S v Foley (269/94) [1995] ZASCA 73 (31 May 1995)

81 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Evidence of mental capacity of witnesses — Appellant convicted of murder and rape — Conviction based on testimony of intellectually impaired witnesses — Appellant's appeal against conviction and sentence — Court's assessment of witness credibility and mental capacity crucial to determination of guilt. Appellant, V V R Foley, was convicted of murdering his wife and raping his two stepdaughters, receiving a total effective sentence of 20 years' imprisonment. His appeal was based on the alleged unreliability of the testimonies of the intellectually impaired witnesses, who were the stepdaughters. The legal issue was whether the testimonies of the witnesses, given their mental impairments, were sufficient to uphold the convictions. The court held that the trial court properly assessed the credibility of the witnesses, and their testimonies, despite their mental challenges, were sufficient to support the convictions. The appeal was dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 73
|

|

S v Foley (269/94) [1995] ZASCA 73 (31 May 1995)

SAAKNOMMER: 269/94
/jvdm
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
V V R FOLEY APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM
: SMALBERGER, STEYN et NIENABER, ARR
VERHOOR
: 16 MEI
1995
GELEWER
: 31 MEI 1995
U I T S P R A A K
STEYN AR/
2
STEYN AR: INLEIDING
Visser Vorster Rautenbach Foley
("appellant") is op 15 Mei 1991 in die Springs Rondgang van die Transvaalse
Provinsiale Afdeling skuldig
bevind aan moord op sy vrou, Yvonne Suzanne Foley
("die oorledene") - klag 1, en aan verkragting van sy twee stiefdogters, Tina
Marie
Schorr ("Tina") - klag 2, en Jacqueline Schorr ("Jacqueline") - klag 3. Hy
is op dieselfde dag vir die moord gevonnis tot 12 jaar
gevangenisstraf en vir
die verkragtings tot 8 jaar op elke klag. Laasgenoemde twee vonnisse is
samelopend. Appellant is derhalwe
'n effektiewe termyn van 20 jaar tronkstraf
opgelê. Sy aansoek om verlof om teen die skuldigbevindings en vonnisse te
appelleer
is deur die verhoorregter (Van Dyk R) van die hand gewys maar daarna
deur hierdie Hof toegestaan.
Appellant en oorledene is met mekaar getroud gedurende 1979. Hy was haar
derde man en sy was sy derde vrou. Appellant
3
het vier kinders uit sy eerste huwelik, drie seuns en 'n dogter. Hulle is
nie by hierdie saak betrokke nie. Oorledene het toe vyf
kinders gehad, 'n seun,
Allan, uit haar eerste huwelik en twee seuns, Adrian en Kevin, en die twee
dogters, Tina en Jacqueline, uit
haar tweede huwelik, dié met mnr Carel
Schorr. Haar kinders is almal tot meerdere of mindere mate by hierdie saak
betrokke.
Adrian is die oudste van die Schorr kinders. Hy en Allan het nie
tydens die verhoor getuig nie. Kevin, Jacqueline en Tina was egter
staatsgetuies. Hulle het in dié volgorde getuig. Tydens die verhoor was
hulle onderskeidelik 20, 19 en 16 jaar oud. Tina was
reeds getroud (sy het op 13
Maart 1991 met ene Edwards in die huwelik getree). Al drie van hulle is dom,
maar die twee dogters is
besonder dom. Geen deskundige getuienis oor hul
verstandelike vermoëns is tydens die verhoor gelewer nie. Die geleerde
verhoorregter
was egter klaarblyklik van mening dat hulle verstandelik baie swak
daaraan toe was. So het hy bv die destydse advokaat vir die verdediging
vermaan
4
tydens die kruis-ondervraging van Jacqueline:
"COURT: Mr Louw, you will have to put it far more simply to the witness. It
must be apparent to you too, and if it is not, then it
is quite apparent to the
court that she suffers from a severe mental retardation, she cannot follow the
ordinary language used in
a court of law. You will have to put it very simply to
her."
Dit blyk ook uit die volgende passasie in Tina se
kruis-ondervraging.
"
MNR LOUW
: Edele, ek het aansienlik om aan haar te stel,
maar ek dink nie dit gaan enige doel dien nie ... (tussenbei)
HOF
: Ja, wel u het 'n moeilike taak, maar u moet dit doen na
die beste van u vermoë.
MNR LOUW
: U moet maar geduld met my gebruik.
HOF
: Natuurlik, ek het nog nie enige ongeduld teenoor u
getoon nie.
MNR LOUW
: Soos dit u behaag.
HOF
: Ek is meer bekommerd dat ons samehangende antwoorde
kry op enige vrae wat gestel word aan die getuie. Sy is
klaarblyklik van so 'n lae intelligensiepeil dat sy dit uiters
moeilik vind om normale vrae te kan verstaan en te kan
antwoord."
In sy uitspraak op die
meriete het die geleerde regter
5
voorts die volgende menings uitgespreek oor die Schorr kinders se
verstandelike vermoëns:
"Die staat se saak draai, sover dit klagte 1 betref, om die getuienis van
Kevin Schorr en sy suster Jacqueline. Ek het die ongelukkige
situasie voor my,
en ek sê dit met die nodige deernis, dat ek na die getuienis van drie
persone moes luister wat vanweë
omstandighede buite hulle beheer en
waarvoor hulle seker nie gevra het nie, verstandelik baie swak bedeeld is. Van
die drie is Kevin
die intelligentste, dit het tydens die verhoor uitgekom dat
hulle al drie in spesiale skole hulle opleiding gehad het. Soos die getuies
voor
my verskyn het was my indruk dat hulle verstandelike kapasiteit afgeneem het.
Tina se intelligensiepeil is klaarblyklik baie
laag. Ek sal later meer daaroor
sê. ...
Jacqueline se verstandelike peil, en ek is geen deskundige nie, maar ek sou
met redelike veiligheid kon sê gebaseer op normale
ervaring, dat sy die
verstandspeil van 'n normale kind van omtrent 10 na 12 jaar gehad het. My indruk
van Jacqueline, in die besonder
was, dat ek na groot moeite, toe ek besef het sy
nie eintlik weet wat dit is om 'n eed te neem nie, aan haar verduidelik het dat
sy gewaarsku word om die waarheid te praat en probeer het om haar vertroue te
wen, en ek mag sê my indruk was dat ek in die
besonder haar vertroue gewen
het. Sy het later selfs geglimlag teenoor my en my reg in die oë gekyk
wanneer sy haar getuienis
gegee het.
...
6
Ek het met Tina se getuienis meer probleme gehad. Tina is dommer as wat
Jacqueline is en het feitlik gedurig vir my gevra, nadat ek
aan haar verduidelik
het, dat as sy nie verstaan wat een van die advokate vir haar vra nie, sy vir my
moet sê om dit vir haar
te herhaal. Ek het op 'n stadium gedink of dit nie
'n metode is om tyd te wen aan haar kant nie, maar dit onmiddellik uit my
gedagtes
geweer omdat sy nie daardie verstandskapasiteit het om enigsins iets
voor te gee wat nie eg is nie. Ek het moeite gedoen om haar
vertroue te wen en
het in 'n mate daarin geslaag deur haar oor haar werk uit te vra, waaroor sy
entoesiasties was, wat 'n beskeie
soort van werk is wat iets te doen het met die
vou en hantering van papiere wat vir verpakkingsdoeleindes gebruik word. Ek sou
haar
verstandspeil plaas op dié van 'n normale kind van sewe tot agt
jaar."
Die Schorr kinders is Engelssprekend en appellant
Afrikaanssprekend.
Appellant en die oorledene se huwelik was soos
die eertydse weer op die oostelike Hoëveld — soms mooi en rustig maar
meer
dikwels stormagtig. Hulle is in 1981 geskei weens haar verhouding met 'n
ander man. Toe daardie verhouding versuur, is sy terug na
appellant en in 1983
is hulle weer getroud. Hulle het toe 'n
7
huis in Kempton Park gekoop wat op haar naam geregistreer is. Ten tyde
van haar dood was dit steeds op haar naam. Rusies tussen hulle
het egter spoedig
hervat, meesal oor haar kinders, maar ook weens sy drinkgewoontes. Albei van
hulle was kort van draad en op 'n
geleentheid het sy hom met 'n groentemessie
aangeval. Op 'n ander geleentheid het sy 'n bottel whisky op sy kop stukkend
geslaan.
Hy het pas daarvan gedrink. Gedurende Augustus 1988 het appellant weens
die aanhoudende rusies, op sy beurt hul huis verlaat en die
huis in
Brentwoodpark, Benoni, gekoop. Gedurende Desember 1988 het sy na hom teruggekeer
en by hom in die Brentwoodpark huis ingetrek.
Kort daama het die vier Schorr
kinders teen appellant se wil ook weer by hulle aangesluit. Allan en sy vrou het
in die Kempton Park
huis aangebly. Daar was egter weer eens moeilikheid met die
kinders.
Die huislike toestand het weens daardie moeilikhede spoedig
weer só versleg dat appellant oorledene beveel het om met haar
kinders
terug te gaan Kempton Park toe. In sy hoof getuienis het
8
appellant die verloop van hierdie insident so beskryf:
"Ja, nou het dit toe gelukkig gegaan toe u in Brentwoodpark by u nuwe huis
met u vrou en die drie kinders weer by u, het dit goed
gegaan? — Nee, in
die begin toe oorïedene alleen daar gebly het, was daar nie probleme nie,
maar toe die kinders daar
ingetrek het, het die probleme maar van voor af kop
uitgesteek.
Nou wat het toe daar gebeur, ongeveer drie weke voor hierdie insident wat
daar plaasgevind het, die skietery wat daar plaasgevind
het? — Ek het vir
haar op daardie stadium gesê man ek is nou moeg vir hierdie storie, sy
moet haar goed pak, die kinders
vat en teruggaan na die ou huis toe, ek wil haar
nie daar hê nie. Ek verkies eerder om alleen te wees dat ek rus en vrede
het.
Kan u net kortliks vir sy edele skets wat het aanleiding gegee tot hierdie
besluit van u, wat u so pas van gepraat het? -- Dit was
aanhoudende gegil en
geskreeuery. Onder andere was sy vreeslik om 'n ding aan te haal 'I will kill
you you bastard, I will see you
dead' en ek was heeltemal keelvol daarvoor
...
Het sy toe gegaan — Ja, al gillende en skreeuende het Adrian en 'n
ander manspersoon met 'n bakkie hulle ongeveer 10 minute,
vyf minute daama daar
opgelaai en hulle is toe daar weg.
Het sy toe weer teruggekom daarna? - Sy en Adrian het die volgende oggend
teruggekom.
9
En wat was haar houding? -- Sy het aan my gesê sy is moeg om op en af
te trek. Sy wil terugkom, maar sy is nie so seker nie.
Ek het aan haar
gesê sy moet maar maak soos sy goed dink.
Het sy en die kinders toe inderdaad maar weer teruggetrek? --Dieselfde
aand."
Volgens appellant se tydsberekeníng was
hierdie voorval ongeveer die middel van Maart 1989. DIE GETUIENIS: DIE
MOORDAANKLAG:
Dit is nie betwis nie dat die oorledene op die laat
namiddag van Vrydag 7 April 1989 deur 'n skoot afgevuur uit 'n vuurwapen
behorende
aan appellant doodgeskiet is in Jacqueline se slaapkamer in die
familie se woning te Brentwoodpark, Benoni, tydens 'n rusie tussen
appellant en
die oorledene. Wat betwis word is waarom en hoe dit gebeur het.
Dit
is voorts gemene saak:-(i) dat die ingangswond van die koeël wat oorledene
gedood het op
10
haar regterwang was, dat die baan daarvan horisontaal van voor na agter
was en effe na links, en dat die koeël tot in oorledene
se serebellum
(klein harsings) penetreer het, waar dit tot stilstand gekom het; (ii) dat geen
kruitmerke of ontstekingsresidu by
of om die ingangs-
wond gevind
was nie; en (iii) dat spore van ontstekingsresidu egter gevind is op oorledene
se
regterhand sowel as op appellant se linkerhand. DIE VROEëRE
GEBEURE OP VRYDAG 7 APRIL 1989
In sy hoofgetuienis het appellant, o
a in antwoord op vrae deur die verhoorregter, 'n relaas gegee van die
vroeëre gebeure op
daardie Vrydag wat nie weerspreek is nie. Daar is na my
mening geen rede om daardie relaas te verwerp nie. Dit is kortliks die
volgende.
Hy en die oorledene het daardie oggend "normale besigheid
in die stad gaan doen". Voor hul vertrek het hy sy pistool (kaliber 7,65mm)
oudergewoonte onder sy baadjie agter in sy lyfband
11
ingedruk. In die stad het hy geld by die bank getrek en aan haar gegee
vir inkopies. Op pad huis toe het hy 'n bottel whisky gekoop.
Hulle was om
ongeveer 10:00 weer tuis. Hy is na hul slaapkamer waar hy sy baadjie uitgetrek
en op die bed neergesit het. Hy het die
pistool bo-op die baadjie gesit en dit
daar gelaat. Dit was nie gelaai nie, 'n magasyn was egter daarin maar die
veiligheidsknip
was aan. Oorledene en die twee dogters het vertrek om inkopies
te gaan doen en hy het in die tuin gaan werk. Die middag het heel
rustig
verloop. Die oorledene en haar dogters het teruggekom maar om 16:00 weer vertrek
om Kevin by die stasie te gaan haal. Omdat
hy eers om 17:30 van die werk af daar
aankom, was appellant ontevrede dat hulle só onnodig vroeg weg is. In die
loop van die
hele middag het hy ongeveer vyf doppe whisky gedrink maar was
nietemin in sy eie estimasie "heeltemal nugter". DIE AANLOOP TOT DIE
SKIET
VOORVAL
Wat later dié middag gebeur het as aanloop tot
die
12
oorledene se dood, is in geskil. Appellant se relaas daaromtrent en
dié van die staatsgetuies bots in wesentlike opsigte. Ek
handel eers met
die weergawe van appellant en daama met dié van die Staat. APPELLANT SE
WEERGAWE
Oorledene en die drie kinders het om ongeveer 17:40
teruggekom. Appellant was humeurig en vra haar of sy nou klaar rondgejakker het,
en het haar daarvan beskuldig dat sy nooit meer tuis is nie en hul woning slegs
as 'n eet- en slaapplek gebruik. Sy het haar daaroor
vererg en oudergewoonte
begin gil en skreeu.
In antwoord o a op vrae deur die verhoorregter was appellant se verdere
relaas soos volg:
"Wat bedoel u daarby, 'n gegil en 'n geskreeu soos gewoonlik? -- Edelagbare,
sodra sy haar humeur verloor het, het sy hard uitgeskreeu,
sy het nie normaalweg
gepraat nie.
Ja? -- Ek het opgestaan en op pad deur toe het ek vir haar gesê man,
ek dink jy beter verdeksels trap.
Ek hoor nie? — Ek het vir haar gesê terwyl sy op pad was deur
toe, ek dink sy moet trap, haar goed vat en trap. Ek
het
13
uitgeloop en ek het agter die huis waar daar 'n houtheining was, of 'n
'horserail' soos wat hulle dit noem, daar gaan staan. Sy het
aanhoudend geskreeu
en gevloek en gegil.
Ja? -- Ek het vir 'n tydperk daar gestaan. Op 'n stadium het ek gehoor
Jackie sê 'mommy please, mommy don't do it'. Haar geskreeu
op daardie
stadium was, om dit te beskryf as histeries is baie nader aan korrek.
Hoekom sou sy nou histeries wees, wat veroorsaak dit nou?--Sy kon
vreeslik opgewonde raak.
Nou goed, u het haar nou weggejaag. U het vir haar gesê sy moet
haar goed vat en sy moet trap en nou gaan u self na buite toe.--—
Dit is
korrek.
U sê sy is nou nog steeds besig om te skreeu en te raas en sy was
naby aan histeries sê u sou 'n beter beskrywing wees.
Ja? -- Nadat
Jacqueline, ek gehoor het dat sy sê 'mommy please, mommy don't do it', het
haar ou storie van 'I will see you
dead you bastard, I will kill you' weer
deurgekom. Ek het omgedraai en ek het in die huis ingeloop. ...
HOF
: Ek is nie heeltemal seker nie, ek verstaan nie mooi nie, ek
skryf maar u woorde neer, haar ou storie 'I will see you dead, I will
kill you'
het weer deurgekom sê u? — Dit is korrek.
Ja? - Ek het in die gang afgestap, ek kon hoor dat sy in Jacqueline se
kamer was."
14
Tydens kruisverhoor het appellant met dié relaas voortgegaan, en
het die verhoorregter toe soos volg tussenbeide getree:
"Nou, kan u vir ons sê hoekom sê sy, hoekom sou die oorledene so
iets, Jacqueline so iets gesê het? — Dit
is wat ek nie weet nie. Ek
het teruggeloop om te gaan kyk daarvoor en om eerlik te wees, ek was eintlik
ongelukkig dat die kind moes
gesoebat het op daardie punt.
HOF
: Hoekom was u daaroor ongelukkig? U het dan die oorledene
weggejaag en gesê sy moet haar goed vat en trap, want volgens Jacqueline
is dit presies wat sy gedoen het op daardie stadium. Sy het haar handsak gevat
om te trap, want u het haar mos aangesê ...
(tussenbei) - Dit is korrek
... (tussenbei)
Hoekom voel u dan daaroor ongelukkig, dan moet u mos nou bly wees. —
Die kinders was nog altyd na aan my.
Ag kom nou. — Wel dit is 'n feit.
U het my nog nooit daardie indruk gegee gedurende die hele paar uur wat u al
getuienis gee nie. — Indrukke wat ek gee en gevoelens
wat ek het is twee
verskillende dinge.
U het net sorge en moeilikheid en probleme, volgens u getuienis, met die
kinders gehad, geen liefde of toegeneëntheid nie. —
Dit is korrek, en
ek was tog jammer vir hulle, miskien
op
15
dieselfde prinsiep as wat jy vir 'n brandsiek hond sal jammer wees.
Ja, dit is die tipiese vergelyking wat 'n mens van u kan verwag ...
(tussenbei) — Ongelukkig ... (tussenbei)
Dit is die simpatie wat u het om daardie onskuldige, minderbevoorregte
kinders, in verband te probeer bring met 'n brandsiek hond.
-- Dit is nie
letterlik bedoel nie, slegs Gguurlik.
U gee my die indruk van 'n hartelose mens, en dit is nou weer 'n voorbeeld,
wat u toevallig, net spontaan uit u mond uitgeglip het.
U hele verweer is daarop
ingerig gewees, onder andere, om te probeer aantoon wat se swak karakter daardie
kinders het, iets wat hulle
waarskynlik nie kan verhelp nie omdat hulle nie 'n
besondere verstandsontwikkeling gehad het nie. -- Edele hulle het hulle probleme
gehad en as gevolg, soos u tereg aanhaal, as gevolg van verstandelike
vermoëns. Ek het my uiterste gedoen om te help sover as
wat ek kon. Meer as
dit kon ek nie doen nie. ..."
Daarna het appellant soos
volg voortgegaan, steeds in antwoord op vrae deur die verhoorregter:
"U het haar weggejaag. Nou gil sy en sy dreig daar in die slaapkamer, daar
by die dogter, maar dit sou u nie ontstel nie, want dit
is 'n ding wat sy, om u
eie woorde tc gebruik,
16
oudergewoonte doen. — Ja, dit is standaard prosedure ...
(tussenbei)
Dit was nie vir u 'n verrassing nie. Nou wat gaan soek u daar in die kamer?
— Op die tempo wat sy toe geskreeu het was ek heeltemal
keelvol vir
daardie geskreeu.
Was u keelvol vir die geskreeu? -— Ja.
Ja, u wou 'n einde daaraan bring. -— As ek haar bek moes toeklap, sou
ek hom toegeklap het.
Goed, en is dit een van die redes waarom u soontoe gegaan het? — Dit
is, ek het daar ingeloop om vir haar stil te maak en te
sê kyk 'shut
up'.
En was dit u plan gewees, soos u sê om haar bek te gaan toeklap sodat
sy kan stilhou om te skreeu? — Indien die voorval
nie sou gebeur het nie,
en sy sou geskreeu het en geweier het om stil te bly, sou ek dit heel
waarskynlik gedoen het."
Verder tydens kruisverhoor het
appellant soos volg hieroor getuig in antwoord op vrae deur die
verhoorregter:
"Ja goed. Nou is u weer gedrink en nou gaan u om haar bek te gaan toeklap,
soos u sê. Is dit nie makliker om haar nou
maar
17
dan te skiet nie? — Nee.
Dan is hy mos vir ewig toe? -— Ek neem nie my toevlug tot 'n vuurwapen
nie, daarvoor is ek opgelei ... (tussenbei)
Wel dit is wat die twee kinders sê. — Ek weet dit is wat hulle
sê.
Ja, en u gemoedstoestand was, op u eie getuienis, net heeltemal reg
daarvoor. - Nee.
Wel, u gaan om haar te gaan aanrand. — Ek het gegaan om vir haar te
gaan stilmaak en as sy nie sou stilgebly het nie, dan sou
daar heel waarskynlik
my gemoedstoestand gewees het, soos u dan gesê het, ek sou haar 'n oorveeg
gegee het."
Op sy eie weergawe was appellant keelvol vir
en woedend op sy vrou toe hy daardie laat namiddag na Jacqueline se kamer gegaan
het.
DIE STAAT SE WEERGAWE
Kevin was dit eens met appellant dat 'n
hewige rusie tussen die egpaar oorledene se dood onmiddellik voorafgegaan het.
Sy weergawe
van die verloop daarvan verskil egter, soos reeds gemeld,
18
wesentlik van dié van appellanl. Hy het getuig dat hy by tuiskoms
na sy kamer is. Kort daama het sy ouers oor sy stiefbroer
Allan begin stry.
(Appellant het beweer dat die oorledene baie erg oor Allan was en dat hy haar
"blue-eyed boy" was maar dat hy "'n
bietjie van 'n probleem mens" was wat
vroeêr vir ongeveer agt maande weggeloop het nadat appellant hom kortgevat
het). Die
oorledene het hul aandete begin voorberei maar appellant het die kos
uitgegooi op die kombuisvloer. Daama het hy sy vuurwapen gaan
haal en die
oorledene in die huis daarmee rondgejaag. Op 'n stadium het hy aan haar geskree
"Do you want to see a man being killed!"
en gelyktydig die pistool onder sy ken
ingedruk. Hy het dit verskeie kere herhaal. Daama het hy die pistool na haar
gegooi en sy
het dit na hom teruggegooi.
Kevin het daarna die volgende
gesê:
"They were running up and down in the passage? -- After he, when he went to
put his pistol away ... (intervenes)
So he went to put it away? — He went to put it away and
then
19
he told my mother to go and take her stuff and go. He then went out of the
room and he went back into the main bedroom, into the deceased's
bedroom. He
then came out, he came out again with the revolver on the side of his, I am not
sure which side, he then took it and
put it into the back of his pants.
Are you sure? — Yes, I am positive.
Because this is the first we hear from you that the accused fetched the
firearm from his, from the main bedroom, the one next to you,
your bedroom. --
Correct ja."
Appellant het die oorledene toe na
Jacqueline se kamer gevolg. DIE SKIET VOORVAL
Wat in Jacqueline se
kamer gebeur het is eweneens in geskil. Ek handel weer eerste met appellant se
weergawe daarvan en dan met dié
van die Staat. APPELLANT SE
WEERGAWE
Toe appellant by die deur van Jacqueline se kamer kom was
hy gekonfronteer deur die oorledene wat sy vuurwapen op hom
20
gerig het. Die verdere verloop van gebeure het hy soos volg tydens
hoofverhoor beskryf.
"Ek het nie tyd gehad om te dink nie, ek het direk aangehou loop en die
vuurwapen gegryp, die hand met die vuurwapen.
HOF
: Kom ons gaan aan en probeer die getuienis klaarmaak. --Ek het
die hand gedraai, ek het geruk in 'n poging om die vuurwapen uit te
kry. Sy het
teruggeworstel, daar was 'n slag, sy was ongeveer twee treë van my af, vir
my direk gestaan en kyk en toe vooroor
geval in 'n hande knieë
posisie.
Hoe ver was sy van u af sê u? -- Plus-minus twee treë, dit was
die breedte van die enkelbed.
MNR LOUW
: Ja? -- Ek het gesien dat daar bloed uitloop uit 'n kol van
haar. Die vuurwapen was in my hand. Ek het die vuurwapen op die grond
neergegooi
en geprobeer kyk waar sy bloei om die bloed te probeer stop, ek kon die wond nie
kry nie ... (tussenbei)
HOF
: Bedoel u op die vloer of het daardie kamer 'n grondvloer, want u
sê u het dit op die grond gegooi? - Op die grond, op die
vloer, wat ek
bedoel is plat op die mat... (tussenbei)
Op die mat? -- Dit is korrek.
Ja? -- Ek kon nie kry waar die bloed uitkom nie, dit heí vir my gelyk
of dit van haar skouer af kom. Sy het vooroor geval
en
21
op haar sy gedraai. Vir my was ooglopend dat ek nie kon help nie. Ek het
omgedraai, Jacqueline het ongeveer 'n halwe treë agter
my gestaan. In die
proses het ek gesien dat Kevin van sy kamer se kant aankom, wat ongeveer twee
meter van daardie spesifleke deur
is."
Tydens
kruisondervraging het hy verder soos volg daaroor getuig:
"Ek wil net by u weet op hierdie stadium, wie het nou eintlik, wie het die
sneller getrek van daardie pistool van die skoot wat die
oorledene gedood het?
— Dit kon enigeen van ons twee gewees het. In die worsteling toe die slag
afgaan, was ons ongeveer by
mekaar. Die vuurwapen was in my hand, ek kan nie
sê dat ek nie die sneller getrek het of dat die beskuldigde, oorledene hom
nie getrek het nie.
Maar was u nugter gewees, as u nie eers so iets belangrik kan onthou nie?
— Ek was nugter, my vinger was nie op die sneller
gewees nie.
Nou waar was u vinger dan gewees, u wysvinger? -- Soos ek die vuurwapen
gehad het, het hy teen die snellerdeel afgelê, die vuurwapen
was nog
oorgehaal gewees.
HOF
: Wie het dit oorgehaal? - Dit is outomaties, as daar
'n
22
skoot afgaan, dan haal hy hom outomaties oor. ...
So dit was gelaai, oorgehaal, maar die veiligheidsknip was op gewees? --
Dit kon nie op gewees het nie, dan sou hy nie gevuur het
nie.
Asseblief, moet tog nie probeer, probeer u snaaks wees? — Nee, ek
probeer nie, u sê die veiligheidsknip was op, ek sê
daar het 'n
skoot afgegaan ...
En toe sy geskiet is, en nou kan u maar slim wees, want dit weet enige
bobbejaan wat nie eers slim hoef te wees nie, dan moes die
veiligheidsknip af
gewees het? — Dit is korrek. ...
MNR ROBERTS
: ... Nou in watter hand het sy hom gehad? -Sy het hom
in haar regterhand gehad.
Goed, en sy rig hom reg voor haar in die rigting van u maag omtrent, is
dit korrek? — Dit is omtrent op die vlak van my maag
of my bors.
Goed, nou waar het u die vuurwapen, waar het u die, haar gegryp om die
vuurwapen in die hande te kry? — Ek het, toe ek gegryp
het, oor gegryp op
die manier vas, en ek het gedraai, weggeruk. Sy het teruggespartel, die slag het
afgegaan en ek het die vuurwapen
in my linkerhand gehad. Die haan was
teruggetrek.
23
U wys nou u het u hand gehad, bo-oor die vuurwapen ... (tussenbei) --
Bo-oor die vuurwapen en met haar hand saam.
En u beur weg van haar af, u het weggedruk van haar af na haar regterkant
toe? — Ek het van my af weggedruk na haar linkerkant
toe en ek het die
vuurwapen, haar hand teruggebring om die vuurwapen uit te kry en in die proses
het die slag afgegaan. ...
... Toe die skoot afgegaan het, toe, na die slag was my hand oop op die
vuurwapen, so en dit is eerste wat ek gekyk het, die vuurwapen
het na haar
linkerkant toe oorgewys.
Maar is ek nou reg as ek sê dat as u vinger nie op die sneller was
nie, moes haar vinger op die sneller gewees het? —
Dit is die korrekte
afleiding ja.
Nou goed, so met ander woorde, sy het nou eintlik haarself geskiet
volgens u? — Dit kan wees. ...
Het die vuurwapen op enige stadium op die oorledene, in haar rigting
gewys? -- Dit kon gewees het.
Hoe is dit mnr Foley dat u so min van die voorval af weet, lyk my u was
so dronk u weet glad nie wat daar gebeur het die dag nie.
-- Ek was dood nugter
en in 'n breuk van 'n sekonde ... (tussenbei)
HOF
: Hoekom sê u dit kon so gewees het. Dit moes noodwendig
so gewees het. ... (tussenbei) — Dit moes
24
noodwendig na kaar kant toe gedraai het ... (tussenbei)
Hoekom skram u daarvoor weg? — Ek skram nie weg nie, maar ek kan
nie definitief sweer nie, dit was 'n worsteling ... (tussenbei)
Maar u hoef nie te sweer nie, u het Waar gesweer ...
Gedurende die stoeiery het u haar hand so gedraai met geweld dat die
vuurwapen se loop na haar gesig gewys het en die skoot afgegaan
het. - Dit is
korrek. ...
HOF
: Die belangrikste is hoekom het u hom so gewring dat die loop
na haar gesig gewys het? — U edele, sy het vasgeklou en sy het
teruggeveg.
Ek het, sy het hom nie net vir my gegee nie.
MNR ROBERTS
: Die, wat het met die vuurwapen gebeur direk na
díe skoot afgegaan het? — Direk na die skoot afgegaan het was die
vuurwapen
in my hand gewees....
U het die vuurwapen versigtig neergesit op die grond, op die mat? -- Ja,
ek het hom neergesit, die polisie het hom nog gekry in dieselfde
oorgehaalde
toestand waar hy op die vloer gelê het.
Hoekom het u die vuurwapen nie saamgevat nie?
HOF
: Het u hom neergesit of hom neergegooi daar op die mat?
— Ek het hom net neergegooi toe ek sien sy staan ... (tussenbei)
Neergegooi? Ja, nou is dit vir my opvallend, dat beide Kevin en
Jacqueline dieselfde getuienis gee. Hulle sê na die skoot het
u die
vuurwapen neergegooi. Jacqueline sê op die gesig van die
25
oorledene, Kevin sê dat u dit op haar gegooi het. Hoe kon hulle dit
moontlik geweet het ... (tussenbei) — Ek sal nie weet
nie ...
(tussenbei)
As hulle dit nie gesien het nie? — Ek sal nie weet nie.
Ek neem aan u het nie vir hulle gesê u het dit gedoen nie?

Nee.
Het u 'n antwoord op daardie vraag of nie? — Geen antwoord op daardie
vraag nie."
DIE STAAT SE WEERGAWE
Kevin
beskryf in hoofverhoor soos volg wat gebeur het toe die oorledene en appellant
na Jacqueline se kamer is.
"Then my mother went into my sister's room and he followed her. I then saw
him taking his hand towards his revolver and taking it
out and then my mother
started screaming out 'he is going to shoot me' and when I saw him taking it
out, I started moving towards
him, and about a metre or two before I reached him
I heard the gun shot going off and by the time I got to him I already saw my
mother
falling down. And after he had shot her, he had left the room, he took
the gun and he threw it into her face and then he left the
room.
26
COURT
: What did he do with the gun? - He took the revolver, he
threw it into her face ... (intervenes)
Into her face? — Yes, onto her face yes and then he moved out of
the room. I then went into the bedroom, where my sister was
already in the room
at the time ... (intervenes)
MR ROBERTS
: Is it the same room in which she was shot or another
room? -- Yes in the same room.
Same room, yes? -- Right, I then went to see if I can help her and I saw
her full of blood, I then immediately thought of going, I
went across the road
to call an ambulance and the police and I cannot remember what happened further.
...
Now Mr Schorr, where were you when the shot was being 6red at your
mother, were you inside the room, in the passage or in the lounge
or where were
you? -- In the passage. ...
COURT
: Yes, and his mother fell down, that is what he said. How
far were you away from the accused at that time? — I was about two
metres
away from him. ...
What did you see? — I did not know where my mother was standing at
the moment.
Couldn't you see her? -- No I could not.
Yes? — And I saw him, I saw the accused lifting up his arm with the
revolver in his hand and pointing straight in his direction
and then I heard a
shot going off.
27
Will you try and indicate to me how did he lift his arm and what did he do
with the firearm in his hand? — Well he took his
hand like this.
The witness indicates that he took out something from behind his back, yes,
is that where the revolver was at the time? —
Yes."
Tydens kruisverhoor het sy getuienis o a verder
soos volg verloop:
'
MR LOUW
: The accused will also say that when the Grearm went off he
had it in his hand and then he had thrown it down after the shot, he
had thrown
it down and when he turned about he said Jackie was in the passage just behind
him. - No that is wrong, because like I
said where the accused was standing, I
already, I was two metres away from him, I then could just barely see Jackie. He
then threw
the gun, after he had shot, he had thrown the gun at the deceased and
then afterwards he moved out the way and Jackie moved towards
my mother when, so
I can move in as well. Like I say when the deceased, when the accused was
standing in the passage of the doorway
and the passage and the room you know, in
the middle of the room, in the doorway, let us put it that way, he had already
taken out
the gun to shoot her. I then came close to him and I heard the
shot
28
going off. By the time I got there I saw my mother falling. He then took
the gun and he threw it at her, I turned around ... (intervenes)
COURT
: Yes, but the point is, where was Jackie at the time? -In
the room.
In the room? -- In the room.
Not in the passage? -- No."
Jacqueline het die verloop van dié voorval só
beskryf:
"... were you at your house on this, on Friday
7 April 1989 when this incident took place? -- Yes, I was.
Now can you tell us please what you saw that day, not what other people
told you, but what you saw with your own eyes? --That night
I saw my stepfather
pointing a, first he had an argument with my mom, then afterwards she went to
the room and then afterwards he
went, he came in with the gun as well by the
door entrance, then he pointed the gun to my mom and ... (intervenes)
COURT
: Were you in the room with your mom at the time?
-Yes.
And who came into the room? -- My stepfather.
29
Your stepfather. Now, did he go right into the room or how far did he go
before he pointed the firearm to your mom? -- He was at the
door
entrance.
At the door entrance. Whose firearm was it, do you know -- It was my
stepfather's. ...
And then what happened? -- Then from the door entrance he pointed the gun
to her, she was standing by the window by the door and the
window and after a
while he said if you don't keep quiet or so, he will shoot her and she was
trying to look, shouted out for help.
I could not quite hear you, she was doing what? — She was shouting
out for help.
Shouting out for help. What did she shout, can you recall? --Somebody
help.
Somebody help. And then what happened? - Then after a while he pulled the
trigger and when she fell he threw the gun onto her face
and he ran ...
(intervenes)
Did you hear the sound of the gun going off? -- Yes.
You say
he pulled the trigger? -- Yes.
Did you see it, did you see him
pulling the trigger? -- Yes.
And then did you hear the bang? --
Yes.
Of the firearm going off? -- Yes.
30
What happened to your mother when the, when you heard the noise of the
gun going off? — She fell down and when she fell down,
I tried to help
her.
I beg your pardon? — When she fell down I tried to help her, but
... (intervenes)
Yes, but before that you said something about the accused, that is your
stepfather, doing something with the fïrearm, after he
had pulled the
trigger, after the shot went off, what did he do with the firearm? — Threw
it onto her face ...
MR ROBERTS
: Can you tell us more or less how far was your father,
the accused, from the deceased when the shot went off? — I am not sure
...
(intervenes)
Can you point out to us perhaps in court? -- I would say from here to
about that bench the other, the second bench.
I would say about three metres.
COURT
: You point to the bench on the other side of the gentleman
who was putting the questions to you? -- Yes.
MR ROBERTS
: This bench? -- Yes.
COURT
: It is about four/five paces.
MR ROBERTS
: And can you tell us why this whole thing happened?
— He was saying some things about my oldest brother ...
(intervenes)
31
COURT
: Just please look towards me Jacqueline so that I can hear you.
— Yes, he was saying some things about my oldest brother, like
he was not
around there, ïike he was there in Kempton Park.
Was the quarrel about your oldest brother? — Yes.
And you say the accused was saying something about him? —
Yes.
Can you recall what he was saying about him? -- He said something about my
mom sleeping around with him and ... (intervenes)
With him? -- Yes.
That is now, him being your brother? -- Yes.
MR ROBERTS
: Did the accused say this inside your bedroom? —
Yes, it was.
COURT
: Well, was he inside your bedroom or only, did he only go as
far as the entrance, the threshold? -- He went as far as the door
entrance."
Die volgende passasies kom o m voor in haar
kruisverhoor:
"
MR LOUW
: Jacqueline, I put it to you that your mother was standing
at the right-hand end of your bed. — She was
not
32
standing over there by the foot end, she was standing by the
window.
So you say she was standing by the window? — Yes.
Are you sure of that? -- Yes. ...
MR LOUW
: Who was first in your bedroom, yourself or your mother?
-- My mother.
ïs it then correct that you entered your bedroom after your mother
had gone in? — Yes.
Now, is it then also correct that your mother was very upset when she was
in your bedroom? - Yes, she was and and a bit furious.
She was furious? - Not all that furious, but like she lost her
temper.
COURT
: What was she doing in your room? -- She was getting her
handbag.
Her handbag? - Yes. ...
Did you get the impression that she was about to leave with her handbag,
leave the house or not? - I do not know.
MR LOUW
: Now the accused will say that your mother shouted that
she would kill him, that she would rather see the bastard dead, is that correct?
— It is not, can you just repeat the question please? ...
33
COURT
: What counsel is putting to you is this. When your
stepfather is going to give evidence, you see, we fïrst listen to all the
evidence, and then he would come and testify and tell the court what happened
that day. He will say that your mother, before she
was shot, shouted that she
would rather see him dead, meaning your stepfather, she would, and expressed the
wish that she wanted
to kill the bastard, meaning him. Did you hear that? --
No.
Did she ever that day threaten to kill him? -- No.
Did she ever threaten to shoot him? -- No. ...
The accused will say when he entered the room your mother was standing
with the firearm in her hand, pointing it at him. Now I know
you have denied it.
I want to take it further. Accused will say further that he jumped towards your
mother and he wrenched the firearm
with his ïeft hand and his right hand
from your mother. Can you comment on that, can you say whether it is true or
not? —
Can you repeat that question please.
COURT
: It is the following. Accused will say when he entered the
room, your mother was pointing the firearm at him. You have already said
it did
not happen. He will say further that he jumped at her in an effort to try and
get the Grearm out of her hands. He grabbed
hold, he got hold of her hand with
the firearm in it, trying to get it out of her hands. Have you seen that? -
No.
Did it happen? - No.
34
MR LOUW
: And he will tell the court in that process the shot went
off. -- Can you please repeat?
COURT
: He will say to the court that it was then, while they were
struggling with one another, that the shot went off, that you heard the
bang,
the loud noise. - They were not, he was not trying to get the gun from her,
because she was not holding a gun.
MR LOUW
: Jacqueline, you also told the court that you saw the accused
pulling the trigger, is that correct? — Yes.
In which hand did he have the fire-arm? — The left.
In his left hand. And with which finger did he pull the írigger? -
With that one.
COURT
: Pointing Gnger? - Yes.
Is that it? Yes, she indicates the pointing finger.
MR LOUW
: And is it correct that at that time as I recollect your
evidence, your mother was approximately four to five paces away from the
accused? — Yes."
DIE SLOT-EPISODE
Die
verloop van gebeure na die skietvoorval is weereens in geskil. Ek handel
afsonderlik met die botsende weergawes in
35
dieselfde volgorde soos hierbo. APPELLANT SE WEERGAWE
Hy het,
toe hy hulle met die omdraai agter hom in die gang opmerk, vir Kevin en
Jacqueline aangesê "om oor die straat te hardloop
en die buurman te vra om
die polisie en die ambulans te skakel", wat hulle toe gedoen het. Hy het in die
huis agtergebly, maar nie
in Jacqueline se kamer nie.
Terwyl hy in
die eetkamer was het mnr Davies, die buurman oorkant die straat, ingekom en vir
hom gevra "you stupid man what did you
do?". Op hierdie stadium het die
verhoorregter tussenbeide getree en daarop volg dié passasie:
"Hoekom sou hy dit vir u gesê het as niemand hom vertel het wat daar
gebeur het nie? -- Heelwaarskynlik het die kinders hom
gesê.
Dit is nie aan die kinders gestel dat hulle, nie aan een van die kinders,
dat hulle aan mnr Davies 'n rapport gemaak het nie. --Ek
het so gehoor.
So ons kan dit dan maar uitsluit? — Ja, indien ek reg onthou,
dit
36
mag onder korreksie wees, het Davies ook gesê dat die kinders aan
hom gesê het 'their mother has been shot'.
Hy sê Kevin het vir hom gesê 'my mother had been shot'. Dit
is sy getuienis. — Dus het hy kennis gedra.
Maar hoekom ... (tussenbei) -- van 'n skietery.
Hoekom sal hy nou vir u beskuldig, want dit is nooit aan Kevin gestel dat
hy vir mnr Davies gesê het dat u sy ma geskiet het
nie. Verstaan u?
— Ek hoor wat u sê.
Nou maar goed, dan moet ons nou maar uitreêl en aanvaar Kevin het
dit nie vir hom gesê nie. — Ek kan niks daaraan
sê nie u
edele, ek het in die 'box' gesit, nie die verdediging waargeneem nie.
Nee, nee, nee, maar u het gedurig met u advokaat gekonsulteer en as daar
iets was wat nie korrek was of wat ookal nie, het u die geleentheid
gehad en u
het ook daar van daardie geleentheid gebruik gemaak, want ek het een of twee
keer verdaag dat u aan hom volledige instruksies
kan gee. — Ek het aan die
advokaat 'n volledige storie gegee in sy kamers in 'n vyf ure debat, volledig
van 'n kant af ...
(tussenbei)
Ek wil nie hoor wat u vir hom gesê het nie, maar ek sê net
vir u dat, of wil u nou sê dat u vir die advokaat gesê
het dat Kevin
vir mnr Davies gesê het dat u sy ma geskiet het? ... (tussenbei) - Dit
beweer ek nie ... (tussenbei)
37
Nou maar goed, dit het u nie vir hom gesê nie en daarom het hy
heeltemal korrek dit ook nie aan Kevin gestel nie en ook nie
mnr Davies nie ...
(tussenbei) -- Ek aanvaar dit so u edele.
Nou sê u Davies kom daar, wat net weet dat u vrou geskiet is, daar is
verskeie moontlikhede wat daar, mense wat kon geskiet
het, sy kon haarself
geskiet het, maar u sê die eerste wat hy vir u sê is 'stupid what
have you done'. — Dit is
wat hy aan my gesê het.
Is dit nie bietjie vreemd nie? — Dit kan vreemd
wees."
Appellant het Davies geken as 'n baie aangename
persoon. Op Davies se vraag het hy toe geantwoord "the wife has been shot" en op
Davies
se vraag, waar? gesê "in the bedroom". Davies is toe na Jacqueline
se kamer. Appellant wou hom volg. Die rede waarom hy dit
wou doen kom voor in
die volgende passasie van sy kruis-ondervraging:
"Wat wou u binne-in die kamer gaan maak het? — Vir een, mm Davies het
in die vertrek ingeloop, ek het agterna geloop, seker
maar meer mens om te sien
of ek foutief was, of sy nog geleef het. Hy het my
verhoed.
38
Hy het, ekskuus? -- Hy het my toe verhoed om in te gaan.
Verhoed om in te gaan. U sê u wou sien of u foutief is sê u?
— Of ek, as ek sê foutief, my afleiding was dat
sy dood was op
daardie stadium en ek het agterna geloop, meer as, amper gewens dat dit nie so
is nie.
HOF
: Hoe sê u nou, u het amper gewens? -- Dat dit nie so moet
wees nie.
Dat sy dood is nie? -- Ja.
Maar darem nie heeltemal gewens dat sy nie moet dood wees nie, net amper so
gewens. Ja?"
Davies het hom dreigend verhoed om die
kamer binne te gaan en hom kortaf aangesê om in die sitkamer te gaan sit.
Hy het dit
gedoen en na 'n sportprogram op die TV gekyk. Daar het hy bly sit
totdat die polisie en die para-mediese span opgedaag
het.
Speurder-sersant Day is deur die verdediging as getuie geroep.
Hy was aanvanklik die ondersoek-beampte in die saak. Hy het om ongeveer
18:35
daardie aand by die Foley-huis aangekom. Appellant het toe steeds in die
sitkamer na TV gekyk.
Sers Day het geen kos op die kombuis vloer sien lê
nie.
39
DIE STAATSE WEERGAWE
Mnr Davies se weergawe is soos volg: Om
ongeveer 17:40 daardie Vrydagmiddag het Kevin na hom gekom en gevra dat hy die
ambulans en
polisie moet ontbied omdat sy moeder geskiet is. Davies het sy vrou
aangesê om dit te doen en het na die Foley-huis gehardloop.
Toe hy die erf
inkom het appellant van buite af om die hoek van die huis gekom, sy hande omhoog
gehou in die "hands up" houding,
en aan hom gesê "I have shot her, the gun
is in there". Davies self het niks gesê nie. Jacqueline het van binne af
na
die voordeur gekom. Sy was uiters ontsteld en het hom na haar kamer geneem.
Op pad soontoe het hy kos op die kombuisvloer opgemerk.
In die kamer het hy die
oorledene in 'n plas bloed kry lê in 'n hoek oorkant die deur. Twee tot
drie voet van haar af het die
vuurwapen, bew. 1, op die vloer gelê.
Appellant het hom gevolg en het die kamer probeer inbeur. Davies het hom gekeer
omdat
hy appellant van die vuurwapen af wou weghou, en het hom aangesê om
in die sitkamer te
40
gaan sit. Appellant het hom gevra of hy die TV kan aanskakel omdat hy
nooit sy sport mis nie. Een van Davies se buurmanne het toe
opgedaag. Hy het
appellant in die buurman se sorg gelaat en huis toe gegaan na Jacqueline, wat
toe daar was en steeds uiters ontsteld
was.
Jacqueline het getuig
dat nadat die oorledene neergeskiet is sy haar sonder welslae probeer help het.
Appellant het nie vir Kevin
gevra om hulp te ontbied nie. Volgens Kevin het hy
uit sy eie by die bure hulp gaan ontbied. Dit was nie aan hom gestel dat hy dit
in opdrag of versoek van appellant gedoen het nie. DIE
VERKRAGTINGS-AANKLAGTE
Die Staat het appellant ten laste gelê
dat hy (i) "by verskeie geleenthede oor die periode 1983 tot 1989" vir
Tina verkrag het (aanklag 2), en (ii) "by verskeie geleenthede oor die
periode 1987 tot 1989" vir Jacqueline verkrag het (aanklag
3).
Hierdie aspek van die saak is gekenmerk
deur
41
weersinwekkende aantygings en teen-aantygings wat deurgaans ontken is
deur dié teen wie hulle gemaak is.
Tina en Jacqueline het
beweer dat appellant herhaaldelik onsedelike dade met hulle gepleeg het en hulle
met hom laat pleeg het, íeen
hul wil en sin, nl wederkerige betasting van
hul geslagsdele, en dat hy daarbenewens met elkeen van hulle herhaaldelik
gemeenskap
gehad het teen hul wil en sin, en hulle aldus verkrag het. Hulle het
albei daaroor gekla, eerstens by Kevin en daarna by die oorledene
sonder enige
welslae. Volgens Tina het appellant met hierdie wangedrag teen haar begin toe sy
slegs 11-12 jaar oud was, en dat hy
ongeveer elke maand daama met haar
gemeenskap gehad het. Hy het haar en Jacqueline gereeld aangesê om
stokkies te draai as
hy bv met verlof was, sodat hy tuis met hulle gemeenskap
kon hou (te alle relevante tye het oorledene gewerk en was sy gevolglik
nie
tydens skool-ure by die huis nie). Tina het erken dat sy ook met haar
seuns-vriend gemeenskap gehad het. Op 'n stadium het sy
swanger geraak
42
en is die vrug afgedryf. Sy kon nie sê wie vir haar swangerskap
verantwoordelik was nie.
Jacqueline het op haar beurt wesentlik
dieselfde bewerings as Tina teen appellant gemaak. In haar geval het appellant
se onwelvoeglike
gedrag met haar begin toe sy 12 jaar oud was. Sy het ook haar
lot bekla, eers by Kevin, toe sy 13 was, en daarna by Tina, Adrian
en die
oorledene. Laasgenoemde het hulle aangesê om nie alleen met appellant tuis
te bly nie, en om saam met haar te gaan wanneer
sy bv gaan inkopies doen.
Jacqueline het beweer dat appellant gereeld met haar in die slaapkamer
gemeenskap gehad het behalwe een
aand toe oorledene in die hospitaal was vir 'n
blaas operasie. Daardie aand het dit in die sitkamer plaasgevind. Jacqueline was
toe
12 jaar oud.
Kevin het sy susters se getuienis oor voormelde klagtes gestaaf. Hy het
getuig dat hy die oorledene daarvan vertel het en dat sy 'n
klag daaroor by die
polisie teen appellant ingedien het. Hy weet
43
nie of daar ooit teen appellant opgetree is nie. (Blykbaar is niks
daaromtrent gedoen nie). Hy het voorts getuig dat hy een middag
gesien het dat
appellant met Jacqueline doenig was in die sitkamer. Appellant het op 'n bank
langs haar gesit en sy het haar gesig
op sy skoot gehad. 'n Paar dae later het
sy hom vertel wat sy met appellant moes doen. Dit was fellatio. Jacqueline het
egter getuig
dat sy hierdie voorval nie kan onthou nie.
Tina en
Jacqueline is nooit medies ondersoek as gevolg van hul klagtes van verkragting
nie. 'n Rekening is weliswaar ingedien dat
Jacqueline op 'n stadium vir
vaginitis behandel is. Maar dit is al. Sy kon so 'n behandeling egter nie onthou
nie.
Appellant het op sy beurt beweer dat die twee susters met hul broers
Kevin en Adrian gemeenskap gehad het — Jacqueline met Adrian
en Tina met
Kevin. Voorts het hy beweer dat hy deur die skoolhoof van, en 'n onderwyseres
aan die Muriel Brand Spesiale Skool, waar
Jacqueline skool gegaan het, meegedeel
is dat sy en 'n
44
seuntjie, 'n mede-skolier, in die skoolgronde tydens 'n speeltyd betrap
is terwyl hulle nakend met mekaar gemeenskap gehou het. Jacqueline
was toe
volgens appellant 13-14 jaar oud en die seuntjie ook. Die verhoorregter het soos
volg hierop reageer:
"En u sê hulle het vir u gesê dit het gedurende speeltyd gebeur?
-- Dit is korrek.
Dit is nou wanneer al die kinders balle skop en rondstamp en spring en speel
daar op die speelgronde? - Dit is korrek.
En Jacqueline en die maatjie gaan nou helder oordag hulle klere uittrek en
soos u nou bygevoeg het self, gaan hulle nou seksuee! verkeer.
- Dit is soos dit
aan ons gestel was.
Ja, en hulle wou hê u moet dit glo? -- Hulle wou.
En wil u hê ek moet dit ook glo? — Wel ek het dit nie geglo
nie.
Nou maar goed, dan sal u my ook nie kwalik neem as ek dit nie glo nie. Goed,
dan is dit die end van daardie storie. So daar het nou
niks van gekom nie, dit
beteken niks nie."
Later het die
verhoorregter weer vir appellant oor hierdie
45
voorval ondervra, en wel op die volgende wyse:
"Wat my hinder is dat u grootste deel van die saak daarop gerig was om aan
te toon hoe swak karakters die kinders is en tog sê
u dat u hulle selfs
liefgehad het, jammer gekry het. — Dit is korrek.
Watter doel het u daarmee gehad behalwe om my te probeer beïnvloed dat
ek nie emstig hulle getuienis moet oorweeg nie, want kinders
met swak karakters,
boeties en sussies wat met mekaar gemeenskap hou, dogtertjie wat helder oordag
met 'n dokter se seuntjie speeltyd
terwyl daar honderde kinders rondom hulle
speel, hulle nakend uittrek en gemeenskap hou, dat ek dit nie moet oorweeg nie.
Was dit
die hele doel gewees? — Ek het nie die hof probeer beïnvloed
nie edele, ek het gemeld wat ons van weet wat aan ons gerapporteer
was deur, ek
sê dit reguit, deur opgeleide mense wat met hulle direk deur 'n dag gewerk
het.
Ja, maar sien, my probleem is ek het nie een van daardie mense voor my nie,
wat kan kom sê dat dit wel gebeur het nie. Dit mag
wees dat u dit maar
opgemaak het en ... (tussenbei) -- Maar dit is ook ...
(intervenes)
... vir u advokaat vertel het, deel van die
proses om die hof te beïndruk oor watter swak karakter getuies hy voor hom
het. --Dit
is ook nagaanbaar.
Stem u nie saam dat dit uiters onwaarskynlik is dat kinders
46
gedurende speeltyd op skoolgronde hulle sal kaal uittrek en gemeenskap met
mekaar hou nie? -- Logies stem ek met die hof saam daar.
Ek meld slegs wat deur
'n spesifieke onderwyser en die hoof van daardie skool aan ons gesê
is.
Ek moet vir u sê dit is so onwaarskynlik dat tensy dat daardie
onderwyser voor my kom getuig en my kan oortuig dat ek dit glo,
dat ek dit bloot
op u hoorsê getuienis dit nie kan aanvaar nie. - Ek kan dit insien ja
edele."
DIE VERHOORHOF SE BEVINDINGE
Die
appellant is skuldig bevind soos hierbo uiteengesit omdat die verhoorhof sy
getuienis verwerp het en dié van die drie betrokke
Schorr kinders en
Davies aanvaar het. Dit blyk duidelik uit die slot paragrawe van die uitspraak
op die meriete. Daar het die geleerde
verhoorregter die volgende
gesê:
"Ek het reeds verwys na die kwessie van die veroorsaking van die oorledene
se dood, hoe dat die beskuldigde dit verduidelik het.
Ek het reeds my indrukke gegee van die kwaliteit van die getuies voor my en
sover dit nodig is kan ek net afsluit deur te sê
dat ek die beskuldigde se
relaas op klagte 1 verwerp as
vals.
47
Ek aanvaar sonder enige huiwering die getuienis van Kevin en Jacqueline,
sover hulle aan my vertel het wat hulle met hulle eie oë
en ore waargeneem
het. Dit synde so is dit duidelik dat die beskuldigde in sy woedebui, len einde,
soos hy self gesê het 'haar
bek stil te maak' na die kamer gegaan het en
dit effektief gedoen het deur die vuurwapen uit te trek soos Kevin verduidelik
het en
soos Jacqueline bevestig het, en haar te skiet. ...
Wat klagtes 2 en 3 betref, het ek met besondere aandag geluister na
advokaat Louw se betoog en het ek oorweeg of die dogters se getuienis
sodanige
kwaliteit het dat ek dit sonder redelike twyfel kan aanvaar en of ek nie moet
oorweeg of hulle dalk as gevolg van misleiding
deur die beskuldigde, toegestem
het dat hy met hulle gemeenskap hou nie. Dan bly die vraag of hy nie moet
skuldig bevind word aan
oortreding van artikel 14 van die Ontugwet nie, naamlik
dat hy gemeenskap gehad het met 'n meisie onder die ouderdom van 16 jaar.
Ek kon
op hulle getuienis nie positief bevind dat toe hy die eerste keer met hulle
gemeenskap gehad het, toe enige een van hulle
onder 12 was nie, dan sou die
regsbeginsel van juridiese afwesigheid van toestemming wel gegeld het, maar na
versigtige oorweging
het ek tot die slotsom gekom dat daar geen rede hoegenaamd
vir my bestaan om nie die twee klaagsters se getuienis te aanvaar nie.
Ten spyte
van 'n versigtige oorweging of hulle nie dalk 'n fout kan maak nie en of hulle
nie dalk 'n bymotief sou hê nie, het
ck tot die slotsom gekom dat hulle
getuienis oor daardie
48
aspekte niks anders as die waarheid en die volle waarheid is nie. 'n
Bykomende rede waarom ek dit sê, afgesien van die getuienis
wat ek reeds
behandel het, is om daarop te let dat die patroon wat beskuldigde gevolg het met
Jacqueline en Tina, dieselfde deurlopende
eienskap gehad het, naamlik aan die
begin onsedelike afstootlike dade wat later oorgegaan het na gemeenskap. Hy het
op 'n skandalige
wyse hulle gebrekkige verstand en sy gesagsposisie
mísbruik en het hulle oor 'n lang periode naamlik wat Tina betref vanaf
die jare ongeveer 1983 tot 1989 en met Jacqueline ongeveer die jaar 1987 tot
kort voor haar oorlede moeder se dood, teen hulle wil
met hulle vleeslike
gemeenskap gehad."
Van Davies het hy vroeër in die
uitspraak die volgende gesê:
"Mnr Davies het kom getuienis gee. Hy het my beïndruk as 'n rustige,
beskaafde persoon, en in iedergeval is dit nooit gesuggereer
aan hom dat hy
enige belang sou hê by hierdie saak nie. Hy het die oorledene en die
beskuldigde nie eers goed geken nie. Hy
het bloot maar geweet van hulle
..."
Die geleerde verhoorregter het hom daarenteen sterk
veroordelend uitgelaat oor appellant, soos blyk uit die volgende passasies in
die uitspraak:
49
"Die feit is, beskuldigde erken dat hy die oorledene beskuldig het
daarvan dat sy rondloop en leeglê en die huis net gebruik
as 'n plek om te
slaap en te eet. Hy het gesê dat sy 'n kort humeur gehad het en spontaan,
sonder dat hy daama gevra was, asof
dit 'n brawe ding is om te sê,
bygevoeg dat ook hy 'n baie kort humeur het. Uit die getuienis wat ek later sal
opsom is dit
duidelik dat hy dit miskien te sag gestel het. Dat hy nie net 'n
kort humeur het nie, maar dat hy 'n aggressiewe, bombastiese soort
van persoon
is wat selfs op 'n stadium onbeleefd en onbeskof teenoor die bank opgetree het,
in sy houding en in sy antwoorde, het
duidelik na vore gekom. ...
Op 'n vraag later, van die hof, wat hy nou in die kamer wou gaan doen toe
hy hoor sy sê 'I would rather see you dead, I will
kill you', ensovoorts,
toe sê hy, en ek wil sy woorde aanhaal om te demonstreer die soort van
persoon wat ek voor my het. 'Ek
het na die kamer gegaan, want ek was keelvol vir
haar geskreeuery, ek sou haar bek toegeklap het as sy nie opgehou het daarmee en
as die voorval toe nie plaasgevind het nie.' 'n Mens sou verwag het dat na die
tragiese dood van die oorledene, daar 'n mate van
deernis of jammerte aan die
kant van die beskuldigde was. Hy het nie die minste jammerte of deemis of spyt
betoon met die ongelukkige
voorval nie. In die besonder sou 'n mens dit verwag
het as dit 'n ongeluk was en die voorval gebeur het soos wat hy dií
beskryf
het. Dit is nie onvanpas dat ek op hierdie stadium sê dat die
beskuldigde my beïndruk het as een van die mees hartelose
mense wat ek
nog
50
ooit teëgekom het. Hy het op 'n stadium, in 'n poging om my te
beïndruk wat sy houding en beskouing omtrent hierdie weerlose
dogters was,
wat verstandelik swak bedeeld was, hulle vergelyk met 'brandsiek hondjies'. Hy
het vir hulle gevoel soos wat 'n mens
vir brandsiek hondjies voeL Ek kan alleen
maar sê dat ek in my fondamente geskud was dat 'n mens teenoor kinders wat
deernis
nodig het en jammerte nodig het, so 'n houding kan
inneem."
Dit is oorbekende reg dat 'n hof van
appêl nie ligtelik sal inmeng nie met die geloofwaardigheidsbevindings van
'n verhoorregter
wat as sulks die voordeel gehad het om die getuies direk aan te
hoor, hul houding en gedrag in die getuiebank waar te neem en die
sg "atmosfeer
van die verhoor" self ervaar het.
R v Dhlumayo and Another
1948 (2) SA 677
(A) op 705-706.
Dit
is egter ewe bekende reg dat so 'n bevinding nie onaantasbaar is nie. Die
optrede van 'n verhoorregter kan, byvoorbeeld, van so
'n aard wees dat daar met
reg afgewyk kan word van sy geloofwaardigheidsbevindings. Die submissie
namens
51
appellant is dat dit inderdaad die geval hier is. In die
betoogshoofde
namens appellant maak mej Rita Jordaan, wat die
appél namens
appellant beredeneer het, o m die volgende
submissies:
(i) dat geen waarde aan die verhoorregter "se indrukke
ten aansien
van geloofwaardigheid geheg kan word nie aangesien die
rol
wat [hy] in die verhoor gespeel het daarop neerkom dat hy
hom
met ... die Staat se saak vereenselwig het" en dat hierdie
Hof
gevolglik "die saak opnuut kan beoordeel";
(ii) dat
die verhoorregter se optrede die indruk geskep het dat hy tot
die
strydperk neergedaal het, dat hy partydig was en dat hy in
die loop
van die verhoor reeds geskilpunte vooruit beslis heí wat
eers
aan die einde van die verhoor beslis behoort te gewees het;
(iii)
dat die verhoorregter "nie sy funksie as regspreker na
behore
uitgeoefen het nie en so emstig afgewyk het van
ordelike
regspraak dat die verhoor en uitspraak ongeldig is en
dat
[hierdie Hof| die saak dus opnuut kan
beoordeel".
52
Die grondigheid al dan nie van hierdie betoë moet nou ondersoek
word. DIE EFFEK VAN DIE VERHOORREGTER SE OPTREDE
Ek maak ter aanvang
die opmerking dat dit duidelik is dat dit nie appellant se saak is dat hier 'n
Moodie-tipe onreëlmatigheid
begaan is wat per se 'n regskending is en die
algehele ongeldigheid van die verrigtinge tot gevolg het nie. cf The State v
Moodie
1961(4) SA 752 (A).
Die vraag hier ter sprake is na my mening
slegs of die verhoorregter se optrede sulks was dat hierdie Hof appellant se
skuld of onskuld
opnuut op die aangebode getuienis moet beoordeel sonder
inagneming van die verhoorregter se geloofwaardigheidsbevindings. Hierdie
Hof
het die bevoegdheid om dit in 'n gepaste geval te doen S v Rall 1982(1) SA 828
(A).
Die volgende opmerkings in Rall se saak op 831-832 moet as
riglyne dien by díe besluit of die onderhawige so 'n gepaste
53
geval is:
"First, some general observations.
According to the well-known dictum of CURLEWIS JA in R v Hepworth
1928 AD
265
at 277, which the learned Judge a quo obviously had in mind in his remarks
quoted above:
'A criminal trial is not a game ... and a Judge's position ... is not merely
that of an umpire to see that the rules of the game are
observed by both sides.
A Judge is an administrator of justice, he is not merely a figure-head, he has
not only to direct and control
the proceedings according to recognised rules of
procedure but to see that justice is
done.'
Inter alia a Judge is therefore entitled and often obliged in the interests
of justice to put such additional questions to witnesses,
including the accused,
as seem to him desirable in order to elicit or elucidate the truth more fully in
respect of relevant aspects
of the case. (Wigmore on Evidence 3rd ed vol 3 para
784 at 151-2.) And for that purpose, according to the learned author (ibid at
159), he may put the questions in a leading form
-
'simply because the reason for the prohibition of
leading questions has no application to the relation between judge and
witness.'...
While it is difficult and undesirable to attempt to define
54
precisely the limits within which such judicial questioning should be
confined, it is possible, I think, to indicate some broad, well-known
limitations, relevant here, that should generally be observed (see eg S v
Sigwahla
1967 (4) SA 566
(A) at 568F-H).
(1) According to the abovequoted dictum of CURLEWIS JA the Judge must ensure
that 'justice is done'. It is equally important, 1 think,
that he should also
ensure that justice is seen to be done. After all, that is a fundamental
principle of our law and public policy.
He should therefore so conduct the trial
that his open-mindedness, his impartiality and his faimess are manifest to all
those who
are concerned in the trial and its outcome, especially the accused
(see, for example, S v Wood
1964 (3) SA 103
(O) at 105G; Rondalia
Versekeringskorporasie van SA Bpk v Lira
1971 (2) SA 586
(A) at 589G; Soloman
and Another NNO v De Waal
1972 (1) SA 575
(A) at 580H). The Judge should
consequently refrain from questioning any witnesses or the accused in a way
that, because of its frequency,
length, timing, form, tone, contents or
otherwise, conveys or is likely to convey the opposite impression (cf Greenfield
Manufacturers
(Temba) (Pty) Ltd v Royton Electrical Engineering (Pty)Ltd
1976
(2) SA 565
(A) at 570E-F; Jones v National Coal Board
[1957] EWCA Civ 3
;
(1957) 2 All ER 155
(CA)
at
159F).
(2)
A
Judge should also refrain from indulging in
questioning
55
witnesses or the accused in such a way or to such an extent that it may
preclude him Êrom detachedly or objectively appreciating
and adjudicating
upon the issues being fought out before him by the litigants. As Lord GREEN MR
observed in Yuill v Yuill
(1945) 1 All ER 183
(CA) at 189B, if he does indulge
in such question-ing -
'he, so to speak, descends into the arena and is liable to have his vision
clouded by the dust of the conflict. Unconsciously he deprives
himself of the
advantage of calm and dispassionate observation.'
(See,
too, the Jones case supra at 159C-E.) Or, as expressed by WESSELS JA in Hamman v
Moolman
1968 (4) SA 340
(A) at 344E, the Judge may thereby deny himself
-
'the full advantage usually enjoyed by the trial Judge who, as the person
holding the scale between the contending parties, is able
to determine
objectively and dispassionately, 6om his position of relative detachment, the
way the balance tilts.'
The quality of his views on the
issues in the case, including those relating to the demeanour or credibility of
the witnesses or the
accused or the relevant probabilities, may in consequence
be seriously impaired (see, eg, R v Roopsingh
1956 (4) SA 509
(A) at 514-5).
...
56
(3) A Judge should also refrain from questioning a witness or the accused in
a way that may intimidate or disconcert him or unduly
influence the quality or
nature of his replies and thus affect his demeanour or impair his credibility.
As Lord GREENE MR further
observed in Yuill's case supra at
189B-C:
'It is further to be remarked, as
everyone who has had experience of these matters knows, that the demeanour of a
witness is apt to
be very different when he is being questioned by the Judge to
what it is when he is being questioned by counsel, particularly when
the Judge's
examination is, as it was in the present casc, prolonged and covers practically
the whole of the crucial matters which
are in issue.' "
Hierdie grondbeginsels is herbevestig deur hierdie Hof, o m in S v
Tyebela
1989 (2) SA 22
(A) in die volgende terme op 29G-30B:
"It is a fundamental principle of our law and, indeed, of any civilised
society that an accused person is entitled to a fair trial.
S v Alexander and
Others (1)
1965 (2) SA 796
(A) at 809C-D; S v Mushimba en Andere
1977 (2) SA 829
(A) at 842B and
844H. This necessarily presupposes that the judicial ofGcer
who
57
triês him is fair and unbiased and conducts the trial in accordance
with those rules and principles or the procedure which the
law requires. S v
Meyer 1972(3) SA 480 (A) at 481F and S v Rall
1982 (1) SA 828
(A). In the latter
case Trollip AJA said at 833B:
'Of course, if the offending questioning of witnesses or the accused by the
Judge sustains the inference that in fact he was not open-minded,
impartial, or
fair during the trial, this Court will intervene and grant appropriate relief
(cf for example S v Meyer
1972 (3) SA 480
(A)).'
In
Meyer's case Kotzé AJA said at 464D:
'Wanneer 'n regterlike beampte optree soos hierbo aangedui gaan hy, na my
mening, redelike perke te buite. Hy skep dan nie die indruk
dat die doel van sy
ondervraging is om duidelikheid te vind nie. Veel eerder word die indruk gewek
dat die geskil vooraf beoordeel
word and dat reg en geregtigheid nie geskied nie
(Solomon and Another NNO v De Waal
1972 (1) SA 575
(A) op 580). In die
onderhawige geval het die optrede van die landdros, volgens my mening, in sy
geheel gesien, en veral sy gedrag
teenoor die appellant terwyl hy getuig het,
sulke afmetings aangeneem dat dit nie gesê kan word dat hy 'vleklose
onpartydigheid'
gehandhaaf het nie (Rondalia Versekeringskoperasie van SA Bpk v
Lira
1971 (2) SA 586
(A) op 589). Bygevolg moet
bevind
58
word dat hy nie sy funksie as regspreker na behore uitgeoefen het nie.'
"
Die omvang van die verhoorregter se
deelname in die ondervraging van appellant blyk uit die ondersoek gedoen deur
mej Jordaan. Tydens
hoof-ondervraging was dit 56,00% van alle vrae en gedurende
kmisverhoor 44,00%. Die betroubaarheid van haar ondersoek is nie deur
mnr
Roberts, wat weer namens die Staat opgetree het, bevraagteken nie. Haar
statistiek word gevolglik aanvaar.
Die aard van die verhoorregter se
ondervraging en deelname aan die verrigtinge terwyl appellant getuig het, blyk
uit die redelík
omvangryke aanhalings uit appellant se getuienis, supra.
Daaruit is dit duidelik dat die geleerde verhoorregter die perke van geoorloofde
regterlike ondervraging en kommentaar oorskry het. Baie van sy vrae was
kruisverhorend van aard, sommiges selfs snydend en sy kommentaar
op appellant se
weergawe, gedrag en karakter was
59
dikwels neerhalend en vyandig. Mens kan jouself maklik indink in die
effek wat dit op appellant moes gehad het.
Uií die oorkonde
van die verrigtinge is dit heel duidelik dat die verhoorregter reeds by die
aanvang van die verhoor ergerlik
was met almal, blykbaar weens 'n mate van
ongesteldheid. Wat appellant betref, kom die volgende byvoorbeeld, voor aan die
begin van
die verhoor:
"
MNR LOUW
: ... Ek merk die beskuldigde sit reeds, mag hy maar
sit?
HOF
: Ja, ek sien hy het maar eie reg gebruik, maar laat hom maar
sit."
Die Staat was egter dikwels ook die teiken van die
verhoorregter se gramskap. Byvoorbeeld, toe die aanklaer die pistool, bew 1, aan
Kevin wou toon, was dit nie beskikbaar nie. Toe reageer die verhoorregter
só daarop:
"COURT
: Well, where is it, let met have a look at it íhen.
MR ROBERTS
: Ek sal dit gou laat kom,
edele.
60
COURT
: Well, why is it not in court, isn't is going to be handed up
as an exhibit?
MR ROBERTS
: It is, my lord, I ... (intervenes)
COURT
: Very well then, it is part of the state case, let me have a
look at it, it must be ready in court when you commence with your
case."
Daarop blyk dit dat die ondersoekbeampte nie
teenwoordig was nie, en die aanklaer het verduidelik dat dit waarskynlik weens
ongesteldheid
was. Toe volg dié wisseling van woorde:
"COURT: Well, I am not well either, but I am here and am trying to, the case
in which to carry on with ... (intervenes)
MR ROBERTS
: We will try our very best. ... (intervenes)
COURT
: There is no excuse, unless he has been taken to hospital, he
ought to be here in court."
Dit blyk ook uit die
aanhalings uit appellant se getuienis, supra, dat die verhoorregter vroeg reeds
'n renons in appellant gekry
het wat dwarsdeur die verhoor geduur het, soos die
aanhalings uit die
61
hof se uitspraak o a aantoon.
Dit gebeur soms dat dit die lot
van 'n verhoorregter is om in weerwil van ongesteldheid 'n veeleisende verhoor
waar te neem. Ongesteldheid
kan maklik 'n regter meer vatbaar maak vir
irritasies. Maar dit word nietemin van hom venvag om die las van ongesteldheid
te dra
tot die beste van sy vermoë, die ergenis van irritasies te verduur,
en ongeduld in toom te hou. Die rede daarvoor is, soos hierdie
Hof dit gestel
het in Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk v Lira
1971 (2) SA 586
(A) op
589 G, omdat dit 'n grondliggende beginsel van die regtersamp is, en altyd was,
dat 'n verhoorregter deurgaans as regspreker
'n onbevange oordeel moet bewaar en
vleklose onpartydigheid moet handhaaf. "Nie alleen" - voeg VAN BLERK AR daarby -
"moet hy immer
daarteen waak dat sy gewete wat wagstaan oor sy oordeel nie wyk
vir vooroordeel of partydigheid nie, maar hy moet ook die vertroue
in die
regspraak staande hou deur indrukke van waarskynlíke vooroordeel of
partydigheid te vermy". Hierdie
62
opmerkings geld ook vir 'n ongestelde regter.
Die geleerde
verhoorregter het daardie beginsels en norme ongelukkig nie gehandhaaf nie, soos
reeds opgemerk. Dit kan na my oordeel
egter nie gesê word dat hy werklik
partydig vir die Staat was nie. Hy het weliswaar ook baie simpatiek en
beskermend opgetree
teenoor die Schorr kinders veral teenoor Tina en Jacqueline,
maar dit was klaarblyklik omrede hul jeug en baie swak verstandelike
vermoëns. Daarmee kan derhalwe nie fout gevind word nie. Maar afgesien van
die onthutsende effek wat sy optrede op die appellant
moes gehad het, het dit
ook tot gevolg gehad dat (met 'n aanpassing van die betrokke opmerking in Rall,
supra,) "the quality of his
views on the issues in the case, including those
relating to the demeanour or credibility of the witnesses or the accused or the
relevant probabilities, were in consequence seriously impaired".
Die verhoorregter se optrede was gevolglik 'n onreëlmatigheid en die
appellant is daardeur benadeel. Die regterlike
63
ongesteldheid kan weliswaar sy optrede verduidelik maar dit kan nie die
effek daarvan tot niet maak of verminder nie.
Dit is na my mening
onder die voormelde omstandighede 'n gepaste geval vir die aanwending van die
oplossing wat soos volg in Rall
supra uiteengesit is op 834 E-G:
"I think therefore that the offending questioning did constitute an
irregularity in the proceedings which prejudiced the appellant.
This Court is
consequently entitled to intervene and grant relief. The best way to remedy the
prejudice and ensure that justice will
also be seen by the appellant to have
been done is for us to disregard the adverse flnding by the Court a quo
concerning appellant's
credibility and to determine afresh his guilt or
innocence according to the recorded evidence. That accords too with the request
made to us by counsel for the appellant."
Dit is ook wat
ons namens appellant versoek is om te doen, soos hierbo reeds na
verwys.
Ek gaan derhalwe daamatoe oor om die skuld of onskuld van appellant op al
die aanklagte te heroorweeg ooreenkomstig die
64
opgetekende getuienis en sonder inagneming van die geleerde
regter
se geloofwaardigheidsbevindings.
DIE HEROORWEGING VAN APPELLANT SE SKULD OF ONSKULD
VOORWOORD
Omdat die meriete nou heroorweeg moet word sonder
die voordeel van die verhoorregter se geloofwaardigheidsbevindings, is hierdie
Hof
noodgedwonge beperk tot die inhoud van die getuienis en die waarskynlikhede
wat daaruit voortspruit. Albei moet derhalwe versigtig
oorweeg word soos ook
deur hierdie Hof gedoen was in Rall, supra. (Hierdie benadering in Rall kom voor
in die deel van die uitspraak
waarin die meriete oorweeg is. Dit is die deel wat
nie in die rapport van die uitspraak opgeneem is nie, soos aangetoon op 834G van
1982 (1) SA.)
Daarbenewens moet in dié proses steeds voor
oë gehou word dat die bron van die sterkste getuienis teen appellant die
getuienis
is van verstandelik swakbedeelde jong mense, t w die drie
65
Schorr kinders, dat die betroubaarheid van hul weergawe daardeur veminder
kan wees en dat hulle moontlik 'n wrok teen appellant kan
koester omdat hy na
hul mening verantwoordelik was vir die dood van hul moeder.
Ten aansien van die verkragtings-aanklagte is daar die verdere oorweging
dat die gevare waarteen gewaak moet word by aanklagte van
daardie aard in
hierdie geval versterk word deur die faktore hierbo gemeld.
Die getuienis van Kevin, Tina en Jacqueline sal derhaïwe baie
versigtig benader en oorweeg moel word en sal betroubare onafhanklike
stawing
van hul weergawes nodig wees vir die aanvaarding daarvan.
Dit is o m weens die aard en omvang van die proses van heroorweging dat
die betrokke getuienis so redelik omvangryk vroeër in
hierdie uitspraak
aangehaai word. Juis daarom is dit nie nodig om in die proses van heroorweging
weer in detail die inhoud van die
66
getuienis te herhaal nie.
Ek handel weer eerste met die moord
aanklag en daarna met die aanklagte van verkragting. DIE MOORD
AANKLAG
Jacqueline gee 'n duidelike beskrywing van die skietvoorval.
Volgens haar het appellant in die deur van haar kamer bly staan en van
daar af
op die oorledene gemik met die pistool en haar geskiet waar sy 3-4 treë van
hom af gestaan het in die hoek van die kamer
by die venster.
Stawing
vir haar weergawe is uit verskillende oorde te vinde; nie aileen in Kevin se
getuienis nie maar ook in dié van Davies
en in die mediese en ballistiese
getuienis wat nie weerspreek is nie, asook in die polisie- en ander getuienis
oor die ligging van
die lyk. Die ligging van die ingangswond op oorledene se
regterwang en die feitelik horisontale baan van die koeël van voor
na
agter, tesame met die afwesigheid van ontstekingsreste om die ingangswond,
dui
67
daarop dat die oorledene reg van vooraf op 'n afstand geskiet is. Dit is
presies wat Jacqueline sê. Die aanwesigheid van ontstekingsreste
op die
oorledene se regterhand is vereenselwigbaar daarmee dat sy dié hand
afwerend voor haar uitgesteek het toe sy sien dat
sy geskiet gaan word. Dit is
ook in ooreenstemming met die ballistiese getuienis dat sulke reste tot op 'n
afstand van 3 meter kan
voorkom.
Haar getuienis dat appellant die
pistool by die oorledene neergegooi het, is ook gestaaf nie alleen deur Kevin
nie, maar ook deur
appellant self wat erken het dat hy die pistool na die skoot
aldus neergegooi het. Sy is ook gestaaf deur Davies wat na die voorval
die
pistool naby die lyk van die oorledene kry lê het.
Kevin is op sy beurt deur Jacqueline gestaaf dat appellant nie die kamer
binne gegaan het nie, maar van die drumpel af geskiet het.
Hy is in sy bewering
dat appellant in die loop van die voorafgaande rusie met oorledene kos op die
kombuisvloer uitgegooi het, gestaaf
deur Davies wat kos daar sien lê het.
Sers Day se
68
getuienis dat hy geen kos daar gewaar het nie, dra geen noemenswaardige
gewig nie weens die feit dat hy so lank na die voorval eers
daar aangekom het.
Die kos sou toe waarskynlik reeds verwyder gewees het. Jacqueline se getuienis
dat sy nie daarvan bewus was nie
dat appellant enige kos uitgegooi het, is
heelwaarskynlik te wyte aan haar betrokkenheid by die voorval en die hewige
ontsteltenis
wat dit by haar laat ontstaan het.
Davies se getuienis
oor appeïlant se uitlating buitekant die huis staaf nie net vir Kevin en
Jacqueline dat appellant oorledene
geskiet het nie, maar wêerspreek ook
appellant se weergawe dat sy per ongeluk tydens 'n worsteling geskiet is terwyl
sy nog
die pistool vasgehou het en dat sy moontlik haarself in die proses kon
doodgeskiet het.
Davies is 'n onafhanklike buitestaander wat geen rede had om appellant te
benadeel nie en wat klaarblyklik op 'n oortuigende wyse
getuig het. Daar bestaan
geen rede om sy weergawe te betwyfel
69
nie. Sy getuienis is inderdaad van deurslaggewende
belang.
Appellant se getuienis oor hoe dit gekom het dat die
oorledene doodgeskiet was, is daarenteen algeheel onaanvaarbaar. Dit was,
trouens,
klaarblyklik vals. Op sy weergawe kon die oorledene nie geskiet gewees
heí op die wyse deur hom beweer nie. Sy getuienis dat
hulle ten tyde van
die doodskoot nog steéds handgemeen was maar nietemin twee meter (of
minstens 'n bedwydte) van mekaar af
was, is ooglopend onmoontlik Sy bewering dat
hy voor die skoot afgegaan het haar hand met die pistool na haar
linkerkant
toe weggedruk het, is weerspreek deur die ligging van die
ingangswond op haar regterwang. Daarbenewens is hy direk weerspreek deur
Davies
oor sy uitlating aan hom. Sy valse ontkenning daarvan is ook betekenisvol.
Klaarblyklik het hy die feitlik beslissende belang
van Davies se weergawe besef
en het hy gepoog om dit met valse getuienis te ontsenu.
Appellant se self-erkende gemoedstoestand
van
70
geweldadige woede teenoor die oorledene (met die potensiële
bek-toeslaan inhoud daarvan) pas in met sy optrede soos deur Jacqueline
en Kevin
getuig. Hy was op daardie tydstip duidelik só keelvol vir haar dat hy
haar terstond platgeskiet het toe hy in die
deur van die kamer gekom het. Sy sit
en kyk na sport op die beeldradio na dié voorval is ook veel meer
vereenselwigbaar met
'n geskokte besef van wat hy gedoen het as met dié
van 'n ontstelde eggenoot wie se vrou so pas per ongeluk doodgeskiet
is.
Na my mening is die inhoud van die ter sake getuienis, en die
waarskynlikhede wat daarmee gepaard gaan, so oortuigend teen appellant
dat hy
daarop bo redelike twyfel skuldig aan moord op die oorledene bewys is. Mej
Jordaan het ook in die loop van haar betoog tereg,
na my mening, toegegee dat sy
dit moeilik vind om te betoog teen die skuldigbevinding op die moord
aanklag.
Die volgende moet egter nou oorweeg word, le wete:
71
KEVIN SE VERKLARING VAN TERUGTREKKING
Op 11 Julie 1994 het
Kevin 'n handgeskrewe beëdigde verklaring gemaak waarin hy te kenne gee dat
hy 'n fout in sy getuienis gemaak
het en dit nou wil regstel. Die verklaring as
sodanig voldoen nie aan die vereistes vir toelaatbaarheid nie, maar ek sal
nietemin
daarmee handel omdat dit waarskynlik van belang vir die appellant sal
wees om te weet wat hierdie Hof se beslissing daaromtrent is.
In die regstelling
wat hy daarin maak gee hy weer wat nou volgens hom werklik gebeur het en
sê hy die volgende ten aansien
van die skietvoorval nadat hy 'n argument
tussen appellant en oorledene gehoor het, o a oor sy oudste broer,
Allan:
"I tried to ignore the argument until I saw and heard a fire-arm going
around and my mother shouting 'He is going to shoot me'. I
ignored that too and
then I saw them in my sister's room, well going into my sister's room. The next
minute I heard a gun shot coming
out of the room. I got up from my bed and saw
Mr V V R Foley standing in front of my sister's room, and when I got there I saw
my
mother lying on the floor surrounded by blood, around her head and that was
what made me think
72
and believe strongly mr V V R Foley shot and killed my mother (mrs Y S
Foley) and wanted to get revenge of my
stepfather."
Daarna voeg hy o a die volgende
by:
"I now realize what terrible mistake I have made and now I would like to
apologise to mr V V R Foley for doing what I have done. I
would like mr Foley's
name and record to be cleared."
Hierdie verklaring is
gerig aan "To whom it may concern". Dit is die volgende dag, 12 Julie 1994, deur
appellant na die Griffier van
hierdie Hof aangestuur onder dekking van 'n
handgeskrewe brief.
As die inhoud van hierdie verklaring vergelyk
word met dié van sy getuienis is die enigste wesentlike verskil tussen
die twee
die bewering in sy getuienis dat hy gesien het dat appellant die
pistool uithaal, op oorledene rig en skiet.
In sy verduideliking vir die terugtrekking, soos
hierbo
73
aangehaal, gee hy te kenne dat sy getuienis deur weerwraak motiveer is.
Elders in die verklaring sê hy egter dat dit aan sy
"faultiness and
stupidness" te wyte is.
In sy dekkingsbrief sê appellant dat
Tina en Jacqueline net so maklik valshede kon verkondig het en suggereer hy
derhalwe dat
hy verkeerdelik aan die moord skuldig bevind is.
Mej Jordaan was bewus van Kevin se verklaring maar het geensins daarop
staatgemaak in die loop van haar betoog nie.
By die oorweging van 'n verklaring soos die onderhawige moet mens ook
aandagtig wees aan die volgende opmerkings deur CENTLIVRES HR
in R v Van Heerden
and Another
1956 (1) SA 366
(A) op 372G-373A:
"To accept at their face value affidavits made by material witnesses who
allege therein that they knowingly gave false evidence at
the trial would leave
the door wide open to corruption and fraud. It is not in the interests of the
proper administration of justice
that further evidence should be allowed on
appeaí or that there should be a re-trial for íhe purpose
of
74
hearing that further evidence, when the only further evidence is that
contained in affldavits made after trial and conviction by persons
who have
recanted the evidence they gave at the trial. To allow such further evidence
would encourage unscrupulous persons to exert
by means of threats, bribery or
otherwise undue pressure on witnesses to recant their evidence. In a matter such
as this the Court
must be extremely careful not to do anything which may lead to
serious abuses in the administration of justice."
sien
ook: S v Zondi
1968 (2) SA 653
(A) op 655F.
Die inhoud van die
verklaring wyk na my mening nie genoegsaam af van Kevin se getuienis dat dit
enige verskil kan maak aan die bevinding
op die moordaanklag
nie.
Appellant se skuldigbevinding aan moord moet gevolglik staande
bly. DIE AANKLAGTE VAN VERKRAGHNG
Met hierdie aanklagte is dit anders gesteld.
Nòg Tina, nóg Jacqueline het van enige besondere,
identiGseerbare geleentheid getuig waarop appellant hulle sou verkrag
75
het of ander onsedelike dade met hulle sou gepleeg het. Dit is natuurlik
met uitsondering van die een geleentheid in die sitkamer,
waarvan Jacqueline
getuig het. Dit is egter klaarblyklik nie dieselfde geleentheid as dié
waarvan Kevin getuig het nie. Al
stawing wat daar vir Tina en Jacqueline se
getuienis is, is te vinde in dié van Kevin. En sy getuienis is in hierdie
opsig
ewe veralgemeen en ongestaaf. En, soos hierbo aangedui, verg sy getuienis
juis ook onafhanklike stawing. Daar is gevolglik geen onafhanklike
stawing vir
die getuienis van die drie Schorr kinders op hierdie twee aanklagte nie. Ek kan
net byvoeg dat indien daar by die polisie
klagtes aanhangig gemaak was van
verkragting deur appellant van sy twee minderjarige stiefdogters, dit haas
ondenkbaar is dat die
polisie niks daaromtrent sou gedoen het nie. Ek is
derhalwe van mening dat die getuienis aangaande die beweerde verkragtings en
ander
onsedelike dade só vaag en algemeen van aard is dat dit nie bo
redelike twyfel bewys is dat appellant die twee klaagsters
verkrag het of enige
ander onsedelike
76
dade met hulle gepleeg het nie.
Die skuldigbevindings op die twee verkragtings-aanklagte kan gevolglik
nie staande bly nie en moet tersyde gestel word. DIE VONNIS
VIR DIE
MOORD
In haar betoog ten aansien van vonnis soos vervat in haar betoogshoofde
submitteer mej Jordaan dat die persoonlike omstandighede van
appellant by
bepaling van vonnis nie genoegsaam deur die verhoorhof in ag geneem is nie en
dat die vonnis derhalwe te swaar is. Sy
het nie in haar mondelingse betoog
verder hierop uitgebrei nie.
Na my oordeel is haar betoog nie goed gegrond nie. Dat die verhoorregter
appellant se persoonlike omstandighede en dié waaronder
die moord gepleeg
is, wel deeglik in ag geneem het, blyk uit die volgende passasies in sy
uitspraak op vonnis:
"Nou is dit so dat ek nie die ems van die misdaad in isolasie moet sien nie.
Dit was uiteindelik die resultaat van twee dinge, eerstens
die gedurige rusies
wat daar was tussen die
beskuldigde
77
en oorledene. Die oorledene is nie hier om haar te kan verdedig nie, maar
dit is nou eenmaal so dat 'n rusie vinnig doodloop, of eintlik
nooit eers kan
ontstaan as dit net van een kant af kom nie, en beskuldigde se getuienis dat
oorledene kort van humeur was, net soos
hy, en wanneer sy kwaad was in woedebuie
uitgebars het en geskree het en geraas het en gedreig het, moet aanvaar word en
ek aanvaar
dit as die waarheid. Ek aanvaar ook dat sy kort humeur net mooi
aangeblaas was deur die drank wat hy ingeneem het, want ek kan maar
net kyk na
die een insident voorheen toe sy hom met die bottel oor die kop geslaan het.
Daar het 'n argument ontstaan en weereens
het hy gesit en drink. Ek wil nie die
indruk skep dat ek so puriteins is dat ek enige drankgebruik afkeur nie, maar ek
sou wel verwag
dat dit met groot omsigtigheid gebruik word in 'n huwelik as jou
huweliksmaat uitgesproke daarteen is en daardie konsiderasie het
beskuldigde nie
getoon aan die oorledene nie. ...
Wat die hele aangeleentheid vir my bemoeilik is die beskuldigde se
persoonlike omstandighede. Hy het sy middeljare bereik en dit is
altyd moeilik
om 'n persoon wat al ver oor die helfte van sy normale lewensverwagting is, lank
tronkstraf te moet oplê. Hy
het 'n vaste betrekking en mnr Louw is korrek
in sy betoog dat ek ook in gedagte moet hou dat beskuldigde vir 'n lang tyd die
kinders
versorg het. In welke mate is onseker, maar hy het onderdak ten minste
verskaf, vir kinders wat him dikwels sorge en ergemis moes
veroorsaak
het.
Ek sal probeer om my vonnisse te temper met genade."
78
Appellant was nie 'n eerste oortreder nie. Die verhoorregter het die
volgende gesê oor sy vorige veroordelings:
"Dit is so dat sy vorige veroordelings oud is, maar behalwe my eie opsomming
van hom as persoon is dit aanduidend daarvan dat hy voorheen
skuldig bevind is
op twee klagtes van aanranding op 'n vrou, waarskynlik een van sy vorige
eggenotes, en dat hy 'n persoon is met
'n besondere seksuele aptyt blyk daaruit
dat hy voorheen ook aan veelwywery skuldig bevind
is."
Die vonnis is nie onvanpas nie en moet na my
oordeel staande bly.
Die volgende bevele word derhalwe gemaak:
(1) Die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis op die moordaanklag
word van die hand
gewys.
(2)
(a)
Die appèl teen appellant se skuldigbevindings op die
twee
aankíagte van verkragting
slaag.
79
(b) Die skuldigbevindings en vonnisse op daardie twee aanklagte word ter
syde gestel.
M T STEYN AR
SMALBERGER, AR )
) stem saam NIENABER, AR )