kort voor
die noodlottige
skoot in 'n woeste stryd om lewe
en dood gewikkel.
Fynere besonderhede sou in die
hitte van die geweld
nouliks opgelet word en sou, selfs
kort na die
gebeure, beswaarlik akkuraat
beskryf kon word. Op
die veronderstelling dat appellant
se weergawe van
'n onwillekeurige aftrek van die
skoot waar is, sou
hy beswaarlik met enige mate van
betroubaarheid kon
beskryf hoe hy
per abuis
die sneller getrek het.
Dit lê immers in die
wesensaard van 'n ongeluk dat
die pleger eers agterna besef - of
rekonstrueer -
wat gebeur het. Ek meen dus nie
dat appellant se
48
onvermoë om in die hof 'n
akkurate demonstrasie te kon gee van hoe die sneller afgetrek is,
aanduidend van leuenagtigheid is
nie. Insgelyks meen ek nie dat sy
vermelding van sy pinkie tydens die artikel 119-verrigtinge
noodwendig 'n leuen was nie. Trouens,
as een van die vingers van sy
regterhand per abuis aan die sneller geraak het toe hy met die
regterpalm na onder die geweer gepluk
het, sou sy pinkie die naaste
aan die kolf gewees het. As sy greep op daardie stadium voor die
snellerbeuel was en na agter verskuif
het met die pluk, en sodoende
die sneller afgetrek het, is dit waarskynlik sy pinkie wat daarmee in
aanraking was. Hoe dit ookal
sy, selfs op die veronderstelling dat
appellant tydens die pleitverrigtinge leuenagtig was oor die
spesifieke vinger waarmee die
sneller afgetrek is, tref dit my nie as
'n besonder gewigtige oorweging nie. Seer seker was die aanwysing van
die pinkie nie verontskuldigend
nie.
49
Voordat afgestap word van die
besondere punt moet verwys word na getuienis dienaangaande wat
luitenant Van Niekerk aangebied het toe
hy die tweede keer getuig
het. In antwoord op vrae van die hof meld hy eers dat die betrokke
geweer se sneller met 'n enkelaksie
funksioneer wat ongeveer 4 mm
moet beweeg vir die skoot om afgevuur te word. Vervolgens word 'n
reeks vrae aan hom gestel betreffende
die moontlikheid dat appellant
se vingers as gevolg van 'n plukaksie binne die snellerbeuel kon
gekom het. Op die veronderstelling
dat dit 'n onderwerp was waaroor
die getuie 'n deskundige mening kon opper (waaroor ek my uitdruklik
nie uitlaat nie) noem hy spesifiek
dat 'n kleiner hand wel op dié
wyse met die sneller in aanraking kon gekom het maar word nie gevra
of appellant ('n klein,
skraal mannetjie) se hand in dié
kategorie val nie. Sy mening skakel dus nie die redelike moontlikheid
uit dat dit tog wel
kon
50
gebeur
het nie. Was dit anders, sou ek die mening
met aansienlike skeptisisme bejeën
het.
Skietongelukke waar een of ander
voorwerp die
sneller aftrek is immers
welbekend.
Die enkele
waarskynlikheidsbevinding op grond
waarvan die verhoorhof appellant
se weergawe
verwerp het, is soos volg gestel:
"Ons vind dit hoogs
onwaarskynlik dat die oorledene met die loop van die vuurwapen op hom
gerig daarvoor sou gestoei het. Indien
daar wel 'n stoeiery was sou
mens verwag het dat die oorledene die vuurwapen op 'n ander wyse sou
probeer bekom het as om dit met
die loop daarvan op hom gerig en die
beskuldigde se hand of hande in die omgewing van die sneller weg van
die beskuldigde te trek."
Ek stem nie saam nie en meen
trouens dat 'n
leunstoelbenadering daaruit blyk.
Op die stadium
toe die oorledene in die
kombuisdeur gestaan het,
het hy alreeds 'n gevoelige drag
slae moes verduur;
sy oog is blou ges laan, hy is
gewurg, hy het
diverse kneuse opgedoen, hy het 'n
sny oor die brug
van die neus gehad en hy het 'n
geruime tyd reeds
51
vryelik gebloei, waarskynlik uit
sy neus; hy was in 'n stryd gewikkel met 'n misdadiger in besit van
'n vuurwapen; daarsonder sou
hy die onderspit delf. Ek meen nie dat
dit die oorledene in daardie omstandighede veel sou geskeel het waar
of hoe hy die geweer
beetgehad het nie.
Daar moet vervolgens gelet word op
moontlike aanduidings van die aanvaarbaarheid van appellant se
weergawe. Hieronder is die omringende
omstandighede van belang.
Appellant het nie gegaan om te roof nie maar juis om tydens sy
werkgewer se afwesigheid te kon steel. Toe
hy op heterdaad betrap
word, is hy in besit van die haelgeweer. Op die oorweldigende
waarskynlikhede was dit toe reeds gelaai. Tot
op die tydstip toe hy
en die oorledene handgemeen raak, kon hy hom daarmee bedreig of selfs
platgeskiet het. Hy doen dit egter nie,
selfs op die stadium toe die
oorledene sy bril verloor en te meer weerloos was nie.
52
Appellant se relaas dat hy en die
oorledene in 'n langdurige bakleiery om besit van die haelgeweer
betrokke was, is dus nie onwaarskynlik
nie. Sy beskrywing van hulle
beweging na die kombuisdeur, al worstelende om besit van die
vuurwapen, is eweneens nie onwaarskynlik
nie. Dieselfde geld vir sy
beskrywing van hul jukstaposisie kort voor die skoot afgaan. Die
oorledene se regterhand en arm was as
gevolg van artritis verswak;
dat hy gevolglik die geweer met sy linkerhand sou beetgehad het, is
waarskynlik. Appellant beskryf dat
hy met sy regterhand teen die
deurkosyn in die hoek langs die stoof gestaan het; die bloedkolle op
die stoof en die spatsels langs
die kant daarvan af, staaf appellant
se weergawe. Die ligging van die koeël- en bloedmerke teen die
kombuisdeur en verder agtertoe
in die vertrek staaf appellant se
weergawe dat hy buite die deur en op 'n laer vlak as die oorledene
was. Die rigting van die
53 koeëlwond en die ligging
van die lyk pas ook by appellant se relaas in.
Die reële en
omstandigheidsgetuienis is weliswaar nie onbestaanbaar met die
afleiding dat appellant, terwyl sy slagoffer hulpeloos
in die
kombuisdeur gestaan het, korrel gevat en die fatale skoot afgevuur
het nie. Dit is na my mening egter nie die enigste redelike
afleiding
nie. Inteendeel, daar is bepaalde aanduidings dat appellant se
weergawe ten minste ewe versoenbaar is met die bewese feite.
Hy het
die oorledene nié vroeër doodgeskiet, toe hy stellig die
geleentheid daartoe gehad het nie, maar met handgeweld
geveg. Na die
oorledene deur die skoot neergevel is, volvoer hy nie die diefstal
wat die hele reeks gebeure gegenereer het nie. Selfs
die haelgeweer
laat hy agter en slaan op die vlug. Dít wil daarop dui dat hy
verskrik was; so ook die f eit dat hy later die
nag terugkeer en die
bakkie agterlaat.
54
Sodanige geestestoestand dui
eerder op onbedoelde doodslag as op moord.
Daar moet ook rekening gehou word
met die omstandigheid dat appellant se weergawe aan die landdros die
daaropvolgende Maandagaand
gemaak is sonder dat hy die geleentheid
gehad het om die toneel te bestudeer. Dit is dan betekenisvol dat sy
beskrywing van die bewegings
en posisies van die betrokkenenes
ooreenstem met die reële getuienis. Van minder belang maar tog
nie weglaatbaar nie, is dat
hy die volgende dag 'n sinvolle
rekonstruksie aan die polisie demonstreer. Dit is onwaarskynlik dat
appellant, met sy intellektuele
en opvoedkundige vermoëns, 'n
verdigsel sou kon saamflans wat so volledig versoenbaar is met die
waarnemings op die toneel.
Die noodwendige slotsom is bygevolg dat
daar nie bo redelike twyfel bewys is dat appellant die dodelike skoot
opsetlik afgevuur het
nie.
55
Ondanks voormelde konklusie, is
appellant nie van blaam vry te spreek nie. Die haelgeweer was tot sy
wete gelaai. 'n Woeste gestoei
om besit van 'n gelaaide vuurwapen,
met die tromp gerig op 'n persoon, is inherent gevaarswanger. Die
noodlottige gevolg wat hier
ingetree het, was voorsienbaar. Appellant
se versuim om sodanige gevolg te antisipeer, het kortgeskiet aan die
maatstaf van redelike
versigtigheid. Hy is gevolglik op sy eie
weergawe skuldig aan strafbare manslag.
By die oorweging van 'n gepaste
vonnis is appellant se lys vorige veroordelings van belang. Hy is in
1981, 1985 en 1986 tot termyne
gevangenisstraf gevonnis weens
huisbraak met die opset om te steel en diefstal. By die laaste
geleentheid het hy onder andere 'n
vuurwapen en ammunisie gesteel en
is toe tot altesaam vyf-en-'n-half jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy
is minder
56 as 'n jaar voor die pleging van
die onderhawige misdade op parool vrygelaat. Dit blyk dus nie alleen
dat gevangenisstraf appellant
nie afskrik van misdadigheid nie maar
ook dat hy reeds vantevore met die gereg gebots het weens die besit
van 'n vuurwapen. Op ouderdom
27 moes hy terdeë bewus gewees het
van die gemeenskap se houding teenoor sy afwykende gedrag.
Daarbenewens was die graad van
nalatigheid in sigself sodanig dat 'n
swaar straf aangewese is. Na my mening sal 'n vonnis van sewe jaar
gevangenisstraf in die omstandighede
reg laat geskied aan die
gemeenskapsbelang asook aan die appellant. Daar moet egter rekening
gehou word met die vonnis wat appellant
opgelê is vanweë
die eerste aanklag, naamlik agt jaar gevangenisstraf. Die twee
misdade was tyd- en plekgebonde en het
uit dieselfde reeks gedraginge
ontstaan. Bygevolg meen ek dat dit van pas sou wees om drie jaar van
die vonnisse te laat
57
saamloop, sodat die effektiewe
straf 12 jaar gevangenisstraf is.
Ek sou dus soos volg gelas:
1. Die skuldigbevinding en vonnis
op aanklag 2
word ter syde gestel en vervang
deur 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag met 'n vonnis van sewe
jaar gevangenisstraf.
2. Ingevolge die bepalings van
artikel 280(2) van
Wet 51 van 1977 word gelas dat drie jaar
van
die voormelde vonnis saam uitgedien word met
die vonnis op
aanklag 1.
J.C. KRIEGLER
WND. APP
è
LREGTER