Telkom Suid-Afrika Bpk. v Richardson (293/93) [1995] ZASCA 31; 1995 (4) SA 183 (AD); (28 March 1995)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Telecommunications — Suspension of service — Right to suspend service for non-payment of disputed amounts — Appellant (Telkom) suspended respondent's (Richardson's) telephone service due to non-payment of disputed accounts — Respondent sought urgent interdict to restore service, claiming breach of implied terms of contract — Court a quo granted interdict, finding prima facie right to protection — Appeal focused on whether respondent had a prima facie right to the service — Held: The statutory regulations governing the service provided Telkom with the authority to suspend service for non-payment, regardless of the dispute over the account accuracy; thus, the interdict was not justified.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 31
|

|

Telkom Suid-Afrika Bpk. v Richardson (293/93) [1995] ZASCA 31; 1995 (4) SA 183 (AD); (28 March 1995)

Saak Nr 293/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
TELKOM SUID-AFRIKA BEPERK
Appellant
en
RAYMOND RICHARDSON
Respondent
CORAM
: JOUBERT, E M GROSSKOPF, STEYN, F H GROSSKOPF,
HOWIE, ARR
DATUM VAN VERHOOR
: 2 MAART 1995
DATUM GELEWER
: 28
MAART 1995
UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR
2
Die partye in hierdie appèl is Telkom Suid-Afrika
Beperk
en Mnr R Richardson. Gerieflikheidshalwe sal ek na hulle verwys bloot as Telkom
en Richardson.
Richardson is die huurder van 'n telefoondiens
verskaf deur
Telkom. Gedurende die tydperk tussen
Desember 1991 en Desember 1992 (met
uitsluiting van
drie maande waarop ek later terugkom) het Richardson
se
gebruik van sy telefoon tussen 162 en 668 getelde
oproepeenhede per
maand beloop. Hierdie gebruik het hom
gevolglik tussen R30,62 en R110,22
gekos. Die
telefoonrekenings wat onderskeidelik op 21 April 1992,
19 Mei
1992 en 19 Junie 1992 gelewer is, het egter 'n
ander prentjie geskilder.
Volgens hierdie rekenings was
sy gebruik vir daardie drie maande
onderskeidelik 4048,
5760 en 1297 eenhede. Hiervoor is hy aanspreeklik
gehou
vir bedrae van R667,
92; Rl 088
,64 en R245,13.
Richardson het die juistheid van laasgenoemde drie rekenings betwis.
Gerieflikheidshalwe sal ek voortaan na hulle verwys as die betwiste
rekenings.
Dit is nie
3 nodig om in besonderheid in te gaan op die
onderhandelinge tussen Richardson en Telkom nie. Na
aanleiding van sy
ondersoeke het Telkom tot die
gevolgtrekking gekom dat Richardson wel
aanspreeklik
vir die bedrae van die betwiste rekenings is.
Richardson het
dit steeds ontken. Op 27 November 1992
skryf Telkom aan Richardson dat ondersoek gedoen is en
dat geen gebrek gevind was wat 'n fout in die lesing
kon veroorsaak het nie. Die brief sluit af met die
volgende woorde:
"Please be so kind and settle any outstanding amount on the account without
delay in order to enjoy the benefits of an uninterrupted
telephone service."
Ten spyte van hierdie bedekte dreigement het
Richardson nie die volle bedrae van die betwiste
rekenings betaal nie. (Hy het egter wel 'n afbetaling
t o v die onbetwiste deel daarvan gemaak, en in sy
repliserende verklaring aangebied om 'nverdere bedrag
in hierdie verband te betaal.) Sonder verdere
4 waarskuwing is Richardson
se telefoondiens op 11
Januarie 1993 opgeskort.
In 'n dringende aansoek in die Kaapse Provinsiale
Afdeling het
Richardson 'n bevel aangevra wat Telkom
verplig om sy telefoondiens te herstel. Dit is nie
nodig om die verloop van die verrigtinge in die hof a
quo uiteen te sit nie. Die uiteinde was dat die hof
(Marais R) die volgende substantiewe bevel uitgereik
het:
"Pending the determination of an action to be instituted by [Telkom] for
payment of the disputed amounts referred to in this application,
or for an order
declaring it to be entitled to suspend or terminate [Richardson's] telephone
service, [Telkom] is interdicted from
suspending or terminating such service by
reason of [Richardson's] failure to pay such disputed amounts, and is ordered to
restore
the service."
Met verlof verleen deur hierdie hof kom Telkom nou in hoër beroep.
Die enigste geskilpunt tussen die partye in hierdie hof was of Richardson
ingevolge die kontrak tussen die partye 'n prima facie reg
gehad het wat
deur
5 'n tussentydse interdik beskerm kon word. Origens word
die verhoorhof se bevel nie aangeveg nie. By die
oorweging van die
geskilpunt is dit gerief lik om te
begin by die aard van die regsverhouding
tussen die
partye.
Richardson het gedurende ongeveer September 1984
aansoek gedoen
by die destydse Departement van Pos- en
Telekommunikasiewese om die verskaffing van 'n nuwe
telefoondiens. Sodanige diens is aan hom verskaf vanaf
10 September 1984. Die aansoekvorm wat Richardson
destyds ingevul het, het die volgende bepaling bevat:
"Ooreenkoms deur aansoeker: Ek verstaan dat die
verlangde telefoondiens ... onderworpe sal wees aan die
Telekommunikasieregulasies, soos gewysig."
Dit wil dus voorkom dat Richardson ingevolge hierdie
vorm ingestem het om aan die toepaslike regulasies
gebonde te wees. Die regulasies het egter ook statutêre
regskrag gehad onafhanklik van die partye se consensus.
Hulle is op 1 Julie 1977 uitgereik deur die Minister
van Pos- en Telekommunikasiewese ingevolge artikel
6 119A(1) (g) van die
Poswet, no 44 van 1958, wat hom
onder meer gemagtig het om deur regulasie voorsiening
te maak vir die instelling van 'n telefoondiens en om
voorwaardes voor te
skryf wat op sodanige diens
betrekking het. Sedertdien is die regulasies
dikwels
gewysig.
Kragtens wysiginge van die Poswet in 1991 is die
opset van
telekommunikasiedienste in Suid-Afrika
drasties verander. Ooreenkomstig artikels 3 en 4 van
die Wet (soos gewysig) sou die telekommunikasiediens,
wat voorheen deur die Staat beheer was, voortaan deur
'n te stigte "opvolgermaatskappy" bedryf word. Telkom
is dan ook ingevolge die Wet gestig en het die Staat se
funksies m b t telekommunikasiedienste oorgeneem vanaf
1 Oktober 1991 ("die telekommunikasie-oordragdatum").
Art 77 van die Poswysigingswét, no 85 van 1991, bepaal:
" Enigiets gedoen deur of namens die Minister ... kragtens 'n bepaling van
die Poswet, 1958 ... of enige kontrak deur of namens die
Minister, die
departement [van pos- en telekommunikasiewese] of die Posmeester-generaal
aangegaan ... in verband
7
met die telekommunikasie-onderneming voor die telekommunikasie-oordragdatum word
na daardie datum geag deur die telekommunikasiemaatskappy
gedoen of aangegaan te
wees."
Sien ook art 4 van die Poswet gelees saam met
die
woordomskrywings vervat in Art 1 daarvan.
Die Minister se bevoegdheid om regulasies uit te
vaardig is egter
nie aan Telkom, as die
opvolgermaatskappy, oorgedra nie. Die regsposisie soos
dit sou geld na die oordragdatum is soos volg deur
Telkom uiteengesit in 'n omsendbrief aan klante:
"Telekommunikasiedienste is tot dusver verskaf onderworpe aan die
Telekommunikasieregulasies uitgevaardig kragtens art 119A (1) (g)
van die Poswet
.. . Met die totstandkoming van Telkom SA Bpk, sal die betrokke regulasies soos
dit op 30 September 1991 gegeld het,
in alle opsigte dien as die
kontrakvoorwaardes vir alle bestaande dienste ... wat deur Telkom SA Bpk verskaf
word."
Die juistheid van hierdie stelling is nie voor ons
bevraagteken nie en ek aanvaar dat dit korrek is.
Die inhoud van die kontrakvoorwaardes tussen die
partye het dus nie sy oorsprong gehad in consensus
tussen die partye nie, maar is (in ooreenstemming met
8
die partye se ooreenkoms) van buite neergelê
ingevolge
statutêre gesag.
Breedweg gestel is dit Telkom se saak dat
sy optrede om Richardson se telefoondiens op te skort, ten volle gemagtig was
deur die kontrakvoorwaardes,
soos beliggaam in die regulasies. Dit word betwis
deur Richardson. Om die geskil tussen die partye behoorlik te begryp, is dit
nodig
om in 'n mate van besonderheid in te gaan op die stukke.
In sy funderende verklaring het Richardson glad nie verwys na die regulasies
nie. Hy het begin deur te beweer dat hy 'n ooreenkoms
met Telkom het
waarkragtens hy 'n telefoondiens by sy huis ontvang. Hiervoor betaal hy 'n
vasgestelde bedrag as huurgeld en 'n verdere
bedrag vir getelde oproepeenhede.
Hierdie feite was natuurlik gemene saak. Richardson het egter verder op sekere
stilswyende bepalings
van die ooreenkoms staatgemaak. Hulle was:
a) Dat Telkom 'n behoorlike rekening van
9 verskuldigde bedrae sou
lewer;
b)
"That I only be charged with
those metered calls that were actually made from my telephone by myself or by
any other person that I
(wittingly or otherwise) allow access to my phone
service";
c)
Dat Telkom net geregtig sou wees
om die telefoondiens op te skort wanneer daar, na lewering van 'n behoorlike
rekening, wanbetaling
was van bedrae wat werklik verskuldig
was.
Richardson het dan die regshulp wat hy gevra
het, gebaseer op 'n verbreking van hierdie stilswyende bepalings, en veral op
die bewering
dat "the metered call units on the disputed accounts were not
incurred by myself, nor by any person whom I had allowed access to
my telephone
service."
In sy antwoord op hierdie bewerings het Telkom aangedui dat die regulasies 'n
deel vorm van die partye se kontrak, en het hy betoog
dat regulasies H9(l) en
H16(l)(i) veral van belang was. Hierdie regulasies lui
10
soos volg:
"H.9 Aanspreeklikheid van kliënte vir gelde, tariewe of koste en
klassifisering van telekommunikasielyne vir die bepaling van
gelde, tariewe of
koste en vir die toepassing van die regulasies.
(1) Kliënte is aanspreeklik vir die betaling van gelde, tariewe of koste
wat ingevolge artikel 2B(l)(e) van die Poswet, 1958
bepaal is. Rekenings wat in
hierdie verband aan kliënte gelewer word, is prima facie bewys van die
bedrae wat kliënte aan
die Posmeester-generaal verskuldig is en is by
lewering betaalbaar.
H.16 Straf vir wanbetaling van rekenings
(l)(i) Indien 'n
kliënt agterstallig is met die vereffening van enige rekening wat kragtens
regulasie H.9(l) gelewer is ... kan
die Posmeester-generaal, as die kliënt
in gebreke bly om die rekenings binne sewe dae na die dag waarop dit betaalbaar
geword
het, te vereffen, die uitgaande diens, of die diens in albei rigtings,
summier sonder enige kennisgewing opskort, die huurooreenkoms
summier
beëindig, die kliënt se gidsinskrywing skrap en sy perseel betree om
alle apparaat, drade of enige ander eiendom
van die Poskantoor te verwyder."
Die uitwerking van hierdie regulasies, so is beweer, is
dat 'n telefoondiens opgeskort kan word as 'n rekening
nie betyds betaal word nie, al sou dit wees dat die
rekening nie korrek is nie. Indien die verbruiker sy
11
diens wil behou, moet hy die rekening betaal,
desnoods
onder protes. Hy kan dan later stappe doen om
enige
onverskuldigde bedrag terug te eis.
Richardson se repliserende verklaring is nie baie
duidelik nie.
Aan die een kant aanvaar Richardson
blykbaar die juistheid van Telkom se vertolking van
regulasie 16(1)(i). Hy sê:
"[Telkom] avers that in terms of its contract with me it was entitled to,
without notice, withdraw my telephone service, should I
not pay any amount that
I have been invoiced with. ... This to my mind is the essence of the matter. In
short my reply to this averment
is that although the contract between [Telkom]
and myself purports to give such rights to [Telkom], it amounts to self-help.
Such
a clause, at least in this instance, is contra bonos mores, and cannot be
relied on by [Telkom]."
En:
"a. I admit that the contractual term contained in regulation H16 purports to
give [Telkom] the right to discontinue my telephone
service without notice.
b. However I aver that this term, at least under the present circumstances,
is contra bonos mores as it entitles [Telkom] to resort
to self-help in order to
obtain what may be due to him in terms of the contract. [Telkom] cannot
therefore rely on
12 this term."
Terselfdertyd is daar verskillende passasies in
die verklaring waarin Richardson ontken dat hy behoorlike rekenings ingevolge
reg
H9 ontvang het, onder meer blykbaar omdat die rekenings nie die juiste getal
oproepeenhede aangedui het nie. En, indien daar nie
behoorlike rekenings
kragtens reg H9 gelewer was nie, sou regulasie H16(l)(i) natuurlik nie toegepas
kon word nie.
Wat ook al die posisie op die stukke was, is dit gemene saak dat Richardson
by die verhoor in die hof a quo aanvaar of veronderstel
het dat Telkom se uitleg
van regulasie H16 korrek was. Hy het hom beroep bloot op die beweerde
ongeldigheid van die regulasie. Die
argument voor die hof a quo was dus beperk
tot die vraag of die regulasie contra bonos mores was of nie.
Die geleerde verhoorregter het egter nie met die partye se vertolking van reg
H16(l)(i) saamgestem nie. Sy gevolgtrekking is onder
meer soos volg
geformuleer:
13
"If [Telkom] wishes to suspend or terminate a service in terms of regulation H16
because of a failure to pay a statement of account,
and its right to do so is
challenged by the subscriber, it will have to prove on a balance of
probabilities that the amount claimed
is indeed owing by the subscriber in order
to justify its suspension or termination of the subscriber's service. To my mind
there
is nothing offensive to public policy in that."
Die verhoorhof se vertolking van die regulasies
het dus in wese
saamgestem met die resultaat wat
Richardson in sy funderende verklaring
probeer bereik
het met sy beweerde stilswyende bepalings.
Mnr Burger, wat namens Telkom voor ons verskyn
het, het betoog
dat die verhoorhof nie geregtig was om
'n ander vertolking aan die partye se kontrak te heg as
dié wat hulle albei as juis aanvaar het nie. Ter
ondersteuning van hierdie betoog het hy verwys na Shill
v Milner
1937 AD 101
op bl 110-111 en Louw v WP
Kooperatief Bpk en Andere
[1994] ZASCA 54
;
1994 (3) SA 434
(A) op 445D.
Soos ek hierbo aangedui het, het Richardson
aanvanklik wel staatgemaak op 'n kontrak wat in wese
14 ooreenstem
(weliswaar as gevolg van beweerde
stilswyende bepalings) met die verhoorhof se
uiteindelike bevinding, en is
dit nie heeltemal
duidelik uit die stukke dat hy in sy repliserende
verklaring sy
oorspronklike bewerings heeltemal
afgesweer het nie. Hoe dit ook al sy, vir huidige
doeleindes sal ek veronderstel dat Richardson
uiteindelik die juistheid van Telkom se vertolking van
die regulasies aanvaar het, en sy saak beperk het bloot
tot die betoog van contra bonos mores. Die vraag is
dan: was die verhoorhof hierdeur verhoed om te bevind
dat die partye se vertolking verkeerd was en om
dienooreenkomstig uitspraak te gee? Om hierdie vraag te
beantwoord is dit nodig om die gewysdes waarna Mnr
Burger verwys het, en 'n paar ander, versigtig te
ontleed.
Die eerste saak is Breed v Van den Berg and Others
1932 AD 283.
In daardie saak het dit gegaan om die
vertolking van 'n bepaling in 'n titelakte. Stratford
15 AR het bevind dat
die bepaling se bewoording so
onduidelik was dat "unaided by recourse to the
subsequent conduct of the parties no satisfactory and
sensible meaning could be given to this grant" (op bl
292). Op hierdie grondslag gaan hy dan voort:
"It is now no longer a question of construction, the question is what
construction have both the grantor and grantees given to the
grant? If one of
two parties to a contract asserts that it has a certain meaning and the other
agrees that that is the meaning to
be given to it, a court of law will give
effect to that meaning. If this mutually accepted meaning is in conflict with
the clear
construction of the contract, we have all the requisites for
rectification of the document. If, on the other hand, the parties give
to an
indefinite and vague document by itself unenforcible, a meaning consistent with
it, then the latter in the eye of the law is
the meaning it should bear. In both
cases we cannot go beyond the intention of the parties when once we have a clear
expression of
that intention" (bl 292-3).
Na my mening beteken hierdie passasie niks meer as
die volgende nie. Die geleerde appélregter se
uitgangspunt was dat, by die uitleg van 'n kontrak, die
partye se bedoeling deurslaggewend is. Waar die
bepalings van die kontrak duidelik is maar die partye
16 bevestig albei
dat hulle iets anders bedoel het, moet
effek gegee word aan hul werklike bedoeling. En waar
die kontrak
onduidelik is, kan hul bedoeling afgelei
word uit die manier waarop hulle dit
toegepas het.
In Shill v Milner (supra) het Milner mielies aan
Shill verkoop. Die koopkontrak het die volgende
bepaling bevat: "Buyer to be responsible for the export
quota in terms of the Act." Die verwysing was na
uitvoerkwota-sertifikate wat die Staat aan uitvoerders
van mielies verskaf het en wat 'n geldwaarde gehad het.
'n Uitvoerder hoef egter nie sy sertifikaat self te
benut het nie, maar kon dit aan iemand anders oordra.
Op hierdie manier het daar 'n mark in sertifikate
ontstaan. Die sertifikate kon dus ook (hoewel daar geen
wetlike magtiging daarvoor was nie) op die ope mark
gekoop word. Die vraag was of Shill verplig was om die
mielies wat aan hom verkoop was, uit te voer en
sodoende sertifikate te kry wat hy aan Milner moes
lewer, en of hy sertifikate wat op die ope mark gekoop
17 is, kon lewer. De Villiers AR het bevind dat die woorde
van die kontrak "elastic enough" was om albei
betekenisse te omvat. Beide
partye het beskou dat
gekoopte sertifikate gelewer kon word, en hul kontrak
is dienooreenkomstig uitgelê (bl 110). Tindall WAR het
geen kommentaar oor die betekenis van die kontrak
gelewer nie maar het uitgegaan van die standpunt dat
"both parties contemplated that the appellant could
fulfil his obligation by transferring purchased
certificates ..."(bl 110). Weens hierdie bevinding het
hy die passasie aangehaal uit Stratford AR se uitspraak
in Breed se saak, wat ek hierbo uiteengesit het.
Tindall WAR voeg dan die volgende by:
"I infer that the meaning of the last sentence is that the Court cannot go
beyond the meaning which both parties have agreed to put
on the contract" (bl
111).
In hierdie saak, soos in Breed se saak, was die
vraag dus wat die partye se kontrak behels het. Hul
eenstemmigheid oor wat hul bedoel het toe hulle
18 gekontrakteer het was
deurslaggewend.
Ten slotte is daar Louw v WP Koöperatief Bpk
(supra). In
daardie saak was die vraag of die WP
Koöperatief locus standi gehad het
om as skuldeiser
aansoek te doen om Louw se sekwestrasie. Louw het wel
geld aan die koöperasie geskuld, maar die koöperasie
het al die skulde wat aan hom verskuldig is aan die
Landbank gesedeer onder sekere voorwaardes. Na 'n
oorweging van die bepalings van die sessieakte in die
lig van toepaslike wetgewing het Smalberger AR (wat die
uitspraak van die hof gelewer het) bevind dat 'n
letterlike uitleg van die sessie-akte tot 'n
absurditeit sou lei (bl 444 I-J). Hy gaan dan voort (op
bl 444J-445D):
"Dit synde die geval, is dit nodig om te let op wat die gemeenskaplike
bedoeling van die Koöperasie en die Landbank wel was want
daardie bedoeling
moet seëvier (Cinema City (Pty) Ltd v Morgenstern Family Estates (Pty) Ltd
and Others
1980 (1) SA 796
(A) op 804D-E).
Uit die stukke blyk dit dat die Koöperasie en die Landbank dit eens is
oor watter vertolking aan die sessieakte geheg moet word.
In die verband is
19
dit gepas om te let op wat Stratford AR in Breed v Van den Berg and Others
1932
AD 283
op 292 gesê het, naamlik: (hier haal die belese appèlregter
'n deel van die passasie hierbo aan, en gaan dan voort)
Dat 'n hof uitvoering sal gee aan die betekenis wat partye gesamentlik aan hulle
ooreenkoms heg (al weerspreek dit die letterlike
betekenis van die woorde wat
gebruik is), blyk ook uit die beslissing in Shill v Milner
1937 AD 101
op
110-11. (Kyk ook Christie The Law of Contract 2de uitg
250-1.)"
In die uitspraak word dan verder bevind dat die
getuienis onteenseglik daarop dui dat die Koöperasie en die Landbank
deurgaans
onder die indruk verkeer het dat die sessieakte bloot voorwaardelik
was.
Louw se saak het dus ook gegaan oor wat die partye
werklik bedoel
het toe hulle gekontrakteer het. Dit
blyk nie alleen uit die hof se beredenering nie, maar
ook uit die bronne aangehaal. Die passasie in die
Cinema City saak waarna verwys word lui soos volg:
"As the generally accepted view is that our law of contract is (save in
exceptional cases) based on real consensus, it is fully consonant
with basic
principle that in matters of interpretation the common intention of the parties
should prevail."
20 En Christie, in die aangehaalde passasie, distilleer
die volgende beginsel uit sake soos Shill v Milner:
"... evidence is admissible to prove the sense in which the parties understood
the contract at the time they made it, not only when
the wording was ambiguous
but even when the evidence (provided it is led with the consent of both parties)
contradicts the plain
meaning of the words." (My beklemtoning.)
Na my mening het die beginsel neergelê in
bogemelde
gewysdes geen toepassing op die feite van die
onderhawige geval nie. Die oorspronklike
kontraksluiting tussen die partye het in September 1984
geskied. Daar is toe ooreengekom dat Telkom se
voorganger 'n telefoondiens aan Richardson sou verskaf
onderhewig aan die regulasies. Daar is voorsien dat die
regulasies in die toekoms gewysig sou word. Richardson
het dus sommer by voorbaat ook toegestem om deur die
wysigings gebind te word. Daar is geen aanduiding dat
die partye by kontraksluiting 'n gesamentlike beskouing
oor die betekenis van die regulasies gehad het nie.
Trouens, daar is geen aanduiding dat Richardson ooit
21 bewus was van die
inhoud van die regulasies voordat hy
hierdie saak aanhangig gemaak het nie. Sy funderende
verklaring wek eerder
die indruk dat nóg hy nóg sy
regsverteenwoordigers aanvanklik besef het dat daar
hoegenaamd relevante regulasies bestaan het. Ten beste
vir Telkom kan aanvaar word dat Richardson gedurende
die verrigtinge saamgestem het met Telkom se vertolking
van die regulasies. Hierdeur het Richardson egter nie
te kenne gegee dat hy hierdie vertolking gehuldig het
as deel van die consensus tussen die partye ten tyde
van kontraksluiting nie. Hy het bloot, vermoedelik op
grond van regsadvies, 'n standpunt ingeneem omtrent die
betekenis van 'n dokument wat in sy ooreenkoms ingelyf
was maar wat deur 'n derde party sonder sy medewerking
geformuleer was. Daar bestaan m i niks wat 'n hof
verplig om uitvoering te gee aan so 'n vertolking as
die hof nie daarmee saamstem nie. Onder hierdie
omstandighede was die vertolking wat die partye aan die
regulasies geheg het, blote regsubmissies wat die hof
22
op meriete kon aanvaar of verwerp. Soos dit gestel is
in Paddock Motors (Pty) Ltd v. Igesund 1976(3) SA 16
(A) op bl. 23 F:
"... it would create an intolerable position if a Court were to be precluded
from giving the right decision on accepted facts, merely
because a party failed
to raise a legal point, as a result of an error of law on his part ..."
Weens die bogemelde gevolgtrekking is dit nie vir
my nodig om 'n
mening uit te spreek oor die vraag of
dit regtens moontlik was vir die partye om deur
ooreenkoms 'n betekenis aan die regulasies te heg wat
afwyk van die betekenis wat hulle dra, bloot beskou as
statutêr gemagtigde regulasies, nie. In effek sou die
partye dan 'n ooreenkoms gesluit het wat afwyk van dié
neergelê in die regulasies. Die vraag of Telkom se
voorgangers die bevoegdheid gehad het om so 'n
ooreenkoms te sluit word dus onbeantwoord gelaat.
Dit bring my dan by die uitleg van die regulasies.
Die wese van die kontrak tussen Telkom en 'n verbruiker
is dat Telkom 'n diens lewer waarvoor die verbruiker
23
moet betaal. Dit was dan ook gemene saak dat Telkom in
beginsel nie
geregtig is om gelde in te vorder vir dienste wat nie gelewer is nie. Regulasie
H9 is nie teenstrydig met hierdie beginsel
nie. Dit bepaal dat rekenings prima
facie bewys is van verskuldigde bedrae en by lewering betaalbaar is.
Klaarblyklik hoef die verbruiker,
as hy die prima facie bewys kan weerlê,
nie meer te betaal as waarvoor hy werklik aanspreeklik is nie.
Reg H.16 se opskrif is "Straf vir wanbetaling van rekenings". Die regulasie
as geheel maak voorsiening vir 'n aantal stappe wat gedoen
kan word indien 'n
verbruiker agterstallig is met die vereffening van 'n rekening. Die uitgaande
diens, of die diens in albei rigtings
kan summier sonder enige kennisgewing
opgeskort word, die huurooreenkoms kan summier beëindig word, die
kliënt se gidsinskrywing
kan geskrap word en sy perseel kan betree word om
alle apparaat, drade of enige ander eiendom van Telkom te verwyder. Hierdie
24
verskillende bevoegdhede word deur reg H.16(l)(i)
verleen. Sub-reg (ii)
magtig Telkom verder om die diens t o v enige ander telekommunikasielyn wat hy
aan die betrokke kliënt
verhuur, op te skort of die huurooreenkoms t o v so
'n lyn te beëindig. En ingevolge sub-reg (2) kan Telkom gelikwideerde
skadevergoeding
eis.
Dit is moeilik om te glo dat die Minister wat die regulasies uitgevaardig
het, kon bedoel het dat 'n verbruiker hierdie drastiese
vorms van straf sou moes
ondergaan selfs waar die rekening verkeerd is. En dit is betekenisvol dat daar
geen voorsiening gemaak word
in die regulasies vir die geval waar 'n diens
opgeskort of beëindig is en dit later blyk dat die bedrag van die rekening
inderdaad
onverskuldig was nie. Reg H.17 is die enigste relevante regulasie in
hierdie verband. Dit bepaal dat 'n telekommunikasielyn wat in
die een of ander
rigting opgeskort is ingevolge reg H.16, alleen ná betaling van "die
bedrag van die onbetaalde
25 rekening" aangesluit word en dat betaling van
die
heraansluitingskoste geverg word. As die diens reeds
beëindig is,
word die heraansluiting as 'n aanvraag om
'n nuwe diens beskou. Regulasie H.17 veronderstel dus
dat die onbetaalde
rekening inderdaad die werklik
verskuldigde bedrag weerspieël.
Mnr Burger het in hierdie verband betoog dat die regulasies klaarblyklik
aangevul moet word om voorsiening te maak vir die geval waar
'n rekening later
blyk verkeerd te wees. in so 'n geval, het die betoog voortgegaan, moet daar 'n
stilswyende verstandhouding wees
dat die diens kosteloos herstel sou word.
Die posisie is dus dat die regulasies in een of ander opsig aangepas moet
word om sin te maak. Telkom betoog dat reg 16(1)(i) toegepas
kan word selfs waar
die rekening verkeerd is. Indien hierdie vertolking korrek is, skort daar
voorsiening in die regulasies vir die
latere herstel van die diens. Richardson
betoog
26 (minstens in hierdie hof) dat reg 16(1)(i) net toegepas
kan word indien die verbruiker agterstallig is t o v 'n
bedrag wat werklik verskuldig is. Indien hierdie betoog
korrek is, moet 'n beperkende betekenis aan die woord
"rekening" in reg 16(1) (i) geheg word. Waar daar dus in
beide gevalle iets ingelees of bygevoeg moet word tot
die regulasies behels Richardson se betoog nie alleen
'n mindere ingryping nie maar lei dit m i tot 'n meer
redelike resultaat.
Dus, om op te som: dit is die verbruiker se
primêre plig om te betaal vir dienste wat werklik
gelewer is en die aard en erns van die strawwe in reg
H.16 is 'n sterk aanduiding dat die regulasie te doen
het met versuim om geld te betaal wat werklik
verskuldig is. Daarbenewens behandel die enigste
bepaling wat met heraansluiting te doen het, glad nie
die moontlikheid dat die onbetaalde rekening verkeerd
mag wees nie. Telkom se uitleg van die regulasies sou
dus die inlees verg van 'n bepaling om hiervoor
27 voorsiening te maak.
Onder hierdie omstandighede meen
ek dat die hele stelsel wat geskep word deur regulasies
H.16 en H.17 net
in werking tree waar die gelewerde
rekening inderdaad korrek is. Of 'n mens hierdie
resultaat bereik deur middel van 'n stilswyende
bepaling, soos Richardson in sy funderende verklaring
probeer doen het, of deur 'n beperkende uitleg van die
woord "rekening" in
regulasies H.16 en H.17, soos Mnr.
Kotzé namens Richardson in argument voor ons betoog
het, maak m i nie saak nie.
Mnr Burger het betoog dat die resultaat aldus
bereik ernstige praktiese probleme vir sy kliënt sal
besorg. Ek stem nie saam nie. Ek veronderstel dat die
meeste rekenings korrek is. Waar 'n verbruiker bloot
versuim om sy rekening te betaal sonder om die
korrektheid daarvan aan te veg sou Telkom prima facie
geregtig wees om stappe ingevolge reg H.16 te doen. As
die verbruiker dan 'n interdik aanvra, sal hy in alle
waarskynlikheid misluk. As die verbruiker die juistheid
28
van die rekening betwis, is dit in elk geval Telkom se
beleid om die saak
verder te ondersoek, soos blyk uit die feite van hierdie saak. As hierdie
ondersoek aantoon dat die bedrag van
die rekening ongetwyfeld verskuldig is, kan
Telkom kies of hy die skuld deur aksie wil probeer in, en of hy van reg H.16
gebruik
wil maak. As hy laasgenoemde weg inslaan, loop hy die risiko dat die
verbruiker 'n interdik sal aanvra, maar as Telkom seker van
sy saak is, sal die
interdik óf nie toegestaan word nie, óf Telkom sal uiteindelik 'n
kostebevel in sy guns kry. In
alle geval glo ek nie dat daar baie verbruikers is
wat die koste en moeite sal aangaan om hofsake oor die juistheid van
telefoonrekenings
te voer as hulle nie meen dat hulle 'n sterk saak het nie.
Ek meen dus dat die verhoorhof se uitleg van die regulasies korrek was en dat
Richardson wel 'n prima facie reg gehad het wat deur
'n tussentydse interdik
beskerm kon word. Soos hierbo aangedui was dit die
29
enigste geskilpunt tussen die partye.
Die appèl word afgewys met
koste. Die tydperk van 60 dae wat bepaal word in para 2 van die bevel van die
hof a quo vir die
instelling van aksie sal loop vanaf datum hiervan.
E M GROSSKOPF, AR
JOUBERT,AR STEYN, AR F H GROSSKOPF, AR HOWIE, AR
Stem saam