S v Dube (272/94) [1995] ZASCA 59 (25 May 1995)

57 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Appeal against conviction — Appellant convicted of robbery after allegedly obtaining money and a watch from the complainant under threat of violence — Appellant's defense based on claim of a fraudulent scheme involving the complainant — Complainant's testimony found credible and consistent, while appellant's version deemed improbable and contradictory — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 59
|

|

S v Dube (272/94) [1995] ZASCA 59 (25 May 1995)

Saak nr 272/94 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ROBSON DUBE APPELLANT
-en-
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM: VIVIER, EKSTEEN et SCHUTZ ARR.
VERHOOR: 16 MEI 1995
GELEWER: 25 MEI 1995.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant ("beskuldigde 1") is saam met 'n
ander
("beskuidigde 2") in die streekhof in Johannesburg daarvan
aangekla dat hulle op 4 Junie 1993 vir ene Allan Bacher van sy polshorlosie
en
R160,000-00 kontant beroof het. Beskuldigde 2 is onskuldig bevind maar
beskuldigde 1 is skuldig bevind en tot sewe jaar gevangenisstraf,
waarvan twee
jaar vir vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort is, gevonnis. Sy appèl
teen die skuldigbevinding na die Witwatersrandse
Piaaslike Afdeling het misluk
maar verlof is verleen om teen die skuldigbevinding na hierdie Hof te
appelleer.
By die verhoor het beskuldigde 1 erken dat hy op die betrokke dag
besit verkry het van die geld en horlosie. Sy verweer was dat hy
die geld deur
bedrog verkry het en dat Bacher die horlosie aan hom geskenk het. Bacher is 'n
invoerder en verspreider van juweliersware.
Sy getuienis was dat ene
Rudolph,
3
wat hy as 'n karweier geken het, 'n paar dae voor die betrokke dag na sy
kantoor gekom het met 'n ander persoon wat hy as Barry, sy
oom, voorgestel het.
Barry het aan hom gesê dat hy betrokke is by die handel in smaragde; dat
'n sekere Watson, wat as 'n middelman
optree tussen die verskaffers en die
uiteindelike koper, ene Majors, op vakansie is; en dat hy wat Bacher is die
geleentheid het
om smaragde te koop. Bacher het belang gestel en hulle het
gereël om 'n paar dae later weer te ontmoet. Die betrokke dag het
hulle in
Bacher se pa se motor na Doornfontein gereis om die verskaffers van die smaragde
te ontmoet. Bacher het voor die Doomfontein
Hotel gestop en Barry het uitgeklim
om die verskaffers, wat in die hotel sou gewag het, te gaan roep. Hy het met
beskuldigde 2 teruggekeer
en gesê dat beskuldigde 1 nie daar is nie.
Beskuldigde 2 het, wat Bacher eers as 'n Checkers-pakkie en later as 'n bruin
koevert
beskryf het, uit sy
4
sak gehaal en aan Bacher getoon. Daarin was vyftien stene wat Bacher met die
blote oog kon vasstel egte smaragde was. Hy wou 'n geleentheid
hê om die
gehalte van die stene te bepaal en beskuldigde 2 het daartoe ingestem.
Beskuldigde 2 is toe terug na die Doornfontein
Hotel en die ander drie het in
die motor vertrek. Terwyl hulle ry het Barry voorgestel dat hulle die stene na
Majors, wat 'n deskundige
is, in Johannesburg neem om te laat toets. Omdat
Majors, volgens Barry, nie vreemdelinge in sy kantoor toelaat nie, is Barry
alleen
met die stene na Majors se kantoor. Na 'n ruk het Barry saam met Majors
teruggekeer en laasgenoemde het gesê dat die stene
van goeie gehalte en
ongeveer R420,000-00 werd was. Bacher, Barry en Rudolph is daarop temg na die
Doornfontein Hotel waar hulle
vir beide beskuldigdes gekry het en met wie hulle
op 'n prys vir die smaragde ooreengekom het. Volgens Bacher was die prys
R160,000-00
en
5
volgens beskuldigde 1 was dit R180,000-00. Bacher het getuig dat hy daarop
gesê het dat hy die geld sou gaan haal en dat hy
gevra het om die smaragde
saam met hom te neem. Beskuldigde 1 het geweier en hy en Barry het toe vertrek
en vir Rudolph by die beskuldigdes
agtergelaat om die smaragde op te pas. Bacher
het 'n tjek vir R160,000-00 by sy bank gewissel en hy en Barry is daarmee terug
na
die Doomfontein Hotel. Bacher het in 'n parkeerarea naby die hotel parkeer en
Barry het die ander gaan roep. Barry en beskuldigde
1 het alleen teruggekeer en
Barry het voor langs Bacher ingeklim en beskuldigde 1 agter in die motor. Bacher
het gesê dat hy
die geld het en gevra om eers die smaragde te sien.
Beskuldigde 1 het aan hom dieselfde bruin koevert as voorheen gegee maar toe
hy
dit oopmaak het hy gevind dat daar nou dertien in plaas van vyftien stene was en
dat die stene ook nie dieselfde as voorheen was
nie. Hy het sy kop geskud om
6
sy ontevredenheid te kenne te gee, waarop beskuldigde 1 'n vuurwapen
uitgehaal, dit teen sy sy gedruk en die geld geëis het.
Beskuldigde 1 het
ook sy polshorlosie van sy arm afgehaal. Beskuldigde 1 het hom met die dood
gedreig indien hy nie in die motor
bly sit nie; en het hom daarna, gevolg deur
Barry, met die geld en die polshorlosie uit die voete gemaak. Bacher het die
saak by
die polisie gerapporteer en het later die twee beskuldigdes by 'n
uitkenningsparade uitgeken. Hy het nòg sy geld nòg
sy horlosie
teruggekry. Rudolph en Barry kon nie opgespoor word nie. Bacher het ontken dat
hy op enige stadium sy handtekening agterop
die koevert aangebring het.
Beskuldigde 1 se weergawe was dat hyself, beskuldigde 2, Rudolph, Barry en
Watson almal deelnemers was aan 'n bedrieglike skema om
onegte stene as egte
smaragde aan Bacher te verkoop. Watson se rol was om vir Bacher te verseker
dat
7
die stene eg is, waama Bacher nie weer daama moes kyk nie. Beskuldigde 1 het
aanvanklik getuig dat Watson vroeër die betrokke
dag die koevert in sy
(beskuldigde 1) se teenwoordigheid op die agterkant geteken het. Die stene is
daarna in die koevert gesit en
die koevert toegeplak. Die doeï met die
handtekening was sodat mens kon sien indien die koevert intussen oopgemaak was.
Beskuldigde
1 het getnig dat toe Bacher met die stene terugkom nadat hy by
Watson was, Bacher ook sy handtekening op die agterkant van die koevert
aangebring het. Toe hy later die koevert aan Bacher in die motor oorhandig, het
Bacher aan hom gesê dat hy volgens die handtekeninge
en 'n klein merkie
wat hy op die koevert gemaak het, tevrede was dat die koevert nie oopgemaak was
terwyl hy die geld gaan haal het
nie. Bacher het gevolglik nie by hierdie
geleentheid weer na die stene gekyk nie. Bacher het aan hom R160,000-00 gegee en
gesê
dat hy die balans
8
van R20,000-00 later sou betaal. Bacher het hom ook gevra of hy nie in sy
polshorlosie belangstel nie. Toe beskuldigde 1 bevestigend
antwoord, het Bacher
self sy polshorlosie afgehaal en aan hom oorhandig. Hulle is op goeie voet
uitmekaar. Die R160,000-00 is tussen
die vyf mededaders verdeel. Beskuldigde 1
het in kruisverhoor gesê dat nie Watson nie, maar ene Thompson die koevert
geteken
het. Toe hy verder daaroor uitgevra word, het hy gesê dat hy die
heeltyd "na dieselfde persoon verwys het, hulle gebruik baie
name". Hy het toe
gesê dat die persoon se naam eintlik John Majors Thompson is. Beskuldigde
2 het nie getuig nie.
Die verhoorlanddros was daarop bedag dat Bacher 'n
enkelgetuie op die eintlike geskilspunt was. Sy getuienis is as geloofwaardig
aanvaar.
Die landdros het voorts gevind dat daar talle teenstrydighede en
onwaarskynlikhede in beskuldigde 1 se
9
weergawe is en sy getuienis is as vals verwerp. 'n Deurlees van sy getuienis
bevestig hierdie bevinding. Sy getuienis oor Watson en
Thompson toon hoe hy sy
getuienis aangepas het. Soos die Verhoorhof en die Hof a quo vind ek sy weergawe
dat Bacher by die tweede
geleentheid die R160,000-00 oorhandig het sonder om
weer na die stene te kyk, totaal onwaarskynlik. Bacher was bedag op die
moontlikheid
dat die stene omgeruil kon word. Daarom het hy voorheen daarop
aangedring om die stene saam met hom te neem. Dit is nooit aan Bacher
deur die
verdediging gestel dat hy by die tweede geleentheid nie na die stene gekyk het
nie. Dit is duidelik dat beskuldigde 1 hierdie
swakheid in sy weergawe besef
het. Daarom sy verduideliking van die handtekening wat dan vir Bacher sou
gerusgestel het. Daardie
verduideliking is moeilik om te aanvaar. Die hele idee
was om agterop die koevert te teken nadat die stene in die koevert toegeplak
was.
10
Maar Watson het, volgens beskuldigde 1, reeds vroeg die betrokke oggend en
voordat die stene by die eerste geleentheid aan Bacher
getoon is, die koevert
geteken. Sy handtekening was dus sonder betekenis. Soos die Hof a quo tereg
daarop wys, moes die koevert toegeplak
en Bacher se handtekening daarop
aangebring gewees het by die geleentheid toe hy van die besoek aan Majors
teruggekeer het. Noodwendig
moes daar 'n bespreking by dié geleentheid
daaroor gewees het. Dit is egter nooit aan Bacher gestel dat sy handtekening by
hierdie geleentheid aangebring is nie en in sy getuienis in hoof het beskuldigde
1 ook nie getuig dat dit is wat gebeur het nie.
Sy getuienis in kruisverhoor oor
wanneer Bacher die koevert geteken het was vaag en onduidelik. Bacher het in elk
geval ontken dat
hy ooit die koevert geteken het.
'n Ander onwaarskynlike aspek van beskuldigde 1 se getuienis is dat Bacher sy
horlosie aan hom geskenk het. Bacher het
11
getuig dat die horlosie R600-00 werd is; dat hy wel soms nuwe horlosies aan
kliente skenk maar dat hy nie sy eie horlosie van sy arm
sou afgehaal het en aan
beskuldigde 1, wat hy nie as 'n klient beskou het, sou geskenk het
nie.
Namens beskuldigde 1 is betoog dat die redelike moontlikheid nie
uitgesluit kan word dat die samesweerders nooit egte smaragde aan
Bacher getoon
het nie; dat hy agtema uitgevind het dat hy bedrieg was en dat hy toe die
weergawe dat hy beroof is, versin het. Afgesien
van Bacher se uitdmklike
getuienis tot die teendeel is dit onwaarskynlik dat onegte stene by die eerste
geleentheid aan hom getoon
is. Die samesweerders het geweet dat hulle met 'n
juwelier te doen het wat in staat behoort te wees om onegte stene uit te ken.
Hulle
sou nie die risiko geloop het dat hulle plan op 'n vroeë stadium
misluk nie. Dit is betoog dat Bacher se optrede na die tyd,
toe hy nie dadelik
die polisie in
12
kennis gestel het nie, verdag is. Ek stem nie saam nie. Sy getuienis dat hy
in 'n toestand van skok was en eers doelloos rondgedwaal
het voordat hy later
dieselfde dag die saak aangegee het, is te verstane. Daar is geen rede waarom
Bacher sou beweer het dat hy beroof
is indien hy 'n geldige klagte gehad het dat
hy bedrieg is nie.
Daar is voorts namens beskuldigde 1 betoog dat Bacher se
weergawe talle onwaarskynlikhede bevat, soos dat hy goedsmoeds ingestem het
dat
die stene na Majors geneem word; dat Majors aan hom sou gesê het dat die
stene R420,000-00 werd was en dat hy dit graag
self sou wou koop; en dat hy
(Bacher) as 'n middelman moes optree terwyl Barry en Rudolph die verskaffers
direk aan die koper kon
voorgestel het. Hierdie aspekte is wel eienaardig, maar
dít kan nie afbreek aan Bacher se geloofwaardigheid doen nie omdat
dit
gemene saak was dat dit is
13
wat inderdaad gebeur het. Dit is nie betoog dat die kooptransaksie onwettig
was nie en die feit dat Bacher bereid was om op so 'n
eienaardige wyse te werk
te gaan om die stene te bekom maak nog nie van hom 'n leuenaar nie. Ek is
gevolglik van mening dat daar
geen grond is om met die
geloofwaardigheidsbevindings van die landdros in te meng nie.
Die appél word afgewys.
W. VIVÏER
AR.
EKSTEEN AR)
SCHUTZ AR) Stem saam.