About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 154
|
|
Transnamib Bpk. v Voorsitter van die Nasionale Vervoerkommissie en 'n Ander (247/91) [1992] ZASCA 154; 1993 (1) SA 457 (AD); (18 September 1992)
SAAKNOMMER : 247/91
TRANSNAMIB BEPERK
APPELLANT
EN
DIE VOORSITTER VAN DIE
NASIONALE
VERVOERKOMMISSIË
EERSTE RESPONDENT
NAMIBIA
SUGAR PACKERS (EDMS) BPK
TWEEDE RESPONDENT VAN COLLER, WnAR:
SAAKNOMMER: 247/91 J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
TRANSNAMIB BEPERK
Appellant
en
DIE VOORSITTER VAN DIE
NASIONALE
VERVOERKOMMISSIË
Eerste Respondent
NAMIBIA SUGAR PACKERS (EDMS) BPK
Tweede Respondent
CORAM
: BOTHA, E M GROSSKOPF, EKSTEEN,
NIENABER, ARR et VAN COLLER, WnAR
VERHOORDATUM
: 20 AUGUSTUS
1992
LEWERINGSDATUM
: 18 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK
VAN COLLER, WnAR:
Op 25 Julie 1989 het die Nasionale
2
Vervoerkommissie ("die Kommissie") aan die tweede respondent privaat
padvervoerpermitte toegestaan vir die vervoer van eie verpakte
suiker in
individuele pakke. Die permitte het magtiging verleen vir die vervoer van suiker
tussen tweede respondent se plek van besigheid
geleë te Walvisbaai en punte
geleë tussen Okavango en Ovamboland in die eertydse Suidwes-Afrika.
Die
Kommissie is 'n regspersoon ingevolge Wet 44 van 1948 van die Republiek van
Suid-Afrika en is in Pretoria gesetel. Die tweede
respondent is 'n
Suid-Afrikaanse maatskappy met sy vernaamste plek van besigheid te 4de Straat,
Walvisbaai. Appellant is 'n regspersoon
kragtens Namibiese wetgewing met sy
kantoor te Transnamibgebou, Windhoek.
Appellant het die toestaan van die permitte aan tweede respondent by wyse van
'n hersieningsaansoek in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling aangeveg.
Appellant het 'n bevel aangevra vir die tersydestelling
3
van die besluit waarvolgens die permitte toegestaan is. Die voorsitter van
die Kommissie is in hierdie hoedanigheid as eerste respondent
gesiteer. Die
verhoorhof het in
limine
bevind dat dit nie oor jurisdiksie in die
aangeleentheid beskik nie, en die aansoek is met koste afgewys. Verlof tot
appêl
na hierdie Hof is deur die verhoorregter, KIRK-COHEN R,
toegestaan.
Die voorsitter het redes verstrek vir die toestaan van die
permitte maar het nie die hersieningsaansoek teengestaan nie en was ook
nie by
die beredenering van die appél verteenwoordig nie. Die eerste
hersieningsgrond waarop die verlening van die permitte
aangeveg is, is dat die
Kommissie
ultra vires
opgetree het. Dit word in die stawende
beëdigde verklaring beweer dat die Wet op Padvervoer 74 van 1977 nie die
Kommissie magtig
om permitte in Suidwes-Afrika uit te reik nie. Dit word ook
beweer dat, in die lig
4
van die bepalings van artikel 17 daarvan, die Wet op Padvervoer, soos
van toepassing in Suidwes-Afrika, nie die Kommissie magtig om
privaat
padvervoerpermitte uit te reik op die voorwaardes waarop dit wel uitgereik is
nie. Die ander hersieningsgronde is nie in
hierdie appél ter sake
nie.
Appellant het die hersieningsaansoek geloods op 11 September 1989 en dit
is aangehoor op 5 Februarie 1991. Namibië het onafhanklik
geword op 21
Maart 1990. Die aansoek was dus aanhangig gemaak voor onafhanklikheidswording,
maar eers daarna aangehoor.
Alvorens die geskilpunt van jurisdiksie oorweeg word, is dit nodig om na
wetgewing te verwys wat ter sake is. Die padvervoerpermitte
wat aan tweede
respondent verleen is, is ingevolge die bepalings van die Wet op Padvervoer 74
van 1977 deur die Kommissie toegestaan.
Ingevolge die bepalings van artikel 46
daarvan, was hierdie Wet ook op die destydse Suidwes-
5
Afrika van toepassing gemaak. In 1977 is die amp van
Administrateur-Generaal vir die gebied Suidwes-Afrika ingestel ingevolge
Proklamasie
180 van 1977, wat uitgereik is kragtens artikel 38 van die Wet op
die Konstitusie van Suidwes-Afrika 39 van 1968. Aan die Administrateur-Generaal
is deur Proklamasie 181 van 19 Augustus 1977 (van Suid-Afrika) die bevoegdheid
verleen om by Proklamasie wette vir die gebied van
Suidwes-Afrika te maak en om
bestaande wette in soverre dit op Suidwes-Afrika van toepassing was, te herroep
of te wysig. Die Administrateur-Generaal
het by wyse van Proklamasie AG 14 van
15 Maart 1978 die administrasie van vervoer-aangeleenthede in die gebied
Suidwes-Afrika van
die Minister van Vervoer van die Republiek van Suid-Afrika
oorgeneem. Sekere wysigings is deur die Administrateur-Generaal in die
Padvervoerwet aangebring, wat natuurlik net in Suidwes-Afrika gegeld het. Die
volgende wysigings, almal kragtens Proklamasie AG 61
van
6
1989, is ter sake. Die omskrywing van "Kommissie" in
artikel 1 van die
Padvervoerwet is vervang met die
volgende:
"'Kommissie' die Padvervoerkommissie van Suid-wes-Afrika by artikel 2A
ingestel."
Artikel 2A bepaal die samestelling van
die kommissie wat
deur die Administrateur-Generaal aangestel word. So
'n
kommissie is egter nie aangestel nie en die lede daarvan
is vir die eerste keer op 14 April 1992 deur die
Namibiese President
benoem. Artikel 4 van die Wet op
Padvervoer is vervang met bepalings wat
voorsiening maak
vir die instelling en samestelling van 'n
Padvervoerraad
van Suidwes-Afrika. Onder die opskrif "oorgangsbepal-
ings" word in artikel 43 (1) die volgende bepaal:
"43. (1) Enigiets wat te eniger tyd voor die inwerkingtreding van hierdie
Proklamasie deur die Nasionale Vervoerkommissie in artikel
3 van die Wet op die
Koördinering van Vervoer, 1948 (Wet No. 44 van 1948), vermeld, kragtens die
een of ander bepaling van die
Wet gedoen is, word geag kragtens die
ooreenstemmende bepaling van die Wet deur die Padvervoerraad van Suidwes-Afrika
ingestel by
artikel 4 van
7
die Wet, gedoen te gewees het." (Volgens die bepalings van artikel 1 van
hierdie Proklamasie is die verwysing na die "Wet", 'n verwysing
na die Wet op
Padvervoer 74 van 1977). Proklamasie AG 61 van 1989 het op 29 November 1989 in
werking getree. Op 23 Februarie 1990
het Suid-Afrikaanse wetgewing gevolg wat op
sy beurt die omskrywing van "Gebied" in artikel 1 (1) van die Wet op Padvervoer,
soos
dit in Suid-Afrika gegeld het, geskrap en artikel 46 daarvan herroep
het.
Nadat Namibië onafhanklik geword het, het die
Wet op Padvervoer 74 van 1977, soos gewysig, daar van
krag gebly. Dit is teweeggebring deur die bepalings
van artikel 140 van
die Grondwet van die Republiek van
Namibië wat soos volg lui:
"(1) Subject to the provisions of this Constitution, all laws which were in
force immediately before the date of Independence shall
remain in force until
repealed or amended by Act of Parliament pr until they are declared
unconstitutional by a competent
8
Court.
(2)
Any powers vested by such
laws in the Government, or in a Minister or other official of the Republic of
South Africa shall be deemed
to vest in the Government of the Republic of
Namibia or in a corresponding Minister or official of the Government of the
Republic
of Namibia, and all powers, duties and functions which so vested in the
Government Service Commission, shall vest in the Public Service
Commission
referred to in Article 112 hereof.
(3)
Anything done under such laws prior to the date of independence by
the Government, or by a Minister or other official of the Republicf
of South
Africa shall be deemed to have been done by the Góvernment of the
Republic of Namibia or by a corresponding Minister
or official of the Government
of the Republic of Namibia, unless such action is subseguently repudiated by an
Act of Parliament,
and anything so done by the Government Service Commission
shall be deemed to have been done by the Public Service Commission referred
to
in Article 112 hereof, unless it is determined otherwise by an Act of
Parliament.
(4)
Any reference in such laws to
the President, the Government, a Minister or other official or institution in
the Republic of South
Africa shall be deemed to be a reference to the President
of Namibia or to a corresponding Minister, official or institution in the
Republic of Namibia and any reference to
the
9
Government Service Commission or the government service, shall be construed as a
reference to the Public Service Commission referred
to in Article 112 hereof or
the public service of Namibia.
(5) For the purposes of this Article the Government of the Republic of South
Africa shall be deemed to include the Administration
of the
Administrator-General appointed by the Government of South Africa to administer
Namibia, and any reference to the Administrator-General
in legislation enacted
by such Administration shall be deemed to be a reference to the President of
Namibia, and any reference to
a Minister or official of such Administration
shall be deemed to be a reference to a corresponding Minister or official of the
Government
of the Republic of Namibia."
Sedert
onafhanklikheid is die Wet op Padvervoer in
Namibië deur artikel 16 van
die "Air Services Amendment
Act" 6 van 1991 gewysig. Die omskrywing van
"Kommissie" in artikel 1 is soos volg gewysig:
"'Commission' means the Transportation Commission of Namibia referred to in
Section 2 A."
Daar moet ook na die
volgende Suid-Afrikaanse
10
wetgewing verwys word. Artikels 1 en 2 van die Wet op
Erkenning van die
Onafhanklikheid van Namibië 34 van
1990 lui soos volg:
"1. Die Republiek van Namibië word hierby as 'n soewereine en
onafhanklike staat erken.
2. (1) Die Republiek hou op om enige gesag in die gebied vermeld in die
Vredesverdrag en Zuid West Afrika Mandaat Wet, 1919 (Wet No.
49 van 1919), uit
te oefen.
(2) Enige regsreël van die Republiek wat onmiddellik voor die
inwerkingtreding van hierdie Wet in genoemde gebied van krag was,
hou vir sover
dit die Republiek betref op om in die gebied van krag te wees."
Artikel 2 van die Wet op die Immuniteite van Vreemde
State 87 van 1981 bepaal die volgende:
"2. (1) 'n Vreemde staat is van die jurisdiksie van die howe van die
Republiek vrygestel behalwe soos in hierdie Wet of 'n proklamasie
daarkragtens
uitgereik, bepaal.
(2) 'n Hof moet aan die immuniteit by hierdie artikel verleen, gevolg gee
11
al verskyn die vreemde staat nie in die betrokke verrigtinge nie.
(3) Die bepalings van hierdie Wet word nie uitgelê as sou dit ' n
vreemde staat aan die strafregtelike jurisdiksie van die howe
van die Republiek
onderwerp nie."
Artikel 1 (2) van hierdie Wet bevat bepalings aangaande
wat alles
inbegrepe is by 'n verwysing in die Wet na 'n
vreemde staat.
Die hof
a quo
het tot die bevinding geraak dat
die aangevraagde bevel nie afgedwing kan word word nie,
en het op grond hiervan bevind dat dit nie jurisdiksie
het nie. KIRK-COHEN R het die argument namens
appellant dat die regshulp wat aangevra is wesenlik
verklarend van aard is, verwerp. Hy het bevind dat
indien die aangevraagde regshulp toegestaan sou word,
die tweede respondent se bestaande regte in Namibië, wat
sedert die uitreiking van die permitte bestaan en
uitgeoefen is, tot niet sou gaan. Die geleerde
12
verhoorregter sê in sy uitspraak dat waar die regte in 'n ander
land bestaan, kan 'n Suid-Afrikaanse hof nie enige bevel wat
ten aansien daarvan
gemaak word, afdwing of in werking stel nie. Dit is nie nodig om die korrektheid
al dan nie van hierdie benadering
en bevindings te oorweeg nie. Die saak kan op
'n ander grondslag, waarop daar in die hof
a quo
en ook in hierdie Hof
gesteun is, beslis word.
Daar is gesteun op die gemeenregtelike beginsel dat
'n hof wat ten tye van die aanvang van die verrigtinge met regsbevoegdheid
beklee
was, dit bly behou totdat die verrigtinge voltooi is ("die
gemeenregtelike beginsel"). Dit sal onthou word dat die aansoek aanhangig
gemaak
is voordat Namibië onafhanklik geword het. KIRK-COHEN R het egter beslis
dat die gesag waarop gesteun is nie van toepassing
is nie aangesien die
gemeenregtelike beginsel spesifiek deur wetgewing soos vervat in artikels 1 en 2
van Wet 34
13
van 1990 uitgesluit is. Hy het saamgestem met
die
volgende wat LEVESON R in
Coin Security Group (Pty) Ltd
v
Smit NO and Others
1991 (2) SA 315
(T) ("die
Coin
-
saak") op 318 H - I gesê het:
"It is generally said that if a Court has jurisdiction when proceedings commence
the Court's competence continues through to the
conclusion although the original
ground of jurisdiction may have ceased to exist. See eg
Voet
5.1.64. In
my opinion that principle cannot apply in the face of a statutory provision such
as the present."
(Die statutêre bepaling
waarna verwys is, is artikel 2
(1) van Wet 34 van 1990.)
In die
Coin
-saak het die applikant beskik oor
'n lisensie wat magtiging verleen het om goedere per
vliegtuig in die
Republiek van Suid-Afrika en in die
destydse Suidwes-Afrika te vervoer. Die
lisensie is
verleen deur die Kommissie ingevolge die bepalings van
die Wet op Lugdienste 51 van 1949. Die applikant het by
die Kommissie aansoek gedoen om wysiging van sy lisensie
14
ten einde magtiging te verkry om ook van Eros lughawe digby Windhoek as basis
gebruik te maak. Die aansoek is van die hand gewys.
Die applikant het in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling aansoek gedoen, onder andere, om die Kommissie
se weiering om die lisensie
te wysig, tersyde te stel. 'n Bevel nisi is op 16
Maart 1990 uitgereik, enkele dae voor die onafhanklikheidswording van
Namibië
op 21 Maart 1990. Nadat argument op 5 Mei 1990, die verlengde
keerdatum, aangehoor is, het LEVESON R op 6 Julie 1990 beslis dat die
bepalings
van artikel 2 (1) van Wet 34 van 1990 die Republiek van Suid-Afrika hom sy
wetgewende, uitvoerende en regterlike gesag
ten opsigte van Namibië ontneem
het. Daar is bevind dat die regshulp wat aangevra is nie afgedwing kan word en
dat die Transvaalse
Provinsiale Afdeling dus nie regsbevoegdheid in die
aangeleentheid gehad het nie en die aansoek is van die hand gewys. LEVESON R
het
in die loop van sy uitspraak
15
na die gemeenregtelike beginsel, soos
reeds hierbo
aangehaal, verwys.
Die beslissing van LEVESON R is op appél deur
hierdie Hof omvergewerp. Sien
Coin Security Group (Pty)
Ltd v
Smit NO and Others
[1992] ZASCA 55
;
1992 (3) SA 333
(A). MILNE AR
sê op bladsy 344 A
- D die volgende:
"The Transvaal Provincial Division clearly had jurisdiction to grant the rule
when the proceedings commenced and, as a general proposition,
in our law such
jurisdiction continues until the end of the proceedings. See
Voet
5.1.64,
R v De Jaqer
1903 TS 36
at 38 and
Thermo Radiant Oven Sales (Pty) Ltd
v Nelspruit Bakeries (Pty) Ltd
1969 (2) SA 295
(A) at 301 C - D (the
majority judgment of Ogilvie-Thompson JA) and at 310 C - H (the minority
judgment of Potgieter JA with whom
Steyn CJ concurred). The court
a quo
(at 317 G - H), apparently anticipating that provisions like those of art 140
might have been enacted, took the view that the principle
that if a court has
jurisdiction when proceedings commence its competence continues 'cannot apply in
the face of a statutory provision
such as the present' (at 318 I) . I am, with
respect, unable to agree. There is, to my mind, no inconsistency between this
common-law
principle and the provisions of s 2 (1) of the Independence
Act."
16
Daar is dus uitdruklik van LEVESON R verskil en beslis dat die
bepalings van artikel 2 (1) van Wet 34 van 1990 nie inbreuk maak op
die
gemeenregtelike beginsel nie. Dit blyk ook duidelik uit die uitspraak van MILNE
AR dat hierdie hof se beslissing in die
Coin
-saak juis op die
gemeenregtelike beginsel gebaseer is.
Die advokate was dit tereg eens dat toe
die onderhawige aansoek op 11 September 1989 aanhangig gemaak is, die hof
a
quo
wel met jurisdiksie beklee was. Die Kommissie was binne die regsgebied
van die verhoorhof gesetel en dit is duidelik dat die verhoorhof
kragtens die
gemeenregtelike reël
actor sequitur forum rei
jurisdiksie ten
aansien van die Kommissie gehad het. Tweede respondent was ook aan hierdie
jurisdiksie onderworpe. Sien
Estate Aqents Board v Lek
1979(3) SA 1048
(A) op 1068 A - F.
Mnr Viljoen, wat saam met Mnr Wragge namens tweede respondent opgetree het,
het aangevoer dat die
17
onderhawige saak onderskei kan word van die
Coin
-saak en dat die
gemeenregtelike beginsel nie van toepassing is nie. Sy argument, wat in hoofsaak
gebaseer was op die bepalings van
artikel 43 (1) van Proklamasie AG 61 van 1989
("artikel 43 (1)") in samehang met die beginsel van internasionale hoflikheid
("comity
of nations"), waarna MILNE AR op bladsy 344 F in die
Coin
-saak
verwys, kan soos volg saamgevat word. Ingevolge artikel 43 (1) is dié
gedeelte van die Kommissie se besluit wat betrekking
gehad het op tweede
respondent se vervoer van suiker in Namibië, 'n besluit gemaak van die
Padvervoerraad van Suidwes-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse Padvervoerwet wat in
Suidwes-Afrika van toepassing was en ten aansien waarvan die
Administrateur-Generaal sedert
1977 wysigings aangebring het, het tot voor
onafhanklikheid in Suidwes-Afrika gegeld. Kragtens die bepalings van artikel 140
van
die Grondwet van Namibië het hierdie wet ook na onafhanklikheid in
Namibië van krag gebly. Die
18
Padvervoerraad van Namibië, wat geag moet word die liggaam te wees wat
die besluit geneem het dat tweede respondent magtiging
het om sy suiker binne
Namibië te vervoer, is 'n administratiewe liggaam onderhewig aan die magte
van die President van Namibië,
die leier van 'n vreemde moondheid. Hierdie
liggaam is in terme van artikel 2 van die Wet op die Immuniteite van Vreemde
State nie
onderworpe aan die jurisdiksie van die howe van die Republiek van
Suid-Afrika nie. 'n Bevel wat deur die hof
a quo
uitgereik word, sou
slegs afdwingbaar wees teen die Padvervoerraad van Namibië, 'n liggaam
waaroor nóg die hof
a quo
nóg enige ander afdeling van die
Hooggeregshof van Suid-Afrika jurisdiksie het.
Ek kan nie met hierdie
argument akkoord gaan nie. Die bepalings van artikel 43 (1), wat die kern van
Mnr Viljoen se argument is, maak
geensins inbreuk op die regsbevoegdheid wat die
hof
a quo
gehad het toe die saak aanhangig gemaak is nie. Dit is duidelik
uit die
19
bepalings van artikel 43 (1) dat die doel daarvan was om funksies oor
te dra en kontinuïteit te bewerkstellig. Dit is moeilik
om in te sien hoe
die bepalings van artikel 43 (1) die jurisdiksie wat die hof
a quo
van
die die begin af gehad het enigsins raak. Die feit dat daar nou in Namibië
'n ander bedeling is, en 'n ander liggaam as
die Kommissie is wat vir daardie
land met sekere bevoegdhede beklee is, kan die hof
a quo
nie van sy
bevoegdheid om te beslis oor die geldigheid al dan nie van die Kommissie se
besluit ontneem nie. Enige bevel wat die hof
a quo
in die aansoek mag
maak, kan slegs die Kommissie en tweede respondent betrek en raak nie die
Padvervoerraad van Namibië nie.
Benewens voorgaande is daar ook die volgende oorwegings wat Mnr Viljoen se
argument onaanvaarbaar maak. In die hersieningsaansoek
word die besluit van die
Kommissie aangeveg op grond daarvan dat dit
ultra vires
opgetree het.
Indien dit so bevind sou word, sal
20
dit beteken dat die Kommissie regtens glad nie gehandel
het nie. Die volgende opmerkings van BOTHA AR in
Strydom v Die Land- en
Landboubank van Suid-Afrika
1972
(1) SA 801 (A) op 816 A - B sal van toepassing wees:
"Waar 'n handeling van 'n statutêre liggaam , soos die Landbank,
ultra
vires
is, hetsy omdat hy sy verleende bevoegdhede te buite gegaan het, hetsy
omdat hy in gebreke gebly het om voorskrifte na te kom wat
die wetgewer vir die
regsgeldigheid van daardie handeling voorgeskryf het, het hy in regte nie
gehandel nie."
Die verwysing in artikel 43 (1) na
enigiets wat te
eniger tyd deur die Kommissie gedoen is moet, tensy
daar
aanduidings tot die teendeel is, geag word 'n verwysing
na 'n
regsgeldige handeling te wees. Sien
L C Steyn,
Die Uitleq van
Wette,
5de uitgawe bladsy 1217 en
Die
Staat v Le Granqe
1962 (3) SA 498
(A) op 502 H tot 503
A. Daar is
geen aanduiding dat 'n ander bedoeling hier
behoort te geld nie. Indien die
Kommissie dus
ultra
vires
opgetree het, het dit regtens nie gehandel nie, en
21
kan sy optrede nie iets wees wat geag moet word gedoen te gewees het deur die
Padvervoerraad van Namibië nie. Artikel 43 (1)
is dus in elk geval glad nie
ter sprake nie. Die Padvervoerraad van Namibië en die Staat van
Namibië word op geen wyse
by die aansoek betrek of daardeur geraak nie. Die
bevel wat deur die appellant in die hof
a quo
aangevra is, is gerig teen
'n ingesetene van Suid-Afrika. Dit is verklarend van aard en die Wet op die
Immuniteit van Vreemde State
en volkeregtelike beginsels is nie ter sprake nie.
Soos reeds gemeld, kan enige bevel wat die hof
a quo
in die aansoek mag
maak nie die Padvervoerraad van Namibië raak nie. Die hof
a quo
sal
nie sy territoriale jurisdiksie in enige opsig oorskry en sy bevel kan nie
gesien word as 'n poging om iets wat Namibië
daargestel het, ongeldig te
maak nie. Die soewereine immuniteit van die Republiek van Namibië sal in
geen opsig deur die bevel
van die hof
a quo
aangetas word nie. Die
22
onderhawige saak kan dus nie op grond van die beginsel van
internasionale hoflikheid van die
Coin
-saak onderskei word nie.
Die
gemeenregtelike beginsel dat 'n hof wat ten tye van die aanvang van die
verrigtinge met regsbevoegdheid beklee is dit bly behou
totdat die verrigtinge
voltooi is, is na my oordeel ook in die onderhawige saak van toepassing. Dit kan
ook wat hierdie aspek betref,
nie van die
Coin
-saak onderskei word nie,
en die appél behoort op grond van hierdie beginsel gehandhaaf te
word.
Die appél slaag met koste wat die koste van twee advokate, asook
die koste van die aansoek om verlof om te appelleer, insluit.
Die bevele wat
deur die hof
a quo
op 27 Februarie 1991 gemaak is, word tersyde gestel en
vervang deur die volgende bevel:
23
Die aansoek
in limine
word afgewys met koste, wat die koste van twee
advokate insluit.
A P VAN COLLER WnAR
BOTHA, AR)
E M GROSSKOPF, AR) STEM
SAAM
EKSTEEN, AR)
NIENABER, AR)