S v Williams (79/94) [1995] ZASCA 25 (27 March 1995)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Attempted obstruction of justice — Appellant pleaded guilty to attempting to obstruct the course of justice by withholding a case file in exchange for sexual favors — Appellant's actions were found to constitute an attempt rather than completed obstruction — Sentence of four years' imprisonment, half suspended, upheld on appeal — No grounds for interference with the sentence as it was not deemed manifestly inappropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 25
|

|

S v Williams (79/94) [1995] ZASCA 25 (27 March 1995)

79/94 N vH
WINSTON TOHN WILLIAMS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
SMALBERGER, AR :
79/94
NvH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
WINSTON JOHN WILLIAMS
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: SMALBERGER, VIVIER, ARR et
OLIVIER, Wn AR
VERHOORDATUM
: 20 Maart l995
LEWERINGSDATUM
: 27
Maart l995
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :
Die appellant het in die streekhof te Johannesburg skuldig gepleit op 'n
aanklag van dwarsboming of belemmering van die verloop van
die gereg.
Gepaardgaande daarmee het hy in terme
2
van artikel 112(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 die
volgende
verklaring gemaak:
"Ek, die ondergetekende, Winston Williams, verklaar hiermee uit my eie vrye wil
en sonder onbehoorlike beïnvloeding die
volgende:
1.
Dat ek
gedurende die tydperk 27 Julie 1992 tot 2 Augustus 1992 en te Johannesburg in
die síreekafdeling van Suid-Transvaal
verkeerdelik en wederregtelik en
met die opset om die verloop van die gereg te belemmer met ene D N Jamen, alias
Bettie Webb, 'n
ooreenkoms aangegaan het om vleeslike gemeenskap met haar te
hê;
2.
In ruil vir die voorgemelde
vleeslike gemeenskap het ek die saakdossier waarin die voorgemelde D N Jamen 'n
beskuldigde was in my
besit gehou en dit nie aan die poïisie terug besorg
nie.
3.
Ek erken dat ek 'saak is teruggetrek'
op die voorkant van die dossier aangeteken
het;
4. Ek erken dat daar tussen myself en die
genoemde D N
Jamen ooreengekom is om op 2 Augustus 1992
vleeslike
gemeenskap te hê in ruil vir die saakdossier;
3
5. Ek erken verder dat ek op die bovermelde datum na Jamen se woonstel is, die
saakdossier aan haar oorhandig het, maar dat ek nie
vleeslike gemeenskap met
haar gehad het nie. Na die oorhandiging van die dossier is dit deur D N Jamen
geskeur;
6. Ek erken dat my langdurige besit van die dossier en my oorhandiging daarvan
aan D N Jamen verkeerd en wederregtelik was, dat ek
dit gedoen het met die opset
om die verloop van die gereg te belemmer en dat my handeling inderdaad die
verloop van die gereg belemmer
het.
7. Ek erken ek is skuldig soos aangekla."
Hy is skuldig bevind
soos aangekla en gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar
voorwaardelik opgeskort is.
Die appellant het appèl aangeteken na die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling teen beide sy skuldigbevinding en vonnis. Op appèl
was dit
gemene saak dat die terugtrekking van die saak gemagtig is deur 'n senior
staatsaanklaer, en dat indien die dossier nie vernietig
was nie dit in die
praktyk na die polisie sou
4
teruggegaan het en kon daar bes moontlik later weer met die
vervolging voortgegaan word. Die hof a
quo
het bevind dat, ondanks die
appellant se pleit van skuldig, sy handeling slegs op 'n poging neergekom het.
Sy skuldigbevinding is
dienooreenkomstig verander na een van poging tot
dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg. Daar is opnuut oor
vonnis
besin, en 'n vonnis van vier jaar gevangenísstraf, die helfte
waarvan voorwaardelik opgeskort is, is opgelê. Met verlof
van die hof a
quo
kom die appellant nou in hoër beroep slegs teen sy vonnis.
Die appellant is tans 30 jaar oud. Hy is getroud. Daar is een kind uit die
huwelik gebore. Hy en sy vrou is van mekaar vervreem. Die
appellant moet as 'n
eerste oortreder beskou word. Hy beskik oor 'n LLB graad wat hy met
deursettingsvermoë onder soms moeilike
omstandighede verwerf het. Hy was as
staatsaanklaer werksaam toe hy die misdaad gepleeg het. As gevolg van sy
skuldigbevinding het
hy sy werk verloor. Sy loopbaan in
5
die regte is waarskynlik beëindig en hy sal in die toekoms
'n ander beroepsrigting moet volg. Sy skuldigbevinding hou dus vir
hom baie
nadelige gevolge in.
Dit is te betwyfel of die appellant opreg berou het oor sy optrede, sy pleit
van skuldig ten spyt. Toe hy ter versagting getuig het,
het hy die waarheid
probeer verdraai deur te beweer dat hy aanvanklik deur die betrokke vrou genader
is, en nie sy deur hom nie.
Hy moes egter later toegee dat dit nie die geval was
nie, Sy optrede in dié opsig is nie te rym met werklike berou nie. Daar
moet ook in gedagte gehou word dat die appellant nie op die ingewing van die
oomblik gehandel het nie en oorgenoeg tyd gehad het
om oor sy optrede te
besin.
Dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg (of 'n poging
daartoe) is 'n emstige misdaad
(S v Mene and Another
1988(3) SA 641 (A)
op 666A). Te meer is dit die geval hier omdat die appellant van 'n
verantwoordelike vertrouensposisie
6
misbruik gemaak het met die doel om sy eie selfsugtige drange te bevredig. Hy
het in 'n vertrouensposisie gestaan teenoor beide die
prokureur-generaal, namens
wie hy aangekla het, en die publiek, na wie se belange hy onbevange moes omsien.
Staatsaanklaers vervul
'n belangrike rol in die regspleging, en daar moet op
hulle eerlikheid en integriteit by die uitvoering van hulle pligte
síaatgemaak
kan word. Skiet hulle in dié opsig te kort of misbruik
hulle hul gesagsposisie om 'n misdaad te pleeg, moet die regspleging
noodwendig
skade lei omdat die gemeenskap daarin vertroue sal verloor. Die
gemeenskapsbelang tree dus sterk na vore by die bepaling
van 'n gepaste vonnis.
So ook afskrikking, omdat hierdie blykbaar 'n misdaad is wat toenemend voorkom.
Dit beteken egter nie dat
die appellant se persoonlike omstandighede oor die
hoof gesien of te lig aangeslaan moet word nie. Ten einde 'n gepaste vonnis te
bepaal, moet sowel alle tersaaklike faktore as die oogmerke van vonnis,
ewewigtig in oënskou geneem word.
7
Dit blyk dat die hof a
quo
nie in die opsig kortgeskiet
het nie. Dit het verskillende vonnisopsies, insluitende korrektiewe toesig
ooreenkomstig art 276(1)
van die Strafproseswet, oorweeg. Die hof het egter tot
die gevolgtrekking geraak dat gevangenisstraf aangewese is. Dit is geykte
reg
dat hierdie Hof níe oor 'n algemene bevoegdheid beskik om met 'n
opgelegde vonnis in te meng nie. Inmenging kan alleenlik
geskied waar daar 'n
wesenlike mistasting of 'n onreëlmatigheid voorkom, of die vonnis
ontstellend onvanpas is. Al is die opgelegde
vonnis in die onderhawige geval
swaar, en ek persoonlik miskien 'n ligter vonnis sou opgelê het, kan dit
egíer nie as
ontstellend onvanpas beskou word nie. Dit was trouens nooit
op appèl betoog die geval te wees nie. Daar kon ook nie op enige
uitdruklike mistasting gewys word nie.
Namens die appellant is egter betoog dat die hof a
quo
net sydelings
verwys het na korrektiewe toesig sonder om behoorlik daarop in te gaan.
Gevolglik, so is betoog, is inmenging
8
geregverdig. Dit is gemene saak dat korrektiewe toesig as
vonnisopsie in die hof a
quo
geopper en gedebatteer is. Daar is geen rede
om te glo dat dit nie behoorlike aandag en oorweging geniet het nie. Die hof a
quo
het egter tot die slotsom geraak dat dit nie 'n gepaste vonnis in al
die omstandighede is nie. Ek is nie oortuig dat daar gefouteer
is nie. Maar
selfs al sou ons korrektiewe vonnis as 'n geskikter vonnis beskou, sou dit ons
nogtans nie vrystaan om die bestaande
vonnis daarmee te vervang nie by
ontstentenis van een van die aanvaarde gronde vir inmenging
(S v R
1993(1) SA 476(A) op 485H - 486B). Aangesien geen sodanige grond bestaan nie, is
die onvermydelike gevolg dat die appèl nie
kan slaag nie.
Die appèl teen vonnis word van die hand gewys.
JW SMALBERGER APPèLREGTER
VIVIER, AR )
OLIVIER, Wn AR) Stem saam