S v Maraisana and Another (361/91, 369/91) [1992] ZASCA 138 (11 September 1992)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Concurrent sentences for murder and robbery — Appellant convicted of murder and robbery arising from the same facts — Appeal against 20-year sentence for robbery upheld due to potential duplication of punishment — Appropriate sentence for robbery found to be 12 years imprisonment. The first appellant, David Thabiso Maraisana, was convicted of murder and robbery following the violent death of the victim, T D Motsepe, during a robbery. The trial court imposed a death sentence for murder and a 20-year sentence for robbery. The appeal focused on the severity of the robbery sentence, given that both convictions stemmed from the same incident. The court held that the robbery sentence was unduly severe and should be adjusted to 12 years imprisonment to avoid duplicative punishment for the same set of facts. The appeal against the death sentence was dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 138
|

|

S v Maraisana and Another (361/91, 369/91) [1992] ZASCA 138 (11 September 1992)

CASE NO. 361/91 and 369/91
/CCC
IN THE SUPREME COURT OF SOUTH
AFRICA (APPELLATE DIVISION)
In the matter between:
DAVID THABISO MARAISANA
FIRST
APPELLANT
NELSON
MPANANGA
SECOND
APPELLANT
and
THE STATE
RESPONDENT
CORAM
: NESTADT, EKSTEEN et
VAN DEN HEEVER JJA
DATE HEARD
: 27 AUGUST 1992
DATE
DELIVERED:
11 SEPTEMBER 1992
JUDGMENT
NESTADT, JA
:
The circumstances in which the two
crimes were committed are fully set out in the judgment of my
Colleague. I am in agreement, for
the reasons stated
2
by her,
that the death sentence is the only proper sentence in respect of the
first appellant's conviction for murder and that the
appeal in this
regard must therefore be dismissed.
However,
in my opinion the appeal against the sentence of 20 years
imprisonment in respect of the robbery count should succeed. The
two
offences are based on the same set of facts. In these circumstances,
care has to be taken to avoid a duplication of punishment.
This is
achieved by "thinking away" the murder, ie the death of the
victim when sentencing the accused for the robbery
(see
S vs
Tloome
1992(3) SA 568(A) at 578 D). This is often a difficult
exercise. What does "thinking away" the murder mean? There
is authority
that the violence used does not fall within the ambit of
what must thus be ignored (see, for example,
S vs Witbooi
1982(1) SA 30(A)). But is this
3 necessarily so? In
S vs Mooi
1985(1) SA 625(A) at 631 I, JOUBERT JA (in a minority judgment) found
that the accused's act of permanently incapacitating his victim
(which was an element of the crime of murder) went beyond the bounds
of robbery (which merely required that the victim be temporarily
incapacitated). In a given case, therefore, where the murder was
committed in order to facilitate the robbery, it may be that the
violence used should, when considering an appropriate sentence for
the robbery, also (to a greater or lesser extent) be thought away.
It
seems to me that this must be done in our case. The murder was
committed with
dolus directus
and in order to enable the
robbery to take place. The entire assault on the deceased was taken
into account in assessing the appropriate
sentence for the murder. It
would be unjust to allow the sentence for the robbery in these
circumstances to be determined
4
by these
same facts. On this approach, I think the sentence should be
interfered with on the grounds that it was unduly severe. In
my view,
a sentence of 12 years imprisonment would have been a proper
sentence. The following order is made:
The
appeal against the death sentence is dismissed.
The
appeal against the sentence of 20 years imprisonment for the robbery
is allowed. This sentence is set aside. A sentence of 12
years
imprisonment is substituted.
K H
NESTADT, JA
EKSTEEN
JA – CONCURS
CG
SAAKNOMMER:
361/91 EN 369/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak van:
DAVID THABISO MARAISANA
EERSTE
APPELLANT
NELSON MPANANGA
TWEEDE
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: NESTADT, EKSTEEN et
VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 27 AUGUSTUS 1992
GELEWER
:
11 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2 David
Thabiso Maraisana en Nelson Mpananga is in die Oranje-Vrystaatse
Rondgaande Plaaslike Afdeling op 14 Junie 1991 skuldig bevind
aan
roof met verswarende omstandighede, en aan moord. Ek verwys na hulle
in wat volg soos by die verhoor: as beskuldigdes nr 1 en
nr 2
onderskeidelik. Elk is gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf vir die
roof, en die doodvonnis opgelê vir die moord.
Die
verhoorhof het beide verlof verleen ooreenkomstig elkeen se aansoek
om in hoër beroep te kom op die aanklag van roof: nr
1 slegs wat
betref vonnis, en nr 2 ook ten aansien van sy skuldigbevinding.
Beskuldigde
nr 2 is egter op 17 Julie vanjaar in die Pelonomi hospitaal oorlede.
Sy appél is derhalwe van die rol geskrap.
Bespreking van die
meriete is gevolglik onnodig. Oorledene is gedood in die loop van 'n
rooftog. Die feite waarop die twee afsonderlike
aanklagte berus,
oorvleuel tot so 'n mate dat beskuldigde nr 1 se berusting in sy
skuldigbevinding aan
3 roof
onvermydelik ook berusting in sy skuldigbevinding aan moord inhou.
Wat derhalwe voor ons is, is slegs die gepastheid van die
vonnisse
aan nr 1 opgelê.
Beskuldigdes
se slagoffer was mnr T D Motsepe. Hy en sy vrou het gewoon in huis
866, Phomolong woongebied, Hennenman. Hulle was die
eienaars van
ondermeer 'n besigheid bekend as Phomolong Cash Store en 'n
silwergrys Mercedes Benz motorvoertuig met registrasienommer
OXH
8837.
Op
Woensdag, 19 September 1990, in die laat namiddag het mev Motsepe die
huis verlaat om na die winkel te gaan. Haar man het agtergebly
en na
TV gekyk. Toe sy terugkeer om ongeveer 20hl5 vind sy die kombuisdeur
oop en die huis donker. Sy het die ligte aangeskakel en
haar man se
lyk in die gang, die huis in wanorde, en sekere artikels vermis,
gevind: onder andere 'n Beretta pistool, 'n tassie met
banksakkies en
geld, sekere kledingstukke, 'n handbyltjie wat gewoonlik in die
bedkassie langs oorledene se bed gehou was. Die
4
Mercedes Benz voertuig was ook
verwyder van die perseel. In die huis was daar artikels wat nie aan
die huismense behoort het nie:
onder andere 'n bloedbesmeerde hamer,
en 'n donkerrooi gestreepte wolmus wat langs oorledene in die gang op
die vloer gelê
het.
Toe die polisie ontbied is, is
radioberigte versend met 'n beskrywing van die Mercedes wat gesteel
is. Dit is ongeveer twee ure later
waargeneem in Welkom en het, na 'n
jaagtog, gebots teen die heining van 'n skool in die Thabong
woongebied waar dit tot stilstand
gekom het. Twee persone het daaruit
gevlug. Een is gearresteer deur die polisie wat kort op die hakke van
die Mercedes was. Dit was
beskuldigde nr 1. Die ander het weggekom.
In die Mercedes was 'n paar artikels wat gekom het uit die Motsepes
se woning, insluitende
die handbyltjie, wat bloedbevlek en nog klam
was.
Die volgende dag het beskuldigde
nr 1 die polisie vrywillig geneem na die woning van beskuldigde nr 2
wat ook toe gearresteer is.
Die klere wat nr 2 die
5 vorige
dag aangehad het, was bevlek met bloed van dieselfde groep as
oorledene s'n, soos beskuldigde nr 1 se sokkies van die vorige
dag
ook.
Volgens
die mediese getuienis was die aanval op oorledene van so 'n aard dat
daar nie sprake daarvan kan wees dat sy dood nie gewil
is nie. Sy kop
is verbrysel. Daar was frakture van die gesig onder die linker
oogbank; van beide slape; agter die linker oor; aan
die agterkop; en
een wat geloop het van die linker ooghoek reg om die kop tot agter.
Inagnemend dat 'n bebloede rondekop hamer in
oorledene se huis gevind
is, en oorledene se byltjie in die Mercedes gevind aan die
vierhoekige stompkant daarvan ook bebloed was,
is Dr Webber gevra vir
sy mening aangaande wat waarskynlik gebruik is om die beserings wat
hy gevind het te veroorsaak. Volgens hom,
waarskynlik altwee hierdie
implemente. Een fraktuur is nie deur die byl veroorsaak nie: in die
onderliggende ronde fraktuur kon 'n
albaster - of die kop van die
hamer - inpas. Twee
6
laserasies is nie deur die hamer veroorsaak nie. Die ander beserings
kon ewe goed met óf die een instrument óf die
ander
toegedien gewees het. Erge geweld is gebruik. Oorledene het baie
gebloei en inderdaad in 'n groot plas bloed gelê soos
aangetoon
in die fotografiese bewysstukke. Van daardie hoeveelheid bloed lei Dr
Webber af dat oorledene bewusteloos maar nie onmiddellik
daar dood is
as gevolg van die ernstige kopbeserings aan hom toegedien nie, waarin
ook breinweefsel vernietig is.
Wat daar
in die huis tussen beskuldigdes en oorledene gebeur het voor hulle
hom so heftig aangeval het, weet ons nie. Albei het ontken
dat hulle
iets weet van of te doen gehad het met die dood van die oorledene.
Uit die getuienis blyk slegs verder die volgende. Beskuldigdes
is
vriende. Hulle het in die vroeë middag van 19 September, 'n
Woensdag, bymekaargekom by beskuldigde nr 2 se woonplek, nl huis
1316
in Thabong, Welkom, waar hulle met mekaar gesels het - waaroor, weet
7 ons nie.
Beskuldigde nr 1 is ongeveer 14h30 daar weg en nr 2 ongeveer 17h00,
volgens beskuldigde nr 2 se vrymeisie Agnes Qesi. Die
afstand tussen
Welkom en Hennenman is ongeveer 45 km. Hoe die twee vanaf Welkom op
Hennenman gekom het, weet ons nie. Daar was geen
teken van inbraak om
toegang tot oorledene se huis te kry nie. Die moontlikheid bestaan
dat beskuldigdes 'n afspraak met hom gehad
het, of voorgegee het dat
hulle vorentoe met hom sou kontak maak, want nr 1 het die volgende
oggend ondermeer 'n stukkie papier aan
die polisie uitgewys waarop
oorledene die nommer van sy telefoon tuis, dit is by nr 866
Phomolong, geskryf het. Die uitwysing was
gedoen gedurende 'n
vrywillige tog in die loop waarvan hy ook uitgewys het onder meer hoe
om die oorledene se huis te bereik; waar
die agterdeur is; die hamer,
nog bebloed, op die wasbak; die betrokke stukkie papier; 'n drasak,
die mus, drie kledingstukke van
mev Motsepe buite die agterdeur, en
voertuigspore. Hy het sonder twyfel dus die stukkie papier as
8
tersaaklik
beskou, maar nie die hof in sy vertroue geneem oor waarom nie.
Oorledene,
'n groot sterk man, moes onkant gevang gewees het. Daar was geen
tekens van enige struweling in die huis nie, hoewel 'n
knoop van
oorledene se trui op die sitkamervloer gevind is ongeveer twee en 'n
half meter van waar hy self gelê het. Volgens
foto's 4 en 5 van
bewysstuk B is die middellyf van oorledene se broek met lyfband en al
afgetrek (of slegs opgetrek) tot onder sy
boudwange. 'n Mus
soortgelyk aan een wat beskuldigde nr 1 soms gedra het, het langs hom
gelê.
Volgens
mev Motsepe was die linnekis in die sitkamer oopgebreek en oorledene
se Beretta daaruit verwyder. In die slaapkamers is klere
uit kaste
gepluk en op die vloer gestrooi. Teruggegooide bedspreie laat vermoed
dat onder matrasse ook gekyk is vir moontlik versteekte
buit. In die
kombuis was daar bloederige water in die sink en die vreemde hamer
het daarlangs
9 gelê.
Drie kledingstukke wat buite die agterdeur gevind is, was vroeër
in mev Motsepe se hangkas. In die kleuterskooltassie
wat uit die huis
verwyder is en wat in die voertuig teruggevind is, was slegs ongeveer
R24,00 aan kleingeld, en rolle plastiese banksakkies.
Volgens mev
Motsepe is die winkel se geldontvangste saans huistoe gebring, "maar
die betrokke aand die geld wat ek saamgebring
het, het ek daar na my
ma se huis toe geneem waar ek vir die nag gebly het". Dit moes
gewees het, nadat sy haar eggenoot vermoor
gevind het. Die
beskuldigdes het te vroeg by oorledene gekom en so die ontvangste
misgeloop. Dat hulle waarskynlik op soek was na
geld blyk uit die
wanorde in die huis, reeds beskryf, en die feit dat waardevolle
artikels soos die TV stel agter gelaat is. Volgens
die klagstaat is
slegs die tassie met kontantgeld, banksakkies, 'n optelmasjientjie,
twee damesbaadjies, 'n mansbaadjie, 'n handbyl
met skede, skoene ('n
onpaar, nogal), 'n rok, 'n onderhemp, die pistool en 'n verwarmer
geneem, en dan
10 ook die
voertuig.
Dit is
onnodig om die beskuldigdes se leuenagtige getuienis te weergee en te
ontleed. Niks wat nr 2 gesê het bevoordeel enigsins
nr 1 nie,
en nr 1 het geen lig gewerp op die gebeure in oorledene se huis nie:
hy sê dat hy nie daar was nie en gearresteer
is omdat hy maar
toevallig in die nabyheid was van waar die gesteelde Mercedes tot
stilstand gestamp het.
Beskuldigde
nr 1 is in 1957 gebore en was dus 33 jaar oud toe hy geroof en gemoor
het. Hy is ongeletterd, getroud volgens Sotho gewoontereg.
Uit die
verhouding is twee kinders gebore. Hy het nr 2 al ' n paar jaar
geken. Hulle het vantevore vir 'n ruk saam op 'n plaas gebly.
Hoewel
hy geen formele opleiding gehad het nie, het hy 'n redelike bestaan
gevoer met "los werkies", onder andere pleisterwerk,
waarmee hy ongeveer R800,00 per maand verdien het. Hy het geen
tersaaklike vorige veroordelings nie, maar ook geen weersin in
wetsoortreding
nie want hy vertel 'n verhaal as sou hy
11
die dag 'n
vuurwapen wou aangekoop het, het hy maar die geld daarvoor gehad.
Hierdie transaksie sou beskuldigde nr 2 gekaap het toe
nr 1 by hom
wou geld leen daarvoor.
Toe hy
gearresteer is 'n paar uur na die moord, het konstabel Hamilton geen
drank aan hom geruik nie. Dit word ook nie aan die hand
gedoen dat
drank enige rol gespeel het by beskuldigde nr 1 se pleeg van die
misdade nie. Inderdaad weet ons, soos reeds genoem, geen
besonderhede
van wat in die huis gebeur het of waarom nie. Al wat ons weet, as
feite of geregverdigde afleidings, is dat beskuldigdes
wat die middag
bymekaargekom het, oorledene as hulle teiken uitgesoek het omdat
hulle 45 km afgelê het om by hom uit te kom,
'n wapen
saamgeneem het, oorledene verras en oorrompel en sy kop daarmee en
met 'n verdere wapen in die huis gevind vergruis het
(moontlik toe hy
uit die toilet gekom het, wat enkele tree is van waar sy lyk in die
gang gelê het). Daarna het hulle vermoedelik
geld gesoek maar
moes tevrede wees met hoofsaaklik die
12 Beretta
en die kar, die sleutels waarvan op 'n tafel in die huis gelê
het.
Daar is
niks wat daarop dui nie dat beskuldigdes se primêre plan was om
die oorledene te beroof en hulle slegs die risiko aanvaar
het dat hy
dalk in die loop van die roof tog sou gedood word. Niks verduidelik
die felheid van die aanranding op oorledene anders
as moordlus nie.
Die
faktore deur die verhoorhof as versagtend
aangemerk,
is die volgende:
"(1)
Beskuldigde 1 is betreklik jonk, naamlik 34 jaar, het nie skoolgegaan
nie en is ongeletterd en het geen kwalifikasies vir
'n vaste
betrekking nie.
Hy is
reeds vir ongeveer nege maande in aanhouding.
Hy is vir
praktiese doeleindes 'n eerste oortreder."
Op
ouderdom 33 toe die misdade gepleeg is, was
hy
volwasse, en daar is niks wat laat vermoed dat sy
gebrek aan
opleiding bygedra het tot die oortredings
nie. Die
tyd wat 'n veroordeelde verhoorafwagtend
13
aangehou is, sou dit buitensporig gewees het, kan in ag
geneem
word byvoorbeeld by bepaling van die lengte van gevangenisstraf
waarop besluit word, maar raak nie die vraag of gevangenisstraf
enigsins van pas is en of 'n veroordeelde met sy lewe moet boet vir
gepleegde gruweldade nie. Die enigste werklike versagtende faktor,
is
dat nr 1 "vir praktiese doeleindes 'n eerste oortreder" is.
Sy SAP 69 is nie voorgelê nie, wat nie 'n aanbevelenswaardige
praktyk is nie waar, soos hier, hy volgens die oorkonde by die
verhoor 'n vorige veroordeling erken het: wat die Staat egter aanvaar
het nie relevant is nie.
Die
verswarende faktore by die moord is voor die hand liggend. Oorledene
is in sy eie woning grusame beserings toegedien waar hy vir
praktiese
doeleindes hulpeloos was teen twee gewapende aanvallers wat hom
oorval het. Die aanval was 'n volgehoue, met dolus directus
en erge
geweld gepleeg, uit hoofde van die onedele motief om 'n beplande roof
uit te voer, dus uit
14 hebsug. Die aanvallers was
totaal ongevoelig teenoor hulle slagoffer, en bly ongevoelig omtrent
sy lot, te oordeel na hulle optrede
tydens en na die voorval en by
die verhoor. Daarby kom ook dat dergelike voorvalle onrusbarend
toeneem.
Ondanks nr 1 se gebrek aan vorige
veroordelings tree gemeenskapsbelang in gevalle soos hierdie na vore,
en is inderdaad die enigste
gepaste straf op die tweede aanklag, die
doodvonnis.
Die gevolg van hierdie bevinding
maak dit in 'n geval soos die onderhawige moontlik akademies om te
besin oor die vonnis vir die roof,
behalwe insover as wat dit
"uitdrukking gee aan die wetsgehoorsame gemeenskap se gevoel van
verontwaardiging oor die daad".
[Hiemstra,
SUID-AFRIKAANSE
STRAFPROSES
, 4de uitgawe, bl 586.]
Hoe om by 'n gepaste vonnis of
vonnisse uit te kom vir meerdere skuldigbevindings, hang af van die
besondere omstandighede van elke
geval.
15 Wat
algemeen nagestreef word is ondermeer dat die strafbepaler in sy
soeke na 'n billike totaal,
die
kumulatiewe effek van die vonnisse op die verskillende aanklagtes in
ag moet neem;
moet keer
dat 'n veroordeelde tweemaal gestraf word vir dieselfde dade (al sou
hulle tweekeer in ag geneem word vir doeleindes van
skuldigbevinding);
nie die
indruk moet skep nie dat 'n ernstige oortreding nie by die howe 'n
saak van erns is nie (vgl
S v B
1985 (2) SA 120
(A) 125 A-B;
HIEMSTRA, op. cit. bl 586;
S v MORTEN
1991 (1) SASV 483 (A)
486e).
Waar die
gepaste strafvorm vir verskeie aanklagte gevangenisstraf is, kan
aldrie hierdie doelstellings bereik word deur die gerieflike
fiksie
van samelopende vonnisse. Fiksie, omdat die hof gelas dat die
veroordeelde twee strawwe tegelykertyd moet ondergaan maar dit
net so
onmoontlik is om dit te
16
bewerkstellig
dat iemand tegelykertyd twee
gevangenisondervindings
ondergaan as wat dit is dat hy
tweemaal
gedood word. Waar ons te doen het met
strafvorms
van uiteenlopende aard en een van hulle die
doodstraf
is, is riglyne neergelê aangaande welke fiksie
dan
ingespan kan word.
S v MATHEBULA AND ANOTHER
1978
(2) SA 607
(A) was ook 'n geval waar dieselfde gebeure
'n moord
en 'n roof daargestel het, en die verhoorhof
die
(destyds verpligte) doodstraf vir die moord en die
(diskresionêre)
doodvonnis vir die roof opgelê het. Op
appél
is gesê te bl 613 D:
"...
these crimes must, for purpose of conviction and punishment, be
regarded as separate and distinct. Extreme care was therefore
required in the exercise of the discretionary power to avoid any
duplication of punishment in passing sentence on count 3" (d.i.
die roofklag) "for otherwise it could result in the appellants
being twice sentenced to death for precisely the same aggravating
or
non-extenuating circumstances."
En om by
'n gepaste vonnis vir die roof uit te
kom is die
feit dat 'n persoon tydens die betrokke roof
17
vermoor is, "weggedink" ten einde
'n verdubbeling van
straf te vermy. Di
é
riglyne is sedertdien gevolg. Vgl
byvoorbeeld
S v WITBOOI
1982 (1) SA 30
(A);
S v TLOOME
[1992] ZASCA 61
;
1992
(3) SA 568
(A), 578 A-G. Dit is voor die hand
liggend
dat, waar die doodstraf op een aanklag gelas
word,
dit ook maar tot 'n fiksie lei, egter met 'n ander
inhoud
as by samelopende vonnisse van gevangenisstraf:
naamlik
dat die veroordeelde beide nou gedood kan word
é
n
van nou af aan 'n aantal jare se gevangenisstraf kan
ondergaan.
Die doel van die bepaling van 'n straf wat
die
hof ooglopend nie verwag gaan uitgevoer word nie,
kan
slegs wees om 'n "waarde" te heg aan die betrokke
wandaad
- deur die verhoorhof, vir geval die
skuldigbevinding
op die ander aanklag op app
è
l of
hersiening wegval, en deur hierdie hof ter
bereiking van
die derde van die drie
desiderata
hierbo uiteengesit.
Daar kan geen sprake
wees van nastreef van die ander
twee
genoemde oogmerke nie, ten aansien van strawwe wat
tesame
met die doodstraf gelas word.
18 Toepassing van die voorgestelde
riglyne lewer erger probleme as gewoonlik op in 'n geval soos die
onderhawige, omdat die geweld
hier gebruik om die oorledene te dood
presies dieselfde geweld is as wat toegepas is om hom sy besittings
te kan ontneem. Indien
daardie
geweld
uit een of ander van die
aanklagtes "weggedink" moet word, kan dit lei tot 'n
wanstaltige siening van wat die beskuldigde
inderdaad aangevang het.
Vgl
S v S
1991 (2) SA 93
(A) 105I-106E. Om slegs die oorledene
se
dood
uit die roofaanklag "weg te dink" is om te
aanvaar wat nooit kon gebeur het nie: dat ondanks die verbryseling
van sy kop,
oorledene nie gesterf het nie maar bly voorbestaan het,
egter noodwendig afhanklik van ander mense en van masjiene vir sy
mees basiese
behoeftes. En, logies gesproke, as die dood "weggedink"
moet word uit die roof omdat dit geen komponent daarvan is nie,
waarom nie die diefstal wat juis die onedele motief daarvoor was, uit
die moord nie?
Die verhoorhof kon in sy bepaling
van 'n straf
19 vir dié
roof, slegs uiting gee aan die erns waarmee die reg die roof sou
bejeën het was daar geen moordklag daarby
gevoeg nie, of gevaar
dat dit nog gebring sou word nie - soos die geval, byvoorbeeld, in
S
v SKENJANA
1985 (3) SA 51
(A) was. Dit is nie betoog dat die
verhoorregter misgetas het in sy benadering tot dié
vonnisbepaling nie, en dat hy nie geregtig
was om al die geweld wat
wel gebruik is in ag te neem nie. Hierdie hof is derhalwe slegs
geregtig om te verskil van sy siening van
die erns van die roof,
indien dit so onredelik is "as to induce a sense of shock"
(R_v_S
1958 (3) SA 102
(A) 104 B-C; of hy "did not reasonably
exercise (his) discretion";
SKENJANA
se saak, supra, te
55 E-F).
Ek meen
nie dat die krag van die misnoeë waaraan die verhoorregter
uiting gegee het deur bepaling van wat hy as ' n gepaste straf
sou
beskou vir die gepleegde roof, oordadig was nie; of dat 'n vonnis van
20 jaar skokkend sou gewees het indien appellant
20
aangekla gewees
het slegs van roof. Ek sou die app
è
l
van die hand wys ten opsigte van die vonnisse op beide aanklagte.
L VAN DEN HEEVER AR