About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 60
|
|
S v Mashego (446/94) [1995] ZASCA 60 (25 May 1995)
Saaknr 446/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
THOMAS MASHEGO APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: E M GROSSKOPF, NIENABER et MARAIS ARR
VERHOOR: 18 MEI 1995
GELEWER: 25 MEI 1995
UITSPRAAK
NIENABER AR/
2
NIENABER AR:
Die appellant is onder meer aan moord op ene Madimetja
Ephraim Manyama en aan poging tot moord op ene Albert Kadiake skuldig bevind.
Vir die moord is hy ter dood veroordeel. Hy erken sy teenwoordigheid op die
toneel waar die oorledene dood en Kadiake ernstig verwond
is maar ontken enige
aandadigheid daaraan. Kadiake en die oorledene was met 'n besending aluminium
ter waarde van R420 000,00 in
'n vragwa van Richardsbaai na Johannesburg
onderweg. Hulle was in diens van 'n Grma by name Marathon Transport. Kadiake was
die bestuurder.
Die appellant, in sy vroeë veertigerjare, was vantevore ook
in diens van Marathon Transport, trouens as bestuurder van swaar
voertuie wat
juis op daardie roete bedrywig was. Die appellant erken in sy getuienis dat hy
en Christopher Buthelezi, ook 'n voormalige
werknemer van Marathon Transport,
saam met twee ander makkers, Mkize en Hlatswayo, in Johannesburg 'n komplot
gesmee het om 'n vragmotor
3
met aluminium íe skaak. Met die oog daarop, so getuig hy, is hulle van
Johannesburg almal saam na Pongola. Kadiake en die oorledene
het teen ongeveer
19h00 op 18 Maart 1992 te Pongola stilgehou om die bande van hul vragmotor na te
gaan en dieselolie van die een
tenk na die ander oor te laai. Hulle was al moeg
en het dit oorweeg om op Pongola te oomag. Maar toe die appellant en Buthelezi
wat
as oud mede werkers aan Kadiake bekend was, hul opwagting maak met die
storie dat hul molor in Pongola onklaar geraak het, het hulle
hul deur die
appellant laat ompraat om na Johannesburg deur te steek. Die appellant het
onderneem om te bestuur sodat hulle kon rus.
So is hulle daar weg. Die oorledene
het in die slaapkajuit lê en slaap. Kadiake het voor tussen Buthelezi en
die appellant
gesit. Net buite Pongola het hulle stilgehou om twee vrouens op te
laai, Constance Mavuso en Nomusa Zulu. Die twee vrouens was op
soek na 'n
geleentheid na Emdonini, 'n entjie verder op pad na Piet Retief. Hulle is
aangesê om eers op die
4
slaapbanke agter die bestuurskajuit te sit en het later daar gaan lê,
Mavuso saam met die oorledene op die boonste slaapbank,
Zulu saam met Kadiake op
die onderste slaapbank. (Aan geeneen van die staatsgetuies is pertinent gevra of
enigiets onfatsoenliks
op die slaapbanke gebeur het nie.) Die appellant wou nie
stilhou toe hulle by die vrouens se bestemming kom nie. Eers 'n ent verder,
by
'n staanplek langs 'n plantasie, het hy die voertuig tot stilstand gebring. Die
appellant erken dat hy toe vir Buthelezi gehelp
het om die oorledene en Kadiake
se hande in die bestuurskajuit agter hul rúe vas te maak terwyl 'n
vuurwapen op hulle gerig
was. Eers die oorledene en toe Kadiake is daarna die
plantasie ingeneem terwyl die twee vrouens aangesê is om in die voertuig
te bly lê. ïn die plantasie is elkeen se enkels met draad vasgemaak.
Daarna is hulle in die kop geskiet, eers die oorledene,
toe Kadiake. Daar is
hulle vir dood agtergelaat. Die oorledene was inderdaad dood maar Kadiake,
wonder bo wonder, nie. Die voertuig
is met die vrouens
5
vort. 'n Ent verder is weer stilgehou. Die vrouens is afgelaai, na 'n bos
geneem waar hulle vasgemaak en gelos is. Dit was 'n kilometer
of wat van Piet
Retief. Die voertuig is weg Johannesburg toe, met die appellant aan die wiel.
Die twee vrouens het daarin geslaag
om los te kom. Hulle het alarm gemaak en die
polisie die volgende dag na die plek geneem waar Kadiake en die oorledene gevind
is.
Dit het alles gelei tot die appellant se verhoor in die Oos- en
Suid-Oostelike Rondgaande Plaaslike Afdeling te Piet Retief voor
Spoelstra R en
twee assessore. Die appellant is op vyf aanklagtes aangekla: een van moord (ten
opsigte van die oorledene), een van
poging tot moord (ten opsigte van Kadiake),
een van roof met verswarende omstandighede (ten opsigte van die vragwa met sy
vrag) en
twee aanklagtes van aanranding (ten opsigte van die twee vrouens). Wat
van Buthelezi geword het, blyk nie.
Ten opsigte van aanklag 1 (moord) is die appelïant ter dood veroordeel;
ten opsigte van aanklag 2 (poging tot moord) is hy tot
6
15 jaar gevangenisstraf gevonnis; so ook op aanklag 3 (roof). Op aanklagte 4
en 5 wat vir doeleindes van vonnis saam geneem is, is
'n vonnis van een jaar
gevangenisstraf opgelê. Voorts is gelas dat die helfte van die vonnis op
aanklag 3 en die gesamentlike
vonnis op aanklagtes 4 en 5 saam loop met die
vonnis op aanklag 2. Opsommenderwys is hy dus naas sy doodvonnis tot 'n
effektiewe
gevangenisstraf van 22½ jaar gevonnis.
Wat tans ter sprake is, is slegs 'n appèl, kragtens artikel 316A van
die Strafproseswet, 51 van 1977, teen sy skuldigbevinding
en vonnis op aanklag
1.
Die appellant se verweer is dat hy met die moord op die oorledene en die
poging tot moord op Kadiake niks te make gehad het nie. Hierdie
misdade sou
volgens hom gepleeg gewees het deur sy makkers, Buthelezi, Mkize en Hlatswayo.
Hulle is per motor na Pongola; toe díe
appellant die oorledene en Kadiake
omgepraat het om vir hom en Buthelezi saam te neem, is die ander twee met
die
7
motor agtema; by die moordtoneel, waar die appellant volgens hom
op
instruksie van Buthelezi parkeer het, het die ander twee met hul
motor agter die vragwa stilgehou; Buthelezi, gewapen met 'n
vuurwapen, en die ander twee het die oorledene en Kadiake die bos
ingelei; self het hy net by die vrouens wag gestaan; die plan vooraf
was dat die oorledene en Kadiake net vasgemaak en in die bos
gelos sou word; hy het wel twee skote gehoor en toe hy Buthelezi
agterna in die vragmotor daarmee konfronteer sou laasgenoemde
gesê het:
"Hy het gesê dit was hy wat geskiet het, want daardie mense ken vir ons
en hulle sal vir ons laat vang."
Die ander twee is intussen met die motor daar weg. Toe Buthelezi
die vrouens agterna wou doodmaak, het hy gepleit dat hulle gespaar
word. Hy het hulle in die bos help vasmaak, maar, sê hy,
"... toe ons die vrouens vasmaak het ek gesorg dat ek die ander vrou nie
stewig vasmaak nie sodat sy die voorval kan rapporteer by
die polisie."
8
Hy het die voertuig daama Johannesburg toe bestuur na die plek waar die
aluminium afgelaai sou word. Volgens ooreenkoms sou almal
van hulie in die
opbrengs deel. Hy het egter niks ontvang nie. Hy erken dus sy aandeel in die
roof en in die aanranding op die vrouens
maar ontken verantwoordelikheid vir die
geweld op die oorledene en Kadiake.
Die appellant se weergawe stuit teen die getuienis van Kadiake en Constance
Mavuso. (Nomusa Zulu het nie getuig nie. Sy het soek geraak.)
Volgens Kadiake
het hy wakker geword toe die vragmotor tot stilstand gebring is. Die appellant
was met 'n vuurwapen gewapen en Buthelezi
met 'n mes. Die appellant het aan hom
gesê dat hy die vragmotor "hijack". Terwyl die appellant die vuurwapen op
hom en die
oorledene gerig het, het Buthelezi die oorledene se hande agter sy
rug met 'n draad vasgemaak en hom uitgeneem. Toe Buthelezi 'n
rukkie later
terugkeer, is Kadiake se hande op sy beurt agter sy rug vasgemaak. Die vrouens
is gedreig
9
om in die kajuit op die slaapbanke te bly lê. Die appellant en
Buthelezi het Kadiake toe die bos ingeneem, Buthelezi voor en
die appellant kort
agter hom. Hy is aangesê om op sy maag te lê. Hy het gehoor, terwyl
sy enkels met draad vasgebind
word, dat die appellant vir Buthelezi sê om
vinnig te maak, "die mense sal vir hulle daar in die bos kom betrap". Buthelezi
was nog daarmee besig toe hy 'n skoot hoor. Die oorledene is eerste geskiet. Toe
hy. Hy kon nie sien wie die skietwerk gedoen het
nie want hy het op sy maag
gelê met sy hande agter sy rug en sy enkels vasgebind, maar dit moes die
appellant wees. Nooit is
daar prontuit aan hom gestel dat twee vreemde persone
bygekom het en dat dit hulle en Buthelezi was wat vir hom die bos ingeneem
het
nie.
Volgens die appellant het hy 'n ondergeskikte rol gespeel. Hy was bloot die
besíuurder van die vragwa wat die vrouens tydens
die voorval opgepas het.
Kadiake en Mavuso, daarenteen, het volhard dat dit die appellant was wat die
leiding geneem het. Dit was
hy
10
wat besluit het om die vrouens nie by hulle bestemming af te laai
nie. Hy het die plek gekies waar daar stilgehou is. Dit was hy wat
volgens
Mavuso aan Buthelezi gesê het "dit is nou tyd vir werk"
waarop
Buthelezi 'n plastiese sak te voorskyn gebring het met die
draad waarmee die slagoffers se arms in die kajuit van die vragwa
agter hul rúe vasgemaak is. Volgens albei die getuies was die
appellant met 'n vuurwapen gewapen en Buthelezi met 'n mes.
Volgens Mavuso het hy haar by die stilhouplek gedreig dat hy haar
sou skiet as sy nie haar kop laat sak nie. Toe die appellant en
Buthelezi kort na die skote geskiet is weer na die vragmotor
terugkeer, so getuig sy, het hulle
" ... fakture bymekaar gemaak en toe het die beskuldigde se vriend gesê
hulle moet vir ons doodmaak. Hy het gesê die rede
hoekom hy sê hulle
moet vir ons ook doodmaak dit is omdat ons vir hulle sal laat vang. Toe het
beskuldigde vir hierdie ander
man gesê dit is nie nodig vir hulle om vir
ons dood te maak nie, want ons ken hulle nie. Hy het gesê hulle het die
ander
mans doodgemaak omdat daardie mans vir hulle ken."
11
Die vraag is of die appellant se verduideliking redelik moontlik waar kan
wees.
Die kem twispunt is of die oorledene en Kadiake deur die appellant en
Buthelezi die bos ingeneem is dan wel deur Buthelezi, Mkuzi
en Hlatswayo.
Kadiake gee toe dat daar op die een of ander stadium wel 'n ander voertuig was
en hy kon die moontlikheid nie uitskakel
dat die voertuig agter die vragwa
stilgehou het nie. Mens kan aanvaar dat die appellant en Buthelezi op 'n manier
by Pongola moes
kom en dat daar denkbaar meer samesweerders as net die twee van
hulle kon wees. Maar dit beteken nog nie dat die appellant nie by
was toe die
oorledene en Kadiake die bos ingeneem is nie. Dií is eintlik ondenkbaar
dat Kadiake nie die ekstra persone sou
gesien of van hulle teenwoordigheid bewus
sou gewees het nie. Destemeer ondenkbaar is dit dat Kadiake wel die ander twee
persone
gesien het maar om die een of ander onverklaarbare rede daaroor geswyg
het om sodoende die appellant aan die pen te laat
12
ry. Kadiake het die appellant geken en sy stem binne die bos herken. Die man
wat hom uit die voertuig geneem het, en dit kon alleen
maar die appellant gewees
het, was heeltyd kort agter hom. Hy het gehoor hoe die appellant met Buthelezi
praat. Wat die appellant
agterna aan Constance Mavuso in die voertuig gesê
het toe die reis hervat is, is ook strydig met die moontlikheid dat twee
vreemdelinge saam met Buthelezi die wandade gepleeg het. En ten slotte was daar
geen werklike rede waarom twee ander persone kwansuis
sou moes ingryp nie. Die
appellant en Buthelezi, gewapen met 'n vuurwapen en 'n mes onderskeidelik, was
mans genoeg om die oorledene
en Kadiake die bos in te neem. Die vrouens was ook
geen bedreiging vir hulle nie - hulle kon nêrens heen vlug nie. En, soos
die hof a quo tereg opmerk, as daar íwee ander persone was om te help,
waarom sou dit dan nodig wees om die oorledene en Kadiake
se hande binne die
kajuit agter hul rúe vas te maak?
Die hof a quo bevind dat Kadiake en Constance Mavuso die
13
waarheid praat. Weliswaar was daar weersprekings in hul getuienis, maar dit
het betrekkíng gehad op ondergeskikte punte. Op
die belangrike punte,
behalwe vir die gebeure in die bos self en wat die appellant agtema in die
voertuig aan Constance Mavuso sou
gesê het, staaf hulle mekaar oor en
weer. Die afwykinge tussen hul getuienis en die staat se opsomming van wesenlike
feite,
waarop die advokaat vir die verdediging sterk klem gelê het, was
vir die hof a quo ook nie deurslaggewend nie. Daarmee gaan
ek akkoord. Mens weet
nie wanneer, op grond waarvan en deur wie die opsomming opgestel is nie. Die
afwykings kon te wyte wees aan
'n wanvertolking van die verklarings wat aan die
opsteller daarvan voorgelê is. Dit bevat in ieder geval die opsigtelike
fout
dat die appellant die oorledene en Kadiake te Piet Retief (in plaas van
Pongola) raakgeïoop het, Die foute in die opsomming
werp dus nie noodwendig
'n swak refleksie op die getuienis van Kadiake en Mavuso nie. Hoogsíens
bevat sodanige opsomming materiaal
vir
14
kruisverhoor. Op sigself is die afwykinge wat hier ter sprake is, nie
ondermynend van die staat se saak nie.
Die hof a quo bevind dat die appellant 'n onoortuigende getuie was. Met
daardie bevinding gaan ek ook akkoord. Hy het hom by verskillende
geleenthede en
oor verskillende aspekte weerspreek, hy weerspreek wat sy advokaat aan
staatsgetuies gestel het en hy erken dat hy
nagelaat het om wesenlike aspekte
aan haar te noem. Kortom, sy getuienis weeg swak op teen dié van die twee
staatsgetuies.
Wat die waarskynlikhede betref het die advokaat vir die verdediging tereg die
vraag geopper waarom die appellant die íwee vrouens
hoegenaamd sou wou
oplaai en, nadat hy hulle opgelaai het, sou weier om hulle by hul bestemming af
te laai, as dit deurentyd sy voomeme
was om die vragwa te skaak en om die
oorledene en Kadiake met die oog daarop om die lewe te bring. Dit is so dat
hierdie stukkie
getuienis vreemd voorkom. Mens kan
15
daaroor spekuleer maar sodanige spekulasie neem die saak nie veel verder nie.
Feit is dat dié besondere aspek nie na behore
uitgepluis en 'n
bevredigende verklaring daarvoor nie in die getuienis te vinde is nie. Dit is 'n
swakheid in die aanbieding van
die staat se saak maar dit raak nie werklik die
kem daarvan nie, naamlik, of dit die appellant dan wel twee ander persone was
wat
die oorledene en Kadiake met Buthelezi met moordgedagtes die bos ingeneem
het nie. Op die getuienis was dit wel hy. Ook was dit hy
wat in die kajuit met
'n vuurwapen bewapen was. Op die waarskynlikhede was hy dus die een wat die
skote afgevuur het aangesien daar
niks was om te suggereer dat hy die vuurwapen
op 'n keer aan Buthelezi oorhandig het nie. Dit was ook Kadiake se afleiding
want hy
het die eerste skoot gehoor pas nadat die appellant Buthelezi
aangespreek het en terwyl Buthelezi nog besig was om sy enkels vas
te bind.
Dié afleiding word bevestig deur wat die appellant volgens Mavuso agterna
in die voertuig aan haar gesê het.
Wat
16
skuldigbevinding betref maak dit in ieder geval nie saak of dit die appellant
dan wel Buthelezi was wat die skote afgevuur het nie.
Selfs al was dit
laasgenoemde was die optrede van die appellant van so 'n aard dat hy op die
grondslag van 'n gemeenskaplike oogmerk
onteenseglik aan die moord skuldig
bevind moes word. Sy getuienis dat die plan net was om die oorledene en Kadiake
in die bos íe
los, is ongeloofwaardig: dit sou noodwendig tot die
boosdoeners se inhegtenisname gelei het.
Na my mening moet die appèl teen die skuldigbevinding op aanklag 1 dus
misluk.
Wat vonnis betref was dit 'n berekende, koelbloedige teregstelling van die
oorledene en 'n gepoogde teregstelling van Kadiake wie
se enigste sonde was dat
hulle die appellant en Buthelezi geken het. Hulle moes doodgemaak word om spore
uit te wis. Dit was 'n onontbeerlike
deel van die plan. Die moord is gepleeg om
hul aandadigheid aan die roof te verberg. Die roof is
18
hy 'n effektiewe vonnis van 4 jaar gevangenisstraf opgelê is. Of
dié misdaad voor of na die tersaaklike misdade gepleeg
is, blyk nie uit
die oorkonde nie. Wat ookal die presiese posisie, toon dit die kaliber van die
man. Alles in ag genome is die doodvonnis
na my oordeel die enigste gepaste
vonnis. Die konstitusionele wettigheid van dié vorm van straf is egter,
soos bekend, tans
onder oorweging deur die konstitusionele hof. Totdat daardie
hof hom eendag daaroor uitgelaat het, moet die saak dus, ooreenkomstig
huidige
gebruik, uitgestel word.
Die volgende bevele word gemaak:
1. Die appellant se appèl teen sy skuldigbevinding op
aanklag 1
misluk.
2. Die appellant se appèl teen die doodvonnis wat hom
ten opsigte
van aanklag 1 opgelê is, word uitgestel tot
'n datum wat deur die
griffier van hierdie hof bepaal
sal word
P M Nienaber Appèlregter EM Grosskopf AR ) Stem saam Marais AR )