About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 28
|
|
S v Nel (14/94) [1995] ZASCA 28 (28 March 1995)
Saaknommer 14/94 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ANTON
NEL Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM : JOUBERT, NESTADT
et HOWIE ARR DATUM AANGEHOOR : 6 MAART 1995 DATUM VAN UITSPRAAK : 28 MAART
1995
UITSPRAAK
HOWIE AR/
2
HOWIE AR:
Hierdie appèl gaan oor 'n vonnis van drie jaar gevangenisstraf wat
appellant in 'n streekhof opgelê is weens oortreding
van art 43(a) van die
Wet op Korrektiewe Dienste, 8 van 1959. Hy was 'n bewaarder in diens van die
Departement Korrektiewe Dienste
en het twee gevangenes gehelp om uit die
Johannesburgse Diepkloof Gevangenis waar hy werksaam was, te ontvlug. Sy
appèl na
die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling het misluk maar daardie
Hof het verlof toegestaan om na hierdie Hof te appelleer.
Namens appellant is
aan die hand gedoen dat korrektiewe toesig kragtens art 276(1)(h) van die
Strafproseswet 51 van 1977 in al die
omstandighede opgelê behoort te
gewees het. Sodanige betoog is gegrond op die menings van drie getuies wat ter
strafversagting
getuig het. Hulle getuienis kom daarop neer, gebaseer
grotendeels op wat appellant aan hulle oorgedra het, dat gevangenisstraf
appellant
nadelig sou affekteer en dat
3
korrektiewe toesig die aangewese straf sou wees. Aangesien nóg die
aanklaer nóg die verhoorhof hierdie getuienis aangeveg
of in twyfel
probeer trek het, het die streeklanddros misgetas, so lui die betoog, deur te
bevind dat appellant se mededelings aan
die getuies onbetroubaar was en deur
hulle aanbeveling aangaande die gepaste straf nie te aanvaar nie.
Met betrekking tot die regsvraag of korrektiewe toesig 'n bevoegde vonnis is
gesien die bepalings van art 43 (a) van die Gevangeniswet
(waarvolgens
gevangenisstraf vir hoogstens vyf jaar voorgeskryf word) is namens appellant
aangevoer dat die beslissing in
S v Strvdom en 'n Ander
1994 (2) SASV 456
(W) (waar gemelde vraag ontkennend beantwoord is) verkeerd was.
Die tersaaklike getuienis is die volgende. Appellant is 'n eerste oortreder
en was ten tye van die pleging van die misdryf 23 jaar
oud. Hy is tans 'n
paneelklopper bedags en 'n beroepsbokser by ander tye. Sy deelname aan
4
die misdryf beskryf hy in 'n bekentenis wat hy na sy
arrestasie voor 'n
landdros afgelê het. Die bekentenis is
by die aanvang van die verhoor,
toe appellant skuldig
gepleit het, by sy geskrewe pleitverduideliking ingelyf
en
lees soos volg:
"Ek is 'n bokser, en ek het te Johannesburg gevangenis gewerk. Ek werk nie
eintlik oor naweke nie. Ek het ± in Augustus 1991
'n naweek gewerk.
'n Gevangene met die naam Webb, het my genader en my gevra, maar eers met 'n
klomp stories gekom. Hy het gesê sy vrou het nie
geld nie en hy is
sieklik, of ek hom sal kan help om te ontvlug.
Ek het vir hom gesê dat hy seker nie ernstig is nie. Na die tyd het hy my
bly laat weet deur ander bewaarders dat hy met my
wil praat, en naderhand het hy
my sag gemaak en ek het ingestem. Ek het nie geweet hoe ek dit sal doen nie en
ek het vir hom gesê
dit sal deur ontvangs kantoor moet gebeur. Maar hulle
sal self iemand moet kry om hulle buitekant te kom haal as hulle uit is. Dis
toe
gevangene Schultz ook in die prentjie gekom het. Toe sê Gavin Schultz dat
sy meisie buitekant kan organiseer vir 'n polisieman
om hulle te kom uithaal. Sy
het vir ongeveer 5 keer op 'n dag gebel en vir my gesê sy is besig om te
organiseer vir 'n polisieman.
Sy het my een aand gebel en vir my gesê dat
sy 'n polisieman gekry het en dat die polisieman my sal nader of my bel. Die
polisieman
se naam is Shane van Mondeor Polisiestasie. Die polisieman het my
nooit genader nie, en toe kry ek
5
my eie polisieman. Webb hulle het vir my gesê dat
hulle ons meer sal
betaal, ons moet nie te worry nie -
die geld is daar.
Dis toe ek vir Lucas
ontmoet het by
bokskampioenskappe. Hy is 'n ondersersant by
Norwood
Polisiestasie. Ek het hom genader en hom vertel van
die hele
storie, van dat hulle ons sal betaal as ons
hulle help om uit te kom.
Dit
het vir 2 weke baie stil gegaan, ek het 2de
gedagtes gehad. Daar was probleme
by my ouers se
huis, en daar het stories rond gelê dat my pa
'n
verhouding het met 'n ander vrou. Toe besluit ek tot
hier toe en nie
verder nie. As my ma en pa moet skei,
wat word van my ma.
Ek het vir Lucas
gaan bel, en hom gevra of hy my gaan
help. Hy het ingestem. Hy sê ek
moet na sy woonstel
kom sodat ons die ding kan bespreek. Ek gaan na
die
woonstel maar hy was nie daar nie. Toe los ek al die
vorms wat daar
ingevul moet word - dit was vorms om 'n
gevangene uit die tronk te haal deur
die polisie vir
'n ondersoek buitekant.
Lucas het my die volgende dag kom sien met die vorms.
Ek het hom alles
vertel wat hy moet invul.
Die ontvlugting het die Donderdag gebeur om 9h00 die
oggend. Lucas se vriend het by die gevangenis
aangekom en die papiere aan my broer oorhandig. My
broer het my gestuur om die 2 gevangenes te gaan haal.
Lucas het buite gewag.
Lucas het gery met die 2 gevangenes, ek het hulle
langs die pad gekry naby die gevangenis. Gevangene
Webb het saam met my gegaan en gevangene Schultz het
saam met Lucas en sy vriend gegaan.
Lucas hulle is na Schultz se woonstel toe. Ek is saam
met Webb, want hy het gesê hy moet dinge organiseer
vir die geld wat hy ons skuld. Hy (Webb) het nie die
6
mense in die hande gekry nie en vir my gesê hy moet êrens bel. Ek
is na my ouers toe met Webb, hy het daar gebel. Hy het
met ene Rita 'n bruin
vrou en sy vrou gebel. Ons is daarna na Schultz se woonstel toe. Ons het daar
rond gesit, en Lucas sê
ons kan nie so rondsit ons moet na sy woonstel toe
gaan. Ons is na sy woonstel toe. Webb is die aand alleen daar weg om te sien of
hy die geld in die hande kan kry. Ek en Webb het daar oornag. Schultz en sy
meisie het by sy woonstel gaan slaap. Vrydag oggend het
Webb weer gesê hy
moet die mense van die geld gaan sien ons het besluit dat Lucas saam met hom
moet gaan. Hulle het laat die
middag terug gekom en daar was geen teken van die
geld nie.
Saterdag oggend het ek en Lucas gaan boks vir ons pro-lisensie. Ons
het teruggegaan na Lucas se woonstel, en ons het vir Webb gesê
dat as
dinge nie vandag gebeur met die geld sal ons hulle terugvat. Niks het met die
geld gebeur nie, en Webb het gesê hy wil
teruggaan tronk toe. Schultz het
gesê hy wil nie teruggaan tronk toe nie, en het ook gesê hy sal uit
die land uit vlug
en sy vriend gaan opsoek en vir ons geld stuur. Ons het toe
gesê Schultz kan maar gaan. Webb het ons gevra dat ons hom by 'n
vriend se
huis in Benoni gaan aflaai. Hy sal self planne maak om by die gevangenis uit te
kom, en van daar af het ons hom nie weer
gesien nie. Dis al.
V.Hoeveel geld sou u en Lucas ontvang het? A.Hulle het gepraat van ±
R100 000,00. V.Was u van plan om die 2 gevangenes terug
te neem tronk toe, toe u
vir Lucas en die 2 gevangenes ontmoet het buite die tronk op die Donderdag?
A.Nee."
In sy pleitverduideliking het appellant erken dat
7
Schultz en Webb verhoorafwagtendes was en dat hy geweet het dat eersgenoemde
van roof en poging tot moord aangekla was en dat Webb
van bedrog aangekla was.
Hy het ook erken dat ten einde hulle te help ontvlug hy deel gehad het aan die
vervalsing van vorm SAP127.
(Hierdie dokument het te doen met tydelike
oorplasing van 'n verhoorafwagtende gevangene.) Die vervalsde vorm is aan die
betrokke
gevangenispersoneel aangebied om sodoende die ontvlugting te
bewerkstellig.
Appellant het besluit om nie die verhoorhof in sy vertroue te
neem en getuienis onder eed af te lê nie. Afgesien dus van die
inhoud van
sy bekentenis kan 'n gepoogde bepaling van sy geloofwaardigheid en karakter
slegs gebaseer word aan die hand van wat hy
sy getuies gedurende konsultasies
meegedeel het en hulle gevolgtrekkings wat daaruit voortvloei.
Die eerste getuie, mev. Du Plooy, 'n proefbeampte, skets in die eerste plek
appellant se persoonlike
8
geskiedenis. Hy is die tweede oudste van vyf kinders. As
gevolg van
huweliksprobleme verlaat sy moeder op 'n stadium
sy vader en sit 'n
egskeidingsgeding aan die gang. Hulle
versoen later en appellant woon nog
steeds by hulle in. ín
wat sy laaste jaar op skool sou gewees het,
raak hy
betrokke in 'n seksuele verhouding met 'n onderwyseres. As
gevolg daarvan druip hy. Hy gaan die volgende jaar terug
en behaal sy matriek op 21-jarige ouderdom. Op skool was
hy kaptein van die eerste rugbyspan, hy het in atletiek
uitgeblink en hy het erekleure vir krieket en kadette
verwerf. Mev. Du Plooy gaan dan voort om die volgende te
sê wat die misdryf self betref:
"Volgens beskuldigde het hy aanvanklik betrokke geraak na aanleiding van die
tragiese omstandighede van Webb wat aan beskuldigde geskilder
is. Hy het Webb
bejammer en toe die beloftes van finansiële vergoeding ter sprake kom, het
beskuldigde geswig voor die versoeking.
'n Bydraende faktor was die feit dat sy
ouers op daardie stadium met egskeidingsprosedures begin het en hy bekommerd was
oor sy moeder
se finansiële dilemma. Sy het geen inkomste en moes nog vir 2
jonger kinders sorg. Uit sy vertelling is dit duidelik dat beskuldigde
9
uiters naïef en op goedertrou opgetree het. Hy het geen versekering gehad
van die vergoeding en het die gevangenes by tye alleen
gelaat. Beskuldigde het
egter nooit enige vergoeding ontvang nie en het die gevangenes laat gaan.
Uit die onderhoude blyk dit duidelik dat beskuldigde nou eers die volle
implikasies van sy optrede besef."
Waar dit by haar evaluasie
kom, verwys sy na die mening van
mnr. Redelinghuys, 'n kliniese sielkundige,
welke mening sy
aanvaar en dan kom sy tot die volgende gevolgtrekking:
"Ondergetekende beskou beskuldigde as 'n persoon wie maklik beïnvloedbaar
is deur ander se behoeftes en probleme endan ook in
so 'n mate betrokke raak dat
hy realiteite verloor. Hy is egter eerlik en opreg in sy spyt en berou oor sy
optrede.
Bogenoemde, tesame met sy behoefte aan finansiële sekuriteit vir homself en
sy moeder het waarskynlik aanleiding gegee tot die
oortreding."
Die getuie meen voorts dat gevangenisstraf appellant
se eie
waarde verder sal afbreek en tot emosionele onstabiliteit
lei. Korrektiewe toesig aan die ander kant:
"... kan gesien word as 'n gepaste vonnis waar beskuldigde binne die gemeenskap
kan voortgaan onder toesig met die regte hulp en
leiding."
Om
daardie redes en omdat luitenant Serfontein van die
10
voormelde Departement appellant as 'n "positiewe" kandidaat vir korrektiewe
toesig beskou, beveel die getuie aan dat
laasgenoemde
vonnis inderdaad opgelê
word.
Die tweede getuie, mnr. Redelinghuys, bevind, op grond van konsultasies
met appellant, sy moeder en sy verloofde asook drie toetse
wat hy appellant laat
doen het, dat laasgenoemde 'n ontoereikende persoonlikheid het in terme van
funksionering, streshantering en
emosionele hantering; dat hy baie min
selfvertroue en eiewaarde het; en dat hy derhalwe baie kwesbaar, onafhanklik en
beïnvloedbaar
is. Om hierdie rede, meen die getuie, kon appellant nie die
druk wat Webb op hom geplaas het, en die versoeking wat die belofte van
betaling
daargestel het, weerstaan nie. Na mnr. Redelinghuys se mening is appellant
uiters naïef en insigloos en het hy nie
weens gierigheid die misdryf
gepleeg nie maar as gevolg van "psigogene dinamiese prosesse" wat op sy
persoonlikheid 'n inwerking
gehad het. Trouens, so meen die getuie, het
appellant nie werklik die
11
volle implikasies van sy daad verstaan nie. Mnr. Redelinghuys bereik die
gevolgtrekking dat gevangenisstraf die risiko inhou dat appellant
slegter sal
uitkom, karaktergewys, as wat hy nou is. Hy gaan egter nie so ver as om
korrektiewe toesig aan te beveel nie.
Luitenant Serfontein was die laaste getuie. Uit sy eie ervaring, sê hy,
kan 'n gevangenisbewaarder wel van tyd tot tyd onder
versoeking kom soos in
appellant se geval gebeur het, en waar die betrokke persoon vir versoeking
vatbaar is, kan hy dan geredelik
daarvoor swig. Op grond van appellant se
persoonlike faktore en in ag genome wat 'n vonnis van korrektiewe toesig alles
behels, kom
die getuie tot die slotsom dat appellant 'n geskikte kandidaat vir
so 'n vonnis is.
Die streeklanddros het bovermelde getuienis deeglik oorweeg en die bevinding
gemaak, soos reeds aangedui, dat appellant die getuies
probeer mislei het. Na
die verhoorhof se oordeel het appellant nie naïef en ondeurdag
12
opgetree nie. Gesien die leiereienskappe wat hy op skool geopenbaar het, het
die Hof betwyfel of hy werklik so 'n lae selfbeeld het
soos die getuies gemeen
het. Voorts, so bevind die Hof, het hy nie bloot uit j ammerte vir Webb opgetree
nie maar om betaling te
verkry. Hy was feitlik "die meesterbrein" agter die
ontsnapping en het die voortou geneem veral by die stadium toe hy self
gereël
het vir 'n polisieman om Webb en Schultz te kom haal. Die
streeklanddros beklemtoon ook die feit dat die misdryf baie goed beplan
is en
dat appellant van Augustus 1991 tot die dag van die ontsnapping op 31 Januarie
1992 met die beplanning besig was. Hy moes dus
goed geweet het dat indien hy
gevang word hy groot probleme sou optel.
Die verhoorhof oorweeg voorts verskeie vonnisopsies. Wat betref korrektiewe
toesig meen die streeklanddros dat dit in al die omstandighede
van die saak nie
erkenning sal verleen óf aan die erns van die oortreding óf die
belange van die gemeenskap nie. Die
Hof se gevolgtrekking is
13
derhalwe, ondanks die welbekende nadele daaraan verbonde, dat direkte
gevangenisstraf die enigste gepaste straf is. Ondanks die betoog
namens
appellant, waarin alles wat moontlik in sy guns gesê kan word, geopper is,
meen ek dat die verhoorhof geen wesenlike
mistasting begaan het nie. Veral die
bevinding dat appellant nie naïef en insigloos opgetree het nie lyk vir my
heeltemal juis.
In hierdie verband is mnr. Redelinghuys se mening gebaseer onder
andere op die aanvaarding, as 'n feit, dat appellant vir Schultz
en Webb finaal
laat gaan op sterkte van die belofte dat eersgenoemde in die buiteland geld sou
gaan haal en dat laasgenoemde hom
aan die gevangenisowerhede sou gaan oorgee.
Hierdie bewerings is na my oordeel veel eerder aanduidings van
ongeloofwaardigheid aan
appellant se kant as van naïewiteit of
insigloosheid. En, soos reeds gesê, appellant was nie bereid om sy relaas
onder
kruisondervraging te laat toets nie. Waarom appellant, as hy wel onder
druk gevoel het, nie die eenvoudige stap
14
gedoen het om sy bevelvoerende offisier se raad in te win, weet mens
eenvoudig nie. Hy het seer sekerlik meer as voldoende tyd daarvoor
tot sy
beskikking gehad.
Selfs indien dit hierdie Hof sou vrygestaan het om sy eie
vonnis op te lê sou die uitslag dieselfde gewees het. En wel om dieselfde
redes wat die verhoorhof se uitspraak ten grondslag lê.
Daar kan
laastens net bygevoeg word dat die twee beskuldigdes in die saak van
Strydom
supra, die twee polisiemanne was wat onder appellant se
mededaders by die pleging van die onderhawige misdryf geressorteer het. Hulle
is
drie jaar gevangenisstraf ooreenkomstig art 276(1)(i) van die Strafproseswet
opgelê. Hulle appèl na die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling asook
hulle aansoek aan die Hoofregter om verder te appelleer, het albei misluk.
Gesien appellant se leidende
rol in die hele aangeleentheid sou dit nie gepas
wees as hy met dieselfde vonnis as hulle gestraf word nie, om nie eers van 'n
ligter
15
vonnis as hulle s'n te praat nie. Boonop het hy goed geweet - anders,
blykbaar, as Strydom-hulle - waarvan veral Schultz aangekla
was.
Bygevolg
bestaan daar geen rede om met appellant se vonnis in te meng nie. Die regsvraag
waarna hierbo verwys is, ontstaan dus nie.
Die appèl word van die hand gewys.
C.T. HOWIE
APPèLREGTER JOUBERT AR ] STEM SAAM NESTADT AR ] /al