General Accident Insurance Company SA Ltd. v Lesudi (357/93) [1995] ZASCA 41 (30 March 1995)

65 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Negligence — Standard of care — Appellant sought to establish negligence against the respondent following a vehicle accident caused by a burst tire — The court examined whether the respondent, as a diligent driver, took reasonable steps to prevent the accident after the tire burst — It was found that the respondent did not act negligently as there was insufficient evidence to prove what reasonable steps could have been taken to avoid the accident — Appeal upheld, original judgment set aside, and absolution from the instance granted.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 41
|

|

General Accident Insurance Company SA Ltd. v Lesudi (357/93) [1995] ZASCA 41 (30 March 1995)

Saak No 375/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die
saak tussen:
GENERAL ACCIDENT INSURANCE
COMPANY S A
LIMITED
Appellant
en
MOTHIPANE LIZZIE LESUDI
Respondent
CORAM:
E M GROSSKOPF, STEYN, NIENABER, ARR
DATUM VAN VERHOOR:
23 Februarie 1995
DATUM GELEWER:
30 Maart 1995
UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR
2
Ek het die uitspraak van my kollega Steyn in
konsepvorm gelees.
Ek stem saam met hom dat die
verhoorhof die saak verkeerd benader het. Die
juiste
benadering word bespreek in my kollega se uitspraak en
word soos
volg geformuleer in Arthur v Bezuidenhout and
Mieny
1962 (2) SA 566
(A) op bl
574B:
"There is, in my opinion, only one enguiry, namely: has the plaintiff, having
regard to all the evidence in the case, discharged
the onus of proving, on a
balance of probabilities, the negligence he has averred against the
defendant?"
Ongelukkig kan ek egter nie met my kollega saamstem
dat, indien die korrekte benadering gevolg word, die verhoorhof se uitspraak
nogtans
gehandhaaf moet word nie.
Die toets in aksies weens beweerde nalatigheid is
soos volg uitgedruk in Kruger v Coetzee
1966 (2) SA 428
(A) op bl 430 E-F:
"For the purposes of liability culpa arises if -(a) a diligens paterfamilias
in the position of the defendant -
(i) would foresee the reasonable possibility of his conduct
injuring another in his
3
person or property and causing him patrimonial loss;
and
(ii) would take reasonable steps to guard
against such occurrence; and (b) the defendant failed to take such steps."
In die onderhawige geval sou 'n diligens paterfamilias in Hlahla se posisie
klaarblyklik besef het dat daar 'n moontlikheid van skade
aan ander persone sou
wees as hy na die verkeerde kant van die pad sou beweeg en sou hy redelike
stappe gedoen het om hierdie gebeurlikheid
te vermy. Die vraag is dus of daar
bewys is dat daar redelike stappe was wat hy kon gedoen om die ongeluk te vermy
en wat hy versuim
het om te doen.
Die onbetwiste feite is dat 'n band gebars het en dat die versekerde voertuig
as gevolg daarvan na die verkeerde kant van die pad
beweeg het. Dit is gemene
saak dat Hlahla nie te vinnig gery het nie en ook nie verwyt kan word vir die
bars van die band nie. Enige
culpa aan sy kant moet dus gesoek word in sy
optrede daarna.
4 Daar was geen aanvaarbare deskundige getuienis oor
hoe 'n
motorvoertuig reageer wanneer 'n agterband bars
en hoe 'n bestuurder onder
sulke omstandighede behoort
op te tree nie. Ons was dus aangewese bloot
op
regterlike kennisneming. Daar word allerweë aanvaar dat
Hlahla nie verwyt kan word omdat hy nie sy hand- of
voetrem gebruik het nie. Wat moontlik vir hom oorgebly
het was om te probeer om die rigting van die voertuig
drasties na links te verander. Dit het hy nie gedoen
nie. Sy verduideliking was dat hy bang was dat hy
daardeur 'n ernstiger ongeluk sou veroorsaak. Wat my
betref, weet ek nie of 'n bestuurder die rigting waarin
hierdie swaarbelaaide voertuig besig was om te beweeg
nadat die band gebars het, op 'n veilige manier na
links terug kon verander nie. Ek kan dus nie sê dat
Hlahla verkeerd opgetree het deur net "bietjie-bietjie"
na links te probeer stuur nie. Terloops, sy getuienis
dat hy die voertuig "gesmeek" het om nie na die kant
toe te gaan nie, is vir my heeltemal aanvaarbare
5
beeldspraak, veral as in ag geneem word dat dit die
tolk se woordkeuse is,
nie Hlahla s'n nie. En die blote opmerking van Malatja in die verbygaan dat
Hlahla niks gedoen het nie is m
i nie onversoenbaar met Hlahla se getuienis nie.
Hierdie aspek van Hlahla se getuienis is ook nie inherent onwaarskynlik nie.
Daar
is dus m i geen rede om Hlahla se getuienis in hierdie opsig te verwerp
nie.
Aan die einde van die saak is die volgende kernvraag vir my nog steeds
onbeantwoord: Watter redelike stap kon Hlahla gedoen het om
die ongeluk te
probeer vermy?
Dit volg dus dat die eiseres m i nie bewys het dat die ongeluk aan Hlahla se
nalatigheid te wyte was nie.
Die volgende bevel word uitgereik:
1.
Die appèl slaag met
koste.
2.
Die bevel van die verhoorhof word
tersyde gestel en vervang met die
volgende:
6 Absolusie van die
instansie word gelas met
koste.
E M GROSSKOPF, AR
NIENABER, AR Stem saam