S v Van Zyl (387/94) [1995] ZASCA 51 (18 May 1995)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of fraud and sentenced to ten years' imprisonment, half of which was suspended — Appellant contended that the magistrate misapplied sentencing discretion by overemphasizing aggravating factors and failing to consider mitigating circumstances — Court found that the magistrate did not err in the exercise of discretion, as the appellant played a significant role in a planned fraud scheme causing substantial loss to the bank — Appeal partially upheld, reducing the suspended portion of the sentence to two years while maintaining the direct imprisonment term.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 51
|

|

S v Van Zyl (387/94) [1995] ZASCA 51 (18 May 1995)

SAAKNOMMER: 387/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
T K VAN ZYL APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM
: HEFER, STEYN ef MARAIS, ARR
VERHOOR
: 11 MEI 1995
GELEWER
: 18 MEI 1995
U I T S P R A A K
MARAIS AR/
2
Appellant is in die streekhof van Vereeniging aan twee aanklagte van bedrog
skuldig bevind en op elke aanklag gevonnis tot 10 jaar
gevangenisstraf waarvan
die helfte op sekere voorwaardes opgeskort is. Behalwe vir 'n wysiging van die
voorwaardes van opskorting
deur die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangebring,
het 'n appèl na daardie hof teen die vonnisse nie geslaag nie. Die
Provinsiale
Afdeling het 'n aansoek van verlof om verder na hierdie hof te
appelleer, geweier. Appellant het toe 'n petisie aan die Hoofregter
gerig en
verlof om teen die vonnisse te appelleer is toegestaan.
Kortliks gestel, het die misdade die volgende behels. Appellant het met
andere saamgespan om valslik aan Volkskas Bank te Vereeniging
voor te gee dat
twee kontant tjeks vir R315600 en R386000 onderskeidelik, egte tjeks was wat
deur die munisipaliteit van
3
Everton uitgereik was, en dat hy, Appellant, behoorlik gemagtig was om hulle
te wissel en die betrokke bedrae geld in ontvangs te
neem. Daardeur is die bank
oorreed om dié bedrae geld aan hom oor te betaal. Een van die
samesweerders, ene Bekker, was in
diens van die bank en hy het van sy intieme
kennis van die bank se werkswyse gebruik gemaak om te verseker dat die geld aan
appellant
uitbetaal sou word sonder dat enige voorafgaande navrae deur die
betrokke bank tellers aan die Everton munisipaliteit gerig sou word.
Die bank
het die geld nie terug gekry nie en het dus 'n verlies van R702500 gely. Een van
die tjeks is op 15 Maart, en die ander
op 16 Maart 1990, deur appellant
gewissel. Volgens appeïlant het hy slegs R5000 vir sy moeite ontvang.
Appellant se advokaat het aangevoer dat die streeklanddros sy
vonnisopleggende diskresie nie behoorlik uitgeoefen
4
het nie in die sin dat hy die verswarende faktore wat aanwesig was tot so 'n
mate ten koste van appellant se persoonlike omstandighede
en ander versagtende
omstandighede oorbeklemtoon het, en dat hierdie hof derhalwe geregtig is om met
die opgelegde vonnisse in te
meng. Daar is verder betoog dat die streeklanddros
verkeerdelik bevind het dat appellant nie deur Bekker beïnvloed was nie,
en
dat die streeklanddros ook misgetas het deur te sê dat die feit dat
appellant net R5000 uit die misdaad gekry het "nie so
'n belangrike rol kan
speel nie". Daar is ook aangevoer dat al het die streeklanddros nie in enige van
daardie opsigte misgetas nie,
die opgelegde vonnisse so "ontstellend onvanpas"
is, veral as hulle kumulatiewe uitwerking in ag geneem word, dat hierdie hof
behoort
in te gryp en die vonnisse te verminder.
Ons is na die welbekende en geykte beginsels van
5
vonnisoplegging verwys en dit is skaars nodig om hulle weereens
te
herhaal. Na my mening kan dit nie gesê word dat die
streeklanddros
in enige opsig misgetas het nie. Selfs as dit so is dat
appellant
uiteindelik slegs R5000 ontvang het, is dit duidelik dat hy glad
nie
daarmee tevrede was nie, en dat hy gereken het dat hy op 'n helfte
van
R702500 geregtig was. Trouens, hy het self beweer dat hy
baie
ongelukkig was toe Bekker voorgestel het dat die geld na die bank
teruggeneem word, en dat hy uiteindelik toegestem het slegs omdat hy
begin
vrees het dat hulle gearresteer sou word. Daar was geen sprake
van berou nie.
Van baie meer belang as die feit dat hy uiteindelik
dalk slegs R5000 ontvang het, is dat hy bereid was om 'n belangrike rol te
speel in die pleging van misdade wat hy besef het daartoe
sou lei dat die bank
'n verlies van oor die R700000 sou moes dra. Die streeldanddros was dus
heeltemal reg toe hy gesê het
dat die feit dat
6
appellant slegs R5000 ontvang het "nie so 'n belangrike rol kan speel nie".
Dit beteken ook dat hy dit nie heeltemal buite rekening
gelaat het nie.
Die
beweerde beïnvloeding van appellant deur Bekker is ook nie 'n faktor wat
veel gewig behoort te dra nie. Appellant is ouer
as Bekker en het ook 'n vorige
veroordeling vir diefstal. Daar was geen verhouding tussen hulle wat appellant
dalk kwesbaar aan of
vatbaar vir onbehoorlike beïnvloeding deur Bekker sou
gemaak het nie, en dit is hoogs onwaarskynlik dat appellant teensinnig
was en
dat hy slegs as gevolg van Bekker se beïnvloeding geswig het. Dit mag wees
dat Bekker hom aanvanklik aan die versoeking
blootgestel het maar dit is iets
anders as beïnvloeding en regverdig nie veel simpatie nie.
Myns insiens,
kan die streeklanddros se evaluasie van die tersaaklike faktore ook nie
gekritiseer word nie. Die misdade was koel
7
beplande misdade wat nie impulsief gepleeg is nie. Hulle was grootskaalse
misdade wat 'n baie groot verlies veroorsaak het. Appellant
het geweet dat een
van sy samesweerders 'n vertrouensposisie sou moes uitbuit om die plan suksesvol
deur te voer. In die afwesigheid
van enige ander verduideliking deur appellant
geopper, moet aanvaar word dat daar geen besondere rede, behalwe hebsug, was,
wat appellant
beweeg het om die misdade te pleeg nie. Sy rol was sentraal tot
die suksesvolle uitvoering van die bedrog en nie 'n minderwaardige
rol nie.
Oneerliksheidsmisdade soos hierdie kan nie vergelyk word met, bv. misdade soos
impulsiewe diefstal in 'n selfbedieningswinkel
nie. Die onderhawige misdade is
voorbeelde van die sogenaamde "wit boordjie" misdade waama in
STAAT teen
BLANK
1995(1) SASV 62(A) te bl. 79d-e verwys is. Die toename in voorkoms van
hierdie besondere tipe misdaad in die gemeenskap is
8
kommerwekkend. Die vrugte van sulke misdade is dikwels aansienlik en indien
vonnisse daarvoor te lig is, sal sulke vonnisse as 'n
aanvaarbare risiko deur
voomemende misdadigers gesien word. Misdade soos hierdie verg, na my mening,
vonnisse wat dit vir appellant
en ander eendersdenkendes duidelik sal laat blyk
dat 'n duur prys daarvoor betaal sal moet word. Dit is natuurlik so dat 'n
beskuldige
se persoonlike omstandighede nooit buite rekening gelaat moet word
nie; maar die streeklanddros het hulle nie buite rekening gelaat
nie, en sy
evaluasie van hulle was ook nie verkeerd nie. Appellant was nie jonk en onervare
nie. Hy was 26 jaar oud en het sy eie
besigheid bedryf. Hy was ongetroud met een
kind waarvoor hy R250 per maand onderhoud betaal het. Hy was nie 'n eerste
oortreder nie.
Hy is in 1982 aan diefstal van 'n motorfiets skuldig bevind. Hy
was destyds 'n jeugdige maar die feit bly staan dat, alles inaggenome,
9
sy persoonlike omstandighede nie indrukwekkend is nie. Na my mening, het
hulle nie appellant enige aanspraak op toegeeflike behandeling
gegee
nie.
Laastens is daar die betoog dat die vonnisse ontstellend onvanpas is. Ek
kan nie daarmee saamstem nie. Ons is gevra om hierdie vonnisse
met vonnisse
opgelê in sake soos
STAAT teen KASSELMAN en 'n ANDER
1995(1) SASV
429(T),
STAAT teen FLANAGAN
1995(1) SASV 13(A) en
STAAT teen
BLANK
,
supra
te vergelyk, en om te konkludeer dat in die lig daarvan
hierdie vonnisse veels te swaar is. Wat die onopgeskorte gedeeltes van die
gevangenisstraf aanbetref, is ek nie oortuig dat die vergelyking dit aantoon
nie. Elke saak moet op sy eie meriete besleg word en
ek glo nie dat dit met reg
gesê kan word dat 'n effektiewe tydperk van gevangenisstraf van 10 jaar
vir hierdie twee misdade
buitensporig is
10
as daar in ag geneem word hoe ernstig hulle was, die groot verlies deur die
bank gely en dat appellant voorheen skuldig bevind is
aan diefstal. Waar, soos
in hierdie geval, die streeklanddros nie in enige wesenlike opsig misgetas het
nie, is die feit dat ek persoonlik
'n ietwat korter tydperk van direkte
gevangenisstraf sou opgelê het, nie die maatstaf nie. Dit is slegs waar
die verskil werklik
treffend en steurend is dat inmenging geregverdig sou wees.
Myns insiens is dit nie die geval nie.
Waar appellant, na my mening, wel
gelyk gegee moet word, is in verband met die opgeskorte gedeeltes van die
vonnisse. Die verhouding
tussen die direkte gevangenisstraf wat opgelê is
en die opgeskorte gedeeltes van die vonnisse tref my as ongebaïanseerd
en
bring mee dat, bo en behalwe die stewige termyn van direkte gevangenisstraf wat
hy sal moet uitdien, appellant aan 'n buitengewone
11
lang tydperk gevangenisstraf blootgestel word indien hy die voorwaardes van
opskorting sou verbreek.
'n Vonnis van so lank as 10 jaar wat opgeskort word,
is iets wat selde in Suid-Afrika teëgekom word. In beginsel is dit
onwenslik
om sulke lang termyne opgeskorte gevangenisstraf te koppel aan 'n lang
termyn onopgeskorte gevangenisstraf. Selfs na die wysiging
van die voorwaardes
van opskorting deur die Provinsiale Afdeling aangebring, loop appellant die
risiko dat hy 10 jaar in 'n gevangenis
sal moet deurbring as hy skuldig bevind
word aan bedrog of diefstal, al is hy slegs tot opgeskorte gevangenisstraf
daarvoor gevonnis.
Ek vind dit steurend onvanpas. Die appèl teen die
vonnisse slaag dus in die beperkte opsig dat die onopgeskorte gevangenistermyne
opgelê onveranderd bly, maar dat die opgeskorte gedeeltes van die vonnisse
tot twee jaar gevangenisstraf verminder
12
word, en die opskortingsvoorwaardes word gewysig om dit duidelik te
maak
dat slegs die oplegging van
onopgeskorte
gevangenisstraf sonder
die
kense van 'n boete dit moontlik sal maak om die opgeskorte
vonnisse in
werking te stel. Die vonnisse deur die streeklanddros
opgelê word dus
met die volgende vonnisse vervang:
Sewe (7) jaar gevangenisstraf op elke aanklag, waarvan twee (2) jaar op elke
aanklag vir vyf (5) jaar opgeskort word, op voorwaarde
dat die beskuldigde nie
weer skuldig bevind word aan bedrog of diefstal gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie, en waarvoor
hy onopgeskorte gevangenisstraf sonder die keuse
van 'n boete opgelê word.
R M MARAIS AR
HEFER AR)
stem saam STEYN AR)