S v Phokela en 'n Ander (367/94) [1995] ZASCA 55 (22 May 1995)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Belief in witchcraft as a mitigating factor — Appellants convicted of murder after attacking and killing the deceased, whom they believed was responsible for the death of a child — Appellants' claims of belief in witchcraft not substantiated by evidence — Sentencing court considered all relevant factors, including personal circumstances and the nature of the crime — Maximum sentence of ten years imprisonment imposed not found to be shockingly inappropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 55
|

|

S v Phokela en 'n Ander (367/94) [1995] ZASCA 55 (22 May 1995)

Saaknommer
: 367/94 NvH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRTKA (
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
ALBERT PHOKELA
Eerste Appellant
VINCENT SEEMA
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Saaknommer
: 367/94 NvH
IN DIE HOOGGERE
GSHOF VAN SUID-AFRIKA
In die saak tussen:
ALBERT PHOKELA
Eerste Appellant
VINCENT SEEMA
Tweede
Appellant
en
DTE STAAT
Respondent
CORAM
: SMALBERGER, FH GROSSKOPF,
et VAN DEN HEEVER, ARR
VERHOORDATUM
: 15 MEI 1995
LEWERTNGSDATUM
: 22 MEI 1995
U I T S P R A A K
SMALBERGER, AR :-
Die twee appellante het tesame met veertien mede-beskuldigdes, almal lede van
dieselfde stam, in die streekhof te
2
Potgietersrus tereggestaan op 'n aanklag van moord op ene Thapota Frans Seema
("die oorledene"). Die appellante het skuldig gepleit;
die saak teen hulle
mede-beskuldigdes is teruggetrek. Na skuldigbevinding is elk van die appellante
tot tien jaar gevangenisstraf
gevonnis. Hulle appèl na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling teen hulle vonnisse het misluk. Hulle is egter verlof
verleen
om na hierdie Hof in hoër beroep te kom.
Namens die appellante is 'n skriftelike pleitverduideliking ingevolge art
112(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 ingehandig. Na
skuldigbevinding het
die appellante se prokureur en die staatsaanklaer die verhoorhof ten opsigte van
vonnis toegespreek. Sekere
feite, wat blykbaar wedersyds aanvaar is, is deur
hulle aan die verhoorhof voorgelê. Die feite was egter karig en bowendien
in sekere opsigte onvolledig of onvoldoende toegelig. Die appellante het nie
self getuienis afgelê nie. Dit is gemene saak
dat die omstandighede met
betrekking tot die pleging van die
3
misdaad, soos aan die verhoorhof voorgelê, soos volg saamgevat kan
word.
Die oorledene se seun, 'n jeugdige, is op 15 November 1992 blykbaar
deur weerlig doodgeslaan. Toordokters is geraadpleeg en het die
oorledene, 'n
61-jarige man, uitgewys as die persoon wat vir sy seun se dood verantwoordelik
was. As gevolg hiervan is die oorledene
op 17 November 1992 deur 'n groep mense
aangeval. Die appellante het die inisiatief geneem en aan die spits gestaan van
die aanval.
Die oorledene is met klippe gegooi en het, soos by die latere
nadoodse ondersoek geblyk het, aan onder andere 'n hoofbesering beswyk.
Daama
het die appellante petrol gekoop, dit oor die oorledene se liggaam gegiet en sy
liggaam aan die brand gesteek. (Dit is aanvaar
dat die oorledene reeds dood was
toe sy liggaam aan die brand gesteek is. Daar is egter aanduidings in die
verslag van die nadoodse
ondersoek, wat as 'n bewysstuk ingehandig is, dat dit
nie die geval was nie. Die pataloog wat die nadoodse
4
ondersoek gedoen het, is nie geroep om te getuig nie. Die verhoorlanddros
moes myns insiens vasgestel het wat die ware toedrag van
sake was.) Beide
appellante glo blykbaar in toorkuns en het hulle geloof daarin 'n rol in die
pleging van die misdryf gespeel. Direk
na hulle inhegtenisname het die
appellante albei verklarings voor 'n landdros afgelê waarin hulle hulle
betrokkenheid by die
moord erken het.
Die eerste appellant was 31 jaar oud
ten tye van die voorval. Hy is ongetroud. Hy het nooit skool gegaan nie en is
ongeletterd. Hy
het skrynwerk gedoen en huise help bou. Sy verdienste was 'n
karige R50-00 per maand. Die tweede appellant was 20 jaar oud en ongetroud.
Hy
was destyds 'n skolier in sy matriekjaar. Beide appellante is eerste
oortreders.
In gevalle soos die onderhawige word 'n opregte geloof in towerkuns
allerweë aanvaar as 'n omstandigheid wat die morele verwytbaarheid
van die
boosdoener verminder. In die verband het
5
Kriegler Wnd AR hom in
S v Motsepa en 'n Ander
1991(2) SASV
462(A) op 470 f-i soos volg uitgedruk:
"'n Geloof in towerkuns wat dien as dryfveer vir die doodslag van 'n vermeende
towenaar, is in die verlede dikwels oorweeg by die
beantwoording van die vraag
of daar by die pleging van 'n moord versagtende omstandighede teenwoordig was.
Die verwoording van die
beginselbenadering deur Lansdown RP in R v Biyana
1938
EDL 310
is meermale deur hierdie Hof goedgekeur. (Kyk bv R v Fundakubi and
Others 1948(3) SA 810(A) op 815; S v Nxele 1973(3) SA 753(A) te
757-8 en S v
Ngubane 1980(2) SA 741(A) te 745D-746B.) 'n Opregte en gevestigde geloof in die
toorkuns wat in 'n beskuldigde se gemoed
gedien het as dryfveer vir die pleging
van 'n moord, was feitlik altyd 'n oorweging by die bepaling van die
aanwesigheid al dan nie
van versagtende omstandighede. By sodanige ondersoek,
asook by die oorweging van die oplegging van 'n diskresionêre doodvonnis,
dws ondanks 'n bevinding van die aanwesigheid van versagtende omstandighede, het
verskeie faktore 'n rol gespeel. Daaronder was die
opregtheid en diepte van die
beskuldigde se bygeloof, die omvang van die vrees wat dit by hom ingeboesem het,
die onmiddellikheid
van die aangevoelde bedreiging, die verwantskap tussen die
beskuldigde en die waargenome bedreigde, asook die wreedheidsgraad waarmee
die
vermeende towenaar om die
6
lewe gebring is. Ondanks die grondliggende veranderings wat deur die bepalings
van Wet 107 van 1990 teweeggebring is, verdien sodanige
faktore nog steeds
oorweging."
(Sien ook
S v Lukhwa en 'n Andere
1994(1) SASV
53(A) op 57f-j.)
Hoe groter en dieper die subjektiewe geloof in, of vrees
vir, die
bonatuurlike is, des te minder die verwytbaarheid. Soos
deur
Miller AR gestel in
S v Ngubane
1980(2) SA 741(A) op 745G-H:
"But the degree of intensity of the belief is, 1 think, a highly important
factor, for the more intense such belief is, the greater
the sense of fear or
apprehension it induces. ïn many of the cases concerning the killing of one
who practises witchcraft which
come before the Courts, it is apparent that the
killer was truly fearful of the fate which might be in store for him, or others,
aí the hands of his victim."
In sake waar 'n geloof in
towerkuns na bewering 'n rol gespeel het in die pleging van 'n moord moet daar,
ten einde 'n gepaste vonnis
te bepaal, op die bepaalde feite van elke
afsonderlike geval gelet word. Na gelang van die omstandighede kan vonnisse
wissel van
gemeenskapsdiens (
S v Mathoka en Andere
1992(2)
7
SASV 443(NK)) na drie jaar gevangenisstraf waarvan die
helfte
voorwaardelik opgeskort is
(S v Mojapelo
1991(1) SASV
257(T)
na twee en twintig jaar
(S v Motsepa en 'n Ander (supra
)) en
selfs
lewenslange gevangenisstraf
(S v Lukhwa en 'n Ander
(supra
)).
Daar is dus nie 'n vonnis wat in alle gevalle as norm kan dien
nie.
In
S v Nxele
1973(3) SA 753(A) op 757H-758B het
Ogilvie
Thompson HR, met verwysing na wat gesê is in
R v
Fundakubi and
Others
1948(3) SA 810(A) op 818/9, soos van tyd tot tyd deur die
ondervinding van die Howe bevestig, daarop gewys dat
".... belief in witchcraft not infrequently gives rise to heinous crime ....
Accordingly, while recognising the continued existence
of this belief, the
Courts must guard against undue leniency when such belief has manifested itself
in conduct which is criminally
punishable. For the effect of undue leniency in
relation to possible repetition of such conduct must always be borne in mind.
Unlawful
acts, even if committed under genuine belief of justification, cannot
lightly be countenanced. As the learned Judge a quo aptly remarked,
the Courts
must be careful not to create the impression that belief in witchcraft affords
an excuse for criminal conduct."
8
Waar die geloof in towerkuns nog voortleef, en dikwels grusame misdade tot
gevolg het, is dit gepas om opnuut weer te beklemtoon dat
dit noodsaaklik is dat
die Howe in belang van die breë gemeenskap sal optree. 'n Ongegronde geloof
in towerkuns kan tot die
dood van onskuldige persone lei wat om irrasionele en
selfs hoogs persoonlike redes deur sogenaamde "kundiges" uitgewys word as synde
verantwoordelik vir een of ander onaangename gebeurtenis. Ter behoorlike
beskerming van die gemeenskap moet daar in gepaste gevalle
vonnisse opgelê
word wat dit ten doel het om persone, ondanks hulle subjektiewe geloof, te
ontmoedig om die reg in eie hande
te neem en op ander wraak te neem. Ofskoon 'n
subjektiewe geloof in towerkuns by vonnisoplegging in aanmerking geneem moet
word,
is dit ook die taak van die Howe om dit tuis te bring dat optrede van
hierdie aard nie in 'n beskaafde gemeenskap geduld kan word
nie.
Om terug te keer na die feite van hierdie saak. Daar is
9
aanvaar dat die appellante 'n geloof in towerkuns het. Of dit 'n
diepgewortelde geloof is, blyk nie uit die oorkonde nie. Net die
appellante sou
weet. Dit het hulle vrygestaan om die verhoorhof hieroor in te lig, maar hulle
het verkies om nie te getuig nie. Dat
hulle 'n diepe geloof gehad het, kan
eenvoudig nie sonder meer in hulle guns aanvaar word nie. Die eerste appellant,
hoewel ongesofistikeerd,
is nie meer 'n jeugdige nie; terwyl die tweede
appellant, hoewel jonk, reeds amper sy skoolopleiding voltooi het. Hulle blyk
nie
agteraf of primitief te wees nie. Vanweë 'n gebrek aan getuienis is dit
nie moontlik om die omvang van die vrees, indien enige,
wat hulle geloof in
towerkuns by hulle ingeboesem het, te bepaal nie. Daar is niks wat daarop dui
dat hulle byvoorbeeld gevrees het
dat dieselfde lot wat die jeugdige getref het,
ook hulle voorland kon wees nie. Dit blyk nie dat die jeugdige aan hulle verwant
was
nie. Indien wel, sou redelikerwys verwag kon gewees het dat daardie feit aan
die verhoorhof geopenbaar sou
10
word. Die jeugdige se dood het hulle dus nie direk geraak nie. Dit is ook
onduidelik hoe sterk die stam se betrokkenheid by die gebeure
was, en hoe sterk
die stam se verontwaardiging oor die jeugdige se dood was.
Anders as in die
geval van die beskuldigde in
S v Mojapelo (supra
) het die appellante nie
op die ingewing van die oomblik gehandel nie. Dit blyk eerder dat daar berekend
teen die oorledene opgetree
is. Verswarend is die feit dat die appellante die
aanval op die oorledene geïnisieer het en die voortou geneem het; ook dat
dit hulle was wat petrol gaan koop het, dit oor die oorledene se liggaam gegiet
het en dit aan die brand gesteek het. Dat die oorledene
'n grusame dood gesterf
het, is gewis.
Dit is geykte reg dat hierdie Hof nie 'n onbeperkte diskresie het om met 'n
verhoorhof se vonnis in te meng nie. Inmenging is alleenlik
geregverdig in die
geval van 'n wesenlike mistasting of onreëlmatigheid of waar die opgelegde
vonnis ontstellend onvanpas
11
is. Van 'n onreëlmatigheid is daar nie sprake nie. Voor
ons is namens die appellante betoog dat die verhoorlanddros misgetas
het omdat
hy versuim het om die appellante se geloof in towerkuns en berou in aanmerking
te neem of behoorlik in aanmerking te neem.
Dit, so is beweer, word
weerspieël deur die feit dat hy die maksimum vonnis opgelê het wat
hom geoorloof is.
Daar steek niks in die betoog nie. Dit blyk uit sy uitspraak dat die
verhoorlanddros alle tersaaklike oorwegings by vonnisoplegging,
insluítende die appellante se persoonlike omstandighede en hulle geloof
in toorkuns, behoorlik in aanmerking geneem het. Die
appellante het self nie oor
berou getuig nie, en dit is te betwyfel of hulle opregte berou oor die voorval
het. In 'n sekere sin
sou opregte berou vir hulle dade teenstrydíg wees
met 'n gevestigde geloof in towerkuns. Hoe dit ookal sy, vir soverre berou
afgelei kan word van die feit dat hulle skuldig gepleit het, het die
verhoorlanddros dit in aanmerking geneem. Na my mening
12
het die verhoorlanddros hom nie in enige wesenlike opsig waningelig nie. Dat
hy die maksimum vonnis binne sy bevoegdheid opgelê
het, is nie aanduidend
van enige mistasting aan sy kant nie. Dit dui eerder op die erns waarmee hy die
misdaad bejeën het. Die
vraag is dus nie soseer of die verhoorlanddros
misgetas het nie, maar of die opgelegde vonnis ontstellend onvanpas is. Ek is
nie
daarvan oortuig dat dit die geval is nie. Trouens, as daar behoorlik gelet
word op die appellante se persoonlike omstandighede, die
aard en erns van die
misdaad, die belange van die gemeenskap en die doelstellings van vonnis, beskou
ek die vonnis opgelê as
'n gepaste een. Die appellante se appelle teen
hulle vonnisse word afgewys.
JW SMALBERGER APPèLREGTER
FH GROSSKOPF, AR ) stem saam VAN DEN HEEVER, AR )