About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 140
|
|
S v Mofokeng (214/91) [1992] ZASCA 140 (14 September 1992)
IN THE SUPREME COURT OF SOUTH
AFRICA
(
APPELLATE DIVISION
)
CASE NO 214/91
In the matter between:
LUKAS MOFOKENG
Appellant
versus
THE STATE
Respondent
CORAM
: BOTHA, GOLDSTONE JJA
et HARMS AJA
DATE HEARD
:
31
August 1992
DATE DELIVERED
: 14
September 1992
2
JUDGMENT
GOLDSTONE
JA
:
On 17
October 1990, the appellant, Lukas Mofokeng, broke into a farmhouse
in the Clarens district of the Orange Free State. It was
the home of
Mr Dawid Stephanas Naude and his wife, Mrs Aletta Cecilia Naude. It
was accepted by the Court a
quo
(Hattingh J and assessors)
that the appellant did not break in with the intention of attacking
Mr and Mrs Naude. His motive was theft.
However, the Naudes
presumably disturbed the appellant whilst he was about his nefarious
activities. In consequence he repeatedly
stabbed them, in both cases
with fatal results. After Mr Naude was already on the
3
point of
death, or already dead, the appellant inflicted a further stab wound
which penetrated his aorta.
After he
had murdered the Naudes, the appellant, removed from her body the
clothes which Mrs Naude had been wearing. He took their
bodies to Mr
Naude' s van. So, too, a safe which he found in the house. He loaded
them in the van. He also stole a substantial number
of the
possessions of the Naudes, including arms and ammunition. He drove
away from the farm in the van. Some ten kilometres from
the farm the
appellant overturned the vehicle. He put the two bodies in the cabin
of the van and dragged the safe into a ditch about
200 metres from
where the van had overturned. The rest of the loot he took with him
to his home.
On 19
April 1991, the appellant was found guilty of the murder of both Mr
and Mrs Naude. He was also convicted on charges of housebreaking
with
intent to steal, theft, and the unlawful possession of arms and
4
ammunition.
On the charges other than murder, the appellant was sentenced to
imprisonment for an effective period of seven years and
six months.
On each of the murder charges he was sentenced to death. The appeal
to this Court is in respect only of the death sentences.
Such appeal
is brought as of right pursuant to the provisions of
s 316A
of the
Criminal Procedure Act, 51 of 1977
.
It is now
the task of this Court to decide whether, in its opinion, the death
sentence, in each case, was the proper sentence. The
tests to be
applied in deciding that question have been enunciated in a series of
decisions of this Court and it is unnecessary to
repeat them.
At the
time the offences were committed the appellant was 19 years old. He
had left school after passing the fifth standard. Some
seventeen days
prior to the murders the appellant committed another housebreaking
5
and theft.
In March 1991, he was sentenced therefor to imprisonment for three
years. He has no other previous convictions.
The
mitigating factors in this case are the youthfulness of the appellant
and the fact that the murders were not planned. That the
housebreaking and theft were carefully planned emerges from the
appellant's own evidence in the Court a
quo
. Then, too, there
is absence of previous convictions for offences of violence. No other
mitigating factors were or could have been
suggested by the
appellant's counsel.
The
aggravating factors are substantial. The deceased were murdered in
their own home, am isolated farmhouse. This Court has emphasized
a
number of times that attacks on defenceless people who live in
comparative isolation in rural areas is a factor which is seriously
aggravating. Because of the frequent recurrence of this kind of
attack, the fears of members
6
of our
farming community are justifiably on the increase to an alarming
extent. The courts have a clear duty to pay regard to those
fears in
the sentences they hand down.
The
appellant's cool, calculated, persistent and cold-blooded conduct
after he had murdered the Naudes is consistent only with an
evil and
depraved personality. It makes the rehabilitation of the appellant an
extremely unlikely prospect.
Then,
there is the aggravating factor that the murders were committed
during a housebreaking and theft. The attack on Mrs Naude was
particularly heinous as she could hardly have posed any threat to the
appellant.
The most
important mitigating factor is the young age of the appellant at the
time he committed the offences. In
S v Dlamini
1992(1) SA 18
(A) at 31 G-H, Nicholas AJA said:
7
"Although
Dlamini's age is not a mitigating factor, it is, I think, relevant to
the propriety of the death sentence. Rumpff CJ
said in
S v
Lehnberq
(
supra
at 561B):
'....Ek
dink ook nie dat die regspleging van 'n beskaafde Staat begerig is,
behalwe in buitegewone omstandighede, tienderjariges te
laat ophang
nie.'
The same
reluctance would, I believe, extend to cases where the accused,
though no longer a teenager, is standing on the threshold
of
manhood."
In the
present case, the manner in which the crimes were committed point to
a calculation and determination which are not consistent
with the
immaturity of a callow youth. Some days prior to the commission of
the offences he had made enquiries concerning the presence
of cash in
the Naude home and for three days prior thereto he kept a close watch
on the premises. In my judgment the young age of
the appellant
8
in this
case is not in itself a reason for making the death sentence
inappropriate in respect of the two murders.
I have
come to the firm conclusion that the aggravating factors in this case
heavily outweigh those which are mitigating. As was said
so concisely
by Nienaber JA concerning an unblemished record, (in
S v
Maiosi
and Others
1991(2) SACR 532(A) at 541):
"...that
factor, weighty as it undoubtedly is, must yield to considerations of
retribution and deterrence when the horror of
the crime, the
callousness of the criminal, and the frequency of its recurrence
generally, are such that the perceptions, sensibilities
and interests
of the community demand nothing less than the extreme penalty."
The same
approach must be adopted, in my view, in the present case with regard
to mitigating factors which are clearly present. Notwithstanding
the
young age
9
of the
appellant, the absence of a violent history, and the lack of
premeditation with regard to the attacks on the deceased, the
nature
and circumstances surrounding the murders of the Naudes are such that
the only proper sentence is the most extreme provided
by law. I can
find no good reason for distinguishing in this regard between the two
murders.
The appeal
is dismissed.
R J
GOLDSTONE JUDGE OF APPEAL
LL
Saak
No 214/1991
IN DIE
HOOGGEREGSH0F VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
In die
saak tussen:
LUKAS
MOFOKENG
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
:
BOTHA,
GOLDSTONE ARR et HARMS WnAR
VERHOORDATUM
:
31 AUGUSTUS 1992
LEWERINGSDATUM
: 14 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK
BOTHA AR
:-
2
Ek stem
saam met die bevinding van GOLDSTONE AR dat die appél van die
hand gewys word, en ook met die redes vir die bevinding
wat in sy
uitspraak vermeld word. Vanweë die aanwesigheid in hierdie geval
van twee oënskynlik sterk strafversag-tende
faktore, naamlik die
jeugdigheid van die appel-lant en die feit dat hy die moorde nie
vooraf in die vooruitsig gestel het nie, ag
ek dit egter wenslik om
in enkele opsigte bykomende kommentaar te lewer oor die feite van die
geval, om te verduidelik waarom ek
my kollega se sienswyse deel dat
die doodvonnisse die enigste gepaste straf is vir die appellant.
Ek verwys
eerstens na die afwesigheid van voorafbeplanning ten opsigte van die
dood van die oorledene. Die appellant het getuig dat
hy vir drie dae
lank die opstal van die oorledenes bespied het vanaf 'n nabygeleë
koppie. Sy voorneme was om by die huis te
gaan inbreek en goed
daaruit te steel, en hy
3
het gewag
vir 'n geleentheid om dit te doen wanneer die oorledenes nie op die
plaas aanwesig sou wees nie. Op die dag van die voorval
het hy vanuit
sy skuilplek waargeneem dat die oorledenes die plaas in 'n bakkie
verlaat. Daarop het hy by die huis inge-breek en
begin om van die
goed daarin bymekaar te maak. Terwyl hy in die studeerkamer besig was
om die brandkas te probeer oopmaak, het die
oorledenes teruggekeer en
hy het gehoor hoe hulle die huis binnekom. Hy sê hy het dit nie
verwag nie en was verras. Ih die
daaropvolgende gebeure het hy 'n mes
wat op 'n tafeltjie in die huis gelê het in die hande gekry en
die oorledenes daarmee
gesteek (op 'n wyse wat weldra sal blyk).
Dit is op
grond van hierdie getuienis van die appellant dat die Verhoorhof
aanvaar het dat die appellant nie by die huis ingebreek
het met die
doel om die oorledenes aan te rand nie. Die Verhoorhof
4
het bevind
(met goeie rede) dat die appellant 'n swak en ongeloofwaardige getuie
was, en het sy getuienis in verskillende ander opsigte
verwerp (soos
hieronder sal blyk), maar het nietemin ten opsigte van die vraag na
voorafbeplanning die voordeel van 'n rede-like
twyfel aan die
appellant laat toekom, en op daardie grondslag aanvaar dat die
appellant in die huis betrap is deur die onverwagte
aankoms van die
oorledenes. Oor die appellant se getuienis dat hy die mes waarmee hy
die oorledenes gesteek het in die huis aangetref
het, het die
Verhoorhof geen perti-nente bevinding gemaak nie. Die Verhoorhof se
benadering tot hierdie aspek van die appellant se
getuienis hou egter
as 'n redelike moontlikheid in dat die appellant nie enige teenstand
in die huis verwag het nie, en gevolglik
kom dit my voor (gedagtig
aan die ligging van die bewyslas met betrekkihg tot strafversagtende
faktore) dat ons moet
5
aanvaar
dat die appellant hom nie vooraf bewapen het met die oog daarop om
enige moontlike weerstand wat hy in die huis kon ervaar
die hoof te
bied nie.
Op die oog
af en in isolasie beskou, maak die voorgaande aanvaardings ten gunste
van die appel-lant gewigtige strafversagtende faktore
uit. Om dit in
behoorlike perspektief te stel, is dit egter nodig om die appellant
se optrede nadat hy verras is, van naderby te
beskou.
Nadat die
oorledenes die huis binnegekom het, het die appellant eers te doen
gekry met mnr Naudé en toe met mev Naudé.
Vir gerief
verwys ek na eersgenoemde as "die man" en na laasgenoemde
as "die vrou". Volgens die appellant het
die man hom te lyf
gegaan en met die vuiste geslaan. Die Verhoorhof het nie die
appellant se beskrywing van die aanval op hom aanvaar
nie, omdat die
appellant geen enkele besering opgedoen het wat deur so 'n aanval
veroorsaak sou
6 gewees
het nie. Wat wel gebeur het, is dat die man se linkerduim op een of
ander manier in die appellant se mond beland het en dat
die appellant
dit toe morsaf gebyt het (volgens die appellant se eie erkenning, wat
tydens 'n lykskouing bevestig is). Daarna het
die appellant die mes
gevat en die man daarmee toegetakel. Met die lykskouing is vasgestel
dat daar altesaam nege steekwonde in die
borskas, nek en bo-arms van
die man toegedien was. (Een van die wonde in die borskas is nie in
die aanvanklike aanval toegedien nie,
maar 'n bietjie later, soos
weldra sal blyk.) Die aanval op die man, wat in 'n slaapkamer
plaasgevind het, het die man weerloos gelaat,
en die appellant het
hom daar laat staan en in die gang af beweeg. Die vrou het in die
deur van 'n ander vertrek gestaan, met 'n
geweer in die hand. Die
appellant het sonder veel moeite die geweer by haar afgeneem, en
daarna ook vir haar toegetakel met die
7 mes. Sy
het vier steekwonde in die borskas opgedoen. Volgens die appellant
het hy 'n skoot hoor afgaan en toe die vrou laat staan
en teruggegaan
na die kamer waar hy die man agtergelaat het. Die appellant sê
die man het bewegingloos op die vloer gelê.
Die appellant het
'n vuurwapen op die bed sien lê en dit vir hom toegeëien,
as deel van sy buit. Die Verhoor-hof het bevind
dat op die stadium
toe die appellant na die kamer waar die man was, teruggegaan het en
hy die man op die vloer aangetref het, hy
die man nog 'n verdere
steekwond in die bors toegedien het. Hierdie bevinding was
geregverdig op grond van die mediese getuienis
oor wat by die
lykskouing vasgestel is, waaruit dit geblyk het dat 'n steekwond wat
deur die aorta gesny het, toegedien was nadat
die ander wonde reeds
toegedien was, en op ' n tydstip toe die man terminaal sterwende
was.(as hy nie alreeds dood was nie).
8 Wat die
voorgaande opsomming van die appel-lant se optrede aandui, is die
volgende. Die appel-lant se aanvalle op die oorledenes
was onnodig en
sinneloos. Wat die man betref, blyk dit dat hy alreeds hulpeloos was
toe die appellant hom die laaste hou gesteek
het, en die appellant
moes dit geweet het. Die Verhoorhof het tereg bevind dat die
appellant hom toe gesteek het om seker te maak
dat hy sterf (en dus
met die direkte opset om hom dood te maak). Wat die vrou betref, het
die Verhoorhof tereg bevind dat, toe die
appellant die geweer van
haar afgeneem het, sy geen bedreiging vir hom ingehou het nie (en dat
hy haar ook gesteek het met die direkte
opset om te dood). Hierdie
bevindings maak natuurlik op sigself reeds strafverswarende faktore
uit, maar vir die doeleindes van die
huidige bespreking is hulle van
groter belang met betrekking tot die (veronderstelde) afwesigheid van
voorafbeplanning.
9 Die
appellant het self ontken dat hy die oorledenes uit die weg wou ruim
sodat hulle hom nie later sou kon uitken nie. Hy kon geen
aanneemlike
verduide-liking gee waarom hy die oorledenes aangerand en doodgemaak
het op die wyse waarop hy dit gedoen het nie (sy
bewering dat hy
"geskrik" was, is tereg deur die Verhoorhof as vals
verwerp). Die afleiding is onvermydelik, dat dit nie
die
verrassingsfaktor is wat die werklike rede was waarom die appellant
die oorledenes doodgemaak het nie. En dit word gestaaf deur
'n ander
feit wat ten nouste met die voorgaande opmerkings saamhang. Dit is
die feit dat die appel-lant nie probeer vlug het nie.
Uit sy eie
getuienis blyk dit duidelik dat hy hom wel uit die voete kon gemaak
het as hy dit wou gedoen het, sonder om die oorledenes
dodelik te
verwond, op enige stadium nadat hulle hom verras het. Hy het dit nie
gedoen nie. Hy kon nie 'n bevredigende verduideliking
gee waarom hy
10 dit nie
gedoen het nie. Weer eens is die afleiding onvermydelik: die
appellant se gemoedstoestand was dat hy hom nie van stryk
sou laat
bring deur die onderbreking van sy voorneme om die oorledenes te
besteel nie, en dat hy met doelgerigte vasberadenheid voortgegaan
het
om sy voornemens uit te voer, en in die proses daarvan heeltemal
bereid was om die oor-ledenes dood te maak ten einde sy doel
te
verwesen-lik.
Die
voorgaande gevolgtrekking word bevestig deur die appellant se optrede
nadat hy die man die finale steekhou toegedien het. Soos
reeds geblyk
het, het hy dadelik, en oënskynlik sonder enige aarseling, die
wapen wat op die bed gelê het vir homself
toegeëien.
Volgens sy eie relaas het hy daarna voortgegaan om ander besittings
van die oorledenes bymekaar te maak en in 'n
tas te pak. Hy het self
vertel van verskeie items vah klerasie en so
11
meer wat
hy geneem het, en van vuurwapens, en hoe hy 'n geweer in 'n kas
weggebêre het omdat dit te bebloed was om weg te neem.
Hy het
rondgesoek vir die sleutels van die bakkie van die oorledenes totdat
hy dit gekry het. Die brandkas waarmee hy besig was toe
die
oorledenes opgedaag het, was, volgens die polisie-getuienis, so swaar
dat 'n sterk man dit slegs met groot inspanning kon beweeg.
Hy het
dit gesleep na die bakkie en later honderde meter ver deur 'n landery
en tot by 'n sloot waar hy dit geberg het. Hy het nie
geskroom om die
bebloede lyke van die oorledenes te hanteer nie (op 'n wyse waarvan
ek weldra meer vertel).
Die kille
berekendheid waarmee die appel-lant opgetree het, toon aan dat wat
hom betref, en sover dit sy gemoedstoestand aangaan,
die feit dat hy
tydens die diefstal in die huis betrap is, wesenlik maar net 'n
toevalligheid was wat hy heeltemal bereid
12 was om
te bekamp op die manier wat hom die beste gepas het. Vanweë
hierdie omstandighede is ek van oordeel dat die (veronderstelde)
feit
dat die appellant nie die moord op die oorledenes vooraf beplan het,
of selfs vooraf as 'n moontlikheid voorsien het nie, as
'n
strafversagtende faktor bykans heeltemal ongedaan gemaak word.
Vervolgens
verwys ek na die appellant se jeugdigheid. Uit die bespreking hierbo
van die manier waarop die appellant opgetree het,
blyk dit alreeds
dat sy aanspraak op sy jeugdigheid as 'n strafversagtende faktor
skaars enige gewig kan dra. Maar, soos blyk uit
S v Dlamini
1992 (1) SA 18
(A) op 31G-H (die passasie word in die uitspraak van
my kollega aangehaal), die jeugdigheid van 'n oortreder, al sou dit
nie as 'n
strafversagtende faktor
per se
beskou word nie,
bring nogtans mee dat die hof traag is om die doodstraf op te lê.
Ek aanvaar dat 'n 19-
13
jarige
misdadiger nie ter dood veroordeel sal word behalwe in buitengewone
omstandighede nie. Ek is egter van oordeel dat daar in
die huidige
saak wel buitengewone omstandighede aanwesig is. Daardie
omstandighede is geleë in die grusaamheid van die appellant
se
optrede, wat aanduidend is van 'n verwronge en boosaardige
geestesgesteldheid. Dit blyk ten dele reeds uit die appellant se
doelgerigt-heid
met die doodmaak van die oorledenes en die
verwydering van hulle besittings; maar dit blyk veral en ten
duidelikste uit wat die appellant
met die liggame van die oorledenes
gedoen het nadat hy hulle vermoor het, soos ek nou kortliks sal
aantoon.
Toe die
polisie ontbied is na die toneel waar die bakkie omgeslaan het, het
hulle onder meer die volgende daar waargeneem. Die liggame
van die
oorledenes was in die kajuit van die bakkie. Die vrou het net 'n
bloesie aangehad, wat voor oopgeknoop
14 was.
Vir die res was sy nakend. Die man het net 'n onderbroek aangehad en
een skoen en kous; origens was hy ook nakend. Die appellant
het
getuig dat hy die liggame van die oorledenes agter op die bakkie
vervoer het en, nadat die bakkie omgeslaan het, die liggame
oorgeplaas het na die kajuit. Daar was so 'n groot klomp bloed agter
op die bakkie, volgens die polisie, dat dit langs die bakwerk
van die
bakkie afgeloop het en 'n groot kol op die padoppervlakte gevorm het.
By die plaasopstal van die oorledenes het die polisie
ook 'n klomp
groot plasse bloed aangetref, sowel binne die huis as buitekant. Die
beskrywing van die toneel in die getuienis is afgryslik.
In die
kruiwa op die werf was daar soveel bloed dat een van die
polisiegetuies gemeen het dat 'n skaap daarin geslag was.
Teen
hierdie agtergrond is die appellant se getuienis oor wat hy met die
lyke gedoen het weersin-
15
wekkend. Hy het albei na buite gesleep. Die man was heelwat swaarder
as die vrou, sê die appellant. Hy het die man in die
kruiwa
gelaai en na die bakkie gestoot. Hy kon hom eers nie op die bakkie
kry nie, vanweë sy gewig. Toe het hy 'n stuk plank
in die hande
gekry en dit as hefboom gebruik om die liggaam op die bakkie te laai.
Die vrou was lig genoeg om haar sonder meer op
te tel en op die
bakkie te sit. Daarna het hy die oorledenes met 'n kombers toegemaak
sodat hulle aanwesigheid op die bakkie nie
bespeur sou kon word nie.
Die appellant het beweer dat die vrou se klere van haar lyf af
geskuur het toe hy haar uit die huis na
die bakkie gesleep het.
Volgens sy eie beskrywing van haar kleredrag (sy het 'n nou-passende
langbroek aangehad) en die manier waarop
hy haar gesleep het, is sy
getuienis in hierdie opsig klaarblyklik onwaar; die Verhoorhof het
dit tereg as vals verwerp. Die vrou
se onderklere is gevind in 'n
16 stywe
bondeltjie, waar dit onder 'n stoel in die woonvertrek van die huis
gebêre was. Wat presies die appellant besiel het
om die liggaam
van die vrou te ontklee, weet ons nie; maar dat sy optrede
aandui-dend is van 'n aaklig verwronge persoonlikheid kan
nie
betwyfel word nie.
Die
afskuwelikheid van die appellant se optrede dui op 'n verdorwe
persoonlikheid in so 'n mate dat sy jeugdigheid nie die oplegging
van
die doodstraf kan verhoed nie.
Ek stem
derhalwe saam dat die appél van die hand gewys word.
A S
BOTHA AR
GOLDSTONE
AR
STEM SAAM
HARMS WnAR