About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 177
|
|
S v Phiri (236/91) [1992] ZASCA 177 (28 September 1992)
SAAKNOMMER: 236/91
MICHAEL PHIRI
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
VAN COLLER, WnAR:
SAAKNOMMER: 236/91 J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
M PHIRI
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: NESTADT, GOLDSTONE, ARR et
VAN COLLER, WnAR
VERHOORDATUM
: 22 SEPTEMBER 1992
LEWERINGSDATUM
: 28 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK
VAN COLLER, WnAR:
Appellant is op 8 Augustus 1990 in die streekhof vir die afdeling
Suid-Transvaal te Johannesburg skuldig
2
bevind aan ontvangs van gesteelde goedere wel wetende dat dit gesteel is. Hy
is op dieselfde dag gevonnis tot agt jaar gevangennisstraf.
Appellant se
prokureur het daarna die volgende stappe geneem: Op 14 Augustus 1990 is kennis
gegee van appél teen die vonnis
na die
Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling. Op 19
November 1990 is 'n gewysigde kennisgewing van appèl afgelewer.
Hiervolgens het appellant ook appèl
aangeteken teen sy skuldigbevinding.
Op 22 November 1990 is 'n aansoek om kondonasie van die laat indiening van die
gewysigde kennisgewing
van appél geliaseer.
Die aansoek om kondonasie en die appèl teen die vonnis is beide op 14
Desember 1990 deur die hof
a quo
van die hand gewys. Hoewel dit nie
uitdruklik so gestel is nie, blyk dit uit die uitspraak dat die aansoek om
kondonasie afgewys is
omdat die hof
a quo
van mening was dat daar nie 'n
redelike vooruitsig van
3
sukses op appèl was nie.
Daarna, en wel op 3 Januarie 1991, het
appellant kennis gegee van 'n aansoek om verlof om na hierdie Hof te appelleer
teen die afwysing
van sy aansoek om kondonasie en ook teen die afwysing van sy
appél teen die vonnis. Hierdie aansoek is op 22 Februarie 1991
deur die
hof
a quo
aangehoor. Nieteenstaande daar in die aansoek uitdruklik gevra
is vir verlof om teen die afwysing van die aansoek om kondonasie te
appelleer,
het die hof
a quo
egter aan appellant verlof toegestaan om teen sy
skuldigbevinding te appelleer. Verlof is ook toegestaan om teen die vonnis te
appelleer.
Benewens die feit dat verlof tot appèl teen die skuldigbevinding nie
verleen kon word nie kon die hof
a quo
in elk geval nie die aansoek om
teen die afwysing van die aansoek om kondonasie te appelleer aangehoor het nie.
Sodanige verlof was
nie nodig nie aangesien appellant 'n reg van appêl na
hierdie Hof gehad het.
4
Sien
S v Absalom
1989(3) SA 154 (A) op 162 B - F.
By die verhoor
van die appèl het Mnr Brandt, wat namens appellant opgetree het, gevra
dat hierdie Hof ingevolge sy inherente
regsbevoegdheid die skuldigbevinding
oorweeg. Hieraan kon nie voldoen word nie aangesien daar geen appèl teen
die skuldigbevinding
voor ons was nie. Mej Coosner, wat namens respondent
opgetree het, het geen beswaar daarteen gehad dat 'n kennisgewing van
appèl
teen die afwysing van die kondonasie-aansoek deur die hof
a
quo
geliaseer word nie, en sodanige verlof is aan appellant verleen. Die
appél is vervolgens voortgesit as 'n appèl eerstens
teen die
afwysing van die aansoek om kondonasie, en tweedens teen die opgelegde vonnis
van 8 jaar gevangenisstraf.
Appellant, wat regsverteenwoordiging gehad het, het in die streekhof skuldig
gepleit op die aanklag van ontvangs van gesteelde goedere
wel wetende dat dit
gesteel is. Daar is ingevolge die bepalings van art
5
112(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("art 112(2)") 'n verklaring, deur
appellant onderteken, ingehandig. Appellant is daarna
skuldig bevind. Die
beoogde aanvegting van die skuldigbevinding is daarop gebaseer dat appellant nie
al die elemente van die misdryf
waaraan hy skuldig gepleit het, in die
verklaring erken het nie.
Dit is eerstens nodig om te verwys na die
aanhangsel tot die klagstaat waarin die volgende bewerings gemaak word.
"ONTVANGS VAN GESTEELDE GOED
Nademaal genoemde beskuldigde gedurende Desember 1989 en te of naby Chiawelo,
Soweto in die Streekafdeling van Suid-Transvaal die
beskuldigde wederregtelik en
opsetlik goedere soos per aangehegte skedule ontvang en in sy besit geneem het,
wetende dat dit gesteel
is."
In die skedule waarna verwys word, word 'n groot aantal juweliersgoedere
uiteengesit met 'n benaderde waarde van
6
R250 000,00. Die verklaring wat deur appellant onderteken en ingevolge die
bepalings van art 112(2) ingehandig is, lees soos volg:
"PLEIT INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51 VAN 1977
Ek Michael Phiri wens skuldig te pleit aam die misdryf van ontvangs van
gesteelde goed en wens in die verband die volgende verklaring
te maak.
1. Gedurende Desember 1989 was ek deur 'n vriend, Abdul Latiff genader, hy het
my gevra of ek juwele namens hom sou verkoop. Hy het
eers in 'n grap gesê
die goed is gesteel ek het hom toe nie geglo nie en ingestem aangesien ek
kommissie daaruit kon verdien
en aangesien ek in die verlede al goed vir hom
verkoop het wat heeltemal wettig was.
2. Toe Latiff die juwele bring het ek dadelik besef dit is gesteel maar ek het
dit in ontvangs geneem en vir hom 'n koper daarvoor
gekry. Die waarde
van die juwele was plus-minus R90 000 gewees ek het kommissie van R7 500
ontvang.
3. Ek het besef my optrede is verkeerd en
dat dit onwettig was. Die
versoeking
was egter te groot en ek het
geswig.
7
4.
Ek is baie jammer oor wat
gebeur het en het 'n duur les geleer en sal my in die toekoms weerhou van sulke
optrede.
5.
Die pleit en verklaring is
vrywillig deur my gemaak en geen druk is hoegenaamd op my uitgeoefen
nie.
GETEKEN te JOHANNESBURG op die 8ste Augustus
1990.
M PHIRI"
Daarna is die verklaring soos volg aangevul:
"6. Die juwele waarna ek in paragraaf 2 hierbo verwys is die juwele soos
uiteengesit in skedule 1 tot aanhangsel 'A' tot die klagstaat.
7. Ek het 'n koper gevind vir al die juwele en dit is verkoop vir R90 000 ten
aansien waarvan ek die R7 500 kommissie ontvang het.
8. Tydens my arrestasie was voormelde juwele nie meer in my besit
nie.
GETEKEN te JOHANNESBURG op die 8ste Augustus 1990
M PHIRI" In sy uitspraak verwys die streeklanddros na die
8
verklaring en sê dat hy oortuig is dat appellant se skuld behoorlik
erken is.
In appellant se gewysigde kennisgewing van appèl word die
tersaaklike grond van appèl soos volg uiteengesit:
"Die agbare landdros het fouteer deur te bevind:
(iii) Dat die appellant se pleitverduidelik-ing ingevolge Artikel 112(2) van Wet
51 van 1977 erken, alternatiewelik voldoende is
om te bevind dat die goedere
'gesteelde goedere' is soos regtens vereis word."
Net soos die
streeklanddros in sy aanvullende redes, verwys die hof
a quo
in sy
uitspraak na die volgende gedeelte van paragraaf 2 van appellant se
verklaring:
"Toe Latiff die juwele bring het ek dadelik besef dit is gesteel ..."
Met die verwysing na hierdie gedeelte van die verklaring
9
word te kenne gegee dat appellant 'n tweeledige erkenning gemaak het,
eerstens dat die goedere gesteelde goedere is en tweedens, dat
hy geweet het dat
dit gesteelde goed is.
Dit is deur Mnr Brandt aangevoer dat hierdie gedeelte in die verklaring slegs
na die
mens rea
element verwys. Indien die bedoeling was, aldus die
betoog, om oor te dra dat die goedere werklik gesteelde goedere was sou die
verklaring
nie so bondig gewees het nie en sou dit gelui het dat "... die
goedere was gesteel" of "... ek erken die goedere was gesteelde goedere".
Dit is
ook aangevoer dat die woorde "... het ek dadelik besef dis gesteel" nie vertolk
kan word om 'n tweeledige erkenning te bevat
nie. Daar is in hierdie verband
aangevoer dat 'n wesenlike element nie by wyse van afleiding erken kon word nie
en daar is gesteun
op S
v Londi
1985(2) SA 248 (OK) op 250 H - J.
Ek kan nie met hierdie argument akkoord gaan nie.
10
Ingevolge die bepalings van art 112(2) kan 'n beskuldigde skuldig bevind word
op grond van sy verklaring indien die hof oortuig is
dat hy skuldig is aan die
misdryf waaraan hy skuldig gepleit het. Die artikel verg dat die feite wat erken
word in die verklaring
uiteengesit word. Die hof kan dus slegs oortuig wees van
die beskuldigde se skuld indien die feite wat in die verklaring vermeld
en erken
word, al die elemente van die misdaad waaraan hy skuldig pleit, insluit. Die
misdaad waaraan appellant skuldig gepleit het,
is ontvangs van gesteelde goed
wel wetende dat dit gesteel is. Daar moet dus erkende feite in die verklaring
wees dat appellant goedere
ontvang het, dat dit gesteelde goedere is en dat hy
geweet het dat dit gesteelde goedere is. In die verklaring sê appellant
dat hy juwele wat Latiff gebring het, in ontvangs geneem het. Hy sê ook
dat hy dadelik besef het dat dit gesteel is. Ek stem
saam met die betoog van
Mej
11
Coosner dat indien aan die woorde hul gewone betekenis gegee word daar
inderdaad twee erkennings gemaak word. Daar word erken dat
appellant geweet het
dat die goedere gesteel is en dat dit gesteelde goedere is. Appellant kon
sekerlik in sy verklaring die feite
wat hy wou erken meer volledig uiteengesit
het. Die feit dat dit op bondige wyse gedoen is, beteken egter nie dat daar nie
aan die
bepalings van art 112(2) voldoen is nie. Dit bring ook nie mee dat die
streeklanddros vrae ter opheldering moes vra nie, veral nie
waar appellant
regsverteenwoordiging gehad het nie.
Die bevinding dat appellant erken het dat die goedere wat hy ontvang het
gesteelde goed is, word ook nie by wyse van afleiding bereik
nie. Die betekenis
van die woorde wat gebruik is laat geen twyfel dat hy bedoel het om so 'n
erkenning te maak nie. Dit is ook die
duidelike strekking van die verklaring as
geheel.
Daar was geen vooruitsig van sukses op appél teen
12
die skuldigbevinding nie en die aansoek om kondonasie is tereg deur die hof
a quo
van die hand gewys.
Wat die vonnis betref het Mnr Brandt
aangevoer dat dit onredelik swaar is, en dat die streeklanddros hom ook in
sekere opsigte wanvoorgelig
het. Alvorens hierdie aspekte oorweeg word is dit
nodig om kortliks na die persoonlike gegewens van appellant te verwys.
Appellant,
wat ten tye van die verhoor 34 jaar oud was, het tot standerd 8 op
skool gevorder. Sy vrou is 'n onderwyseres en hulle het drie kinders.
Appellant
het komberse op 'n vryskut-basis verkoop wat hom 'n inkomste van ongeveer
R2000,00 per maand besorg het. Hy het ook vrugte
verkoop wat sy inkomste met
ongeveer R600,00 per maand aangevul het. Appellant het 'n aantal vorige
veroordelings wat vanaf 1972
dateer. Die meeste van hierdie vorige veroordelings
is ten opsigte van dief stal. Hy is in 1975 ook aan roof skuldig bevind. Dit
kan
verder vermeld word dat hy op 20 September 1978
13
tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir poging tot diefstal. Die bedrag
wat by die misdryf betrokke was, is slegs R30,00 en dit
kom vreemd voor dat so '
n swaar vonnis opgelê is. Op 10 Februarie 1984 is appellant veroordeel tot
2 jaar gevangenisstraf
vir diefstal van klerasie. Hy is op 9 Augustus 1985 uit
die gevangenis vrygelaat. Die onderhawige misdaad is gepleeg gedurende Desember
1989.
Mnr Brandt het aangevoer dat die streeklanddros se bewering dat indien dit
nie vir die ontvangers van gesteelde goed was nie, diefstal
nie so hoogty sou
vier in die regsgebied van die Streekafdeling van Suid-Transvaal nie, 'n
wanvoorligting is. Hoewel so 'n veralgemening
liefs vermy kon gewees het, is ek
nie oortuig dat die streeklanddros 'n mistasting begaan het nie. Vergelyk
Rex
v Naicker
1950(3) SA 721 (A) op 722 A en
R v Sonday
1954(4) SA 487
(A) op 489 D - H. Dit is egter nie nodig om verder op hierdie aspek in te
gaan
14
nie want dit blyk nie uit sy uitspraak dat die streeklanddros se oordeel deur
hierdie siening vertroebel is nie.
Appellant het in sy getuienis ter versagting getuig dat hy nie die indruk
gekry het dat die goedere hier in Suid-Afrika gesteel is
nie. Dit is aangevoer
dat in die lig van hierdie getuienis dit 'n mistasting aan die kant van die
streeklanddros was om die hoë
voorkoms van diefstal in die regsgebied van
die Streekafdeling van Suid-Transvaal in aanmerking te neem. Dit is na my mening
geen
mistasting nie. Die misdryf waaraan appellant skuldig bevind is, is gepleeg
in Soweto, binne die regsgebied van die betrokke streefhof.
Die misdade van
diefstal en ontvangs van gesteelde goedere is verwante misdade, en al sou die
goedere buite Suid-Afrika gesteel gewees
het, sou dit nie verkeerd wees om die
veelvuldige voorkoms van diefstal in die streekgebied van Suid-Transvaal in
aanmerking te neem
15
nie. Die afskrikkingsdoeleinde van straf is ter-saaklik en is nie
oorbeklemtoon nie.
Mnr Brandt het verder aangevoer dat die versoeking waaraan
appellant onderhewig gestel is nie na behore deur die streeklanddros in
aanmerking geneem is nie. Appellant het ten tye van die pleging van die misdaad
'n goeie inkomste verdien en in al die omstandighede
van hierdie saak is daar
van 'n versoeking met strafversagtende werking weinig sprake.
Mnr Brandt het ook verwys na die streeklanddros se opmerking dat hy appellant
beslis baie ligter straf as wat hy sou gedoen het indien
dit nie was vir die
feit dat hy skuldig gepleit het nie. Alhoewel hierdie opmerkings ook gemaak is
met verwysing daarna dat aanvaar
word dat appellant berou het, kan dit
aanleiding gee tot 'n verkeerde aanname. Dit kan die indruk wek dat 'n pleit van
onskuldig
tot 'n swaarder straf kan lei, en daarteen moet gewaak word. Sien
Suid-
16
Afrikaanse Strafproses
, vierde uitgawe deur
V G Hiemstra
op
bladsy 594. Hoewel 'n mens met 'n mate van huiwering wonder wat die straf sou
gewees het indien appellant onskuldig gepleit het,
is appellant egter nie deur
hierdie ongelukkig opmerkings benadeel nie.
Na my mening is dit nie aangetoon dat die streeklanddros in enige wesenlike
opsig 'n mistasting begaan het nie.
Ten slotte is dit nodig om te oorweeg of die opgelegde vonnis skokkend swaar
is. Soos reeds genoem, het die waarde van die goedere
R250 000,00 beloop. Dit
blyk uit die skedule tot die klagstaat waarin die goedere in dertig
onder-afdelings uiteengesit is, dat hier
'n groot getal juweliersgoedere ter
sprake was. Daar was, om slegs na twee onder-afdelings te verwys, 32
diamantringe en 71 diamanthangertjies.
Die goedere is deur appellant verkoop vir
R90 000,00. Die landdros het in appellant se guns aanvaar dat hy nie geweet
het
17
wat die werklike waarde van die goed was nie. Die polisie het die goedere
teruggekry maar dit het nie gebeur as gevolg van appellant
se toedoen nie.
Appellant het hom in die verlede verskeie kere aan diefstal skuldig gemaak en
alhoewel die opgelegde vonnis 'n swaar
vonnis is, kan dit nie bestempel word as
'n vonnis wat deur geen redelike hof opgelê sou gewees het nie. Daar kan
dus nie met
die vonnis ingemeng word nie.
Die appèl teen die afwysing van die aansoek om kondonasie van die laat
wysiging van die kennisgewing van appèl asook
die appèl teen die
vonnis word van die hand gewys.
A P VAN COLLER MAARNEMENDE APPèLREGTER
NESTADT, AR)
STEM SAAM GOLDSTONE, AR)