S v Lubbe (108/91) [1992] ZASCA 141 (14 September 1992)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against sentence — Appellant convicted of illegal trading in liquor and sentenced to three years imprisonment — Appellant contended that the trial court misapplied the facts regarding the scale of his operation — Appellant sold one bottle of beer to an undercover police officer and had additional liquor in his possession — Trial court viewed the quantity of liquor as indicative of a large-scale operation — Appeal court found the sentence disproportionate and the trial court had erred in its assessment of the appellant's conduct — Original sentence set aside and replaced with a fine and suspended imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 141
|

|

S v Lubbe (108/91) [1992] ZASCA 141 (14 September 1992)

Saaknommer 108/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
MARTHINUS LUBBE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HOEXTER, VIVIER, ARR et VAN COLLER Wnd AR
VERHOOR:
25 Augustus 1992
GELEWER:
14 September 1992
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER, AR,
Dit is 'n strafappèl alleen teen vonnis. In die
landdroshof te Jeppe, Johannesburg, het die appellant op 'n aanklag van
oortreding
van art 185 (a) van Wet 87 van 1 977 (onwettige handeldryf in drank)
tereggestaan. Die appellant, wat sonder 'n regsverteenwoordiger
gestaan het, het
skuldig gepleit. Hy is skuldig gevind en hom is 'n vonnis van drie jaar
gevangenisstraf opgelê. Sy appèl
teen voormelde vonnis is deur die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof afgewys. Met verlof van
die hoofregter
kom die appellant voor hierdie hof in hoër beroep.
Saam
met sy vrou en hul twee jong kinders bewoon die appellant 'n huis in Malvern,
Johannesburg. Op 2 November 1989 het die appellant
by sy woning sonder 'n
lisensie een bottel bier teen 'n prys van R2.20 aan 'n konstabel in die
Suid-Afrikaanse Polisie verkoop. Ten
tyde
3
van gemelde transaksie was daar in die appellant se woning
die volgende
drank wat hy onwettig wou verkoop: 25
bottels x 750 ml lagerbier; 3 groot en
drie klein bottels
rietspiritus; 4 bottels x 750 ml vodka; 4 bottels x 375
ml
brandewyn en 14 bottels x 1 liter wyn.
Die appellant is 'n elektrotegnikus wat R2 200
per
maand verdien. Hy onderhou sy gesin en aan sy
huis maak hy
afbetalings. Die landdros het in sy redes vir vonnis o
a
voorgehou dat die hoeveelheid drank in die appellant se
besit op 2
November 1989 op die gevolgtrekking dui:-
".... dat beskuldigde 'n groot besigheid bedryf het deur drank te
verkoop."
Na my mening het die verhoorhof 'n
wesenlike mistasting begaan deur as 'n verswarende omstandigheid teen die
appellant aan te merk
dat hy grootskeeps met drank smokkel. Die hoeveelheid
drank in sy besit gevind, so meen ek, is nie
4
sodanig dat dit gemelde afleiding veroorloof nie. Daarbenewens (en met
deeglike inagneming van die appellant se vorige veroordeling
waarna aanstons
verwys sal word) beskou ek die opgelegde vonnis as so buitensporig swaar dat, na
my beskeie oordeel, hierdie 'n geval
is waar die verhoorhof sy diskresie met
betrekking tot straftoemeting nie redelikerwys uitgeoefen het nie. Bygevolg is
hierdie hof
regtens verplig om met die vonnis in te gryp en om self opnuut oor
'n gepaste straf te besin.
Wat by vonnisoorweging sterk teen die appellant na
vore tree is die feit dat op 13 Junie 1989 - d w s minder as vyf maande voor die
pleging van die onderhawige misdryf -die appellant weens onwettige handel in
drank die volgende vonnis opgelê is: (1) 'n boetestraf
van R4 000, by
wanbetaling waarvan 18 maande gevangenisstraf; en (2) tesame daarmee, maar vir
'n tydperk van 5 jaar voorwaardelik
opgeskort, 'n verdere boetestraf van R3 000
by wanbetaling
5
waarvan 18 maande gevangenisstraf. In hierdie omstandighede dui die pleging
van die onderhawige oortreding onmiskenbaar daarop dat
die appellant 'n
misdadiger is wat nie maklik tot inkeer gebring word nie; en dat by sy jongste
vergryp dit nodig is om die erns
van dranksmokkel behoorlik by hom in te
prent.
Die appellant se advokaat het ons meegedeel dat die appellant daartoe
in staat is om 'n boete van om en by R3 000 te betaal. Dit wil
my voorkom dat
geregtigheid sou geskied indien 'n stewige boetestraf aan 'n opgeskorte vonnis
van daadwerklike gevangenisstraf gekoppel
word.
Die appèl slaag. Die
vonnis deur die verhoorhof word tersyde gestel en deur die volgende vonnis
vervang:-
(1) 'n Boetestraf van R3 000, by wanbetaling waarvan 12 maande gevangenisstraf;
asook -
6
(2) Gevangenisstraf van 2 jaar in geheel opgeskort vir 'n tydperk van 5 jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind
word aan 'n oortreding van art
154(1)(a) van Wet 27 van 1989 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie.
G G HOEXTER, AR
VIVIER, AR ) VAN COLLER, Wnd AR ) Stem saam