S v Bezuidenhout (588/91) [1992] ZASCA 176 (28 September 1992)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against death sentence — Appellant convicted of murder, arson, robbery, kidnapping, and rape — Appeal limited to death sentence — Evidence presented showed appellant and accomplice acted with common purpose in committing the crimes — Appellant's claim of being an innocent bystander rejected — No reasonable possibility that belief in witchcraft mitigated culpability — Death sentence upheld as appropriate given the heinous nature of the crimes.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 176
|

|

S v Bezuidenhout (588/91) [1992] ZASCA 176 (28 September 1992)

Saak nr 588/91 E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
DAVID NDABAYACKHE BEZUIDENHOUT
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram:
BOTHA, F H GROSSKOPF ARR et VAN COLLER Wnd AR
Verhoordatum:
Lewerinqsdatum:
15 September 1992. 28 September 1992
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Die appellant is in die Rondgaande Plaaslike
Afdeling vir die Suidelike Distrikte in Natal deur Booysen, R en twee assessore
aan die
volgende misdade skuldig bevind, nl moord, brandstigting, roof met
verswarende omstandighede, ontvoering en verkragting. Die appellant
is die
doodvonnis vir die moord opgelê, en 'n verdere effektiewe vonnis van 30
jaar gevangenisstraf vir die ander vier misdade.
Die appél is slegs teen
die doodvonnis, en wel met verlof van die verhoorhof.
Die oorledene was 'n induna in diens van 'n sekere mnr Mackenzie op sy plaas
in die Ixopo distrik. Ten tyde van die pleging van die
moord het die oorledene
se niggie, Bongiwe Mchunu, en sy nefie, Sifiso Mchunu, by hom op die plaas
gekuier. Bongiwe was destyds 18
jaar oud, terwyl Sifiso 15 jaar oud was en in
standerd 6 op
3
skool. Gedurende die aand van Saterdag 17 Junie 1989, en terwyl die
oorledene saam met sy niggie en nefie in sy hut op die plaas was,
het die
appellant en sy jonger broer, Shobani, aan die deur geklop en by die hut
ingeloop.
Beide die appellant en sy jonger broer het ook vroeër op
daardie plaas vir Mackenzie gewerk en hulle en die oorledene het mekaar
geken.
Dit blyk uit die appellant se getuienis dat hy kort tevore uit Mackenzie se
diens getree het. Hy het getuig dat hy bedank
het omdat sy loon ontoereikend
was. Hy het uitdruklik ontken dat daar enige probleme tussen hom en Mackenzie of
enigeen van die induna's
was. Dit is die appellant se getuienis dat hy die
oorledene die betrokke Saterdagaand besoek het om 'n bedrag van R42 te gaan haal
wat die oorledene hom na bewering geskuld het. Volgens die appellant het hy
ongeveer 'n maand tevore 'n hoender vir R8 by die oorledene
gekoop, maar het die
oorledene nie destyds kleingeld vir die R50-noot gehad waarmee hy hom
4
betaal het nie. Die appellant se verweer by die verhoor was dat sy jonger broer
die oorledene vermoor en beroof het, terwyl hy slegs
'n onskuldige bystander
was. Die verhoorhof het die appellant se weergawe verwerp en bevind dat hy en sy
jonger broer inderdaad met
gemeenskaplike oogmerk opgetree het toe hulle die
roof en moord gepleeg het.
Die getuienis van die appellant dat daar destyds geen probleme tussen hom en
Mackenzie of enigeen van die induna's bestaan het nie,
staan in skrille kontras
met die aantygings wat die appellant die betrokke Saterdagaand gemaak het toe hy
die oorledene se hut binnegekom
het. Volgens die getuienis van Bongiwe Mchunu
het die appellant daardie Saterdagaand beweer dat hy vir 'n tyd lank vir
Mackenzie
gewerk het, maar dat hy nie betaling ontvang het toe sy diens
beëindig is nie. Dit is Bongiwe se getuienis dat die appellant
toe daar en
dan betaling van die oorledene geëis het. Dit blyk verder uit Sifiso Mchunu
se getuienis dat die appellant
5 inderdaad daardie aand vir die oorledene van
toordery beskuldig het, en dat dit die basis was waarop hy die ooriedene, wat
nie sy
werkgewer was nie, vir sy beweerde agterstallige loon aanspreeklik
probeer hou het.
Bongiwe het getuig dat sy nóg die appellant nóg sy metgesel
geken het. Sy het die appellant se bewering dat hy en sy
'n liefdesverhouding
gehad het, nadruklik ontken. Volgens haar getuienis het die appellant se jong
metgesel daardie aand ongeduldig
begin raak toe die oorledene nie dadelik aan
die appellant se eis om betaling gehoor wou gee nie, en het hy die ooriedene se
hande
agter sy rug vasgebind en hom beveel om op die vloer te kniel. Die
appellant het toe vir die oorledene gevra waar die "muti" is wat
hy by die
beoefening van sy toorkuns gebruik. Die oorledene het nie enige "muti" gehad nie
en Bongiwe het toe maar 'n bottel medisyne
en biare wat sy vir haar tante
saamgebring het, voor die oorledene neergesit. Die appellant se metgesel het die
oorledene gelas om
die medisyne te drink, maar
6
voordat hy dit nog kon doen, het hy die oorledene geskop sodat
hy plat op sy maag val. Nadat hy Sifiso aan die bed vasgemaak het,
het die
appellant se metgesel die oorledene verder geskop totdat dit voorgekom het asof
hy bewusteloos was. Toe dit later lyk of
die oorledene bykom, het die appellant
se jong metgesel geld by die oorledene geëis. Die oorledene het vir Sifiso
gesê
om die geld onder die matras uit te haal, wat hy toe gedoen het. Die
appellant en sy metgesel het die geld getel en elkeen het R350
gekry. Daarna het
die metgesel weereens vir die oorledene geskop, en hom ook met 'n skerpgemaakte
yster bo in sy linkerbors gesteek.
Op daardie stadium het die appellant Bongiwe na buite geneem en haar verkrag.
Toe hulle weer die hut binnekom, het Bongiwe opgemerk
dat al die oorledene se
huishoudelike ware op die vloer in die middel van die hut lê. Sy het ook
gesien dat die oorledene en
Sifiso beide geblinddoek was. Daarna het die
appellant se metgesel vir Bongiwe na buite geneem en haar verkrag. Toe
hulle
7 later die hut binnegaan, het die metgesel die oorledene vir 'n tweede
maal met die skerpgemaakte yster in sy linkerbors gesteek.
Die appellant het
daarop vir Bongiwe gelas om haar eie besittings, sowel as die goedere wat in die
middel van die hut bymekaargemaak
was, na buite te dra. Die appellant het toe 'n
blik met brandende kole buite gaan haal en in die hut ingebring. Hy het komberse
oor
die oorledene geplaas, 'n 5-liter houer met paraffien geneem en vir Sifiso
beveel om die paraffien oor die komberse te sprinkel.
Sy metgesel het die
oorblywende bietjie paraffien oor die vuur gegooi en hulle gelas om die hut te
verlaat. Nadat hulle uit is, het
die appellant die deur van die hut toegemaak.
Toe hulle daarvandaan wegstap, moes Bongiwe en Sifiso al die besittings wat
hulle so
pas uit die hut gedra het, verder met hulle saamdra. Volgens Bongiwe se
getuienis het die appellant daarna twee maal na die oorledene
se hut
teruggekeer. Sy weet nie waarom hy die eerste keer terug is nie, maar die tweede
keer was nadat hulle die
8
oorledene om hulp hoor skreeu het. Die oorledene het later weer
geskreeu, waarop die appellant se metgesel na die hut teruggegaan
het met die
opmerking dat hy die oorledene van kant gaan maak.
Mackenzie het die oorledene se verbrande liggaam later die aand 'n paar meter
buite die hut gevind. Die distriksgeneesheer wat die
lykskouing gedoen het, het
vier steekwonde in die oorledene se bors en een in sy nek gevind. Sy dood was te
wyte aan twee steekwonde
wat to in sy hart gestrek het. Daarbenewens was daar
tweede en derde graadse brandwonde oor sy hele liggaam, wat in elk geval sy
dood
sou veroorsaak het. Die distriksgeneesheer het gevind dat die oorledene rook
ingeasem het, wat beteken dat hy nog gelewe het
toe hy aan die brand gesteek
is.
Nadat hulle by die oorledene se hut weg is, het die appellant inderdaad vir
Bongiwe en Sifiso ontvoer, maar Sifiso het later daarin
geslaag om te ontsnap.
Bongiwe was egter vir etlike dae deur die appellant in 'n
9
bos aangehou
waar hy haar verskeie male verkrag het.
Sifiso se weergawe van die gebeure
die Saterdagaand by die oorledene se hut kom in wese ooreen het dié van
Bongiwe. Oor sekere
aspekte stem hulle getuienis egter nie ooreen nie. Hulle
getuienis verskil wat betref die appellant se aanvanklike opmerkings toe
hy die
hut binnegekom het. Dit is Sifiso se getuienis dat die appellant die oorledene
met die intrap daarvan beskuldig het dat hy
toordery by die werk beoefen het,
dat dit meegebring het dat die appellant se mede-werknemers hom begin haat het,
en dat dit uiteindelik
tot sy ontslag gelei het. Volgens Sifiso het die
appellant verder beweer dat daar 'n verkleurmannetjie oor hom geloop het, en dat
dit 'n bevestiging van die toordery was. Daarop het die appellant, volgens
Sifiso, vir die oorledene gevra om hom sy uitstaande loon
te betaal. Toe die
oorledene antwoord dat hy niks van daardie geld weet nie, het die appellant sy
metgesel gelas om die oorledene
vas te maak, waarop die appellant die oorledene
beveel
10
het om sekere medisyne te lek wat hy na bewering vir sy
toordery gebruik.
Die getuienis van Sifiso verskil ook van dié van
Bongiwe vir sover dit die onderskeie rolle van die twee aanvallers betref.
Sifiso ken 'n groter rol toe aan die appellant se metgesel. Volgens Sifiso se
getuienis was dit inderdaad die appellant se metgesel,
en nie die appellant nie,
wat die blik met brandende kole in die hut ingedra het en wat Sifiso beveel het
om die paraffien oor die
oorledene te gooi.
Die verhoorhof was beïndruk deur Bongiwe, en waar haar getuienis van
dié van Sifiso verskil, het die verhoorhof haar weergswe
bo dié
van haar jonger broer verkies. Die feit dat hierdie twee getuies nie in alle
opsigte ooreengestem het oor wat die aanvallers
onderskeidelik gedoen het nie,
is nie van veel belang nie, aangesien die verhoorhof in elk geval bevind het dat
die appellant en
sy broer met gemeenskaplike oogmerk opgetree het.
11
Dit is namens die appellant ter strafversagting betoog dat daar op
sterkte van veral Sifiso se getuienis 'n redelike moontlikheid
bestaan dat die
appellant in toorkuns geglo het, en ook geglo het dat die oorledene deur middel
van sy toorkuns bewerkstellig het
dat die appellant sy werk verloor het, en dat
die appellant daardeur veronreg gevoel het.
Soos reeds gemeld, word Sifiso se getuienis omtrent die appellant se
bewerings van toordery nie ten volle deur Bongiwe gestaaf nie.
Sy het nietemin
getuig dat die appellant geëis het dat die oorledene sy beweerde
verskuldigde loon moet betaal, en dat die appellant
navraag gedoen het na die
"muti" wat die oorledene na bewering by die beoefening van sy toorkuns gebruik.
Dit is goed moontlik dat
Bongiwe bloot vergeet het dat die appellant die
oorledene ook daarvan beskuldig het dat hy toordery by die werk beoefen het en
dat
dit die appellant sy werk gekos het, soos Sifiso getuig het. Na my mening
moet dit dus as redelik moontlik aanvaar
12
word dat die appellant daardie Saterdagaand wel al die gemelde
bewerings omtrent die oorledene se toordery gemaak het.
Die aanvaarding dat die appellant daardie bewerings omtrent toordery teenoor
die oorledene gemaak het, beteken natuurlik nog nie dat
dit ook aanvaar moet
word dat die appellant eerlik in sy eie gemoed aan toorkuns geglo het nie.
Alvorens die appellant se bewerings
omtrent die oorledene se toordery as
strafversagtende faktor oorweeg kan word, moet daar minstens 'n redelike
moontlikheid bestaan
dat die appellant 'n opregte geloof in toorkuns gehad het,
dat hy werklik geglo het dat die oorledene 'n towenaar was, en dat dit
die rede
vir sy misdadige optrede teen die oorledene was. (
R v Fundakubi and
Others
1948(3) 810(A) te 818;
S v Nxele
1973(3) SA 753(A) te 757 A-P;
S v Ngubane
1980(2) SA 741 (A) te 745D - 746B;
S v Motsepa en 'n
Ander
1991(2) SASV 462 (A) te 469g - 470i.)
Te oordeel na die appellant se eie getuienis by
13
die verhoor het toorkuns geen rol gespeel nie. Volgens die appellant
het hy die betrokke aand na die oorledene gegaan om sy R42 kleingeld
te gaan
haal, en was daar geen sprake van uitstaande loon wat aan hom verskuldig was, of
van enige kwade gevoelens wat hy teen die
oorledene gekoester het nie. Die
appellant se eie weergawe van die gebeure daardie aand het trouens geen ruimte
gelaat vir die verweer
dat hy in toorkuns glo nie. Die appellant se saak sou
natuurlik soveel sterker gestaan het as hy seif getuig het dat hy wel in
toorkuns
glo, en indien sy bewering gedurende kruisondervraging getoets kon
word. Maar selfs al sou die appellant by die verhoor uitdruklik
oncken het dat
hy in toordery glo, wil dit nog nie sê dat die hof nie op sterkte van
ander geloofwaardige getuienis kan bevind
dat hy moontlik wel daardie geloof
gehad het nie. So mag 'n beskuldigde byvoorbeeld ontken dat hy enigsins onder
die invloed van
drank was toe hy 'n misdaad gepleeg het, maar indien daar ander
geloofwaardige getuienis is wat toon dat hy inderdaad
14
dronk was, moet die hof tenspyte van sy ontkenning, sy dronkenskap as
strafversagtende faktor in aanmerking neem. Daar moet gevolgiik
gekyk word na al
die getuienis om te bepaal of dit redelik moontlik is dat die appellant wel 'n
eerlike geloof in toorkuns gehad
het, dat hy die oorledene werklik aangesien het
as 'n towenaar wat hom sy werk en sy loon gekos het, en dat dit die rede was
waarom
hy die oorledene beroof en vermoor het.
Dit moet in gedagte gehou word dat die moord voorafgegaan is deur die roof.
Dit is wel so dat die appellant die betrokke aand beweer
het dat die oorledene
se toordery hom sy verskuldigde loon gekos het, en dat hy daar was om sy loon by
die oorledene op te eis. Die
getuienis is dat die oorledene inderdaad R700 in
kontant aan hulle gegee het. Daardie geld is egter nie deur die appellant gevat
nie, maar gelykop tussen hom en sy broer verdeel, asof hulle gewone rowers was.
Nadat die appellant daardie som geld by die ooriedene
gevat het, het die
oorledene die appeilant seker dubbel en dwars
15
"vergoed" vir die beweerde verlies wat die appellant as gevolg van die
oorledene se beweerde toordery gely het. Daarna gaan die appellant
egter heen en
beroof die oorledene van al sy huishoudelike ware. Daardie optrede dui sterk
daarop dat roof inderdaad die motief was,
en dat die oorledene se beweerde
toordery slegs 'n voorwendsel was waaronder die appellant geld van die oorledene
geëis het.
Die verhoorhof het trouens bevind dat die rede wat die appellant
daardie Saterdagaand vir sy eis om betaling van geld aangevoer het,
'n vals rede
was, en dat die ware oogmerk niks anders as roof was nie. Die feit dat die
appellant tydens die roof ook vir Bongiwe
verkrag het, maak dit nog meer
onwaarskynlik dat die oorledene se beweerde toordery enige rol by die pleging
van die reeks misdade
daardie aand gespeel het. En dan volg die brandstigting en
moord. Niks wat die appellant die betrokke Saterdagaand in teenwoordigheid
van
die twee kinders aan die oorledene gesê het, dui daarop dat hy die
oorledene vanweë sy beweerde toordery
16
wou doodmaak nie. Na my oordeel het die appellant die
oorledene se beweerde toordery valslik as rede voorgehou om die roof van die
geld te probeer regverdig, maar wat die moord betref is toorkuns nie eens as
voorwendsel gebruik nie. 'n Geloof in toorkuns kan gevolglik
nie as
strafversagtende faktor by die moord oorweeg word nie.
Die enigste ander strafversagtende faktor waarna die appellant se advokaat
ons verwys het, is die bevinding van die hof
a quo
dat die moord nie
vooraf beplan was nie. Hierteenoor is daar verskeie gewigtige strafverswarende
faktore. Hoewel dit aanvaar word
dat die moord nie vooraf beplan was nie, het
die appellant en sy broer gewapend na die oorledene se hut gegaan met die doel
om hom
te beroof. Die getuienis is dat die appellant 'n mes by hom gehad het
terwyl sy jonger broer skerpgemaakte ysters saamgeneem het.
Die oorledene is
gedurende die nag en in die loop van die rooftog, in sy hut aangeval en later in
die direkte omgewing van sy hut
doodgesteek. Die oorledene het op geen stadium
weerstand
17
gebied nie, maar hy is oor 'n tydperk aangerand en gemartel
voordat hy lewend aan die brand gesteek is. Die hof
a quo
het Bongiwe se
getuienis aanvaar dat dit die appellant was wat toegesien het dat die oorledene
met paraffien verbrand word. Die oorledene
het blykbaar daarin geslaag om die
brandende hut te verlaat, maar toe hy om hulp roep, het een of beide van sy
aanvallers hom buite
die hut gaan doodsteek.
Die appellant het verskeie vorige veroordelings, onder andere vir roof en
gewone aanranding. Die appellant het al by twee geleenthede
in die verlede
tronkstraf uitgedien, hoewel dit nie langtermyn gevangenisstraf was nie. Hy was
ongeveer 23 jaar oud toe die moord
gepleeg is. Hoewel rehabilitasie van die
appellant sekerlik nie uitgesluit kan word nie, het hierdie hof onlangs weer
beslis dat
die elemente van afskrikking en vergelding by straftoemeting na vore
tree wanneer ouer persone in hulle huise in die loop van 'n
rooftog vermoor is.
(
S v Tloome
1992(3) SA 568(A) te 577
18 I. ) Die appellant is in die
getuienis as ' n ou man beskryf.
Na my oordeel is die doodvonnis die enigste
gepaste straf vir die moord wat die appellant gepleeg het. Die appèl word
gevolglik
afgewys.
F H GROSSKOPF AR
BOTHA AR
VAN COLLER Wnd AR Stem saam.