About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 27
|
|
S v Mndaweni (129/94) [1995] ZASCA 27 (28 March 1995)
Saak no
:
129/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen;
EDWARD MNDAWENI
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: SMALBERGER, EKSTEEN ARR et OLIVIER WND AR
Verhoor
: 16 Maart 1995
Gelewer
: 28 Maart 1995
UIT5PRAAK EKSTEEN
, AR :
Die appellant is in die Transvaalse Provin-siale AFdeling daarvan aangekla
dat hy op 26 November 1991 'n sekere David Mzimba (die
oorledene) vermoor het.
Hier-op het hy skuldig gepleit en, ingevolge die bepalinge van Artikel 112(2)
van die Strafproseswet 51 van
1977, 'n skriF-telike verklaring ingehandig waarin
hy die feite uiteen-sit waarop sy pleit van skuldig gegrond was. Die Staat het
geen getuienis ter weerspreking van hierdie verklaring aangevoer nie, en
appellant is gevolglik op sy verklaring alleen skuldig bevind
aan die misdaad
hom ten laste gelê.
Uoor oplegging van vonnis het die aanklaer die lykskouingsverslag t o v die
oorledene ingehandig en
/2
2
sekere vorige oortredings teen die appellant bewys. Die appellant het geen
getuienis ter versagting van von-nis aangebied nie. Hy
is hierop tot 10 jaar
gevangenis-straf gevonnis. Hy kom nou, met die verlof van die Verhoorregter, na
hierdie Hof in hoër beroep.
Die hele appèl gaan net oor die feite in
die appellant se verklaring beweer, en die afleidings wat van daardie feite
gemaak
moet word. Na my mening is dit nie die soort saak wat na hierdie Hof
verwys moes gewees het nie. Die Verhoorregter moes dit eerder
na die Volle Hof
van die Provinsiale Afdeling verwys het, waar dit besmoontlik vinniger en met
minder omslagtigheid afgehandel kon
ge-wees het. Hoe dit ook al sy sal ek nou
die appèl oor-weeg.
....../3
3
Die appellant se verklaring, wat die grond-slag van sy
skuldigbevinding en van sy vonnis gevorm het, lui soos volg:
"1 Ek is die beskuldigde in hierdie saak.
2
Op Saterdag, 23 November 1991
het my jonger broer, Johannes Mndaweni, nie huistoe gekom
nie.
3
Op Maandag 25 November 1991 het ek hom
gaan soek maar nie gekry nie.
4
Op Dinsdag 26
November 1991 het ek en my fa-milie by die hospitaal, SAP te Daveyton en die
lykshuis navraag gedoen omtrent Johannes.
5
Ons het van die lykshuis verneem dat 'n onbe-kende persoon se lyk
vanaf Etwatwa daar ont-vang is.
6
Ons het na die lykshuis
gegaan en gevind dat die lyk die van Johannes was.
7
Ons het gesien dat die oë verwyder was van die lyk, en ook die
vel van die penis.
8
Ek het na die plek gegaan
waar Johannes se lyk na bewering gevind is, waar ek van die mense wat daar woon
gehoor het dat sekere persone
my broer se voertuig wat ook daar was, wou kom
haal.
...... 4
4
9 Ek het besluit om by 'n goeie vriend van my
broer, wat ek bloot geken het
as Nkababa,
te gaan vasstel wanneer hy Johannes laas lewend gesien het.
10 Toe ek hom kry, het Nkababa, oFtewel David
Mzimba, later die oorledene in
hierdie saak,
navraag gedoen oor Johannes asoF hy nie ge-
weet het waar hy
was nie.
11
Nadat
ek hom meegedeel het dat Johannes oor-lede was, het ons na die plek gegaan waar
Johannes se lyk gevind is.
12
By dié
plek het van die mense wat daar woon my meegedeel dat Nkababa een van die
persone was wat my broer se voertuig wou kom
haal terwyl sy lyk nog daar
gelê het.
13
Toe ek Nkababa met hierdie
mededeling kon-fronteer, het hy sy hande in sy broeksakke gesteek en gevra wat
wil ek maak.
14
Ek het beide sy gewrigte in sy
broeksakke vasgegryp en hom met my knie in sy privaat-dele
gestamp.
15
Hy het vorentoe gebuk agv
die pyn, en 'n oop mes het uit sy sak geval.
16
Ek het hom, terwyl hy nog gebukkend was agv die pyn, in die rug
gesteek met die mes.
17
Toe hy orent kom, het
ek hom in die bors ge-steek met die mes.
.... /5
5
18 'n Struweling het tussen ons twee
ontstaan
waartydens ek hom verskeie kap- en steekwonde
in die kop- en nekgedeelte toegedien het.
19
'n Persoon wat saam met ons
in die motor was, het met 'n voorwerp soos 'n mes ons genader, waarna ek die
oorledene weggestamp het.
20
Die twee van
hulle het daarop weggehardloop.
21
Ek het
later verneem dat die oorledene dood is as gevolg van die wonde wat ek hom
toe-gedien het.
22
Ek erken dat ek ten tye van
die aanval op die oorledene voorsien het dat hy kon sterf as gevolg daarvan,
maar het nietemin voortgegaan
daarmee.
23
Ek
is spyt dat die oorledene dood is maar
ook hartseer
oor my broer se dood en die feit dat sy oë verwyder is. Ek vermoed dat die
dele vir 'muti' gebruik is."
In sy uitspraak oor vonnis het die Verhoor-
regter sekere versagtende
faktore in aanmerking geneem,
o a dat die appellant skuldig gepleit het, dat
hy 'n mate
van berou getoon het en dat die verminking van sy broer
se lyk
wat hy 'n paar dae voor die onderhawige voorval
6
moes aanskou het, hom beïnvloed het om so op te tree soos
wat hy gedoen het. Die geleerde Regter het dit ook in oorweging geneem
dat die
appellant besmoontlik beweeg is deur sy vermoede dat die oorledene
verantwoordelik was vir die dood van sy broer. Hy het
egter onmiddellik
voortgegaan om sy bedenkinge uit te spreek of dit van appellant se verklaring
enigsins aF te lei is dat die oorledene
wel verantwoordelik was vir sy broer se
dood, Die appellant, sê hy, het geen voldoende ondersoek in-gestel om die
oorledene
se aanspreeklikheid vas te stel nie. Al wat hy vasgestel het was dat
die oorledene een van dié was wat sy broer se kar wou
wegneem terwyl sy
lyk nog dear gelê het. Die geleerde Regter vervolg dan:
..... /7
7
"According to the statement the reaction of the deceased was
not an admission that he had been responsible for the death of the brother
or
even
an admission that he had taken the car away. Rather the accused appears to
have drawn the inference that the deceased had done this
from the fact that what
the deceased did was to keep his hands in his pockets. It seems to me that this
indicates that the accused
really did not inuestigate the matter very thoroughly
to find out whether in fact the deceased was responsible for his brother's
death."
Ter verswaring van vonnis het die geleerde
Regter verwys na die
geweldadigheid van die aanslag op
die oorledene en na die talle ernstige steek- en kap-
wonde wat hy opgedoen het - 'n aspek waarna ek later weer
sal verwys. Dan vervolg hy:
"It does not seem that the accused was in any way harmed or in any way sought
to defend him-self. Indeed, as the accused conceded,
he was the initial
aggressor. This is a most serious type of offence. It is tantamount to a
cold-
.... / 8
8
blooded murder".
Nadat hy gewag gemaak het van die feit dat
die appellant die wet as't ware
in sy eie hande geneem
het sê hy:
"There is no indication whatsoever that the accused made any attempt to
report the matter to the authorities or to take any steps
to
have the person who he believed to be respons-ible for his brother's death,
brought to trial. This to my mind is an aggravating feature."
In sy uitspraak waarin die Verhoorregter ver-
lof om te appelleer toestaan, meld hy dat die appel-
lant, wat
pro deo
verdedig was, getuienis wou aflê
om sy optrede verder toe te lig, maar dat sy advokaat
hom daarvan weerhou het. Waar die verklaring dus nie
in alle opsigte duidelik is nie moet dit m i nie so uit-
..... /9
9
gelê word dat dit teen die appellant tel nie, waar daar
'n ander meer gunstige afleiding te maak is.
Uit die passasies hierbo aangehaal blyk dit m i dat die Verhoorregter homself
op verskeie aapek-te wanvoorgelig het.
Soos ek reeds daarop gewys het, is die appellant se verklaring na sy pleit
van skuldig in geen opsig weerspreek nie. Dit moet dus
as die grondslag, nie
slegs van sy skuldigbevinding nie, maar ook van sy vonnis geneem word. Daaruit
blyk dit dat sy jonger broer,
Johannes, op Saterdag 23 November vermis geraak
het. Appellant het hom oral gesoek en eers op Dins-dag 26 November sy verminkte
lyk
in die lykshuis gevind. Daarna is hy na die plek waar die lyk gevind sou
gewees
.... / 10
10
het. Van die mense wat daar naby woon het hom meege-deel dat sekere persone
die oorledene se motor wat, ten tyde van sy dood daar
gestaan het, wou kom haal.
Meer as dit kon hy blykbaar nie uitvind nie.
Hy is hierop na die oorledene toe. Hy het die oorledene nie juis geken nie,
maar geweet dat hy 'n goeie vriend van Johannes was, en
hy wou by hom navraag
doen oor Johannes se doen en late voor sy verdwyning. Die oorledene het
voorgegee dat hy nie geweeb het dat
Johannes dood is nie. Hulle is hierop saam
na die plek waar Johannes se lyk gevind was. Van die mense wat daar woon het toe
aan die
appellant gesê dat die oorle-dene een van die mense was wat
Johannes se motor wou neem terwyl sy lyk nog daar gelê het.
As dit waar
was
...... / 11
11
dan het die oorledene vir die appellant leuens vertel toe hy te kenne gegee
het dat hy nie geweet het dat Johannes dood is nie. Die
Feit dat hy daar was, en
die daaropvolgende leuen, sou dan ook op die sterk moontlikheid - indien nie die
waarskynlikheid nie -dui
dat die oorledene aandadig was aan Johannes se dood.
Appellant het gevolglik vir die oorledene met hier-die bewering, met die
implikasie
van sy aandadigheid, gekonfronteer. Die oorledene se reaksie was nie
slegs "to keep his hands out oF his pockets" soos die Verhoor-regter
aanvaar het
nie, maar om albei sy hande in sy broeksakke te steek en die appellant te vra
wat hy daaromtrent gaan doen. Die oorledene
het nie die bewering probeer ontken
nie, of dit probeer verduidelik
...... / 12
12
nie, maar deur sy houding en sy woorde die juist-heid daarvan
toegegee en die appellant uitgedaag om daaromtrent te doen wat hy wou.
Hierdie
skielike aggressiewe ommekeer van Johannes se gewaande vriend, het die appellant
so geprovokeer dat hy op die ingewing van
die oomblik albei die oorledene se
gewrigte vasge-gryp het en hom te lyf gegaan het. Toe die oorledene se mes uit
sy sak val, het
die appellant dit opgetel en hom daarmee begin steek.
Uit hierdie relaas blyk twee aspekte van belang te wees. In die eerste plek
hou dit in dat die appellant ongewapen was toe hy met
die oorledene gaan praat
het. Die feit dat hy albei oorledene se gewrigte vasgegryp het,is 'n aanduiding
dat hy self
.... / 13
13
niks in sy hande gehad het nie. Voorts, as hy wel 'n wapen by
hom gehad het, en die opset gehad het om oor-iedene aan te val, sou
hy in alle
waarskynlikheid, in die eerste instansie, die oorledene met die wapen ge-steek
of geslaan het. Die Feit dat hy eers sy
gewrigte vasgegryp het, dui ook op die
feit dat hy self nie 'n wapen gehad het nie. Die mes wat hy uiteindelik gebruik
het moes dus
die mes gewees het wat uit die oorledene se sak geval het.
Voorts dui die volgehoue en onbeteuelde aard van die aanval op die oorledene
sterk daarop dat die appellant buite homself was van
woede en ontsteltenis. Soos
blyk uit die lykskouingsverslag was daar veelvuldige steek- en kapwonde in die
gesig en in die nek,
...... / 14
14
verskeie waarvan Frakture van die beenstruktuur ver-oorsaak
het. Daar was ook 'n steekwond in die linkerbors wat deur die derde rib
gedring
het en die hart deurboor het. Nog 'n wond regs van agter het deur die sesde
rib-spasie gedring en die regter long beskadig.
Dit was duidelik 'n baie
ernstige aanval wat ongetwyfeld op die direkte opset om te dood dui. Die
appellant het slegs van die aanval
afgesien nadat 'n ander persoon tussenbei
getree het. Die volgehoue en onbeteuelde aard van hier-die aanranding wat
onmiddellik gevolg
het op die uit-tartende houding van die oorledene dui in alle
waar-skynlikheid op die geweldige uitwerking wat die oorle-dene se
provokasie op
die appellant moes gehad het. Dit was dus m i 'n mistasting om die aanval as
..... / 15
15
"tantamount to a cold-blooded murder" te beskryf. Dit was
eerder een wat onbedagsaam en in die hitte van die oomblik gepleeg is.
In die lig van die mistastings waarna ek verwys het, staan dit hierdie Hof
vry om met die Verhoor-hof se vonnis in te meng, en opnuut
oor 'n gepaste vonnis
te besin. Wat ter versagting van vonnis gesê kan word, het ek reeds hierbo
bespreek, en dit is onnodig
om dit te herhaal.
Ter verswaring het ek reeds op die erns van die aanranding gewys asook die
feit dat die moord met
dolus directus
gepleeg was. Die appellant het ook
vier vorige oortredings erken - een van ontvoering in 1981 gepleeg en waarvoor
hy as 'n jeugdige
lyfstraf opgelê
..... / 16
16
is - een van opsetlike saakbeskadiging in 1985 gepleeg
waarvoor hy 'n boete opgelê is - een van"besit van 'n edelmetaal" in
1988
waar hy weereens 'n boete tesame met opgeskorte gevangenisstraF opgelê is,
en - een van ge-wone aanranding in 1990 waarvoor
hy 'n geringe boete
op-gelê is. Die appellant is dus nog nie vantevore ge-vangenisstraf sonder
die keuse van 'n boete opgelê
nie. Dié van die vorige oortredings
wat betrekking het op die huidige oortreding was, op die oog aF, en na die
vonnisse te
oordeel, betreklik gering van aard, en behoort, na my mening, nie
die bepaling van vonnis in die onderhawige geval veel te beïnvloed
nie.
Die oortreding bly egter, soos ek reeds ge-sê het, 'n baie ernstige
een. 'n Man se lewe is geneem
..... / 17
17
op 'n onbeteuelde wyse en met direkte opset. Geen Hof kan so
'n oortreding anders as in 'n baie ernsbige lig sien nie. Die appellant
se
ouderdom word as 29 aange-gee en kan dit redelik van hom verwag word om
terdeë die erns van sy optrede te besef.
Mej Meyer wat names die appellant voor ons opgetree het, het aan die hand
gedoen dat 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge Art
276 (h) of (i) van die
Strafproseswet opgelê moet word. Hierdie vonnisse word slegs, ingevolge
die bepalinge van Art 277 A
op-gelê waar die vonnis nie drie jaar in die
eerste geval, en vyf jaar in die tweede geval te bowe gaan nie. Dit is dus na
my
mening, in die omstandighede van hier-die saak, geheel onvanpas om sulke strawwe
te oorweeg.
..... / 18
18
Die vonnis in hierdie geval moet die erns van die oortre-ding
weerspieël, en moet as afskrikking vir ander dien wat in die versoeking
kan
kom om soortgelyk op te tree.
Met sorgvuldige oorweging van die persoon-like omstandighede van die
appellant, die erns van die oortreding, en die belange van die
gemeenskap meen
ek dat die vonnis soos hieronder opgelê gepas en billik sal wees.
Bygevolg word die vonnis deur die Verhoor-regter opgelê ter syde gestel
en vervang met een van agt jaar gevangenisstraf waarvan
drie jaar vir drie jaar
op-geskort word op voorwaarde dat die appellant nie skuldig bevind word aan 'n
geweldsmisdaad gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting en waarvoor hy
gevangenisstraf
.... / 19
19 sonder die keuse van 'n boete opgelê word nie.
J P G EKSTEEN, AR
SMALBERGER, AR )
stem saam
OLIVIER, WND AR )