S v Lamula (704/91) [1992] ZASCA 162 (22 September 1992)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Identification evidence — Appellant convicted of murder, robbery, and illegal possession of a firearm — Eyewitness identification deemed reliable despite appellant's denial of involvement — Appellant's prior convictions and lack of mitigating factors considered in sentencing — Death sentence upheld as appropriate given the nature of the crime and the need for deterrence in society.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 162
|

|

S v Lamula (704/91) [1992] ZASCA 162 (22 September 1992)

SAAKNOMMER: 704/91
PIUS LAMULA
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
HARMS, WnAR:
SAAKNOMMER: 704/91
J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
PIUS LAMULA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, VAN DEN HEEVER, ARR
et HARMS, WnAR
VERHOORDATUM
: 15 SEPTEMBER 1992
LEWERINGSDATUM
: 22 SEPTEMBER
1992
UITSPRAAK
HARMS, WnAR:
Op Saterdag 5 Augustus 1989 om ongeveer 10h00 was mnr Stanley Manuel ("die
oorledene") op pad bank toe.
2
Hy moes, soos gebruiklik, sy werkgewer ('n drankhandelaar) se kontant gaan
bank. Hy het in sy besit R5000,00 in kontant en tjeks ter
waarde van R107,80
gehad. Ongeveer 20 meter straat-af het iemand hom van voor genader. 'n Kort
gesprek het plaasgevind en direk daarna
het 'n skoot afgegaan. Die
koeëlpunt het sy aorta en linker-atrium deurboor en tussen die sesde en
sewende ribbes posterior
te lande gekom. Die persoon wat hom genader het, het
die geldsak gegryp en homself uit die voete gemaak. Ten spyte van mediese hulp
wat byna onmiddellik opgedaag het, is die oorledene op die toneel dood. Die geld
is nie weer gevind nie.
Die appellant is deur 'n ooggetuie, mnr Cyprian Mnguni, as die rower
geïdentifiseer en aan die hand daarvan is die appellant
in die Rondgaande
Hof (Mitchell R met assessore) aan moord, roof met verswarende omstandighede en
die onwettige besit van 'n vuurwapen
skuldig bevind. Ten aansien van die moord
is die
3
doodvonnis opgelê terwyl tien jaar gevangenisstraf weens die roof en
twee jaar gevangenisstraf weens die besit van die vuurwapen
opgelê is.
Laasgenoemde twee vonnisse is samelopend. 'n Aansoek om verlof tot appél
is deur die verhoorregter van die
hand gewys maar is na aanleiding van 'n
petisie gerig aan die Hoofregter, toegestaan.
Ek behandel eers die
appél teen die skuldigbevinding. Soos reeds gese, is die appellant deur
die getuie Mnguni geïdentifiseer.
Die appellant se weergawe was dat, hoewel
hy gedurende die betrokke Augustusmaand in Estcourt (waar die misdrywe gepleeg
is) was
vir mediese behandeling, hy hom nie die betrokke dag kon herinner nie
en, in ieder geval, het hy ontken dat hy by die misdade betrokke
was. Die
verhoorhof het die appellant se getuienis as vals verwerp en bevind dat Mnguni
se getuienis bo redelike twyfel waar was.
Dit is nie aan ons voorgehou dat die
verhoorhof nagelaat het om
4
enige relevante feit behoorlik te oorweeg nie of dat daardie hof homself in
enige opsig wanvoorgelig het nie. Die betoog het om onbenullighede
gewentel soos
dat die een getuie sou gesê het dat die gebeure om 9h00 plaasgevind het
terwyl ander getuies dit om 10h00 geplaas
het, of dat een getuie sou gesê
het toe die aanvaller die toneel verlaat het hy geloop het terwyl 'n ander van
oordeel was
dat hy gehardloop het. Daar is na my oordeel geen meriete in hierdie
betoog nie en ek is nie van plan om dit verder te analiseer
nie.
Dit moet aanvaar word dat Mnguni die gebeure waargeneem het. Dit is kortliks
nodig om sy weergawe dat dit die appellant was wat die
handelinge verrig het, te
ontleed ten einde te bepaal of dit steekhou veral in die lig van die appellant
se ontkenning. Volgens Mnguni
is hy 'n taxi-bestuurder wat die betrokke
Saterdagoggend met sy swaer gesels het. Die appellant het by hom verby gestap en
hy het
hom by name (eintlik sy van)
5
gegroet. Die appellant het teruggegroet. Die appellant het oor die pad gestap
en hy het toe gesien hoe die appellant die oorledene
voorkeer; hy het die skoot
gehoor en gesien hoe die appellant die toneel met die geldsak verlaat. Hy het
onmiddellik na 'n speurder
adjudant-offisier van die Suid-Afrikaanse Polisie,
ene Holder, by die polisiestasie gegaan, die misdryf aangemeld en vir hom
gesê
dat dit die appellant was wat die misdryf gepleeg het. Hy het die
appellant aan Holder geïdentifiseer met verwysing na sy van,
sy plek van
oorsprong en die feit van 'n onlangse arres. Holder het onmiddellik geweet van
wie Mnguni praat omdat hy die appellant
geken het.
Daar kan, ten spyte van die appellant se protestasies tot die teendeel, geen
twyfel wees dat Mnguni hom goed geken het nie. Mnguni
was in staat gewees om die
plaas waarop die appellant grootgeword het te identifiseer en volgens hom het hy
self op die
6
aangrensende stuk grond grootgeword. Hy het nie alleen die appellant se van
nie, maar ook sy naam geken. Volgens hom het hy en die
appellant vir 'n paar
jaar in Johannesburg gewerk en in dieselfde hostel gebly. Hy het ook geweet dat
die appellant 'n bekende Ngoma-sanger
was en dat hy in daardie hoedanigheid 'n
mate van bekendheid verwerf het. Die appellant het erken dat hy op die betrokke
plaas grootgeword
het, dat hy in die betrokke hostel woonagtig was en dat hy 'n
reputasie as Ngoma-sanger gehad het. Dit is nie gesuggereer dat Mnguni
enige
motief gehad het om die appellant valslik by enige misdryf te betrek nie.
Dit is egter betoog dat Mnguni se vermoë om die booswig te identifiseer
gekortwiek is deur die feit dat hy 'n bruin klap- of
oortrekmus gedra het.
Mnguni het egter getuig dat die mus nie sy gesig bedek het nie en in die lig van
die feit dat dit nie betwis
is dat die appellant tydens sy arrestasie in besit
van so 'n mus
7
gevind is en veral Mnguni se getuienis dat die appellant hom teruggegroet
het, is ek van oordeel dat die mus geen invloed op Mnguni
se
identifikasie-vermoë kon gehad het nie. Dit volg dus uit voorgaande dat ek
van oordeel is dat die verhoorhof tereg tot die
gevolgtrekking gekom het dat
peil op Mnguni se getuienis getrek kan word en dat dit die appellant se skuld bo
redelike twyfel vasstel.
Die appél ten aansien van vonnis is slegs
teen die doodvonnis gerig. Ten tye van die oplegging van die doodvonnis op die
appellant
was die vraag nog of daar versagtende omstandighede teenwoordig was.
Die hof het van nee geoordeel. Die hele aangeleentheid moet
van nuuts af in
beskouing geneem word en hierdie Hof moet 'n eie oordeel oor die noodsaak van
die doodvonnis uitspreek.
Die appellant was ten tye van die verhoor 35 jaar oud, kragtens gewoontereg
getroud en het drie kinders
8
gehad. Hy het na bewering geen formele opleiding ontvang nie. Hy het egter
(ten minste van tyd tot tyd) 'n sinvolle betrekking as
arbeider beklee. Hy het
drie vorige veroordelings: gedurende 1981 is hy skuldig bevind aan ' n poging
tot verkragting en is drie
jaar gevangenisstraf opgelê waarvan die helfde
opgeskort was; gedurende 1987 is hy skuldig bevind aan aanranding met die opset
om ernstige liggaamlike leed te berokken en op dié geleentheid het hy 'n
mes gebruik en was die vonnis ses maande gevangenisstraf
wat op gepaste
voorwaardes opgeskort is; ten slotte is hy 'n maand later aan grypdiefstal
skuldig bevind en gevangenisstraf met 'n
alternatief van 'n boete opgelê.
Hieruit blyk dit dat die appellant nie alleen 'n geweldenaar en 'n dief is nie
maar dat hy
geen respek vir die reg het nie.
Dit is namens die appellant betoog dat die misdaad nie vooraf beplan is nie
en dat daardie feit as 'n versagtende faktor in sy guns
aangemerk behoort te
word.
9
Ek is hoegenaamd nie daarvan oortuig dat daar enige basis bestaan om tot so
'n gevolgtrekking te geraak nie. Waar het die appellant
se vuurwapen so skielik
vandaan gekom? Hoe het hy geweet dat die oorledene geld in sy besit sou gehad
het? Inderdaad is die enigste
redelike afleiding dat hy die drankwinkel van 'n
afstand af bespied het en toe die oorledene die winkel verlaat het vinnig die
straat
gekruis het om hom voor te keer. Verre daarvandaan dus dat daar geen
beplanning was nie, is ek van oordeel dat daar wél 'n
vooraf beplanning
was en dat dit as verswarend teen die appellant behoort te tel. Geen ander
strafversagtende faktore is aan ons
voorgehou nie en ek kan my ook geen ander
voorstel nie. As mens egter na die
strafverswaren.de
faktore kyk, is hulle
oorweldigend. Ek het reeds verwys na die appellant se vorige veroordelings en
die voorafbeplanning. Daarbenewens
was die moord nie alleen koelbloedig nie maar
ook vermetel. Die
10
appellant het geweet dat hy herken is deur Mnguni en nogtans het hy
voortgegaan om in die gesigsveld van Mnguni die misdryf te pleeg.
Die vuurwapen
is eenvoudig op die oorledene se hart gerig en van 'n afstand van minder as 75cm
afgevuur - 'n teksboek voorbeeld van
dolus directus
. Die motief vir die
moord was finansiële gewin maar dit was sinloos omdat dit nie noodsaaklik
vir die uitvoering van die roof
was nie. Daar is geen aanduiding dat die
oorledene hom enigsins teengesit het nie.
By die oorweging van die vraag of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis
is, is ek van oordeel dat die aard van die verswarende
faktore sodanig is dat
die gevolgtrekking dat dit wel so is, onafwendbaar is. Daarbenewens het rowers
al minder respek vir die lewe
van hulle slagoffers en kom doellose moorde in die
loop van gewapende rooftogte al hoe meer voor. Die gemeenskapsbelang verg die
hoogste straf.
11
In die lig van voorgaande word die appél van die hand gewys.
L T C HARMS WnAR
VAN HEERDEN, AR)
STEM SAAM VAN DEN HEEVER, AR)